‘Die Vader van die geeste…’

God is die Skepper van ALLES, dit sluit in die goed en die kwaad:

Jes 45:5-7  Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie,  6  sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie;  7  wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil [Hebreeus: “ra” – kwaad] skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.

God het “ALLES” gemaak vir Sy doeleindes tydens die eerste ses dae van hierdie skepping, en alles opereer “baie goed” ten opsigte van daardie doel:

Spr 16:4  Alles het die HERE gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.

Gen 1:31  Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en—dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag.

God het selfs alle geestelike wesens (die “engele”) geskep binne hierdie tydperk, vir hulle wat dit kan sien in die volgende Skrifte:

Gen 1:20-23  En God het gesê: Laat die waters wemel met ‘n gewemel van lewende wesens, en laat die voëls oor die aarde vlieg langs die uitspansel van die hemel.  21  En God het die groot seediere geskape en al die lewende wesens wat beweeg, waar die waters van wemel, volgens hulle soorte; en al die gevleuelde voëls volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.  22  En God het hulle geseën en gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die waters in die see, en laat die voëls op die aarde vermeerder.  23  En dit was aand en dit was môre, die vyfde dag.

Alhoewel daar wel letterlike water en ‘n letterlike uitspansel geskep is, is die woorde “waters” en “hemel” in hierdie verse ook verwysend na die geestelike skepping wat die Vader alles deur Jesus na vore gebring het:

Joh 1:1-3  In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.  2  Hy was in die begin by God.  3  Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.

“Alle dinge” sluit ook die geestelike wesens in. Jesus is inderdaad die Skepper van alle geeste en alle geeste is aan Hom onderworpe. Hy is “die Vader van die geeste” soos aangestel deur God, die Vader:

Heb 12:9  Verder, ons het ons vaders na die vlees as kastyders gehad, en ons het vir hulle ontsag gehad; moet ons nie veel meer aan die Vader van die geeste onderworpe wees en lewe nie?

Hierdie geestelike wesens is geskep deur Jesus en hulle doen presies wat Hy aan hulle sê om te doen, selfs Satan. “die verderwer” in Job 1 en 2 net kon verniel soos God aan Hom opdrag gegee het:

Jes 54:16  Kyk, Ék het die smid geskape wat die koolvuur aanblaas en ‘n wapen voortbring volgens sy ambag; ook het Ék die verderwer geskape om te verniel.

Job 1:12  Daarop sê die HERE aan die Satan: Kyk, alles wat hy [Job] het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie. En die Satan het weggegaan van die aangesig van die HERE.

Job 2:6  En die HERE sê aan die Satan: Kyk, hy is in jou hand; spaar net sy lewe.

Geeste opereer soos die “voëls…langs die uitspansel van die hemel”:

Gen 1:20  En God het gesê…laat die voëls oor die aarde vlieg langs die uitspansel van die hemel.

Jesus maak dit baie duidelik aan Sy dissipels wat Hy bedoel as Hy van “voëls…langs die uitspansel van die hemel” praat, ook as die Skrifte hierdie beeld gebruik:

Mat 13:3-4  En Hy het baie dinge deur gelykenisse tot hulle gespreek en gesê: ‘n Saaier het uitgegaan om te saai;  4  en terwyl hy saai, val ‘n deel langs die pad, en die voëls het gekom en dit opgeëet.

Mat 13:18-19  Luister julle dan na die gelykenis van die saaier.  19  As iemand die woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie, kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai is—dit is hy by wie langs die pad gesaai is.

Die “Bose” roof en verniel die saad van God se Woord in elke hart. Die “hart” is ons denke waar ons woorde huisves, en hierdie denke is dan ook die “hemel” waarin die bose “voëls” opereer, volgens God se opdrag. In die hemel is daar ook ‘n tyd en plek vir die goeie saad, die Woord van waarheid, om vastigheid te kry in ons denke:

Mat 13:23  En by wie op die goeie grond gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en verstaan, wat dan ook vrug dra en oplewer: die een honderd,die ander sestig—, die ander dertigvoudig.

Die goeie “voël” in ons hemele is die gees van die Vader wat ook in die beeld van ‘n duif in die Skrifte beskryf word:

Mat 3:16-17  En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom.  17  En daar kom ‘n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.

Geeste opereer deur woorde in ons denke, en God help ons om deur woorde die tipe gees te onderskei, of dit ‘n goeie of bose gees is:

1Jn 4:1-6  Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.  2  Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God;  3  en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.  4  Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.  5  Hulle is uit die wêreld; daarom praat hulle uit die wêreld, en die wêreld luister na hulle.  6  Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling.

Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling”. UIT DIE WOORDE kan ons hoor en verstaan. Dit is alles in ons hemel, ons denke, waar die “voëls…langs die uitspansel van die hemel” opereer. Dieselfde vers in Genesis 1 gee vir ons nog ‘n ander beeld hoe ons die geestelike wêreld IN ONS kan verstaan. Geeste opereer soos die seediere in die “waters” wat ook op die vyfde dag geskep was, net soos die Leviátan. Hierdie “kronkelende slang” is inderdaad ook ‘n “vinnige slang” wat in “die baie waters” opereer.

Gen 1:20  En God het gesê: Laat die waters wemel met ‘n gewemel van lewende wesens…

Jes 27:1  In dié dag sal die HERE met sy harde en groot en sterk swaard besoeking doen oor die Leviátan, die vinnige [Hebreeus: “bâriach” = ontwykend; glibberig] slang, en oor die Leviátan, die kronkelende [Hebreeus: “ăqallâthôn” = bedrieglike] slang; en Hy sal die draak doodmaak wat in die groot water is.

Hierdie verwysing na die Leviátan is immers duidelik vir hulle wat reeds hierdie slang ontmoet het in die tuin van Eden:

Gen 3:1  Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?

Dit is dieselfde ou listige slang wat ook as die “draak” bekendstaan in die Skrifte. Hierdie “draak” is die leier van die boosheid wat in die hemele (denke) en as ons die “baie waters” en “die uitspansel van die hemele” bymekaar plaas, sal ons kan sien wat in die volgende gebeur binne-in ons eie harte (denke / hemele), soos God ons hemel open:

Open 12:1-18  En ‘n groot teken het in die hemel verskyn: ‘n vrou wat met die son bekleed was, en die maan was onder haar voete, en op haar hoof ‘n kroon van twaalf sterre;  2  en sy was swanger en het uitgeroep in haar weë en barensnood.  3  En ‘n ander teken het in die hemel verskyn, en daar was ‘n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone;  4  en sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi. En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het.  5  En sy het ‘n manlike kind gebaar, wat al die nasies met ‘n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon.  6  En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy ‘n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend twee honderd en sestig dae lank.  7  En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer;  8  en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie.  9  En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.  10  Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.  11  En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.  12  Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.  13  En toe die draak sien dat hy neergewerp is op die aarde, het hy die vrou vervolg wat die seuntjie gebaar het;  14  maar die twee vlerke van die groot arend is aan die vrou gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek, kon vlieg, waar sy uit die gesig van die slang onderhou word, ‘n tyd en tye en ‘n halwe tyd.  15  En die slang het uit sy bek water soos ‘n rivier agter die vrou aan uitgegooi, om haar te laat wegvoer deur die rivier.  16  En die aarde het die vrou te hulp gekom, en die aarde het sy mond oopgemaak en die rivier opgesluk, wat die draak uit sy bek uitgegooi het.  17  En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.  18  En ek het op die sand van die see gaan staan.

As Satan en sy engele op die aarde gewerp word, beteken dit dat God die leuenwoorde uit ons harte neem deur die Woord van waarheid. Dit is dan ook wat in Lukas 10 beskryf word.

