[Hierdie artikel is oorspronklik in Afrikaans geskryf. Ek neem nie verantwoordelikheid vir foutiewelike / verkeerde inhoud wat van internet vertalings verkry word nie – Larry Groenewald]
Agtergrond:
Die tema van bloed (bloedvergieting) is een van die sentrale temas in die Skrifte, van Genesis tot Openbaring. Ons fokus in hierdie studiereeks op hierdie tema, en ons kyk wat ons alles daaruit kan ontgin, soos God wil.
- Deel 1 was ‘n kort algemene oorsig oor die tema van bloed in die Skrifte.
- In Deel 2 het ons gekyk hoe die beginsel dat bloedvergieting ‘n sentrale aspek in ons vergifnis van sonde inneem.
- In Deel 3 was die fokus op die vraag hoe ons almal skuldig is aan die bloed van Abel, en ook die dood van almal God se boodskappers, insluitend die dood van Jesus Christus.
- In Deel 4 het ons gekyk na die geestelike betekenis van die verbod van bloed in die dieet van mens.
- In Deel 5 het ons ondersoek hoe bloedvergieting deur diere offers verbind is aan danksegging en belofte.
In Deel 6 kyk ons na die verbintenisse tussen bloed en verbondskappe, en dan ook die diep geestelike betekenisse wat dit vir ons inhou te belig, soos God ons die insigte gee uit Sy Skrifte. Ons het sewe aspekte uitgehaal uit die volgende verbond wat God met Abraham gesluit het:
Gen 15:9-21 En Hy [God] antwoord hom [Abram – later Abraham genoem]: Neem vir My ‘n driejaaroud vers en ‘n driejaaroud bokooi en ‘n driejaaroud ram en ‘n tortelduif en ‘n jong duif. 10 En hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie verdeel nie. 11 Toe kom daar roofvoëls op die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag. 12 En toe die son wou ondergaan, val daar ‘n diepe slaap op Abram, en kyk, skrik en groot duisternis het hom oorval. 13 Daarop sê Hy vir Abram: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in ‘n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word vier honderd jaar lank. 14 Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie hulle diensbaar moet wees, en daarna sal hulle uittrek met baie goed. 15 Maar jy sal na jou vaders gaan in vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word. 16 En die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nog toe nie vol nie. 17 En ná sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar ‘n rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis deur. 18 Op dié dag het die HERE met Abram ‘n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier: 19 die Keniete en Kenissiete en Kadmoniete 20 en Hetiete en Feresiete en Refaïete 21 en Amoriete en Kanaäniete en Girgasiete en Jebusiete.
- Die eerste aspek wat ons na kyk uit die Skrifgedeelte in Genesis 15 is die rol wat diere speel in hierdie verbond wat God gemaak het met Abraham, en hoe dit in ons eie lewe toegepas word.
- Die tweede aspek wat ons op fokus uit hierdie gedeelte is die rol van die getal “twee” in die sluiting van ‘n verbond.
- Die derde aspek is die gebruik van die getal “drie” en hoe ons God se geestelike insigte vir ons eie groei in geloof kan sien, soos God wil.
- Die vierde aspek wat ons dek is hoekom ons moet weet dat alles wat met ons gebeur deel is van God se plan vir ons persoonlik, en hoekom ons God moet eer in al ons weë in hierdie wêreld.
- Die vyfde aspek gaan oor die vrees en verskrikking in ons vlees wanneer ons met die dood gekonfronteer word.
- Die sesde aspek is die simboliese gebruik van Egipte in ons eie lewe. God is in beheer van Egipte in ons eie lewe, en God sal ook Egipte se heerskappy in ons lewe beëindig.
- Die sewende aspek wat ons belig in ons teksgedeelte in Genesis 15 is die belangrikheid van God se oordeel in ons lewens.
Met hierdie agtergrond en die geestelike betekenisse wat ons in ons eie lewe kan sien, soos God ons die insigte gee, delf ons nou dieper in die rol van bloed binne verbondskappe. Ons kyk vervolgens kortliks na die verbond wat God met die volk Israel gesluit het, en watter rol bloed daar gespeel het.
Bloedoffers onder God se verbond met die volk van Israel, soos vervat in die wet van Moses
God het die volk Israel beveel om daagliks talle bloedoffers te bring volgens sekere prosedures wat deur God voorgeskryf was. Bloed is die simbool van lewe, en deur die vergieting van bloed word ‘n aardse lewe opgeoffer.
Lev 17:11 Want die siel [Hebreeus: “nephesh” = lewe] van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel.
Wat die vers in Levitikus vir ons sê is dat deur die offer van ons aardse lewe kom daar ‘n versoening met God omdat ons dan toegang kry tot ‘n nuwe en hoër vorm van lewe, naamlik God se geestelike lewe. Ons natuurlike mens wil glad nie hiervan hoor nie. Die offer van diere in die verbond met Israel het dus niks te make met plaasvervanging nie, soos algemeen gepreek word nie. Die offers van die verbond met Israel is alles te make met ons eie lewe. Ons moet ons eie aardse lewe prysgee om deel te kan hê aan God se geestelike lewe wat net verkrygbaar is deur Jesus Christus:
Mat 10:38-39 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. 39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
Fil 4:13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
Gal 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
Geen offer word aanvaar sonder bloedvergieting nie, soos ons reeds gesien het met die offers wat Abel en Kain gebring het:
Gen 4:1-5 En die mens het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en Kain gebaar en gesê: Ek het ‘n man verkry met die hulp van die HERE. 2 Daarna het sy ook sy broer Abel gebaar. En Abel het ‘n skaapherder geword, en Kain ‘n landbouer. 3 En ná verloop van tyd het Kain van die vrugte van die land aan die HERE ‘n offer gebring. 4 En Abel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring, naamlik van hulle vet. En die HERE het Abel en sy offer genadig aangesien, 5 maar Kain en sy offer nie aangesien nie. Toe word Kain baie kwaad, en hy het sy hoof laat hang.
