[Hierdie artikel is oorspronklik in Afrikaans geskryf. Ek neem nie verantwoordelikheid vir foutiewelike / verkeerde inhoud wat van internet vertalings verkry word nie – Larry Groenewald]
Agtergrond:
Die tema van bloed (bloedvergieting) is een van die sentrale temas in die Skrifte, van Genesis tot Openbaring. Ons fokus in hierdie studiereeks op hierdie tema, en ons kyk wat ons alles daaruit kan ontgin, soos God wil.
- Deel 1 was ‘n kort algemene oorsig oor die tema van bloed in die Skrifte.
- In Deel 2 het ons gekyk hoe die beginsel dat bloedvergieting ‘n sentrale aspek in ons vergifnis van sonde inneem.
- In Deel 3 was die fokus op die vraag hoe ons almal skuldig is aan die bloed van Abel, en ook die dood van almal God se boodskappers, insluitend die dood van Jesus Christus.
- In Deel 4 het ons gekyk na die geestelike betekenis van die verbod van bloed in die dieet van mens.
- In Deel 5 het ons ondersoek hoe bloedvergieting deur diere offers verbind is aan danksegging en belofte.
In Deel 6 kyk ons na die verbintenisse tussen bloed en verbondskappe, en dan ook die diep geestelike betekenisse wat dit vir ons inhou te belig, soos God ons die insigte gee uit Sy Skrifte. Ons het sewe aspekte uitgehaal uit die volgende verbond wat God met Abraham gesluit het:
Gen 15:9-21 En Hy [God] antwoord hom [Abram – later Abraham genoem]: Neem vir My ‘n driejaaroud vers en ‘n driejaaroud bokooi en ‘n driejaaroud ram en ‘n tortelduif en ‘n jong duif. 10 En hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie verdeel nie. 11 Toe kom daar roofvoëls op die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag. 12 En toe die son wou ondergaan, val daar ‘n diepe slaap op Abram, en kyk, skrik en groot duisternis het hom oorval. 13 Daarop sê Hy vir Abram: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in ‘n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word vier honderd jaar lank. 14 Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie hulle diensbaar moet wees, en daarna sal hulle uittrek met baie goed. 15 Maar jy sal na jou vaders gaan in vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word. 16 En die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nog toe nie vol nie. 17 En ná sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar ‘n rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis deur. 18 Op dié dag het die HERE met Abram ‘n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier: 19 die Keniete en Kenissiete en Kadmoniete 20 en Hetiete en Feresiete en Refaïete 21 en Amoriete en Kanaäniete en Girgasiete en Jebusiete.
- Die eerste aspek wat ons na kyk uit die Skrifgedeelte in Genesis 15 is die rol wat diere speel in hierdie verbond wat God gemaak het met Abraham, en hoe dit in ons eie lewe toegepas word.
- Die tweede aspek wat ons op fokus uit hierdie gedeelte is die rol van die getal “twee” in die sluiting van ‘n verbond.
- Die derde aspek is die gebruik van die getal “drie” en hoe ons God se geestelike insigte vir ons eie groei in geloof kan sien, soos God wil.
- Die vierde aspek wat ons dek is hoekom ons moet weet dat alles wat met ons gebeur deel is van God se plan vir ons persoonlik, en hoekom ons God moet eer in al ons weë in hierdie wêreld.
- Die vyfde aspek gaan oor die vrees en verskrikking in ons vlees wanneer ons met die dood gekonfronteer word.
- Die sesde aspek is die simboliese gebruik van Egipte in ons eie lewe. God is in beheer van Egipte in ons eie lewe, en God sal ook Egipte se heerskappy in ons lewe beëindig.
- Die sewende aspek wat ons belig in ons teksgedeelte in Genesis 15 is die belangrikheid van God se oordeel in ons lewens.
Met hierdie agtergrond en die geestelike betekenisse wat ons in ons eie lewe kan sien, soos God ons die insigte gee, delf ons nou dieper in die rol van bloed binne verbondskappe. Ons kyk vervolgens kortliks na die verbond wat God met die volk Israel gesluit het, en watter rol bloed daar gespeel het.
Bloedoffers onder God se verbond met die volk van Israel, soos vervat in die wet van Moses
God het die volk Israel beveel om daagliks talle bloedoffers te bring volgens sekere prosedures wat deur God voorgeskryf was. Bloed is die simbool van lewe, en deur die vergieting van bloed word ‘n aardse lewe opgeoffer.
Lev 17:11 Want die siel [Hebreeus: “nephesh” = lewe] van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel.
Wat die vers in Levitikus vir ons sê is dat deur die offer van ons aardse lewe kom daar ‘n versoening met God omdat ons dan toegang kry tot ‘n nuwe en hoër vorm van lewe, naamlik God se geestelike lewe. Ons natuurlike mens wil glad nie hiervan hoor nie. Die offer van diere in die verbond met Israel het dus niks te make met plaasvervanging nie, soos algemeen gepreek word nie. Die offers van die verbond met Israel is alles te make met ons eie lewe. Ons moet ons eie aardse lewe prysgee om deel te kan hê aan God se geestelike lewe wat net verkrygbaar is deur Jesus Christus:
Mat 10:38-39 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. 39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
Fil 4:13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
Gal 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
Geen offer word aanvaar sonder bloedvergieting nie, soos ons reeds gesien het met die offers wat Abel en Kain gebring het:
Gen 4:1-5 En die mens het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en Kain gebaar en gesê: Ek het ‘n man verkry met die hulp van die HERE. 2 Daarna het sy ook sy broer Abel gebaar. En Abel het ‘n skaapherder geword, en Kain ‘n landbouer. 3 En ná verloop van tyd het Kain van die vrugte van die land aan die HERE ‘n offer gebring. 4 En Abel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring, naamlik van hulle vet. En die HERE het Abel en sy offer genadig aangesien, 5 maar Kain en sy offer nie aangesien nie. Toe word Kain baie kwaad, en hy het sy hoof laat hang.
