Lees gerus Deel 1 wat ‘n agtergrond tot hierdie studiereeks verskaf.
Die sinfrase “baie is geroep, maar min uitverkies” kom in twee gedeeltes in die Nuwe Testament voor, waar Jesus ook twee gelykenisse vertel het, naamlik die gelykenis van die arbeiders in die wingerd in Mattheus 20 (verse 1 tot 16), en die gelykenis van die bruilofsfees in Mattheus 22 (verse 1 tot 14). In Deel 2(A) van hierdie studiereeks was die fokus op die sentrale hooftema in al die gelykenisse van Jesus, en in Deel 2(B) was die fokus op die doel van die gelykenisse van Jesus wat ons dan ook help om te sien waarom daar twee groepe is waarmee Jesus werk, die “baie” en die “min”. In Deel 3 kyk ons na die oorspronklike Griekse woorde ‘klētos’ en ‘ekletos’ wat onderskeidelik vertaal word as “geroep” en “uitverkies” in Afrikaans in die volgende verse:
Mat 20:16 So sal die wat laaste is, eerste wees, en die wat eerste is, laaste; want baie is geroep [Grieks:‘klētos’ / Strong’s #G2822], maar min uitverkies [Grieks:‘ekletos’ / Strong’s #1588].
Mat 22:14 Want baie is geroep [Grieks:‘klētos’ / Strong’s #G2822], maar min uitverkies [Grieks:‘ekletos’ / Strong’s #1588].
In Deel 4 en Deel 5 kyk ons na die geestelike boodskap wat in die gelykenisse in Mattheus 20 en 22 onderskeidelik voorkom om ons te help om die frase “baie is geroep, maar min uitverkies” beter te verstaan, soos God wil.
Ten laaste wil ons ‘n paar voorbeelde in die Skrifte kortliks aanraak waar die beginsel van die “min” uitverkorenes uitgebeeld word. Ons kan ook deur hierdie voorbeelde sien hoe alles wat in die Skrifte neergeskryf is, help om ons roeping en uitverkiesing te verstaan en raak te sien in ons eie lewe.
In Deel 6(A) kyk ons na Noag, sy uitverkiesing, die impak op sy gesin, en die totstandkoming van ‘n nuwe geslag.
In Deel 6(B) kyk ons na die voorbeeld van Abraham wat ook in die Skrifte gebruik word om die uitverkiesingsleer van Christus te verduidelik, en hoe die uitverkiesing van die “min” die weg voorberei vir die seëninge wat na alle mense sal kom, deur Jesus Christus.
Die roeping en uitverkiesing van Abraham in wie al die geslagte van die aarde geseën sal wees
Na die globale vloed in die dae van Noag, word ‘n nuwe geslag mense na vore gebring deur die drie seuns van Noag, en die opdrag van God aan die mens word weereens herhaal wat God ook by Adam se skepping duidelik gemaak het:
Gen 1:28 En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.
Gen 9:1 En God het Noag en sy seuns geseën en aan hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde.
Gen 9:18-19 En die seuns van Noag wat uit die ark uitgegaan het, was Sem en Gam en Jafet. En Gam was die vader van Kanaän. 19 Hierdie drie was die seuns van Noag; en met hulle begin die uitbreiding van al die aardbewoners.
“Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde” is ‘n opdrag wat God in mens geplaas het, maar wat net ten volle deur Jesus Christus voltooi sal word aan die einde van die hele proses van die plan van God met die mensdom:
Open 11:15 En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.
