Die geestelike betekenis van Bybelse plekke – Deel 1(D) [Mike Vinson]

[Nota: Hierdie is ‘n vertaling van ‘n reeks studies in Engels deur Mike Vinson getiteld “The Spiritual Significance of Biblical Locations” on the website http://www.iswasandwilbe.com. Hier is die skakel na die oorspronklike studie: https://www.iswasandwillbe.com/the-spiritual-significance-of-biblical-locations-part-1/: (red.: George Larry Groenewald)]

Inleiding

Psa 132:13  Want die HERE het Sion uitgekies, Hy het dit as woonplek vir Hom begeer en gesê.

Psa 132:14 Dit is my rus vir ewig: hier sal ek woon; want ek het dit begeer.

Jer 22:29 O aarde, aarde, aarde, hoor die woord van die HERE!

Hos 11:8 Hoe kan Ek jou oorgee, o Efraim, jou prysgee, o Israel? Hoe kan Ek jou maak soos Adma, jou gelykstel met Seboïm: my hart is omgekeer in My, tegelykertyd is my medelyde opgewek

Waar is hierdie ‘Sion’ wat die Here vir Sy woning gekies het, en wie is die ‘aarde’ wat die Here Sy woord wil hoor? Die feit is dat die Here nie fisiese Sion vir Sy woning gekies het nie, en dit spreek vanself dat die fisiese aarde nie in staat is om die Woord van die Here te hoor nie. Tog is die Skrif vol sulke gevalle waar die heilige gees die name van verskeie Bybelse plekke gebruik om baie diep en belangrike geestelike stellings te maak wat heeltemal gemis word, en weggesteek word, vir diegene wat niks weet van die betekenis van daardie name en wat daar gebeur het nie. Die betekenis van die name en die gebeure wat op hierdie verskillende plekke plaasgevind het, vertel ons wat die Here bedoel met die geestelike stellings wat Hy maak oor die verskillende Bybelse plekke.

’n Suster het my gevra: “Ek wens iemand wil ’n studie doen oor die betekenis van die name van Bybelse stede en plekke!” Ek het vir haar gesê dat ek van plan was om dit te doen.

‘n Paar weke later het ‘n broer ingeskryf en gevra:

“Kan jy asseblief die geestelike tipes van Efraim, Israel, Adma en Seboïm en die geestelike anti-tipe vir vandag verduidelik?”

Hy het voortgegaan om aan te haal:

Hos 11:7-11  Want my volk dwing om van My afvallig te word; en as die profete hom roep na bo, rig hy hom glad nie op nie.  8  Hoe kan Ek jou oorgee, o Efraim, jou prysgee, o Israel? Hoe kan Ek jou maak soos Adma, jou gelykstel met Seboïm: my hart is omgekeer in My, tegelykertyd is my medelyde opgewek.  9  Ek sal my toorngloed nie laat geld nie, Ek sal Efraim nie weer te gronde rig nie; want Ek is God en nie ‘n mens nie, die Heilige in jou midde. En Ek sal nie kom in grimmigheid nie.  10  Hulle sal agter die HERE aan trek; Hy sal brul soos ‘n leeu. Want Hy sal brul, en die kinders sal met siddering van die seekant aankom.  11  Hulle sal sidderende aankom soos ‘n voëltjie uit Egipte en soos ‘n duif uit die land Assur; en Ek sal hulle laat woon in hulle huise, spreek die HERE.

Hos 12:1  Efraim het My omsingel met leuens, en die huis van Israel met bedrog; terwyl Juda nog altyd bandeloos is teenoor God, ja, teenoor die Allerheiligste, die Getroue. 

Alhoewel die aantal plekke in die Skrif talryk is, en die verduideliking van die geestelike betekenisse van almal volumes boeke kan vul, sal ons ‘n paar van die mees prominente en mees misverstaande ​​Bybelse plekke dek, en demonstreer wat die geestelike betekenis is van hierdie Bybelse plekke. Deur dit te doen, sal ons weereens ontdek dat die hele Skrif hom met net twee persone besig hou – die ou mens en die nuwe mens. As ons nie die Bybelse betekenis van plekke soos ‘Sion, aarde, Efraim, Israel, Adma en Seboïm’ ken nie, dan sal hierdie name vir ons niks meer wees as vervelige historiese inligting.

[Aanvullende Nota: In Deel 1A het ons gekyk na die geestelike betekenis van “Sion”. In Deel 1(B) het one gekyk na die geestelike betekenis van “aarde”. Die geestelike betekenis van Efraim was bespreek in Deel 1(C). Ons kyk nou na die geestelike betekenis van Adma en Seboïm (red.)]

