‘Baie is geroep, maar min uitverkies’ – Deel 2(B): Die doel van die gelykenisse van Jesus

Lees gerus Deel 1 wat ‘n agtergrond tot hierdie studiereeks verskaf.

Die frase “baie is geroep, maar min uitverkies” kom in twee gedeeltes in die Nuwe Testament voor, waar Jesus ook twee gelykenisse vertel het, naamlik die gelykenis van die arbeiders in die wingerd in Mattheus 20 (verse 1 tot 16), en die gelykenis van die bruilofsfees in Mattheus 22 (verse 1 tot 14). Ons sal later in die reeks studies meer aandag aan albei hierdie gedeeltes gee, soos God wil. Ons moet eerstens kyk na die idee van gelykenisse want daarin sien ons ook waarom daar twee groepe is, die “baie” en die “min”. In Deel 2(A) van hierdie studiereeks was die fokus op die sentrale hooftema in al die gelykenisse van Jesus. Alle gelykenisse wat Jesus vertel het, het een en dieselfde hooftema, naamlik die koninkryk van God, of soos dit ook beskryf word in die Skrifte as die koninkryk van die hemele, soos Mattheus en Markus vir ons aandui:

Mat 13:1-3  En op daardie dag het Jesus uit die huis uitgegaan en by die see gaan sit.  2  En groot menigtes het by Hom vergader, sodat Hy in ‘n skuit geklim en gaan sit het. En die hele skare het op die strand gestaan.  3  En Hy het baie dinge deur gelykenisse tot hulle gespreek…Matt 13: 9-11  Wie ore het om te hoor, laat hom hoor! 10 En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U tot hulle deur gelykenisse?  11  Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.

Mar 4:1-2  En Hy het nog ‘n maal by die see begin leer; en ‘n groot menigte het by Hom saamgekom, sodat Hy in die skuit geklim en op die see gaan sit het, en die hele skare was op die land by die see.  2  En Hy het hulle baie dinge geleer deur gelykenisse…Mar 4:10-13  En toe Hy alleen was, het die wat saam met die twaalf rondom Hom was, Hom na die gelykenis gevra.  11  En Hy sê vir hulle: Aan julle is dit gegee om die verborgenheid van die koninkryk van God te ken, maar vir hulle wat buite is, kom alles deur gelykenisse,  12  sodat hulle kan kyk en kyk, en nie sien nie; en hoor en hoor, en nie verstaan nie, dat hulle hul nie miskien bekeer en die sondes hulle vergewe word nie.  13  En Hy sê vir hulle: Begryp julle nie hierdie gelykenis nie? En hoe sal julle al die gelykenisse verstaan?

Die koninkryk van die hemele is ‘n verborgenheid vir sommige, en vir ander word hierdie koninkryk openbaar, veral WAAR dit is en WANNEER dit kom, soos Jesus ook aan die leiers van Israel verduidelik:

Luk 17:20-21  En toe Hy deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie.  21  En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle.

Jesus se dissipels weet waar God se koninkryk van die hemele is en waar God regeer, want hulle het hierdie openbaring in hul eie lewe ervaar met die koms van Jesus IN hulle lewe:

Luk 17:22-24  En Hy sê vir sy dissipels: Daar sal dae kom wanneer julle sal begeer om een van die dae van die Seun van die mens te sien, en julle sal dit nie sien nie.  23  En hulle sal vir julle sê: Kyk hier! of: Kyk daar! Moenie gaan nie en moenie agterna loop nie.  24  Want soos die weerlig wat van die een kant onder die hemel blits en tot by die ander kant onder die hemel skyn, so sal die Seun van die mens ook in sy dag wees.

Die koms van Jesus IN ons lewe verlig ons hemele met die openbaring van Sy Woord, soos Johannes so gepaslik beskryf in die volgende woorde:

Open 4:1-3  Ná hierdie dinge het ek gesien kyk, ‘n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat ek soos ‘n basuin met my hoor spreek het, het gesê: Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur.  2  En dadelik was ek in die Gees, en kyk, daar staan ‘n troon in die hemel en Een sit op die troon.  3  En Hy wat daarop sit, het in sy voorkoms gelyk soos die steen jaspis en sardius; en rondom die troon was ‘n reënboog wat in sy voorkoms gelyk het soos ‘n smarag.

