Hierdie is ‘n vertaling van ‘n reeks studies in Engels deur Mike Vinson getiteld “The Keys to The Kingdom of Heaven” on the website http://www.iswasandwilbe.com. Hier is die skakel na die oorspronklike studie: https://www.iswasandwillbe.com/the-keys-to-the-kingdom-of-heaven-part-8
“Die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees”
Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
1Kor 2:13-14 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. 14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.
Inleiding
Dit is slegs met geestelike onderskeidingsvermoë dat die dinge wat ons spreek onderskei word, en soos ons so pas gelees het, “Die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.” Hoe gaan ons te werk om geestelike onderskeidingsvermoë op so ‘n manier te gebruik dat ons leer van die gees wat ons leer deur “geestelike dinge met geestelike te vergelyk”?
Een ding wat dadelik duidelik moet wees, is dat geestelike onderskeidingsvermoë nie in ‘n woordeboek te vinde is nie, want ons lees: “Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk”. Wat dit vir ons sê, is dat wanneer ons deur die heilige gees geleer word, dit nie sal wees “met woorde wat die mens se wysheid leer nie”. Wanneer ons ook al gegun word om van die heilige gees te leer, sal dit slegs wees deur “geestelike dinge met geestelike te vergelyk”, en ons weet dat wanneer ons dit doen, dit sal lei tot ‘n dieper begrip van die Woord van God. Hierdie dieper insig in die Woord van God sal vir ons natuurlike verstand as dwaasheid voorkom omdat: ” …die natuurlike mens die dinge van die Gees van God nie ontvang nie, want dit is vir hom dwaasheid.”
Ten spyte daarvan dat daar in geen onduidelike terme gesê word dat “die heilige gees leer om geestelike dinge met geestelike te vergelyk”, is dit steeds die nommer een reël van Bybelse eksegese in die meeste teologiese kweekskole van hierdie wêreld, dat “as die skrifte in hul natuurlike sin verstaan kan word, dan is dit die manier om dit te verstaan”.
Hierdie beginsel word so algemeen aanvaar dat ‘n baie wydverspreide Bybelse fiksiereeks getiteld “Left Behind” wat ‘n aantal jare gelede uitgekom het, die twee getuies in Openbaring 11 uitbeeld as twee letterlike manne wat letterlike vuur uit hul letterlike monde blaas en hul vyande vernietig met daardie vuur wat by hulle monde uitkom. Dit is immers wat die letter van die Skrif duidelik verklaar:
Open 11:3-5 En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend twee honderd en sestig dae lank sal profeteer. 4 Hulle is die twee olyfbome en die twee kandelaars wat voor die God van die aarde staan. 5 En as iemand hulle wil beskadig, gaan daar vuur uit hulle mond en verslind hulle vyande; en as iemand hulle wil beskadig, moet hy op dieselfde manier gedood word.
Dit moet eenvoudig gevra word, as “die woorde wat ek tot julle spreek”, inderdaad gees is, is dit dan die manier om die ‘gees’ van die Woorde van Christus te hanteer? As die heilige gees inderdaad leer “deur geestelike dinge met geestelike te vergelyk”, is dit die manier om die geestelike Woorde van God te hanteer? Dit sou komies wees as dit nie so hartseer was dat “die natuurlike mens nie die dinge van die gees ontvang nie, want dit is vir hom dwaasheid.”
Dat hierdie sleutel tot die koninkryk van die hemele ‘n beginsel is wat aan ons geleer word “om geestelike dinge met geestelike te vergelyk”, duidelik gemaak word deur wat vir ons in vers 4 vertel word:
Open 11:4 Hulle is die twee olyfbome en die twee kandelaars wat voor die God van die aarde staan.
Waarom sou vers vier aanvaar word as bome wat gebruik word as ‘n figuurlike beskrywing van daardie twee getuies van die Waarheid van die woorde van God, terwyl die vuur in die mond van daardie twee getuies letterlik opgeneem word? Enigeen wat deur die heilige gees gegun word om geestelike dinge met geestelike te vergelyk, sal onmiddellik agterkom dat so ‘n letterlike interpretasie nie bedoel is om daardie woorde wat “gees” is, te verstaan nie. Inteendeel, aangesien “die woorde wat Ek tot julle spreek gees is”, die woorde “my twee getuies”, die woorde “twee olyfbome”, die woorde “twee kandelaars”, sowel as die woorde “vuur gaan uit hulle monde uit”, almal deur die heilige gees gebruik word om as “geestelike dinge” verstaan te word. Ons kry die geestelike betekenis van hierdie woorde deur dit te “vergelyk” met ander woorde wat in die Skrif voorkom.