Hierdie beginsel van bloedvergieting by elke offer aan God word verder uitgebou onder die verbond wat God met die volk Israel gesluit het deur die wet van Moses, vir ons lering:
Heb 9:18-22 Daarom is ook die eerste testament [verbond] nie sonder bloed ingewy nie; 19 want toe elke gebod volgens die wet deur Moses aan die hele volk aangekondig is, het hy die bloed van die kalwers en bokke saam met water en skarlakenrooi wol en hisop geneem en die boek self en die hele volk besprinkel 20 en gesê: Dit is die bloed van die testament wat God met die oog op julle verorden het. 21 En hy het ook die tabernakel en al die gereedskap van die diens net so met die bloed besprinkel. 22 En byna alles word met bloed gereinig volgens die wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.
Alles wat in Israel gebeur het onder die ou verbond, was tipes (geestelike skadubeelde) van wat ons in Christus ervaar en op ons eie lewe van toepassing is, soos God dit aan ons uitwys op die tyd wanneer ons dit kan ontvang:
1Kor 10:11 (AOV) Maar al hierdie dinge [ook bloedvegieting] het hulle oorgekom as voorbeelde [Grieks: “tupos” = tipes] en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.
1Co 10:11 (Weymouth) All this kept happening to them with a figurative meaning; but it was put on record by way of admonition to us upon whom the ends of the Ages have come.
1Co 10:11 (EMTV) Now all these things happened to those people as examples, and they were written for our instruction, to whom the ends of the ages have come.
Daar was vyf hoofoffers wat gebring moes word onder die ou verbond van Israel, wat ons fokus sal wees binne hierdie tema van bloed en verbondskappe:
- Die brandoffer
- Die spysoffer
- Die dankoffer (insluitend is die lofdankoffer, die gelofte-offer en die vredesoffer)
- Die sondoffer
- Die skuldoffer
Die eerste drie van hierdie vyf offers was genoem die “lieflike geur” offers.
Lev 1:17 Dan moet hy dit by die vlerke skeur sonder om hulle af te trek; en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek, op die hout wat oor die vuur is; ‘n brandoffer is dit, ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
Lev 2:1-2 En as iemand aan die HERE ‘n spysoffer bring, moet sy offer fynmeel wees; en hy moet olie daarop giet en wierook daarby voeg; 2 en hy moet dit na die seuns van Aäron, die priesters, bring; en die priester moet daarvan ‘n handvol neem, van die fynmeel met die olie, met al die wierook wat daarby behoort; en hy moet dit as die gedenkoffer op die altaar aan die brand steek, ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
Lev 3:1-5 En as ‘n dankoffer sy offer is, as hy dit bring van beeste, bul of vers, moet hy dit sonder gebrek voor die aangesig van die HERE bring. 2 En hy moet sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag by die ingang van die tent van samekoms. En die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi. 3 Dan moet hy van die dankoffer ‘n vuuroffer aan die HERE bring: die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is, 4 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem. 5 En die seuns van Aäron moet dit op die altaar aan die brand steek, op die brandoffer wat op die hout is, bo op die vuur, as ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
Vir hulle wie onder die geestelike verbond in Christus leef (die “beter verbond”), is Christus en Sy offer aan die kruis die enigste “lieflike geur” wat die Vader aanvaar, en hulle wie in Sy voetstappe volg weet dat dit Christus IN hulle is wie hulle die krag gee om hul eie kruis op te neem en Hom te volg deur saam met Hom te sterf. Hierdie dood verwys na die opgee van ons aardse verknogdhede, en dat ons van die valse leerstellings en wêreldse filosofieë sal afsien:
Efes 5:2 en wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as ‘n gawe en offer aan God tot ‘n lieflike geur.
Mat 10:38-39 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. 39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
Gal 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
1Kor 15:31 Ek sterf dag vir dag, broeders, so waar as ek op julle roem in Christus Jesus, onse Here.
Luk 14:33 So kan dan ook niemand van julle wat nie afsien van al sy besittings, my dissipel wees nie.
Kol 1:26-27 …die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges, 27 aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid.
Slegs deur Christus en Sy ware leer is ‘n persoon ‘n “aangename geur” aan die Vader:
2Kor 2:15 Want ons is ‘n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word…
Joh 14:6 Jesus antwoord hom [Thomas]: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
Die ander twee offers onder die Wet van Moses, die sondoffer en die skuldoffer, was nie geklassifiseer onder “lieflike geur” offers nie omdat sonde (sondoffer) en oortredings (skuldoffer) betrokke was. Slegs die vet van die sondoffer moes eenkant gehou word in die sondoffer en die vet was dan verbrand as ‘n “lieflike geur” tot God.
