Die tema van bloed in die Skrifte: Deel 6 – Bloed en die verbonde in die Skrifte (13)

[Hierdie artikel is oorspronklik in Afrikaans geskryf. Ek neem nie verantwoordelikheid vir foutiewelike / verkeerde inhoud wat van internet vertalings verkry word nie – Larry Groenewald]

Agtergrond:

Die tema van bloed (bloedvergieting) is een van die sentrale temas in die Skrifte, van Genesis tot Openbaring. Die tema van bloed in die Skrifte, en spesifiek bloedvergieting, gaan oor die offer van ‘n lewe, soos reeds in Genesis in beginsel vasgelê is deur God. God het vir Adam en Eva rokke van vel gemaak wat afkonstig was van ‘n dooie dier wat vir die doel sy lewe verloor het. Die beginsel was dat sonder bloedvergieting is daar geen vergifnis van sonde nie:

Gen 3:21  En die HERE God het vir die mens en sy vrou rokke van vel gemaak en hulle dit aangetrek.

Heb 9:22  … en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.

Om die nuwe lewe in gees te verkry moet ons ons ou lewe van vlees aflê:

Mat 10:38-39  En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.  39  Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.

  • Deel 1 was ‘n kort algemene oorsig oor die tema van bloed in die Skrifte.
  • In Deel 2 het ons gekyk hoe die beginsel dat bloedvergieting ‘n sentrale aspek in ons vergifnis van sonde inneem.
  • In Deel 3 was die fokus op die vraag hoe ons almal skuldig is aan die bloed van Abel, en ook die dood van almal God se boodskappers, insluitend die dood van Jesus Christus.
  • In Deel 4 het ons gekyk na die geestelike betekenis van die verbod van bloed in die dieet van mens.
  • In Deel 5 het ons ondersoek hoe bloedvergieting deur diere offers verbind is aan danksegging en belofte.

In Deel 6 kyk ons na die verbintenisse tussen bloed en verbondskappe, en dan ook die diep geestelike betekenisse wat dit vir ons inhou te belig, soos God ons die insigte gee uit Sy Skrifte. Ons het sewe aspekte uitgehaal uit die volgende verbond wat God met Abraham gesluit het:

Gen 15:9-21  En Hy [God] antwoord hom [Abram – later Abraham genoem]: Neem vir My ‘n driejaaroud vers en ‘n driejaaroud bokooi en ‘n driejaaroud ram en ‘n tortelduif en ‘n jong duif.  10  En hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie verdeel nie.  11  Toe kom daar roofvoëls op die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag.  12  En toe die son wou ondergaan, val daar ‘n diepe slaap op Abram, en kyk, skrik en groot duisternis het hom oorval.  13  Daarop sê Hy vir Abram: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in ‘n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word vier honderd jaar lank.  14  Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie hulle diensbaar moet wees, en daarna sal hulle uittrek met baie goed.  15  Maar jy sal na jou vaders gaan in vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word.  16  En die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nog toe nie vol nie.  17  En ná sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar ‘n rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis deur.  18  Op dié dag het die HERE met Abram ‘n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:  19  die Keniete en Kenissiete en Kadmoniete  20  en Hetiete en Feresiete en Refaïete  21  en Amoriete en Kanaäniete en Girgasiete en Jebusiete.

  1. Die eerste aspek wat ons na kyk uit die Skrifgedeelte in Genesis 15 is die rol wat diere speel in hierdie verbond wat God gemaak het met Abraham, en hoe dit in ons eie lewe toegepas word.
  2. Die tweede aspek wat ons op fokus uit hierdie gedeelte is die rol van die getal “twee” in die sluiting van ‘n verbond.
  3. Die derde aspek is die gebruik van die getal “drie” en hoe ons God se geestelike insigte vir ons eie groei in geloof kan sien, soos God wil.
  4. Die vierde aspek wat ons dek is hoekom ons moet weet dat alles wat met ons gebeur deel is van God se plan vir ons persoonlik, en hoekom ons God moet eer in al ons weë in hierdie wêreld.
  5. Die vyfde aspek gaan oor die vrees en verskrikking in ons vlees wanneer ons met die dood gekonfronteer word.
  6. Die sesde aspek is die simboliese gebruik van Egipte in ons eie lewe. God is in beheer van Egipte in ons eie lewe, en God sal ook Egipte se heerskappy in ons lewe beëindig.
  7. Die sewende aspek wat ons belig in ons teksgedeelte in Genesis 15 is die belangrikheid van God se oordeel in ons lewens.

