[Nota: Hierdie is ‘n vertaling van ‘n reeks studies in Engels deur Mike Vinson getiteld “The Spiritual Significance of Biblical Locations” on the website http://www.iswasandwilbe.com. Hier is die skakel na die oorspronklike studie: https://www.iswasandwillbe.com/the-spiritual-meaning-of-biblical-locations-part-5/. (red.: George Larry Groenewald)]
Die ‘put’ / die ‘afgrond’ / die ‘onderwêreld’
Open 20:1-3 En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond [Grieks: “abussos”] en ‘n groot ketting in sy hand. 2 En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank, 3 en hom in die afgrond [Grieks: “abussos”] gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word.
Inleiding
Ek onthou hoe ek as ‘n 14-jarige kind my pa gevra het oor hierdie plek genaamd die “put” / “afgrond” / “onderwêreld”. Pa was eerlik genoeg om te erken dat hy nie geweet het waar dit was nie, maar hy het die feit beklemtoon dat Satan vir die hele lengte van die duisend jaar-ryk in hierdie “put” / “afgrond” / “onderwêreld” vasgeketting en vasgebind sou wees. Ek onthou hoe ek duidelik vir my pa gevra het hoekom God Satan ná die duisend jaar uit daardie gevangenes weer sal vrylaat, en my pa het weer erken dat hy nie verstaan hoekom God dit sou doen nie. Ons hele gesin het eenvoudig geglo wat in ons kerk geleer was, en niemand het enige moeilike vrae gevra nie. ‘n Baie gewilde lied wat destyds in die kerk gesing was, was getiteld “Farther Along”, dink ek, en die boodskap van daardie lied was dat daar baie dinge is wat ons eenvoudig nie bedoel is om in hierdie lewe te verstaan nie.
Hier is ‘n paar van die lirieke wat na al die jare in my gedagtes terugkom:
“Farther along we’ll know all about it, farther along we’ll understand why. Cheer up my brother, live in the sunlight. We’ll understand it all by and by”. [“Aan die einde sal ons alles weet, ons sal alles verstaan. Skep moed my broer, leef in die sonlig. Ons sal dit alles uiteindelik in die hemel verstaan.”
Soos ek ouer geword het, het ek ‘n paar baie eenvoudige vrae begin vra; vrae soos ‘Waarom het die vertalers die Griekse woord ‘pascha ‘, wat Grieks vir ‘pasga’ is, as Paasfees vertaal?” Ek het baie vinnig geleer dat almal heeltemal tevrede was om ‘dit alles uiteindelik in die hemel sal verstaan ‘.
Nie een predikant uit ‘n duisend sal selfs die Skrifte verder as hierdie punt aanhaal wanneer hulle by ‘n begrafnis preek nie:
1Kor 2:9 maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.
Nie een Christen uit ‘n duisend kan, of wil selfs die volgende vers sien of hoor nie:
1Kor 2:10 Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God.
’n Sogenaamde “put” / “afgrond” / “onderwêreld” is een van “die dieptes van God” wat “God aan ons geopenbaar het deur sy gees” maar wat baie min Christene wil navors of kan verstaan. Ek waag dit om te sê dat die meeste Christene nie eens die moeite doen om te bevraagteken wat of waar hierdie “put” / “afgrond” / “onderwêreld” is nie. Hulle is heeltemal tevrede om aan te neem dat God dit nie aan ons geopenbaar het nie, toe Hy ons, in Waarheid, presies vertel het waar om hierdie “put” / “afgrond” / “onderwêreld” te vind.
Waar is die “put” / “afgrond” / “onderwêreld” wat in die Skrifte genoem word?
Soos altyd die geval sal wees, sal die begrip van die verborgenhede van die koninkryk van God, wat die begrip van die funksie van hierdie “put” / “afgrond” / “onderwêreld” insluit, verborge wees binne die “gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie” metode wat die Here duidelik vir ons gesê het Hy gebruik om diegene te leer en in te lig “wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is”. Daar is ook nog ‘n rede waarom God hierdie metode gebruik om diegene te onderrig wat uitverkies is om “die openbaring” te verstaan, en daardie rede is om ons te laat “heengaan en agteruit struikel en verbreek en verstrik en gevang word.”
