[Hierdie artikel is oorspronklik in Afrikaans geskryf. Ek neem nie verantwoordelikheid vir foutiewelike / verkeerde inhoud wat van internet vertalings verkry word nie – Larry Groenewald]
Die tema van bloed is een van die sentrale temas in die Skrifte, van Genesis tot Openbaring. Ons fokus in hierdie studiereeks op hierdie tema, en ons kyk wat ons alles daaruit kan ontgin, soos God wil.
Deel 1 was ‘n kort algemene oorsig oor die tema van bloed in die Skrifte.
In Deel 2 het ons gekyk hoe die beginsel dat bloedvergieting ‘n sentrale aspek in ons vergifnis van sonde inneem.
In Deel 3 was die fokus op die vraag hoe ons almal skuldig is aan die bloed van Abel, en ook die dood van almal God se boodskappers, insluitend die dood van Jesus Christus.
In Deel 4 het ons gekyk na die geestelike betekenis van die verbod van bloed in die dieet van mens.
In Deel 5 het ons ondersoek hoe die storting van bloed deur offers verbind is aan danksegging en belofte.
In Deel 6 sal ons die volgende gedeelte uit die Skrifte neem en ‘n hele paar aspekte uitlig om te kyk na die verbintenisse tussen bloed en verbondskappe soos dit voorkom in die Skrifte, en dan ook die diep geestelike betekenisse wat dit vir ons inhou, soos God ons die insigte gee uit Sy Skrifte.
Gen 15:9-21 En Hy [God] antwoord hom [Abram – later Abraham genoem]: Neem vir My ‘n driejaaroud vers en ‘n driejaaroud bokooi en ‘n driejaaroud ram en ‘n tortelduif en ‘n jong duif. 10 En hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie verdeel nie. 11 Toe kom daar roofvoëls op die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag. 12 En toe die son wou ondergaan, val daar ‘n diepe slaap op Abram, en kyk, skrik en groot duisternis het hom oorval. 13 Daarop sê Hy vir Abram: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in ‘n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word vier honderd jaar lank. 14 Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie hulle diensbaar moet wees, en daarna sal hulle uittrek met baie goed. 15 Maar jy sal na jou vaders gaan in vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word. 16 En die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nog toe nie vol nie. 17 En ná sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar ‘n rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis deur. 18 Op dié dag het die HERE met Abram ‘n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier: 19 die Keniete en Kenissiete en Kadmoniete 20 en Hetiete en Feresiete en Refaïete 21 en Amoriete en Kanaäniete en Girgasiete en Jebusiete.
Die eerste aspek uit die bogenoemde gedeelte in Genesis 15 wat uitstaan, is die gebruik van diere in die verbond. Diere word dwarseur die Skrifte gebruik as geestelike tipes, en die betekenis daarin is ryk en diep vir enigeen aan wie God dit openbaar.
Die simboliek van die gebruik van diere in die Skrifte
Soos reeds genoem is hierdie teksgedelte in Genesis 15 ‘n beskrywing van die verbond wat God met Abram (later Abraham genoem) gesluit het. God gee eerstens aan Abram opdrag om diere dood te maak. Daar was ook duidelike riglyne hoe die diere gesny moes word en hoe die karkasse op die grond geplaas moes word.
Gen 15:9-10 En Hy [God] antwoord hom [Abram – later Abraham genoem]: Neem vir My ‘n driejaaroud vers en ‘n driejaaroud bokooi en ‘n driejaaroud ram en ‘n tortelduif en ‘n jong duif. 10 En hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie verdeel nie.
Ons lees ook van iets soortgelyk in Jeremia waar dit duidelik is dat ‘n tipe verbond ter sprake is:
Jer 34:18-19 En Ek sal die manne wat my verbond oortree het, wat die woorde van die verbond nie gehou het wat hulle voor my aangesig gesluit het nie, maak soos die kalf wat hulle in twee stukke gesny het en tussen die stukke waarvan hulle deurgegaan het: 19 die vorste van Juda en die vorste van Jerusalem, die hofdienaars en die priesters en die hele volk van die land wat tussen die stukke van die kalf deurgegaan het.