Met hierdie agtergrond en die geestelike betekenisse wat ons in ons eie lewe kan sien, soos God ons die insigte gee, delf ons nou dieper in die rol van bloed binne verbondskappe. Ons kyk vervolgens kortliks na die verbond wat God met die volk Israel gesluit het, en watter rol bloed daar gespeel het.

Bloedoffers onder God se verbond met die volk van Israel, soos vervat in die wet van Moses

God het die volk Israel beveel om daagliks talle bloedoffers te bring volgens sekere prosedures wat deur God voorgeskryf was. Bloed is die simbool van lewe, en deur die vergieting van bloed word ‘n aardse lewe opgeoffer.

Lev 17:11  Want die siel [Hebreeus: “nephesh” = lewe] van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel.

Wat die vers in Levitikus vir ons sê is dat deur die offer van ons aardse lewe kom daar ‘n versoening met God omdat ons dan toegang kry tot ‘n nuwe en hoër vorm van lewe, naamlik God se geestelike lewe. Ons natuurlike mens wil glad nie hiervan hoor nie. Die offer van diere in die verbond met Israel het dus niks te make met plaasvervanging nie, soos algemeen gepreek word nie. Die offers van die verbond met Israel is alles te make met ons eie lewe. Ons moet ons eie aardse lewe prysgee om deel te kan hê aan God se geestelike lewe wat net verkrygbaar is deur Jesus Christus:

Mat 10:38-39  En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.  39  Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.

Fil 4:13  Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.

Gal 2:20  Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

Geen offer word aanvaar sonder bloedvergieting nie, soos ons sien met die offers wat Abel en Kain gebring het:

Gen 4:1-5  En die mens het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en Kain gebaar en gesê: Ek het ‘n man verkry met die hulp van die HERE.  2  Daarna het sy ook sy broer Abel gebaar. En Abel het ‘n skaapherder geword, en Kain ‘n landbouer.  3  En ná verloop van tyd het Kain van die vrugte van die land aan die HERE ‘n offer gebring.  4  En Abel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring, naamlik van hulle vet. En die HERE het Abel en sy offer genadig aangesien,  5  maar Kain en sy offer nie aangesien nie. Toe word Kain baie kwaad, en hy het sy hoof laat hang.

Hierdie beginsel van bloedvergieting by elke offer aan God word verder uitgebou onder die verbond wat God met die volk Israel gesluit het deur die wet van Moses, vir ons lering:

Heb 9:18-22  Daarom is ook die eerste testament [verbond] nie sonder bloed ingewy nie;  19  want toe elke gebod volgens die wet deur Moses aan die hele volk aangekondig is, het hy die bloed van die kalwers en bokke saam met water en skarlakenrooi wol en hisop geneem en die boek self en die hele volk besprinkel  20  en gesê: Dit is die bloed van die testament wat God met die oog op julle verorden het.  21  En hy het ook die tabernakel en al die gereedskap van die diens net so met die bloed besprinkel.  22  En byna alles word met bloed gereinig volgens die wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.

Alles wat in Israel gebeur het onder die ou verbond, was tipes (geestelike skadubeelde) van wat ons in Christus ervaar en op ons eie lewe van toepassing is, soos God dit aan ons uitwys op die tyd wanneer ons dit kan ontvang:

1Kor 10:11  (AOV) Maar al hierdie dinge [ook bloedvegieting] het hulle oorgekom as voorbeelde [Grieks: “tupos” = tipes] en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.

