Die geestelike betekenis van Bybelse plekke – Deel 2 (A)[Mike Vinson]

[Nota: Hierdie is ‘n vertaling van ‘n reeks studies in Engels deur Mike Vinson getiteld “The Spiritual Significance of Biblical Locations” on the website http://www.iswasandwilbe.com. Hier is die skakel na die oorspronklike studie: https://www.iswasandwillbe.com/the-spiritual-significance-of-biblical-locations-part-2/: (red.: George Larry Groenewald)]

Inleiding

Deu 32:22 (OAV) Want ‘n vuur is aangesteek in my toorn en het gebrand tot in die doderyk daaronder, en dit het die aarde met sy opbrings verteer en die fondamente van die berge aan die brand gesteek.. Deu 32:22 (KJV) For a fire is kindled in mine anger, and shall burn unto the lowest hell, and shall consume the earth with her increase, and set on fire the foundations of the mountains.

Psa 9:16 (AOV) Die heidene het gesink in die kuil wat hulle gemaak het; hulle voet is gevang in die net wat hulle gespan het. Psa 9:17 (KJV)  The wicked shall be turned into hell, and all the nations that forget God.

Psa 16:10  (AOV) want U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie. Psa 16:10 (KJV) For thou wilt not leave my soul in hell; neither wilt thou suffer thine Holy One to see corruption.

[Aanvullende nota: 2Ki 23:10  Hy het ook Tofet verontreinig wat in die dal van die kinders van Hinnom was, sodat niemand sy seun of sy dogter vir Molog deur die vuur sou laat deurgaan nie. Jer 7:31  En hulle het die hoogtes van Tofet gebou wat in die dal van die seun van Hinnom is, om hulle seuns en hulle dogters met vuur te verbrand—iets wat Ek nie beveel het nie en in my hart nie opgekom het nie. (red.)]

Ons gaan voort met ons studie van Bybelse plekke en wat hulle geestelike betekenis vir ons vandag is.

‘n Bybelse plek wat op verskillende maniere genoem word in die Skrifte is die dal van die kinders van Hinnom, en Tofet, in die Ou Testament, en Gehenna in die Nuwe Testament. Die Hebreeuse woord ‘sheôl’ is baie swak vertaal as ‘hel’ in baie vertalings en ons sal sien dat daar verskeie Bybelse name vir hierdie plek is.

Daar is drie Griekse woorde wat die King James Version vertaal met die een Engelse woord ‘hell’. Hulle is ‘hades, gehenna en tartaroo’.

[Nota: Die Hebreeuse woord ‘sheôl’, en die Griekse woorde ‘geenna’, ‘hades en ‘tartaroo‘ sal in afsonderlike studies behandel word. Ons begin met die plek genaamd ‘sheôl’ (red)].

Waar is ‘sheôl’?

Ons sal ons studie begin deur na die Hebreeuse woord ‘sheôl’ te kyk, wat in baie Bybelvertalings as ‘hel’ beskryf word. Wanneer hierdie woord deur enige van die Griekse skrywers van die Nuwe Testament uit die Ou Testament aangehaal word, het hulle dit vertaal met die Griekse woord ‘hades’. Ons sal dus begin deur te vra, “presies waar is die Hebreeuse ‘sheôl’ geleë?” Ons lees dat God se toorn sal brand “tot in die doderyk daaronder”. Hierdie ‘dodeyk’ word as ‘hel’ vertaal uit die Hebreeuse woord ‘sheôl’ in sommige vertalings van die Bybel:

Hier is die Hebreeuse woord ‘sheôl’ en die vier verskillende maniere waarop dit in die King James-weergawe vertaal word [Nota: Bron – Dr James Strong. (red)]:

