[Nota: Hierdie is ‘n vertaling van ‘n reeks studies in Engels deur Mike Vinson getiteld “The Spiritual Significance of Biblical Locations” on the website http://www.iswasandwilbe.com. Hier is die skakel na die oorspronklike studie: https://www.iswasandwillbe.com/the-spiritual-significance-of-biblical-locations-part-3/: (red.: George Larry Groenewald)]
Die hemel
2Kron 6:18 Maar sou God werklik by die mense op die aarde woon? Die hemel, ja, die hoogste hemel kan U nie bevat nie, hoeveel minder hierdie huis wat ek gebou het!!
Jes 66:1 So sê die HERE: Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Waar is dan die huis wat julle vir My sal bou? En waar die plek wat my rusplek sal wees?
Psa 132:13-14 Want die HERE het Sion uitgekies, Hy het dit as woonplek vir Hom begeer en gesê: 14 Dit is my rusplek vir ewig; hier wil Ek woon, want Ek het dit begeer.
[Nota: Die studiereeks ooor ‘Die hemel’ word in die volgende drie dele aangebied: Deel 3(A) – Inleiding; Deel 3(B) – Wat God in die hemel doen / Wat beteken dit alles? / Kan ons in die hemel wees terwyl ons nog op die aarde is?; Deel 3(C) Die ontdekking van wat en waar die Skrif openbaar dat ‘die hemel’ is (red.)]
Die ontdekking van wat en waar die Skrif openbaar dat ‘die hemel’ is
Die rede waarom die Hubble-ruimteteleskoop nog nie ‘die hemel’ opgespoor het nie, is dat dit in die verkeerde rigting en op die verkeerde plek gefokus is. Die feit is dat solank as wat die mensdom aanhou probeer om ‘die hemel’ deur die lens van enige teleskoop te ontdek, selfs al is dit een duisend keer sterker as die Hubble-teleskoop en in staat is om duisend keer verder die ruimte in te gaan as wat Hubble gegaan het, sal die mensdom nooit die ligging of selfs die betekenis van “die hemele” van die Skrif ontdek nie, bloot as gevolg van die volgende waarheid:
Luk 17:20-21 En toe Hy deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie. 21 En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle.
“Die koninkryk van God is binne-in julle”; dit is nie “hier…of… daar” nie, want die hemele het nie ‘n fisiese ligging nie. Die “hemel” is eerder ‘n geestelike ryk wat buite hierdie fisiese dimensie is wat ons na verwys as ‘die aarde’. Dit is wat al daardie verse uit die Ou Testament vir ons vertel, alhoewel die aartsvaders en profete nie vir hulself gedien het nie, en nie die diepte van hul eie profesieë verstaan het nie:
1Pe 1:9-12 en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry [“Die koninkryk van God … binne-in julle”]. 10 Aangaande hierdie saligheid het die profete wat geprofeteer het oor die genade wat vir julle bestem is, ondersoek en nagevors, 11 en hulle het nagespeur op watter of hoedanige tyd die Gees van Christus wat in hulle was, gewys het, toe Hy vooruit getuig het van die lyde wat oor Christus sou kom en die heerlikheid daarna. 12 Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons dié dinge bedien het wat julle nou aangekondig is deur dié wat die evangelie aan julle verkondig het in die Heilige Gees wat van die hemel gestuur is—dinge waarin die engele begerig is om in te sien.
Fisiese oë kan nie sien nie, en fisiese ore kan nie hoor wat God voorberei het vir diegene wat Hom dien nie. Daardie ongelooflike seëninge sal slegs kom deur die skeuring van ons geestelike hemele, en “soos vuur die houtjies aan die brand steek, vuur die water laat opborrel”. So sal ons ou mens en al sy werke in sy fisiese koninkryk vernietig word:
Jes 64:1-4 Ag, as U maar die hemele wou skeur, wou neerdaal, dat die berge wankel voor u aangesig 2 —soos vuur die houtjies aan die brand steek, vuur die water laat opborrel—om u Naam aan u teëstanders bekend te maak, sodat nasies voor u aangesig kan bewe 3 wanneer U vreeslike dinge doen waar ons nie op gehoop het nie—as U maar wou neerdaal, sodat die berge wankel voor u aangesig! 4 Van ouds af tog het niemand dit gehoor of verneem nie, geen oog het ‘n God gesien wat werksaam is vir wie op Hom wag nie, behalwe U.