Jes 28:9-13 Vir wie wil hy dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is? 10 Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie. 11 Ja, Hy sal deur lippe wat hakkel, en deur ‘n vreemde tong met hierdie volk spreek, 12 Hy wat aan hulle gesê het: Dit is die rus, gee rus aan die vermoeides, en dit is die verkwikking. Maar hulle wou nie luister nie. 13 Daarom sal die woord van die HERE vir hulle wees gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie, sodat hulle kan heengaan en agteruit struikel en verbreek en verstrik en gevang word.
Kom ons pas dit toe om “gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie” na te gaan, en kyk of die Here dit goed sal vind om ons te leer en aan ons “die openbaring verstaanbaar [te] maak”.
Die verse wat ek aan die begin van hierdie studie uit Openbaring 20 aangehaal het, is eintlik die laaste keer wat hierdie Griekse woord “abussos” in die oorspronklike Griekse Nuwe Testament voorkom.
Luk 8:31 En hulle het Hom gesmeek dat Hy hulle nie sou beveel om in die onderwêreld [Grieks: “abussos”] af te vaar nie.
Rom 10:7 of: Wie sal in die afgrond [Grieks: “abussos”] neerdaal, naamlik om Christus uit die dode op te bring?
Open 9:1-3 En toe die vyfde engel blaas, sien ek ‘n ster wat uit die hemel op die aarde geval het, en aan hom is die sleutel van die put van die afgrond [Grieks: “abussos”] gegee. 2 En hy het die put van die afgrond oopgemaak, en daar het rook opgekom uit die put [Grieks: “abussos”] soos rook van ‘n groot oond, en die son en die lug is deur die rook van die put verduister. 3 En uit die rook het daar sprinkane uitgekom op die aarde, en aan hulle is mag gegee soos die skerpioene van die aarde mag het.
Open 9:11 En hulle het as koning oor hulle die engel van die afgrond [Grieks: “abussos”]; sy naam in Hebreeus is Abáddon, en in Grieks het hy die naam van Apóllion.
Open 11:7 En wanneer hulle hul getuienis voleindig het, sal die dier wat uit die afgrond [Grieks: “abussos”] opkom, teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak.
Open 17:8 Die dier wat jy gesien het, was en is nie, en sal uit die afgrond [Grieks: “abussos”] opkom en na die verderf vaar; en die bewoners van die aarde wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe geskryf is nie, sal hulle verwonder as hulle die dier sien wat was en nie is nie, alhoewel hy is.
Open 20:1-3 En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond [Grieks: “abussos”] en ‘n groot ketting in sy hand. 2 En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank, 3 en hom in die afgrond [Grieks: “abussos”] gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word.
Kom ons neem al hierdie verse in die boek van Openbaring “gebod op gebod en reël op reël”, en kyk wat hulle aan ons openbaar oor hierdie plek wat die “put” / “afgrond” / “onderwêreld” genoem word.
Open 9:1-3 En toe die vyfde engel blaas, sien ek ‘n ster wat uit die hemel op die aarde geval het, en aan hom is die sleutel van die put van die afgrond [Grieks: “abussos”] gegee. 2 En hy het die put van die afgrond oopgemaak, en daar het rook opgekom uit die put [Grieks: “abussos”] soos rook van ‘n groot oond, en die son en die lug is deur die rook van die put verduister. 3 En uit die rook het daar sprinkane uitgekom op die aarde, en aan hulle is mag gegee soos die skerpioene van die aarde mag het.
Die eerste drie verse van Openbaring 9 sê vir ons dat ‘n engel (‘n “ster” – sien Openbaring 1:20, 2:1, 3:1) “uit die hemel op die aarde [geval] het en aan hom is die sleutel van die put van die afgrond gegee”. Dan word ons vertel dat wanneer hierdie gevalle engel hierdie put oopmaak, daar rook uit daardie put opkom, en daardie rook is so donker dat die son en die lug verduister is vanweë die rook van die put van die afgrond. Dan word ons vertel dat sprinkane uit die rook voortkom wat uit hierdie “put” / “afgrond” / “onderwêreld” voortkom.
Rook word in sy negatiewe sin aan ons voorgehou wanneer dit met hierdie “put” / “afgrond” / “onderwêreld” geassosieer word. In die Skrifte van die Ou-Testamentiese profete word rook dikwels voorgestel as die einste simbool van goddeloosheid, en as iets onaangenaams in die Here se neus:
Psa 68:2-3 God staan op, sy vyande raak verstrooid, en sy haters vlug voor sy aangesig weg! 3 Soos rook verdryf word, verdryf U hulle; soos was smelt voor die vuur, vergaan die goddelose voor die aangesig van God.
