[Hierdie artikel is oorspronklik in Afrikaans geskryf. Ek neem nie verantwoordelikheid vir foutiewelike / verkeerde inhoud wat van internet vertalings verkry word nie – Larry Groenewald]
Onder die wet van die offers, wat onder die ou verbond gekom het, was vyf hoof-offers geïdentifiseer:
- Die Brandoffer
- Die Spysoffer
- Die Dankoffer (insluitend is die lofdankoffer, die gelofte-offer en die vredesoffer)
- Die Sondoffer
- Die Skuldoffer
In hierdie reeks studies oor die vyf offers sal ons elkeen van die offers apart bespreek en die ryk lesse vir ons eie lewe daaruit leer, soos God wil.
Die skuldoffer
Bloedvergieting (die offer van ‘n lewe) was ook deel van die skuldoffer onder die wet van Moses, en hierdie skuldoffer word hoofsaaklik in Levitikus 5 en 6 beskryf:
Lev 5:14-19 Ook het die HERE met Moses gespreek en gesê: 15 As iemand in iets ontrou handel en in swakheid sondig met betrekking tot een van die heilige gawes van die HERE, moet hy as boete aan die HERE bring ‘n ram sonder gebrek van die kleinvee, na jou skatting van die waarde in sikkels silwer, volgens die sikkel van die heiligdom, as ‘n skuldoffer. 16 En hy moet vir wat hy ten opsigte van die heilige gawes gesondig het, vergoeding gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg en dit aan die priester gee; en die priester moet vir hom versoening doen deur die skuldofferram, en dit sal hom vergewe word. 17 En as iemand sondig en onbewus enigiets doen wat die HERE verbied het, en skuldig word en sy ongeregtigheid moet dra, 18 dan moet hy van die kleinvee, na jou skatting, ‘n ram sonder gebrek as skuldoffer na die priester bring; en die priester moet vir hom versoening doen vir die misdryf wat hy sonder opset, onbewus begaan het; en dit sal hom vergewe word. 19 Dit is ‘n skuldoffer; hy is sekerlik skuldig teenoor die HERE.
Lev 6:1-7 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: 2 As iemand sondig en ontrou handel teen die HERE deurdat hy teenoor sy naaste ontken dat iets aan hom toevertrou of as pand gegee is of deur hom geroof is, of dat hy sy naaste iets afgepers het, 3 of dat hy iets gekry het wat weg was, en dit ontken; of dat hy vals sweer ten opsigte van enigiets wat ‘n mens kan doen om hom daarmee te besondig 4 as hy dan sondig en skuldig word, moet hy teruggee wat hy deur roof ontvreem of deur afpersing verkry het, of wat aan hom toevertrou was, of verlore goed wat hy gevind het; 5 of alles waaroor hy vals gesweer het: hy moet daar ten volle vergoeding voor gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg; aan hom aan wie dit behoort, moet hy dit gee op die dag as hy boete doen. 6 En hy moet van die kleinvee, na jou skatting, as boete aan die HERE ‘n ram sonder gebrek as skuldoffer na die priester bring. 7 Dan moet die priester vir hom versoening doen voor die aangesig van die HERE, en dit sal hom vergewe word enigiets wat ‘n mens doen, sodat hy daardeur skuldig word.
Wat beteken dit alles vir ons want alles wat Israel gedoen het in fisiese terme het geen blywende effek gehad nie. Die uiterlike vleeslike dinge het inderdaad geen ware lewe of die ware gees van God in hulle nie:
Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
Die aardse sigbare dinge gee egter aan ons basiese bewyse dat God wel bestaan en dat daar dieper betekenisse agter die uiterlike dinge is:
Rom 1:20 Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;
Dit is hierdie dieper ewige geestelike begrip van God en Sy werke wat ons moet ondersoek, uitdelf en naspeur:
Spr 25:2 Dit is die eer van God om ‘n saak te verberg, maar die eer van konings om ‘n saak na te speur.