Die voorbeeld van Abraham leer ons dat al die inwoners van die hele aarde verteenwoordigend is van die “baie” wat God roep tot hierdie aardse vleeslike lewe, maar dit is deur die “min” wat die geestelike lewe van die koninkryk van onse Here na almal gebring word. Die “baie ” geroepenes en die “min” uitverkorenes” is dus ‘n herhalende patroon in die Skrifte wat deur verskillende voorbeelde (tipes) verduidelik word. In die geval van Abraham sien ons hoe God begin met die “baie” en dan word die lens van die Skrifte geskuif om te fokus op die “min”. Van al die afstammelinge van die drie seuns van Noag in Genesis 10, fokus die Skrifte op een seun se afstammelinge, naamlik Sem in Genesis 11. Selfs van al die afstammelinge van Sem word daar ‘n verdere fokus ingebring op net een familie: die familie van Tera. En uit hierdie een familie van Tera word een persoon uitgelig, naamlik Abraham (sy naam word aanvanklik as Abram aan ons gegee).
Gen 11:10-26 Dit is die stamboom van Sem: Toe Sem honderd jaar oud was, het hy die vader van Arpagsad geword, twee jaar ná die vloed. 11 En Sem het ná die geboorte van Arpagsad nog vyf honderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. 12 Toe Arpagsad vyf en dertig jaar oud was, het hy die vader van Selag geword. 13 En Arpagsad het ná die geboorte van Selag nog vier honderd en drie jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. 14 Toe Selag dertig jaar oud was, het hy die vader van Heber geword. 15 En Selag het ná die geboorte van Heber nog vier honderd en drie jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. 16 Toe Heber vier en dertig jaar oud was, het hy die vader van Peleg geword. 17 En Heber het ná die geboorte van Peleg nog vier honderd en dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. 18 Toe Peleg dertig jaar oud was, het hy die vader van Rehu geword. 19 En Peleg het ná die geboorte van Rehu nog twee honderd en nege jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. 20 Toe Rehu twee en dertig jaar oud was, het hy die vader van Serug geword. 21 En Rehu het ná die geboorte van Serug nog twee honderd en sewe jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. 22 Toe Serug dertig jaar oud was, het hy die vader van Nahor geword. 23 En Serug het ná die geboorte van Nahor twee honderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. 24 Toe Nahor nege en twintig jaar oud was, het hy die vader van Tera geword. 25 En Nahor het ná die geboorte van Tera nog honderd en negentien jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad. 26 Toe Tera sewentig jaar oud was, het hy die vader geword van Abram, Nahor en Haran. 27 En dit is die stamboom van Tera: Tera het die vader geword van Abram, Nahor en Haran, en Haran van Lot.
Gen 12:1 En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys.
God het aan Abram gesê om UIT sy land, UIT sy familie, en UIT sy vader se huis te gaan. Abram is dus ‘n baie goeie voorbeeld van die uitverkiesingsleer van God, wie in die Ou Testament gebruik word vir ons lering. Abram se lewe is ‘n skadubeeld van ons eie lewe as ons geloof geskenk word om te sien dat alles wat in die Skrifte neergeskryf is, inderdaad neergeskryf was vir ons “op wie die eindes van die eeue gekom het” en waarom ons UIT die vlees (die aardse “eeu”) geroep word:
1Kor 10:11 Maar al hierdie dinge het hulle [Israel van ouds] oorgekom as voorbeelde [tipes] en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue [Grieks: “aiōn” = tydperk = “eeu”] gekom het.
Rom 15:4 Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê.
God het Homself aan Abram bekendgestel.
Gen 12:1-3 En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys. 2 En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ‘n seën sal wees. 3 En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.
Hier sien ons weer die beginsel dat God alles inisieer, ook as Hy Homself en Sy werke aan mens openbaar. Die mens soek nie na God nie, want dit is God wat Homself aan mens openbaar, soos ook hierdie geval van Abram;
Rom 3:11 Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie.
‘n Paar aspekte kom voor in hierdie teks in Genesis 12 wat ons aandag verg.
Gen 12:1-3 En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys. 2 En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ‘n seën sal wees. 3 En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.
