[Hierdie artikel is oorspronklik in Afrikaans geskryf. Ek neem nie verantwoordelikheid vir foutiewelike / verkeerde inhoud wat van internet vertalings verkry word nie – Larry Groenewald]
Agtergrond:
Die tema van bloed (bloedvergieting) is een van die sentrale temas in die Skrifte, van Genesis tot Openbaring. Ons fokus in hierdie studiereeks op hierdie tema, en ons kyk wat ons alles daaruit kan ontgin, soos God wil.
- Deel 1 was ‘n kort algemene oorsig oor die tema van bloed in die Skrifte.
- In Deel 2 het ons gekyk hoe die beginsel dat bloedvergieting ‘n sentrale aspek in ons vergifnis van sonde inneem.
- In Deel 3 was die fokus op die vraag hoe ons almal skuldig is aan die bloed van Abel, en ook die dood van almal God se boodskappers, insluitend die dood van Jesus Christus.
- In Deel 4 het ons gekyk na die geestelike betekenis van die verbod van bloed in die dieet van mens.
- In Deel 5 het ons ondersoek hoe bloedvergieting deur diere offers verbind is aan danksegging en belofte.
In Deel 6 kyk ons na die verbintenisse tussen bloed en verbondskappe, en dan ook die diep geestelike betekenisse wat dit vir ons inhou te belig, soos God ons die insigte gee uit Sy Skrifte. Ons het sewe aspekte uitgehaal uit die volgende verbond wat God met Abraham gesluit het:
Gen 15:9-21 En Hy [God] antwoord hom [Abram – later Abraham genoem]: Neem vir My ‘n driejaaroud vers en ‘n driejaaroud bokooi en ‘n driejaaroud ram en ‘n tortelduif en ‘n jong duif. 10 En hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie verdeel nie. 11 Toe kom daar roofvoëls op die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag. 12 En toe die son wou ondergaan, val daar ‘n diepe slaap op Abram, en kyk, skrik en groot duisternis het hom oorval. 13 Daarop sê Hy vir Abram: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in ‘n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word vier honderd jaar lank. 14 Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie hulle diensbaar moet wees, en daarna sal hulle uittrek met baie goed. 15 Maar jy sal na jou vaders gaan in vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word. 16 En die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nog toe nie vol nie. 17 En ná sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar ‘n rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis deur. 18 Op dié dag het die HERE met Abram ‘n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier: 19 die Keniete en Kenissiete en Kadmoniete 20 en Hetiete en Feresiete en Refaïete 21 en Amoriete en Kanaäniete en Girgasiete en Jebusiete.
- Die eerste aspek wat ons na kyk uit die Skrifgedeelte in Genesis 15 is die rol wat diere speel in hierdie verbond wat God gemaak het met Abraham, en hoe dit in ons eie lewe toegepas word.
- Die tweede aspek wat ons op fokus uit hierdie gedeelte is die rol van die getal “twee” in die sluiting van ‘n verbond.
- Die derde aspek is die gebruik van die getal “drie” en hoe ons God se geestelike insigte vir ons eie groei in geloof kan sien, soos God wil.
- Die vierde aspek wat ons dek is hoekom ons moet weet dat alles wat met ons gebeur deel is van God se plan vir ons persoonlik, en hoekom ons God moet eer in al ons weë in hierdie wêreld.
- Die vyfde aspek gaan oor die vrees en verskrikking in ons vlees wanneer ons met die dood gekonfronteer word.
- Die sesde aspek is die simboliese gebruik van Egipte in ons eie lewe. God is in beheer van Egipte in ons eie lewe, en God sal ook Egipte se heerskappy in ons lewe beëindig.
- Die sewende aspek wat ons belig in ons teksgedeelte in Genesis 15 is die belangrikheid van God se oordeel in ons lewens.
Met hierdie agtergrond en die geestelike betekenisse wat ons in ons eie lewe kan sien, soos God ons die insigte gee, delf ons nou dieper in die rol van bloed binne verbondskappe. Ons kyk vervolgens kortliks na die verbond wat God met die volk Israel gesluit het, en watter rol bloed daar gespeel het.
