[Nota: Hierdie is ‘n vertaling van ‘n reeks studies in Engels deur Mike Vinson getiteld “The Spiritual Significance of Biblical Locations” on the website http://www.iswasandwilbe.com. Hier is die skakel na die oorspronklike studie: https://www.iswasandwillbe.com/the-spiritual-significance-of-biblical-locations-part-1/: (red.: George Larry Groenewald)]
Inleiding
Psa 132:13 Want die HERE het Sion uitgekies, Hy het dit as woonplek vir Hom begeer en gesê.
Psa 132:14 Dit is my rus vir ewig: hier sal ek woon; want ek het dit begeer.
Jer 22:29 O aarde, aarde, aarde, hoor die woord van die HERE!
Hos 11:8 Hoe kan Ek jou oorgee, o Efraim, jou prysgee, o Israel? Hoe kan Ek jou maak soos Adma, jou gelykstel met Seboïm: my hart is omgekeer in My, tegelykertyd is my medelyde opgewek
Waar is hierdie ‘Sion’ wat die Here vir Sy woning gekies het, en wie is die ‘aarde’ wat die Here Sy woord wil hoor? Die feit is dat die Here nie fisiese Sion vir Sy woning gekies het nie, en dit spreek vanself dat die fisiese aarde nie in staat is om die Woord van die Here te hoor nie. Tog is die Skrif vol sulke gevalle waar die heilige gees die name van verskeie Bybelse plekke gebruik om baie diep en belangrike geestelike stellings te maak wat heeltemal gemis word, en weggesteek word, vir diegene wat niks weet van die betekenis van daardie name en wat daar gebeur het nie. Die betekenis van die name en die gebeure wat op hierdie verskillende plekke plaasgevind het, vertel ons wat die Here bedoel met die geestelike stellings wat Hy maak oor die verskillende Bybelse plekke.
’n Suster het my gevra: “Ek wens iemand wil ’n studie doen oor die betekenis van die name van Bybelse stede en plekke!” Ek het vir haar gesê dat ek van plan was om dit te doen.
‘n Paar weke later het ‘n broer ingeskryf en gevra:
“Kan jy asseblief die geestelike tipes van Efraim, Israel, Adma en Seboim en die geestelike anti-tipe vir vandag verduidelik?”
Hy het voortgegaan om aan te haal:
Hos 11:7-11 Want my volk dwing om van My afvallig te word; en as die profete hom roep na bo, rig hy hom glad nie op nie. 8 Hoe kan Ek jou oorgee, o Efraim, jou prysgee, o Israel? Hoe kan Ek jou maak soos Adma, jou gelykstel met Seboïm: my hart is omgekeer in My, tegelykertyd is my medelyde opgewek. 9 Ek sal my toorngloed nie laat geld nie, Ek sal Efraim nie weer te gronde rig nie; want Ek is God en nie ‘n mens nie, die Heilige in jou midde. En Ek sal nie kom in grimmigheid nie. 10 Hulle sal agter die HERE aan trek; Hy sal brul soos ‘n leeu. Want Hy sal brul, en die kinders sal met siddering van die seekant aankom. 11 Hulle sal sidderende aankom soos ‘n voëltjie uit Egipte en soos ‘n duif uit die land Assur; en Ek sal hulle laat woon in hulle huise, spreek die HERE.
Hos 12:1 Efraim het My omsingel met leuens, en die huis van Israel met bedrog; terwyl Juda nog altyd bandeloos is teenoor God, ja, teenoor die Allerheiligste, die Getroue.
Alhoewel die aantal plekke in die Skrif talryk is, en die verduideliking van die geestelike betekenisse van almal volumes boeke kan vul, sal ons ‘n paar van die mees prominente en mees misverstaande Bybelse plekke dek, en demonstreer wat die geestelike betekenis is van hierdie Bybelse plekke. Deur dit te doen, sal ons weereens ontdek dat die hele Skrif hom met net twee persone besig hou – die ou mens en die nuwe mens. As ons nie die Bybelse betekenis van plekke soos ‘Sion, aarde, Efraim, Israel, Adma en Seboim’ ken nie, dan sal hierdie name vir ons niks meer wees as vervelige historiese inligting.
[Aanvullende Nota: In Deel 1A het ons gekyk na die geestelike betekenis van “Sion”. Hier is die geestelike betekenis van “aarde”. (red.)]
Aarde
Die aarde word ook eers in sy tydelike sterwende toestand gesien. Dit is in hierdie toestand dat ons almal ons begin het, en dit is in hierdie tydelike sterwende toestand dat ons almal is. [Aanvullende Nota: Die mens was saam met die diere “uit die grond” geneem op dag ses van die skepping, en daarom is ons eerste mens aards: (red.)]:
Gen 2:7 En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en die asem van die lewe in sy neus geblaas; en die mens het ‘n lewende siel geword.