Die dier word in twee stukke verdeel en op die grond geplaas op so ‘n manier dat die persone wat in verbondskap tot mekaar gaan, tussen die dele kan deurstap. Hierdie was dus ‘n bekende ritueel in vroeër tye waar ‘n verbond tussen partye opgestel was. Vandag word kontrakte tussen partye op ander wyses gedoen. Die wyse waarop verbonde gesluit was in vroeëre tye, soos genoem in die Skrifte, is egter gelaai met diep geestelike betekenisse wat ons baie help om God se plan en werk te verstaan, soos God wil. Ons eie deel in die verbondskap moet ook reg verstaan word deur hierdie aardse ritueel. God gebruik aardse dinge om Sy hemelse dinge aan ons verstaanbaar te maak:
Rom 1:20 Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie.
Die gebruik van diere tydens die ritueel in Genesis 15 het diep betekenis vir hulle wie kan sien dat dit verwys na hulself, as ons kan sien dat die Vader nou in hierdie lewe sekere mense na Christus trek om in ‘n geestelike verbondskap met Hom te staan:
Joh 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
Die beloftes wat God aan Abraham maak word vir ons duidelik en toepasbaar as ons kan sien dat dit na Christus verwys en hulle wie nou in hierdie Christus opgeneem word, soos Paulus ook verduidelik aan die gemeente in Galasië van sy dag:
Gal 3:15-16 Broeders, ek spreek menslikerwys: selfs ‘n mens se testament wat bekragtig is, maak niemand tot niet of voeg daaraan toe nie. 16 Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus.
Gal 3:29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.
Uit die verbond wat God met Abraham gesluit het leer ons belangrike aspekte van ons eie geestelike erfporsie in Christus. Hierdie erfporsie is ‘n verborgenheid wat net geopenbaar word aan hulle wie deel is daarvan. As mens vaskyk op die natuurlike toepassing van hierdie verbond met Abraham, en dit net op ‘n fisiese volk toepas, dan het God ons nie die geestelike insig gegee oor ons eie plek in Christus nie. God se verbond met Abraham is ‘n skadubeeld van die geestelike verbond wat God deur Christus maak met Sy geestelike afstammelinge. Dit sluit almal in wat nou in Christus se gemeente opgeneem word. Paulus skryf die volgende woorde vir die gelowiges wat uit die Nie-Joodse heidinne opgeneem was, om hulle te verseker dat hulle ook deel is van die ware verbond met God:
Efes 3:1-5 Om hierdie rede is ek, Paulus, die gevangene van Christus Jesus vir julle wat heidene is— 2 as julle ten minste gehoor het van die bediening van die genade van God wat aan my verleen is vir julle, 3 dat Hy aan my deur ‘n openbaring bekend gemaak het die verborgenheid, soos ek tevore kortliks geskryf het; 4 waardeur julle, as julle dit lees, my insig in die verborgenheid van Christus kan verstaan, 5 wat in ander tye aan die mensekinders nie bekend gemaak is nie soos dit nou aan sy heilige apostels en profete geopenbaar is deur die Gees…
In Christus is daar nie ‘n skeiding tussen Jode en heidinne nie:
Gal 3:28 Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.
Efes 2:11-16 Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, 12 dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld. 13 Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. 14 Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het 15 deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep 16 en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.
Die aardse dinge wat in die ou verbonde in die Ou Testament voorkom, is dus afbeeldinge (‘n skadubeeld) van die ware offers van hulle wie deel is van die “hemelse dinge” – dit is hulle wie deel is van Jesus Christus:
Heb 9:23 Dit was dus nodig dat die afbeeldinge van die dinge in die hemele deur hierdie offers gereinig moes word, maar die hemelse dinge self deur beter offers as hierdie.