Bloedoffers onder God se verbond met die volk van Israel, soos vervat in die wet van Moses
God het die volk Israel beveel om daagliks talle bloedoffers te bring volgens sekere prosedures wat deur God voorgeskryf was. Bloed is die simbool van lewe, en deur die vergieting van bloed word ‘n aardse lewe opgeoffer.
Lev 17:11 Want die siel [Hebreeus: “nephesh” = lewe] van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel.
Wat die vers in Levitikus vir ons sê is dat deur die offer van ons aardse lewe kom daar ‘n versoening met God omdat ons dan toegang kry tot ‘n nuwe en hoër vorm van lewe, naamlik God se geestelike lewe. As ons verder besef dat die dieroffer ‘n simbool is van die opoffering van ons eie lewe, dan is hierdie ooreenkoms verskriklik. Ons natuurlike mens wil glad nie hiervan hoor nie. Die offer van diere in die verbond met Israel het dus niks te make met plaasvervanging nie, soos algemeen gepreek word nie.Die offers van die verbond met Israel is alles te make met ons eie lewe. Ons moet ons eie aardse lewe prysgee om deel te kan hê aan God se geestelike lewe wat net verkrygbaar is deur Jesus Christus:
Mat 10:38-39 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. 39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
Fil 4:13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
Gal 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
Geen offer word aanvaar sonder bloedvergieting nie, soos ons reeds gesien het met die offers wat Abel en Kain gebring het:
Gen 4:1-5 En die mens het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en Kain gebaar en gesê: Ek het ‘n man verkry met die hulp van die HERE. 2 Daarna het sy ook sy broer Abel gebaar. En Abel het ‘n skaapherder geword, en Kain ‘n landbouer. 3 En ná verloop van tyd het Kain van die vrugte van die land aan die HERE ‘n offer gebring. 4 En Abel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring, naamlik van hulle vet. En die HERE het Abel en sy offer genadig aangesien, 5 maar Kain en sy offer nie aangesien nie. Toe word Kain baie kwaad, en hy het sy hoof laat hang.
Hierdie beginsel van bloedvergieting by elke offer aan God word verder uitgebou onder die verbond wat God met die volk Israel gesluit het deur die wet van Moses, vir ons lering:
Heb 9:18-22 Daarom is ook die eerste testament [verbond] nie sonder bloed ingewy nie; 19 want toe elke gebod volgens die wet deur Moses aan die hele volk aangekondig is, het hy die bloed van die kalwers en bokke saam met water en skarlakenrooi wol en hisop geneem en die boek self en die hele volk besprinkel 20 en gesê: Dit is die bloed van die testament wat God met die oog op julle verorden het. 21 En hy het ook die tabernakel en al die gereedskap van die diens net so met die bloed besprinkel. 22 En byna alles word met bloed gereinig volgens die wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.
Alles wat in Israel gebeur het onder die ou verbond, was tipes (geestelike skadubeelde) van wat ons in Christus ervaar en op ons eie lewe van toepassing is, soos God dit aan ons uitwys op die tyd wanneer ons dit kan ontvang:
1Kor 10:11 (AOV) Maar al hierdie dinge [ook bloedvegieting] het hulle oorgekom as voorbeelde [Grieks: “tupos” = tipes] en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.
1Co 10:11 (Weymouth) All this kept happening to them with a figurative meaning; but it was put on record by way of admonition to us upon whom the ends of the Ages have come.
1Co 10:11 (EMTV) Now all these things happened to those people as examples, and they were written for our instruction, to whom the ends of the ages have come.
Daar was vyf hoofoffers wat gebring moes word onder die ou verbond van Israel, wat ons fokus sal wees binne hierdie tema van bloed en verbondskappe:
- Die brandoffer
- Die spysoffer
- Die dankoffer / lofdankoffer / gelofte-offer / vredesoffer
- Die sondoffer
- Die skuldoffer
Die eerste drie van hierdie vyf offers was genoem die “lieflike geur” offers.