Abram was opdrag gegee deur God om sy vaderland te verlaat, en om ook uit sy familie te gaan, uit sy vader se huis, na ‘n vreemde land wat hy nog nooit gesien het nie. Abram se gehoorsaamheid aan hierdie opdragte sou belangrike gevolge inhou volgens die beloftes van God aan hom: God sou Abram ‘n groot nasie maak; God sou Abram seën, en sy naam groot maak; God sou al die geslagte van die aarde seën ter wille van Abram.
Ons sal elkeen van hierdie aspekte van nader beskou in Abram (Abraham) se lewe, en ook kyk hoe dit op ons eie lewe van toepassing is, soos God ons die insigte skenk.
Eerstens hoor ons dat Abram moes sy vaderland verlaat, en ook uit sy familie gaan, uit sy vader se huis, en in ‘n vreemde land gaan woon.
Gen 12:1 En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys.
Ons almal word eerste gebore in vlees deur ons vleeslike ouers, en ons is baie lief vir ons ouers en ons broers en susters in die vlees. Volgens die Skrifte is ons vleeslike geboorte en ontwikkeling ons eerste fase (eerste “eeu” / tydperk / “aiōn” in Grieks), en dat daar ‘n ander “eeu” op ons wag nadat ons die vleeslike tydperk voltooi het. Jesus verduidelik dit as volg aan een van die Joodse leiers van sy tyd:
Joh 3:1-6 En daar was ‘n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, ‘n owerste van die Jode. 2 Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U ‘n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie. 3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. 4 Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? 5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. 6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
Almal wat in vlees gevorm is, sal ook deur nog ‘n geboorteproses geneem word, volgens Jesus. Paulus het hierdie twee “eeue” in elke mens se lewe as volg uitgedruk:
1Kor 15:45-49 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees. 46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike. 47 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel. 48 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. 49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.
God is gees, en as ons God se roeping in ons lewe hoor om Hom in gees te ken en te dien, dan moet ons weet dat ons tyd in ons vleeslike “eeu” tot ‘n einde gekom het. Ons sal dan deur ‘n proses geneem word waar God ons skei van ons vlees en sy verbintenisse:
Joh 4:23-24 Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. 24 God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.
Die Skrifte bewys van Genesis tot Openbaring dat die reis na geestelike volwassenheid ‘n lang en moeilike een is. Die afvalliges en hul valse leraars in Christendom preek van ‘n tien sekonde gebed wat oombliklik tot bekering en wedergeboorte lei, en dan glo hulle verder in ‘n kitsverlossing uit die vlees en al sy welluste en hoogmoed. Nee, die Skrifte verklaar male sonder tale dat die reis tot geestelike volwassenheid gaan deur ‘n proses van “baie verdrukkinge” en ‘n “vuurgloed “van vervolgings:
Hand 14:22 [Paulus en Bárnabas het]…die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.
Mat 10:22-25 En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. 23 En wanneer hulle julle vervolg in die een stad, vlug na die ander toe. Want voorwaar Ek sê vir julle, julle sal met die stede van Israel sekerlik nie klaar kry voordat die Seun van die mens kom nie. 24 ‘n Leerling is nie bo die meester nie en ‘n dienskneg ook nie bo sy heer nie. 25 Dit is vir die leerling genoeg dat hy soos sy meester word en die dienskneg soos sy heer. As hulle die heer van die huis Beëlsebul genoem het, hoeveel te meer sy huisgenote!
1Pe 4:12 Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie;
Abram se lewe en sy ervaringe in Mesopotamië, Kanaän, en Egipte getuig van hierdie proses en die “baie verdrukkinge” wat vir ons neergeskryf was wat ons ervaar op ons eie pad tot geestelike volwassenheid.
Rom 15:4 Want alles wat tevore geskrywe is [ook Abraham se lewe], is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê.
Abram wou God gehoorsaam, maar hy was nog verknog aan sy familie. Die Skrif sê dat Abram se pa, Tera, met hom weggetrek het uit Ur, om juis aan ons te wys hoe swaar dit was vir Abram om afskeid te neem van die bekende dinge rondom hom. Tera kon egter net tot by Haran vir Abram vergesel, en hulle het daar in Haran gebly tot Tera se dood.