Mat 7:6-8 Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie. 7 Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. 8 Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.
Die Wet van Moses vervat dus skadubeelde van geestelike dinge wat in ons eie lewe van toepassing is en wat ons volle aandag verg, vir hulle aan wie God Sy nuwe verbond in gees en lewe openbaar:
Heb 10:1 Want die wet, wat ‘n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie.
Heb 10:15-16 En ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis; 16 want nadat Hy tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe.
Die vlees het inderdaad geen blywende effek nie, soos Jesus ook genoem het is die vlees op die lang termyn van geen nut nie! Ons fokus moet eerder op die innerlike geestelike betekenis van God se woorde wees, want ons leef hierdie woorde uit binne ons persoonlike lewe en dit het ewige waarde:
Mat 4:4 Maar Hy [Jesus] antwoord [die duiwel] en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
Mat 24:35 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.
Die gees van God leer ons om altyd te weet dat ons persoonlik van elke woord uit God se mond leef (“die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe”), soos geskrywe in ons persoonlike boek, deur nie buite die konteks van die Skrifte te dink nie:
1Kor 2:12-13 Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. 13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.
1Kor 4:6 Hierdie dinge, broeders, het ek op myself en Apollos toegepas om julle ontwil, dat julle aan ons kan leer om nie te dink bo wat geskrywe is nie, sodat julle nie die een ter wille van die ander opgeblase sou wees teen ‘n derde nie.
Psa 139:16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.
Uit Levitikus 5 en 6 bespreek ons ‘n paar aspekte… | Geestelike betekenis van hierdie aspekte uit Levitikus 5 en 6, soos die gees van God ons leer om geestelike dinge met geestelike te vergelyk (om Skrif met Skrif te vergelyk): |
Lev 5:14-15 Ook het die HERE met Moses gespreek en gesê: 15 As iemand in iets ontrou handel en in swakheid sondig met betrekking tot een van die heilige gawes van die HERE… | Die konsep van “swakheid” word verteenwoordig deur ons vlees, wat nie God se gebooie kan hou en doen nie: Mat 26:41 Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak. |
Lev 5:15 As iemand in iets ontrou handel en in swakheid sondig met betrekking tot een van die heilige gawes van die HERE, moet hy as boete aan die HERE bring ‘n ram sonder gebrek van die kleinvee, na jou skatting van die waarde in sikkels silwer, volgens die sikkel van die heiligdom, as ‘n skuldoffer. | ‘n Ram sonder gebrek en die “sikkel van die heiligdom” verwys na Christus. Hy alleen is deur die Vader aangestel om aan ons God se standaard van heiligheid en volmaaktheid te bring. Die Vader gee aan ons die geloof om Christus se waarde en standaard te aanvaar. Christus se waarde in ons lewe word gesien in ons werke (ons lewe), wat alles gebeur volgens die “maat van geloof” wat God aan ons skenk: Heb 7:22-28 in sover het Jesus van ‘n beter verbond borg geword. 23 En hulle het wel priesters geword in ‘n groot aantal, omdat hulle deur die dood verhinder is om aan te bly; 24 maar Hy, omdat Hy vir ewig bly, besit ‘n priesterskap wat nie op ander oorgaan nie. 25 Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree. 26 Want so ‘n hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as die hemele geword het; 27 wat nie elke dag nodig het, soos die hoëpriesters, om eers vir sy eie sondes offers te bring en dan vir dié van die volk nie. Want dit het Hy net een maal gedoen toe Hy Homself geoffer het. 28 Want die wet stel as hoëpriesters aan mense met swakhede, maar die woord van die eedswering wat ná die wet gekom het, stel die Seun aan, wat vir ewig volmaak is. Hand 3:13-15 Die God van Abraham en Isak en Jakob, die God van ons vaders, het sy Kind Jesus verheerlik, Hom wat julle oorgelewer en voor Pilatus verloën het toe hy besluit het om Hom los te laat. 14 En julle het die Heilige en Regverdige verloën en gevra dat ‘n moordenaar aan julle geskenk sou word, 15 en die Leidsman tot die lewe het julle gedood. God het Hom uit die dode opgewek, waarvan ons getuies is. Luk 23:1-4 En die hele menigte van hulle het opgestaan en Hom na Pilatus gelei. 