Die tema van bloed in die Skrifte: Deel 6 – Bloed en die verbonde in die Skrifte (14)

[Hierdie artikel is oorspronklik in Afrikaans geskryf. Ek neem nie verantwoordelikheid vir foutiewelike / verkeerde inhoud wat van internet vertalings verkry word nie – Larry Groenewald]

Agtergrond:

Die tema van bloed (bloedvergieting) is een van die sentrale temas in die Skrifte, van Genesis tot Openbaring. Die tema van bloed in die Skrifte, en spesifiek bloedvergieting, gaan oor die offer van ‘n lewe, soos reeds in Genesis in beginsel vasgelê is deur God. God het vir Adam en Eva rokke van vel gemaak wat afkonstig was van ‘n dooie dier wat vir die doel sy lewe verloor het. Die beginsel was dat sonder bloedvergieting is daar geen vergifnis van sonde nie:

Gen 3:21  En die HERE God het vir die mens en sy vrou rokke van vel gemaak en hulle dit aangetrek.

Heb 9:22  … en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.

Om die nuwe lewe in gees te verkry moet ons ons ou lewe van vlees aflê:

Mat 10:38-39  En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.  39  Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.

  • Deel 1 was ‘n kort algemene oorsig oor die tema van bloed in die Skrifte.
  • In Deel 2 het ons gekyk hoe die beginsel dat bloedvergieting ‘n sentrale aspek in ons vergifnis van sonde inneem.
  • In Deel 3 was die fokus op die vraag hoe ons almal skuldig is aan die bloed van Abel, en ook die dood van almal God se boodskappers, insluitend die dood van Jesus Christus.
  • In Deel 4 het ons gekyk na die geestelike betekenis van die verbod van bloed in die dieet van mens.
  • In Deel 5 het ons ondersoek hoe bloedvergieting deur diere offers verbind is aan danksegging en belofte.

In Deel 6 kyk ons na die verbintenisse tussen bloed en verbondskappe, en dan ook die diep geestelike betekenisse wat dit vir ons inhou te belig, soos God ons die insigte gee uit Sy Skrifte. Ons het sewe aspekte uitgehaal uit die volgende verbond wat God met Abraham gesluit het:

Gen 15:9-21  En Hy [God] antwoord hom [Abram – later Abraham genoem]: Neem vir My ‘n driejaaroud vers en ‘n driejaaroud bokooi en ‘n driejaaroud ram en ‘n tortelduif en ‘n jong duif.  10  En hy het dit alles vir Hom gebring en dit middeldeur gedeel en die helftes teenoor mekaar gelê; maar die voëls het hy nie verdeel nie.  11  Toe kom daar roofvoëls op die dooie diere af, maar Abram het hulle weggejaag.  12  En toe die son wou ondergaan, val daar ‘n diepe slaap op Abram, en kyk, skrik en groot duisternis het hom oorval.  13  Daarop sê Hy vir Abram: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in ‘n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word vier honderd jaar lank.  14  Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie hulle diensbaar moet wees, en daarna sal hulle uittrek met baie goed.  15  Maar jy sal na jou vaders gaan in vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word.  16  En die vierde geslag sal hierheen terugkom, want die ongeregtigheid van die Amoriete is tot nog toe nie vol nie.  17  En ná sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar ‘n rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis deur.  18  Op dié dag het die HERE met Abram ‘n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:  19  die Keniete en Kenissiete en Kadmoniete  20  en Hetiete en Feresiete en Refaïete  21  en Amoriete en Kanaäniete en Girgasiete en Jebusiete.

  1. Die eerste aspek wat ons na kyk uit die Skrifgedeelte in Genesis 15 is die rol wat diere speel in hierdie verbond wat God gemaak het met Abraham, en hoe dit in ons eie lewe toegepas word.
  2. Die tweede aspek wat ons op fokus uit hierdie gedeelte is die rol van die getal “twee” in die sluiting van ‘n verbond.
  3. Die derde aspek is die gebruik van die getal “drie” en hoe ons God se geestelike insigte vir ons eie groei in geloof kan sien, soos God wil.
  4. Die vierde aspek wat ons dek is hoekom ons moet weet dat alles wat met ons gebeur deel is van God se plan vir ons persoonlik, en hoekom ons God moet eer in al ons weë in hierdie wêreld.
  5. Die vyfde aspek gaan oor die vrees en verskrikking in ons vlees wanneer ons met die dood gekonfronteer word.
  6. Die sesde aspek is die simboliese gebruik van Egipte in ons eie lewe. God is in beheer van Egipte in ons eie lewe, en God sal ook Egipte se heerskappy in ons lewe beëindig.
  7. Die sewende aspek wat ons belig in ons teksgedeelte in Genesis 15 is die belangrikheid van God se oordeel in ons lewens.