1Co 10:11 (Weymouth)  All this kept happening to them with a figurative meaning; but it was put on record by way of admonition to us upon whom the ends of the Ages have come.

1Co 10:11 (EMTV) Now all these things happened to those people as examples, and they were written for our instruction, to whom the ends of the ages have come.

Daar was vyf hoofoffers wat gebring moes word onder die ou verbond van Israel, wat ons fokus sal wees binne hierdie tema van bloed en verbondskappe:

  1. Die brandoffer
  2. Die spysoffer
  3. Die dankoffer (insluitend is die lofdankoffer, die gelofte-offer en die vredesoffer)
  4. Die sondoffer
  5. Die skuldoffer

Ander offers wat Israel moes bring sluit aan by hierdie vyf hoofoffers, en bring verder dieper insigte. Deur middel van al hierdie offers leer ons onder meer van belangrike rolle en funksies wat Christus deur Sy kerk bewerkstellig, en wat hierdie kerk dan ook doen in hul eie lewens:

Efes 5:1-2  Wees dan navolgers van God soos geliefde kinders;  2  en wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as ‘n gawe en offer aan God tot ‘n lieflike geur.

Heb 5:1-8  Want elke hoëpriester wat uit die mense geneem word, tree ten behoewe van mense op in die dinge wat in betrekking tot God staan, om gawes en offers vir die sondes te bring  2  as een wat kan saamvoel met die onwetendes en dwalendes, omdat hy self ook met swakheid bevange is.  3  En daarom juis moet hy, net soos vir die volk, so ook vir homself vanweë die sondes offer.  4  En niemand neem die waardigheid vir homself nie, maar hy wat deur God geroep word, net soos Aäron.  5  So het Christus ook Homself nie verheerlik om Hoëpriester te word nie, maar Hy het Hom verheerlik wat vir Hom gesê het: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer.  6  Soos Hy ook op ‘n ander plek sê: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.  7  Hy wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hóm geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs—  8  Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het;

Rom 12:1  Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens.

Kol 1:24  Nou verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christus vir sy liggaam, wat die gemeente is.

Ons sal ook kortliks kyk na die drankoffer en hoe dit aansluit by die vyf hoofoffers onder die verbond wat God met Israel gesluit het, en hoe dit op ons eie lewe van toepassing is, soos God wil. Selfs hierdie offer het te doen met die offer van ‘n lewe, alhoewel nie fisiese bloed hier ter sprake is nie:

Die drankoffer

Die eerste keer waar ons lees van ‘n drankoffer in die Skrifte is toe Jakob so ‘n offer aan God bring. Die konteks is Jakob se terugkeer na die land Kanaän nadat hy 20 jaar weggebly het uit vrees vir sy broer Esau vir wie hy uit die eerstegeboortereg gekul het. God het hier met sy terugkeer na Kanaän Jakob se naam verander na “Israel”, en beloftes aan Jakob gemaak. Dit het Jakob beweeg om ‘n gedenksteen op te rig en die drankoffer met olie daarop uitgegooi:

Gen 35:6-15  So het Jakob dan in Lus aangekom wat in die land Kanaän is dit is Bet-el—hy en al die mense wat by hom was.  7  en hy het daar ‘n altaar gebou en die plek El Bet-el genoem, omdat God daar aan hom geopenbaar is toe hy vir sy broer gevlug het.  8  En Debora, die oppasser van Rebekka, het gesterwe, en sy is begrawe onderkant Bet-el, onder die eikeboom. En hulle het dit genoem: Eik van geween.  9  Toe verskyn God weer aan Jakob, by sy terugkoms uit Paddan-Aram, en Hy seën hom;  10  en God sê vir hom: Jou naam is Jakob; jy sal verder nie Jakob genoem word nie, maar Israel sal jou naam wees. En Hy het hom Israel genoem.  11  Verder sê God vir hom: Ek is God, die Almagtige. Wees vrugbaar en vermeerder. ‘n Nasie, ja, ‘n menigte van nasies, sal van jou afstam, en konings sal uit jou lendene voortkom.  12  En die land wat Ek aan Abraham en Isak gegee het, sal Ek aan jou gee; en aan jou nageslag ná jou sal Ek die land gee.  13  Toe het God van hom af opgevaar op die plek waar Hy met hom gespreek het.  14  En Jakob het ‘n gedenksteen opgerig op die plek waar Hy met hom gespreek het, ‘n gedenksteen van klip, en daarop ‘n drankoffer uitgegiet en olie daarop gegooi.  15  En Jakob het die plek waar God met hom gespreek het, Bet-el genoem.

