Die tema van bloed in die Skrifte: Deel 6 – Bloed en die verbonde in die Skrifte (2)

[Hierdie artikel is oorspronklik in Afrikaans geskryf. Ek neem nie verantwoordelikheid vir foutiewelike / verkeerde inhoud wat van internet vertalings verkry word nie – Larry Groenewald]

Die tema van bloed is een van die sentrale temas in die Skrifte, van Genesis tot Openbaring. Ons fokus in hierdie studiereeks op hierdie tema, en ons kyk wat ons alles daaruit kan ontgin, soos God wil.

Deel 1 was ‘n kort algemene oorsig oor die tema van bloed in die Skrifte.

In Deel 2 het ons gekyk hoe die beginsel dat bloedvergieting ‘n sentrale aspek in ons vergifnis van sonde inneem.

In Deel 3 was die fokus op die vraag hoe ons almal skuldig is aan die bloed van Abel, en ook die dood van almal God se boodskappers, insluitend die dood van Jesus Christus.

In Deel 4 het ons gekyk na die geestelike betekenis van die verbod van bloed in die dieet van mens.

In Deel 5 het ons ondersoek hoe die storting van bloed deur offers verbind is aan danksegging en belofte.

In Deel 6 sal ons die volgende gedeelte uit die Skrifte neem en ‘n hele paar aspekte uitlig om te kyk na die verbintenisse tussen bloed en verbondskappe en dan ook die diep geestelike betekenisse wat dit vir ons inhou te belig, soos God ons die insigte gee uit Sy Skrifte.

Gen 15:9-21  En Hy antwoord hom: Neem vir My ‘n driejaaroud vers en ‘n driejaaroud bokooi en ‘n driejaaroud ram en ‘n tortelduif en ‘n jong duif.  10  En hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie verdeel nie.  11  Toe kom daar roofvoëls op die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag.  12  En toe die son wou ondergaan, val daar ‘n diepe slaap op Abram, en kyk, skrik en groot duisternis het hom oorval.  13  Daarop sê Hy vir Abram: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in ‘n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word vier honderd jaar lank.  14  Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie hulle diensbaar moet wees, en daarna sal hulle uittrek met baie goed.  15  Maar jy sal na jou vaders gaan in vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word.  16  En die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nog toe nie vol nie.  17  En ná sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar ‘n rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis deur.  18  Op dié dag het die HERE met Abram ‘n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:  19  die Keniete en Kenissiete en Kadmoniete  20  en Hetiete en Feresiete en Refaïete  21  en Amoriete en Kanaäniete en Girgasiete en Jebusiete.

Die eerste aspek wat ons na gekyk het uit die Skrifgedeelte in Genesis 15 was die rol wat diere speel in hierdie verbond wat God gemaak het met Abraham, en hoe dit in ons eie lewe toegepas word.

Die “twee word een” (die rol van die getal “twee” in die sluiting van verbonde in die Skrifte)

Die tweede aspek uit die bogenoemde gedeelte in Genesis 15 is die getal “twee” wat ingebring word deur die woord “helftes” in die volgende gedeelte….

Gen 15:9-10  En Hy [God] antwoord hom [Abram – later Abraham genoem]: Neem vir My ‘n driejaaroud vers en ‘n driejaaroud bokooi en ‘n driejaaroud ram en ‘n tortelduif en ‘n jong duif. 10  En hy [Abram] het dit alles vir Hom [God] gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie verdeel nie.

Ons lees ook van iets soortgelyk oor hoe die verbond gesluit was in die boek van Jeremia, waar die getal “twee” duidelik uitgebeeld vir ons kennisname:

Jer 34:18-19  En Ek sal die manne wat my verbond oortree het, wat die woorde van die verbond nie gehou het wat hulle voor my aangesig gesluit het nie, maak soos die kalf wat hulle in twee stukke gesny het en tussen die stukke waarvan hulle deurgegaan het:  19  die vorste van Juda en die vorste van Jerusalem, die hofdienaars en die priesters en die hele volk van die land wat tussen die stukke van die kalf deurgegaan het.

In die sluiting van die verbond word diere in twee dele gesny en dan op die grond geplaas op so ‘n manier dat die persone wat in verbondskap tot mekaar gaan, tussen die dele kan deurstap. Hierdie was ‘n bekende ritueel in vroeër tye waar ‘n verbond tussen partye opgestel was. God gebruik die aardse dinge om Sy onsigbare dinge (die hemelse dinge) verstaanbaar te maak:

Rom 1:20  Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie.

Een belangrike verbondskap wat die Here “van die skepping van die wêreld” hier op aarde ingestel het, vind ons tussen ‘n man en ‘n vrou:

Mar 10:6-9  …van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak.  7  Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef,  8  en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees.  9  Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.