Lev 4:1-3 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: 2 Spreek met die kinders van Israel en sê: As iemand in swakheid sondig teen een van alle gebooie van die HERE en een van die dinge wat nie gedoen mag word nie, tog doen 3 as die gesalfde priester sondig, sodat die volk daardeur skuldig word, moet hy vir die sonde wat hy gedoen het, ‘n jong bul sonder gebrek aan die HERE as sondoffer bring…Lev 4:31 en al die vet moet hy wegneem soos die vet van die dankoffer af weggeneem is, en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as lieflike geur vir die HERE. So moet die priester dan vir hom versoening doen, en dit sal hom vergewe word.
Die vet is simbolies vir die goeie werke van Christus wat deur die gawe van geloof en die reddende genade in ons lewe opereer:
Efes 2:8-10 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. 10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.
Tit 2:11-12 Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn 12 en leer [Grieks: “paideuō” = tugtig: offers gaan gepaard met bloedvergieting – ‘n lewe moes geoffer word.] ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe,
Ander offers wat Israel moes bring sluit aan by hierdie vyf offers, en bring verder dieper insigte. Ons leer meer van belangrike rolle en funksies wat Christus deur Sy kerk bewerkstellig, soos die drankoffer, en die offers van die twee bokramme wat gebring was op die groot Versoendag, soos uiteengesit in Levikus 16. Ons sal ook kortliks daarna kyk, soos God wil. Ons bespreek vervolgens die dankoffer as ‘n belangrike offer onder die ou verbond wat God met Israel gesluit het.
Die dankoffer
(insluitend onder hierdie offer is die lofdankoffer, die gelofte-offer, en die vredesoffer)
Bloedvergieting (die offer van ‘n lewe) was pertinent as dit kom by die die dankoffer onder die wet van Moses, wat hoofsaaklik in Levitikus 3 beskryf word:
Lev 3:1-17 En as ‘n dankoffer sy offer is, as hy dit bring van beeste, bul of vers, moet hy dit sonder gebrek voor die aangesig van die HERE bring. 2 En hy moet sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag by die ingang van die tent van samekoms. En die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi. 3 Dan moet hy van die dankoffer ‘n vuuroffer aan die HERE bring: die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is, 4 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem. 5 En die seuns van Aäron moet dit op die altaar aan die brand steek, op die brandoffer wat op die hout is, bo op die vuur, as ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE. 6 En as sy offer ‘n stuk kleinvee is, as ‘n dankoffer aan die HERE, moet hy dit bring sonder gebrek, ram of ooi. 7 As hy ‘n skaaplam bring as sy offer, moet hy dit voor die aangesig van die HERE bring 8 en sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag voor die tent van samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi. 9 Daarna moet hy van die dankoffer die vet as vuuroffer aan die HERE bring: die hele vetstert naby die stuitjie moet hy dit wegneem en die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is, 10 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem. 11 En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuurofferspys vir die HERE. 12 En as sy offer ‘n bok is, moet hy dit voor die aangesig van die HERE bring 13 en sy hand op die kop daarvan lê en dit slag voor die tent van samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi. 14 Dan moet hy daarvan sy offer as vuuroffer aan die HERE bring; die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is, 15 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem. 16 En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuurofferspys vir ‘n lieflike geur. Al die vet behoort aan die HERE. 17 ‘n Ewige insetting is dit vir julle geslagte in al julle woonplekke: géén vet en géén bloed mag julle eet nie.
Wat beteken dit alles vir ons want alles wat Israel gedoen het in fisiese terme het geen blywende effek gehad nie. Die uiterlike vleeslike dinge het inderdaad geen ware lewe of die ware gees van God in hulle nie:
Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
Die aardse sigbare dinge gee egter aan ons ‘n basiese begrip van die geestelike onsigbare dinge van God:
Rom 1:20 Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;
Dit is hierdie dieper ewige geestelike begrip van God en Sy werke wat ons moet ondersoek, uitdelf en naspeur:
Spr 25:2 Dit is die eer van God om ‘n saak te verberg, maar die eer van konings om ‘n saak na te speur.
Mat 7:6-8 Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie. 7 Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. 8 Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.
Die Wet van Moses vervat dus skadubeelde van geestelike dinge wat in ons eie lewe van toepassing is en wat ons volle aandag verg, vir hulle aan wie God Sy nuwe verbond in gees en lewe openbaar:
Heb 10:1 Want die wet, wat ‘n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie.
Heb 10:15-16 En ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis; 16 want nadat Hy tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe.
Die vlees het inderdaad geen blywende effek nie, soos Jesus ook genoem het is die vlees op die lang termyn van geen nut nie! Ons fokus moet eerder op die innerlike geestelike betekenis van God se woorde wees, want ons leef hierdie woorde uit binne ons persoonlike lewe en dit het ewige waarde:
Mat 4:4 Maar Hy [Jesus] antwoord [die duiwel] en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
Mat 24:35 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.
Die gees van God leer ons om altyd te weet dat ons persoonlik van elke woord uit God se mond leef (“die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe”), soos geskrywe in ons persoonlike boek, deur nie buite die konteks van die Skrifte te dink nie:
1Kor 2:12-13 Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. 13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.
