[Hierdie artikel is oorspronklik in Afrikaans geskryf. Ek neem nie verantwoordelikheid vir foutiewelike / verkeerde inhoud wat van internet vertalings verkry word nie – Larry Groenewald]
Die tema van bloed is een van die sentrale temas in die Skrifte, van Genesis tot Openbaring. Ons fokus in hierdie studiereeks op hierdie tema, en ons kyk wat ons alles daaruit kan ontgin, soos God wil.
Deel 1 was ‘n kort algemene oorsig oor die tema van bloed in die Skrifte.
In Deel 2 het ons gekyk hoe die beginsel dat bloedvergieting ‘n sentrale aspek in ons vergifnis van sonde inneem.
In Deel 3 was die fokus op die vraag hoe ons almal skuldig is aan die bloed van Abel, en ook die dood van almal God se boodskappers, insluitend die dood van Jesus Christus.
In Deel 4 het ons gekyk na die geestelike betekenis van die verbod van bloed in die dieet van mens.
In Deel 5 het ons ondersoek hoe die storting van bloed deur offers verbind is aan danksegging en belofte.
In Deel 6 sal ons die volgende gedeelte uit die Skrifte neem en ‘n hele paar aspekte uitlig om te kyk na die verbintenisse tussen bloed en verbondskappe, en dan ook die diep geestelike betekenisse wat dit vir ons inhou te belig, soos God ons die insigte gee uit Sy Skrifte.
Gen 15:9-21 En Hy [God] antwoord hom [Abram – later Abraham genoem]: Neem vir My ‘n driejaaroud vers en ‘n driejaaroud bokooi en ‘n driejaaroud ram en ‘n tortelduif en ‘n jong duif. 10 En hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie verdeel nie. 11 Toe kom daar roofvoëls op die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag. 12 En toe die son wou ondergaan, val daar ‘n diepe slaap op Abram, en kyk, skrik en groot duisternis het hom oorval. 13 Daarop sê Hy vir Abram: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in ‘n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word vier honderd jaar lank. 14 Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie hulle diensbaar moet wees, en daarna sal hulle uittrek met baie goed. 15 Maar jy sal na jou vaders gaan in vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word. 16 En die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nog toe nie vol nie. 17 En ná sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar ‘n rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis deur. 18 Op dié dag het die HERE met Abram ‘n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier: 19 die Keniete en Kenissiete en Kadmoniete 20 en Hetiete en Feresiete en Refaïete 21 en Amoriete en Kanaäniete en Girgasiete en Jebusiete.
Ons lees in ons teksgedeelte in Genesis 15 dat God aan Abram (later Abraham genoem) opdrag gee om diere dood te maak. Daar was ook duidelike riglyne hoe die diere gesny moes word en hoe die karkasse op die grond geplaas was. Ons lees ook van iets soortgelyk in Jeremia waar dit duidelik is dat ‘n tipe verbond ter sprake is:
Jer 34:18-19 En Ek sal die manne wat my verbond oortree het, wat die woorde van die verbond nie gehou het wat hulle voor my aangesig gesluit het nie, maak soos die kalf wat hulle in twee stukke gesny het en tussen die stukke waarvan hulle deurgegaan het: 19 die vorste van Juda en die vorste van Jerusalem, die hofdienaars en die priesters en die hele volk van die land wat tussen die stukke van die kalf deurgegaan het.
Die dood van die diere gaan gepaard met bloedvergieting. Die konsep van bloedvergieting word dan ook in die Skrifte gebruik om die verlies van ‘n lewe aan te dui. In verbondskappe moet alle betrokke partye persoonlike opofferings maak en hul lewe toewy tot voordeel van die ander party(e). Die offers van diere binne hierdie primitiewe verbondsritueel is dus ‘n skadubeeld van ons eie lewe wat aan God gewy word. Hier is geen sprake van ‘n plaasvervangingsdood nie, maar eerder ‘n oproep van God om ons eie lewe op te offer. Selfs Christus se dood as die Offerlam van God vir sonde, roep ons op om ons eie lewe SAAM met Hom op te offer:
Mat 10:38-39 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. 39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
Gal 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
Hierdie ritueel wat in Genesis 15 neergeskryf is, was ‘n bekende ritueel in vroeër tye waar ‘n verbond tussen partye opgestel was. Vandag word kontrakte tussen partye op ander wyses gedoen. Die wyse waarop verbonde gesluit was in vroeëre tye, soos genoem in die Skrifte, is egter gelaai met diep geestelike betekenisse wat ons baie help om ons eie rol en funksie in God se plan en werk te verstaan. Ons het dus afbeeldinge van hemelse dinge op ‘n aardse vlak om aan ons God se onsigbare dinge verstaanbaar te maak:
Rom 1:20 Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie.