Paulus herhaal hierdie profesie:
1Kor 2:9-10 maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet. 10 Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God.
Dit is wat die gees aan ons geopenbaar het oor die diep dinge van God:
1Kor 3:13-15 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. 14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; 15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.
Die vuur van God is Sy Woord (Jer 5:14). God se woord is die “vuurgloed” van beproewinge wat ons in hierdie tyd beleef (1Pet 4:12), sowel as die vure van “die poel van vuur” waarvan Paulus vir ons sê “as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen”.
[Aanvullende nota: 1Pe 4:12 Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie; Open 20:11-15 En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. 12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. 13 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. 14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. 15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp. (red.)]
Maar soos ons so pas geleer het, regeer God oor alle dinge, en Hy doen dit vanaf Sy troon “in die hemele”:
Psa 103:19-21 Die HERE het sy troon in die hemel gevestig, en sy koninkryk heers oor alles. 20 Loof die HERE, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord! 21 Loof die HERE, al sy leërskare, sy dienaars wat sy welbehae doen!
Nou kan ons die ware betekenis van Christus se woorde verstaan:
Joh 14:2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.
Nou weet ons wat hierdie woorde werklik beteken:
Psa 132:13-14 Want die HERE het Sion uitgekies, Hy het dit as woonplek vir Hom begeer en gesê: 14 Dit is my rusplek vir ewig; hier wil Ek woon, want Ek het dit begeer.
Christus berei vir ons ‘n plek voor in die nuwe hemele wat ‘n nuwe aarde sal omvat:
Jes 65:17 Want kyk, Ek skep nuwe hemele en ‘n nuwe aarde, en aan die vorige dinge sal nie gedink word en hulle sal in die hart nie opkom nie.
Ek en jy word genoem “die tempel van God … as die Gees van God in [ons] woon”:
1Kor 3:16 Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?
Rom 8:9 julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.
Waar word aan ons vertel in die Skrifte is die tempel van God geleë?
Open 11:19 En die tempel van God het in die hemel oopgegaan, en sy verbondsark is in sy tempel gesien, en daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael.
Die woorde “Sy verbondsark is in Sy tempel” verwys na bewaring van “die woorde van die profesie van hierdie boek” (Open 22:7), in die lewens en in die monde van almal wat “die hemele” is. Dit is waar die verbondsark van die nuwe testament deur almal gesien word wat die Christus ken wat uit die hemel neergedaal het en terselfdertyd “in die hemel sit” in al sy heiliges:
Joh 3:13 En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.
Efes 2:5-6 ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered— 6 en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus.
Job praat van die vernietiging van die eerste hemele, maar hy praat ook van opgewek word uit die dood, sonder fisiese vlees, na ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde:
Job 14:12 so lê die mens daar sonder om weer op te staan; totdat die hemele nie meer is nie, word hulle nie wakker of uit hul slaap opgewek nie.
Job 19:25-26 Maar ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan. 26 En nadat hulle so my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou.
Open 20:11 En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie.
Die hemel kom “af aarde toe”, en die hemel is “hoog bo die aarde” net omdat die geestelike ryk beter is as die fisiese dimensie. Die feit is dat net soos die aarde ‘n deel van die hemele is, so is die nuwe aarde ook deel van die hemele. Die feit is dat toe Christus na die wolke opgevaar het, daardie ‘wolke’ niks anders is as ‘n simbool van Sy dissipels vir wie Hy gesê het dat Hy hulle nooit sal begewe of verlaat nie (Heb 13:5).
[Aanvullende nota: Heb 12:1 Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê. (red)]
God is beide almagtig en alomteenwoordig, en Christus het nie een millimeter beweeg om ‘die hemele’ in te gaan nie, want daardie einste ‘hemele’ is Sy dissipels.
Die hele mensdom gaan lê en staan nie op “totdat die hemele nie meer is nie”. Dit is in hierdie tydperk vir God se eersteling uitverkorenes, en dit sal by die groot wit troon oordeel wees vir die hele res van die mensdom, waartydens die aarde en die hemele wegvlug, en daar geen plek vir hulle is nie. Wanneer daardie gebeurtenis plaasvind, is dit tyd vir die dooies om wakker te word en uit hulle slaap opgewek te word. Die opwekking tot die nuwe lewe in Christus is die eindproduk van die werk wat God vir “almal in Adam” totstand bring (1Kor 15:22):
Open 21:1-4 En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie. 2 En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is. 3 En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. 4 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.