Geen detail oor wat hierdie drankoffer behels was hier in die spesifieke teks gegee nie, maar ons lees weer van die drankoffer onder die wet van Moses, waar ons meer detail vind. Ons leer die dieper dinge van God deur verskillende dele van die Skrifte saam te voeg omdat die waarheid deur twee en meer getuies vasgestel word:

2Pe 1:20  terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif ‘n saak van eie uitlegging is nie. (die woord “eie” beteken hier “een” getuie).

2Kor 13:1  Dit is die derde keer dat ek na julle toe kom. In die mond van twee of drie getuies sal elke woord vasstaan.

Jes 28:9-10  Vir wie wil hy dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is?  10  Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie.

1Kor 2:13  Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike [Skrif met Skrif = Joh 6:63) vergelyk.

Die drankoffer was deel van verskeie offers onder die Wet van Moses, en was ook by feeste gebruik. Hier is twee verwysings in die Skrifte waar die drankoffer by Joodse feeste gebruik was, naamlik die fees van die eerstevrug, en die fees van weke (die Pinksterfees).

Die fees van die eerstevrug:

Lev 23:9-14  En die HERE het met Moses gespreek en gesê:  10  Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle: As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle die eerstelingsgerf van julle oes na die priester bring.  11  En hy moet die gerf voor die aangesig van die HERE beweeg, sodat julle welgevallig kan wees; die dag ná die sabbat moet die priester dit beweeg.  12  Julle moet ook op die dag as julle die gerf beweeg, ‘n jaaroud lam sonder gebrek as brandoffer aan die HERE berei,  13  en die spysoffer wat daarby behoort, twee tiendes van ‘n efa fynmeel met olie gemeng as vuuroffer aan die HERE, ‘n lieflike geur, en daarby die drankoffer van wyn, ‘n kwart hin.  14  En julle mag geen brood of gebraaide koring of vars graan eet tot daardie selfde dag toe nie, totdat julle die offer van julle God bring. Dit is ‘n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke.

Hierdie “eerstelingsgerf” verwys na Jesus binne die geestelike toepassing van die woord, vir hulle wie God onder die verbond van die gees opneem. Jesus is inderdaad die “Eersteling” vir wie die Vader aangestel het om in alles eerste te wees:

Kol 1:15-18  Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping;  16  want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.  17  En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.  18  En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.

Open 3:14  En skryf aan die engel van die gemeente van die Laodicense: Dít sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God:

Die fees van weke (Pinkster):

Lev 23:15-22  Dan moet julle tel van die dag ná die sabbat, van die dag af as julle die beweegoffergerf bring sewe volle weke moet dit wees;  16  tot die dag ná die sewende sabbat moet julle vyftig dae tel; dan moet julle ‘n nuwe spysoffer aan die HERE bring.  17  Julle moet uit jul woonplekke twee beweegbrode bring; dit moet van twee tiendes van ‘n efa fynmeel wees; gesuurd moet dit gebak word as eerstelinge aan die HERE.  18  Julle moet ook by die brood sewe jaaroud lammers sonder gebrek en een jong bul en twee ramme bring. Hulle moet ‘n brandoffer aan die HERE wees saam met die spysoffer en die drankoffers wat daarby behoort as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.  19  En julle moet een bokram as sondoffer berei. Ook twee jaaroud lammers as dankoffer,  20  en die priester moet hulle saam met die eerstelingsbrood as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg saam met die twee lammers; dié moet aan die HERE heilig wees, ten voordele van die priester.  21  En julle moet op daardie selfde dag uitroep: ‘n heilige vierdag moet dit vir julle wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. Dit is ‘n ewige insetting in al julle woonplekke vir julle geslagte.  22  En as julle die opbrings van jul land oes, moet jy die kant van jou land as jy oes nie heeltemal afoes en die are wat val, nie versamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is die HERE julle God.