Met hierdie agtergrond en die geestelike betekenisse wat ons in ons eie lewe kan sien, soos God ons die insigte gee, delf ons nou dieper in die rol van bloed binne verbondskappe. Ons kyk vervolgens kortliks na die verbond wat God met die volk Israel gesluit het, en watter rol bloed daar gespeel het.

Bloedoffers onder God se verbond met die volk van Israel, soos vervat in die wet van Moses

God het die volk Israel beveel om daagliks talle bloedoffers te bring volgens sekere prosedures wat deur God voorgeskryf was. Bloed is die simbool van lewe, en deur die vergieting van bloed word ‘n aardse lewe opgeoffer.

Lev 17:11  Want die siel [Hebreeus: “nephesh” = lewe] van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel.

Wat die vers in Levitikus vir ons sê is dat deur die offer van ons aardse lewe kom daar ‘n versoening met God omdat ons dan toegang kry tot ‘n nuwe en hoër vorm van lewe, naamlik God se geestelike lewe. Ons natuurlike mens wil glad nie hiervan hoor nie. Die offer van diere in die verbond met Israel het dus niks te make met plaasvervanging nie, soos algemeen gepreek word nie. Die offers van die verbond met Israel is alles te make met ons eie lewe. Ons moet ons eie aardse lewe prysgee om deel te kan hê aan God se geestelike lewe wat net verkrygbaar is deur Jesus Christus:

Mat 10:38-39  En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.  39  Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.

Fil 4:13  Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.

Gal 2:20  Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

Geen offer word aanvaar sonder bloedvergieting nie, soos ons sien met die offers wat Abel en Kain gebring het:

Gen 4:1-5  En die mens het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en Kain gebaar en gesê: Ek het ‘n man verkry met die hulp van die HERE.  2  Daarna het sy ook sy broer Abel gebaar. En Abel het ‘n skaapherder geword, en Kain ‘n landbouer.  3  En ná verloop van tyd het Kain van die vrugte van die land aan die HERE ‘n offer gebring.  4  En Abel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring, naamlik van hulle vet. En die HERE het Abel en sy offer genadig aangesien,  5  maar Kain en sy offer nie aangesien nie. Toe word Kain baie kwaad, en hy het sy hoof laat hang.

Hierdie beginsel van bloedvergieting by elke offer aan God word verder uitgebou onder die verbond wat God met die volk Israel gesluit het deur die wet van Moses, vir ons lering:

Heb 9:18-22  Daarom is ook die eerste testament [verbond] nie sonder bloed ingewy nie;  19  want toe elke gebod volgens die wet deur Moses aan die hele volk aangekondig is, het hy die bloed van die kalwers en bokke saam met water en skarlakenrooi wol en hisop geneem en die boek self en die hele volk besprinkel  20  en gesê: Dit is die bloed van die testament wat God met die oog op julle verorden het.  21  En hy het ook die tabernakel en al die gereedskap van die diens net so met die bloed besprinkel.  22  En byna alles word met bloed gereinig volgens die wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.

Alles wat in Israel gebeur het onder die ou verbond, was tipes (geestelike skadubeelde) van wat ons in Christus ervaar en op ons eie lewe van toepassing is, soos God dit aan ons uitwys op die tyd wanneer ons dit kan ontvang:

1Kor 10:11  (AOV) Maar al hierdie dinge [ook bloedvegieting] het hulle oorgekom as voorbeelde [Grieks: “tupos” = tipes] en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.

1Co 10:11 (Weymouth)  All this kept happening to them with a figurative meaning; but it was put on record by way of admonition to us upon whom the ends of the Ages have come.

1Co 10:11 (EMTV) Now all these things happened to those people as examples, and they were written for our instruction, to whom the ends of the ages have come.