Heb 10:1-8 Want die wet, wat ‘n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie. 2 Anders sou hulle opgehou het om geoffer te word, omdat die wat die diens verrig, nadat hulle een maal gereinig is, geen bewussyn meer van sondes sou gehad het nie. 3 Maar in dié offers is daar jaar na jaar ‘n herinnering aan die sondes; 4 want die bloed van stiere en bokke kan onmoontlik die sonde wegneem. 5 Daarom sê Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou U nie hê nie, maar U het vir My ‘n liggaam berei. 6 Brandoffers en sondoffers het U nie behaag nie. 7 Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom—in die boekrol is dit van My geskrywe—om u wil te doen, o God. 8 Nadat Hy hierbo gespreek het: Slagoffer en spysoffer en brandoffers en sondoffers wou U nie hê en het U nie behaag nie—wat volgens die wet geoffer word—
Daarom moet ook die diere en die bloed wat gestort was tydens God se verbond met Abraham ook geestelik toegepas word. Deur die offers van diere wil God aan ons verduidelik dat onself ons eie lewe as offer aan Hom moet bring en so ons verbondskap met Hom uitleef.
Rom 12:1-2 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. 2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
Die diere en hul dood moet dus nie as plaasvervangers gesien word nie, maar as geestelike skadubeelde van onsself, as God ons die insigte skenk. Die noue verwantskap tussen die mens en die dier is reg aan die begin reeds aan ons verduidelik tydens die skeppingsweek. Let op wat gebeur op die sesde dag in Genesis 1…
Gen 1:24-31 En God het gesê: Laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte: vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hulle soorte. En dit was so. 25 En God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle soorte en die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die grond kruip, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was. 26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. 27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. 28 En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip. 29 Verder het God gesê: Ek gee nou aan julle al die plante wat saad gee, wat op die hele aarde is, en al die bome waar boomvrugte aan is, wat saad dra. Dit sal julle voedsel wees. 30 Maar aan al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel en al die kruipende diere op die aarde, waarin ‘n lewende siel is, gee Ek al die groen plante as voedsel. En dit was so. 31 Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en—dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag.
Die mens en die diere is saam op dag ses geskep. Die getal “ses” is dus baie insiggewend en help ons om die getal van die dier te “bereken” vir onsself:
Open 13:18 Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.
Die wyse Salomo was gebruik deur God om vir ons nog ‘n getuie te gee oor hoe God die eerste geestelike stand van mens sien. Salomo noem dat die mens deur God gesien word as “vee” (dierlik). Hierdie beeld gee groot aanstoot aan baie mense aan wie die “dier” nog nie geopenbaar is nie:
Pred 3:16-21 Verder het ek ook gesien onder die son die plek van die gereg—daar was onreg, en die plek van geregtigheid—daar was onreg. 17 Ek het in my hart gesê: Gód sal die regverdige en die goddelose oordeel, want dáár is ‘n tyd vir elke saak en vir elke werk. 18 Ek het in my hart gesê: Ter wille van die mensekinders gebeur dit, dat God hulle kan beproef, en dat hulle kan insien dat hulle in hulleself vee [dier] is. 19 Want die lot van die mensekinders is ook die lot van die veediere: hulle het een en dieselfde lot; soos die een sterwe, so sterwe die ander, en hulle almal het dieselfde asem, en ‘n voorkeur van die mens bo die veediere is daar nie; want alles is tevergeefs. 20 Alles gaan na een plek toe; alles is uit die stof, en alles keer na die stof terug. 21 Wie bespeur dat die asem van die mensekinders opgaan boontoe, en dat die asem van die veediere neerdaal ondertoe in die aarde?
Kyk net hoe reguit sê die King James bybelvertaling wat God wil hê ons moet weet hoe Hy oor die vleesmens voel:
Ecc 3:18 I said in mine heart concerning the estate of the sons of men, that God might manifest them, and that they might see that they themselves are beasts.
Hier is nog so ‘n paar Engelse Vertalings wat die mens se eerste lot is:
Ecc 3:18 NKJV I said in my heart, “Concerning the condition of the sons of men, God tests them, that they may see that they themselves are like animals.”
Ecc 3:18 CEV I know that God is testing us to show us that we are merely animals.
Ecc 3:18 ERV I thought about what people do to each other. And I said to myself, “God wants people to see that they are like animals.
