‘Alles behoort aan julle…julle behoort aan Christus, en Christus aan God’

[Hierdie artikel is oorspronklik in Afrikaans geskryf. Ek neem nie verantwoordelikheid vir foutiewelike / verkeerde inhoud wat van internet vertalings verkry word nie – Larry Groenewald]

Inleiding

1Kor 3:21-23  Laat niemand dan op mense roem nie, want alles behoort aan julle;  22  of dit Paulus is of Apollos of Céfas of die wêreld of lewe of dood of teenswoordige of toekomstige dinge—alles behoort aan julle;  23  maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.

Een aspek van hierdie woorde wat duidelik is, is dat die woorde “alles behoort aan julle” nie fokus op aardse besittings nie. Hierdie woorde is van groot waarde vir hulle wie die geestelike boodskap daarin kan sien en hoor:

Mat 13:16-17  Maar julle oë is gelukkig, omdat hulle sien; en julle ore, omdat hulle hoor.  17  Want, voorwaar Ek sê vir julle, baie profete en regverdiges het begeer om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie.

God skenk aan sommiges (‘n klein groepie wat Hy self uitverkies het en wie Hy trek na Christus) om die geestelike waarheid van Sy Woorde te kan ontvang.

Mat 22:14  Want baie is geroep, maar min uitverkies.

Joh 14:6  Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

Joh 6:44  Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

Aan hierdie groepie uitverkorenes in Christus skenk God die geestelike insigte in Sy Woord om te glo hoe die mens leef van elke woord wat deur die mond van God uitgaan:

Mat 4:1-4  Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel.  2  En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword.  3  En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word.  4  Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.

God se Woord het ons boeke geskryf en ons leef daardie spesifieke boek van ons eie lewe…

Psa 139:16  U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.

God se Woord het allles in hierdie skepping na vore gebring en alles word deur die Woord instand gehou. Alles gebeur presies volgens hierdie Woord van God, alles volgens ‘n tyd en seisoen soos deur die Woord bepaal!

Heb 11:3  Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.

Joh 1:1-3  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.  2  Hy was in die begin by God.  3  Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.

Heb 3:4  want elke huis word deur iemand gebou, maar Hy wat alle dinge gebou het, is God.

Pred 3:1  Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ‘n tyd.

Ons het ook die woorde wat God in geskrewe vorm, en dit is voorwaar baie nuttig in alle aspekte van ons lewe! Die geskrewe woorde van God is ons veilige raamwerk waarbinne ons moet bly want die Waarheid is binne hierdie somtotaal van die Woord:

2Ti 3:16  Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid.

1Kor 4:6  Hierdie dinge, broeders, het ek op myself en Apollos toegepas om julle ontwil, dat julle aan ons kan leer om nie te dink bo wat geskrywe is nie, sodat julle nie die een ter wille van die ander opgeblase sou wees teen ‘n derde nie.

Psa 119:160  Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.

Joh 17:17  Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.

Die hele [inhoud van die] Skrif is nuttig” en die wyse mens neem noukeurig kennis daarvan! Die woorde wat Paulus in sy briewe aan gemeentes en sekere individue geskryf het, was ook inderdaad deur die gees van God geinspireer, soos Petrus ook van getuig dat dit soos die ander Skrifte hanteer moet word:

2Pe 3:15-16  En ag die lankmoedigheid van onse Here as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het,  16  net soos in al die briewe. Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf.

Wat het God deur die volgende woorde van Paulus bedoel?

1Kor 3:21-23  Laat niemand dan op mense roem nie, want alles behoort aan julle;  22  of dit Paulus is of Apollos of Céfas of die wêreld of lewe of dood of teenswoordige of toekomstige dinge—alles behoort aan julle;  23  maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.

Ons hanteer elkeen van hierdie aspekte wat Paulus hier noem in hierdie studiereeks, en dit word gevind by die volgende skakels:

Die wêreld behoort ook aan ons. Drie dinge staan uit in “die wêreld” en ons beleef al hierdie dinge in ons eie lewe (volgens 1Joh 2:16):

Die dood en die lewe behoort ook aan ons, so ook die teenswoordige dinge en die toekomstige dinge, volgens Paulus.

Ons eindig hierdie reeks studies met die woorde van Paulus…

1Kor 3:23  maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.

Julle behoort aan Christus, en Christus aan God [die Vader]

Of mense dit wil aanvaar of nie, Jesus Christus is die God van hierdie skepping, soos aangestel deur God, die Vader.

Joh 1:1-5  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.  2  Hy was in die begin by God.  3  Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.  4  In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.  5  En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.