Daar was vyf hoofoffers wat gebring moes word onder die ou verbond van Israel, wat ons fokus sal wees binne hierdie tema van bloed en verbondskappe:

  1. Die brandoffer
  2. Die spysoffer
  3. Die dankoffer (insluitend is die lofdankoffer, die gelofte-offer en die vredesoffer)
  4. Die sondoffer
  5. Die skuldoffer

Ander offers wat Israel moes bring sluit aan by hierdie vyf hoofoffers, en bring verder dieper insigte. Deur middel van al hierdie offers leer ons onder meer van belangrike rolle en funksies wat Christus deur Sy kerk bewerkstellig, en wat hierdie kerk dan ook doen in hul eie lewens:

Efes 5:1-2  Wees dan navolgers van God soos geliefde kinders;  2  en wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as ‘n gawe en offer aan God tot ‘n lieflike geur.

Heb 5:1-8  Want elke hoëpriester wat uit die mense geneem word, tree ten behoewe van mense op in die dinge wat in betrekking tot God staan, om gawes en offers vir die sondes te bring  2  as een wat kan saamvoel met die onwetendes en dwalendes, omdat hy self ook met swakheid bevange is.  3  En daarom juis moet hy, net soos vir die volk, so ook vir homself vanweë die sondes offer.  4  En niemand neem die waardigheid vir homself nie, maar hy wat deur God geroep word, net soos Aäron.  5  So het Christus ook Homself nie verheerlik om Hoëpriester te word nie, maar Hy het Hom verheerlik wat vir Hom gesê het: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer.  6  Soos Hy ook op ‘n ander plek sê: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.  7  Hy wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hóm geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs—  8  Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het;

Rom 12:1  Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens.

Kol 1:24  Nou verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christus vir sy liggaam, wat die gemeente is.

Ons sal ook kortliks kyk na die twee bokramme wat gebruik was tydens die groot Versoendag van Israel, en hoe dit aansluit by die vyf hoofoffers onder die verbond wat God met Israel gesluit het, en hoe dit op ons eie lewe van toepassing is, soos God wil.

Die geestelike betekenis van die twee bokramme wat op die Versoendag betrokke was:

In alles wat God doen is daar ‘n doel en daar is orde. So moes Moses, Aäron, en ook die hele volk van Isarel uitvind op die harde manier. Aäron het twee van sy seuns (die priesters) verloor aan die dood toe hulle nie aan God se orde en Sy heilige insettinge gehoorsaam was nie. Veral hulle wat “naby” die Here werk, word aan baie hoër maatstawwe onderwerp en gemeet:

Lev 10:1-3  En die seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, het elkeen sy vuurpan geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie.  2  Daarop het daar vuur van die aangesig van die HERE uitgegaan en hulle verteer, en hulle het gesterwe voor die aangesig van die HERE.  3  Toe sê Moses vir Aäron: Dit is dit wat die HERE gespreek het deur te sê: In die wat naby My is, wil Ek My as die Heilige laat ken, en voor die oë van die hele volk wil Ek My verheerlik. Maar Aäron het stilgebly.

Die dood van hierdie twee seuns het Moses en Aäron laat besef dat hulle noukeurig na God se opdragte moes luister en dit presies uitvoer, en dit was veral belangrik op die groot Versoendag wat een keer ‘n jaar plaasgevind het op die tiende dag van die Joodse sewende maand Tisjri. God se tye en hoe ons voor Hom verskyn, is van groot belang om van kennis te neem:

Lev 16:1-34  En die HERE het met Moses gespreek ná die dood van die twee seuns van Aäron, wat gesterf het toe hulle voor die aangesig van die HERE nader gekom het;  2  en die HERE het aan Moses gesê: Spreek met jou broer Aäron dat hy nie te eniger tyd moet ingaan in die heiligdom nie, binnekant die voorhangsel, voor die versoendeksel wat op die ark is, sodat hy nie sterwe nie; want Ek verskyn in die wolk op die versoendeksel.  3  Hiermee moet Aäron in die heiligdom ingaan: met ‘n jong bul as sondoffer en ‘n ram as brandoffer.  4  Hy moet ‘n heilige linnerok aantrek en ‘n linnebroek moet oor sy vlees wees en met ‘n linnegordel moet hy hom gord en ‘n linnetulband moet op sy hoof wees. Dit is heilige klere; en hy moet sy liggaam in die water bad en dit aantrek.  5  En van die vergadering van die kinders van Israel moet hy twee bokramme as sondoffer en een ram as brandoffer neem.  6  Dan moet Aäron die sondofferbul wat vir hom bedoel is, aanbring en vir hom en sy huis versoening doen.  7  Hy moet ook die twee bokke neem en hulle voor die aangesig van die HERE stel by die ingang van die tent van samekoms.  8  En Aäron moet oor die twee bokke die lot werp, een lot vir die HERE en een lot vir Asásel.  9  Dan moet Aäron die bok aanbring waar die lot vir die HERE op gekom het en hom as sondoffer berei;  10  maar die bok waar die lot vir Asásel op gekom het, moet lewendig voor die aangesig van die HERE gestel word, om oor hom versoening te bewerk deur hom vir Asásel in die woestyn te stuur.  11  Aäron moet dan die sondofferbul wat vir hom bedoel is, laat aankom en vir hom en sy huis versoening doen: hy moet die sondofferbul slag wat vir hom bedoel is,  12  en die vuurpan vol gloeiende kole van die altaar voor die aangesig van die HERE wegneem; daarby twee handevol fyngestampte reukwerk van speserye en dit binnekant die voorhangsel bring.  13  En hy moet die reukwerk op die vuur lê voor die aangesig van die HERE, dat die wolk van die reukwerk die versoendeksel wat op die Getuienis is, kan oordek, sodat hy nie sterwe nie.  14  En hy moet van die bloed van die bul neem en dit met sy vinger op die versoendeksel aan die oostekant sprinkel; en voor die versoendeksel moet hy sewe maal met sy vinger van die bloed sprinkel.  15  Dan moet hy die sondofferbok slag wat vir die volk bedoel is, en sy bloed binnekant die voorhangsel bring en met sy bloed doen soos hy met die bloed van die bul gedoen het: hy moet dit sprinkel op die versoendeksel en voor die versoendeksel.  16  So moet hy dan vir die heiligdom versoening doen vanweë die onreinhede van die kinders van Israel en vanweë hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; so moet hy dit ook doen vir die tent van samekoms wat by hulle te midde van hulle onreinhede woon.  17  En niemand mag in die tent van samekoms wees as hy ingaan om in die heiligdom versoening te doen totdat hy uitkom nie en versoening gedoen het vir hom en vir sy huis en vir die hele vergadering van Israel.  18  Dan moet hy na die altaar uitgaan wat voor die aangesig van die HERE is en daarvoor versoening doen: hy moet van die bloed van die bul en van die bloed van die bok neem en dit rondom aan die horings van die altaar stryk  19  en met sy vinger van die bloed sewe maal daarop sprinkel. So moet hy dit dan reinig en heilig van die onreinhede van die kinders van Israel.  20  En as hy die versoening van die heiligdom en die tent van samekoms en die altaar voleindig het, moet hy die lewendige bok laat aankom;  21  en Aäron moet sy twee hande op die kop van die lewendige bok lê en oor hom belydenis doen van al die ongeregtighede van die kinders van Israel en al hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; en hy moet dié op die kop van die bok lê en hom deur ‘n man wat gereed staan, na die woestyn toe stuur.  22  So moet die bok dan op hom al hulle ongeregtighede na ‘n woeste land wegdra; en hy moet die bok in die woestyn los.  23  Dan moet Aäron in die tent van samekoms ingaan en die linneklere uittrek wat hy aangetrek het toe hy in die heiligdom ingegaan het, en dit daar neerlê.  24  En hy moet sy liggaam op ‘n heilige plek in die water bad en sy klere aantrek. Dan moet hy uitgaan en sy brandoffer en die brandoffer van die volk berei, om vir hom en vir die volk versoening te doen.  25  Ook moet hy die vet van die sondoffer op die altaar aan die brand steek.  26  En hy wat die bok vir Asásel weggedrywe het, moet sy klere was en sy liggaam in die water bad; en daarna mag hy in die laer kom.  27  Maar die sondofferbul en die sondofferbok waarvan die bloed ingebring is om versoening te doen in die heiligdom, moet hulle buitekant die laer uitbring; en hulle velle, hulle vleis en hulle mis moet met vuur verbrand word.  28  En hy wat dit verbrand, moet sy klere was en sy liggaam in die water bad; en daarna mag hy in die laer kom.  29  En dit moet vir julle ‘n ewige insetting wees: in die sewende maand, op die tiende van die maand, moet julle jul verootmoedig en géén werk doen nie die kind van die land sowel as die vreemdeling wat onder julle vertoef.  30  Want op hierdie dag moet hy vir julle versoening doen om julle te reinig; van al julle sondes moet julle voor die aangesig van die HERE rein word.  31  ‘n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul verootmoedig. Dit is ‘n ewige insetting.  32  En die priester wat gesalf en aangestel sal word om in die plek van sy vader die priesteramp te bedien, moet die versoening doen; en hy moet die linneklere, die heilige klere, aantrek  33  en versoening doen vir die Allerheiligste; ook moet hy vir die tent van samekoms en die altaar versoening doen, en vir die priesters en die hele volk van die vergadering moet hy versoening doen.  34  En dit moet vir julle ‘n ewige insetting wees om vir die kinders van Israel weens al hulle sondes een maal in die jaar versoening te doen. En hy het gedoen soos die HERE Moses beveel het.