Hier is daardie ander geestelike woorde:
Sag 4:5-6 En die engel wat met my gespreek het, antwoord en sê vir my: Weet jy dan nie wat dit beteken nie? En ek het gesê: Nee, my heer. 6 Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van die HERE aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare.
Die “twee getuies” van Openbaring 11 is diegene in elke geslag wat van “die woord van die Here” getuig.
Die feit is dat die teëstander nie ‘n beter manier kon uitdink om die Waarheid van die profesieë van die Skrif vir die mensdom verborge te hou as om te leer: “As dit letterlik opgeneem of verstaan kan word, dan is dit hoe dit verstaan moet word”. Daardie leerstelling is in direkte teenstelling van:
1Kor 2:13-14 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. 14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.
Om geestelike dinge met geestelike te vergelyk, is nie woorde “wat die mens se wysheid leer nie”, daarom sal ons in hierdie studie getrou wees aan wat die Skrifte ons leer en die geestelike beginsels uitwys wat betrokke is om “geestelike dinge met geestelike te vergelyk”.
“Vergelyk geestelike dinge met geestelike”
Hoe gaan ons te werk om geestelike dinge met geestelike te vergelyk? Die waarheid is dat geestelike onderskeidingsvermoë nie ‘n vak waarvoor mens by ‘n universiteit kan inskryf nie, of wat uit ‘n handboek geneem en bestudeer kan word nie. Geen unviversiteit kan ‘n graad in geestelike onderskeidingsvermoë toeken nie. Geen mens kan dit aan ‘n ander mens toeken nie. Die onderskeiding van geeste, en die ken en verstaan van die leer van Christus, kom slegs tot diegene aan wie dit geskenk word, omdat hulle God en Sy Woord liefhet met hul hele harte en wat deur God se soewereiniteit gegun is om die leer van Christus met hul oë te sien, dit met hul ore te hoor en daaraan gehoorsaam te wees met hulle hele harte:
Joh 7:17 As iemand gewillig is om sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit God is, en of Ek uit Myself spreek.
2Jn 1:9 Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun.
Dit is die kwalifikasies om in staat te wees om “geestelike dinge met geestelike te vergelyk” tot die punt om God en Sy Seun te ken. Eers nadat daardie gawe aan ons geskenk is, sal ons gegee word om Christus se eie woorde in Matteus 13 te onthou en toe te pas waar Hy self vir ons sê dat Sy gelykenisse bedoel is om die menigtes wat na Hom toe kom, daarvan te weerhou om Sy boodskap te verstaan, en terselfdertyd openbaar Hy Sy leerstelling aan diegene aan wie Hy “ore gegee het om te hoor”.
Mat 13:9-17 Wie ore het om te hoor, laat hom hoor! 10 En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U tot hulle deur gelykenisse? 11 Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie. 12 Want hy wat het, aan hom sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar hy wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het. 13 Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie. 14 En aan hulle word die profesie van Jesaja vervul wat sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie. 15 Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie. 16 Maar julle oë is gelukkig, omdat hulle sien; en julle ore, omdat hulle hoor. 17 Want, voorwaar Ek sê vir julle, baie profete en regverdiges het begeer om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie..
Daar is dit! Dit is die ‘seremonie’ waardeur ons gegun word om geeste te onderskei. Dit is die ‘seremonie’ waardeur ons die sleutels tot die koninkryk van die hemel gegee word. Natuurlik is dit glad nie ‘n seremonie nie, maar dit is eerder ‘n roeping wat ons nie kan weerstaan nie omdat dit voor die grondlegging van die wêreld vooruit bestem was, omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken”, teenoor hulle “van [wie] sal weggeneem word ook wat [hulle] het. ”
Die vermoë om “die geeste op die proef [te stel om te sien] of hulle uit God is”, is eintlik ‘n gawe van die gees van God, en nie ‘n saak van ons eie sogenaamde “vrye” wil nie, soos die wêreld ons valslik leer:
1Kor 12:7 Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.