Gen 11:31-32 En Tera het sy seun Abram geneem en Lot, die seun van Haran, sy kleinseun, en Sarai, sy skoondogter, die vrou van sy seun Abram, en dié het saam met hulle uit Ur van die Chaldeërs getrek om na die land Kanaän te gaan. En hulle het tot by Haran gekom en daar gaan woon. 32 En die dae van Tera was twee honderd en vyf jaar, en Tera het in Haran gesterwe.
Haran was geleë aan die oostekant van die Eufraatrivier wat baie belangrik is om van kennis te neem. Hulle was nog nie in Kanaän nie. Stefanus se woorde aan die Joodse raad stem saam dat dit vir Abram ‘n tyd geneem het om uit onder Tera se toesig te kom. Abram het eers na sy pa se dood uit Haran vertrek en die Eufraatrivier oorgesteek om in die land Kanaän te kom.
Hand 7:2-4 En hy [Stefanus] sê: Broeders en vaders, luister! Die God van die heerlikheid het verskyn aan ons vader Abraham toe hy in Mesopotámië was, voordat hy in Haran gewoon het, 3 en vir hom gesê: Trek uit jou land en uit jou familie, en kom na die land wat Ek jou sal wys. 4 Toe het hy getrek uit die land van die Chaldéërs en in Haran gaan woon; en ná die dood van sy vader het Hy hom daarvandaan laat verhuis na hierdie land waarin julle nou woon.
Tera verteenwoordig ons eie vlees, die eerste mens Adam in ons. Ons is van nature baie geheg aan ons vlees, en kan net nie onder die vlees se invloede en denke loskom nie. Ons vlees is ‘n aardse tydelike skepping, en dit is baie hard vir die vlees om te aanvaar dat dit nie ‘n ewige plek in God se plan het nie. Die vlees is soos alles in hierdie skepping aan “nietigheid onderworpe“, soos God dit gemaak het aan die begin:
Gen 2:7 En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.
Rom 8:20 Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het.
God het aan Jeremia die volgende beeld gegee om die twee “eeue” van elke mens te beskryf, en hoe God self die eerste voorwerp laat misluk (“in die hand van die Pottebakker”) voordat Hy ‘n nuwe voorwerp maak “soos dit in die oë van die Pottebakker reg was om dit te maak”:
Jer 18:1-4 Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het: 2 Maak jou klaar en gaan af na die huis van die pottebakker, en daar sal Ek jou my woorde laat hoor. 3 Toe het ek afgegaan na die huis van die pottebakker, en hy was juis besig om ‘n stuk werk op die skywe te maak. 4 En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk—soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker—maar hy het daaruit weer ‘n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak.
Neem kennis dat die eerste voorwerp misluk in die hand van die Pottebakker. Dit is God wat die voorwerp laat misluk wat tot ‘n totale uitwissing van daardie voorwerp lei. Maar die goeie nuus is dat Hy uit die mislukking van die eerste voorwerp ‘n nuwe voorwerp maak, “soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak”. Die eerste voorwerp is die vlees waarin ons leef, en die tweede voorwerp is die geestelike liggaam wat ons almal gaan kry! Kom ons lees weer die goeie nuus wat Paulus ook aan ons wil deurgee:
1Kor 15:45-49 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees. 46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike. 47 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel. 48 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. 49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.
Net soos Abram sukkel ons om afskeid te neem van die vlees, en ons sleep hom oral saam met ons. Na Tera se dood, het Abram vir Lot, sy broerskind, saamgeneem in Kanaän.
Gen 12:4 Toe het Abram weggetrek soos die HERE hom gesê het, en Lot het saam met hom getrek. En Abram was vyf en sewentig jaar oud by sy vertrek uit Haran.
