Hierdie is ‘n vertaling van ‘n reeks studies in Engels deur Mike Vinson getiteld “The Keys to The Kingdom of Heaven” on the website http://www.iswasandwilbe.com. Hier is die skakel na die oorspronklike studie: https://www.iswasandwillbe.com/the-keys-to-the-kingdom-of-heaven-part-10/
Die droom is een en dieselfde
Gen 41:25-26 Toe sê Josef vir Farao: Die droom van Farao is een en dieselfde. Wat God van plan is om te doen, het Hy aan Farao te kenne gegee. 26 Die sewe mooi koeie is sewe jare; en die sewe mooi are is sewe jare; die droom is een en dieselfde.
Inleiding
Hierdie droom van Farao, koning van Egipte, is eintlik ‘n profesie van wat die Here in Egipteland en “op die hele aarde” gaan doen.
Gen 41:56-57 En die hongersnood was oor die hele oppervlakte van die aarde, en Josef het alles waarin iets was, oopgemaak en aan die Egiptenaars verkoop; en die hongersnood was swaar in Egipteland. 57 En die hele wêreld het na Josef in Egipte gekom om koring te koop, want die hongersnood was swaar op die hele aarde.
Die Here sou binnekort ‘n groot hongersnood oor “die hele aarde” bring, en daardie hongersnood sou sewe lang pynlike jare duur. Voordat die hongersnood egter sou kom, sou daar sewe jaar van groot oorvloed wees waarin Egipte graan kon opgaar om die hongersnood te kon verduur.
In hierdie verhaal word ons ‘n lewensbelangrike sleutel tot die koninkryk van die hemel gegee. Daardie sleutel is die openbaring wat Josef aan die Farao gee dat albei sy drome een boodskap het. Die uiteindelike les vir ons in hierdie sleutel tot die koninkryk van die hemel is dat die hele Skrif net een boodskap het, soos Christus self aan die twee manne op pad na Emmaus verduidelik het:
Luk 24:27 En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.
Ons word na Christus getrek deur ‘n onrustige gees
Soos ons kennis en begrip groei, sien ons dat die sleutels tot die koninkryk van die hemel die beginsels is wat aan ons gegee word om ons te help om te verstaan hoe God dink oor dinge, hoe Hy Sy gedagtes uitdruk, en hoe Hy daardie gedagtes uitvoer. In hierdie spesifieke geval word ons gelei om te verstaan dat die manier waarop God kommunikeer met diegene aan wat Hy die verborgenhede van Sy Koninkryk openbaar, dieselfde boodskap is, maar op verskillende maniere aan ons gegee word. Die beginsel van “die droom is een en dieselfde” openbaar dat Christus ook op dieselfde wyse met alle mense te werk gaan. Salomo bevestig hierdie beginsel met hierdie woorde:
Pred 9:2 Alles is gelyk vir almal: een en dieselfde lot is daar vir die regverdige en die goddelose, vir die goeie en die reine en die onreine, en vir hom wat offer en vir hom wat nie offer nie, die goeie ewe goed as die sondaar, vir hom wat sweer ewe goed as vir hom wat bang is vir ‘n eed.
Dit was Christus self wat die Farao twee afsonderlike drome laat droom het. Die eerste was ‘n droom van sewe vet koeie wat deur sewe maer koeie verslind word. Die ontstellende deel van die droom was dat die sewe maer koeie, nadat hulle die sewe vet koeie opgevreet het, nie beter gelyk het omdat hulle die sewe vet koeie opgeëet het nie. Die heilige gees maak dit duidelik dat die verslinding van daardie sewe vet koeie deur die sewe maer koeie, niks beter tot gevolg gehad het nie, wat Farao baie ontstel het dat hy wakker geword het met groot bekommernis, en tog het hy nie geweet hoekom hierdie droom aan hom gegee was, of wat dit beteken het nie. Hy het weer gaan slaap net om die hele ervaring te herhaal, behalwe dat die droom hierdie keer gegaan het oor sewe vet en goeie are aan een steel, wat weer verslind was deur sewe are wat maer was en deur die oostewind verskroei was.