Die gemeente van Christus word saam met Hom as ‘n eenheid gesien deur die Vader en hulle word dan ook as eerstelinge van Sy nuwe skepping gesien en beskryf in die Skrifte. Hulle word nou eerste na Christus getrek deur die Vader, en hulle sal deel vorm van die eerste opstanding wie dan aan die wêreld vertoon sal word:

Joh 6:44  Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

Jak 1:18  Volgens sy wil het Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid, sodat ons as eerstelinge van sy skepsele kan wees.

Open 20:4-6  En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.  5  En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.  6  Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.

Rom 8:19  Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.

Die element van wyn was belangrik in elke drankoffer. Die hoeveelheid wyn wat gebruik was, is ook baie insiggewend:

  • ‘n kwart-hin wyn was die drankoffer saam met die offer van ‘n lam;
  • ‘n derde-hin wyn was die drankoffer saam met die offer van ‘n ram;
  • ‘n half-hin wyn was die drankoffer saam met die offer van ‘n jong bul.

Hier is die drie skrifverwysings wat weer wys dat ons deur ‘n proses groei tot volwassenheid (lees gerus die studie oor die geestelike betekenis van die getal drie):

Eks 29:40  met ‘n tiende van ‘n efa fynmeel, gemeng met ‘n kwart-hin uitgestampte olie, en as drankoffer ‘n kwart-hin wyn vir die een lam.

Num 15:6-7  Of vir ‘n ram moet jy as spysoffer berei twee-tiendes van ‘n efa fynmeel, met ‘n derde van ‘n hin olie gemeng.  7  En ‘n derde van ‘n hin wyn vir die drankoffer moet jy as lieflike geur aan die HERE bring.

Num 15:8-10  En as jy ‘n jong bul as brandoffer of slagoffer berei, deur ‘n besondere gelofte te volbring of as dankoffer aan die HERE,  9  moet hy by die jong bul as spysoffer bring drie-tiendes van ‘n efa fynmeel met ‘n half-hin olie gemeng.  10  En vir die drankoffer moet jy ‘n half-hin wyn bring, as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.

Ons het reeds geleer uit die Skrifte dat die tipes diere wat geoffer was, was na gelang van die persoon se inkomste. Op ‘n geestelike vlak wys hierdie gradering op ons maat van geloof wat die Vader aan elkeen skenk en waarlangs ons geestelik groei. Elke drankoffer het sy eie graad van toepassing in elkeen se lewe, volgens die maat van geloof wat God aan elkeen skenk:

Rom 12:1-3  Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens.  2  En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.  3  Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat ‘n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.

Wyn was ter sprake by die drankoffer vir ‘n baie goeie rede as dit kom by geestelike toepassing. Wyn is ‘n beeld van bloedvergieting en daarom is die drankoffer ook ‘n sinnebeeld van die opneem van ons kruis en afsterwe van ons vleeslike verbintenisse in hierdie lewe:

Mat 10:38-39  En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.  39  Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.