Hier word ‘n paar diere gemeld wat betrokke was by hierdie geleentheid: ‘n jong bul, twee bokramme en een skaapram. Ons fokus hier is die twee bokramme wat Aäron van die vergadering van die kinders van Israel ontvang het, wat dan by die groot Versoendag betrokke was:

Lev 16:5-10  En van die vergadering van die kinders van Israel moet hy twee bokramme as sondoffer en een ram as brandoffer neem.  6  Dan moet Aäron die sondofferbul wat vir hom bedoel is, aanbring en vir hom en sy huis versoening doen.  7  Hy moet ook die twee bokke neem en hulle voor die aangesig van die HERE stel by die ingang van die tent van samekoms.  8  En Aäron moet oor die twee bokke die lot werp, een lot vir die HERE en een lot vir Asásel.  9  Dan moet Aäron die bok aanbring waar die lot vir die HERE op gekom het en hom as sondoffer berei;  10  maar die bok waar die lot vir Asásel op gekom het, moet lewendig voor die aangesig van die HERE gestel word, om oor hom versoening te bewerk deur hom vir Asásel in die woestyn te stuur.

Een bok was gelot en gemerk ‘vir die Here’. Hierdie bok was dan doodgemaak. Die ander bok was gelot en gemerk ‘vir Asásel’. Hierdie bok was lewend na die wildernis geneem. Die woord Asásel is afkomstig van die Hebreeuse woord “ăzâ’zêl” wat Dr James Strong as volg nommer en beskryf:

H5799
עֲזָאזֵל
‛ăzâ’zêl
az-aw-zale’
From H5795 and H235; goat of departure; the scapegoat: – scapegoat.

H5795
עֵז
‛êz
aze
a she goat (as strong), but masculine in plural (which also is used elliptically for goats’ hair): – (she) goat, kid.

H235
אָזַל
‘âzal
aw-zal’
A primitive root; to go away, hence to disappear: – fail, gad about, go to and fro [but in Eze_27:19 the word is rendered by many “from Uzal,” by others “yarn”], be gone (spent).

Hierdie bok ‘vir Asásel’ het niks te make met ‘n bose gees of ‘n veldduiwel soos sommige dit wil hê nie.

Lev 17:7  En hulle mag nie meer hulle slagoffers offer aan die veldduiwels [Hebreeus: ́â‛ı̂yr = bok] agter wie hulle aan hoereer nie. Dit moet vir hulle ‘n ewige insetting wees vir hulle geslagte.

Die betekenis van die bok wat gemerk was ‘vir Asásel’ het dieper en persoonlike betekenis vir hulle aan wie God die waarheid openbaar. Ons vind die betekenis van hierdie tweede bok in die Skrifte en nie in die valse leerstellings van die afvalliges nie.

Psa 119:160  Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.

Joh 17:17  Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.

Die tweede bok se betekenis en funksie word saam met die betekenis en funksie van die eerste bok gevind. Die twee bokke was albei nodig om versoening vir die hele volk te bring!

Lev 16:8-10  En Aäron moet oor die twee bokke die lot werp, een lot vir die HERE en een lot vir Asásel.  9  Dan moet Aäron die bok aanbring waar die lot vir die HERE op gekom het en hom as sondoffer berei;  10  maar die bok waar die lot vir Asásel op gekom het, moet lewendig voor die aangesig van die HERE gestel word, om oor hom versoening te bewerk deur hom vir Asásel in die woestyn te stuur.