1Kor 4:6 Hierdie dinge, broeders, het ek op myself en Apollos toegepas om julle ontwil, dat julle aan ons kan leer om nie te dink bo wat geskrywe is nie, sodat julle nie die een ter wille van die ander opgeblase sou wees teen ‘n derde nie.
Psa 139:16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.
Uit Levitikus 3 bespreek ons ‘n paar aspekte… | Geestelike betekenis van hierdie aspekte uit Levitikus 3, soos die gees van God ons leer om geestelike dinge met geestelike te vergelyk (om Skrif met Skrif te vergelyk): |
Drie klasse diere was toegelaat om geoffer te word tydens die tyd van offers in die geskiedenis van Israel: van die beeste (bul of koei), van die kleinvee (skape en bokke), en van duiwe. By die dankoffer moes ‘n bul of koei geoffer word; van die kleinvee kan dit ‘n ram of ooi wees, dit kan ook ‘n skaaplam wees, of ‘n bok kan geoffer word. Geen duiwe was toegelaat by die dankoffer nie. Binne die aardse konteks en die ekonomie van Israel was die dier wat iemand bring vir ‘n offer bepaal deur sy of haar finansiële welstand. God gee aan elkeen wat elkeen besit: Pred 5:18 Ook vir elke mens aan wie God rykdom en skatte gegee het, en wat Hy in staat stel om daarvan te eet en sy deel te neem en hom te verheug by sy moeitevolle arbeid, is dit ‘n gawe van God. Num 33:53 En julle moet die land in besit neem en daarin woon; want Ek het die land aan julle gegee om dit te besit. 1Kron 29:16 HERE onse God, hierdie ganse rykdom wat ons berei het om vir U, vir u heilige Naam, ‘n huis te bou—dit kom uit u hand en dit behoort alles aan U. | As die getal “drie” in die Skrifte voorkom is dit vir ons ‘n geestelike verwysing na ‘n proses waarop die Here ons aandag wil vestig. In hierdie konteks van die drie klasse van diere wys dit vir ons ons groei in geloof, soos die Here dit aan ons gee en hoe ons onsself tot die Here offer. Hoe groter die geloof, hoe hoër die offer. Rom 12:3 Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat ‘n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het. Die uitsluiting van die duiwe-offer wys ons dat hierdie offer na ‘n meer volwasse geestelike stadium in ons lewe verwys word. Ons het ophou kla oor probleme wat God in ons lewe bring, en die fokus is nou op dankbaarheid omdat ons weet dat God met alles ‘n doel het. Byvoorbeeld, Josef kon sy broers uitwys dat die boosheid wat hulle aan hom gedoen het, deur God bepaal was, vir goeie doeleindes: Gen 45:7-8 Maar God het my voor julle uit gestuur om vir julle ‘n oorblyfsel op die aarde te verseker en om julle in die lewe te hou tot ‘n groot verlossing. 8 Júlle het my dan nou nie hierheen gestuur nie, maar God; en Hy het my ‘n raadsman van Farao gemaak en ‘n gebieder oor sy hele huis en ‘n regeerder in die hele Egipteland. Gen 50:19-21 Maar Josef het hulle geantwoord: Moenie bevrees wees nie; want is ek in die plek van God? 20 Want júlle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om ‘n groot volk in die lewe te hou. 21 Wees dan nou nie bevrees nie: ék sal julle en julle kinders onderhou. So het hy hulle dan getroos en na hulle hart gespreek. |
Alles begin by die ingang van die tent… Lev 3:2 En hy moet sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag by die ingang van die tent van samekoms. | Die ingang van ‘n plek is ‘n belangrike punt om van kennis te neem. Alles wat deur die ingang gaan moet reg beoordeel word. Christus en Sy waarheid is die deur: Joh 10:9 Ek [Jesus] is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind. Wat ons in ons lewe en ons hart (denke) toelaat, bepaal alles van ons. Ons harte moet bewaak word meer as enigiets: Spr 4:20-27 My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde, 21 laat hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart. 22 Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en ‘n genesing vir hulle hele liggaam. 23 Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe. 24 Verwyder van jou die valsheid van mond, en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe. 25 Laat jou oë reguit kyk en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou. 26 Maak die pad van jou voet gelyk, en laat al jou weë vas wees, 27 wyk nie regs of links af nie, hou jou voet ver van boosheid. |
Die eienaar van die dier moes self sy eie hand op sy eie dier se kop lê… Lev 3:2 En hy moet sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag by die ingang van die tent van samekoms. | God wil hê dat ons ons eie kruis moet opneem en sterf vir sonde in ons eie lewe, deur die hulp van die inwonende Jesus. Die leer van ‘n plaasvervangende offer is ‘n leuen. Ons moet ons eie “dier”, die ou mens van sonde, opoffer: Pred 3:18 Ek het in my hart gesê: Ter wille van die mensekinders gebeur dit, dat God hulle kan beproef, en dat hulle kan insien dat hulle in hulleself vee [die dier] is. Open 13:18 Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig. Mat 10:38-39 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. 39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind. |