Luk 10:1-24  En ná hierdie dinge het die Here weer sewentig ander aangestel, en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke stad en plek waar Hy sou kom.  2  Hy sê toe vir hulle: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes dat Hy arbeiders in sy oes uitstuur.  3  Gaan dan; kyk, Ek stuur julle soos lammers onder wolwe.  4  Moenie ‘n beurs of ‘n reissak of skoene dra nie, en groet niemand op die pad nie.  5  En in watter huis julle ook al mag ingaan, sê eers: Vrede vir hierdie huis!  6  En as dáár ‘n man van vrede is, sal julle vrede op hom rus; anders sal dit tot julle terugkeer.  7  Bly dan in daardie selfde huis en eet en drink wat hulle het, want die arbeider is sy loon werd. Moenie van huis tot huis gaan nie.  8  En in watter stad julle ook al mag ingaan en hulle jul ontvang, eet wat aan julle voorgesit word.  9  En maak die siekes gesond wat daarin is, en sê vir hulle: Die koninkryk van God het naby julle gekom.  10  Maar in watter stad julle ook al mag ingaan en hulle jul nie ontvang nie, gaan uit op sy strate en sê:  11  Selfs die stof wat uit julle stad aan ons kleef, vee ons vir julle af; maar tog moet julle dit weet dat die koninkryk van God naby julle gekom het.  12  En Ek sê vir julle: Vir Sodom sal dit verdraagliker wees in dié dag as vir daardie stad.  13  Wee jou, Górasin, wee jou, Betsáida! want as in Tirus en Sidon die kragtige dade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle lankal in sak en as gesit en hulle bekeer het.  14  Maar vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeel verdraagliker wees as vir julle.  15  En jy, Kapérnaüm, wat tot die hemel toe verhoog is, jy sal tot die doderyk toe neergestoot word.  16  Wie na julle luister, luister na My; en wie julle verwerp, verwerp My; en wie My verwerp, verwerp Hom wat My gestuur het.  17  En die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels onderwerp hulle aan ons in u Naam.  18  Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos ‘n bliksem uit die hemel sien val.  19  Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.  20  Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is.  21  In dieselfde uur het Jesus Hom in die gees verheug en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, Vader, want so was dit u welbehae.  22  Alles is aan My oorgegee deur my Vader; en niemand weet wie die Seun is nie, behalwe die Vader, en wie die Vader is nie, behalwe die Seun en hy aan wie die Seun dit wil openbaar.  23  En Hy het Hom omgedraai na sy dissipels en afsonderlik aan hulle gesê: Salig is die oë wat sien wat julle sien;  24  want Ek sê vir julle, baie profete en konings het gewens om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie.

Jesus en die dissipels het van dieselfde gebeurtenis gepraat toe “die sewentig” aan Hom verslag gegee het dat “duiwels” aan hulle onderworpe was in Sy Naam:

Luk 10:17-20  En die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels[Grieks: “daimonion” van die stamwoord “daimōn”] onderwerp hulle aan ons in u Naam.  18  Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos ‘n bliksem uit die hemel sien val.  19  Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.  20  Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is.

Dit is dieselfde geleentheid en nie twee afsonderlike gebeurtenisse nie. Jesus sluit ook Satan in onder die “daimonion” in. Die woord “demoon” wat sommige mense gebruik is heelwaarskynlik afgelei van die Griekse woord “daimōn” wat in die volgende tekste voorkom, volgens Dr James Strong se indeks van Griekse woorde in die Nuwe Testament:

G1142
δαίμων
daimōn
dah’ee-mown
From δαίω daiō (to distribute fortunes); a demon or super natural spirit (of a bad nature): – devil.

Total KJV Occurrences: 5
devils, 4
Mat_8:31, Mar_5:12, Rev_16:14, Rev_18:2
devil, 1
Luk_8:29

Mat 8:31  En die duiwels het Hom gesmeek en gesê: As U ons uitdryf, laat ons toe om in die trop varke te vaar.

Mar 5:12  en al die duiwels het Hom gesmeek en gesê: Stuur ons in die varke, sodat ons in hulle kan vaar.

Open 16:14  Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God.

Open 18:2  En hy het met ‘n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword ‘n woonplek van duiwels en ‘n versamelplek van allerhande onreine geeste en ‘n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls,

Luk 8:29  want Hy het aan die onreine gees bevel gegee om uit die man uit te gaan. Want baiekeer het hy hom saamgesleep; en hulle het hom gebind met kettings en voetboeie om oor hom wag te hou; maar hy het die boeie uitmekaar geruk, en die duiwel het hom in die woestyne gedrywe.

Die Griekse woord “daimōn” word dus altyd as “duiwel” of duiwels” vertaal in enige goeie vertaling, en hierdie “daimōn” sluit alle onrein geeste in. Ons bid God egter dat die duif met die groen olyftak in sy bek na ons kom om God se vrede en Sy insigte in ons hart bring.

Gen 8:11  En die duif het teen die aand na hom gekom, en daar was ‘n groen olyfblad in sy bek! Toe merk Noag dat die waters oor die aarde verminder het.

Dit is net deur God se Waarheid dat die “waters van die aarde” (dit is die leuens en bedrog van hierdie wêreld se godsdienste en filosofieë) uit ons harte geneem word!

Mat 3:16-17  En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom.  17  En daar kom ‘n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.

Dit is wanneer God ons hemele open en ons kan opvaar op die vleuels van ‘n arend, bokant alle valse leerstellings en aardse bedrog:

Psa 103:1-5  ‘n Psalm van Dawid. Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!  2  Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!  3  Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees,  4  wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede,  5  wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van ‘n arend.

Jes 40:28-31  Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? ‘n Ewige God is die HERE, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie.  29  Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.  30  Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs;  31  maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.