Ons moet dus eerstens vassstel wie die eerste bok voorstel, en die ander bok se betekenis word dan ook uitgeklaar. Ons weet dat God aan Christus die oorhoofse posisie en rol gegee het om as die Groot Versoener vir die mensdom op te tree:

2Kor 5:16-19  Ons ken dus van nou af niemand meer na die vlees nie; en al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken ons Hom tóg nie meer so nie.  17  Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.  18  En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het,  19  naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.

Kol 1:19-22  Want dit het die Vader behaag dat in Hom [Christus] die ganse volheid sou woon  20  en dat Hy deur Hom [Christus] alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis—ek sê deur Hom—die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele.  21  Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen  22  in die liggaam van sy vlees deur die dood, om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel.

Heb 2:17-18  Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen.  18  Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word.

Die ander bok was onlosmaaklik aan hierdie eerste bok gekoppel in die versoeningswerk wat benodig was. Paulus verduidelik wie die versoeningswerk van Christus voortsit…

2Kor 5:17-21  Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.  18  En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het,  19  naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.  20  Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen.  21  Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.

As iemand in Christus opgeneem word en aan Hom gekoppel word, dan word die persoon ‘n bediening gegee wat die versoeningswerk van Christus voortsit. Die versoeningswerk van God begin by Christus en word deur Sy liggaam, Sy een ware gemeente, voortgesit. Christus is die Hoof en die liggaam volg Hom!

Kol 1:18-29  En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.  19  Want dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon  20  en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis—ek sê deur Hom—die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele.  21  Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen  22  in die liggaam van sy vlees deur die dood, om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel;  23  as julle ten minste gegrond en vas bly in die geloof en julle nie laat afbring van die hoop van die evangelie nie, wat julle gehoor het en wat verkondig is in die ganse mensdom onder die hemel, waarvan ek, Paulus, ‘n dienaar geword het.  24  Nou verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christus vir sy liggaam, wat die gemeente is;  25  waarvan ek ‘n dienaar geword het volgens die bediening van God wat aan my gegee is in julle belang, om die woord van God te vervul,  26  naamlik die verborgenheid wat van die eeue en geslagte af verborge was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges,  27  aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle, die hoop van die heerlikheid.  28  Hom verkondig ons, terwyl ons elke mens vermaan en elke mens in alle wysheid onderrig, om elke mens volmaak in Christus Jesus voor te stel;  29  waarvoor ek arbei en stry volgens sy werking wat in my werk met krag.

Hulle wie in Christus is, dit is “Sy liggaam”, tree dus op as “gesante om Christus ontwil”. Die beelde van die twee bokramme was gebruik om aan ons te toon hoe God Sy werk in hierdie skepping doen, deur Jesus Christus en ook deur hulle wie die Vader in Jesus Christus bring in hierdie lewe, dit wil sê, Sy Kerk. Ons moet egter onthou die belangrike posisie en funksie wat Christus inneem, anders mis ons die hele saligheidsplan wat God bewerkstellig. Christus is die begin en die einde, en Vader openbaar Hom (Christus) eerste aan Sy diensknegte (Sy liggaam) voordat die res van die skepping Hom kan sien en Sy posisie en werk kan verstaan!

Open 1:1-8  Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het,  2  wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus alles wat hy gesien het.  3  Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.  4  Johannes aan die sewe gemeentes in Asië: Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste wat voor sy troon is,  5  en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed  6  en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.  7  Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!  8  Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

Soos by normale geboorte, verskyn die hoof van die baba eerste en dan volg die liggaam. Christus was die eersteling van die plan van God vir hierdie skepping.

Open 3:14  En skryf aan die engel van die gemeente van die Laodicense: Dít sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God:

Heb 1:2-12  …Hy [wat] as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het.  3  Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte,  4  terwyl Hy soveel uitnemender geword het as die engele namate Hy ‘n voortrefliker naam geërf het as hulle.  5  Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer? en weer: Ek sal vir Hom ‘n Vader wees, en Hy sal vir My ‘n Seun wees?  6  En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid.  7  En van die engele sê Hy wel: Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme;  8  maar van die Seun: U troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is ‘n regverdige septer;  9  U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle;  10  en: U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande.  11  Hulle sal vergaan, maar U bly; en hulle sal almal soos ‘n kleed verslyt,  12  en soos ‘n mantel sal U hulle toerol, en hulle sal verander word, maar U is dieselfde, en u jare het geen einde nie.