Die koninkryk van die hemele is binne-in hulle aan wie ‘n geopende deur in die hemel gewys was, en hulle wie God in gees en waarheid aanbid:

Joh 4:23-24  Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.  24  God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.

Die gees en die waarheid kom deur God se Woorde:

Joh 6:63  Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.

Joh 17:17  Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.

Die vlees is van geen nut sover dit by die waarheid van die geestelike dinge van God kom nie. Jesus se ware dissipels ervaar die Woord van God as iets geesteliks, en fokus nie op letterlike interpretasie van daardie woorde nie (“kyk hier! of kyk daar” nie).

Gal 6:8  Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.

Jesus sê dat Hy gebruik gelykenisse om hulle wat “buite” is (die wêreld en sy godsdienste) op die letterlike te laat fokus en hulle so te verblind. Hierdie letterlike interpretasie van Sy Woorde verhoed dat die wêreld en sy godsdienstige leiers die waarheid van Sy geestelike werke in die hemele verstaan. Alles wat Jesus aan die “groot menigte” en die “skare” mense vertel kom na hulle deur gelykenisse SODAT hulle nie die dieper geestelike dinge van God kan verstaan nie! Die “groot menigte” en die skare is die “baie” wat geroep is om hierdie aardse lewe met al sy vleeslike beuselagtighede te ervaar. Daarteenoor neem Jesus Sy uitverkorenes (die “min”) eenkant en verduidelik aan hulle Sy geestelike geheimenisse. Die “min” is dus “binne” (in die huis van God) en aan hulle word die dieper geestelike en ewige dinge verstaanbaar gemaak deur die waarheid van die Skrifte. Kyk hoe mooi beskryf Jesaja hierdie skeiding wat God maak met Sy Woord:

Jes 28:9-13  Vir wie wil hy dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is?  10  Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie.  11  Ja, Hy sal deur lippe wat hakkel, en deur ‘n vreemde tong met hierdie volk spreek,  12  Hy wat aan hulle gesê het: Dit is die rus, gee rus aan die vermoeides, en dit is die verkwikking. Maar hulle wou nie luister nie.  13  Daarom sal die woord van die HERE vir hulle wees gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie, sodat hulle kan heengaan en agteruit struikel en verbreek en verstrik en gevang word.

God gebruik dieselfde woorde om die een groep te verblind, en die ander groep te verlig, soos die wolk in die wildernis die Egiptenare (verteenwoordig die wêreld en sy godsdiensleiers) en Israel (verteenwoordig die uitverkorenes in Christus) geskei het:

Eks 14:19-20  En die Engel van God wat voor die leër van Israel uit getrek het, het daar weggegaan en agter hulle aan getrek. En die wolkkolom het ook voor hulle weggetrek en agter hulle gaan staan;  20  so het dit dan tussen die leër van die Egiptenaars en die leër van Israel in gekom. En die wolk was daar met die duisternis, en dit het die nag verlig, sodat die een nie naby die ander gekom het die hele nag deur nie.

In Deel 2(B) kyk ons verder na die doel van gelykenisse en hoe God gelykenisse gebruik om die “baie” wat “buite” is te skei van die “min” wat in die huis van God opgeneem word deur Jesus Christus. Ons kyk hoe die gelykenisse van Jesus ons help om die twee groepe te identifiseer, selfs in ons eie lewe, soos elke woord wat deur God se mond uitgaan toepasbaar is in ons lewe.

Mat 4:4  Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.