2 En hulle het Hom begin beskuldig en sê: Ons het gevind dat hierdie man die volk verlei en verbied om aan die keiser belasting te betaal, terwyl Hy sê dat Hy self Christus, die Koning, is. 3 Toe vra Pilatus Hom en sê: Is U die Koning van die Jode? En Hy antwoord hom en sê: U sê dit. 4 En Pilatus sê vir die owerpriesters en die skare: Ek vind geen skuld in hierdie man nie. 2Kor 5:21 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom. Rom 12:1-3 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. 2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is. 3 Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat ‘n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het. |
Lev 5:16 En hy moet vir wat hy ten opsigte van die heilige gawes gesondig het, vergoeding gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg en dit aan die priester gee; en die priester moet vir hom versoening doen deur die skuldofferram, en dit sal hom vergewe word. | ‘n Vyfde deel (twee tiendes) wys ons na geestelike betekenis van breuke in die Skrifte, en veral die breuk ‘n vyfde). Die getal vyf word duidelik gemaak deur die vyf offers wat aan Israel gegee is onder die wet van Moses, naamlik die brandoffer, die spysoffer, die dankoffer, die sondoffer, die skuldoffer. Offers gaan gepaard met bloedvergieting, en dit sê aan ons dat ‘n lewe opgeoffer moet word. Ons moet ons eie lewe op die altaar plaas, en dit is die rol van geloof en genade in ons lewe: Mat 10:38-39 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. 39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind. Hier is Skrifte wat ons help om die getal vyf se geestelike funksie in ons lewe te verstaan. Rom 12:1-3 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. 2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed [denke], sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is. 3 Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat ‘n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het. Efes 2:8-10 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. 10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel. Tit 2:11-12 Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn 12 en leer [Grieks: “paideuō” = tugtig: offers gaan gepaard met bloedvergieting – ‘n lewe moes geoffer word.] ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe. |
Lev 5:17-19 En as iemand sondig en onbewus enigiets doen wat die HERE verbied het, en skuldig word en sy ongeregtigheid moet dra, 18 dan moet hy van die kleinvee, na jou skatting, ‘n ram sonder gebrek as skuldoffer na die priester bring; en die priester moet vir hom versoening doen vir die misdryf wat hy sonder opset, onbewus begaan het; en dit sal hom vergewe word. 19 Dit is ‘n skuldoffer; hy is sekerlik skuldig teenoor die HERE. | Ons is aanvanklik onbewus van ons vlees se sondige toestand en ons (eie)geregtigheid waarmee ons God wil dien – God verwerp die vlees en al ons werke in die vlees: Jes 64:4-6 Van ouds af tog het niemand dit gehoor of verneem nie, geen oog het ‘n God gesien wat werksaam is vir wie op Hom wag nie, behalwe U. 5 U kom hom tegemoet wat met vreugde geregtigheid beoefen, hulle wat aan U dink op u weë. Kyk, U was toornig, en ons het gesondig; in dié toestand was ons baie lank, en—sal ons verlos word? 6 En ons het almal geword soos ‘n onreine, en al ons geregtighede soos ‘n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind. Eseg 33:10-13 En jy, mensekind, sê aan die huis van Israel: So het julle gesê: Gewis, ons oortredinge en ons sondes is op ons, en daardeur teer ons weg—hoe kan ons dan lewe? 11 Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel? 12 En jy, mensekind, sê aan die kinders van jou volk: Die geregtigheid van die regverdige sal hom nie red op die dag van sy oortreding nie; en aangaande die goddeloosheid van die goddelose, hy sal daardeur nie struikel op die dag as hy hom van sy goddeloosheid bekeer nie; en die regverdige sal deur sy geregtigheid nie kan lewe op die dag as hy sondig nie. 13 As Ek aan die regverdige sê dat hy sekerlik sal lewe, en hy vertrou op sy geregtigheid en doen onreg, dan sal aan al sy geregtighede nie gedink word nie, maar deur sy onreg wat hy doen, daardeur sal hy sterwe. |