Spr 10:26 Soos asyn vir die tande en soos rook vir die oë, so is die luiaard vir die wat hom stuur.
Jes 9:17 Want die goddeloosheid brand soos vuur; dit verteer dorings en distels en steek die digte takke van die bos aan die brand, sodat hulle in ‘n rookpilaar opstyg.
Jes 65:5 wat sê: Bly daar! Kom nie naby my nie, want ek is heilig vir jou! Hierdie mense is ‘n rook in my neus, ‘n vuur wat die hele dag brand.
Die rook uit hierdie “put” / “afgrond” / “onderwêreld” verdonker “die son en die lug”, wat albei die dinge van die geestesryk simboliseer – beide goed en kwaad:
Mal 4:2 Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.
1Th 4:17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.
Die rook wat uit hierdie put kom, verduister die son en die lug, want dit verbloem die Waarheid wat die Son van Geregtigheid is en Sy woorde. Openbaring 9 vers 3 maak dit nog duideliker deur vir ons te sê dat sprinkane uit die rook voortkom wat uit die “put” / “afgrond” / “onderwêreld” kom. Sprinkane is een van die mees algemene simbole van die pes wie se leuens en valse leerstellings die aardse koninkryk en al die pogings van ons opstandige, vleeslike, ou man verteer, selfs al dink hy aan homself as geseënd in elke opsig:
2Kron 7:13 As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land af te eet, of as Ek pes onder my volk stuur.
Nah 3:15 Daar sal die vuur jou verteer, die swaard jou uitroei, jou verslind net soos voetgangersprinkane. Al vermenigvuldig jy soos voetgangers, al vermenigvuldig jy soos treksprinkane.
Open 3:17-18 Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie. 18 Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien.
Ons het dus ‘n baie goeie idee in Openbaring 9:2, want ons weet nou dat hierdie “put” / “afgrond” / “onderwêreld” slegte werke en goddelose woorde voortbring, gesimboliseer deur rook wat die waarheid verduister, wat deur die son en die lug gesimboliseer word. Satan het aan Christus gesê dat God die nasies van hierdie wêreld aan hom oorgegee het, en Paulus bevestig daardie feit wanneer hy Satan “die owerste van die mag van die lug” noem. Satan is by magte om ons met sy leuens en die “begeertes van ons vlees” te verlei, wat hy binne ons opwek as “die kinders van ongehoorsaamheid”.
Luk 4:5-6 Toe bring die duiwel Hom op ‘n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in ‘n oomblik se tyd. 6 En die duiwel sê vir Hom: Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil.
Efes 2:1-3 En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes 2 waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk, 3 onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.
Tensy daar enige twyfel bestaan wat hierdie “put” / “afgrond” / “onderwêreld” voortbring, Openbaring 9:11 sê vir ons dat hierdie sprinkane wat uit die rook voortkom wat deur die “put” / “afgrond” / “onderwêreld” voortgebring word, ’n koning oor hulle het wie se naam in die Hebreeus Abáddon is, maar in die Griekse taal is sy naam Apóllion.
Open 9:11 En hulle het as koning oor hulle die engel van die afgrond; sy naam in Hebreeus is Abáddon, en in Grieks het hy die naam van Apóllion.
Die Hebreeuse woord ‘abaddon’ kom vyf keer in die King James vertaling van die Ou Testament voor, en dit beteken “vernietiging”:
H11
אבדּון
‘ăbaddôn
Total KJV Occurrences: 5
destruction, 5
Job_26:6, Job_28:22, Job_31:12, Pro_15:11 (2)
Die Griekse naam Apollyon beteken dieselfde ding. Dit verskyn net een keer hier in Openbaring 9:11. Hier is die King James Concordance en Dr Strong se verduideking van hierdie woord:
G623
Ἀπολλύων
Apolluōn
ap-ol-loo’-ohn
Active participle of G622; a destroyer (that is, Satan): – Apollyon.G622
ἀπόλλυμι
apollumi
ap-ol’-loo-mee
From G575 and the base of G3639; to destroy fully (reflexively to perish, or lose), literally or figuratively: – destroy, die, lose, mar, perish.
Beide hierdie name is dus die naam van dieselfde persoon in twee tale, en daardie persoon is die vernietiger, die duiwel, wat God self vir daardie doel geskep het:
Job 26:13 Deur sy asem word die hemel helder; sy hand het die vinnige slang deurboor. [Job 26:13 KJV By his spirit he hath garnished the heavens; his hand hath formed the crooked serpent.]