In Sondagskool het ons geleer dat Jesus in gelykenisse gepraat het om Sy boodskap eenvoudig te maak sodat kinders dit kon verstaan. Nee, dit is nie waar nie. Kom ons luister weer na Jesus se eie verduideliking waarom Hy in gelykenisse gepraat het:

Mat 13:10-17  En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U tot hulle deur gelykenisse?  11  Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.  12  Want hy wat het, aan hom sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar hy wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.  13  Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie.  14  En aan hulle word die profesie van Jesaja vervul wat sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie.  15  Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.  16  Maar julle oë is gelukkig, omdat hulle sien; en julle ore, omdat hulle hoor.  17  Want, voorwaar Ek sê vir julle, baie profete en regverdiges het begeer om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie.

Dit is baie harde woorde vir hulle wat in leuenaars glo wat preek dat Jesus die hele wêreld nou in hierdie aardse eon wil red. Jesus is gewis die Redder van alle mense en Hy gaan dit inderdaad 100% doen, maar daar is ‘n proses aan verbonde wat die “baie” leuenaars en “baie” valse profete net nie kan sien nie, omdat hulle hul “baie” volgelinge verlei agter ‘n valse Jesus – die “ander Jesus” soos Paulus hierdie Jesus noem in die volgende verse:

2Kor 11:3-4  Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus.  4  Want as iemand kom en ‘n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ‘n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ‘n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval.

Soos Paulus ook ervaar het, en ons steeds vandag sien, is hierdie bedieërs nog net so aktief om groot getalle agter hulle aan te lok en groot geld te maak uit die onkunde van die “baie” volgelinge. Mense is opgemaak met groot getalle en mooi geboue, en hul welbekende sprekers met al die prominensie en uiterlike vertoon. So word “baie” verlei, soos Jesus ook Sy eie volgelinge gewaarsku het om wakker te bly en van hierdie “baie” bedrieërs weg te bly:

Mat 24:1-5  En Jesus het uitgegaan en van die tempel vertrek, en sy dissipels het nader gekom om Hom die geboue van die tempel te wys.  2  En Jesus sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie.  3  En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?  4  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie.  5  Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.

Soos die dissipels van Jesus is ons almal eers opgemaak met ons vleeslike tempels, en ons kan nie die ware tempel van God sien nie. Omdat ons nie die tempel kan sien nie, kan ons ook nie die troon sien nie en ook nie die hemel waar hierdie troon staan nie. Hulle is almal deel van ons, as ons oë gegee is om dit te sien:

1Kor 3:16  Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?

Luk 17:21  En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle.

Heb 9:23-24  Dit was dus nodig dat die afbeeldinge van die dinge in die hemele deur hierdie offers gereinig moes word, maar die hemelse dinge self deur beter offers as hierdie.  24  Want Christus het nie ingegaan in ‘n heiligdom met hande gemaak, ‘n teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn.

Psa 11:4  Die HERE is in sy heilige paleis; die troon van die HERE is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders.

Daar is dus ‘n vleeslike interpretasie en daar is ‘n geestelike interpretasie. Gelykenisse word gebruik om die twee interpretasies te skei van mekaar. Ons weet dan waar ons staan in die manier hoe ons die Woorde van God hanteer. Ek moet self oordeel of ek die Skrifte lees met ‘n uiterlike “kyk hier!”- en “kyk daar”-interpretasie, of sien ek die woorde as “binne-in” myself. As ek die woorde van God as toepaslik “binne-in” my eie lewe kan sien, dan het God my opgeneem om deel te wees van Sy heiligdom waar ek saam met Christus in Sy hemele sit.

Efes 2:1-6  En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes  2  waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk,  3  onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.  4  Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het,  5  ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered—  6  en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus.

As ek die waarheid in hierdie woorde kan sien, dan vergader ek saam met die ander mede-gelowiges om God te aanbid en Sy werke in die hemele en in die aarde te besing:

Heb 10:19-25  Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus  20  op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees,  21  en ons ‘n groot Priester oor die huis van God het,  22  laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.  23  Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou;  24  en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor;  25  en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.

Open 5:6-14  En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan daar ‘n Lam asof Hy geslag is, met sewe horings en sewe oë, wat die sewe Geeste van God is wat uitgestuur is oor die hele aarde.  7  Hy het gekom en die boek geneem uit die regterhand van Hom wat op die troon sit;  8  en toe Hy die boek neem, val die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor die Lam neer, elkeen met siters en goue skale vol reukwerk, wat die gebede van die heiliges is.  9  Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie,  10  en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers.  11  Toe sien ek, en ek hoor ‘n stem van baie engele rondom die troon en van die lewende wesens en die ouderlinge; en hulle getal was tien duisende van tien duisende en duisende van duisende;  12  en met ‘n groot stem het hulle gesê: Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof.  13  En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!  14  En die vier lewende wesens het gesê: Amen! En die vier en twintig ouderlinge het neergeval en Hom aanbid wat lewe tot in alle ewigheid.

Ons sien ons pad waarlangs ons moet loop – eerste die mens van sonde onder die beeld van die aardse eerste Adam, en dan word ons oorgebring na die koninkryk van hemele in die laaste Adam, Christus:

1Kor 15:45-49  So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees.  46  Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.  47  Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.  48  Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense.  49  En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.

2Th 2:1-8  Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom,  2  om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie—deur gees of deur woord of deur brief wat van ons afkomstig sou wees—asof die dag van Christus al daar is.  3  Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf  4  die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.  5  Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie?  6  En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word.  7  Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;  8  en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,

Ons almal is eers geestelik dood in misdade en sonde, en ons wandel “volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van ongehoorsaamheid werk”. Ons hemele (“die lug”) is ons denke waar die bose regeer en versoekings na ons bring om aan alle vleeslike begeertes gehoorsaam te wees. En ons vlees is te gewilig om deel te neem aan al die sonde.

Efes 6:12  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

“Die lug” verwys na die hemele binne-in ons waar God eerste ons oorgee aan die vlees en sy begeertes. Ons is eerste gefokus en gebind aan fisiese dinge en vertolk alles wat God sê in fisiese en letterlike terme. Daar kom egter ‘n tyd in elkeen se lewe waar God elkeen van ons eenkant alleen bring en Sy woorde aan ons oopmaak, dan sien ons die geestelike interpretasie. Vir baie “min” word dit nou geopenbaar, maar vir die “baie” kom dit op ‘n latere geleentheid. As ons deel is van die “min”, wat die geestelike woorde nou kan hoor en toepas in ons eie lewe, dan neem God ons nou deur ‘n oordeelsproses waartydens ons God se geregtigheid leer ken:

1Pe 4:17  Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?

Jes 26:9  Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.

Die oordeel van God is Sy vurige oordeel wat ons ou mens van sonde met al sy hoogmoed en welluste uitbrand, deur Sy Woord, sodat ons Sy heilige tempel kan wees:

Jer 5:14  Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare: Omdat julle hierdie woord spreek, kyk, Ek maak my woorde in jou mond ‘n vuur en hierdie volk hout, en dit sal hulle verteer.

Jer 20:9  En as ek sê: Ek sal aan Hom nie dink nie en in sy Naam nie meer spreek nie, dan word dit in my hart soos ‘n brandende vuur, opgesluit in my gebeente. En ek het my moeg gemaak om uit te hou, maar kon nie.

1Kor 3:11-17 Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus. En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels—elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.  14  As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;  15  as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.  16  Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?  17  As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.

Ons bou eers ons tempel met “hout, hooi en stoppels” wat ons vleeslike en letterlike idees oor God beskryf. Die “hout, hooi en stoppels” verteenwoordig dus ons aardse werke wat verbrand sal word. Die “goud, silwer en kosbare stene” verteenwoordig die geestelike boustene wat die goeie werke van Christus in ons verteenwoordig. Ons verstaan ten einde laas dat Jesus God is in die hemel en in die aarde. Hy is soewerein in alles wat in hierdie skepping gebeur. Alles wat ons dink en doen is Sy werke en ons doen presies soos Hy dit in ons boeke geskryf het voor die grondlegging van hierdie aarde:

Psa 139:16  U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.

Ons geestelike oë word geopen om te sien die rede vir die vlees en die skepping van die bose.

Jes 45:5-7  Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie,  6  sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie;  7  wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.

Ons kry respek vir God se werke in die vlees en nog meer respek vir God se werke in die gees. Ons ignoreer en verag nie die vleeslike interpretasie van God se woorde nie, soos baie geestelike hoogmoediges doen nie. Ons was inderdaad net gister nog vasgevang in die vleeslike dinge, maar deur God se barmhartigheid het Hy ons uitgeroep uit die onkunde en Sy wonderbaarlike lig kom openbaar:

Psa 107:1-15  Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!  2  Dit moet die verlostes van die HERE sê, wat Hy uit die nood verlos het  3  en uit die lande versamel het, van die ooste en die weste, van die noorde en van die see af.  4  Hulle het gedwaal in die woestyn, op woeste paaie; ‘n stad om in te woon het hulle nie gevind nie.  5  Honger, ook dors was hulle; hulle siel het in hulle versmag.  6  Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle gered.  7  En Hy het hulle gelei op ‘n regte pad om te gaan na ‘n stad om in te woon.  8  Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;  9  want Hy het die dorstige siel versadig en die hongerige siel met die goeie vervul.  10  Die wat in duisternis en doodskaduwee gesit het, gevang in ellende en ysters—  11  omdat hulle wederstrewig was teen die woorde van God en die raad van die Allerhoogste verwerp het,  12  het Hy hulle hart deur moeite verneder; hulle het gestruikel, en daar was geen helper nie.  13  Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos.  14  Hy het hulle uit duisternis en doodskaduwee laat uitgaan en hulle bande verbreek.  15  Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;

Ons word almal eers in vlees gebore voordat ons, op God se tyd, uit die vlees gered word om oorgebring te word tot Sy geestelike dinge deur wedergeboorte, soos Jesus so pragtig aan Nikodémus verduidelik het:

Joh 3:1-15  En daar was ‘n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, ‘n owerste van die Jode.  2  Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U ‘n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie.  3  Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.  4  Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?  5  Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.  6  Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.  7  Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.  8  Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.  9  Nikodémus antwoord en sê vir Hom: Hoe kan hierdie dinge gebeur?  10  Jesus antwoord en sê vir hom: Jy is die leraar van Israel en jy weet hierdie dinge nie?  11  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, ons spreek wat ons weet en ons getuig van wat ons gesien het, en julle neem ons getuienis nie aan nie.  12  As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?  13  En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.  14  En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word,  15  sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Ons almal is dus eers in die een groep waar alles letterlik is, en God se woorde in vleeslike terme beoordeel word. Die Skrif noem dit die “letter” van die Woord:

Rom 7:5-6  Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra.  6  Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie.

2Kor 3:6  wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van ‘n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend.

Die vlees het sy plek en tyd, maar hoe goed is dit nie as God ons die nutteloosheid van vlees openbaar:

Joh 6:63  Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.

Dit is God wat mense plaas waar Hy hulle wil hê, en hulle doen presies wat Hy in hulle “boeke” geskryf het. Ons kan dit nou sien en daar kom ‘n rustigheid wat net die Here kan gee. Die Bruidegom roep ons na Sy binnekamer om meer intiem met ons in privaatheid te verkeer waar ons Hom werklik leer ken. Dit is ‘n voorreg om tot agter die voorhangsel van die vleeslike geneem te word om intiem met ons Geliefde Here te wees in die allerheilige denke van God:

Heb 10:19-22  Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus  20  op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees,  21  en ons ‘n groot Priester oor die huis van God het,  22  laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.

Wanneer die geestelike dinge aan ons geopenbaar word, dan verstaan ons die Skrifte heel anders. Die fisiese woorde is wel ook die brood van God, waarvan ons ook aanvanklik lewe, maar dit is die gees in die woorde van Jesus wat ons opneem tot ‘n dieper dimensie waar ware lewe is en ons eie lewe, die vlees ingesluit, groot sin maak:

Luk 4:4  Maar Jesus antwoord en sê vir hom: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God.

Ons verstaan net deur die geeslike woorde van die hele Skrif waarom ons almal begin in vlees en deur ‘n proses geneem word tot geestelike volwassenheid in Christus. Ons is nederig en weet dat ander ook deur dieselfde proses geneem word, sommige voor ons en ander kom na ons. Daar is ‘n orde wat deeglik van kennis moet geneem word:

1Kor 14:40  Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan.

Ons leer van ons voorgangers en het ook respek vir hulle:

1Th 5:12-13  Maar ons vra julle, broeders, erken die wat onder julle arbei en julle voorgangers in die Here is en julle vermaan;  13  en bewys hulle in liefde die hoogste agting ter wille van hulle werk. Hou vrede onder mekaar.

Heb 13:17  Wees gehoorsaam aan julle voorgangers en onderdanig, want hulle waak vir julle siele as diegene wat rekenskap moet gee, sodat hulle dit met blydskap kan doen en nie al sugtende nie; want dit is vir julle nie nuttig nie.

Ons het ook liefde, respek en geduld met hulle wat nie in hierdie eon die geestelike dinge van God kan sien nie.

Mat 18:1-6  In daardie uur het die dissipels na Jesus gekom en gesê: Wie is tog die grootste in die koninkryk van die hemele?  2  Toe roep Jesus ‘n kindjie na Hom en laat hom in hulle midde staan  3  en Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie!  4  Elkeen dan wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is die grootste in die koninkryk van die hemele.  5  En elkeen wat een van sulke kindertjies in my Naam ontvang, ontvang My;  6  maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat ‘n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see.

God werk deur ‘n orde, en almal in Adam sal tot die waarheid gebring word – “elkeen in hul eie orde…sodat God alles in almal” sal wees:

1Kor 15:22-28  Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;  23  maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.  24  Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.  25  Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het.  26  Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.  27  Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het.  28  En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.

Die “min” is hulle wie “aan Christus behoort by Sy koms” en wat nou in hierdie eon afgesonder word in Christus om Sy Woorde in gees te verstaan. Jesus se geestelike woorde bring die skeiding tussen mense:

Joh 10:1-21  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van ‘n ander kant af inklim, hy is ‘n dief en ‘n rower.  2  Maar hy wat by die deur ingaan, is ‘n herder van die skape.  3  Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit.  4  En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken.  5  Hulle sal ‘n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie.  6  Hierdie gelykenis het Jesus aan hulle vertel; maar hulle het nie verstaan wat dit was wat Hy tot hulle gespreek het nie.  7  Jesus het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape.  8  Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie.  9  Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.  10  Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.  11  Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.  12  Maar die huurling en hy wat nie ‘n herder is nie, van wie die skape nie die eiendom is nie, sien die wolf kom en laat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en jaag die skape uitmekaar.  13  En die huurling vlug, omdat hy ‘n huurling is en niks vir die skape omgee nie.  14  Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken.  15  Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en Ek lê my lewe af vir die skape.  16  Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder.  17  Daarom het die Vader My lief, omdat Ek my lewe aflê om dit weer te neem.  18  Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit Myself af. Ek het mag om dit af te lê en Ek het mag om dit weer te neem. Hierdie gebod het Ek van my Vader ontvang.  19  Daar het toe weer verdeeldheid onder die Jode gekom oor hierdie woorde.  20  En baie van hulle het gesê: Hy is van die duiwel besete en is kranksinnig; wat luister julle na Hom?  21  Ander het gesê: Hierdie woorde is nie van ‘n besetene nie; ‘n duiwel kan tog nie die oë van blindes open nie.

Jesus se ander skape wat nie nou Sy stem kan hoor nie is “die einde” wat in 1Korinthiërs 15 vers 24 aangedui word:

1Kor 15:22-24  Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;  23  maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.  24  Daarna kom die einde [G5056], wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.

Die vertaling van die Griekse woord “telos” dui nie die einde van alles aan nie, want daar gebeur nog dinge daarna, soos die teks ook aandui in 1Korinthiërs 15 van vers 24 tot vers 28. Die woord “telos” het meer te doen met ‘n doelwit aan die einde van ‘n proses, soos Dr James Strong ook aandui in Sy Griekse indeks van die woord “telos”:

G5056
τέλος
telos
tel’-os
From a primary word τέλλω tellō (to set out for a definite point or goal); properly the point aimed at as a limit, that is, (by implication) the conclusion of an act or state (termination [literally, figuratively or indefinitely], result [immediate, ultimate or prophetic], purpose); specifically an impost or levy (as paid): – + continual, custom, end (-ing), finally, uttermost.

Paulus het in die verse van 1Korinthiërs 15 van vers 22 tot vers 28 verwys na die drie hooffeeste tydens die drie hoofoeste van die ou Israeliete hoofoesfeeste, wat as gelykenis gebruik was deur God om die redding van alle mense aan te dui, vir hulle aan wie geestelike oë en geestelike ore gegee word om te “sien” en “hoor”. Kyk mooi en luister noukeurig hoe hierdie gelykenis gebruik word om sommige mense te verblind om nie die drie geleenthede van opstandings uit die dode, en die redding van alle mense te sien nie, terwyl dit vir Paulus en vir ander ooglopend is. Eerstens die fees van die ongesuurde brode; daarna die fees van die oes van die eerstelinge; en laastens die fees van die groot insameling…

Eks 23:14-17  Drie maal in die jaar moet jy vir My ‘n fees hou.  15  Die fees van die ongesuurde brode [Christus se opstanding uit die dood] moet jy hou: sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet soos Ek jou beveel het, op die bepaalde tyd in die maand Abib, want daarin het jy uit Egipte uitgetrek—maar hulle mag nie met leë hande voor my aangesig verskyn nie;  16  verder die fees van die oes, van die eerstelinge van jou werk, van wat jy op die land saai [hulle wat aan Christus behoort by Sy koms]; en ook die fees van die insameling aan die einde van die jaar [die res van die mensdom] as jy jou werk uit die land insamel.  17  Drie maal in die jaar moet al jou manspersone voor die aangesig van die Here HERE verskyn.

God openbaar Homself dus aan almal, maar die graad van openbaring verskil volgens “die maat van geloof “wat Hy skenk:

Rom 12:3  Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat ‘n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.

Almal leef van God se “brood”, maar sommige leef nou net deur die fisiese en letterlike betekenis van God se Woord, maar sal ook op ‘n latere oordeel geneem word om ontslae te raak van hul eiegeregtigheid en God se geregtigheid deelagtig te word:

Rom 1:18-21  Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk,  19  omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar.  20  Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;  21  omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister.

Niemand kan onskuld pleit nie. Die uitverkorenes van God het hul skuld erken en word deur Christus afgesonder en eenkant geneem om dinge te leer wat hulle instaat stel om God se plan en werke te leer ken, deur die Skrifte. God het beginsels neergelê waarin die “min” in hierdie lewe toegerus te word vir hul latere dienswerk om die res van die mense ook deur dieselfde oordeelproses te neem:

1Kor 6:2-3  Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake?  3  Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?

Oba 1:21  Dan sal daar verlossers die berg Sion opgaan om die gebergte van Esau te oordeel, en die koninkryk sal aan die HERE toebehoort.

Open 20:4  En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.

Een van die beginsels wat die “min” verlossers (die regters / die heiliges) in Christus nou geleer word is om geestelike dinge met geestelike te vergelyk en die hele konteks van die Skrifte na te gaan omdat die waarheid in die “hele inhoud” van die Woord gevind word:

1Kor 2:13  Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.

2Kor 13:1  Dit is die derde keer dat ek na julle toe kom. In die mond van twee of drie getuies sal elke woord vasstaan.

Jes 28:9-11  Vir wie wil hy dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is?  10  Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie.  11  Ja, Hy sal deur lippe wat hakkel, en deur ‘n vreemde tong met hierdie volk spreek,

2Pe 1:20-21  terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif ‘n saak van eie uitlegging is nie;  21  want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.

Psa 119:160  Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.