Hierdie beginsel van bloedvergieting by elke offer aan God word verder uitgebou onder die verbond wat God met die volk Israel gesluit het deur die wet van Moses, vir ons lering:
Heb 9:18-22 Daarom is ook die eerste testament [verbond] nie sonder bloed ingewy nie; 19 want toe elke gebod volgens die wet deur Moses aan die hele volk aangekondig is, het hy die bloed van die kalwers en bokke saam met water en skarlakenrooi wol en hisop geneem en die boek self en die hele volk besprinkel 20 en gesê: Dit is die bloed van die testament wat God met die oog op julle verorden het. 21 En hy het ook die tabernakel en al die gereedskap van die diens net so met die bloed besprinkel. 22 En byna alles word met bloed gereinig volgens die wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.
Alles wat in Israel gebeur het onder die ou verbond, was tipes (geestelike skadubeelde) van wat ons in Christus ervaar en op ons eie lewe van toepassing is, soos God dit aan ons uitwys op die tyd wanneer ons dit kan ontvang:
1Kor 10:11 (AOV) Maar al hierdie dinge [ook bloedvegieting] het hulle oorgekom as voorbeelde [Grieks: “tupos” = tipes] en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.
1Co 10:11 (Weymouth) All this kept happening to them with a figurative meaning; but it was put on record by way of admonition to us upon whom the ends of the Ages have come.
1Co 10:11 (EMTV) Now all these things happened to those people as examples, and they were written for our instruction, to whom the ends of the ages have come.
Daar was vyf hoofoffers wat gebring moes word onder die ou verbond van Israel, wat ons fokus sal wees binne hierdie tema van bloed en verbondskappe:
- Die brandoffer
- Die spysoffer
- Die dankoffer (insluitend is die lofdankoffer, die gelofte-offer en die vredesoffer)
- Die sondoffer
- Die skuldoffer
Die eerste drie van hierdie vyf offers was genoem die “lieflike geur” offers en moes op die altaar geoffer word.
Lev 1:17 Dan moet hy dit by die vlerke skeur sonder om hulle af te trek; en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek, op die hout wat oor die vuur is; ‘n brandoffer is dit, ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
Lev 2:1-2 En as iemand aan die HERE ‘n spysoffer bring, moet sy offer fynmeel wees; en hy moet olie daarop giet en wierook daarby voeg; 2 en hy moet dit na die seuns van Aäron, die priesters, bring; en die priester moet daarvan ‘n handvol neem, van die fynmeel met die olie, met al die wierook wat daarby behoort; en hy moet dit as die gedenkoffer op die altaar aan die brand steek, ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
Lev 3:1-5 En as ‘n dankoffer sy offer is, as hy dit bring van beeste, bul of vers, moet hy dit sonder gebrek voor die aangesig van die HERE bring. 2 En hy moet sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag by die ingang van die tent van samekoms. En die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi. 3 Dan moet hy van die dankoffer ‘n vuuroffer aan die HERE bring: die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is, 4 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem. 5 En die seuns van Aäron moet dit op die altaar aan die brand steek, op die brandoffer wat op die hout is, bo op die vuur, as ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
Vir hulle wie onder die geestelike verbond in Christus leef (die “beter verbond”), is Christus en Sy offer aan die kruis die enigste “lieflike geur” wat die Vader aanvaar, en hulle wie in Sy voetstappe volg weet dat dit Christus IN hulle is wie hulle die krag gee om hul eie kruis op te neem en Hom te volg deur saam met Hom te sterf. Hierdie dood verwys na die opgee van ons aardse verknogdhede, en dat ons van die valse leerstellings en wêreldse filosofieë sal afsien:
Efes 5:2 en wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as ‘n gawe en offer aan God tot ‘n lieflike geur.
Mat 10:38-39 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. 39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
Gal 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
1Kor 15:31 Ek sterf dag vir dag, broeders, so waar as ek op julle roem in Christus Jesus, onse Here.
Luk 14:33 So kan dan ook niemand van julle wat nie afsien van al sy besittings, my dissipel wees nie.
Kol 1:26-27 …die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges, 27 aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid.
Slegs deur Christus en Sy ware leer is ‘n persoon ‘n “aangename geur” aan die Vader:
2Kor 2:15 Want ons is ‘n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word…
Joh 14:6 Jesus antwoord hom [Thomas]: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
Die ander twee offers onder die Wet van Moses, die sondoffer en die skuldoffer, was nie geklassifiseer onder “lieflike geur” offers nie omdat sonde (sondoffer) en oortredings (skuldoffer) betrokke was. Slegs die vet van die sondoffer moes eenkant gehou word in die sondoffer en die vet was dan verbrand as ‘n “lieflike geur” tot God.
Lev 4:1-3 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: 2 Spreek met die kinders van Israel en sê: As iemand in swakheid sondig teen een van alle gebooie van die HERE en een van die dinge wat nie gedoen mag word nie, tog doen 3 as die gesalfde priester sondig, sodat die volk daardeur skuldig word, moet hy vir die sonde wat hy gedoen het, ‘n jong bul sonder gebrek aan die HERE as sondoffer bring…Lev 4:31 en al die vet moet hy wegneem soos die vet van die dankoffer af weggeneem is, en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as lieflike geur vir die HERE. So moet die priester dan vir hom versoening doen, en dit sal hom vergewe word.
Die vet is simbolies vir die goeie werke van Christus wat deur die gawe van geloof en die reddende genade in ons lewe opereer:
Efes 2:8-10 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. 10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.
Tit 2:11-12 Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn 12 en leer [Grieks: “paideuō” = tugtig: offers gaan gepaard met bloedvergieting – ‘n lewe moes geoffer word.] ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe,
Ander offers wat Israel moes bring sluit aan by hierdie vyf offers, en bring verder dieper insigte. Ons leer meer van belangrike rolle en funksies wat Christus deur Sy kerk bewerkstellig, soos die drankoffer, en die offers van die twee bokramme wat gebring was op die groot Versoendag, soos uiteengesit in Levikus 16. Ons sal ook kortliks daarna kyk, soos God wil. Ons bespreek vervolgens die sondoffer as ‘n belangrike offer onder die ou verbond wat God met Israel gesluit het.