Die diere moet sonder gebrek wees. Net Aäron of sy seuns kon die bloed rondom die altaar giet en die offers op die altaar brand. Hierdie priesters moes geen liggaamsgebrek het nie: Lev 21:21-23 Geen man uit die nageslag van Aäron, die priester, aan wie ‘n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die vuuroffers van die HERE te offer nie. ‘n Liggaamsgebrek is aan hom; hy mag nie nader kom om die spys van sy God te offer nie. 22 Wat die spys van sy God aangaan, hy mag van die hoogheilige en heilige gawes eet; 23 maar hy mag nie na die voorhangsel gaan en na die altaar nie nader kom nie, omdat ‘n liggaamsgebrek aan hom is, dat hy my heiligdomme nie ontheilig nie; want Ek is die HERE wat hulle heilig. | Net God is perfek en God is gees. Alles wat in vlees is word as onperfek geklassifiseer. Vlees skiet te kort aan geestelike volmaaktheid. God het geen ewige plek vir die vlees in Sy koninkryk nie, Hy aanvaar ook nie ons vlees se goeie werke nie. Vlees is sonde en dood, en dit ontbreek aan die ewige geestelike heerlikheid van God. Alles wat in vlees plaasvind kan nie God behaag nie. Dit is die “gebrek” wat ons nie aan God moet bring nie. Jes 55:8-9 Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die HERE. 9 Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes. Rom 8:5-6 Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. 6 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede. Jes 64:6 En ons het almal geword soos ‘n onreine, en al ons geregtighede soos ‘n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind. 1Kor 1:29 sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. Rom 8:8 En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie. Rom 3:23 want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God. |
Die seuns van Aäron, die priesters, moes die bloed teen die kante van die altaar uitgooi. Hulle moes ook die vuur maak op die altaar. Elke dier wat geoffer word moes volgens spesieke instruksies geoffer word. Die priesters moes ook die stukke van die dier presies skei en spesifiek plaas op die altaar, net soos God dit voorgeskryf het. Die bul of koei: Lev 3:1-5 En as ‘n dankoffer sy offer is, as hy dit bring van beeste, bul of vers, moet hy dit sonder gebrek voor die aangesig van die HERE bring. 2 En hy moet sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag by die ingang van die tent van samekoms. En die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi. 3 Dan moet hy van die dankoffer ‘n vuuroffer aan die HERE bring: die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is, 4 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem. 5 En die seuns van Aäron moet dit op die altaar aan die brand steek, op die brandoffer wat op die hout is, bo op die vuur, as ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE. Die skaaplam: Lev 3:7-11 As hy ‘n skaaplam bring as sy offer, moet hy dit voor die aangesig van die HERE bring 8 en sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag voor die tent van samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi. 9 Daarna moet hy van die dankoffer die vet as vuuroffer aan die HERE bring: die hele vetstert naby die stuitjie moet hy dit wegneem en die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is, 10 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem. 11 En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuurofferspys vir die HERE. Die bok: Lev 3:12-16 En as sy offer ‘n bok is, moet hy dit voor die aangesig van die HERE bring 13 en sy hand op die kop daarvan lê en dit slag voor die tent van samekoms; en die seuns van Aäron moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi. 14 Dan moet hy daarvan sy offer as vuuroffer aan die HERE bring; die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is, 15 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem. 16 En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuurofferspys vir ‘n lieflike geur. Al die vet behoort aan die HERE. | God werk deur die mense wat Hy aanstel om Sy pligte op aarde uit te voer, en elkeen moet die ander hoër ag as hulself: Efes 4:11-16 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, 12 om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, 13 totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; 14 sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring; 15 maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, 16 uit wie die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate—die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde. God is ‘n God van orde en detail, en elkeen moet God se werke respekteer. 1Kor 14:40 Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan. |
Die dankoffer moet bo-op die brandoffer geoffer word: Lev 3:5 En die seuns van Aäron moet dit op die altaar aan die brand steek, op die brandoffer wat op die hout is, bo op die vuur, as ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE. | Die brandoffer is die vernaamste offer waarop alle ander offers geoffer word. Christus is die vernaamste offer waarop almal se offers aanvaarbaar is voor God: Mat 3:16-17 En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom. 17 En daar kom ‘n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het. Heb 1:1-13 Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun 2 wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het. 3 Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte, 4 terwyl Hy soveel uitnemender geword het as die engele namate Hy ‘n voortrefliker naam geërf het as hulle. 5 Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer? en weer: Ek sal vir Hom ‘n Vader wees, en Hy sal vir My ‘n Seun wees? 6 En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid. 7 En van die engele sê Hy wel: Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme; 8 maar van die Seun: U troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is ‘n regverdige septer; 9 U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle; 10 en: U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande. 11 Hulle sal vergaan, maar U bly; en hulle sal almal soos ‘n kleed verslyt, 12 en soos ‘n mantel sal U hulle toerol, en hulle sal verander word, maar U is dieselfde, en u jare het geen einde nie. 13 En aan watter een van die engele het Hy ooit gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ‘n voetbank van u voete? Alles wat ons doen en aan God bring sal deur Sy vuur, dit is Sy Woord, geoordeel word: 1Kor 3:13 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. Jer 5:14 Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare: Omdat julle hierdie woord spreek, kyk, Ek maak my woorde in jou mond ‘n vuur en hierdie volk hout, en dit sal hulle verteer. Deu 32:4 Die Rots—volkome is sy werk; want al sy weë is strafgerigte; ‘n God van trou en sonder onreg; regverdig en reg is Hy. Heb 12:29 Want onse God is ‘n verterende vuur. |