Gen 2:19 En die HERE God het uit die grond geformeer al die diere van die veld en al die voëls van die hemel ; en het hulle na Adam gebring om te sien hoe hy hulle sou noem; en wat Adam ook al elke lewende wese genoem het, dit was die naam daarvan.
[Aanvullende Nota: Gen 1:24-31 En God het gesê: Laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte: vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hulle soorte. En dit was so. 25 En God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle soorte en die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die grond kruip, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was. 26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. 27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. 28 En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip. 29 Verder het God gesê: Ek gee nou aan julle al die plante wat saad gee, wat op die hele aarde is, en al die bome waar boomvrugte aan is, wat saad dra. Dit sal julle voedsel wees. 30 Maar aan al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel en al die kruipende diere op die aarde, waarin ‘n lewende siel is, gee Ek al die groen plante as voedsel. En dit was so. 31 Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en—dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag. (red.)]
As ‘diere van die veld’ is ons “die dier” van Openbaring 13, wat uit die see opkom, net soos “die aarde” uit die see gemaak is:
Gen 1:9 En God het gesê: Laat die waters onder die hemel op een plek versamel word, en laat die droë land verskyn . En dit was so.
Gen 1:10 En God het die droë grond Aarde genoem ; en die versameling van die waters het Hy see genoem, en God het gesien dat dit goed was.
[Aanvullende Nota: Open 13:1-18 En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering. 2 En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag. 3 En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan. 4 En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer? 5 En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen. 6 En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster. 7 Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie. 8 En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie. 9 As iemand ‘n oor het, laat hom hoor. 10 As iemand krygsgevangenes maak, gaan hy in krygsgevangenskap; as iemand met die swaard doodmaak, moet hy met die swaard doodgemaak word. Hier is die lydsaamheid en die geloof van die heiliges. 11 En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak. 12 En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is. 13 Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense. 14 En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het. 15 En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie. 16 En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; 17 sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het. 18 Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig. (red.)]
Christus, wat beide “Die Waarheid [en] die boom van die lewe” genoem word, kom ook “uit die aarde” uit:
Gen 2:9 En die HERE God het uit die grond laat groei al die bome wat aangenaam is om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van kennis van goed en kwaad.
Psa 85:11 Waarheid sal uit die aarde spruit ; en geregtigheid sal uit die hemel neerdaal.
Wanneer ons lees “die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike”, word dit geopenbaar dat Christus, wat alle dinge geskep het, van daardie stelling uitgesluit is:
1Kor 15:45-46 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees. 46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.
Christus, en Christus alleen, moes Homself “ontledig” van Sy goddelikheid om ook “uit die grond [te] groei” deur gebore te word “uit ‘n vrou, gebore onder die wet”:
Fil 2:6-8 Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, 7 maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; 8 en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.
[Aanvullende Nota: Joh 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid. Gal 4:4 Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet. (red.)]
In die volgende verse van 1 Korinthiërs 15 vertel Paulus vir ons wie God as “die aarde” beskou:
1Kor 15:47-50 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel. 48 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. 49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra. 50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
Ons ou “eerste mens Adam” moet “gelykvormig” gemaak word “aan die beeld van [Christus]”, en om dit te kan doen moet ons “ou mens” eers sterf, want “vlees en bloed [kan nie] die koninkryk van God…beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie”
Rom 8:29 Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders;
Hierdie “gelykvormigheid” aan “die beeld van Sy Seun” is presies dieselfde as “die beeld van die hemelse” van 1 Korintiërs 15 vers 49. Dit word ook ‘n “nuwe aarde” genoem:
Jes 65:17 Want kyk, Ek skep nuwe hemele en ‘n nuwe aarde, en aan die vorige dinge sal nie gedink word en hulle sal in die hart nie opkom nie.
Jes 66:22 Want soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek maak, voor my aangesig sal bestaan, spreek die HERE, so sal julle nageslag en julle naam bestendig wees.
2Pe 3:13 Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon.
Open 21:1 En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.
Paulus het sopas vir ons verduidelik wie die ‘aarde’ is in Bybelse terme:
1Kor 15:48-49 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. 49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.
Ja, Jeremia 22 is gerig aan Juda en Jerusalem as die hoer wat op die punt is om na Babilon weggevoer te word om daardie einste stad te word, en dit is in daardie eiegeregtige en onberouvolle toestand dat ons almal aangespreek word wanneer ons eie Skepper uitroep na ons:
Jer 22:29 O aarde, aarde, aarde , hoor die woord van die HERE.