Die sondoffer
Bloedvergieting (die offer van ‘n lewe) was ook pertinent as dit kom by die die sondoffer onder die wet van Moses, wat hoofsaaklik in Levitikus 4 en 5 beskryf word:
Lev 4:1-35 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: 2 Spreek met die kinders van Israel en sê: As iemand in swakheid sondig teen een van alle gebooie van die HERE en een van die dinge wat nie gedoen mag word nie, tog doen 3 as die gesalfde priester sondig, sodat die volk daardeur skuldig word, moet hy vir die sonde wat hy gedoen het, ‘n jong bul sonder gebrek aan die HERE as sondoffer bring; 4 en hy moet die bul bring na die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van die HERE, en moet sy hand op die kop van die bul lê en die bul slag voor die aangesig van die HERE. 5 Dan moet die gesalfde priester van die bloed van die bul neem en dit na die tent van samekoms bring, 6 en die priester moet sy vinger in die bloed steek en van die bloed sewe maal sprinkel voor die aangesig van die HERE, voor die voorhangsel van die heiligdom. 7 Ook moet die priester van die bloed stryk aan die horings van die altaar van die reukwerk van speserye, wat in die tent van samekoms is, voor die aangesig van die HERE; en hy moet al die orige bloed van die bul uitgiet aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die tent van samekoms is; 8 en al die vet van die sondofferbul moet hy van hom aflig, die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is, 9 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem 10 soos dit van die dankofferbul afgelig word en die priester moet dit aan die brand steek op die brandofferaltaar. 11 Maar die vel van die bul en al sy vleis met die kop en die pote en die binnegoed en die mis 12 die hele bul moet hy buitekant die laer uitbring op ‘n rein plek waar die as uitgegooi word, en hy moet hom op hout met vuur verbrand; op die plek waar die as uitgegooi word, moet hy verbrand word. 13 En as die hele vergadering van Israel hulle misgaan sonder dat die vergadering hom daarvan bewus is; en hulle enigiets doen wat die HERE verbied het, en skuldig word; 14 en die sonde wat hulle so gedoen het, bekend word, moet die vergadering ‘n jong bul as sondoffer laat aankom en hom voor die tent van samekoms bring, 15 en die oudstes van die vergadering moet hulle hande op die kop van die bul lê voor die aangesig van die HERE, en die bul moet voor die aangesig van die HERE geslag word. 16 Dan moet die gesalfde priester van die bloed van die bul in die tent van samekoms bring, 17 en die priester moet sy vinger in die bloed steek en sewe maal voor die aangesig van die HERE, voor die voorhangsel sprinkel. 18 En hy moet van die bloed stryk aan die horings van die altaar wat in die tent van samekoms voor die aangesig van die HERE is. Dan moet hy al die orige bloed uitgiet aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die tent van samekoms is; 19 en hy moet al die vet van hom aflig en op die altaar aan die brand steek 20 en met die bul doen soos hy met die sondofferbul gedoen het. So moet hy met hom maak; en die priester moet vir hulle versoening doen, en dit sal hulle vergewe word. 21 Daarna moet hy die bul buitekant die laer uitbring en hom verbrand soos hy die eerste bul verbrand het; dit is ‘n sondoffer van die vergadering. 22 As ‘n owerste sondig en in swakheid enigiets doen wat die HERE sy God verbied het, en hy skuldig word; 23 of as sy sonde wat hy so gedoen het, aan hom bekend word, moet hy as sy offer bring ‘n bok sonder gebrek, ‘n ram; 24 en hy moet sy hand op die kop van die bok lê en hom slag op die plek waar hulle die brandoffer voor die aangesig van die HERE slag; dit is ‘n sondoffer. 25 Dan moet die priester van die bloed van die sondoffer met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk; maar die orige bloed moet hy aan die onderkant van die brandofferaltaar uitgiet. 26 Hy moet ook al die vet op die altaar aan die brand steek soos die vet van die dankoffer. So moet die priester dan vir hom versoening doen weens sy sonde, en dit sal hom vergewe word. 27 En as iemand van die volk van die land in swakheid sondig, omdat hy enigiets doen wat die HERE verbied het, en hy skuldig word; 28 of as sy sonde wat hy gedoen het, aan hom bekend word, dan moet hy as sy offer bring ‘n bok sonder gebrek, ‘n ooi, vir die sonde wat hy gedoen het; 29 en hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en die sondoffer slag op die plek van die brandoffer. 30 Dan moet die priester van haar bloed met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk; maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgiet; 31 en al die vet moet hy wegneem soos die vet van die dankoffer af weggeneem is, en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as lieflike geur vir die HERE. So moet die priester dan vir hom versoening doen, en dit sal hom vergewe word. 32 Maar ingeval hy ‘n skaaplam as sy sondoffer bring, moet dit ‘n ooi wees sonder gebrek wat hy bring; 33 en hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en dit as sondoffer slag op die plek waar hulle die brandoffer slag. 34 Dan moet die priester van die bloed van die sondoffer met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk, maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgiet; 35 en al die vet moet hy wegneem soos die vet van die dankofferlam weggeneem word, en die priester moet dit op die altaar oor die vuuroffers van die HERE aan die brand steek. So moet die priester dan vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word.
Lev 5:1-13 En as iemand sondig dat hy die luid uitgesproke beswering hoor, terwyl hy getuie was, dit gesien het of daarvan weet as hy naamlik dit nie te kenne gee nie en so sy ongeregtigheid moet dra; 2 of as iemand enigiets aanraak wat onrein is die aas van ‘n onrein wilde dier of die aas van onrein vee of die aas van onrein gedierte wat rondkruip en dit vir hom verborge was, maar hy onrein geword het en skuldig is; 3 of as hy iets onreins van ‘n mens aanraak volgens al die onreinheid waardeur hy hom kan verontreinig en dit vir hom verborge was, maar hy dit te wete gekom het en skuldig is; 4 of as iemand sweer terwyl hy onverskillig met die lippe praat om kwaad of goed te doen volgens alles wat ‘n mens met ‘n eed onverskillig kan praat en dit vir hom verborge was, maar hy dit te wete gekom het en skuldig is aan een van hierdie dinge; 5 as hy dan aan een van hierdie dinge skuldig is, moet hy bely waar hy teen gesondig het, 6 en as boete vir die sonde wat hy gedoen het, aan die HERE ‘n ooi bring van die kleinvee, ‘n skaaplam of ‘n bok, as sondoffer. En die priester moet vir hom versoening doen weens sy sonde. 7 Maar as hy nie ‘n stuk kleinvee kan bekostig nie, moet hy as boete vir wat hy gesondig het, twee tortelduiwe of twee jong duiwe aan die HERE bring, een as sondoffer en een as brandoffer; 8 en hy moet hulle na die priester bring, wat dié een eerste moet offer wat as sondoffer bedoel is, en sy kop vlak voor sy nek afknyp sonder om dit af te trek. 9 Dan moet hy van die bloed van die sondoffer teen die kant van die altaar sprinkel; maar wat oorbly van die bloed, moet aan die onderkant van die altaar uitgedruk word; dit is ‘n sondoffer. 10 En die ander een moet hy as brandoffer volgens voorskrif berei. So moet die priester dan vir hom versoening doen weens die sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word. 11 Maar as hy nie twee tortelduiwe of twee jong duiwe kan bekostig nie, moet hy as offer vir wat hy gesondig het, die tiende van ‘n efa fynmeel as sondoffer bring. Hy moet geen olie daarop gooi en geen wierook daar byvoeg nie, want dit is ‘n sondoffer. 12 En hy moet dit na die priester bring, en die priester moet daar ‘n handvol van neem as die gedenkoffer en dit op die altaar oor die vuuroffers van die HERE aan die brand steek; dit is ‘n sondoffer. 13 So moet die priester dan vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gedoen het in enigeen van hierdie gevalle, en dit sal hom vergewe word; verder behoort dit aan die priester net soos die spysoffer.