Jes 54:16 Kyk, Ék het die smid geskape wat die koolvuur aanblaas en ‘n wapen voortbring volgens sy ambag; ook het Ék die verderwer geskape om te verniel.
Daar is die leuen oor Satan ontbloot wat preek dat hy ‘n buite-beheer teëstander genaamd “Lucifer” is. Jesaja 14, waar daardie naam “Lucifer” die eerste keer verskyn, en Esegiël 28 praat albei van manne wat sal “afdaal na die graf”, onderskeidelik die koning van Babilon en die koning van Tirus:
Jes 14:4 dan sal jy hierdie spotlied aanhef oor die koning van Babel en sê: Hoe het die drywer nou opgehou, opgehou die verdrukking!
Jes 14:10-11 Hulle hef almal aan en sê vir jou: Ook jy het kragteloos geword soos ons; jy het soos ons geword. 11 Jou trots is neergewerp in die doderyk, die geruis van jou harpe; onder jou is wurms as ‘n bed gesprei, en maaiers is jou bedekking.
Hierdie koning is die simbool van diegene wat die koning van die sprinkane dien wat uit die rook opkom uit die afgrond. Die koning van hierdie sprinkane is die vernietiger self. Die konings van Babilon en Tirus is nie die koning van die “put” / “afgrond” / “onderwêreld” nie. Hulle is net mense wat deur wurms opgevreet sal word wanneer hulle in die graf gaan.
Die koning oor hierdie sprinkane is dieselfde as “die owerste van die mag van die lug” wat ook die vader is van die “kinders van ongehoorsaamheid”. Hy is “[ons] vader die duiwel” wie se kinders ons almal is voordat ons nader getrek word om die woorde van Christus te ken en daarin te bly. Christus self sê vir ons wie hierdie sprinkane is:
Joh 8:31-44 En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. 32 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak. 33 Hulle antwoord Hom: Ons is die geslag van Abraham en het nog nooit vir iemand slawediens verrig nie; hoe sê U dan: Julle sal vry word? 34 Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, ‘n dienskneg van die sonde is. 35 En die dienskneg bly nie vir altyd in die huis nie; die seun bly vir altyd. 36 As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees. 37 Ek weet dat julle die geslag van Abraham is; maar julle probeer om My om die lewe te bring, omdat my woord geen ingang in julle vind nie. 38 Ek spreek van wat Ek by my Vader gesien het, en julle doen ook wat julle by jul vader gesien het. 39 Hulle antwoord en sê vir Hom: Ons vader is Abraham. Jesus sê vir hulle: As julle die kinders van Abraham was, sou julle die werke van Abraham doen; 40 maar nou probeer julle om My om die lewe te bring, iemand wat aan julle die waarheid vertel het, wat Ek van God gehoor het. Dit het Abraham nie gedoen nie. 41 Julle doen die werke van jul vader. Toe sê hulle vir Hom: Ons is nie uit ontug gebore nie; ons het een Vader, naamlik God. 42 En Jesus sê vir hulle: As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het uit God uitgegaan en gekom; want Ek het ook nie uit Myself gekom nie, maar Hy het My gestuur. 43 Waarom ken julle my spraak nie? Omdat julle na my woord nie kan luister nie. 44 Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan.
Die dienaars van die koning en engel van die “put” / “afgrond” / “onderwêreld” is diegene wat “sonde pleeg” terwyl hulle bely dat hulle in Christus glo. Hierdie sprinkaanknegte is diegene wat Christus bely terwyl Christus se woorde geen plek in hulle het nie. Hoe kan ek so seker wees dat hierdie sprinkane valse profete is wat leuenagtige valse leerstellings bring? Hier is hoe die Skrif self hierdie simbool van sprinkane interpreteer wat uit die rook voortkom wat die son en die lug verduister:
Open 9:7-10 En die voorkoms van die sprinkane was soos dié van perde wat vir die oorlog toegerus is, en op hulle koppe was iets soos krone wat net soos goud gelyk het, en hulle gesigte was soos die gesigte van mense. 8 En hulle het hare gehad soos vrouehare, en hulle tande was soos dié van leeus. 9 En hulle het borsharnasse gehad soos van yster, en die gedruis van hulle vlerke was soos die gedruis van baie strydwaens met perde wat opruk na die oorlog. 10 En hulle het sterte gehad soos dié van skerpioene, en daar was angels in hulle sterte, en hulle mag was om die mense vyf maande lank skade aan te doen.