Gen 41:5-8 En hy het weer aan die slaap geraak en nog ‘n keer gedroom; en kyk, sewe vet en mooi are skiet op aan een steel; 6 en ná hulle spruit daar sewe are uit wat maer en deur die oostewind verskroei was; 7 en die maer are het die sewe vet en vol are verslind. Toe het Farao wakker geword en kyk, dit was ‘n droom! 8 Dié môre was sy gees onrustig, en hy het al die towenaars en al die wyse manne van Egipte laat roep; en Farao het aan hulle sy droom vertel, maar niemand kon dit aan Farao uitlê nie.
Hierdie hele verhaal word in die boek Daniël herhaal. In daardie geval is dit koning Nebukadnésar wat verskrik was vir die drome wat die Here hom gegee het. In daardie geval, terwyl die skok nog in Nebukadnésar was oor wat hy gedroom het, het die Here die herinnering van die inhoud van die droom van koning Nebukadnésar weggeneem.
Dan 2:1-4 En in die tweede jaar van die regering van Nebukadnésar, het Nebukadnésar ‘n droom gehad, sodat sy gees onrustig geword het en dit met sy slaap gedaan was. 2 Toe het die koning bevel gegee om die geleerdes en die besweerders en die towenaars en die Chaldeërs te roep, om vir die koning sy droom uit te lê. Toe hulle kom en voor die koning gaan staan, 3 sê die koning vir hulle: Ek het ‘n droom gehad, en my gees is onrustig om die droom te verstaan. 4 Toe het die Chaldeërs met die koning gespreek Aramees: Mag die koning vir altyd lewe! Vertel u dienaars die droom, en ons sal die uitlegging te kenne gee.
Die koning het toe besluit dat die Chaldeër geleerdes en die besweerders en die towenaars (as hulle in staat was om hom ‘n betroubare interpretasie te gee) ook in staat moet wees om hom te vertel wat die droom was wat hy vergeet het. In hierdie geval was koning Nebukadnesar vasbeslote om al die wyse manne van Babel te vernietig, insluitend Daniël en Sadrag, Mesag en Abednégo, as hulle nie vir hom sy droom kon vertel saam met die uitlegging van daardie droom nie.
Dan 2:5-19 Die koning het geantwoord en aan die Chaldeërs gesê: Die saak staan by my vas: as julle die droom en sy uitlegging nie aan my bekend maak nie, sal julle in stukke gekap en van julle huise mishope gemaak word. 6 Maar as julle die droom en sy uitlegging te kenne gee, sal julle geskenke en gawes en groot eer van my ontvang; gee my daarom die droom en sy uitlegging te kenne. 7 Hulle het vir die tweede maal geantwoord en gesê: Laat die koning die droom aan sy dienaars vertel; dan sal ons die uitlegging te kenne gee. 8 Die koning het geantwoord en gesê: Ek weet verseker dat julle tyd wil win, omdat julle sien dat die saak by my vasstaan; 9 want as julle my die droom nie bekend maak nie, is julle vonnis een en dieselfde; julle het naamlik afgespreek om ‘n leuenagtige en bedrieglike woord voor my te spreek totdat die tyd weer verander; daarom, vertel my die droom, dan sal ek weet of julle my sy uitlegging kan te kenne gee. 10 Die Chaldeërs het voor die koning geantwoord en gesê: Daar is geen mens op die aardbodem wat die koning se saak sou kan te kenne gee nie; daarom het dan ook geen koning, groot of magtig, ooit so iets van enige geleerde of besweerder of Chaldeër verlang nie. 11 Ja, die saak wat die koning verlang, is swaar, en daar is niemand anders wat dit voor die koning sou kan te kenne gee nie, behalwe die gode wie se woning nie by die vlees is nie. 12 Hieroor het die koning toornig en baie kwaad geword en bevel gegee om al die wyse manne van Babel om te bring. 13 Toe die bevel uitgevaardig is en die wyse manne gedood sou word, het hulle ook Daniël en sy metgeselle gesoek om gedood te word. 14 Daarop het Daniël aan Ariog, die owerste van die koninklike lyfwag wat uitgetrek het om die wyse manne van Babel dood te maak, ‘n slim en verstandige antwoord gegee. 15 Hy antwoord en sê vir Ariog, die bevelhebber van die koning: Waarom is die bevel van die kant van die koning so streng? Toe het Ariog aan Daniël die saak meegedeel. 16 Daarop het Daniël ingegaan en die koning versoek dat hy hom tyd moes gee om die uitlegging aan die koning te kenne te gee. 17 Toe gaan Daniël na sy huis en maak aan Hanánja, Mísael en Asárja, sy metgeselle, die saak bekend, 18 en dat hulle barmhartigheid van die God van die hemel moes afsmeek oor hierdie geheim, sodat hulle Daniël en sy metgeselle saam met die orige wyse manne van Babel nie sou ombring nie. 19 Daarop is in ‘n naggesig die geheim aan Daniël geopenbaar. Toe het Daniël die God van die hemel geloof.