Wat beteken dit alles vir ons want alles wat Israel gedoen het in fisiese terme het geen blywende effek gehad nie. Die uiterlike vleeslike dinge het inderdaad geen ware lewe of die ware gees van God in hulle nie:
Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
Die aardse sigbare dinge gee egter aan ons basiese bewyse dat God wel bestaan en dat daar dieper betekenisse agter die uiterlike dinge is:
Rom 1:20 Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;
Dit is hierdie dieper ewige geestelike begrip van God en Sy werke wat ons moet ondersoek, uitdelf en naspeur:
Spr 25:2 Dit is die eer van God om ‘n saak te verberg, maar die eer van konings om ‘n saak na te speur.
Mat 7:6-8 Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie. 7 Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. 8 Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.
Die Wet van Moses vervat dus skadubeelde van geestelike dinge wat in ons eie lewe van toepassing is en wat ons volle aandag verg, vir hulle aan wie God Sy nuwe verbond in gees en lewe openbaar:
Heb 10:1 Want die wet, wat ‘n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie.
Heb 10:15-16 En ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis; 16 want nadat Hy tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe.
Die vlees het inderdaad geen blywende effek nie, soos Jesus ook genoem het is die vlees op die lang termyn van geen nut nie! Ons fokus moet eerder op die innerlike geestelike betekenis van God se woorde wees, want ons leef hierdie woorde uit binne ons persoonlike lewe en dit het ewige waarde:
Mat 4:4 Maar Hy [Jesus] antwoord [die duiwel] en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
Mat 24:35 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.
Die gees van God leer ons om altyd te weet dat ons persoonlik van elke woord uit God se mond leef (“die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe”), soos geskrywe in ons persoonlike boek, deur nie buite die konteks van die Skrifte te dink nie:
1Kor 2:12-13 Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. 13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.
1Kor 4:6 Hierdie dinge, broeders, het ek op myself en Apollos toegepas om julle ontwil, dat julle aan ons kan leer om nie te dink bo wat geskrywe is nie, sodat julle nie die een ter wille van die ander opgeblase sou wees teen ‘n derde nie.
Psa 139:16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.
Uit Levitikus 4 en 5 bespreek ons ‘n paar aspekte… | Geestelike betekenis van hierdie aspekte uit Levitikus 4 en 5, soos die gees van God ons leer om geestelike dinge met geestelike te vergelyk (om Skrif met Skrif te vergelyk): |
As iemand in swakheid sondig teen een van alle gebooie van die HERE en een van die dinge wat nie gedoen mag word nie, tog doen… | Die vlees is met swakhede geskep, deur die hand van die Pottebakker: Jer 18:1-4 Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het: 2 Maak jou klaar en gaan af na die huis van die pottebakker, en daar sal Ek jou my woorde laat hoor. 3 Toe het ek afgegaan na die huis van die pottebakker, en hy was juis besig om ‘n stuk werk op die skywe te maak. 4 En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk—soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker—maar hy het daaruit weer ‘n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak. Mat 26:41 Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak. 1Jn 2:15-16 Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie. 16 Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld. |
Lev 4:3-12 as die gesalfde priester sondig, sodat die volk daardeur skuldig word, moet hy vir die sonde wat hy gedoen het, ‘n jong bul sonder gebrek aan die HERE as sondoffer bring; 4 en hy moet die bul bring na die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van die HERE, en moet sy hand op die kop van die bul lê en die bul slag voor die aangesig van die HERE. 5 Dan moet die gesalfde priester van die bloed van die bul neem en dit na die tent van samekoms bring, 6 en die priester moet sy vinger in die bloed steek en van die bloed sewe maal sprinkel voor die aangesig van die HERE, voor die voorhangsel van die heiligdom. 7 Ook moet die priester van die bloed stryk aan die horings van die altaar van die reukwerk van speserye, wat in die tent van samekoms is, voor die aangesig van die HERE; en hy moet al die orige bloed van die bul uitgiet aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die tent van samekoms is; 8 en al die vet van die sondofferbul moet hy van hom aflig, die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is, 9 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem 10 soos dit van die dankofferbul afgelig word en die priester moet dit aan die brand steek op die brandofferaltaar. 11 Maar die vel van die bul en al sy vleis met die kop en die pote en die binnegoed en die mis 12 die hele bul moet hy buitekant die laer uitbring op ‘n rein plek waar die as uitgegooi word, en hy moet hom op hout met vuur verbrand; op die plek waar die as uitgegooi word, moet hy verbrand word. | Jesus, ons gesalfde, groot Hoëpriester, het in dieselfde onvolmaakte vlees as ons gekom en mens geword. Hy was persoonlik blootgestel aan elke versoeking van die vlees: Heb 4:14-16 Terwyl ons dan ‘n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou. 15 Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. 16 Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word. Heb 2:14-18 Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel— 15 en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was. 16 Want waarlik, Hy bekommer Hom nie oor die engele nie, maar oor die geslag van Abraham bekommer Hy Hom. 17 Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen. 18 Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word. 2Kor 5:21 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom. Joh 19:16-17 Toe het hy Hom dan aan hulle oorgegee om gekruisig te word. En hulle het Jesus geneem en Hom weggelei. 17 En Hy het sy kruis gedra en uitgegaan na die sogenaamde Hoofskedelplek, in Hebreeus Gólgota. Heb 13:12 Daarom het Jesus ook, om die volk deur sy eie bloed te heilig, buitekant die poort gely. |