Let op wie anders in hierdie openbaring gesê word dat hulle krone het. Wie in Openbaring 20 word ook geassosieer met hierdie plek wat die “put” / “afgrond” / “onderwêreld” genoem word?
Open 12:3 En ‘n ander teken het in die hemel verskyn, en daar was ‘n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone;
Dit is dieselfde draak van Openbaring 20:
Open 20:1-3 En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ‘n groot ketting in sy hand. 2 En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank, 3 en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word.
Elke onderdaan van enige koning word bemagtig deur die koning aan wie hy onderworpe is, en hier is diegene wat onderdane is van en wat bemagtig word deur hierdie “groot rooi draak”:
Open 13:1-4 En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering. 2 En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag. 3 En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan. 4 En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?
Net soos sy vader, die duiwel, het hierdie dier wat uit die see opkom, ook “sewe koppe en tien krone op sy koppe”. Let op wat hierdie dier doen terwyl hy homself met God en sy Seun Jesus Christus verbind:
Open 13:5-7 En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen. 6 En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster. 7 Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.
Die feit dat hierdie dier gegee is om oorlog te maak teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom gegee word mag oor alle mense en alle nasies, verduidelik hoekom ons almal eerste hierdie dier is. Maar dit verklaar ook hoekom hierdie sprinkane beskryf word as “perde” toegerus vir die oorlog. Terselfdertyd word ons vertel dat hulle gesigte soos die gesigte van mense lyk:
Open 9:7-8 En die voorkoms van die sprinkane was soos dié van perde wat vir die oorlog toegerus is, en op hulle koppe was iets soos krone wat net soos goud gelyk het, en hulle gesigte was soos die gesigte van mense. 8 En hulle het hare gehad soos vrouehare, en hulle tande was soos dié van leeus.
Die Bybelse simbool vir ‘n kerk, of dit nou die kerk van God of die valse kerke van Babilon is, is ‘n vrou. Die groot Babilon word “die moeder van die hoere” genoem (Open 17:3-5), en fisiese Jerusalem word ook ‘n hoer genoem (Jes 1:21). Die valse kerke wil almal Christus se naam dra, maar hulle wil niks te doen hê met Sy klere (Sy bedekking van waarheid) of Sy voedsel (die brood van die lewe en die waarheid) nie:
Jes 4:1 En in dié dag sal sewe vroue een man aangryp en sê: Ons eie brood sal ons eet en ons eie kleed aantrek; laat net jou naam oor ons genoem word, neem ons smaadheid weg.
Wat word ons vertel van hierdie sprinkane wat uit die rook voortkom van hierdie plek wat die “put” / “afgrond” / “onderwêreld” genoem word?
Open 9:8 En hulle het hare gehad soos vrouehare, en hulle tande was soos dié van leeus.
Hierdie sprinkane wat uit die rook van die afgrond voortkom, blyk die kerk van God te wees, terwyl hulle in werklikheid ‘n brullende leeu is wat soek wie hulle kan verslind. “Vroeuhare…en hulle tande… soos die tande van leeus”, is net ‘n verdere beskrywing van die dier wat “twee horings” gehad het “soos ‘n lam”, en gepraat het “soos ‘n draak”:
Open 13:11 En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak.
Hierdie tweede dier is net ‘n godsdienstige weergawe van die eerste dier. Beide laster God en diegene wat in die hemel woon. Albei hierdie twee weergawes van die dier verwys na verskillende stadiums van die sprinkane wat uit die rook van die afgrond voortkom:
Open 13:12-15 En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is. 13 Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense. 14 En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het. 15 En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie.
Laat ons nou kennis neem van nog ‘n brokkie inligting oor hierdie sprinkane wat uit die rook van die afgrond voortkom:
Open 9:10 En hulle het sterte gehad soos dié van skerpioene, en daar was angels in hulle sterte, en hulle mag was om die mense vyf maande lank skade aan te doen.
Dit voeg nog ‘n leidraad by oor die ligging van hierdie plek wat die “put” / “afgrond” / “onderwêreld” genoem word. Hierdie sprinkane het sterte soos ‘n skerpioen. Wat openbaar die Skrifte as die geestelike betekenis van hierdie woord “stert”? Hier volg die geestelike betekenis van die woord “stert”, en dit stem ooreen met al die ander wat ons tot dusver getoon het die geestelike betekenis is van alles wat ons vertel word uit die “put” / “afgrond” / “onderwêreld” opkom.