1Kor 12:10 aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale.:
1Jn 4:1 Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.
Dit is waar dat nie aan almal die gawe gegee word om geeste te onderskei nie, maar dit word mettertyd gegee aan almal wat in Christus is om Sy stem te ken. Ons ken die stem van Christus wanneer dit aan ons gegee word om die valse leerstellings te onderskei wat van die “baie valse profete [wat] in die wêreld uitgegaan het”, en wat in die liggaam van Christus inkom en probeer om hulle verraderlike valse leerstellings te versprei.
Hoe word geestelike kennis dan oorgedra?
Alhoewel geestelike onderskeidingsvermoë nie ‘n graad is wat aan ons toegeken word deur instellings van mense nie, het God tog bepaal dat die dinge van die gees ingesamel en verstaan sal word slegs deur “dit wat geskryf is” deur ander mense en “deur die kerk”.
Dit is hoe die heilige gees ons begrip van “die dinge van die gees” oopmaak:
Hand 8:27-35 Toe het hy [Filippus] opgestaan en gegaan. En daar was ‘n man van Ethiópië, ‘n hofdienaar, ‘n staatsamptenaar van Kandacé, die koningin van die Ethiópiërs, wat oor al haar skatte was en na Jerusalem gekom het om te aanbid. 28 En hy was op die terugreis en het op sy wa gesit en die profeet Jesaja gelees. 29 Toe sê die Gees vir Filippus: Gaan daarheen en bly by daardie wa. 30 En Filippus het daarheen gehardloop en hom die profeet Jesaja hoor lees; en hy sê: Verstaan u wel wat u lees? 31 En hy antwoord: Hoe kan ek tog as niemand my die weg wys nie? Toe vra hy Filippus om op te klim en by hom te kom sit. 32 En die gedeelte van die Skrif wat hy besig was om te lees, was dít: Soos ‘n skaap is Hy gelei om geslag te word, en soos ‘n lam wat stom is voor die een wat hom skeer, so maak Hy sy mond nie oop nie. 33 In sy vernedering is sy oordeel weggeneem, en wie sal sy geslag beskrywe? Want sy lewe word van die aarde weggeneem. 34 En die hofdienaar antwoord en sê vir Filippus: Ek bid u, van wie sê die profeet dit, van homself of van iemand anders? 35 En Filippus het sy mond geopen en van hierdie Skrif af begin en die evangelie van Jesus aan hom verkondig.
Die skrif wat die Ethiopiese hofdienaar gelees het, was:
Jes 53:7 Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos ‘n lam wat na die slagplek gelei word en soos ‘n skaap wat stom is voor sy skeerders—ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie.
Die naam ‘Jesus’ is nêrens in daardie vers van die Skrif te vinde nie, maar “om geestelike dinge met geestelike te vergelyk” verklaar die heilige gees aan ons dat hierdie spesifieke vers praat van die kruisiging van Jesus vir die sondes van almal wat in Adam is (1Kor 15:22). Die heilige gees het Filippus gebruik om hierdie man na Christus te lei deur hom die geestelike betekenis van die woorde wat hy lees, te leer. Dit is hoe “die heilige gees [ons] deur die kerk leer … deur geestelike dinge met geestelike te vergelyk”. Die toepassing van die beginsel van “vergelyk geestelike dinge met geestelike” word eintlik aangeleer wanneer die heilige gees eers ons harte voorberei, en dan “deur die gemeente” iemand stuur wat ons lei. Hierdie Waarheid word in hierdie verse herhaal:
Efes 3:9-10 en vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgenheid wat van alle eeue af verborge was in God wat alles geskape het deur Jesus Christus, 10 sodat nou deur die gemeente aan die owerhede en magte in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word,
Daar is dit weer. “die gemeenskap is van die verborgenheid wat van alle eeue af verborge was in God [word] deur die gemeente” bekend gemaak. Wanneer ons Handelinge 8 vers 31 voeg (“Hoe kan ek tog as niemand my die weg wys nie”), saam met Efesiërs 1 vers 10 (“vir almal … deur die kerk … die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgenheid…”), kan ons begin verstaan hoe die heilige gees leer om geestelike dinge in die Skrif te vergelyk met ander geestelike dinge in die Skrif. Die heilige gees het die hart van die Ethiopiese hofdienaar voorberei, en toe het die heilige gees Filippus gestuur as ‘n getuie van daardie verse wat die hofdienaar deur die heilige gees gewys is.