Gen 12:5-6 En Abram het Sarai, sy vrou, en Lot, sy broerskind, geneem en al hulle besittings wat hulle bymekaargemaak en die slawe wat hulle in Haran verwerf het, en hulle het uitgetrek om na die land Kanaän te gaan en in die land Kanaän gekom. 6 En Abram het deur die land getrek na die plek Sigem, tot by die terpentynboom More. Die Kanaäniete was toe in die land.
Lot se teenwoordigheid in Abram se lewe, selfs toe Abram in Kanaän was, wys ons weereens na ons eie verknogdheid aan die vlees, selfs wanneer ons die beloofde land van die gees van God begin betree. Kanaän is ‘n tipe van die geestelike lewe in Christus wat ons nou reeds in hierdie lewe as ‘n “onderpand” van God ontvang. Selfs in ons oorgang van die vleeslike “eeu” na die geestelike “eeu” moet ons erkenning gee dat die vlees nog steeds aan ons kleef. Dit is wat Lot se teenwoordigheid in die beloofde land uitbeeld. Ons is nog steeds in vlees wanneer ons die geestelike dinge van God begin ervaar en sy geestelike woorde begin verstaan. Ons begin uitvind dat die vlees van geen nut is, en dat die geestelike skepping van God ons uiteindelike ewige bestemming is:
Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
Ons het nog nie die volheid van die gees ontvang nie, maar net “die Heilige Gees van die belofte”. Die belofte van die volheid van Sy gees is ons “erfenis” wat God vir ons bewaar in Jesus Christus, en ons ontvang dit tot sy volle maat aan die einde van ons reis:
Efes 1:11-14 in Hom [Christus]in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil, 12 sodat ons kan wees tot lof van sy heerlikheid, ons wat reeds tevore op Christus gehoop het, 13 in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte, 14 wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid.
1Kor 13:11-12 Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer soos ‘n kind; maar nou dat ek ‘n man is, het ek die dinge van ‘n kind afgelê. 12 Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.
Ons groei tot geestelike volwassenheid deur die kerk van Christus, die heiligdom van Christus!
Efes 4:11-16 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, 12 om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, 13 totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; 14 sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring; 15 maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, 16 uit wie die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate—die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.
Heb 10:19-25 Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus 20 op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, 21 en ons ‘n groot Priester oor die huis van God het, 22 laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water. 23 Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou; 24 en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; 25 en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.
Ons groei sterker deur die “onderlinge byeenkoms” met God se kinders in Christus wat ons versterk in die geloof om stelselmatig die vlees vaarwel toe te roep. Dit is ook dan wat in Abram se lewe gebeur het, vir ons lering. Lot het wel op ‘n later stadium afskeid geneem van Abram en sy familie, en sy eie heil gaan uitwerk in Sodom.
Gen 13:1-12 So het Abram dan uit Egipte na die Suidland opgetrek, hy met sy vrou en sy hele besitting, en Lot saam met hom. 2 En Abram was baie ryk aan vee, aan silwer en goud. 3 En hy het van plek tot plek uit die Suidland getrek tot by Bet-el, na die plek waar sy tent in die begin gestaan het, tussen Bet-el en Ai, 4 na die plek van die altaar wat hy vroeër daar gebou het. En Abram het daar die Naam van die HERE aangeroep. 5 En Lot, wat saam met Abram getrek het, het ook kleinvee en beeste en tente gehad. 6 En die land kon hulle nie dra om saam te woon nie, want hulle besittings was groot, sodat hulle nie saam kon woon nie. 7 En daar het twis ontstaan tussen die veewagters van Abram en die veewagters van Lot. Ook het die Kanaäniete en Feresiete destyds in die land gewoon. 8 Toe sê Abram vir Lot: Laat daar tog geen twis wees tussen my en jou, en tussen my wagters en jou wagters nie; ons is mos broers. 9 Lê die hele land nie voor jou oop nie? Skei jou tog van my af; gaan jy links, dan sal ek regs gaan, en gaan jy regs, dan sal ek links gaan. 10 Toe slaan Lot sy oë op en sien dat die hele Jordaanstreek oral volop water het; voordat die HERE Sodom en Gomorra verwoes het, was dit in die rigting van Soar soos die tuin van die HERE, soos Egipteland. 11 En Lot het vir hom die hele Jordaanstreek gekies, en Lot het na die ooste weggetrek. So het hulle dan die een van die ander geskei. 12 Abram het bly woon in die land Kanaän, en Lot het gaan woon in die stede van die Jordaanstreek en sy tente tot by Sodom opgeslaan.