Lev 6:1-4 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: 2 As iemand sondig en ontrou handel teen die HERE deurdat hy teenoor sy naaste ontken dat iets aan hom toevertrou of as pand gegee is of deur hom geroof is, of dat hy sy naaste iets afgepers het, 3 of dat hy iets gekry het wat weg was, en dit ontken; of dat hy vals sweer ten opsigte van enigiets wat ‘n mens kan doen om hom daarmee te besondig 4 as hy dan sondig en skuldig word, moet hy teruggee wat hy deur roof ontvreem of deur afpersing verkry het, of wat aan hom toevertrou was, of verlore goed wat hy gevind het; | Mat 5:43-48 Julle het gehoor dat daar gesê is: Jy moet jou naaste liefhê en jou vyand moet jy haat. 44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; 45 sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges. 46 Want as julle liefhet die wat vir julle liefhet, watter loon het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie? 47 En as julle net jul broeders groet, wat besonders doen julle dan? Doen die tollenaars nie ook so nie? 48 Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is. Rom 13:8-10 Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat ‘n ander liefhet, het die wet vervul. 9 Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. 10 Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet. |
Lev 6:5-7 of alles waaroor hy vals gesweer het: hy moet daar ten volle vergoeding voor gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg; aan hom aan wie dit behoort, moet hy dit gee op die dag as hy boete doen. 6 En hy moet van die kleinvee, na jou skatting, as boete aan die HERE ‘n ram sonder gebrek as skuldoffer na die priester bring. 7 Dan moet die priester vir hom versoening doen voor die aangesig van die HERE, en dit sal hom vergewe word enigiets wat ‘n mens doen, sodat hy daardeur skuldig word. | Die reddende genade van God (die “vyfde deel”) oortref enige sonde omdat dit ons vrymaak van sondige dade deur die oordeel wat God oor ons lewe bring: Tit 2:11-12 Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn 12 en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe, Rom 5:20-21 Maar die wet het daar bygekom, sodat die misdaad meer sou word; en waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword; 21 sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here. Mat 12:33-37 Julle moet òf die boom goed maak en sy vrugte goed, òf julle moet die boom sleg maak en sy vrugte sleg; want aan die vrugte word die boom geken. 34 Addergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is? Want uit die oorvloed van die hart praat die mond. 35 Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn. 36 Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag. 37 Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word. Jak 5:12 Maar bo alles, my broeders, moenie sweer nie: nie by die hemel nie, ook nie by die aarde nie en ook geen ander eed nie; maar laat julle ja ja wees en julle nee nee, sodat julle nie onder ‘n oordeel val nie. |
Opsomming van die skuldoffer:
Bloedoffers is die vereiste vir die vergifnis van sonde, soos reeds in die begin vasgestel was deur God:
Gen 3:21 En die HERE God het vir die mens en sy vrou rokke van vel gemaak en hulle dit aangetrek.
Heb 9:22 …sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.
Bloedvergieting was ook in hierdie skuldoffer ingesluit om die verlies van ons aardse lewe aan te dui. Die skuldoffer verskil van die sondoffer omdat die fokus hier op die dade is wat ons doen. Die sondoffer was bedoel om aan ons te wys van ons aardsheid en dat ons nie persoonlik gekies het om in die liggaam van die sonde te leef nie. Ons was dus onbewus van ons aardse toestand voordat God ons oë geopen het om ons naaktheid (sondigheid) te kan weet. Ons almal gaan deur dieselfde proses van selfontdekking soos dit met Adam en Eva gebeur het:
Gen 3:6-7 Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja, ‘n boom wat ‘n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet. 7 Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is; en hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak.