Geen aardse hof gaan in sitting sonder dat die wetboeke wat die relevante wette bevat beskikbaar is vir diegene wat by daardie verhoor betrokke is nie. Op dieselfde manier moet diegene wat die heilige gees gebruik om ons te lei, manne van God wees wat die Skrifte bestudeer het om hulself “beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie … nie te dink bo wat geskrywe is”:
1Kor 4:6 Hierdie dinge, broeders, het ek op myself en Apollos toegepas om julle ontwil, dat julle aan ons kan leer om nie te dink bo wat geskrywe is nie, sodat julle nie die een ter wille van die ander opgeblase sou wees teen ‘n derde nie.
2Ti 2:15 Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.
Dit word duidelik gemaak deur die gees wat mense soos Christus, soos Filippus en soos die apostel Paulus gebruik om aan ander mense te wys “die dinge van die gees [wat] dwaasheid is vir … die natuurlike mens”.
1Kor 2:4-14 en my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag, 5 sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God. 6 Tog spreek ons wysheid onder die volwassenes, maar ‘n wysheid nie van hierdie wêreld, of van hierdie wêreld se heersers, wat vergaan nie. 7 Maar ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid, 8 wat niemand van die heersers van hierdie wêreld geken het nie—want as hulle dit geken het, sou hulle die Here van die heerlikheid nie gekruisig het nie— 9 maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet. 10 Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God. 11 Want wie van die mense weet wat in ‘n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God. 12 Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het. 13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. 14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.
Hier sien ons hoe die hele Goddelike Bybelse sisteem werk, en hoe “die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk”. Paulus demonstreer hierdie werk van God vir ons deur “my rede en my prediking” te gebruik as voorbeeld van hoe die heilige gees deur Homself en deur jou en my “wysheid onder die volwassenes [spreek]”. In een vers van die Skrif word ons vertel dat die “dinge…wat…ons praat [die dinge is waardeur] die heilige gees leer om geestelike dinge met geestelike te vergelyk.”
Daarom is dit van kritieke belang dat ons almal “die geeste op die proef [stel] of hulle uit God is” (1Joh 4:1), en dat ons almal in staat is om te onderskei of die dinge wat deur enige mens tot ons gespreek word, “bo wat geskrywe is” (1Kor 4:6).
Dit is slegs “daardie dinge wat geskrywe is, [wat] gees is”. Wat daardie woorde geestelike betekenis gee, is dat hulle saamstem met ander Skrifte “wat geskrywe is”. Enigiets anders het “geen dageraad” (geen lig) nie.
Jes 8:20 Tot die wet en tot die getuienis! As hulle nie spreek volgens hierdie woord nie, is hulle ‘n volk wat geen dageraad het nie.
“Hierdie woord” verwys na die wet van Moses, maar die Nuwe Testament openbaar die wet van Moses as bloot “’n skaduwee…van toekomstige weldade”, en daardie goeie “toekomstige weldade” is die geestelike woorde van ons Here, soos Hy self aan ons duidelik gemaak het:
Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
Heb 10:1 Want die wet [van Moses], wat ‘n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie.
Die wet van Moses kan nooit diegene wat toetree tot dit, volmaatheid gee nie. Maar wat ons volmaak maak, is ons daaglikse sterwe terwyl ons “die waterbad deur die Woord [wat gees is]” ervaar:Efes 5:26-27 om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord, 27 sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees.
Die letter versus die gees
Terwyl die natuurlike mens ons leer dat die woorde van die Skrif beteken wat die natuurlike denke vir ons sê, leer die Skrif self, en Christus in die besonder, dat die woorde van Christus, wat Hy vir ons sê “gees” is (Joh 6:63), eintlik bedoel is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te verberg vir die menigtes wat na Christus toe kom (die “baie geroepenes”). Terselfdertyd word daardie verborgenhede aan die “min uitverkorenes” openbaar wat dan oë gegee word wat kan sien, en ore wat kan hoor…die verborgenhede van die koninkryk van die hemele”.