Jes 9:13-15 Daarom sny die HERE van Israel af kop en stert, palmtak en biesie, op een dag. 14 Die oudste en aansienlike, dié is die kop, en die profeet wat leuens profeteer, dié is die stert; 15 en die leiers van hierdie volk het verleiers geword, en dié van hulle wat gelei word, is op ‘n dwaalweg gebring.
Deu 28:13 En die HERE sal jou die kop en nie die stert maak nie, en jy sal net boontoe en nie ondertoe gaan nie as jy luister na die gebooie van die HERE jou God wat ek jou vandag beveel om te hou en te doen,
“Die profeet wat leuens profeteer…is die stert”, en die feit dat hierdie sprinkane soos ‘n skerpioen steek, dra net by tot ons begrip van wie deur hierdie sprinkane gesteek word met “sterte soos skerpioene”. Net soos die gemeente van Laodisea nie besef het dat hulle “ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak” is nie, weet ons ook nie dat ons deur hierdie skerpioene gesteek word terwyl ons in die duisternis van daardie rook wandel. Dit alles dra by tot ons begrip van die betekenis van al hierdie simbole. Die rook, die sprinkane en die sterte soos skerpioene is al hierdie valse profete wat leuens leer en wat die lig van die waarheid van Christus en Sy woorde met hul leuens en valse profesieë verduister.
Ons het nog ‘n baie onthullende leidraad van waar ons die “put” / “afgrond” / “onderwêreld” kan opspoor. Daardie leidraad word vir ons gegee in hoofstuk 11 van Openbaring waar ons lees:
Open 11:7 En wanneer hulle [die getuies van Christus] hul getuienis voleindig het, sal die dier wat uit die afgrond opkom, teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak;
Hierdie vers sê vir ons openlik waar om die “put” / “afgrond” / “onderwêreld” is. Ons word vertel dat die dier self uit die “put” / “afgrond” / “onderwêreld” opstyg om teen Christus se “twee getuies” oorlog te voer en hulle te oorwin en dood te maak.
Ons volgende vers waar hierdie “put” / “afgrond” / “onderwêreld” voorkom, is…
Open 17:8 Die dier wat jy gesien het, was en is nie, en sal uit die afgrond opkom en na die verderf vaar; en die bewoners van die aarde wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe geskryf is nie, sal hulle verwonder as hulle die dier sien wat was en nie is nie, alhoewel hy is.
In hierdie vers ontdek ons dat hierdie dier wat “uit die afgrond opkom…was en is nie”. Hier het ons nog ‘n leidraad wat vir ons sê dat wat ook al die “put” / “afgrond” / “onderwêreld” is, dit ‘n ‘is, was en sal wees’ eienskap het wat van geslag tot geslag sal voortduur, selfs soos die dier in elkeen van ons na die verderf sal gaan. Ons word verlos uit hierdie “put” / “afgrond” / “onderwêreld” deur die vernietiging van daardie dier.
Kom ons herhaal die laaste keer waar die Griekse woord “abussos” in Openbaring genoem word:
Open 20:1-3 En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond [Grieks: “abussos”] en ‘n groot ketting in sy hand. 2 En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank, 3 en hom in die afgrond [Grieks: “abussos”] gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word.
Uit hierdie verse leer ons dat ’n engel uit die hemel neerdaal met die sleutel van die afgrond. Hy het ‘n figuurlike “groot ketting in Sy hand”, en hierdie spesifieke engel het die mag om die draak (“die ou slang wat die duiwel en Satan is” vas te gryp en hom ‘n (figuurlike) duisend jaar te bind, en hom toe te sluit en die “put” / “afgrond” / “onderwêreld” bo hom te “verseël” sodat hy nie weer vry sal wees om die nasies te verlei totdat die duisend jaar vervul sou wees nie; en daarna moet hy ’n kort tydjie losgelaat word.”
Ons het nou by die punt gekom dat ons moet weet waar Satan vir die “duisend jaar” opgesluit sal wees. Waar is hierdie plek wat die “put” / “afgrond” / “onderwêreld” genoem word, en hoe sal Satan daar ingeperk word? Kom ons kyk weer hoeveel keer die Griekse woord “abussos” voorkom in die Griekse Nuwe Testament:
Luk 8:30-32 Daarop vra Jesus hom en sê: Wat is jou naam? En hy antwoord: Legio—want baie duiwels het in hom ingevaar. 31 En hulle het Hom gesmeek dat Hy hulle nie sou beveel om in die onderwêreld [Grieks: “abussos”] af te vaar nie. 32 En daar het ‘n groot trop varke op die berg gewei. Toe smeek hulle Hom dat Hy hulle sou toelaat om in dié varke in te vaar. En Hy het hulle toegelaat.