Lev 1:17 Dan moet hy dit by die vlerke skeur sonder om hulle af te trek; en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek, op die hout wat oor die vuur is; ‘n brandoffer is dit, ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
Lev 2:1-2 En as iemand aan die HERE ‘n spysoffer bring, moet sy offer fynmeel wees; en hy moet olie daarop giet en wierook daarby voeg; 2 en hy moet dit na die seuns van Aäron, die priesters, bring; en die priester moet daarvan ‘n handvol neem, van die fynmeel met die olie, met al die wierook wat daarby behoort; en hy moet dit as die gedenkoffer op die altaar aan die brand steek, ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
Lev 3:1-5 En as ‘n dankoffer sy offer is, as hy dit bring van beeste, bul of vers, moet hy dit sonder gebrek voor die aangesig van die HERE bring. 2 En hy moet sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag by die ingang van die tent van samekoms. En die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi. 3 Dan moet hy van die dankoffer ‘n vuuroffer aan die HERE bring: die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is, 4 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem. 5 En die seuns van Aäron moet dit op die altaar aan die brand steek, op die brandoffer wat op die hout is, bo op die vuur, as ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
Vir hulle wie onder die geestelike verbond in Christus leef (die “beter verbond”), is Christus en Sy offer aan die kruis die enigste “lieflike geur” wat die Vader aanvaar, en hulle wie in Sy voetstappe volg weet dat dit Christus IN hulle is wie hulle die krag gee om hul eie kruis op te neem en Hom te volg deur saam met Hom te sterf. Hierdie dood verwys na die opgee van ons aardse verknogdhede, en dat ons van die valse leerstellings en wêreldse filosofieë sal afsien:
Efes 5:2 en wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as ‘n gawe en offer aan God tot ‘n lieflike geur.
Mat 10:38-39 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. 39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
Gal 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
1Kor 15:31 Ek sterf dag vir dag, broeders, so waar as ek op julle roem in Christus Jesus, onse Here.
Luk 14:33 So kan dan ook niemand van julle wat nie afsien van al sy besittings, my dissipel wees nie.
Kol 1:26-27 …die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges, 27 aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid.
Slegs deur Christus en Sy ware leer is ‘n persoon ‘n “aangename geur” aan die Vader:
2Kor 2:15 Want ons is ‘n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word…
Joh 14:6 Jesus antwoord hom [Thomas]: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
Die ander twee offers, die sondoffer en die skuldoffer, was nie geklassifiseer onder “lieflike geur” offers nie omdat sonde en oortredings (skuld) betrokke was. Slegs die vet van die sondoffer moes eenkant gehou word in die sondoffer en die vet was dan verbrand as ‘n “lieflike geur” tot God.
Lev 4:1-3 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: 2 Spreek met die kinders van Israel en sê: As iemand in swakheid sondig teen een van alle gebooie van die HERE en een van die dinge wat nie gedoen mag word nie, tog doen 3 as die gesalfde priester sondig, sodat die volk daardeur skuldig word, moet hy vir die sonde wat hy gedoen het, ‘n jong bul sonder gebrek aan die HERE as sondoffer bring…Lev 4:31 en al die vet moet hy wegneem soos die vet van die dankoffer af weggeneem is, en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as lieflike geur vir die HERE. So moet die priester dan vir hom versoening doen, en dit sal hom vergewe word.
Die vet is simbolies vir die goeie werke van Christus wat deur die gawe van geloof en die reddende genade in ons lewe opereer:
Efes 2:8-10 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. 10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.
Tit 2:11-12 Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn 12 en leer [Grieks: “paideuō” = tugtig: offers gaan gepaard met bloedvergieting – ‘n lewe moes geoffer word.] ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe,
Ander offers wat Israel moes bring sluit aan by hierdie vyf offers, en bring verder dieper insigte. Ons leer meer van belangrike rolle en funksies wat Christus deur Sy kerk bewerkstellig, soos die drankoffer, en die offers van die twee bokramme wat gebring was op die groot Versoendag, soos uiteengesit in Levikus 16. Ons sal ook kortliks daarna kyk, soos God wil. Ons begin eerste met die brandoffer as ‘n belangrike offer onder die ou verbond wat God met Israel gesluit het, waar bloedvergieting ook ‘n sentrale rol gespeel het.