Die aardse dinge wat in die ou verbonde in die Ou Testament voorkom, is dus afbeeldinge (‘n skadubeeld) van die ware offers van hulle wie deel is van die “hemelse dinge” – dit is die liggaam van Christus:
Heb 9:23 Dit was dus nodig dat die afbeeldinge van die dinge in die hemele deur hierdie offers gereinig moes word, maar die hemelse dinge self deur beter offers as hierdie.
Heb 10:1-8 Want die wet, wat ‘n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie. 2 Anders sou hulle opgehou het om geoffer te word, omdat die wat die diens verrig, nadat hulle een maal gereinig is, geen bewussyn meer van sondes sou gehad het nie. 3 Maar in dié offers is daar jaar na jaar ‘n herinnering aan die sondes; 4 want die bloed van stiere en bokke kan onmoontlik die sonde wegneem. 5 Daarom sê Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou U nie hê nie, maar U het vir My ‘n liggaam berei. 6 Brandoffers en sondoffers het U nie behaag nie. 7 Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom—in die boekrol is dit van My geskrywe—om u wil te doen, o God. 8 Nadat Hy hierbo gespreek het: Slagoffer en spysoffer en brandoffers en sondoffers wou U nie hê en het U nie behaag nie—wat volgens die wet geoffer word—
Ons kyk na die verbintenisse tussen bloed en verbondskappe in die Skifte, en die eerste aspek wat ons na gekyk het uit die Skrifgedeelte in Genesis 15 was die rol wat diere speel in hierdie verbond wat God gemaak het met Abraham, en hoe dit in ons eie lewe toegepas word.
Die tweede aspek wat ons op fokus uit hierdie gedeelte is die rol van die getal “twee” in die sluiting van ‘n verbond.
Die derde aspek is die gebruik van die getal “drie” en hoe ons God se geestelike insigte vir ons eie groei in geloof in hierdie verbond kan sien, soos God wil.
Die vierde aspek wat ons gedek het is hoekom ons moet weet dat alles wat met ons gebeur deel is van God se plan vir ons persoonlik, en hoekom ons God moet ken in al ons weë in hierdie wêreld.
Die vyfde aspek wat ons belig in ons teksgedeelte in Genesis 15, as ons kyk na die verbintenisse tussen bloed en verbondskappe in die Skrifte, is om te verstaan dat die vergieting van bloed bring vrees en verskrikking in ons vlees, maar ook groot vertroosting en hoop.
Die sesde aspek wat ons dek is die simboliese gebruik van Egipte in ons eie lewe, as heerser vir ‘n tyd. God is in beheer van Egipte in ons eie lewe, en God sal ook Egipte se heerskappy in ons lewe beëindig.
Ons sewende aspek uit die gedeelte in Genesis 15 wys uit dat God ‘n God van strafgerigte (Sy vurige oordeel) is, maar dat Sy oordeel nie vir ewig aanhou nie. God se oordeel het ‘n doel en daardie doel sal bereik word – ons leer God se geregtigheid, en dit bring ons tot redding, “soos deur vuur heen”!
Deu 32:4 Die Rots—volkome is sy werk; want al sy weë is strafgerigte; ‘n God van trou en sonder onreg; regverdig en reg is Hy.
Jes 26:9 Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.
1Kor 3:13-15 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. 14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; 15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.
“…En ná sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar ‘n rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis deur.”
Ons lees in Genesis 15 dat by die voltooiing van die verbond wat God met Abraham gemaak het, verskyn daar ‘n rokende oond en vurige fakkel wat tussen die stukke vleis deurbeweeg…
Gen 15:17 En ná sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar ‘n rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis deur.
Ons moet onthou dat hierdie dinge alles gepaard gaan met die vergieting van bloed in die opstel van hierdie betrokke verbond wat God met Abraham sluit. Die vergieting van bloed impliseer die verlies aan ‘n lewe. Soos reeds genoem in ‘n vorige artikel in hierdie reeks studies word die simbool van die son ook as ‘n verwysing na lewe verwys in die Skrifte – die opkoms van die son verwys in die opsig na die dag van ons geboorte, en ons sterfdag as die ondergaan van die son. Ons lewe op die aarde is dus onlosmaklik gekoppel aan tydelikheid en nietigheid, soos ons dit ontvang uit die hand van die Skepper:
Rom 8:20 Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het.