Jesus het die weg gebaan vir ons almal, maar eerste volg “die liggaam van Christus”, wat deur ‘n baie spesiale groep mense gevorm word. Vader gee aan hulle die openbaring van wie Jesus is, en wat Sy taak is. Die liggaam van Christus volg Hom omdat hulle Sy stem ken, dit is Sy ware leer:

Joh 10:27  My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.

Elkeen wat Sy “stem” kan hoor (Sy ware leer kan ontvang), ontvang die openbaring van Jesus Christus van die Vader. Hierdie diensknegte van God word in hul eie lewenstyd van hul taak ingelig. So stel die apostel Paulus die taak van homself en elke deel van die kerk van Christus wat God vir hulle opgelê het…

Efes 3:8-11  Aan my, die geringste van al die heiliges, is hierdie genade gegee om onder die heidene die evangelie van die onnaspeurlike rykdom van Christus te verkondig,  9  en vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgenheid wat van alle eeue af verborge was in God wat alles geskape het deur Jesus Christus,  10  sodat nou deur die gemeente aan die owerhede en magte in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word,  11  volgens die ewige voorneme wat Hy opgevat het in Christus Jesus, onse Here.

Efes 3:14-21  Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader van onse Here Jesus Christus,  15  van wie elke geslag in die hemele en op die aarde sy naam ontvang,  16  dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens,  17  sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is,  18  en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is,  19  en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God.  20  En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk,  21  aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen.

Opsomming van die betekenis van hierdie twee bokramme wat op die groot Versoendag gebruik was:

Christus is eerste in alles, en dan volg hulle wie aan Christus behoort. Jesus Christus is die nommer EEN, en die Vader het besluit dat alles in hierdie skepping UIT Hom moes kom, en DEUR Hom bewerkstellig word, en dat alles TOT Hom sal terugkeer sodat Hy dit in volmaaktheid aan die Vader kan voorstel.

Joh 1:1-3  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.  2  Hy was in die begin by God.  3  Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.

Rom 11:33-36  o Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë!  34  Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees?  35  Of wie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word?  36  Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

Jesus word voorgestel deur die bok wat gemerk was “vir die Here”. Die bok wat gemerk was “vir die Here” moes sterf:

Lev 16:9  …Aäron [moet] die bok aanbring waar die lot vir die HERE op gekom het en hom as sondoffer berei;

Lev 16:15  … hy [moet] die sondofferbok slag wat vir die volk bedoel is, en sy bloed binnekant die voorhangsel bring en met sy bloed doen soos hy met die bloed van die bul gedoen het: hy moet dit sprinkel op die versoendeksel en voor die versoendeksel.

Bloed bring versoening – die offer van die ou lewe bring die nuwe lewe na vore. Jesus het hierin vir ons die voorbeeld gestel en ons moet hierdie voorbeeld volg:

Joh 12:24-26  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.  25  Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe.  26  As iemand My dien, laat hom My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer.

Die tweede bok wat gemerk was ‘vir Asásel’ is ‘n beeld van die gemeente van Christus, Sy liggaam, wat Hom volg en ook hul eie lewe aflê. Hulle bring dieselfde offer as hul Hoof:

1Jn 4:17  Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.

1Pe 2:21  Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle ‘n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg;

Gal 2:20  Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

Open 14:4  Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie [“vroue” is in hierdie simboliek die valse kerke met hul valse Jesus en Sy valse evangelie en leer], want hulle is maagdelik rein; dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam.

Diegene wat nou in Christus opgeneem word weet weet wat van hulle verwag word, want hulle weet dat hulle ook as deel van die versoeningswerk van God gebruik word. Nou in hierdie eeu word die werk wat Jesus Christus begin het, voortgesit deur hulle wie die Vader na Hom trek om toegerus te word vir hul heilige roeping in Hom:

Joh 6:44  Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

Daar is geen vrywilligers in hierdie groep nie, want die stryd is hewig en as God jou nie toerus vir die bloedige taak nie, sal jy nie oorwin nie:

Open 2:7  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is.

Open 2:11  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.

Open 2:17  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee ‘n wit keursteen, en op dié steen ‘n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.