Adma en Seboïm

Die vraag wat ons gevra is, was: “Kan jy asseblief die geestelike tipes van Efraim, Israel, Adma en Seboïm en die geestelike anti-tipe vir vandag verduidelik?”

Om daardie vraag te beantwoord, soos met al die ander Bybelse name wat ons in hierdie reeks studies na kyk, moet ons eers weet wat met Adma en Seboïm gebeur het. Die feit is dat hierdie twee stede onder “die stede van die Jordaanstreek” (Gen 29) was wat vernietig was in die vernietiging van die veel meer bekende name van Sodom en Gomorra.

Deu 29:23  ook swawel en sout deurdat sy hele oppervlakte uitgebrand is, wat nie besaai word en niks laat uitspruit nie, waarin hoegenaamd geen plante opslaan nie, soos die omkering van Sodom en Gomorra, Adma en Sebóim wat die HERE in sy toorn en in sy grimmigheid omgekeer het—

God het dit bekend gemaak dat om Sy Naam te hê, sonder om Sy denke te hê en Sy gebooie te gehoorsaam, hoegenaamd geen waarde het nie, maar sal eerder dieselfde vernietiging oor ons bring deur “Sy toorn en in Sy grimmigheid” soos “die omkering van Sodom en Gomorra, Adma en Sebóim”.

Dit is uit hierdie vernietiging van die koninkryk van ons “ou mens” dat God ons “nuwe mens” voortbring wat deur daardie sterwensproses “gelykvormig [sal] wees aan die beeld van sy Seun” (Christus)”.

Hos 11:9  Ek sal my toorngloed nie laat geld nie, Ek sal Efraim nie weer te gronde rig nie; want Ek is God en nie ‘n mens nie, die Heilige in jou midde. En Ek sal nie kom in grimmigheid nie.

Hier sien ons dat God ‘n retoriese vraag stel, hoe Hy Sy teruggevalle volk kan oorgee om vernietig te word soos Hy die stede Adma en Seboïm vernietig het “in Sy toorn en in Sy grimmigheid”. Terselfdertyd deel Hy ons mee: “Ek sal my toorngloed nie laat geld nie, Ek sal Efraim nie weer te gronde rig nie”. Dit alles dien as ‘n perfekte voorbeeld van hoe God eers Sy toorn oor Sy uitverkorenes uitstort, en eers die opstandige, vleeslike denke binne hulle vernietig, voordat Hy die res van die mensdom na Hom toe trek. Dit dien alles om te demonstreer dat “alles gelyk [is] vir almal: een en dieselfde lot is daar vir die regverdige en die goddelose”:

Pred 9:2  Alles is gelyk vir almal: een en dieselfde lot is daar vir die regverdige en die goddelose, vir die goeie en die reine en die onreine, en vir hom wat offer en vir hom wat nie offer nie, die goeie ewe goed as die sondaar, vir hom wat sweer ewe goed as vir hom wat bang is vir ‘n eed.

Daardie verse in Hosea 11 demonstreer dat alle mense van alle tye, op die ou end, “nie bestem [is] tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur ons Here Jesus Christus”.

1Th 5:9  Want God het ons [alle mense van alle tye] nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus

Wat hierdie verse ook demonstreer, is dat God se uitverkorenes nie immuun is teen Sy toorn teen hulle opstandige, vleeslike gesinde “eerste mens, Adam”, wat deur God se toorn vernietig sal word en deur daardie vernietiging as ‘n nuwe mens opgewek sal word. wat “gelykvormig [sal] wees aan die beeld van sy Seun” (Christus):

Rom 8:29  Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders;

In Deel 1 van hierdie studiereeks het ons gesien dat Sion, die aarde, Israel, Adma en Seboïm, een en almal, die eerste keer gebruik word om ons eerste “ou man” te tipeer wat geskape is as ‘n “mislukking … in die Pottebakker se hand” (Jer 18:1-4) met die uitdruklike doel om te demonstreer hoe onbekwaam die ou mens is om die geestelike koninkryk van God te beërwe (1Kor 15:50). Ons het ook gesien dat ‘n “nuwe mens” in die proses is om deur daardie vernietiging gebore te word, wat ons Here se woorde vervul:

Joh 12:24-25  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.  25  Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe.

Joh 12:31-33  Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word.  32  En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek.  33  En dit het Hy gesê om aan te dui hoedanige dood Hy sou sterwe.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.