Ecc 3:18 YLT I said in my heart concerning the matter of the sons of man that God might cleanse them, so as to see that they themselves are beasts.
Aan hulle wie God hierdie insig skenk, ken die natuur van sy eie dier, en is ook liefdevol, medelewend en geduldig met ander mense.
Spr 12:10 Die regverdige ken die natuur van sy dier, maar die barmhartigheid van die goddelose is wreed.
1Kor 4:1-5 So moet ons dan beskou word as dienaars van Christus en bedienaars van die verborgenhede van God. 2 En verder word van die bedienaars vereis dat hulle getrou bevind moet word. 3 Maar vir my beteken dit baie min of ek deur julle of deur ‘n menslike regbank beoordeel word; ja, ek beoordeel myself nie eens nie, 4 want ek is my van geen ding bewus nie. Daardeur is ek egter nie geregverdig nie; maar Hy wat my beoordeel, is die Here. 5 Daarom moet julle nie voor die tyd oordeel, voordat die Here kom nie, wat die verborge dinge van die duisternis in die lig sal bring en die bedoelinge van die harte openbaar sal maak; en dan sal elkeen lof van God ontvang.
Hulle wie nie sy eie dier ken nie, dink hulle is beter as ander mense, is wreed teenoor ander en tree veroordelend op…
Mat 7:1-6 Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie. 2 Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word. 3 En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? 4 Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk! 5 Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal. 6 Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie.
Regdeur die Skrifte is die boodskap dieselfde – as ons van diere lees, dan moet ons dinge in onsself raaksien. As God nie aan ons hierdie waarheid wys nie, dan sal ons ook nie “die dier” van Openbaring verstaan nie, en ook nie sy ontwikkeling in ons eie lewe kan herken nie:
Open 13:1-18 En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering. 2 En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag. 3 En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan. 4 En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer? 5 En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen. 6 En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster. 7 Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie. 8 En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie. 9 As iemand ‘n oor het, laat hom hoor. 10 As iemand krygsgevangenes maak, gaan hy in krygsgevangenskap; as iemand met die swaard doodmaak, moet hy met die swaard doodgemaak word. Hier is die lydsaamheid en die geloof van die heiliges. 11 En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak. 12 En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is. 13 Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense. 14 En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het. 15 En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie. 16 En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; 17 sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het. 18 Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.
God gee aan elkeen wie Hy uitverkies die “verstand” en die wysheid om die betekenis van die dier-simboliek in die Skrifte te verstaan en toe te pas op die aardse menswees.
2Th 2:3-5 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf 4 die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is. 5 Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie?
Die mens van sonde is ook die seun van die verderf. Die mens van vlees was nooit ‘n ewige wese nie, en sy aardse lewe sal uitgewis word en nuut gemaak word in gees deur Jesus Christus.
1Pe 1:24 Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ‘n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af.
Joh 12:24-26 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug. 25 Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe. 26 As iemand My dien, laat hom My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer.
Die diere wat dus geslag word tydens ‘n verbond-ritueel wil nie die konsep van ‘n plaasvervanger uitbeeld nie, maar verwys na hoe ons self ons eie dier moet offer. Die leer van “plaasvervangingsdood” is vals want Christus maak dit baie duidelik waarom Hy gesterf het en wat Hy van ons verwag:
Mat 10:38-39 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. 39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
Diegene wat die sogenaamde “Plaasvervangingsdood” van Christus (die “Substitionary doctrine”) propageer, preek ‘n valse leer, want Jesus het nie in ons plek gesterf nie, maar vir ons sonde! Daar bestaan geen teks in die Skrifte wat sê dat Jesus in ons plek gesterf het nie, maar daar staan duidelik dat Jesus vir ons sonde gesterf het! Daar is ‘n baie groot verskil!
1Kor 15:1-4 Broeders, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan, 2 waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs geglo het. 3 Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; 4 en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte.
Jesus het vir ons sonde gesterf, “volgens die Skrifte”, sodat elkeen sy of haar eie sonde moet aflê deur SAAM met Hom te sterf! Elkeen moet sy eie dier opoffer!