Die Brandoffer
Ons lees van die brandoffer in Levitikus 1 waar die hoofsaaklike begrippe van die offer beskryf word. Hierdie offer lê ook die beginsels van al die offers deeglik neer:
Lev 1:1-17 En die HERE het Moses geroep en met hom gespreek uit die tent van samekoms en gesê: 2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand van julle aan die HERE ‘n offer wil bring, kan julle jul offer bring van vee—van beeste of van kleinvee. 3 As sy offer ‘n brandoffer is van beeste, moet dit ‘n bul sonder gebrek wees wat hy bring. By die ingang van die tent van samekoms moet hy dit bring, sodat hy welgevalle voor die aangesig van die HERE kan vind. 4 En hy moet sy hand op die kop van die brandoffer lê, dan sal dit vir hom met welgevalle aangeneem word om versoening vir hom te doen. 5 Dan moet hy die jong bul voor die aangesig van die HERE slag; en die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed bring en die bloed rondom teen die altaar uitgooi wat by die ingang van die tent van samekoms is. 6 Dan moet hy die brandoffer afslag en dit in sy stukke verdeel. 7 En die seuns van Aäron, die priester, moet vuur op die altaar neersit en hout op die vuur reglê. 8 Ook moet die seuns van Aäron, die priesters, die stukke, die kop en die vet reglê op die hout wat op die altaarvuur is. 9 Maar die binnegoed en die pote moet hy met water was, en die priester moet dit alles op die altaar aan die brand steek as brandoffer, ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE. 10 En as sy offer ‘n stuk kleinvee is, van skape of van bokke, as brandoffer, moet dit ‘n ram sonder gebrek wees wat hy bring. 11 En hy moet dit slag aan die noordekant van die altaar, voor die aangesig van die HERE; en die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed daarvan rondom teen die altaar uitgooi. 12 Daarna moet hy dit in sy stukke verdeel, met die kop en die vet, en die priester moet dit reglê op die hout wat op die altaarvuur is. 13 Maar die binnegoed en die pootjies moet hy met water was, en die priester moet dit alles bring en op die altaar aan die brand steek; ‘n brandoffer is dit, ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE. 14 En as sy offer aan die HERE ‘n brandoffer is van voëls, moet hy sy offer bring van tortelduiwe of van jong duiwe. 15 En die priester moet dit na die altaar bring en die kop afknyp en op die altaar aan die brand steek, en die bloed moet teen die kant van die altaar uitgedruk word. 16 Dan moet hy die krop met die vere daaraan verwyder en dit by die altaar gooi, aan die oostekant, op die asplek. 17 Dan moet hy dit by die vlerke skeur sonder om hulle af te trek; en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek, op die hout wat oor die vuur is; ‘n brandoffer is dit, ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
Wat beteken dit alles vir ons want alles wat Israel gedoen het in fisiese terme het geen blywende effek gehad nie. Dit het egter ‘n dieper ewige geestelike betekenis vir hulle aan wie God Sy nuwe verbond in gees in ons lewe openbaar:
Heb 10:1 Want die wet, wat ‘n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie.
Heb 10:15-16 En ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis; 16 want nadat Hy tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe.
Die vlees het inderdaad geen blywende effek nie, soos Jesus ook genoem het is die vlees op die lang termyn van geen nut nie! Ons fokus moet eerder op die innerlike geestelike betekenis van God se woorde wees, want ons leef hierdie woorde uit binne ons persoonlike lewe en dit het ewige waarde:
Mat 4:4 Maar Hy [Jesus] antwoord [die duiwel] en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
Mat 24:35 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.
Die gees van God leer ons om altyd te weet dat ons persoonlik leef van elke woord uit God se mond (“die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe”), soos geskrywe in ons persoonlike boek, deur nie buite die konteks van die Skrifte te dink nie:
1Kor 2:12-13 Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. 13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.