Lev 4:13-21 En as die hele vergadering van Israel hulle misgaan sonder dat die vergadering hom daarvan bewus is; en hulle enigiets doen wat die HERE verbied het, en skuldig word; 14 en die sonde wat hulle so gedoen het, bekend word, moet die vergadering ‘n jong bul as sondoffer laat aankom en hom voor die tent van samekoms bring, 15 en die oudstes van die vergadering moet hulle hande op die kop van die bul lê voor die aangesig van die HERE, en die bul moet voor die aangesig van die HERE geslag word. 16 Dan moet die gesalfde priester van die bloed van die bul in die tent van samekoms bring, 17 en die priester moet sy vinger in die bloed steek en sewe maal voor die aangesig van die HERE, voor die voorhangsel sprinkel. 18 En hy moet van die bloed stryk aan die horings van die altaar wat in die tent van samekoms voor die aangesig van die HERE is. Dan moet hy al die orige bloed uitgiet aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die tent van samekoms is; 19 en hy moet al die vet van hom aflig en op die altaar aan die brand steek 20 en met die bul doen soos hy met die sondofferbul gedoen het. So moet hy met hom maak; en die priester moet vir hulle versoening doen, en dit sal hulle vergewe word. 21 Daarna moet hy die bul buitekant die laer uitbring en hom verbrand soos hy die eerste bul verbrand het; dit is ‘n sondoffer van die vergadering. | Almal van ons het dieselfde onvolmaakte vlees ontvang: Hand 17:26 En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, Rom 3:9-24 Wat dan? Het ons enige voorrang? Hoegenaamd nie! Want ons het tevore al Jode sowel as Grieke beskuldig dat hulle almal onder die sonde is, 10 soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie. 11 Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie. 12 Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie. 13 Hulle keel is ‘n oop graf, met hul tonge pleeg hulle bedrog, die gif van adders is onder hulle lippe. 14 Hulle mond is vol vervloeking en bitterheid. 15 Haastig is hulle voete om bloed te vergiet. 16 Verwoesting en ellende is in hulle paaie, 17 en die weg van vrede ken hulle nie. 18 Daar is geen vrees van God voor hulle oë nie. 19 Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees; 20 aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde. 21 Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, 22 die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; 23 want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, 24 en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is. |
Lev 4:22-26 As ‘n owerste sondig en in swakheid enigiets doen wat die HERE sy God verbied het, en hy skuldig word; 23 of as sy sonde wat hy so gedoen het, aan hom bekend word, moet hy as sy offer bring ‘n bok sonder gebrek, ‘n ram; 24 en hy moet sy hand op die kop van die bok lê en hom slag op die plek waar hulle die brandoffer voor die aangesig van die HERE slag; dit is ‘n sondoffer. 25 Dan moet die priester van die bloed van die sondoffer met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk; maar die orige bloed moet hy aan die onderkant van die brandofferaltaar uitgiet. 26 Hy moet ook al die vet op die altaar aan die brand steek soos die vet van die dankoffer. So moet die priester dan vir hom versoening doen weens sy sonde, en dit sal hom vergewe word. | Ook God se uitverkorenes is in sondige vlees geskep en gaan deur dieselfde versoekings soos alle mense: Mat 22:14 Want baie is geroep, maar min uitverkies. Joh 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. 1Pe 2:9-12 Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, 10 julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is. 11 Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel; 12 en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking. |
Lev 4:27-35 En as iemand van die volk van die land in swakheid sondig, omdat hy enigiets doen wat die HERE verbied het, en hy skuldig word; 28 of as sy sonde wat hy gedoen het, aan hom bekend word, dan moet hy as sy offer bring ‘n bok sonder gebrek, ‘n ooi, vir die sonde wat hy gedoen het; 29 en hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en die sondoffer slag op die plek van die brandoffer. 30 Dan moet die priester van haar bloed met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk; maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgiet; 31 en al die vet moet hy wegneem soos die vet van die dankoffer af weggeneem is, en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as lieflike geur vir die HERE. So moet die priester dan vir hom versoening doen, en dit sal hom vergewe word. 32 Maar ingeval hy ‘n skaaplam as sy sondoffer bring, moet dit ‘n ooi wees sonder gebrek wat hy bring; 33 en hy moet sy hand op die kop van die sondoffer lê en dit as sondoffer slag op die plek waar hulle die brandoffer slag. 34 Dan moet die priester van die bloed van die sondoffer met sy vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk, maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgiet; 35 en al die vet moet hy wegneem soos die vet van die dankofferlam weggeneem word, en die priester moet dit op die altaar oor die vuuroffers van die HERE aan die brand steek. So moet die priester dan vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word. | Niemand is vrygestel van vleeslikheid en sonde nie, maar elke mens sal egter deur God verlos word van die sondige vlees, deur die reddende oordeel van God, waarna die nuwe lewe in gees aan elkeen geskenk sal word: Open 20:11-15 En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. 12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. 13 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. 14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. 15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp. Fil 2:9-11 Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is, 10 sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, 11 en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader. |