2Kor 3:5-11 Nie dat ons uit onsself bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie, maar ons bekwaamheid is uit God, 6 wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van ‘n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend. 7 En as die bediening van die dood, met letters op klippe gegraveer, in heerlikheid was, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die aangesig van Moses nie vanweë die heerlikheid van sy aangesig, wat tog moes vergaan, 8 hoeveel te meer sal die bediening van die Gees dan nie in heerlikheid wees nie? 9 Want as die bediening wat veroordeel, heerlikheid was, veel meer is die bediening wat regverdig maak, oorvloedig in heerlikheid. 10 Want wat verheerlik was, is ook in hierdie geval nie verheerlik nie, vanweë die alles oortreffende heerlikheid. 11 Want as wat moes vergaan, met heerlikheid was, veel meer is wat moet bly, in heerlikheid.
Diegene aan wie God oë en ore gee om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te sien en hoor, is hulle wat “bekwaam gemaak [is] as dienaars van die Nuwe Testament”, terwyl hulle baie versigtig is om nie “te dink bo wat geskrywe is nie”. Hulle glo ook nie dat dit wat geskrywe staan, die letters wat geskryf is, beteken nie. As die skrifte so letterlik opgeneem word, sou hy ‘n Jood wees wat dit uiterlik is, en die besnydenis sou die besnydenis wees wat uiterlik in die vlees is.
Rom 2:28 Want hy is nie ‘n Jood wat dit uiterlik is nie; ook nie die besnydenis wat in die openbaar in die vlees is nie ;
Wanneer die geestelike mens egter van ‘n Jood praat, of wanneer hy praat van die besnydenis, vergelyk hy geestelike tipes met geestelike werklikhede wat geestelik en onsigbaar is vir die oë van die natuurlike mens, sodat wanneer die heilige gees ons leer op hierdie manier, moet ons ook tot die gevolgtrekking kom:
Rom 2:29 Maar hy is ‘ n Jood wat dit innerlik is; en die besnydenis is dié van die hart, in die gees en nie in die letter nie ; wie se lof nie uit mense kom nie, maar aan God.
“Nie van die letter nie” sê vir ons dat die mantra van die kweekskole van Babilon, “as die skrifte in hul natuurlike sin verstaan kan word, dan is dit die manier om dit te verstaan” is “die bediening van die dood, [en] die bediening van veroordeling”.
Die dinge van die gees van God is die dinge wat “nie gegee word aan … die menigtes” van natuurlike mense wat na Christus kom om dinge op ‘n natuurlik vlak te sien of te hoor. Dit is hierdie woorde wat Christus vir ons sê wat “gees” is, en dit is hierdie geestelike woorde wat Christus en die apostel Paulus vir ons sê nie deur die natuurlike mens ontvang of verstaan kan word nie:
Joh 8:43 Waarom ken julle my spraak nie? Omdat julle na my woord nie kan luister nie.
1Kor 2:14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.
Hoe kan daar van ‘n persoon wat nie Christus se woord kan hoor nie, verwag word om “die dinge van die gees van God te ontvang”? Hy kan die dinge van die gees nie ken nie, want Christus se woorde word nie met ‘n woordeboek onderskei nie. Christus se woorde word eerder geestelik onderskei, en daardie woorde is dwaasheid vir die natuurlike mens.
“Ons het hierdie skat in erdekruike”
2Kor 4:3-7 Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan, 4 naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie. 5 Want ons verkondig nie onsself nie, maar Christus Jesus as Here, en onsself as julle diensknegte om Jesus wil. 6 Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn—dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus. 7 Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie.