Drie partye neem deel aan die dankoffer, en daar word spesifieke dele van die dier aan elkeen van die deelnemers gegee om te geniet: 1. God = Christus 2. Die priesters 3. Die persoon wat die offer bring | Hierdie is die enigste offer waar al drie partye saam in die offer deelneem, naamlik God, die priesters, en die persoon wat die offer bring. Omdat offers gaan oor bloedvergieting en die aflê van ‘n lewe, is hierdie offer ook verwysend na die orde van die drie opstandings uit die dode wat ons moet van kennis neem. Almal wat in die vlees van die eerste Adam kom sal daardie vlees moet aflê, om dan weer opgewek te word deur God. Almal sal uiteindelik vrede (saligheid) met God hê. Hier in die volgende woorde van die apostel Paulus word die orde van die drie belangrike opstandings uitgebeeld… 1Kor 15:22-28 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; maar elkeen in sy eie orde: (1) as eersteling Christus, (2) daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. (3) Daarna kom die einde [Grieks: “telos” = die laaste groep], wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees. |
Dan eindig die instruksies oor die dankoffer met die volgende woorde… Lev 3:17…géén vet en géén bloed mag julle eet nie. | Die vet van enige offer het aan God behoort. omdat dit na die werke van God in ons lewe verwys. God skep en bepaal alles wat in hierdie skepping is: Jes 45:5-7 Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie, 6 sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; 7 wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen. Job 2:9-10 Toe sê sy vrou vir hom [Job]: Volhard jy nog in jou vroomheid? Seën God, en sterf! 10 Maar hy antwoord haar: Soos ‘n dwaas praat, praat jy! Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? By dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie. Job 1:21-22 en gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die HERE het gegee, en die HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd! 22 By dit alles het Job nie gesondig en aan God niks ongerymds toegeskrywe nie, Bloed verteenwoordig die lewe van alles in hierdie skepping, en die mens het geen reg om ‘n lewe te neem nie. Dit behoort aan God en Hy gee dit en Hy neem dit weg. Alles wat ons is en doen in ons eie lewe is deur God bepaal en aan Hom behoort ons: Gen 9:1-6 En God het Noag en sy seuns geseën en aan hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde. 2 Die vrees en die skrik vir julle sal wees oor al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel: alles wat op die aarde beweeg, en al die visse van die see. Hulle is in julle hand oorgegee. 3 Alles wat beweeg en lewe, sal julle voedsel wees. Net soos die groen plante, gee Ek dit alles aan julle. 4 Net die vleis met sy siel, met sy bloed, mag julle nie eet nie. 5 Maar wat julle eie bloed betref, dit sal Ek eis: van al die diere sal Ek dit eis. Ook van die mens, van die een teenoor die ander, sal Ek die siel van die mens eis. 6 Hy wat die bloed van ‘n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak. Psa 139:16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie. |
Opsomming van die dankoffer
[Hierdie offer sluit in die lofdankoffer, vredesoffer, en gelofte-offer]
Volgens die Skrifte is die lofoffer / lofdankoffer ook ingesluit onder die dankoffer:
Lev 7:11-15 En dit is die wet van die dankoffer wat hulle aan die HERE bring: 12 Ingeval hy dit as lofoffer bring, moet hy by die lofoffer bring: ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk en fynmeel wat as koeke deurmekaargeroer is, met olie gemeng; 13 saam met koeke van gesuurde brood moet hy sy offergawe by sy lofdankoffer bring. 14 En hy moet daarvan, een koek van elke gawe, as offergawe aan die HERE bring; aan die priester wat die bloed van die dankoffer uitgooi, aan hom kom dit toe. 15 Maar die vleis van sy lofdankoffer moet geëet word op die dag as hy dit bring; daarvan mag hy niks tot die môre laat lê nie.
Die lofdankoffer het ‘n spesifieke byvoegsel wat belangrik is om raak te sien. Ons lees vanaf vers 13 in Levitikus 7…
Lev 7:13-15 saam met koeke van gesuurde brood moet hy sy offergawe by sy lofdankoffer bring. 14 En hy moet daarvan, een koek van elke gawe, as offergawe aan die HERE bring; aan die priester wat die bloed van die dankoffer uitgooi, aan hom kom dit toe. 15 Maar die vleis van sy lofdankoffer moet geëet word op die dag as hy dit bring; daarvan mag hy niks tot die môre laat lê nie.
Gesuurde brood word by die lofdankoffer toegelaat! Onthou suurdeeg moes nie op die altaar gebrand word met die spysoffer nie:
Lev 2:11 Geen spysoffer wat julle aan die HERE bring, mag van iets wat ingesuur is, berei word nie; want van géén suurdeeg of heuning mag julle vir die HERE ‘n vuuroffer aan die brand steek nie.
Daar is ‘n belangrike rede vir die gesuurde brood en dit sluit aan by die persone wat deelneem aan hierdie offer.
- Ons onthou dat die brandoffer geheel en al op die altaar verbrand word – alles word aan God gewy;
- Die spysoffer word gedeel deur God en die priesters.