Hierdie samevoeging van twee pesone is ‘n pragtige voorbeeld van wat ‘n verbondskap behels. Hierdie verbondskap tussen ‘n man en vrou in die huwelik gee aan ons ‘n aardse beeld van dieper geestelike verbondskappe wat Paulus as volg uitdruk:

1Kor 11:3  Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus.

Die verbintenis en verhouding tussen God en Christus is die primêre openbaring wat deur die huwelik tussen man en vrou uitgebeeld word. Die ander belangrike verbondskap wat hieraan koppel is die verbintenis tussen Christus en Sy Kerk (die Hoof en die liggaam analogie word hier baie gepas ingespan):

Efes 5:31-32  Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef en hulle twee sal een vlees word.  32  Hierdie verborgenheid is groot, maar ek sê dit met die oog op Christus en die gemeente.

Die aardse dinge wat in die ou verbonde in die Ou Testament voorkom, is dus afbeeldinge (‘n skadubeeld) van die “beter offers” van hulle wie deel is van die “hemelse dinge” – hulle wie nou aan Jesus Christus verbind word in die nuwe verbondskap:

Heb 9:23  Dit was dus nodig dat die afbeeldinge van die dinge in die hemele deur hierdie offers gereinig moes word, maar die hemelse dinge self deur beter offers as hierdie.

Heb 10:1-8  Want die wet, wat ‘n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie.  2  Anders sou hulle opgehou het om geoffer te word, omdat die wat die diens verrig, nadat hulle een maal gereinig is, geen bewussyn meer van sondes sou gehad het nie.  3  Maar in dié offers is daar jaar na jaar ‘n herinnering aan die sondes;  4  want die bloed van stiere en bokke kan onmoontlik die sonde wegneem.  5  Daarom sê Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou U nie hê nie, maar U het vir My ‘n liggaam berei.  6  Brandoffers en sondoffers het U nie behaag nie.  7  Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom—in die boekrol is dit van My geskrywe—om u wil te doen, o God.  8  Nadat Hy hierbo gespreek het: Slagoffer en spysoffer en brandoffers en sondoffers wou U nie hê en het U nie behaag nie—wat volgens die wet geoffer word—

Jesus Christus is nie net ‘n Hoof nie, maar God het ook vir Hom ‘n liggaam berei, en dit is hierdie twee wat een word om die nuwe verbond te vestig:

Efes 5:22-23  Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here.  23  Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam.

Kol 1:18  En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.

Efes 1:22-23  En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee,  23  wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.

Efes 4:15-16  maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus,  16  uit wie die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate—die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.

Kol 2:16-19  Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie,  17  wat ‘n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus.  18  Laat niemand julle van jul prys beroof nie, al sou hy behae hê in nederigheid en verering van die engele en indring in wat hy nie gesien het nie, en sonder oorsaak opgeblase wees deur sy vleeslike gesindheid,  19  en nie vashou aan die Hoof nie, uit wie die hele liggaam deur die gewrigte en verbindinge ondersteuning ontvang en saamgebind word en so met goddelike groei groot word.

Hierdie TWEE, die Hoof en die liggaam, vorm ‘n eenheid wat as “die Christus” bekendstaan in die oorspronklike Nuwe Testamentiese Skrifte. Die meeste vertalings van die Bybel laat die bepaalde lidwoord “die” uit in die volgende verse wat juis die intieme eenheid in “die Christus” (Hoof en liggaam) aandui:

1Kor 12:12-14  Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook [die] Christus.  13  Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.  14  Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie.

Efes 1:9-10  deurdat Hy aan ons die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het,  10  om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in [die] Christus te verenig—

Efes 3:1-6  Om hierdie rede is ek, Paulus, die gevangene van Christus Jesus vir julle wat heidene is—  2  as julle ten minste gehoor het van die bediening van die genade van God wat aan my verleen is vir julle,  3  dat Hy aan my deur ‘n openbaring bekend gemaak het die verborgenheid, soos ek tevore kortliks geskryf het;  4  waardeur julle, as julle dit lees, my insig in die verborgenheid van [die] Christus kan verstaan,  5  wat in ander tye aan die mensekinders nie bekend gemaak is nie soos dit nou aan sy heilige apostels en profete geopenbaar is deur die Gees, naamlik  6  dat die heidene mede-erfgename is en medelede van die liggaam en mededeelgenote aan sy belofte in Christus deur die evangelie.

Soos Paulus hier noem is hierdie eenheid van “die Christus” ‘n verborgenheid wat slegs waardeer word deur hulle wie deel van hierdie Christus is. Die getal “twee” beeld hierdie verborgenheid uit in terme van die getuie wat die Hoof en die liggaam vir mekaar is. Die twee vul mekaar aan. Die liggaam word vervul deur die Hoof en die Hoof word vervul deur die liggaam. Die twee is onafskeidbaar verbind:

Efes 1:22-23  En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee,  23  wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.