Lev 5:1-13 En as iemand sondig dat hy die luid uitgesproke beswering hoor, terwyl hy getuie was, dit gesien het of daarvan weet as hy naamlik dit nie te kenne gee nie en so sy ongeregtigheid moet dra; 2 of as iemand enigiets aanraak wat onrein is die aas van ‘n onrein wilde dier of die aas van onrein vee of die aas van onrein gedierte wat rondkruip en dit vir hom verborge was, maar hy onrein geword het en skuldig is; 3 of as hy iets onreins van ‘n mens aanraak volgens al die onreinheid waardeur hy hom kan verontreinig en dit vir hom verborge was, maar hy dit te wete gekom het en skuldig is; 4 of as iemand sweer terwyl hy onverskillig met die lippe praat om kwaad of goed te doen volgens alles wat ‘n mens met ‘n eed onverskillig kan praat en dit vir hom verborge was, maar hy dit te wete gekom het en skuldig is aan een van hierdie dinge; 5 as hy dan aan een van hierdie dinge skuldig is, moet hy bely waar hy teen gesondig het, 6 en as boete vir die sonde wat hy gedoen het, aan die HERE ‘n ooi bring van die kleinvee, ‘n skaaplam of ‘n bok, as sondoffer. En die priester moet vir hom versoening doen weens sy sonde. 7 Maar as hy nie ‘n stuk kleinvee kan bekostig nie, moet hy as boete vir wat hy gesondig het, twee tortelduiwe of twee jong duiwe aan die HERE bring, een as sondoffer en een as brandoffer; 8 en hy moet hulle na die priester bring, wat dié een eerste moet offer wat as sondoffer bedoel is, en sy kop vlak voor sy nek afknyp sonder om dit af te trek. 9 Dan moet hy van die bloed van die sondoffer teen die kant van die altaar sprinkel; maar wat oorbly van die bloed, moet aan die onderkant van die altaar uitgedruk word; dit is ‘n sondoffer. 10 En die ander een moet hy as brandoffer volgens voorskrif berei. So moet die priester dan vir hom versoening doen weens die sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word. 11 Maar as hy nie twee tortelduiwe of twee jong duiwe kan bekostig nie, moet hy as offer vir wat hy gesondig het, die tiende van ‘n efa fynmeel as sondoffer bring. Hy moet geen olie daarop gooi en geen wierook daar byvoeg nie, want dit is ‘n sondoffer. 12 En hy moet dit na die priester bring, en die priester moet daar ‘n handvol van neem as die gedenkoffer en dit op die altaar oor die vuuroffers van die HERE aan die brand steek; dit is ‘n sondoffer. 13 So moet die priester dan vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gedoen het in enigeen van hierdie gevalle, en dit sal hom vergewe word; verder behoort dit aan die priester net soos die spysoffer. | Vloeke: Mat 5:43-48 Julle het gehoor dat daar gesê is: Jy moet jou naaste liefhê en jou vyand moet jy haat. 44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; 45 sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges. 46 Want as julle liefhet die wat vir julle liefhet, watter loon het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie? 47 En as julle net jul broeders groet, wat besonders doen julle dan? Doen die tollenaars nie ook so nie? 48 Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is. Onreinheid: (dier/mens) Mat 15:10-20 En Hy het die skare na Hom geroep en vir hulle gesê: Luister en verstaan! 11 Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein. 12 Daarop kom sy dissipels nader en sê vir Hom: Weet U dat die Fariseërs, toe hulle die woord hoor, aanstoot geneem het? 13 Maar Hy antwoord en sê: Elke plant wat my hemelse Vader nie geplant het nie, sal ontwortel word. 14 Laat hulle staan; hulle is blinde leiers van blindes. En as ‘n blinde ‘n ander blinde lei, sal altwee in die sloot val. 15 En Petrus antwoord en sê vir Hom: Verklaar vir ons hierdie gelykenis. 16 Maar Jesus sê: Is julle dan ook nog sonder verstand? 17 Begryp julle nog nie dat alles wat in die mond ingaan, in die maag kom en in die heimlikheid uitgewerp word nie? 18 Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is dié wat die mens onrein maak. 19 Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal. 20 Dit is hierdie dinge wat die mens onrein maak; maar om met ongewaste hande te eet, maak die mens nie onrein nie. Sweer: Mat 5:33-37 Verder het julle gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie vals sweer nie, maar jy moet jou ede aan die Here hou. 34 Maar Ek sê vir julle: Sweer hoegenaamd nie—nie by die hemel nie, omdat dit die troon van God is; 35 ook nie by die aarde nie, omdat dit die voetbank van sy voete is; ook nie by Jerusalem nie, omdat dit die stad is van die groot Koning; 36 ook by jou hoof mag jy nie sweer nie, omdat jy nie een haar wit of swart kan maak nie. 37 Maar laat julle woord wees: Ja ja, nee nee. Wat meer as dit is, is uit die Bose. |
Opsomming van die sondoffer
Al die diere wat geoffer word onder die sondoffer moet ook “sonder gebrek” wees, want dit alles is gebaseer op die werk van Christus in elkeen se lewe. Hy alleen vervul alles, ook elke offer in ons lewe, ja selfs die sondoffer!
Efes 2:8-10 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. 10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.
Efes 5:1-2 Wees dan navolgers van God soos geliefde kinders; 2 en wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as ‘n gawe en offer aan God tot ‘n lieflike geur.
Gal 1:3-5 Genade vir julle en vrede van God die Vader en onse Here Jesus Christus, 4 wat Homself gegee het vir ons sondes, sodat Hy ons kan uitred uit die teenwoordige bose wêreld, volgens die wil van onse God en Vader, 5 aan wie die heerlikheid toekom in alle ewigheid! Amen.
Gal 3:13 Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—
Die eerste aspek in hierdie sondoffer is die idee van skuldigheid, selfs al is daar onkunde oor sonde. Geen mens word deur God gevrywaar van sonde en sondigheid op die grond van onkundigheid nie. Die onkunde van sonde hier verwys na die onvermoë van die mens om te besluit oor sy aardse liggaam, sy ouers, sy leefruimte en omstandighede waarin hy gebore was. Niks oor ons aardse bestaan, of ons nadoodse bestaan, is ons keuse nie, dit was God se keuse. Die mens het geen vrye wil oor enige van hierdie dinge nie. God het dit alles bepaal en Hy neem volle verantwoordelikheid dat Hy ons in ongeregtigheid en in sonde geskep het – die twee woorde “ongeregtigheid” en “sonde” beskryf ons aardse liggaam. Dit is hoe ons moeder ons ontvang het in haar moederskoot, uit God se hand!
Psa 51:7 Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.
Die Skrifte beskryf ons aardse vleesliggaam as “die liggaam van die sonde”:
Rom 6:6 aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.
Ons vlees is van nature swak, en misluk soos geskep deur die hand van die Skepper:
Mat 26:41 Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.
Jer 18:1-4 Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het: 2 Maak jou klaar en gaan af na die huis van die pottebakker, en daar sal Ek jou my woorde laat hoor. 3 Toe het ek afgegaan na die huis van die pottebakker, en hy was juis besig om ‘n stuk werk op die skywe te maak. 4 En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk—soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker—maar hy het daaruit weer ‘n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak.
God het ook alles oor ons aardse bestaan vooruit bepaal. Elke dag se gebeure in ons lewe is alles vooruit bepaal om presies te gebeur op die tyd en plek soos God dit neergeskryf het in Sy boek. Selfs ons wil is onderworpe aan wat God wil hê:
Psa 139:16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.