- Maar hier by die lofdankoffer, soos ook by die dankoffer, kry die persoon wat die offer bring ook iets om te geniet! Hy word gevoed en versterk. Dit is die rede waarom suurdeeg by die lofdankoffer toegelaat word. In ons tyd van vlees is ons ook bruikbaar vir God en die liggaam van Christus. Ons is ‘n lewende offer tydens ons lewe in die vlees om ander mense wie in die vlees is aan te moedig, soos ons ook hul aanmoediging nodig het. Dit is ons “redelike godsdiens”. Christus werk deur ons nou in hierdie vlees…
Rom 12:1-8 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. 2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is. 3 Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat ‘n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het. 4 Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie, 5 so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar. 6 En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is: 7 is dit profesie, na die maat van die geloof; of bediening, in die werk van bediening; of wie leer, in die lering; 8 of wie vermaan, in die vermaning; wie uitdeel, in opregtheid; wie ‘n voorganger is, met ywer; wie barmhartigheid bewys, met blymoedigheid.
1Jn 4:17 Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.
Efes 5:29-32 want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente. 30 Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene. 31 Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef en hulle twee sal een vlees word. 32 Hierdie verborgenheid is groot, maar ek sê dit met die oog op Christus en die gemeente.
Die dankoffer wys dat ons geestelik groei tot ‘n volwassene in Christus, en God in alles kan dank want ons weet alles gebeur ten goede vir hulle wie die Here liefhet:
Rom 8:28 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.
Heb 12:28 Daarom, omdat ons ‘n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees.
By die ander dele van die dankoffer, veral die gelofteoffer, was geen diere met ‘n gebrek en ook geen suurdeeg toegelaat nie:
Lev 22:21 En as iemand ‘n dankoffer aan die HERE offer om ‘n besondere gelofte te volbring of as vrywillige offer, van die beeste of die kleinvee, dan moet dit sonder gebrek wees, sodat dit welgevallig kan wees; geen liggaamsgebrek mag daaraan wees nie.
Dankbaarheid kom uit die vrede van God wat in ons harte heers – daarom word die vredesoffer ook onder die dankoffer genoem:
Kol 3:15 En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.
Fil 4:4-7 Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle! 5 Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby. 6 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. 7 En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
Met die dankbaarheid en vrede van God wat in ons harte heers, ag ons ander mense hoër as onsself:
Fil 2:3-5 Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. 4 Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n. 5 Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.
Ons moet wandel en optree in die waardigheid wat die Here skenk, in die spesifieke roeping wat Hy vir ons bepaal het…deur die band van vrede met ander:
Efes 4:1-16 Ek vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is, 2 met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra 3 en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede. 4 Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping; 5 een Here, een geloof een doop, 6 een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is. 7 Maar aan elkeen van ons is die genade gegee volgens die mate van die gawe van Christus. 8 Daarom sê Hy: Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy die gevangenes gevange geneem en gawes aan die mense gegee. 9 Maar dít: Hy het opgevaar—wat beteken dit anders as dat Hy ook eers neergedaal het in die onderste dele van die aarde? 10 Hy wat neergedaal het, is dieselfde as Hy wat opgevaar het bokant al die hemele, sodat Hy alles tot volheid kan bring. 11 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, 12 om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, 13 totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; 14 sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring; 15 maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, 16 uit wie die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate—die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.
Selfsug en ydele eer is nie teenwoordig in die harte en denke van hulle in wie God se dankbaarheid en vrede heers nie. Daar is nie vergelykings met ander mense nie, en ook nie wedywering met ander mense nie. Hulle wie vrede en dankbaarheid van God ontvang roem in die Here en hulle roem in nie buite die maat van geloof wat hulle ontvang nie…
2Kor 10:12-17 Want ons waag dit nie om ons te reken of te vergelyk met sommige van die wat hulleself aanbeveel nie. Maar omdat hulle hul met hulself meet en met hulself vergelyk, is hulle onverstandig. 13 Maar ons sal nie buite die maat roem nie, maar volgens die maat van die werkkring wat God ons as ‘n maat toebedeel het om ook julle te bereik. 14 Want ons strek onsself nie te ver uit asof ons julle nie kan bereik nie, want ons het reeds by julle gekom met die evangelie van Christus. 15 Ons roem nie buite die maat in die arbeid van ander nie, maar ons het hoop om, wanneer julle geloof toeneem, in hoër mate onder julle toe te neem volgens ons werkkring, 16 om die evangelie te verkondig in plekke anderkant julle, nie om in die werkkring van ‘n ander oor wat tot stand gekom het, te roem nie. 17 Maar wie roem, moet in die Here roem.