Daniël was deur God geseën met die kennis van wat die koning gedroom het, en soos Josef was hy ook geseën met die insig om te weet wat die droom beteken het. Let op die parallelle tussen hierdie twee gebeurtenisse, wat nog ‘n voorbeeld is van die beginsel van “die droom is een en dieselfde” sleutel tot die koninkryk van die hemel:
Gen 41:17-24 Toe sê Farao vir Josef: Kyk, ek het in my droom gestaan op die wal van die Nyl, 18 en sewe koeie het uit die Nyl uit opgekom wat vet van vleis en mooi van uiterlik was, en hulle het gaan wei in die rietgras. 19 En kyk, ná hulle kom daar nog sewe koeie op, skraal en baie lelik van uiterlik en maer van vleis; ek het soos hulle so lelik in die ganse Egipteland nie gesien nie. 20 En die maer en lelike koeie het die sewe eerste vet koeie opgeëet: 21 dié het in hulle maag ingegaan, maar ‘n mens kon nie merk dat hulle in hul maag ingegaan het nie; want hulle aansien was lelik soos in die begin. Toe het ek wakker geword. 22 Daarna het ek in my droom gesien, en kyk, sewe vol en mooi are skiet op aan een steel. 23 En ná hulle spruit daar sewe are uit wat dor, maer en deur die oostewind verskroei was; 24 en die sewe maer are het die sewe mooi are verslind. En ek het dit aan die towenaars meegedeel, maar niemand kon my inligting gee nie.
Die enigste verskil tussen hierdie twee gebeure is dat Farao geloof in Josef se interpretasie gegee was, sonder om vir Farao te sê wat sy droom was asook die interpretasie. Die feit is dat as Josef se uitleggings van die drome van Farao se skinker en bakker nie reeds presies gebeur het soos die Here hulle uitlegging aan Josef geopenbaar het nie, sou die Farao Josef nooit geroep het nie.
Die punt wat gemaak word is dat God bevestig diegene op wie Hy Sy gees plaas, en niemand kan ontken wie hulle is nie. Dieselfde beginsel kom ‘n derde keer voor in die Skrifte in die gebeure waarin Mordegai en Ester ‘n groot rol gespeel het. As ons kan sien dat die tronk in Egipte die dood tipeer, dan kan ons ook sien, sonder weerspreking, dat God die lewens van Sy uitverkorenes in al drie hierdie historiese gebeure op die spel geplaas het.
Simboliseer die Skrifte die dood as ‘n put?
Job 3:18 Die gevangenes is almal saam gerus [in die graf]; hulle hoor die stem van die drywer nie.
Psa 88:4-5 Want my siel is sat van teëspoede, en my lewe raak aan die doderyk. 5 Ek word gereken by die wat in die kuil neerdaal; ek het geword soos ‘n man sonder krag,
Jes 24:21-23 En in dié dag sal die HERE besoeking doen oor die leërskare van die hoogte in die hoogte en oor die konings van die aarde op die aarde; 22 en hulle sal opgesluit word soos gevangenes opgesluit word in ‘n kuil en bewaar word in ‘n kerker; maar ná baie dae sal daar op hulle ag gegee word. 23 En die maan sal rooi word van skaamte, en die son sal skaam wees; want die HERE van die leërskare sal regeer op die berg Sion en in Jerusalem, en voor sy oudstes sal daar heerlikheid wees.