Hierdie waarheid van die nietigheid van alle skepsels en alles in hierdie skepping, was reeds aan die begin aan Adam bekend gemaak in die volgende woorde, maar deur valse vertalings word dit weggesteek:
Gen 2:16-17 En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, 17 maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.
Hier is beter vertalings van hierdie betrokke teks…
Gen 2:16-17 LITV And Jehovah God commanded the man, saying, Eating you may eat of every tree in the garden; 17 but of the Tree of the Knowledge of Good and Evil you may not eat, for in the day that you eat of it, dying you shall die.
Gen 2:16-17 YLT And Jehovah God layeth a charge on the man, saying, ‘Of every tree of the garden eating thou dost eat; 17 and of the tree of knowledge of good and evil, thou dost not eat of it, for in the day of thine eating of it—dying thou dost die.’
Gen 2:17 CLV Yet from the tree of the knowledge of good and evil, you are not to be eating from it, for in the day you eat from it, to die shall you be dying.
Die eerste mens, Adam, het ‘n vleeslike lewe gekry en het geensins geestelike lewe geken nie. Die geestelike lewe sou eers later geskenk word aan almal in die vleeslike Adam. Die geestelike lewe sou net kom deur Jesus Christus, soos Paulus ook pragtig verduidelik in die volgende woorde:
1Kor 15:45-50 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees. 46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike. 47 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel. 48 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. 49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra. 50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
Daar staan dit oop en bloot, en tog glo baie mense steeds die valse leer dat Adam perfek in gees geskep was. Nee, Adam se vlees, en geen vlees, sal ooit die ewige onverganklike geestelike koninkryk van God beërf nie!
1Kor 15:50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
1Kor 1:29 sodat geen vlees voor Hom sou roem nie.
Rom 8:8 En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie.
God het vooraf bepaal dat die mens deur ‘n fisiese doodsproses van veroudering sal gaan wat alles eindig by die totale aflê van die vlees, sodat almal IN ADAM die geestelike lewe IN CHRISTUS kan verkry:
1Kor 15:22 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;
Salomo skryf die volgende woorde hoe die “son” opkom en ook ondergaan in elkeen se lewe wat in die beeld van die eerste Adam geskep word…
Pred 12:1-2 En dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: Ek het daar geen behae in nie— 2 voordat die son en die lig en die maan en die sterre verduister word …
Die aardse mens het geen ware betekenis of kennis wat ‘n oneindige sondelose lewe is nie. God het doelbewus die aardse mens geskep van tydelike aardse stof in sonde en dood:
Gen 2:7 En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.
Psa 51:7 Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.
Rom 7:24 Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?
Ons lewe dus eerste ‘n geestelike doodsbestaan, en ons ontvang die lewe in Christus op ‘n later stadium as ons deur ‘n belangrike proses geneem word deur God – die oordeel van God. Dit is van hierdie belangrike oordeel van God wat die aardse mens niks wil hoor nie…
Heb 9:27 En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe [die doodsbestaan in vlees] en daarna die oordeel.
So beskryf Salomo hierdie onvermydelike oordeel van God as ons uitvind dat ons aardse son moet ondergaan…
Pred 12:1-3 En dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: Ek het daar geen behae in nie— 2 voordat die son en die lig en die maan en die sterre verduister word en die wolke terugkom ná die reën, 3 dié dag wanneer die wagters van die huis sal bewe en die sterk manne krom word en die malers die werk staak, omdat hulle te min geword het, en die wat deur die vensters kyk, verduister word.
Die tyd waar ons moet afskeid neem van die vlees is ‘n tyd van duisternis, en vrees omvou die vlees en verswelg dit. Elkeen wat God se ware geestelike lewe sal ervaar, moet deur hierdie oordeel gaan. Almal sal dit deurgaan op die tyd soos die Vader bepaal. Hierdie oordeel word ook na verwys as die doping in die vuur van God. Dit word vir ons mooi uitgebeeld in Handelinge 2…
Hand 2:1-4 En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. 2 En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. 3 Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. 4 En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
Petrus verduidelik baie mooi dat almal God se oordeel sal ervaar. Kyk hoe die elemente wat teenwoordig was hier op Pinksterdag in Handelinge 2 ooreenstem met die verbond wat God met Abraham gesluit het..