Open 2:26-29  En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee,  27  en hy sal hulle regeer met ‘n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het.  28  En Ek sal hom die môrester gee.  29  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.

Open 3:5-6  Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.  6  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.

Open 3:12-13  Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam.  13  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.

Open 3:21-22  Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.  22  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.

Hierdie klein groep uitverkorenes word Jesus se liggaam genoem omdat hulle onlosmaaklik aan Hom gekoppel is en deel in Sy spesiale roeping en taak:

Mat 22:14  Want baie is geroep, maar min uitverkies.

Hierdie groepie is uitverkies deur God vir hierdie spesiale taak. Onthou wat God wil hê…

In die wat naby My is, wil Ek My as die Heilige laat ken, en voor die oë van die hele volk wil Ek My verheerlik.

Hierdie groepie uitverkorenes in Christus is “naby” God, en word voorgestel deur die die tweede bok wat gemerk was ‘vir Asásel’.

Mat 28:20  En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.

Joh 14:20-23  In dié dag sal julle weet dat Ek in my Vader is, en julle in My, en Ek in julle.  21  Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.  22  Judas, nie die Iskáriot nie, sê vir Hom: Here, hoe is dit dat U aan ons U sal openbaar en nie aan die wêreld nie?  23  Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.

Hierdie groepie in Christus “vul” die werk van Christus aan “in die wildernis”, dit wil sê hulle leef in hierdie wêreld en hulle oorwin die wêreld en al sy dinge. So druk Paulus dit uit…

Kol 1:24  Nou verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christus vir sy liggaam, wat die gemeente is;

Christus se gemeente stel hul liggame “as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer”.

Rom 12:1  Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer, dit is julle redelike godsdiens.

Jesus bemagtig Sy kerk en stuur hulle na alle mense om uiteindelik aan almal Sy waarheid te bring – daar is dus ‘n proses aan verbonde:

Mat 28:18-20  En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.  19  Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.  20  En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.

Dit is nou slegs hulle wie geloof geskenk word om in Christus se totalle heerskappy oor alles en almal te kan sien wat weet dat Hy almal sal red. Hulle word nou voorberei en toegerus vir hul dienswerk:

Efes 4:11-16  En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars,  12  om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus,  13  totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;  14  sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;  15  maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus,  16  uit wie die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate—die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.

Hulle is die eerstelinge uit alle skepsel van God wat gered word, om te dien “as gesante om Christus wil” en dit is hulle aan wie Hy “die bediening van die versoening gegee het”, soos die Vader wil. Hulle is die eerstelinge van God se skepsels vir wie Hy uitverkies het:

Jak 1:18  Volgens sy wil het Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid, sodat ons as eerstelinge van sy skepsele kan wees.

Die kerk van Christus word dus eerste versoen met God en dan word hulle gebruik om hierdie versoeningstaak te voltooi:

1Jn 2:1-2  My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het ‘n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige.  2  En Hy is ‘n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.

Hierdie liggaam van Jesus word eerstens toegerus om as regeerders op die aarde in die duisend jaar ryk van Christus op aarde op te tree…

1Kor 6:2  Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake?

Open 20:4-6  En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.  5  En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.  6  Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.

En tweedens sal die uitverkorenes optree as regters in die groot wit troon oordeel van God, waar alle dooies opgeroep sal word om in die poel van vuur gewerp te word en daar tot redding gebring sal word deur God se heilige vuur, Sy Woord van waarheid (dit is die vuur wat die seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, nie wou gehoorsaam nie – Lev 10:1-3):

1Kor 6:3  Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?

Open 20:11-15  En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie.  12  En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.  13  En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.  14  En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.  15  En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.

1Kor 3:13-15  elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.  14  As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;  15  as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

Jer 5:14  Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare: Omdat julle hierdie woord spreek, kyk, Ek maak my woorde in jou mond ‘n vuur en hierdie volk hout, en dit sal hulle verteer.

Die proses sluit nie net almal in Adam (“op die aarde”) in nie, maar ook “alle dinge in die hemele”:

Efes 1:3-11  Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,  4  soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees,  5  deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil,  6  tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde.  7  In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade,  8  wat Hy oorvloedig aan ons bewys het in alle wysheid en verstand,  9  deurdat Hy aan ons die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het,  10  om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig—  11  in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.