Jes 42:7 om blinde oë te open; om gevangenes uit die kerker uit te lei, uit die gevangenis diegene wat in die duisternis sit.
Ons is almal gebore in die “duisternis …in ‘n kerker”, en Christus verduidelik die betekenis van hierdie simboliek:
Luk 9:59-60 En Hy sê aan ‘n ander een: Volg My. Maar hy antwoord: Here, laat my toe om eers my vader te gaan begrawe. 60 En Jesus sê vir hom: Laat die dooies hul eie dooies begrawe; maar gaan jy en verkondig die koninkryk van God.
As ons die denke van God ken, dan sal ons weet dat vanuit Sy perspektief, hierdie “klei voorwerp” wat Hy “baie goed” geskep het, eintlik niks minder is as “kerkers” van duisternis wat gevul is met “dooies”.
Ek sal nie hier baie tyd spandeer om die verhaal van Mórdegai en Ester te vertel nie, behalwe om daarop te wys dat die dood van God se uitverkorenes weer op die spel was, en dit is weer deur God verander in oorwinning teen diegene wat God se uitverkorenes wou laat vernietig, soos ook die geval was met Josef en met Daniël:
Est 9:1 En in die twaalfde maand, dit is die maand Adar, op die dertiende dag daarvan, toe die bevel van die koning en sy wet uitgevoer sou word, op die dag toe die vyande van die Jode gehoop het om hulle te oorweldig—maar dit net omgekeerd was, sodat juis die Jode hulle haters sou oorweldig—
Hierdie sleutel tot die koninkryk van die hemel is dus nie van toepassing op net die drome van Farao nie. Hierdie beginsel van “die droom is een en dieselfde” is eerder van toepassing op elke woord wat deur die mond van God uitgaan, soos Christus aan ons geopenbaar het, deur wat ek Sy ‘Profesie 101’-kursus noem wat Hy gelewer het aan die twee manne wat op die pad was na Emmaus. Met hierdie “die droom is een en dieselfde”-sleutel tot die koninkryk van die hemel, is dit asof ons ook daar was met daardie twee manne aan wie Jesus hierdie beginsel in hierdie woorde geopenbaar het:
Luk 24:25-27 En Hy sê vir hulle: o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het! 26 Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie? 27 En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.
Diegene aan wie oë gegee word wat sien en ore wat hoor dat “die droom een en dieselfde” is, sal presies weet hoe Christus-sentries die geheel is van “alles wat die profete gespreek het … in al die Skrifte … wat op Hom betrekking het”.
Dit is inderdaad hoe Christus-gesentreerd “alles [is] wat die profete gespreek het”:
Rom 11:36 Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
2Kor 4:14-15 Want ons weet dat Hy wat die Here Jesus opgewek het, ons ook deur Jesus sal opwek en saam met julle voor Hom sal stel. 15 Want dit is alles om julle ontwil [Christus en sy Christus], sodat die genade, wat groter geword het deur so baie mense, die danksegging oorvloedig kan maak tot die heerlikheid van God.
Kol 1:15-20 Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping; 16 want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. 17 En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand. 18 En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees. 19 Want dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon 20 en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis—ek sê deur Hom—die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele.
As “alle dinge deur Hom en tot Hom” geskep is, dan volg dit dat elke detail van alle dinge deur Hom en tot Hom is, en dat “al die Skrifte [in een of ander opsig] op Hom betrekking het”.
Met hierdie “die droom is een en dieselfde”-sleutel tot die koninkryk van die hemel, word ons ingelig dat dit elkeen van ons is aan wie dit gegee is, om te heers oor ons eie land van Egipte, en dat God vooraf bepaal het dat Hy ons onverdeelde aandag kry as Hy ons vrede en voorspoed in ons eie wêreldse koninkryk wegneem, en dit vervang met gevoelens van vrees en angs (Job 1-2, Hand 9:1-9). Of dit nou die verhaal van Josef, Daniël of Mordegai en Ester is, “die droom is een en dieselfde”. Of dit nou die verhaal is van Kain en Abel, Ismael en Isak, of Jakob en Esau, “die droom is een en dieselfde”, en die boodskap is in almal hierdie gevalle dieselfde. Daardie een boodskap is dat ons ou mens, ons “eerste mens Adam”, moet sterf, en dat deur die dood van daardie “eerste mens Adam … [ons] nuwe mens, die laaste Adam” gebore word in “die koninkryk van God … binne [elkeen van ons]” (Hand 17:20-21). Geestelik gesproke moet ons onsself beskou as dood vir ons ou mens, en reeds opgewek in ons nuwe mens. Alles is , alles as ‘n “onderpand”, maar tog is dit ‘n geestelike werklikheid:
Efes 1:11-14 in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil, 12 sodat ons kan wees tot lof van sy heerlikheid, ons wat reeds tevore op Christus gehoop het, 13 in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte, 14 wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid.