Hand 2:14-21 Maar Petrus het opgestaan met die elf en sy stem verhef en hulle toegespreek: Joodse manne en almal wat in Jerusalem woon, dit moet julle weet, en luister na my woorde. 15 Hierdie mense is tog nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar die derde uur in die môre. 16 Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is: 17 En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom. 18 En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in dié dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer. 19 En Ek sal wonders gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde, bloed en vuur en rookdamp. 20 Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom. 21 En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
Die son verduister (gaan onder); daar is tekens op die aarde; daar is baie bloed; daar is vuur en rookdampe!
Gen 15:9-21 En Hy [God] antwoord hom [Abram – later Abraham genoem]: Neem vir My ‘n driejaaroud vers en ‘n driejaaroud bokooi en ‘n driejaaroud ram en ‘n tortelduif en ‘n jong duif. 10 En hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie verdeel nie. 11 Toe kom daar roofvoëls op die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag. 12 En toe die son wou ondergaan, val daar ‘n diepe slaap op Abram, en kyk, skrik en groot duisternis het hom oorval. 13 Daarop sê Hy vir Abram: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in ‘n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word vier honderd jaar lank. 14 Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie hulle diensbaar moet wees, en daarna sal hulle uittrek met baie goed. 15 Maar jy sal na jou vaders gaan in vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word. 16 En die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nog toe nie vol nie. 17 En ná sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar ‘n rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis deur.
Die oordeel van God bring ‘n einde aan die aardse doodsproses. Wat ‘n uitkoms!!!
Heb 9:27 En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe [die doodsbestaan in vlees] en daarna die oordeel.
Die oordeel van God bring die ware LIG in ons lewe:
1Kor 4:5 Daarom moet julle nie voor die tyd oordeel, voordat die Here kom nie, wat die verborge dinge van die duisternis in die lig sal bring en die bedoelinge van die harte openbaar sal maak; en dan sal elkeen lof van God ontvang.
God se vurige oordeel sal elkeen se werke beproef en uitwys vir wat dit is:
1Kor 3:13-15 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. 14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; 15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.
Die oordeel van God help ons om reg te onderskei tussen goed en kwaad:
Pred 12:14 Want God sal elke werk bring in die gerig wat kom oor al die verborge dinge, goed of sleg.
2Kor 5:10 Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.
Die oordeel van God bring God se geregtigheid in ons lewe:
Jes 26:9 Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.
Die oordeel begin by onsself…
Mat 7:1-6 Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie. 2 Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word. 3 En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? 4 Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk! 5 Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal. 6 Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie.
Die oordeel van God begin eerste by die huis van God, en dit is voorreg om deel van hierdie huis van God te wees:
1Pe 4:17 Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?
Die vurige oordeel van God sal ook na alle mense kom, en daardeur kom die redding van almal:
Psa 9:8-9 Maar die HERE sit vir ewig; Hy het sy troon reggesit vir die oordeel. 9 En Hy self sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke vonnis met reg.
Open 20:11-15 En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. 12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. 13 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. 14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. 15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
Joh 3:16-17 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 17 Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.
1Jn 2:1-2 My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het ‘n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige. 2 En Hy is ‘n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.
Die vuur wat God gebruik in Sy oordeel het niks te doen met fisiese vuur nie, maar alles te doen met HOMSELF en SY WOORD!
Heb 12:29 Want onse God is ‘n verterende vuur.
Jer 5:14 Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare: Omdat julle hierdie woord spreek, kyk, Ek maak my woorde in jou mond ‘n vuur en hierdie volk hout, en dit sal hulle verteer.
Dit is deur die WOORD dat ons God se gees deelagtig word en Sy Vuur verwyder al die aardsheid uit ons! Ons word inderdaad gedoop in Sy VUUR en Sy LEWE kom in werking in ons!
Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
God se barmhartigheid oortref Sy oordeel. Oordeel het ‘n doel wat bereik sal word en dan eindig die oordeel. God se liefde en barmhartigheid is inderdaad oneindig, en almal sal God se liefde en barmhartigheid ken deur Jesus Christus, die Redder van alle mense!
Psa 25:6-9 Dink, HERE, aan u barmhartigheid en u goedertierenhede, want dié is van ewigheid af. 7 Dink nie aan die sondes van my jonkheid en aan my oortredinge nie; dink aan my na u goedertierenheid, om u goedheid ontwil, o HERE! 8 Die HERE is goed en reg; daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg. 9 Hy sal die ootmoediges lei in die reg en die ootmoediges sy weg leer.
Fil 2:9-11 Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is, 10 sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, 11 en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.