Ons is almal “in sonde” in die moederskoot geskep deur God. Dit is dus as gevolg van ons eie sondige liggaam dat ons “in ongeregtigheid” gebore was.
Psa 51:7 Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.
Ons het daarna bewustelik ons skuldig gemaak deur ons dade, en dit word dan uitgewys deur die skuldoffer:
Efes 2:1-6 En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes 2 waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk, 3 onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander. 4 Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, 5 ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered— 6 en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus.
Ons oortree op twee vlakke:
- Teen die Here:
Lev 5:15-17 As iemand in iets ontrou handel en in swakheid sondig met betrekking tot een van die heilige gawes van die HERE, moet hy as boete aan die HERE bring ‘n ram sonder gebrek van die kleinvee, na jou skatting van die waarde in sikkels silwer, volgens die sikkel van die heiligdom, as ‘n skuldoffer. 16 En hy moet vir wat hy ten opsigte van die heilige gawes gesondig het, vergoeding gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg en dit aan die priester gee; en die priester moet vir hom versoening doen deur die skuldofferram, en dit sal hom vergewe word. 17 En as iemand sondig en onbewus enigiets doen wat die HERE verbied het, en skuldig word en sy ongeregtigheid moet dra.
- Teen ons medemens (wat dan ook ‘n sonde is wat teen die Here gepleeg word):
Lev 6:2-5 As iemand sondig en ontrou handel teen die HERE deurdat hy teenoor sy naaste ontken dat iets aan hom toevertrou of as pand gegee is of deur hom geroof is, of dat hy sy naaste iets afgepers het, 3 of dat hy iets gekry het wat weg was, en dit ontken; of dat hy vals sweer ten opsigte van enigiets wat ‘n mens kan doen om hom daarmee te besondig 4 as hy dan sondig en skuldig word, moet hy teruggee wat hy deur roof ontvreem of deur afpersing verkry het, of wat aan hom toevertrou was, of verlore goed wat hy gevind het; 5 of alles waaroor hy vals gesweer het: hy moet daar ten volle vergoeding voor gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg; aan hom aan wie dit behoort, moet hy dit gee op die dag as hy boete doen.
In die skuldoffer moes die sondes deur die vergieting van die bloed van ‘n ram besweer word. Die ram moes sonder gebrek wees en dit verwys na Christus. Christus is Die Versoening vir die sondes van almal – Hy is die “Voorspraak” [die “paraklētos” in Grieks]. Daarom was die simboliek van die ram wat sonder gebrek moes wees hier belangrik in die skuldoffer as enigste dier wat opgeoffer was:
1Jn 2:1-2 My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het ‘n Voorspraak [Grieks: die “paraklētos”] by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige. 2 En Hy is ‘n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.
Joh 14:15-18 As julle My liefhet, bewaar my gebooie. 16 En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster [Grieks: die “paraklētos”] gee om by julle te bly tot in ewigheid: 17 die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. 18 Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.
Ons kan dus nie sonde oorwin en ons skuld voor God versoen sonder Christus nie. Hy gee aan ons die krag deur in ons te kom leef sodat ons ‘n welgevalle offer aan God kan bring:
Fil 4:13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
Rom 12:1-2 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. 2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
Christus het ons gekoop en losgemaak uit ons sonde deur vir ons sonde te word alhoewel Hy nie sonde gedoen het nie. Ons is duur gekoop en ons behoort nie aan onsself nie:
2Kor 5:21 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.
1Kor 6:19-20 Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? 20 Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.
Christus was oorgelewer ter wille van ons misdade (oortredings), alhoewel Hy self geen misdaad of oortreding gepleeg het nie. Hy was opgewek uit die dode ter wille van ons regverdigmaking.