Efes 4:15-16  maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus,  16  uit wie die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate—die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.

As iemand iets aan die liggaam doen, dan doen hy dit aan die Hoof, soos Saulus ook moes uitvind op die harde manier:

Hand 9:1-5  Maar Saulus, wat nog dreiging en moord geblaas het teen die dissipels van die Here, het na die hoëpriester gegaan  2  en van hom briewe gevra aan die sinagoges in Damaskus, sodat as hy mense sou vind wat van die Weg was, manne sowel as vroue, hy hulle geboeid na Jerusalem kon bring.  3  En toe hy op sy reis naby Damaskus kom, omstraal hom skielik ‘n lig van die hemel af;  4  en hy val op die grond en hoor ‘n stem vir hom sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My?  5  En hy sê: Wie is U, Here? En die Here antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.

Die liggaam en die Hoof is “Jesus Christus” – hulle deel dieselfde Naam, en God die Vader erken hierdie verbondskap ten volle!

Joh 16:23-27  En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee.  24  Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.  25  Hierdie dinge het Ek deur gelykenisse tot julle gespreek, maar daar kom ‘n uur wanneer Ek nie meer deur gelykenisse tot julle sal spreek nie, maar julle openlik van die Vader sal vertel.  26  In daardie dag sal julle in my Naam bid; en Ek sê nie vir julle dat Ek die Vader aangaande julle sal vra nie;  27  want die Vader self het julle lief, omdat julle My liefgehad en geglo het dat Ek van God uitgegaan het.

Die verbond wat God met Abraham gesluit het is ‘n skadubeeld van hierdie verbond wat God deur Christus met Sy liggaam sluit:

Gal 3:15-16  Broeders, ek spreek menslikerwys: selfs ‘n mens se testament wat bekragtig is, maak niemand tot niet of voeg daaraan toe nie.  16  Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus.

Gal 3:29  En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.

God se verbond word nou bevestig in die Christus, en diegene wat deel is van “die Christus” waardeer die voorreg om saam met Hom te sterf, en op die grond neergelê te word soos elkeen wat in die liggaam van Christus in hul eie vlees “die oorblyfsels van die verdrukking van Christus” aanvul:

Gal 2:20  Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

Kol 1:24-27  Nou verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christus vir sy liggaam, wat die gemeente is;  25  waarvan ek ‘n dienaar geword het volgens die bediening van God wat aan my gegee is in julle belang, om die woord van God te vervul,  26  naamlik die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges,  27  aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid.

Om saam met Hom te sterf is inderdaad om “aan te vul die oorblyfsels van die verdrukking van Christus”). Die offers van die Hoof en die liggaam word as een gesien deur God, en sodoende word die voordele van Christus se erfenis ook op Sy liggaam van toepassing!

Rom 8:16-18  Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;  17  en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.  18  Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.

2Ti 2:10-13  Daarom verdra ek alles ter wille van die uitverkorenes, sodat hulle ook die verlossing wat in Christus Jesus is, kan verkry met die ewige heerlikheid.  11  Dit is ‘n betroubare woord; want as ons met Hom gesterf het, sal ons ook met Hom lewe.  12  As ons verdra, sal ons met Hom regeer. As ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën.  13  As ons ontrou is, Hy bly getrou; Hy kan Homself nie verloën nie.

1Pe 4:12-14  Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie;  13  maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel.  14  As julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van die heerlikheid en van God op julle rus. Wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref, word Hy verheerlik.

Hierdie diepe eenheid tussen Christus en Sy kerk (“die twee word een”-beginsel) word deur baie simbole in die Skrifte vir ons verduidelik, maar ons noem net enkeles hier wat ook die beginsel van wat dit beteken om te sterf saam met Christus vir ons duidelik maak, vir hulle wie die oë en die ore gegee word om dit te waardeer:

Open 3:6  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.

(1) Die verbintenis tussen Christus en Sy gemeente word uitgedruk in die twee bokramme wat as sondoffers gebruik was tydens die offers op die versoeningsdag onder die Ou Verbond:

Lev 16:1-22  En die HERE het met Moses gespreek ná die dood van die twee seuns van Aäron, wat gesterf het toe hulle voor die aangesig van die HERE nader gekom het;  2  en die HERE het aan Moses gesê: Spreek met jou broer Aäron dat hy nie te eniger tyd moet ingaan in die heiligdom nie, binnekant die voorhangsel, voor die versoendeksel wat op die ark is, sodat hy nie sterwe nie; want Ek verskyn in die wolk op die versoendeksel.  3  Hiermee moet Aäron in die heiligdom ingaan: met ‘n jong bul as sondoffer en ‘n ram as brandoffer.  4  Hy moet ‘n heilige linnerok aantrek en ‘n linnebroek moet oor sy vlees wees en met ‘n linnegordel moet hy hom gord en ‘n linnetulband moet op sy hoof wees. Dit is heilige klere; en hy moet sy liggaam in die water bad en dit aantrek.  5  En van die vergadering van die kinders van Israel moet hy twee bokramme as sondoffer en een ram as brandoffer neem.  6  Dan moet Aäron die sondofferbul wat vir hom bedoel is, aanbring en vir hom en sy huis versoening doen.  7  Hy moet ook die twee bokke neem en hulle voor die aangesig van die HERE stel by die ingang van die tent van samekoms.  8  En Aäron moet oor die twee bokke die lot werp, een lot vir die HERE en een lot vir Asásel.  9  Dan moet Aäron die bok aanbring waar die lot vir die HERE op gekom het en hom as sondoffer berei;  10  maar die bok waar die lot vir Asásel op gekom het, moet lewendig voor die aangesig van die HERE gestel word, om oor hom versoening te bewerk deur hom vir Asásel in die woestyn te stuur.  11  Aäron moet dan die sondofferbul wat vir hom bedoel is, laat aankom en vir hom en sy huis versoening doen: hy moet die sondofferbul slag wat vir hom bedoel is,  12  en die vuurpan vol gloeiende kole van die altaar voor die aangesig van die HERE wegneem; daarby twee handevol fyngestampte reukwerk van speserye en dit binnekant die voorhangsel bring.  13  En hy moet die reukwerk op die vuur lê voor die aangesig van die HERE, dat die wolk van die reukwerk die versoendeksel wat op die Getuienis is, kan oordek, sodat hy nie sterwe nie.  14  En hy moet van die bloed van die bul neem en dit met sy vinger op die versoendeksel aan die oostekant sprinkel; en voor die versoendeksel moet hy sewe maal met sy vinger van die bloed sprinkel.  15  Dan moet hy die sondofferbok slag wat vir die volk bedoel is, en sy bloed binnekant die voorhangsel bring en met sy bloed doen soos hy met die bloed van die bul gedoen het: hy moet dit sprinkel op die versoendeksel en voor die versoendeksel.  16  So moet hy dan vir die heiligdom versoening doen vanweë die onreinhede van die kinders van Israel en vanweë hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; so moet hy dit ook doen vir die tent van samekoms wat by hulle te midde van hulle onreinhede woon.  17  En niemand mag in die tent van samekoms wees as hy ingaan om in die heiligdom versoening te doen totdat hy uitkom nie en versoening gedoen het vir hom en vir sy huis en vir die hele vergadering van Israel.  18  Dan moet hy na die altaar uitgaan wat voor die aangesig van die HERE is en daarvoor versoening doen: hy moet van die bloed van die bul en van die bloed van die bok neem en dit rondom aan die horings van die altaar stryk  19  en met sy vinger van die bloed sewe maal daarop sprinkel. So moet hy dit dan reinig en heilig van die onreinhede van die kinders van Israel.  20  En as hy die versoening van die heiligdom en die tent van samekoms en die altaar voleindig het, moet hy die lewendige bok laat aankom;  21  en Aäron moet sy twee hande op die kop van die lewendige bok lê en oor hom belydenis doen van al die ongeregtighede van die kinders van Israel en al hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; en hy moet dié op die kop van die bok lê en hom deur ‘n man wat gereed staan, na die woestyn toe stuur.  22  So moet die bok dan op hom al hulle ongeregtighede na ‘n woeste land wegdra; en hy moet die bok in die woestyn los.  

(2) Die verbintenis tussen Christus en Sy gemeente word ook uitgedruk in die twee voëls wat gebruik was tydens die offers vir die reinigings-ritueel vir melaatsheid onder die Ou Verbond:

Lev 14:1-7  Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:  2  Dit is die wet van die melaatse op die dag van sy reiniging. Hy moet na die priester gebring word,  3  en die priester moet buitekant die laer gaan. As die priester sien dat die plaag van melaatsheid genees is, van die melaatse weg is,  4  moet die priester bevel gee dat hulle vir hom wat gereinig moet word, twee lewendige rein voëls en sederhout en skarlakendraad en hisop moet bring.  5  Die priester moet ook bevel gee dat hulle die een voël in ‘n erdepot oor vars water slag.  6  Die lewendige voël moet hy neem, sowel as die sederhout en die skarlakendraad en die hisop, en dié en die lewendige voël insteek in die bloed van die voël wat oor die vars water geslag is.  7  En hy moet op hom wat van die melaatsheid gereinig moet word, sewe maal sprinkel en hom reinig, en die lewendige voël moet hy oor die oop veld laat wegvlieg.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.