Gal 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
Baie mense glo dat Jesus in hulle plek gesterf het vir die hoofrede dat hulle kan voortleef IN hulle sonde en welluste. Dit is waarteen die Skrifte ernstig waarsku wanneer mense die genade van God verander in ongebondenheid (Engels “lasciviousness”):
Jud 1:3-4 Geliefdes, terwyl ek alle ywer aanwend om aan julle oor ons gemeenskaplike saligheid te skrywe, het ek die noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaan om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is. 4 Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën.
Jesus Christus is die Middelaar van die nuwe testamant wat ook ewig is, en totale en omvattende vernuwing bring in ‘n persoon se lewe en die gewete totaal reining van die dooie werke van die vlees. Deur God se reddende genade word die ou mens van sonde vernietig en ons aardse drange en ambisies word uitgewis. Dit is die doel en funksie van die “reddende genade van God”!
Tit 2:11-13 Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn 12 en leer [Grieks: “paideuō” = tugtig] om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe, 13 terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus.
Heb 12:5-7 En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie; 6 want die Here tugtig [Grieks: “paideuō”] wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem. 7 As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie?
Die nuwe verbond van genade in Christus is die krag van God wat die eerste (ou) aardse verbond tot niet maak en ons vleeslikheid uit ons wegneem!
2Kor 5:17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
Volgens die Skrifte is die nuwe testament van Christus (in gees) baie beter en kragtiger as die testament wat op vleeslike dinge berus:
Heb 8:6-9 Maar nou het Hy [Christus] ‘n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van ‘n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is. Die erfporsie van die eerste (ou) testament het vleeslike dinge belowe. Die erfporsie van die nuwe testament bied geestelike dinge wat ewig is.
Die eerste is op die “letter” (uiterlike) gefokus, en die nuwe het die gees (innerlike) in fokus:
2Kor 3:4-8 So ‘n vertroue het ons deur Christus by God. 5 Nie dat ons uit onsself bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie, maar ons bekwaamheid is uit God, 6 wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van ‘n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend. 7 En as die bediening van die dood, met letters op klippe gegraveer, in heerlikheid was, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die aangesig van Moses nie vanweë die heerlikheid van sy aangesig, wat tog moes vergaan, 8 hoeveel te meer sal die bediening van die Gees dan nie in heerlikheid wees nie?
Israel “na die vlees” (1Kor 10:18) het nie die beter erfporsie gekry nie, want die ware erfenis in gees was aan Christus se erfgename beloof en hulle verkry dit deur die geloof in Sy Woord en Sy werke IN hulle:
Rom 11:7-10 Wat dan? Wat Israel soek, dit het hy nie verkry nie; maar die uitverkorenes het dit verkry en die ander is verhard. 8 Soos geskrywe is: God het hulle gegee ‘n gees van diepe slaap, oë om nie te sien nie en ore om nie te hoor nie, tot vandag toe. 9 En Dawid sê: Laat hulle tafel vir hulle wees ‘n vangnet en ‘n strik en ‘n struikelblok en ‘n vergelding. 10 Laat hulle oë duister word om nie te sien nie, en buig hulle rug vir altyd krom. Israel “na die vlees” is tot vandag in hul geloof verblind vir die waarheid van Christus, tot op die tyd waar hulle ook sal deel vorm van die geestelike koninryk van God: Rom 11:25-26 Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het; 26 en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend.
As die innerlike lewe (die hart / denke) eerste verander word (die fokus kry), dan lei dit tot ‘n goeie lewenswandel in die uiterlike! Dan is God se kragtige geestelike werke duidelik sigbaar vir almal!
Mat 23:26 …maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word.
Dit is hulle wie tot die einde volhard deur die krag van Jesus Christus (die Eersgeborene) IN hulle, want dit is Hy (en Sy Vader) wie IN hulle woon (deur die Woord), en hulle tot alles instaat stel (Fil 4:13):
Joh 14:20-21 In dié dag sal julle weet dat Ek in my Vader is, en julle in My, en Ek in julle. 21 Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.