H7585

שׁאל / שׁאול

she’ôl

Total KJV Occurrences: 65

hell, 31
Deu_32:22, 2Sa_22:6, Job_11:8, Job_26:6, Psa_9:17, Psa_16:10, Psa_18:5, Psa_55:15, Psa_86:13, Psa_116:3, Psa_139:8, Pro_5:5, Pro_7:27, Pro_9:18, Pro_15:11, Pro_15:24, Pro_23:14, Pro_27:20, Isa_5:14, Isa_14:9, Isa_28:15 (2), Isa_28:18, Isa_57:9, Eze_31:16-17 (2), Eze_32:21, Eze_32:27, Jon_2:2 (2), Hab_2:5

grave, 30
Gen_37:35, Gen_42:38, Gen_44:29, Gen_44:31, 1Ki_2:6 (2), 1Ki_2:9, Job_7:9, Job_21:13 (3), Job_24:19, Psa_6:5, Psa_30:3, Psa_31:17, Psa_49:14-15 (3), Psa_88:3, Psa_89:48, Pro_1:12, Pro_30:16, Ecc_9:10, Son_8:6, Isa_14:11, Isa_38:10, Isa_38:18, Eze_31:15, Hos_13:14 (2)

pit, 3
Num_16:30, Num_16:33, Job_17:16

grave’s, 1
Psa_141:7

Hierdie woord ‘sheôl’ word dus altesaam 34 keer as “graf, put en grafte” vertaal en 30 keer as “hell” in die King James Vertaling. Soos die jare verbygegaan het, het die aantal kere wat hierdie woord as ‘hel’ vertaal word met elke nuwe vertaling afgeneem omdat die Hebreeuse geleerdes nou algemeen bewus is dat hierdie woord ‘sheôl’ veel meer met die stof van die aarde te doen het. as wat dit te doen het met die fabelagtige vlamme van “Tophet, wat in Gehenna is”, en wat gruwelik met dieselfde Engelse woord ‘hell’ vertaal word.

Let op wat Jona beskou het as ‘sheôl’:

Jon 2:1-2 (OAV) En Jona het tot die HERE sy God gebid uit die ingewande van die vis  2  en gesê: Uit my benoudheid het ek die HERE aangeroep, en Hy het my verhoor; uit die binneste van die doderyk [‘sheôl’] het ek geroep om hulp—U het my stem gehoor. Jon 2:1-2 (KJV)  Then Jonah prayed unto the LORD his God out of the fish’s belly,  2  And said, I cried by reason of mine affliction unto the LORD, and he heard me; out of the belly of hell cried I, and thou heardest my voice.

Vir Jona was die vis se maag ‘sheôl’, die graf. Hy het nie ‘sheôl’ met óf hitte óf met vlamme geassosieer nie. Nietemin word dit deur die King James en deur baie ander Bybelvertalings as ‘hel’ vertaal.

Wanneer ons noukeurig kyk na elke vers waar hierdie woord as ‘hell’ in die King James Vertaling vertaal word, insluitend …:

Psa 16:10 (KJV) For thou wilt not leave my soul in hell [die doderyk – die graf]; neither wilt thou suffer thine Holy One to see corruption.

…ons ontdek dat die woorde ‘graf’ of ‘put’ in elke geval ‘n baie beter vertaling sou wees. Psalm 16 vers 10 is baie beter vertaal as “want U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie”.

Die apostel Petrus haal hierdie vers van Psalm 16 vers 10 aan en gebruik die Griekse woord ‘hadēs‘ vir die Hebreeuse woord ‘sheôl’ wanneer hy praat van die feit dat koning Dawid se graf tot op daardie dag nog by die Jode was:

Hand 2:26-29 Daarom is my hart bly en my tong juig, ja, ook sal my vlees nog rus in hoop.  27  Want U sal my siel nie aan die doderyk [Grieks: hadēs] oorlaat of u Heilige oorgee om verderwing te sien nie.  28  U het My die weë van die lewe bekend gemaak, U sal My vervul met vreugde by u aangesig.  29  Broeders, ek kan vry-uit met julle spreek oor die aartsvader Dawid, dat hy gesterf het en ook begrawe is, en sy graf is by ons tot vandag toe.