Rom 12:3-6 Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat ‘n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het. 4 Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie, 5 so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar. 6 En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is:
Dankbaarheid heg nie net aan vrede nie, maar dit bring ook na ons getrouheid aan God en Sy Woord, deur God se werking in ons lewe. Dit is waarom die gelofte-offer ook onder die dankoffer sorteer:
Lev 7:16-21 En as die offer wat hy bring, ‘n gelofte of vrywillige offer is, moet dit geëet word op die dag as hy sy offer bring; en op die volgende dag, dan kan geëet word wat daarvan oorbly. 17 Maar wat van die offervleis oorgebly het, moet op die derde dag met vuur verbrand word. 18 En as daar van die vleis van sy dankoffer op die derde dag iets geëet word, sal dit vir hom wat dit bring, nie met welgevalle aangeneem word nie; dit sal hom nie toegereken word nie; ‘n onrein iets sal dit wees, en diegene wat daarvan eet, moet sy ongeregtigheid dra. 19 En die vleis wat aan iets onreins raak, mag nie geëet word nie; met vuur moet dit verbrand word. Maar wat verder die vleis betref elkeen wat rein is, mag vleis eet. 20 Maar die een wat vleis eet van die dankoffer wat die HERE toekom, terwyl sy onreinheid aan hom is, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word. 21 En as iemand aan iets onreins raak, aan die onreinheid van ‘n mens of aan ‘n onrein dier of aan enige onrein verfoeisel, en dan eet van die vleis van die dankoffer wat die HERE toekom, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
Onthou, ons getrouheid aan God is ‘n werk van God, en daarom maak ons uit onsself geen gelofte aan God nie, en ons sweer ook nie by enigiets in die hemel of enigiets op aarde. Dit is die rede waarom daar hier geensins diere met liggaamsgebrek geoffer kan word by die gelofte-offer nie:
Lev 22:21 En as iemand ‘n dankoffer aan die HERE offer om ‘n besondere gelofte te volbring of as vrywillige offer, van die beeste of die kleinvee, dan moet dit sonder gebrek wees, sodat dit welgevallig kan wees; geen liggaamsgebrek mag daaraan wees nie.
Daarom is suurdeeg ook NIE toegelaat by die gelofte-offer nie:
Mat 5:33-37 Verder het julle gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie vals sweer nie, maar jy moet jou ede aan die Here hou. 34 Maar Ek sê vir julle: Sweer hoegenaamd nie—nie by die hemel nie, omdat dit die troon van God is; 35 ook nie by die aarde nie, omdat dit die voetbank van sy voete is; ook nie by Jerusalem nie, omdat dit die stad is van die groot Koning; 36 ook by jou hoof mag jy nie sweer nie, omdat jy nie een haar wit of swart kan maak nie. 37 Maar laat julle woord wees: Ja ja, nee nee. Wat meer as dit is, is uit die Bose.
Ons verbind ons tot die waarheid in God se Woord, wat die leer van Christus is. Ons ontvang niemand in ons geestelike huis wat teen hierdie leer van Christus staan nie. Hulle wie met valse leerstellings (geestelike suurdeeg) omgang is nie welkom in ons geestelike huis nie:
2Jn 1:9-11 Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun. 10 As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie. 11 Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke.
Alle vleis is nie eetbaar op die derde dag nie – dit moet verbrand word:
Lev 7:17-21 Maar wat van die offervleis oorgebly het, moet op die derde dag met vuur verbrand word. 18 En as daar van die vleis van sy dankoffer op die derde dag iets geëet word, sal dit vir hom wat dit bring, nie met welgevalle aangeneem word nie; dit sal hom nie toegereken word nie; ‘n onrein iets sal dit wees, en diegene wat daarvan eet, moet sy ongeregtigheid dra. 19 En die vleis wat aan iets onreins raak, mag nie geëet word nie; met vuur moet dit verbrand word. Maar wat verder die vleis betref elkeen wat rein is, mag vleis eet. 20 Maar die een wat vleis eet van die dankoffer wat die HERE toekom, terwyl sy onreinheid aan hom is, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word. 21 En as iemand aan iets onreins raak, aan die onreinheid van ‘n mens of aan ‘n onrein dier of aan enige onrein verfoeisel, en dan eet van die vleis van die dankoffer wat die HERE toekom, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
Alle vlees is onrein en op die “derde dag” word dit vervang. Die “derde dag” is ‘n Skriftuurlike gesegde wat in geestelike terme verwys na die opstanding uit die dood. Hierdie “derde dag” verwys spesifiek na die opstanding tot die geestelike lewe deur Jesus Christus.
Mar 9:31-32 Want Hy het sy dissipels geleer en vir hulle gesê: Die seun van die mens word oorgelewer in die hande van die mense, en hulle sal Hom doodmaak; en nadat Hy gedood is, sal Hy die derde dag opstaan. 32 En hulle het die gesegde nie verstaan nie en was bang om Hom uit te vra.
Almal wie in die beeld van die vleeslike Adam geskep is, sal op die “derde dag” van die vlees verlos word en die geestelike lewe deur Christus ontvang. Christus het dit alles so bepaal:
1Kor 15:3-4 Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; 4 en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte.
Daar is ‘n orde wat ons van kennis moet neem as ons kan sien dat almal deel sal hê aan die lewe in Christus:
1Kor 15:22-28 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; 23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. 24 Daarna kom die einde [Grieks: “telos” = laaste groep], wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. 25 Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. 26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. 27 Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. 28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
Eerstens het Christus self Sy deel gehad aan die “derde dag”. Daarna volg hulle wie IN Hom sal wees om deel te wees aan maaltyd van die Lam wanneer hulle “derde dag” aanbreek:
Open 19:7-9 Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak. 8 En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges. 9 Toe sê hy vir my: Skryf salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God.
Daarna kom “die einde” wat in die oorspronklike Grieks as “telos” beskryf word wat die laaste groep verwys wat ook hul “derde dag” sal beleef en verlos sal word van vlees en saam met Christus onverganklikheid en volmaaktheid in gees sal ontvang:
1Kor 15:45-50 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees. 46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike. 47 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel. 48 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. 49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra. 50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
Almal sal dus deel hê aan die dankoffer in gees, en vrede (saligheid) met God hê. Dit is wat hierdie offer so belangrik maak.