Jesus het hierdie verbintenis tussen wyn en die bloedoffer beklemtoon die aand voor Sy dood deur die instelling van ‘n maaltyd waar brood en wyn gebruik was:

Luk 22:14-23  En toe die uur kom, het Hy aan tafel gegaan en die twaalf apostels saam met Hom.  15  En Hy sê vir hulle: Ek het baie sterk daarna verlang om hierdie pasga met julle te eet voordat Ek ly.  16  Want Ek sê vir julle: Ek sal sekerlik nie meer daarvan eet voordat dit in die koninkryk van God vervul is nie.  17  En toe Hy ‘n beker geneem het, dank Hy en sê: Neem dit en deel dit onder julle.  18  Want Ek sê vir julle: Ek sal sekerlik nie drink van die vrug van die wynstok voordat die koninkryk van God gekom het nie.  19  Daarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Dit is my liggaam wat vir julle gegee word; doen dit tot my gedagtenis.  20  Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.  21  Maar kyk, die hand van hom wat My verraai, is by My aan tafel.  22  Die Seun van die mens gaan wel heen volgens wat bepaal is, maar wee daardie man deur wie Hy verraai word!  23  Toe begin hulle onder mekaar te vra wie van hulle dit tog kon wees wat dit sou doen.

Hierdie apostels was aanvanklik geestelik onvolwasse, en het nie die geestelike boodskap van Jesus se woorde verstaan nie. Hulle was soos alle vleeslike mense altyd kompeterend. Hulle wou eerder twis oor wie die belangrikste sou wees in die nuwe koninkryk van Jesus:

Luk 22:24-30  En daar het ook twis onder hulle ontstaan oor wie van hulle die grootste geag moet wees.  25  En Hy het vir hulle gesê: Die konings van die nasies heers oor hulle, en die wat gesag voer oor hulle, word weldoeners genoem.  26  Maar so moet julle nie wees nie; maar die oudste onder julle moet word soos die jongste, en wie ‘n leier is, soos een wat dien.  27  Want wie is groter: die een wat aan tafel is, of die een wat dien? Is dit nie hy wat aan tafel is nie? Maar Ek is onder julle soos een wat dien.  28  En dit is julle wat altyddeur by My gebly het in my versoekinge.  29  En Ek beskik vir julle ‘n koninkryk soos my Vader dit vir My beskik het,  30  sodat julle kan eet en drink aan my tafel in my koninkryk en op trone sit om die twaalf stamme van Israel te oordeel.

Niemand is groter as Christus, die Hoof nie…

Efes 1:9-11  deurdat Hy aan ons die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het,  10  om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig—  11  in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil.

Efes 4:11-16  En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars,  12  om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus,  13  totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;  14  sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;  15  maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus,  16  uit wie die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate—die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.

Almal pas in waar die Vader hom of haar wil gebruik in die liggaam van Jesus (die Kerk van Jesus). Ons almal leer op die harde manier, ook soos die eerste apostels moes leer dat hulle ook sou drink uit die bitter beker van die oordeel van God, op die tyd soos die Vader bepaal:

Mat 20:20-28  Toe kom die moeder van die seuns van Sebedéüs met haar seuns na Hom en buig voor Hom neer om iets van Hom te vra.  21  En Hy sê vir haar: Wat wil jy hê? Sy antwoord Hom: Sê dat hierdie twee seuns van my in u koninkryk mag sit, een aan u regter— en een aan u linkerhand.  22  Maar Jesus antwoord en sê: Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die beker drink wat Ek aanstons gaan drink, en gedoop word met die doop waarmee Ek gedoop word? Hulle sê vir Hom: Ons kan.  23  En Hy sê vir hulle: Dis waar, my beker sal julle drink en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word; maar om te sit aan my regter— en aan my linkerhand berus nie by My om te gee nie, maar is vir hulle vir wie dit deur my Vader berei is.  24  En toe die tien dit hoor, was hulle verontwaardig oor die twee broers.  25  Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Julle weet dat die owerstes van die nasies oor hulle heers en die groot manne oor hulle gesag uitoefen;  26  maar só moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees.  27  En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees;  28  net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie.Die eerste apostels was op hierdie stadium totaal onbewus wat hierdie woorde beteken, en het liewers na ander verwys wat Jesus sou verraai en Hom oorlewer om gedood te word. Hulle kon nie hulself in daardie posisie sien nie. Hulle almal sou deelhê aan die dood van Jesus:

Mat 26:26-29  En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam.  27  Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit.  28  Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.  29  Maar Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van my Vader.