Jer 10:23 Ek weet, o HERE, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan ‘n man om te loop en sy voetstappe te rig nie.
Rom 9:16 So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is.
Job 23:13-15 Maar Hy bly onveranderlik Een—wie sal Hom dan teëhou? En wat sy siel begeer, dit doen Hy. 14 Want Hy sal volbring wat oor my besluit is, en baie sulke dinge is daar by Hom. 15 Daarom is ek verskrik voor sy aangesig; as ek daarop ag gee, vrees ek vir Hom.
Ons as mens moet dus hierdie tydelike liggaam van vlees met nederigheid aanvaar vir die doel waarvoor God dit geskep het, solank ons daarin leef. Die vlees en alles wat in die vlees gedoen word, kan nie God tevrede stel nie. Natuurlik aanvaar die vlees nie hierdie toedrag van sake nie, en dit rebeleer teen God van begin tot die einde. Die vlees sal vernietig word op die tyd soos die Vader dit bepaal. Ons aanvaarding van God se doel met die vlees is wat die sondoffer vir ons wil uitlê
Rom 8:7-8 omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. 8 En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie.
1Kor 15:50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
Vyf klassifikasies van die sondoffer word van kennis geneem:
- “…as die gesalfde priester sondig…”
- “…as die hele vergadering van Israel hulle misgaan…”
- “…as ‘n owerste sondig…”
- “…as iemand van die volk van die land in swakheid sondig…”
- Spesifieke sondes van die vlees.
God besluit aan wie Hy hierdie “liggaam van die sonde” gee, en vir hoe lank. Selfs die “gesalfde priester” was hierdie “liggaam van die sonde” gegee. Hierdie gesalfde priester wat Moses van praat is ‘n verwysing na Jesus Christus wat in dieselfde vleeslike liggaam as ons s’n gekom het en onder die aardse wette Homself verneder het, in totale gehoorsaamheid aan Sy Vader:
Joh 1:1-3 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 2 Hy was in die begin by God. 3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
Joh 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.
Gal 4:4 Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet.
Jesus was “sonde gemaak” toe Hy in ‘n “liggaam van die sonde” gekom het na die aarde, alhoewel Hy self GEEN sonde gedoen het nie. Die sondoffer het te make met die aardse liggaam wat God aan ons gee en ons as mens het geen insette te lewer in daardie besluit van God nie. Dit wat ons doen in hierdie liggaam is waarna die skuldoffer verwys – ons sal almal aan God rekenskap gee wat ons DOEN in hierdie liggaam van die sonde:
Rom 14:12 So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.
1Pe 4:5 Hulle sal rekenskap gee aan Hom wat gereed staan om die lewende en die dode te oordeel.
Die verskil tussen die twee offers, die sondoffer en die skuldoffer, is uiters belangrik om van kennis te neem. Jesus was “sonde gemaak” alhoewel Hy NOOIT sonde gedoen het nie.
2Kor 5:21 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde [vir ons] gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.
Jes 45:6-7 sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; 7 wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.
Ons Gesalfde Hoëpriester het geen probleem om met vlees te assosieer nie, en het self in hierdie “liggaam van die sonde” kom leef:
Heb 2:14-18 Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel— 15 en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was. 16 Want waarlik, Hy bekommer Hom nie oor die engele nie, maar oor die geslag van Abraham bekommer Hy Hom. 17 Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen. 18 Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word.
Fil 2:5-8 Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. 6 Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, 7 maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; 8 en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.
Die tweede konsep van “as die hele vergadering van Israel sondig” verwys na die waarheid dat almal gesondig het, en dat geeneeen in vlees ooit volmaaktheid in gees geken het nie:
Rom 3:9-24 Wat dan? Het ons enige voorrang? Hoegenaamd nie! Want ons het tevore al Jode sowel as Grieke beskuldig dat hulle almal onder die sonde is, 10 soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie. 11 Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie. 12 Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie. 13 Hulle keel is ‘n oop graf, met hul tonge pleeg hulle bedrog, die gif van adders is onder hulle lippe. 14 Hulle mond is vol vervloeking en bitterheid. 15 Haastig is hulle voete om bloed te vergiet. 16 Verwoesting en ellende is in hulle paaie, 17 en die weg van vrede ken hulle nie. 18 Daar is geen vrees van God voor hulle oë nie. 19 Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees; 20 aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde. 21 Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, 22 die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; 23 want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, 24 en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.
Adam en Eva was gemaak in “die liggaam van die sonde” en hulle het geen geestelike volmaaktheid gehad nie omdat “alles wat in die wêreld is” was reeds in Adam en Eva by hul skepping!
1Jn 2:16 Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.
Kyk net hoe stem 1Johannes 2 vers 16 ooreen met Genesis 3 vers 6 om aan ons uit te wys oor Adam en Eva se sondige toestand voordat hulle van die verbode boom se vrugte geëet het…
Gen 3:6 Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja, ‘n boom wat ‘n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet.
Die derde konsep van “die owerste” wat sondig verwys na hulle wie eerste Na Christus getrek word deur die Vader.
Mat 22:14 Want baie is geroep, maar min uitverkies.
Joh 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
1Pe 2:9-12 Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, 10 julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is. 11 Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel; 12 en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking.
Hierdie groep uitverkorenes is ook net soos ander mense geskep in sonde, alhoewel God eerste aan hulle Sy waarheid openbaar en hulle dan eerste sal opwek tydens die eerste opstanding uit die dood:
Open 20:1-6 En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ‘n groot ketting in sy hand. 2 En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank, 3 en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word. 4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. 5 En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding. 6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
Hulle is die “owerstes” omdat hulle as regters en priesters sal optree oor die res van die skepping:
1Kor 6:2-3 Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake? 3 Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?
Die vierde konsep van “iemand van die volk van die land [wie] in swakheid sondig” verwys na diegene wat nie in hierdie lewe gehoorsaam is aan die waarheid van Christus nie, wat later opgewek sal word in die Wittroon-oordeel en daar van hul sondigheid verlos sal word:
Open 20:11-15 En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. 12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. 13 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. 14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. 15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
Fil 2:9-11 Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is, 10 sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, 11 en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.