Hier is deel van die geestelike erfporsie van die eersgeborenes in Christus (hulle wie “die dubbel deel” van Christus sal ontvang – Deu 21:17).
1Kor 6:2-3 Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake? 3 Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?
Hoe sal die heiliges in Christus die wêreld oordeel? Soos reeds genoem manifesteer die geestelike werke van Christus ook in die uiterlike – God sal Sy kinders aan die wêreld vertoon en dit gebeur as hulle sal regeer met Sy “ysterstaf” oor die nasies tydens God se regeringstyd op aarde!
Rom 8:18-19 Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie. 19 Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.
Open 2:26-27 En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee, 27 en hy sal hulle regeer met ‘n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het.
Open 20:4-6 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. 5 En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding. 6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
Hoe sal die heiliges die engele oordeel? Hulle is die poel (“die min” – Mat 22:14) wat met God se Woord (Sy Woord is vuur – Jer 5:14) mense (in opgewekte geestelike liggame na hul “opstanding van die oordeel” – Joh 5:28-29) en engele sal help om God se geregtigheid deelagtig te word deur God se regverdige oordeel (Jes 26:9)!
Open 20:11-15 En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. 12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. 13 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. 14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. 15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
Open 2:11 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.
Niemand kan inderdaad aanspraak maak op hierdie erfporsie as hy of sy nie deel is van die nuwe (geldige / beter) testament van Christus nie. Baie mense stel nie eens belang in die testament of die erfporsie nie. Maar hulle wie God se Woord met geloof ontvang, dit is hulle wie “aan Christus behoort” en nou saam met hierdie Testamentmaker sterf op die kruis. Hulle offer hul eie dier. Dit is hulle wie sal opstaan in “die eerste opstanding…van die lewe”, soos God beloof het:
Heb 9:17 …‘n testament is geldig by sterfgevalle…
Open_20:6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding…
1Kor 15:22-23 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; 23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.
Hier is ‘n lys van sommige diere wat in die Skrifte genoem word, en hul geestelike betekenis in ons eie lewe:
Skaap / Lam: slagoffer; gehoorsaamheid; onderdanigheid; nederigheid
Bok: leier; hardkoppig; aggresief;
Perd: sterkte; oorlog; oordeel; oorwinning
Os: werker; sterkte; voorspoed
Bees: hoogste offer; vrugbaarheid
Donkie: werker; eenvoudig; pakdier
Vark: onrein; agterlik; disrespek; valse leerstellings
Wolf: wilde dier; geen respek; verslind; bring skeiding; valse profeet; bedrieër;valse leerstellings
Luiperd: wilde dier; roofdier; valse leerstellings
Beer: wilde dier; roofdier; onverskrokke
Leeu: leierskap; verslind; oorwin
Draak: teenstander; boos; valse leerstellings
Slang: bedrieër, verleier; slinks; valse leerstellings
Duif: sagmoedigheid, reinheid
Arend: Hoogmoedig (negatief); Heerser (positief)
Kameel: Pakdier; eenvoudigheid; lankmoedigheid; geduld
Buffel: wilde dier; ongebondenheid; sterkte
By: harde werker; produktief
Vlieg: onrein, verspreider van siektes; valshede
Mier: onophoudelike harde werker; produktief
Hond: Bose werkers; terugval; ongeloof; tevredenheid; vinnig; gefokus; getrou
Padda: Plaag; vals leerstellings
Sprinkaan: Verwoester; verduister die waarheid; vals leerstelling
Hoender / Hen: beskermer; vrugbaar; omgee; versorging
Haan: Alarm; aandag trek
Kraai: onrein dier; vals leerstelling
Volstruis: Onreinheid; vals leerstelling
Uil: Onreinheid; vals leerstelling
Pou: hoogmoed; vals leerstelling
Mossie / swaeltjie: Beskutting; versorging
Aasvoël: onrein dier; opportunisties; vals leerstelling
Haas / das: onreinheid; vals leerstelling
Muis: onrein dier; verniel; verfoeisels; vals leerstelling
Spinnekop: web/strik; betrokkenheid; nutteloosheid