Heb 1:5-14  Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer? en weer: Ek sal vir Hom ‘n Vader wees, en Hy sal vir My ‘n Seun wees?  6  En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid.  7  En van die engele sê Hy wel: Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme;  8  maar van die Seun: U troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is ‘n regverdige septer;  9  U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle;  10  en: U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande.  11  Hulle sal vergaan, maar U bly; en hulle sal almal soos ‘n kleed verslyt,  12  en soos ‘n mantel sal U hulle toerol, en hulle sal verander word, maar U is dieselfde, en u jare het geen einde nie.  13  En aan watter een van die engele het Hy ooit gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ‘n voetbank van u voete?  14  Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie?

Joh 12:44-45  En Jesus het uitgeroep en gesê: Wie in My glo, glo nie in My nie, maar in Hom wat My gestuur het.  45  En wie My aanskou, aanskou Hom wat My gestuur het.

Onkunde (geestelike duisternis) sal nooit die waarheid kan oorweldig nie – die Lig van God (Jesus Christus en Sy waarheid) sal in elke hart van elke mens skyn op die tyd soos God dit bepaal en dit sal elke leuen uitwis!

Mat 4:16  die volk wat in duisternis sit, het ‘n groot lig gesien, en die wat sit in die land en skaduwee van die dood, vir hulle het ‘n lig opgegaan.

Joh 8:12  En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.

Joh 12:46  Ek het as ‘n lig in die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie.

2Kor 4:6  Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn—dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus.

Kol 1:13  Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde.

Dit is God wat die duisternis skep in elke persoon, en dit is ook God wie die Lig na elke persoon bring:

Jes 45:5-7  Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie,  6  sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie;  7  wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.

God “omgord” elkeen, al ken die persoon nie God nie. Die woord “omgord” gee aan ons die kennis dat God alles van ons bepaal, van begin tot einde! Dit is ‘n groot skok vir elke mens as hy of sy uitvind hoe diep en intens God elke oomblik van elke dag betrokke is in hom/haar lewe, soos koning Dawid self ook met skok uitgevind het.

Psa 139:1-16  Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid. HERE, U deurgrond en ken my.  2  U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte.  3  U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend.  4  Want daar is nog geen woord op my tong nie—of U, HERE, U ken dit geheel en al.  5  U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my.  6  Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie.  7  Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig?  8  Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!  9  Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon,  10  ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.  11  En as ek sê: Mag tog net die duisternis my oorval en die lig nag wees tot my beskutting,  12  dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig.  13  Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.  14  Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.  15  My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.  16  U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.

Wow! God het alles van ons neergeskryf in Sy boek NOG VOOR ons geboortedag! God het alles reeds uitgewerk en beplan, alhoewel ons heeltemal onbewus was van enigiets tot die dag waarop dit gebeur! Alles gebeur 100% presies soos God dit vooraf beplan het om te gebeur. Ons natuurlike mens se denke kan net nie God of Sy werke verstaan nie…

Psa 139:6  Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie.

1Kor 2:14  Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.

Daarom verg dit die geloof van Christus wat die Vader aan ons skenk, om God se Woord te verstaan en te aanvaar. Die Woord IS God se werke in ons!

Rom 10:17  Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

Joh 14:8-12  Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg.  9  Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader?  10  Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.  11  Glo My dat Ek in die Vader is, en die Vader in My; of anders, glo My ter wille van die werke self.  12  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.

Die “groter werke” van God is die geestelike insigte en hul toepassing in ons lewe!

Ons kom tot ons sinne as ons kan sien dat God in beheer is van alles in hierdie skepping, en ook alles in ons lewe, en ons is nie! Hierdie ontdekking kom na ons as God ons geestelike oë oopmaak en dit is wanneer ons eerstens onsself sien soos ons regtig is – ons kan niks doen sonder God nie.

Joh 15:5  Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.

Die opening van ons boek word in die Skrifte uitgedruk as “die wederkoms” van Christus IN ons lewe! Onthou! Hy was altyd daar, maar ons kon Hom nie sien nie!

2Th 2:1-2  Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom,  2  om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie—deur gees of deur woord of deur brief wat van ons afkomstig sou wees—asof die dag van Christus al daar is.

Jesus was altyd daar en werksaam in ons lewe, maar ons was verblind deur ‘n baie subtiele misleiding IN ONSSELF. Die groot verleiding word genoem “die mens van sonde” wat na ons eie natuurlike mens en sy denke verwys! Ons eie natuurlike mens en sy denke verhoed dat ons God en Sy werke in ons lewe kan sien, soos God dit bepaal het. God het hierdie “mens van sonde” geskep en gebruik hom om ons te verblind!

2Th 2:3-5  Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf  4  die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.  5  Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie?

Hierdie “mens van sonde” is die “afvallige” persoon wie nie God se Woord kan herken en gehoorsaam nie. Daarom word hy ook genoem “die teëstander” van God. Hy verhef homself en vertel ons dat hy ‘n vrye wil het. Nee, hierdie “mens van sonde” het nie ‘n vrye wil nie. God se wil regeer alles, ook elke wil en intensie van mens. Hierdie “mens van sonde” is die persoon wat in geestelike duisternis leef, onder Jesus Christus se toesig.

Spr 20:24  Die voetstappe van ‘n man hang van die HERE af: hoe sou ‘n mens dan sy weg verstaan?

Psa 139:1-5  Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid. HERE, U deurgrond en ken my.  2  U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte.  3  U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend.  4  Want daar is nog geen woord op my tong nie—of U, HERE, U ken dit geheel en al.  5  U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my.

God bepaal elke voetstap van elke mens, en daarom is dit ook God wat ons laat afdwaal van Sy pad, en Hy verhard ons harte:

Jes 63:17  HERE, waarom laat U ons wegdwaal van u weë? Waarom verhard U ons hart, sodat ons U nie vrees nie? Keer terug ter wille van u knegte, die stamme van u erfdeel!

Dit word doelbewus gedoen deur God, en Jesus Christus is in totale beheer van elke aspek van ons lewe, van begin tot einde. Hierdie “mens van sonde” in ons is net daar vir ‘n beperkte tyd. God sal hom uit die weg ruim op die tyd soos God alleen bepaal. Daarom word die natuurlike mens ook genoem “die seun van die verderf”. Hy gaan uitgewis word…

2Th 2:6-12  En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word.  7  Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;  8  en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,  9  hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen  10  en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.  11  En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,  12  sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.

As die opening van ons boek plaasvind, word die mens van sonde geopenbaar en met verloop van tyd word hy weggeneem uit ons lewe. Dan aanvaar ons Jesus Christus se heerskappy oor alles, ook oor elke detail in ons eie lewe:

Fil 2:9-11  Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is,  10  sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is,  11  en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.

Paulus kon dus met volle versekering uitspreek dat ons behoort aan Jesus Christus!

Julle behoort aan Christus, en Christus aan God [die Vader]

As ons dit kan sien, dan het God ons boek vir ons persoonlik geopen. Johannes noem dit “die openbaring van Jesus Christus” wat die Vader gee aan hulle wie Hy gereed maak om dit te kan ontvang. Ons aardse mens is oorwin deur die Waarheid en die Lewe (die bloed van die Lam)! So word die bose ook uit ons lewe geneem!

Jesus Christus is inderdaad “die Boek van die Lewe” en ons verstaan ons eie lewe (ons eie “boek”) in die lig van hierdie Woord van God – dit is hoe ons leef van elke woord wat uit God se mond uitgaan!

Open 3:5  Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.

Open 12:11  En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.

Psa 139:16  U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.

Mat 4:4  Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.

Daarom word dit alles wat in ons lewe gebeur ook in die Skrifte uitgedruk as “die getuienis van Jesus Christus”. Ons getuienis is eintlik die getuienis van die werke van Jesus Christus in ons lewe!

Open 1:1-3  Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het,  2  wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus alles wat hy gesien het.  3  Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.

Die openbaring van Jesus sluit in al die dinge van ons lewe! Daarom is die boek van Openbaring so ‘n skok vir die natuurlike mens om te lees en om te verstaan omdat ons die woorde van die hele Skrifte net verstaan kan word as “die Boek van die Lewe”, Jesus Christus, dit self “oopmaak”:

Open 5:1-5  En ek het in die regterhand van Hom wat op die troon sit, ‘n boek gesien, van binne en van buite beskrywe en met sewe seëls goed verseël.  2  En ek het ‘n sterk engel gesien wat met ‘n groot stem uitroep: Wie is waardig om die boek oop te maak en sy seëls te breek?  3  En niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde kon die boek oopmaak of daarin kyk nie.  4  En ek het baie geween, omdat daar niemand waardig bevind is om die boek oop te maak en te lees of daarin te kyk nie.  5  Toe sê een van die ouderlinge vir my: Moenie ween nie; kyk, die Leeu wat uit die stam van Juda is, die wortel van Dawid, het oorwin om die boek oop te maak en sy sewe seëls te breek.

Ons eie boek word deur “die Boek van die Lewe” verstaanbaar gemaak, en daarom kan ons ook weet hoe ons leef van elke woord uit God se mond!

Mat 4:4  Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.

Julle behoort aan Christus, en Christus aan die Vader“. Amen!

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.