1Kor 15:44-50 ‘n Natuurlike liggaam word gesaai, ‘n geestelike liggaam word opgewek. Daar is ‘n natuurlike liggaam, en daar is ‘n geestelike liggaam. 45 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees. 46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike. 47 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel. 48 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. 49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra. 50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
Dit is slegs wanneer ons deur ons eie “wysheid verwar [word]” dat ons dan in ‘n nederige posisie is waar ons sal luister na ons eie persoonlike “Ananias”, ‘n lid van die liggaam van Christus, ons eie persoonlike Filippus, iemand “wat [ons] die weg wys” en om aan ons die sleutels van die koninkryk van die hemel te gee. Wanneer ons erken dat “die droom is een en dieselfde”, sal ons sien dat al die Skrifte oor Christus en Sy Christus handel, en hoe God, deur Christus en Sy Christus, “alles in Adam … elkeen in sy eie orde sal bring om in “die laaste Adam … Christus” te wees (1Kor 15:22-28).
Psa 107:25-28 Want Hy [Christus, die Woord] het gespreek en ‘n stormwind laat opsteek wat die golwe daarvan opgesweep het. 26 Hulle het opgerys na die hemel, neergedaal na die dieptes—hulle siel het vergaan van wee. 27 Hulle het getuimel en gewaggel soos ‘n dronk man, en al hulle wysheid is verwar. 28 Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid, en uit hul angste het Hy hulle uitgelei.
Psa 107:25 Want Hy [Christus, die Woord] gee bevel en hef die stormwind op wat sy golwe ophef.
Psa 107:26 Hulle klim op na die hemel, hulle daal weer af na die dieptes; hulle siel smelt vanweë benoudheid.
Psa 107:27 Hulle dartel heen en weer en wankel soos ‘n dronk man en is aan hulle verstand.
Psa 107:28 Toe roep hulle tot die HERE in hul benoudheid, en Hy het hulle uit hul benoudhede uitgelei.
Christus som die boodskap van Psalm 107 op in hierdie kort stelling:
Joh 12:24-25 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug. 25 Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe.
Die apostel Paulus herhaal dieselfde boodskap met hierdie woorde:
Rom 6:1-6 Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? 2 Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? 3 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? 4 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. 5 Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; 6 aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.
Die teëstander (Satan) het ‘n gesplete tong wat homself en die Woorde van God weerspreek. Die waarheid is dat die evangelie van die koninkryk van die hemele die goeie nuus is dat alle mense, “elkeen in sy eie orde”, deur Christus en sy Christus gered sal word (1Kor 15:22-28). Hierdie boodskap is dieselfde vanaf Genesis tot Openbaring.
Afsluiting
Of dit nou koning Dawid in die Psalms, Christus in die evangelies, of Paulus in sy sendbriewe is, “die droom is een en dieselfde”, en hierdie beginsel is een van die sleutels tot die koninkryk van die hemel wat binne-in elkeen van ons is, wat gekom het om die een gesindheid van God en Sy Seun, Jesus Christus, te ken en te waardeer. Hierdie sleutel tot die verborgenhede van die koninkryk van die hemel openbaar dat die boodskap wat al die profete gepreek het een boodskap is, en daardie boodskap gaan oor Christus en hoe almal eendag in Hom sal wees, en die vreugde en die heerlikheid sal ervaar om in een denke saam met die Vader en Christus te wees.
Open 21:1-4 En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie. 2 En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is. 3 En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. 4 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan..