Die geestelike betekenis van Bybelse plekke – Deel 6 (A) [Mike Vinson]

[Nota: Hierdie is ‘n vertaling van ‘n reeks studies in Engels deur Mike Vinson getiteld “The Spiritual Significance of Biblical Locations” on the website http://www.iswasandwilbe.com. Hier is die skakel na die oorspronklike studie: https://www.iswasandwillbe.com/the-spiritual-significance-of-biblical-locations-part-6. (red.: George Larry Groenewald)]

Waar is die tuin van Eden, en waar is die Paradys?

Gen 2:8  Ook het die HERE God ‘n tuin geplant in Eden, in die Ooste, en daar aan die mens wat Hy geformeer het, ‘n plek gegee.

Gen 2:15  Toe het die HERE God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak.

Luk 23:43  En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.

2Kor 12:4  dat hy weggeruk is in die Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat ‘n mens nie mag uitspreek nie.

Open 2:7  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is.

(A) Inleiding: Eden, die aardse tuin van God

(B) Die paradys van God, die ware geestelike tuin van God

Inleiding: Eden, die tuin van God

Die groot rooi Draak laat hierdie wêreld glo dat God die mens na Sy verheerlikte beeld geskep het, en terwyl God Sy rug vir net ‘n paar minute gedraai het, het Satan in die tuin van Eden ingesluip en vir Adam en Eva omgepraat het om die vrugte van die boom van die kennis van goed en kwaad te eet, strydig met God se uitdruklike gebod. En omdat hulle daardie fout gemaak het, moes alle mense sedertdien onder die vloek van Adam en Eva se fout leef. Een baie vooraanstaande Amerikaanse predikant, wat beweer dat hy Christus ken en dat hy die denke van Christus het, het in die openbaar gesê dat die eerste ding wat hy gaan doen by die opstanding, is om tot by Adam te stap en hom in die gesig te slaan vir wat hy aan die mensdom gedoen het. Is dit enige voorbeeld van die liefde van God en om Christus se gebod uit te leef hoe om jou vyande lief te hê?

Hier is hoe Christus self die sondes van ons oorspronklike fisiese ouers hanteer het:

Gen 3:23-24  Toe stuur die HERE God hom [Adam] weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is.  24  So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.

Dit is van uiterste belang vir die antwoord op ons vraag, “Waar is die tuin van Eden en waar is die paradys” dat ons opmerk wat hier gesê word toe Adam en Eva uit Eden, die tuin van God, verdryf was (lees gerus Eseg 28:13) dat God toe aan die oostekant van die tuin van Eden gérubs geplaas het, en ‘n “swaard wat vlam en flikker” wat na alle rigtings gedraai het om die pad te bewaak wat toegang bied tot die boom van die lewe. Dit was die “toegang tot die boom van die lewe” waaraan Adam nie kon deel hê in daardie opstandige toestand waarin hy geskep was nie. Wat dit vir ons sê, is dat die enigste manier om van die vrugte van die boom van die lewe te eet, is om deur “die swaard wat vlam en flikker” van die gérubs te gaan, deur die weg van die boom van die lewe te hou. Voordat ons die Skrifte uitwys wat sê waar presies die boom van die lewe is, sal ons eers die betekenis van die naam ‘Eden’ verduidelik, en ons sal vind dat hierdie woord ook ‘n positiewe en ‘n negatiewe toepassing het in die Skrif. Nadat ons geleer het wat ‘Eden’ beteken, sal ons die ligging van die tuin van Eden uitklaar.

Hier is die betekenis van Eden volgens die James Strong indeks:

H5731
עֵדֶן
‛êden
ay’-den
The same as H5730 (masculine); Eden, the region of Adam’s home: – Eden.

‘Eden’ is die enigste woord wat gebruik word om hierdie woord H5731 te vertaal. Hier is die aantal kere wat ons hierdie woord in die Skrifte vind.

Gen_2:8 (2), Gen_2:10, Gen_2:15, Gen_3:23-24 (2), Gen_4:16, 2Ch_29:12 (2), 2Ch_31:15 , Jes_37:12, Jes_51:3, Eze_27:23, Eze_28:13, Eze_31:9, Eze_31:16, Eze_31:18 (2), Eze_36:35, Joe_2:3, Amo_1:5

Wanneer ons die betekenis van H5730 opsoek in die indeks van James Strong, sê Dr Strong die volgende:

H5730
עֶדְנָה    עֵדֶן
‛êden    ‛ednâh
ay’-den, ed-naw’
From H5727; pleasure: – delicate, delight, pleasure. See also H1040.

Hier is die aantal kere wat ons hierdie woord in die Skrif vind, saam met die verskillende Engelse woorde wat gebruik word om hierdie woord ‘eden’ te vertaal:

delicates, 1
Jer_51:34
delights, 1
2Sa_1:24
pleasure, 1
Gen_18:12
pleasures, 1
Psa_36:8

Ons word dan verder deur Dr Strong ingelig dat hierdie woord by sy indeksnommer H5730 van die volgende woord afkostig is:

H5727
עָדַן
‛âdan
aw-dan’
A primitive root; to be soft or pleasant; figuratively and reflexively to live voluptuously: – delight self.

Hier is die een plek waar hierdie woord in die Ou Testament gebruik word:

Neh 9:25  En hulle het versterkte stede en ‘n vet land ingeneem, en huise in besit geneem vol allerhande goeie dinge, uitgekapte putte, wingerde en olyfbome en vrugtebome in menigte, en hulle het geëet en versadig en vet geword en weelderig [H5727] gelewe deur u grote goedheid.

Hierdie woord beteken “weelderig” lewe, en dit kom slegs een keer in die Ou Testament voor. Dit behoort nietemin duidelik te wees, met inagneming van al die soortgelyke betekenisse wat aan al die woorde wat uit hierdie grondwoord voortspruit, dat hierdie woord ‘Eden’ in sy positiewe toepassing die konsep oordra van dit wat God plesier verskaf, en in sy negatiewe toepassing gaan dit oor dit wat plesier verskaf aan ons ou, vleeslike, eerste mens Adam. Dit was in hierdie tuin van God waar Adam en Eva ongehoorsaam was en teen God gerebelleer het, deur Sy wet “agter hulle rug [te] werp” en Hom uitgetart het. Dit was alles gedoen om in die self verlustig te word, eerder as om die plesier en wil van God te soek.

Hier is daardie vers in Nehemia 9:25 weer, met die verse voor en na dit, wat die negatiewe toepassing van ‘Eden’ demonstreer:

Neh 9:24-26  En die kinders het ingegaan en die land in besit geneem, en U het die inwoners van die land, die Kanaäniete, voor hulle onderwerp en dié in hulle hand gegee, hulle konings sowel as die volke van die land, om met hulle te handel soos hulle dit goedvind.  25  En hulle het versterkte stede en ‘n vet land ingeneem, en huise in besit geneem vol allerhande goeie dinge, uitgekapte putte, wingerde en olyfbome en vrugtebome in menigte, en hulle het geëet en versadig en vet geword en weelderig gelewe deur u grote goedheid.  26  Maar hulle het wederstrewig en opstandig geword teen U en u wet agter hulle rug gewerp; en u profete wat hulle gewaarsku het, om hulle na U terug te bring, het hulle gedood en groot, afskuwelike dinge gedoen.

God self gebruik “Eden, die tuin van God” as die plek waar die mens van sonde in ons almal homself plaas wanneer hy homself teen God verhef, en waar ons teen God wedersterwig is en opstandig word en Sy wet “agter [ons] rug werp”, net soos Adam en Eva in die tuin van Eden gedoen het. Twee keer in die boek Esegiël word ons vertel van wat ons doen, soos ons eers deur die koning van Tirus, en dan deur Farao, die koning van Egipte, getipeer word:

Eseg 28:2  Mensekind, sê aan die vors van Tirus: So spreek die Here HERE: Omdat jou hart hoogmoedig was en jy gesê het: Ek is ‘n god, ek bewoon ‘n godewoning in die hart van die seë—terwyl jy tog ‘n mens is en geen god nie—en jou hart gemaak het soos die hart van ‘n god;

Eseg28:13  Jy was in Eden, die tuin van God; allerhande edelgesteentes was jou bedekking: karneool, topaas en jaspis, chrisoliet, oniks, sardoniks, saffier, karbonkel en smarag; en van goud was die werk van jou kassies en groewe aan jou; op die dag toe jy geskape is, is hulle berei.

Dit is alles in “jou hart” as jy dink jy is ‘n god wat “sit in die tempel van God…en jou hart gemaak het soos die hart van ‘n god”. Hier is dieselfde boodskap aangaande die mens van sonde in ons almal in die boek van 2 Tessalonisense 2:

2Th 2:4  die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

Hier is ons tweede voorbeeld van hoe ons dit in ons harte doen in die boek Esegiël:

Eseg 31:2  Mensekind, sê aan Farao, die koning van Egipte, en aan sy menigte: Na wie lyk jy in jou grootheid?

Eseg 31:8-11  Seders het nie naby hom gekom in die tuin van God nie, sipresse was nie soos sy takke nie, en platane het nie gehaal by sy takwerk nie: geen boom in die tuin van God was met hom te vergelyk in sy skoonheid nie.  9  Ek het hom mooi gemaak deur die menigte van sy takke, sodat al die bome van Eden wat in die tuin van God was, hom beny het.  10  Daarom, so het die Here HERE gesê: Omdat hy hoog uitgegroei het, en hy sy top tussen die wolke verhef het en hoogmoedig geword het oor sy hoogte,  11  sal Ek hom oorgee in die hand van die magtige onder die nasies; dié sal sekerlik met hom handel; vanweë sy goddeloosheid het Ek hom uitgedrywe.

In fisiese terme was die tuin van Eden iewers naby die Pison-, Gihon-, Hiddekel-, en Fratrivier geleë. Niemand dink enige van hierdie riviere is in China, Rusland, Noord- of Suid-Amerika, of in sentraal- of Suid-Afrika nie. Alle Bybelgeleerdes stem saam dat die mensdom ontstaan ​​het in wat ons vandag die Midde-Ooste noem. Daar is geen twyfel dat die mensdom ná die vloed van Noag uit die vlaktes van Sinear ontstaan ​​het waar die toring van Babel gebou was nie.

Hier is wat ons vertel word, en die feit is dat die fisiese ligging van die tuin van Eden geen geestelike betekenis vir ons het nie.

Gen 2:8-14  Ook het die HERE God ‘n tuin geplant in Eden, in die Ooste, en daar aan die mens wat Hy geformeer het, ‘n plek gegee.  9  En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad.  10  En daar het ‘n rivier uit Eden uitgegaan om die tuin nat te maak; en daarvandaan is dit verdeel en het vier lope geword.  11  Die naam van die eerste is die Pison. Dit is hy wat om die hele land Háwila loop waar die goud is.  12  En die goud van dié land is goed. Daar is ook balsemgom en onikssteen.  13  En die naam van die tweede rivier is die Gihon. Dit is hy wat om die hele land Kus loop.  14  En die naam van die derde rivier is die Hiddékel. Dit is hy wat oos van Assur loop. En die vierde rivier is die Frat.

Die “tuin van Eden” wat ons in hierdie studie wil opspoor is die een waaruit die prins van Tirus en Farao, koning van Egipte, verdryf moes word. Dit is reg, God sê vir ons dat Hy Farao uit Sy tuin verdryf het net soos Hy Adam uit Sy tuin verdryf het. Kom ons lees dit weer:

Eseg 31:2  Mensekind, sê aan Farao, die koning van Egipte, en aan sy menigte: Na wie lyk jy in jou grootheid?

Eseg 31:8-11  Seders het nie naby hom gekom in die tuin van God nie, sipresse was nie soos sy takke nie, en platane het nie gehaal by sy takwerk nie: geen boom in die tuin van God was met hom te vergelyk in sy skoonheid nie.  9  Ek het hom mooi gemaak deur die menigte van sy takke, sodat al die bome van Eden wat in die tuin van God was, hom beny het.  10  Daarom, so het die Here HERE gesê: Omdat hy hoog uitgegroei het, en hy sy top tussen die wolke verhef het en hoogmoedig geword het oor sy hoogte,  11  sal Ek hom oorgee in die hand van die magtige onder die nasies; dié sal sekerlik met hom handel; vanweë sy goddeloosheid het Ek hom uitgedrywe.

Vir diegene met geestelike oë en ore, het ons nou die presiese ligging van “Eden, die tuin van God” in die negatiewe toepassing daarvan geopenbaar. Eden is daardie plek in ons eie lewe waar ons “weelderig” lewe in sonde wat aanvanklik deur God aan ons gegee word, waartydens ons geen dankbaarheid het nie en waar ons in ons eie harte verhef word en onsself ophef teen ons God. Dit alles vind plaas in die eerste ‘tuin van God’ in ons. Waar is hierdie plek waaruit Adam en die konings van Tirus en Egipte verdryf was? Ons het pas gesien dat Farao uit hierdie tuin verdryf is omdat “Sy hart verhewe” was, en dit is presies dieselfde toestand wat Adam en die prins van Tirus geteister het:

Eseg 28:2  Mensekind, sê aan die vors van Tirus: So spreek die Here HERE: Omdat jou hart hoogmoedig was en jy gesê het: Ek is ‘n god, ek bewoon ‘n godewoning in die hart van die seë—terwyl jy tog ‘n mens is en geen god nie—en jou hart gemaak het soos die hart van ‘n god;

Eseg28:13  Jy [“omdat jou hart verhewe is … jy het gesê: Ek”] was in Eden, die tuin van God; allerhande edelgesteentes was jou bedekking: karneool, topaas en jaspis, chrisoliet, oniks, sardoniks, saffier, karbonkel en smarag; en van goud was die werk van jou kassies en groewe aan jou; op die dag toe jy geskape is, is hulle berei.

2Th 2:4  die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

Hier is hierdie eerste ‘tuin van Eden’ soos dit vir ons in die Nuwe Testament beskryf word:

1Kor 1:1-7  Paulus, ‘n geroepe apostel van Jesus Christus deur die wil van God, en die broeder Sósthenes,  2  aan die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die geheiligdes in Christus Jesus, die geroepe heiliges, saam met almal wat die Naam van onse Here Jesus Christus in elke plek aanroep, hulle sowel as onse Here:  3  Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!  4  Ek dank my God altyd oor julle vir die genade van God wat aan julle in Christus Jesus gegee is,  5  dat julle in alle opsigte in Hom ryk gemaak is, in elke woord en alle kennis;  6  soos die getuienis aangaande Christus bevestig is onder julle,  7  sodat julle in geen enkele genadegawe agterstaan nie, terwyl julle wag op die openbaring van onse Here Jesus Christus,

Dit klink alles net soos die tuin van Eden! Geheilig in Christus Jesus, en geroep om heiliges te wees … “dat julle in alle opsigte in Hom ryk gemaak is, in elke woord en alle kennis; soos die getuienis aangaande Christus bevestig is onder julle, sodat julle in geen enkele genadegawe agterstaan nie” klink iets soos:

Gen 2:15-16  Toe het die HERE God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak.  16  En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet,

Wat bring hierdie eerste onbeproefde Christelike ervaring voort? Hier is wat ons vertel word:

1Kor 2:2  want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde.

Paulus kon nog nie met die gemeente in Korinth praat van gekruisig saam met Christus nie, soos hy later met die Romeine, die Galasiërs en die Kolossense gedoen het soos hulle dit kon ontvang nie:

Rom 12:1-2  Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens.  2  En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

Gal 2:20  Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

Kol 1:24  Nou verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christus vir sy liggaam, wat die gemeente is;

Aangesien Paulus nog nie in geestelike terme met die Korinthiërs kon praat dat hulle saam met Christus gekruisig moes wees, en dat hulle hul eie liggame aan God as ‘n lewende offer moes stel, wat word dan aanvanklik onder sulke omstandighede voortgebring? Ons hoef nie te raai nie, want ons word duidelik vertel:

1Kor 3:1-4  En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus.  2  Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie,  3  omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie?  4  Want as die een sê: Ek is van Paulus; en die ander: Ek van Apollos—is julle nie vleeslik nie?

Is ons eerste ‘tuin van Eden’ ‘n slegte ding? Dit is wat God gedink het van die eerste tuin van Eden met sy mislukte kleipot, sy listige slang, en sy boom van die kennis van goed en kwaad:

Gen 1:25  En God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle soorte en die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die grond kruip, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.

Gen 1:31  Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en—dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag.

Dit klink baie soos die eerste sewe verse van 1 Korinthiërs 1, net voordat Paulus vir daardie Korintiërs sê dat alhoewel hulle “in geen enkele genadegawe agterstaan nie…[was hulle] nog vleeslik…kindertjies in Christus”. Tog word dit alles “baie goed” bestempel, vir die doel wat dit geskep was.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.