Wat die apostel Petrus betref het koning Dawid bedoel dat God hom nie in die graf (doderyk) sou vergeet nie. Die Griekse woord ‘hadēs‘ stem ooreen met die Hebreeuse woord ‘sheôl’ het te doen gehad met die doderyk en die graf, eerder as met vuur en vlamme. Petrus se punt was dat aangesien Dawid se graf tot op daardie dag nog by die Jode was, dit geopenbaar is dat dit nie na koning Dawid se eie siel was waarna verwys word toe die profesie sê dat die siel van Sy heilige nie ‘oorgee [was] om verderwing te sien nie’. Koning Dawid is nie uit die dood opgewek nie, terwyl Christus wel opgewek was, en daardie opstanding het plaasgevind voordat Sy liggaam ‘verderwing’ kon ervaar.

Uit hierdie mislukte vertaling van die Hebreeuse woord ‘sheôl’, wat die Nuwe Testamentiese Griekse skrywers met die Griekse woord ‘hadēs‘ vertaal het, tesame met ‘n verdraaide misverstand van die Griekse woorde “geenna” en “tartaroo”, het die belaglike valse leerstelling van Christus se ‘neerdaling na die hel’ ontwikkel waar Hy kwansuis vir ‘die geeste in die gevangenis’ gaan preek het, in die tyd tussen Sy kruisdood en Sy opstanding uit die dood.

Hier is een gedeelte van die Skrif wat sommige gebruik om daardie dwaalleer te rugsteun:

1Pe 3:18-20 Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees;  19  in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis,  20  wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is;

Waar in daardie verse word ons vertel dat Christus vir geeste in die hel gepreek het terwyl Hy dood was? Christus was inderdaad ‘na die vlees’ gedood was, maar lewend gemaak was ‘deur die Gees; in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis’. Maar waar word dit gesê dat dit gebeur het terwyl Christus in die graf was? Natuurlik sê dit niks van die aard nie, en in plaas daarvan, in die daaropvolgende vers word ons presies vertel wanneer Christus inderdaad vir daardie geeste in die gevangenis gepreek het, waarna Petrus verwys:

1Pe 3:20  wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is;

Dit het gebeur “in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is…”. Soos dit vandag is, so was dit toe. Christus het nog altyd deur sy profete gepraat, en Noag was sy profeet deur wie Hy gepraat het met die geeste wat in die gevangenis was. Wanneer het dit plaasgevind? Dit het plaasgevind “in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is…”.

Wie was hierdie “geeste in die gevangenis”? Hier is wat ons vertel word:

Jes 24:22  en hulle [mense] sal opgesluit word soos gevangenes opgesluit word in ‘n kuil en bewaar word in ‘n kerker; maar ná baie dae sal daar op hulle ag gegee word.

Dit is waar ons almal is totdat Christus in ons harte kom en ons gees uit daardie ‘gevangenis’ lei, soos Jesaja geprofeteer het:

Jes 42:6-7  Ek, die HERE, het U geroep in geregtigheid, en Ek vat u hand en behoed U en gee U as ‘n verbond van die volk, as ‘n lig van die nasies,  7  om blinde oë te open; om gevangenes uit die kerker uit te lei, uit die gevangenis diegene wat in die duisternis sit.

Luk 2:32  ‘n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel.

Jes 61:1  Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis;

In Lukas 2 vers 32 word ons vertel deur Simeon, die ou profeet wat gegee is om te weet wie Christus as ‘n blote baba was, dat Jes 42 vers 6 verwys na Christus se koms en na Sy werk met die mensdom hier op aarde.