Die vyfde klassifikasie van sondes wat onder die sondoffer genoem word verwys na die spesifieke sondes van die vlees word onder die volgende konsepte bespreek:
Vervloeking:
“…as iemand sondig dat hy die luid uitgesproke beswering hoor, terwyl hy getuie was, dit gesien het of daarvan weet as hy naamlik dit nie te kenne gee nie en so sy ongeregtigheid moet dra..”.
Ons word geleer deur Jesus onder die Nuwe Verbond…
Mat 5:43-48 Julle het gehoor dat daar gesê is: Jy moet jou naaste liefhê en jou vyand moet jy haat. 44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; 45 sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges. 46 Want as julle liefhet die wat vir julle liefhet, watter loon het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie? 47 En as julle net jul broeders groet, wat besonders doen julle dan? Doen die tollenaars nie ook so nie? 48 Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is.
Onreinheid:
“…of as iemand enigiets aanraak wat onrein is die aas van ‘n onrein wilde dier of die aas van onrein vee of die aas van onrein gedierte wat rondkruip en dit vir hom verborge was, maar hy onrein geword het en skuldig is; 3 of as hy iets onreins van ‘n mens aanraak volgens al die onreinheid waardeur hy hom kan verontreinig en dit vir hom verborge was, maar hy dit te wete gekom het en skuldig is…”
Ons word geleer in die verbond van die gees van Christus dat…
Mat 15:10-20 En Hy het die skare na Hom geroep en vir hulle gesê: Luister en verstaan! 11 Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein. 12 Daarop kom sy dissipels nader en sê vir Hom: Weet U dat die Fariseërs, toe hulle die woord hoor, aanstoot geneem het? 13 Maar Hy antwoord en sê: Elke plant wat my hemelse Vader nie geplant het nie, sal ontwortel word. 14 Laat hulle staan; hulle is blinde leiers van blindes. En as ‘n blinde ‘n ander blinde lei, sal altwee in die sloot val. 15 En Petrus antwoord en sê vir Hom: Verklaar vir ons hierdie gelykenis. 16 Maar Jesus sê: Is julle dan ook nog sonder verstand? 17 Begryp julle nog nie dat alles wat in die mond ingaan, in die maag kom en in die heimlikheid uitgewerp word nie? 18 Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is dié wat die mens onrein maak. 19 Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal. 20 Dit is hierdie dinge wat die mens onrein maak; maar om met ongewaste hande te eet, maak die mens nie onrein nie.
Sweer:
“…as iemand sweer terwyl hy onverskillig met die lippe praat om kwaad of goed te doen volgens alles wat ‘n mens met ‘n eed onverskillig kan praat en dit vir hom verborge was, maar hy dit te wete gekom het en skuldig is aan een van hierdie dinge..”.
Jesus leer ons…
Mat 5:33-37 Verder het julle gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie vals sweer nie, maar jy moet jou ede aan die Here hou. 34 Maar Ek sê vir julle: Sweer hoegenaamd nie—nie by die hemel nie, omdat dit die troon van God is; 35 ook nie by die aarde nie, omdat dit die voetbank van sy voete is; ook nie by Jerusalem nie, omdat dit die stad is van die groot Koning; 36 ook by jou hoof mag jy nie sweer nie, omdat jy nie een haar wit of swart kan maak nie. 37 Maar laat julle woord wees: Ja ja, nee nee. Wat meer as dit is, is uit die Bose.
Hierdie sondes is inherent aan elke mens wat in die vlees geskep word. Dit moet alles aan ons openbaar word, en hierdie openbaring van ons vleesmens (“die mens van sonde”) kom deur die oordeel van God, by die koms van die Lig, Jesus Christus:
2Th 2:1-12 Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom, 2 om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie—deur gees of deur woord of deur brief wat van ons afkomstig sou wees—asof die dag van Christus al daar is. 3 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf 4 die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is. 5 Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie? 6 En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. 7 Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; 8 en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak, 9 hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen 10 en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. 11 En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, 12 sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.
Die oordeel van die vleeslike mens is altyd gebaseeer op valshede en sy eie opinie. Die oordeel van God is waaragtig. Ons leef eers onder ‘n valse beeld wat die vlees vir ons bring, maar ons almal sal deur God gelei word tot die Lig op die tyd soos Hy bepaal wanneer elkeen die ware toestand van die vlees sal sien deur Sy Woord, die Lig van die Waarheid:
2Kor 4:3-4 Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan, 4 naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.
Mat 4:16-17 die volk wat in duisternis sit, het ‘n groot lig gesien, en die wat sit in die land en skaduwee van die dood, vir hulle het ‘n lig opgegaan. 17 Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.
Joh 3:16-21 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 17 Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. 18 Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie. 19 En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos. 20 Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie. 21 Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.
1Kor 4:1-6 So moet ons dan beskou word as dienaars van Christus en bedienaars van die verborgenhede van God. 2 En verder word van die bedienaars vereis dat hulle getrou bevind moet word. 3 Maar vir my beteken dit baie min of ek deur julle of deur ‘n menslike regbank beoordeel word; ja, ek beoordeel myself nie eens nie, 4 want ek is my van geen ding bewus nie. Daardeur is ek egter nie geregverdig nie; maar Hy wat my beoordeel, is die Here. 5 Daarom moet julle nie voor die tyd oordeel, voordat die Here kom nie, wat die verborge dinge van die duisternis in die lig sal bring en die bedoelinge van die harte openbaar sal maak; en dan sal elkeen lof van God ontvang. 6 Hierdie dinge, broeders, het ek op myself en Apollos toegepas om julle ontwil, dat julle aan ons kan leer om nie te dink bo wat geskrywe is nie, sodat julle nie die een ter wille van die ander opgeblase sou wees teen ‘n derde nie.
2Kor 4:5-6 Want ons verkondig nie onsself nie, maar Christus Jesus as Here, en onsself as julle diensknegte om Jesus wil. 6 Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn—dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus.
Kol 1:13-14 Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde, 14 in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.
Almal word op grond van die werk van Christus van hul sondigheid verlos op die tyd soos deur die Vader bepaal:
1Ti 2:3-6 Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, 4 wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. 5 Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, 6 wat Homself gegee het as ‘n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd.
1Ti 4:9-11 Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word; 10 want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad, omdat ons gehoop het op die lewende God wat ‘n behouder is van alle mense, insonderheid van die gelowiges. 11 Beveel en leer hierdie dinge.