1Kor 4:6 Hierdie dinge, broeders, het ek op myself en Apollos toegepas om julle ontwil, dat julle aan ons kan leer om nie te dink bo wat geskrywe is nie, sodat julle nie die een ter wille van die ander opgeblase sou wees teen ‘n derde nie.
Psa 139:16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.
Uit Levitikus 1 bespreek ons ‘n paar aspekte… | Geestelike betekenis van hierdie aspekte uit Levitikus 1, soos die gees van God ons leer om geestelike dinge met geestelike te vergelyk (om Skrif met Skrif te vergelyk): |
Drie klasse diere was toegelaat om geoffer te word: van die beeste (veral die bul), van die kleinvee (skape en bokke), en van duiwe. Dit is die persoon se finansiële welstand wat die tipe offer bepaal. God gee aan elkeen wat hy of sy het en besit: Pred 5:18 Ook vir elke mens aan wie God rykdom en skatte gegee het, en wat Hy in staat stel om daarvan te eet en sy deel te neem en hom te verheug by sy moeitevolle arbeid, is dit ‘n gawe van God. Num 33:53 En julle moet die land in besit neem en daarin woon; want Ek het die land aan julle gegee om dit te besit. 1Kron 29:16 HERE onse God, hierdie ganse rykdom wat ons berei het om vir U, vir u heilige Naam, ‘n huis te bou—dit kom uit u hand en dit behoort alles aan U. As iemand uit die beeste ‘n brandoffer bring, moes dit net ‘n bul wees. | As iemand uit die beeste ‘n brandoffer bring, moes dit net ‘n bul wees. Dit verwys na die hoogste offer, Christus Jesus, wie die Vader aanvaar. Mat 3:16-17 En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom. 17 En daar kom ‘n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het. Heb 1:1-13 Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun 2 wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het. 3 Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte, 4 terwyl Hy soveel uitnemender geword het as die engele namate Hy ‘n voortrefliker naam geërf het as hulle. 5 Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer? en weer: Ek sal vir Hom ‘n Vader wees, en Hy sal vir My ‘n Seun wees? 6 En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid. 7 En van die engele sê Hy wel: Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme; 8 maar van die Seun: U troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is ‘n regverdige septer; 9 U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle; 10 en: U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande. 11 Hulle sal vergaan, maar U bly; en hulle sal almal soos ‘n kleed verslyt, 12 en soos ‘n mantel sal U hulle toerol, en hulle sal verander word, maar U is dieselfde, en u jare het geen einde nie. 13 En aan watter een van die engele het Hy ooit gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ‘n voetbank van u voete? Alles wat mens dink en doen word deur die Here bepaal: Jer 10:23 Ek weet, o HERE, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan ‘n man om te loop en sy voetstappe te rig nie. So ook word ‘n persoon se fisiese finansiële stand deur God bepaal. Die tipe offer wat die persoon bring (van die beeste, of van die kleinvee, of van die duiwe) word deur God bepaal. Ons almal begin by die laagste en beweeg na die hoogste. Selfs Jesus in Sy aardse vorm moes begin by die baba-stadium, en groei tot volwassenheid. Luk 2:22-24 En nadat die dae van haar reiniging volgens die wet van Moses vervul was, het hulle Hom na Jerusalem gebring om Hom aan die Here voor te stel, 23 soos geskrywe is in die wet van die Here: Elke manlike kind wat die moederskoot open, sal heilig vir die Here genoem word; 24 en om die offer te gee volgens wat gesê is in die wet van die Here: ‘n paar tortelduiwe of twee jong duiwe. Luk 2:39-40 En toe hulle alles volbring het wat volgens die wet van die Here was, het hulle teruggegaan na Galiléa, na hulle stad Násaret. 40 En die Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid. En die genade van God was op Hom. Luk 2:51-52 En Hy het saam met hulle gegaan en in Násaret gekom, en Hy was hulle onderdanig. En sy moeder het al hierdie dinge in haar hart bewaar. 52 En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mense. So gebeur alles ook op die geestelike vlak. Dit is hoe ons almal groei in geestelike dinge deur die “maat van geloof” wat God aan ons skenk. Die klasse diere wat geoffer word wys na die “maat van geloof ” wat ons elkeen ontvang het, en daarin groei. Hoe groter die geloof, hoe hoër die offer. Rom 12:3 Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat ‘n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het. |