Luk 2:22-35  En nadat die dae van haar reiniging volgens die wet van Moses vervul was, het hulle Hom na Jerusalem gebring om Hom aan die Here voor te stel,  23  soos geskrywe is in die wet van die Here: Elke manlike kind wat die moederskoot open, sal heilig vir die Here genoem word;  24  en om die offer te gee volgens wat gesê is in die wet van die Here: ‘n paar tortelduiwe of twee jong duiwe.  25  En daar was ‘n man in Jerusalem met die naam van Símeon; en hierdie man was regverdig en vroom en het die vertroosting van Israel verwag, en die Heilige Gees was op hom.  26  En aan hom was dit deur die Heilige Gees geopenbaar dat hy die dood nie sou sien voordat hy die Christus van die Here gesien het nie.  27  En hy het deur die Gees in die tempel gekom; en toe die ouers die Kindjie Jesus inbring om met Hom te handel volgens die gebruik van die wet,  28  het hy Hom in sy arms geneem en God geloof en gesê:  29  Nou laat U, Here, u dienskneg gaan in vrede volgens u woord,  30  omdat my oë u heil gesien het,  31  wat U berei het voor die oë van al die volke—  32  ‘n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel.  33  En Josef en sy moeder het hulle verwonder oor die dinge wat van Hom gesê is.  34  En Símeon het hulle geseën en aan Maria, sy moeder, gesê: Kyk, hierdie Kind is bestemd tot ‘n val en ‘n opstanding van baie in Israel en tot ‘n teken wat weerspreek sal word—  35  ja, ‘n swaard sal deur jou eie siel gaan—sodat die gedagtes uit baie harte openbaar kan word.

“‘n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel.” Dit is die betekenis om gevangenes uit die tronk te bring waarvan Jesaja geprofeteer het toe hy gesê het:

Jes 42:7 om blinde oë te open; om gevangenes uit die kerker uit te lei, uit die gevangenis diegene wat in die duisternis sit..

Geestelike gevangenes ‘sit’ in geestelike duisternis en misleiding. Hier is die “blinde oë” wat Christus kom oopmaak het terwyl hy die gevangenes uit die gevangenis gebring het:

Joh 9:39-41  En Jesus sê: Tot ‘n oordeel het Ek in hierdie wêreld gekom, sodat die wat nie sien nie, mag sien, en die wat sien, blind mag word.  40  En dié van die Fariseërs wat by Hom was, het dit gehoor en vir Hom gesê: Is ons dan ook blind?  41  Jesus antwoord hulle: As julle blind was, sou julle geen sonde hê nie; maar nou sê julle: Ons sien! Daarom bly julle sonde.

Christus sê vir ons dat die Jesaja 61 vers 1 profesie oor die vrylating en opening vir ‘die gevangenes …en…die geboeides’ verwys na die doel van Sy eie bediening aan almal wat “in Adam” is, sowel as vir die “owerhede en magte” in die hemele:

Luk 4:16-21  Toe kom Hy in Násaret waar Hy opgevoed was; en soos Hy gewoond was, gaan Hy op die sabbatdag in die sinagoge en staan op om te lees.  17  En die boek van die profeet Jesaja is aan Hom oorhandig; en toe Hy die boek oopmaak, kry Hy die plek waar geskrywe is:  18  Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees;  19  om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.  20  En nadat Hy die boek toegemaak en aan die dienaar teruggegee het, gaan Hy sit, en die oë van almal in die sinagoge was op Hom gevestig.  21  Toe begin Hy vir hulle te sê: Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul.

Die “geeste in die gevangenis” vir wie Christus deur Noag gepreek het, was die gevange geeste van die mense van Noag se tyd “wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is”. Toe Christus aan die kruis gesterf het, was Hy dood totdat Hy “op die derde dag” opgewek is.

Joh 19:41-42  En daar was op die plek waar Hy gekruisig is, ‘n tuin, en in die tuin ‘n nuwe graf waar nog nooit iemand in neergelê was nie.  42  Daar het hulle Jesus toe neergelê weens die voorbereiding van die Jode, omdat die graf naby was.

“Daar het hulle Jesus neergelê.” Jesus was dood totdat Hy uit die dood opgewek was. Hy het vir daardie arm misleide siele gepreek “in die dae van Noag” deur dieselfde gees wat Hom weer lewend gemaak het nadat hy ‘na die vlees’ gedood was…

1Pe 3:18-19 Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees;  19  in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis,

Waar is ‘sheôl’? Die Hebreeuse woord ‘sheôl’, waaruit Jona en alle mense verlos word, is die graf waartoe ons almal eerste veroordeel is en waaruit alle mense, “elkeen in sy eie orde” (1Kor 15:23), opgewek sal word en lewe gegee sal word.

Aanvullende nota: 1Kor 15:22-28  Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;  23  maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.  24  Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.  25  Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het.  26  Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.  27  Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het.  28  En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees. (red.)]

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.