Wat ons in erdekruike het, is “die woorde [wat Christus] tot [ons] spreek wat gees is.” Dit is deur Sy Woord dat Hy in ons woon. As ons nie Sy woord in ons het nie, het ons nie Christus in ons nie. As die woord binne-in ons leer dat Christus deel is van ‘n drie-enige God-hoof wat Sy eie skepsele tot in alle ewigheid sal pynig, is die ware Christus nie in ons nie. As die woorde in ons ons leer dat ons ‘n gees is wat ‘n fisiese ervaring het, in plaas daarvan dat ‘n erdekruik ‘n geestelike ervaring het, is Christus nie in ons nie. As die woorde in ons ons leer dat Christus nie die sabbat gebreek het nie, nie gedoen het wat nie geoorloof is volgens die wet van Moses nie, en dat Hy die sabbat nie ontheilig het nie, dan is Sy Woord nie in ons nie, en Christus is nie in ons nie.
Aan die ander kant, as ons weet “daar is een God, [en daardie een God is] die Vader uit wie alles is”, en as ons weet dat daar naas daardie een God die Vader ook “een Here Jesus Christus [is], deur wie alles is”, en as ons weet dat ons vee (“die dier”) is, en ons geen voorrang bo ander diere het nie, en dat die wat in Christus ontslaap het, sonder ‘n opstanding verlore is, en as ons weet dat Christus die Sabbat gebreek en ontheilig het, en nog steeds onskuldig was (Mat 12:1-8, Joh 5:16-18) as gevolg van Sy woorde, wat in teenstelling staan met die wet van Moses, dan begin die Lig van die evangelie van Christus skyn in ons harte, en daardie ware Lig van Sy koninkryk is nie vir ons verborge nie.
1Kor 8:6 tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.
Pred 3:18-20 Ek het in my hart gesê: Ter wille van die mensekinders gebeur dit, dat God hulle kan beproef, en dat hulle kan insien dat hulle in hulleself vee is. 19 Want die lot van die mensekinders is ook die lot van die veediere: hulle het een en dieselfde lot; soos die een sterwe, so sterwe die ander, en hulle almal het dieselfde asem [Hebreeus: “ruach” = gees], en ‘n voorkeur van die mens bo die veediere is daar nie; want alles is tevergeefs. 20 Alles gaan na een plek toe; alles is uit die stof, en alles keer na die stof terug.
Open 13:18 Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.
1Kor 15:16-18 Want as die dode nie opgewek word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie; 17 en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes; 18 dan is ook die wat in Christus ontslaap het, verlore.
“Onsigbare dinge … word verstaan deur die dinge wat gemaak word”
Dit is deur die begrip van “die dinge van die gees” dat die heilige gees ons leer “deur geestelike dinge met geestelike te vergelyk”, en omdat ons “hierdie skat in erdekruike het” het God bepaal dat die onsigbare dinge van die gees moet verstaan word deur die dinge wat geskep was in hierdie skepping…
Rom 1:20 Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;
Die mens wat “die dinge van die gees bedink” (Rom 8:6), sien die denke van die gees in alles wat geskep was, want Hy weet dat God alle dinge deur Christus geskep het, en daarom openbaar alles wat geskep was Sy verstand op een of ander manier.
Efes 3:9 en vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgenheid wat van alle eeue af verborge was in God wat alles geskape het deur Jesus Christus,
Deur die denke van die gees kan ons begryp hoe ware lewe slegs deur die dood na vore kom, as ons kan begryp hoekom ‘n saad in die grond moet val en sterf voordat dit lewe kan voortbring.
Joh 12:24-25 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug. 25 Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe.
Rom 8:27 En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.
Dit is een van die sleutels tot die koninkryk van die hemel, en tot die lewe self, om te verstaan dat slegs die mens wat die “bedoeling van die gees” het, Christus kan sien en deur Christus ook Sy Vader kan sien:
Joh 6:46 Nie dat iemand die Vader gesien het nie, behalwe Hy wat van God kom: Hy het die Vader gesien.
Joh 14:7-9 As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien. 8 Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg. 9 Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader?
Joh 17:3 En dit is die ewige lewe , dat hulle U kan ken, die enigste ware God, en Jesus Christus wat U gestuur het.
“Die koninkryk van God is binne-in julle” (Luk 17:20-21). Die sleutels tot die koninkryk van die hemele is aan my en jou gegee om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, en God en sy Seun te ken, vir die doel om ons die ewige lewe te gee. Dit is om God en sy Seun te ken wat Hy gestuur het om die hele wêreld te red (Luk 17:20-21, Mat 16:18, Joh 3:17, Joh 17:3).