Rom 10:7 of: Wie sal in die afgrond [Grieks: “abussos”] neerdaal, naamlik om Christus uit die dode op te bring?
Open 9:1-3 En toe die vyfde engel blaas, sien ek ‘n ster wat uit die hemel op die aarde geval het, en aan hom is die sleutel van die put van die afgrond [Grieks: “abussos”] gegee. 2 En hy het die put van die afgrond oopgemaak, en daar het rook opgekom uit die put [Grieks: “abussos”] soos rook van ‘n groot oond, en die son en die lug is deur die rook van die put verduister. 3 En uit die rook het daar sprinkane uitgekom op die aarde, en aan hulle is mag gegee soos die skerpioene van die aarde mag het.
Open 9:11 En hulle het as koning oor hulle die engel van die afgrond [Grieks: “abussos”]; sy naam in Hebreeus is Abáddon, en in Grieks het hy die naam van Apóllion.
Open 11:7 En wanneer hulle hul getuienis voleindig het, sal die dier wat uit die afgrond [Grieks: “abussos”] opkom, teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak.
Open 17:8 Die dier wat jy gesien het, was en is nie, en sal uit die afgrond [Grieks: “abussos”] opkom en na die verderf vaar; en die bewoners van die aarde wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe geskryf is nie, sal hulle verwonder as hulle die dier sien wat was en nie is nie, alhoewel hy is.
Open 20:1-3 En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond [Grieks: “abussos”] en ‘n groot ketting in sy hand. 2 En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank, 3 en hom in die afgrond [Grieks: “abussos”] gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word.
Hier is ons eerste inskrywing waar “abussos” as “die onderwêreld” vertaal word:
Luk 8:30-32 Daarop vra Jesus hom en sê: Wat is jou naam? En hy antwoord: Legio—want baie duiwels het in hom ingevaar. 31 En hulle het Hom gesmeek dat Hy hulle nie sou beveel om in die onderwêreld [Grieks: “abussos”] af te vaar nie. 32 En daar het ‘n groot trop varke op die berg gewei. Toe smeek hulle Hom dat Hy hulle sou toelaat om in dié varke in te vaar. En Hy het hulle toegelaat.
Dit is die verhaal van die legio onrein geeste wat in hierdie man van Gadaré gewoon het (vers 26). Dit is onthullend dat hulle selfs hier nie na die “onderwêreld”, die “abussos“, wil gaan nie. Hulle verkies eerder om vlees te verslind, want hierdie bose geeste word toegelaat deur God om dit te doen in hierdie tyd:
2Ti 2:24-26 en ‘n dienskneg van die Here moet nie twis nie, maar vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig en een wat kwaad kan verdra. 25 Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie, 26 en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen.
“Abussos” word ook in Romeine 10 vertaal as “die afgrond” wat verbind aan die doderyk:
Rom 10:5-8 Want Moses beskrywe die geregtigheid wat uit die wet is: Die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe. 6 Maar die geregtigheid wat uit die geloof is, sê dit: Moenie in jou hart sê nie: Wie sal in die hemel opvaar, naamlik om Christus af te bring; 7 of: Wie sal in die afgrond neerdaal, naamlik om Christus uit die dode op te bring? 8 Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig:
Hierdie inskrywing demonstreer vir ons dat die “abussos” die doderyk is. Om in die “abussos” neer te daal is dieselfde as om Christus weer uit “die dode” op te bring. Die mense wat tydens die duisend jaar ryk op aarde sal leef, sal geestelik dood wees terwyl hulle fisies lewendig is. Christus het in die doderyk ingegaan die oomblik toe Hy Homself van Sy goddelikheid ontledig het en in Sy fisiese moeder Maria se skoot gekom het om as die offer vir die sondes van die hele wêreld geoffer te word. Hy verwys selfs na alle lewendige mense as wandelende dooies omdat die mens in sy natuurlike vorm geen geestelike kennis van Homself of Sy Vader het nie:
Mat 8:21-22 En ‘n ander een van sy dissipels het vir Hom gesê: Here, laat my toe om eers te gaan en my vader te begrawe. 22 Maar Jesus sê vir hom: Volg My, en laat die dooies hul eie dooies begrawe.