Die diere moet sonder gebrek wees. Ook moes geen priester (Aäron of sy seuns) met ‘n liggaamsgebrek ‘n offer bring nie: Lev 21:21-23 Geen man uit die nageslag van Aäron, die priester, aan wie ‘n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die vuuroffers van die HERE te offer nie. ‘n Liggaamsgebrek is aan hom; hy mag nie nader kom om die spys van sy God te offer nie. 22 Wat die spys van sy God aangaan, hy mag van die hoogheilige en heilige gawes eet; 23 maar hy mag nie na die voorhangsel gaan en na die altaar nie nader kom nie, omdat ‘n liggaamsgebrek aan hom is, dat hy my heiligdomme nie ontheilig nie; want Ek is die HERE wat hulle heilig. | Vlees is nie gees nie. Vlees skiet te kort aan geestelike volmaaktheid. Rom 8:5-6 Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. 6 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede. God het geen ewige plek vir die vlees in Sy koninkryk nie, Hy aanvaar ook nie ons vlees se goeie werke nie. Jes 64:6 En ons het almal geword soos ‘n onreine, en al ons geregtighede soos ‘n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind. 1Kor 1:29 sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. Rom 8:8 En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie. Vlees is sonde en dood, en dit ontbreek aan die ewige geestelike heerlikheid van God: Rom 3:23 want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God. Alles wat in vlees plaasvind kan nie God behaag nie. Dit is die “gebrek” wat ons nie aan God moet bring nie. |
Alles begin by die ingang van die tent… Lev 1:3 ….By die ingang van die tent van samekoms moet hy dit bring, sodat hy welgevalle voor die aangesig van die HERE kan vind. | Die ingang van ‘n plek is ‘n belangrike punt om van kennis te neem. Alles wat deur die ingang gaan moet reg beoordeel word. Christus en Sy waarheid is die deur: Joh 10:9 Ek [Jesus] is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind. Spr 4:20-27 My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde, 21 laat hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart. 22 Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en ‘n genesing vir hulle hele liggaam. 23 Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe. 24 Verwyder van jou die valsheid van mond, en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe. 25 Laat jou oë reguit kyk en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou. 26 Maak die pad van jou voet gelyk, en laat al jou weë vas wees, 27 wyk nie regs of links af nie, hou jou voet ver van boosheid. |
Die diere moet na die ingang van die tent gebring word en daar moet die oortreder vereenselwig met die dier wat geoffer word. | God wil hê dat ons ons eie kruis moet opneem en sterf vir sonde in ons eie lewe, deur die hulp van die inwonende Jesus. Die leer van ‘n plaasvervangende offer is ‘n leuen. Ons moet ons eie “dier”, die ou mens van sonde, opoffer: Pred 3:18 Ek het in my hart gesê: Ter wille van die mensekinders gebeur dit, dat God hulle kan beproef, en dat hulle kan insien dat hulle in hulleself vee [die dier] is. Open 13:18 Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig. Mat 10:38-39 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. 39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind. |
Dit is egter net by die offers van beeste en kleinvee waar die oortreder sy eie hande op die kop van die dier lê en self die dier doodmaak en dan in stukke sny. By die offer van die duiwe moet die priester die duif se kop afknyp en op die altaar aan die brand steek. Die bloed was teen die kant van die altaar uitgedruk; die duif se krop met die vere daaraan was verwyder en dit was by die oostekant van die altaar gegooi, op die asplek. Die duif se vlerke was geskeur sonder om hulle af te trek en die priester moes dit op die altaar aan die brand steek, op die hout wat oor die vuur is. Dit was aanvaar as ‘n brandoffer, ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE. | Die persoon wat die duifoffer bring, maak nie self die dier dood nie; hy plaas ook nie eens sy hande op die dier se hoof nie, en hy verdeel ook nie die dele van die duif nie. Die priester moes alles doen. Dit wys weereens dat die persoon nie volwasse is om die dood van sy eie dier te hanteer nie. Ons almal begin as onvolwassenes in geestelike dinge, maar ons moet aangemoedig word om te groei in gees: 1Kor 3:1-4 En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus. 2 Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie, 3 omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie? 4 Want as die een sê: Ek is van Paulus; en die ander: Ek van Apollos—is julle nie vleeslik nie? Heb 5:12-14 Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat ‘n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie. 13 Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy ‘n kind is. 14 Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei. |