Rom 4:25 wat oorgelewer is ter wille van ons misdade en opgewek is ter wille van ons regverdigmaking.
Dit gaan hier oor assosiasie – soos Hy met ons geassosieer het in sondige vlees en die dood moes ervaar, so moet ons met Hom assosieer deur saam met Hom te sterf:
Mat 10:38-39 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. 39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
Die sikkel van die heiligdom is Christus as God se onveilbare standaard waarmee die Vader ons meet.
Jes 53:1-10 Wie het geglo wat aan ons verkondig is? En aan wie is die arm van die HERE geopenbaar? 2 Hy tog het soos ‘n loot voor sy aangesig opgespruit en soos ‘n wortel uit droë grond. Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie. 3 Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid; ja, soos een vir wie ‘n mens sy gelaat verberg; Hy was verag en ons het Hom nie geag nie. 4 Nogtans het Hy óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte—dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. 5 Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. 6 Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom. 7 Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders—ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie. 8 Uit die druk en uit die strafgerig is Hy weggeneem; en onder sy tydgenote—wie het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom. 9 En hulle het Hom sy graf by die goddelose gegee; en by ‘n ryke was Hy in sy dood, omdat Hy geen onreg gedoen het nie en geen bedrog in sy mond gewees het nie. 10 Maar dit het die HERE behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak; as sy siel ‘n skuldoffer aangebied het, sal Hy ‘n nakroos sien; Hy sal die dae verleng, en die welbehae van die HERE sal deur sy hand voorspoedig wees.
Totale restitusie (herstel / vergoeding) was nodig in die skuldoffer en dit verwys dat ons alles in hierdie vlees sal prysgee omdat alles wat die vlees bied, nie aan God se volmaakte geestelike standaarde voldoen nie.
1Kor 15:50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
Rom 8:8 En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie.
Alles in die vlees, selfs die beste vleeslike prestasies en die mooi dinge wat ons bewonder, is drek (ontlasting), soos Paulus ook met skok moes uitvind…
Fil 3:7-11 Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag. 8 Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry 9 en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof; 10 sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word, 11 of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik.
Die konsep van die “vyfde deel” is weereens ‘n geestelike verwysing na die maat van geloof wat elkeen ontvang van God (lees gerus die studie oor die geestelike betekenis van breuke in die Skrifte, en veral die breuk ‘n vyfde):
Rom 12:3 Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat ‘n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.
Tit 2:11-12 Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn 12 en leer [Grieks: paideuō = tugtig] ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe,
Die maat van geloof wat ons ontvang, help ons om God se reddende genade te aanvaar en die noodsaaklike tugtiging wat daarmee gepaardgaan om ons God se geestelike seuns te maak:
Heb 12:6-8 want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem. 7 As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie? 8 Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie.
Deur God se reddende genade (Sy oordeel) leer ons God se geregtigheid (Sy bedekking):
Jes 26:9 Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.
Die skuldoffer help ons om ons geestelike bankrotskap (naaktheid) te sien, en Christus se verlossing en bedekking vir daardie skuld en naaktheid te aanvaar.
Efes 2:1-10 En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes 2 waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk, 3 onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander. 4 Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, 5 ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered— 6 en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus, 7 sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus. 8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. 10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.
Ons aanvaar God se oordeel oor ons aardse mens en verwelkom met ope arms die nuwe skepsel in Christus:
Heb 12:3-8 Want julle moet ag gee op Hom wat so ‘n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie. 4 Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie. 5 En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie; 6 want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem. 7 As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie? 8 Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie.
2Kor 5:15-19 omdat ons van oordeel is, dat as een vir almal gesterf het, hulle dan almal gesterf het; en Hy het vir almal gesterwe, sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is. 16 Ons ken dus van nou af niemand meer na die vlees nie; en al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken ons Hom tóg nie meer so nie. 17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. 18 En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, 19 naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.