Waar is die “put” / “afgrond” / “onderwêreld”, die “abussos”? Ons het geleer dat dit die bron is van al die leuenagtige geestelike duisternis wat die lig van die son uitwis. Dit is die bron van die verslindende sprinkane wat ons naak stroop terwyl ons glo dat ons ryk is, en verryk word, en niks nodig het nie, totaal onbewus van die verblindende geestelike duisternis waarin ons leef. Ons het geleer dat die “abussos” die bron is van al die opposisie teen die heiliges wat die getuienis van Jesus Christus het, en ons het geleer dat die “abussos” die plek is waaruit die dier van Openbaring 13:1 opkom. Ons is twee keer vertel dat die dier opkom uit die “put” / “afgrond” / “onderwêreld”.
Uiteindelik het ons gesien dat die “abussos” die geestelike doderyk is van die sterwende eerste mens Adam wat self die dier is wat opkom uit die “put” / “afgrond” / “onderwêreld”.
Die “abussos” is dus niks anders as die vlees van elke mens wat ontstaan uit die see van die vlees van almal wat “in Adam” is . Wanneer ons lees:
Open 13:1 En ek het ‘n dier uit die see [Grieks: thalassa] sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering.
Ja, dit is waar dat die Griekse woord wat hier met ‘see’ vertaal word, ‘thalassa ‘ is, wat inderdaad as ‘see’ vertaal moet word. Wanneer ons egter dieselfde verhaal van die man van Gadaré in Markus lees, word die abussos wat die duiwels nie wou ingaan nie en waarin die varke vrek, “thalassa” genoem :
Mar 5:13 En Jesus het hulle dit dadelik toegelaat; en die onreine geeste het uitgegaan en in die varke gevaar, en die trop—daar was omtrent twee duisend—het van die krans af in die see gestorm en in die see [Grieks: thalassa”] verdrink.
Die dier opkom uit die “thalassa” op in Openbaring 13:1, maar ons word ook twee keer vertel dat die dier opkom uit die “abussos” (die “put” / “afgrond” / “onderwêreld”). Dit is duidelik dat die “put” / “afgrond” / “onderwêreld” beide deur die Griekse woorde “abussos” en die “thalassa” aangedui word – dit is dieselfde ding. Hulle is albei simbole van die Adamiese vlees waarin ons almal gebore is en waaruit ons almal ontstaan om God en diegene wat in die hemel woon te belaster.
Open 11:7 En wanneer hulle hul getuienis voleindig het, sal die dier wat uit die afgrond [Grieks: “abussos”] opkom, teen hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak.
Open 17:8 Die dier wat jy gesien het, was en is nie, en sal uit die afgrond [Grieks” “abussos”] opkom en na die verderf vaar; en die bewoners van die aarde wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe geskryf is nie, sal hulle verwonder as hulle die dier sien wat was en nie is nie, alhoewel hy is.
As die “abussos” bloot die see van vlees is, hoekom sou Satan beswaar maak om in daardie “put” / “afgrond” / “onderwêreld” toegesluit en vasgeketting te wees? Die antwoord is dat die “abussos” slegs vlees is soos dit van toepassing is op Adam en sy vleeslike, natuurlike, klei-en-stof oorsprong. Satan hou daarvan om oor ons vlees te heers en ons te verslind. Dit is wat hom gegee is om te doen in hierdie tyd, maar gedurende die duisend jaar sal hy agter slot en grendel binne-in die vlees wees, en hy sal nie in staat wees om die nasies te mislei nie “totdat die duisend jaar vervul is”. Dit is soos om toegang te hê tot ‘n motor, wat jy eens as ‘n vervoermiddel gebruik het, en dan word die sleutels van jou weggeneem. Om opgesluit en gevange gehou te word in die einste ding wat hom eens so goed gedien het, is Satan se lot gedurende die duisend jaar-ryk.
Open 20:1-3 En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond [Grieks: “abussos”] en ‘n groot ketting in sy hand. 2 En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank, 3 en hom in die afgrond [Grieks: “abussos”] gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word.
Satan mag vir ‘n duisend jaar nie sy “motor” bestuur nie, want God se uitverkorenes sal op daardie tydstip in die bestuurdersitplek wees:
Open 2:26-27 En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee, en hy sal hulle regeer met ‘n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het.