Die seuns van Aäron, die priesters, moes die bloed rondom teen die altaar uitgooi, en hulle moet ook vuur op die altaar maak; hulle moes ook die stukke van die dier, die kop en die vet reglê op die hout wat op die altaarvuur is. | God werk deur die mense wat Hy aanstel om Sy pligte op aarde uit te voer, en elkeen moet die ander hoër ag as hulself: Efes 4:11-16 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, 12 om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, 13 totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; 14 sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring; 15 maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, 16 uit wie die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate—die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde. God is ‘n God van orde en detail, en elkeen moet God se werke respekteer. 1Kor 14:40 Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan. |
Die binnegoed en die pote moet met water gewas word, en die priester moet dit alles op die altaar aan die brand steek as brandoffer, ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE. | Ons harte (denke) moet gesuiwer word deur die wassinge (“waterbad”) van God se Woord: Rom 12:2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is. Efes 5:26 om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord. |
Opsomming van die brandoffer:
Die brandoffer is belangrik in alle offers in die ou verbond, en ons leer daaruit dat alles wat ons vir God doen en aan Hom bring, deur God se vurige verbrandingsproses gaan.
1Pe 4:12-13 Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie; 13 maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel.
1Kor 3:13 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.
By die brandoffer moes die hele dier tydens die brandproses vernietig word. Nie die priester of die oortreder eet enigiets van die offer nie. Dit wys ons hoe elkeen van ons deeglik geoordeel sal word om die werke van vlees (die hout, hooi en stoppels) te skei van die werke van Christus (die goud, silwer en kosbare stene):
1Kor 3:11-15 Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus. 12 En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels— 13 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. 14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; 15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.
God se ou verbond met Israel is ‘n skadubeeld van Sy verbond met Christus en elkeen wie Hy in die Christus opneem. Die brandoffer gaan dus nie oor fisiese dieroffers wat deur fisiese vuur verbrand word nie, dit gaan ooor ons eie dier, die mens van sonde, wat deur God se geestelike oordeel geneem word:
Psa 40:7 U het geen behae in slagoffer of spysoffer nie; ore het U vir my gegrawe; brandoffer en sondoffer het U nie geëis nie.
Joh 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
Open 13:18 Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.
Pred 3:18 Ek het in my hart gesê: Ter wille van die mensekinders gebeur dit, dat God hulle kan beproef, en dat hulle kan insien dat hulle in hulleself vee [dierlik] is.
Die offers en die vuur is geestelike werklikhede wat in ons eie lewe opereer, as ons dit kan sien en ontvang in hierdie eon. Die vuur van God beproef alles wat ons vir God doen en aan hom bring, en die vuur bring ons tot redding. Die vuur is Sy Woord en ons word almal gemeet aan Sy Woord en deur die Woord word ons soos God in gees. God gee ons Sy Woord om alle vlees en aardsheid uit ons te verbrand – dit is ‘n geestelike reiningsproses waardeur elke persoon sal gaan:
Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
Jer 5:14 Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare: Omdat julle hierdie woord spreek, kyk, Ek maak my woorde in jou mond ‘n vuur en hierdie volk hout, en dit sal hulle verteer.
Heb 12:29 Want onse God is ‘n verterende vuur.
Onder die ou verbond kon net die priesters offers van vuur bring. Hulle kon die vuur hanteer, soos God hulle die wysheid en vermoë gegee het. Net hulle wie in Christus is word nou geoordeel…
1Pe 4:17 Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?