Geestelike volwassenheid beteken om te sien dat ons saam met Jesus die pad van vervolging, verwerping en mishandeling moet stap:

Fil 1:29  omdat dit aan julle ter wille van Christus genadiglik gegee is om nie alleen in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly.

2Ti 2:3  Ly dan verdrukking soos ‘n goeie krygsman van Jesus Christus.

1Pe 4:12-14  Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie;  13  maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel.  14  As julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van die heerlikheid en van God op julle rus. Wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref, word Hy verheerlik.

Gal 2:20  Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

Dit is wat die apostel Paulus ook in diepte ervaar het en aan ons skryf ter aanmoediging dat onsself ‘n drankoffer is tot eer van die Here:

Fil 2:17-18  Maar al word ek as ‘n drankoffer uitgegiet oor die offer en bediening van julle geloof, verbly ek my, ja, verbly ek my saam met julle almal;  18  en om dieselfde rede moet julle ook bly wees en julle saam met my verbly.

2Ti 4:6  Want ek word alreeds as ‘n drankoffer uitgegiet, en die tyd van my heengaan is naby.

Die maaltyd van wyn en brood het niks te doen met fisiese brood en fisiese wyn nie. Dit het egter alles te make met ons eie liggaam en ons denke wat verander moet word. God begin binne-in ons en dit is om ons denke te verander:

Mat 23:25-28  Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid.  26  Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word.  27  Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is.  28  So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid.

Die buitekant sal weldra verander word, by die opstanding uit die dode:

1Kor 15:35-44  Maar iemand sal sê: Hoe word die dode opgewek, en met hoedanige liggaam kom hulle?  36  Dwase mens! Wat jy saai, word nie lewendig as dit nie gesterf het nie.  37  En wat jy saai—jy saai nie die liggaam wat sal word nie, maar ‘n blote korrel, byvoorbeeld van koring of van iets anders.  38  Maar God gee dit ‘n liggaam soos Hy gewil het, en aan elkeen van die saadkorrels sy eie liggaam.  39  Alle vlees is nie dieselfde vlees nie, maar die vlees van mense is anders as die vlees van vee, en dié van visse anders as dié van voëls.  40  En daar is hemelse liggame en aardse liggame; maar die heerlikheid van die hemelse is anders as dié van die aardse.  41  Anders is die heerlikheid van die son en anders die heerlikheid van die maan en anders die heerlikheid van die sterre; want die een ster verskil in heerlikheid van die ander ster.  42  So is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid, daar word opgewek in onverganklikheid;  43  daar word gesaai in oneer, daar word opgewek in heerlikheid; daar word gesaai in swakheid, daar word opgewek in krag.  44  ‘n Natuurlike liggaam word gesaai, ‘n geestelike liggaam word opgewek. Daar is ‘n natuurlike liggaam, en daar is ‘n geestelike liggaam.

Ons wag op die nuwe geestelike liggaam, maar ons innerlike nuwe skepping word daagliks vernuwe deur die Woord:

2Kor 4:14-18  Want ons weet dat Hy wat die Here Jesus opgewek het, ons ook deur Jesus sal opwek en saam met julle voor Hom sal stel.  15  Want dit is alles om julle ontwil, sodat die genade, wat groter geword het deur so baie mense, die danksegging oorvloedig kan maak tot die heerlikheid van God.  16  Daarom gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe.  17  Want ons ligte verdrukking wat vir ‘n oomblik is, bewerk vir ons ‘n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid;  18  omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.

Hulle wie in die Christus opgeneem word, neem inderdaad deel aan die een Hoof en een liggaam, deur saam te kom as eenheid in die denke en leer van Christus. Hulle is “verstandige mense” wat een van sin en een van denke is in Christus se leer.

1Kor 10:15-17  Ek spreek soos met verstandige mense; oordeel self wat ek sê:  16  die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie?  17  Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.