Die huis van God (Christus en almal in Hom) word deur die oordeel van God instaat gestel om die vuur te kan hanteer:
Dan 3:25-27 Hy antwoord en sê: Kyk, ek sien vier manne los binne-in die vuur wandel sonder dat daar ‘n letsel aan hulle is; en die voorkoms van die vierde lyk soos dié van ‘n godeseun. 26 Toe het Nebukadnésar nader gekom na die opening van die brandende vuuroond en daarop gesê: Sadrag, Mesag en Abednégo, knegte van die allerhoogste God, gaan uit en kom hier! Toe het Sadrag, Mesag en Abednégo uit die vuuroond uitgegaan. 27 Daarop het die landvoogde, die bevelhebbers en die goewerneurs en die raadsmanne van die koning vergader en aan daardie manne gesien dat die vuur geen mag oor hulle liggame gehad en die hare van hulle hoof nie geskroei het nie, en dat hulle mantels geen verandering ondergaan en die reuk van die vuur nie aan hulle gekom het nie.
Jes 33:14-16 Die sondaars in Sion bewe, siddering het die roekelose aangegryp. Hulle sê: Wie van ons kan woon by ‘n verterende vuur, wie van ons kan woon by ‘n ewige gloed? 15 Hy wat in geregtigheid wandel en spreek wat reg is, wat gewin deur afpersinge versmaad, wat sy hande uitskud om geen omkoopgeskenk aan te gryp nie, wat sy oor toestop om van geen bloedskuld te hoor nie, en sy oë sluit om wat sleg is, nie te sien nie— 16 hy sal op hoogtes woon, rotsvestings is sy burg; sy brood word hom gegee, sy water is gewis.
Deur die suiweringproses van die vurige oordeel van God is God se kinders “sonder gebrek”, soos ook uitgewys word deur die priesters onder die ou verbond waar geen priester (Aäron of sy seuns) met ‘n liggaamsgebrek ‘n vuuroffer kon bring nie:
Lev 21:21-23 Geen man uit die nageslag van Aäron, die priester, aan wie ‘n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die vuuroffers van die HERE te offer nie. ‘n Liggaamsgebrek is aan hom; hy mag nie nader kom om die spys van sy God te offer nie. 22 Wat die spys van sy God aangaan, hy mag van die hoogheilige en heilige gawes eet; 23 maar hy mag nie na die voorhangsel gaan en na die altaar nie nader kom nie, omdat ‘n liggaamsgebrek aan hom is, dat hy my heiligdomme nie ontheilig nie; want Ek is die HERE wat hulle heilig.
Die apostel Petrus vra in 1Petrus 4 vers 17 wat die einde sal wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is. Hulle wie nou ongehoorsaam is aan die evangelie van Christus sal later deur dieselfde vurige verbrandingsproses van God gaan wat die apostel Johannes as die “poel van vuur” beskryf.
Open 20:11-15 En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. 12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. 13 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. 14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. 15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
Hierdie “tweede dood” is die tweede groep wat deur dieselfde vurige verbrandingsproses gaan deur God se geestelike vuur, Sy Woord, en hulle sal ook gered word “soos deur vuur heen”. Soos die eerste groep in Christus deur vuur gered word, so word die tweede groep ook gered deur vuur. Almal sal inderdaad God se stem hoor en dit gehoorsaam deur Jesus Christus, die Redder van almal!
Joh 5:28-29 Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor 29 en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.
1Ti 4:9-11 Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word; 10 want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad, omdat ons gehoop het op die lewende God wat ‘n behouder [Redder] is van alle mense, insonderheid [eerstens] van die gelowiges. 11 Beveel en leer hierdie dinge.
1Ti 2:3-5 Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, 4 wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. 5 Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus.
Fil 2:10-11 sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, 11 en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.
Wat God “wil hê”, die kry Hy!
Job 23:13 Maar Hy bly onveranderlik Een—wie sal Hom dan teëhou? En wat sy siel begeer, dit doen Hy.