Die skeiding van Lot het ‘n nuwe fase in Abram se lewe oopgemaak, naamlik die geboorte van sy eie nageslag, wat weereens die stryd tussen die vlees en die gees uitwys.
Dit bring ons by die tweede aspek in God se belofte aan Abram behels die volgende:
Gen 12:2 En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ‘n seën sal wees.
Sarai (haar naam was later verander na Sara) was Abram se vrou, en sy kon aanvanklik nie kinders baar nie. Sarai het Hagar, haar slavin wat hulle uit Egipte saamgebring het, aan Abram gegee om die moeder te word van Abram se eerste kind. Abram het ingestem en het ‘n seun by Hagar gebaar:
Gen 16:15-16 En Hagar het vir Abram ‘n seun gebaar; en Abram het sy seun wat Hagar gebaar het, Ismael genoem. 16 En Abram was ses en tagtig jaar oud toe Hagar Ismael vir Abram gebaar het.
Hieruit leer ons weereens hoe die vlees eerste op die toneel verskyn en die beloftes van God vir homself opeis. God seën egter ook die vlees, en baie word hierin verstrik en verval in tydelike aardse vooruitgang en suksesse. Maar hierdie seëning van die vlees is niks in vergelyking met die geestelike seën van God nie:
Gen 17:20 Ook wat Ismael aangaan, het Ek jou verhoor. Kyk, Ek seën hom en maak hom vrugbaar en vermeerder hom buitengewoon. Twaalf vorste sal hy verwek, en Ek sal hom ‘n groot nasie maak.
God het ‘n heel ander plan as wat ons vlees aan ons voorhou. Isak, die ware seun van Abram, sou deur Sarai self gebaar word op ‘n baie hoë ouderdom, en deur Isak sou God al sy beloftes aan Abram gestand doen:
Gen 17:1-2 Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees. 2 En Ek wil my verbond sluit tussen My en jou, en jou buitengewoon vermeerder.
Gen 17:16-17 En Ek sal haar [Sara] seën en jou uit haar ook ‘n seun gee; ja, Ek sal haar seën, sodat sy tot nasies sal word; konings van volke sal uit haar voortkom. 17 Toe val Abraham op sy aangesig, en hy lag en sê in sy hart: Kan daar vir een wat honderd jaar oud is, ‘n kind gebore word? Of kan Sara, wat negentig jaar oud is, baar?
Abram wou hê dat Ismael, wat sy vlees voorstel, ook deel wees van sy erfenis en al die beloftes.
Gen 17:18 En Abraham sê aan God: Ag, mag Ismael lewe voor u aangesig!
Maar die vlees kan nie die geestelike beloftes en erfenis van God verkry nie:
1Kor 15:50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
Dit was slegs deur Isak dat die beloftes van God en die erfenis van Abram kon manifesteer:
Gen 17:19-21 Toe antwoord God: Voorwaar, jou vrou Sara sal vir jou ‘n seun baar, en jy moet hom Isak noem; en Ek sal my verbond met hom oprig as ‘n ewige verbond vir sy nageslag ná hom. 20 Ook wat Ismael aangaan, het Ek jou verhoor. Kyk, Ek seën hom en maak hom vrugbaar en vermeerder hom buitengewoon. Twaalf vorste sal hy verwek, en Ek sal hom ‘n groot nasie maak. 21 Maar my verbond sal Ek oprig met Isak wat Sara vir jou anderjaar op hierdie tyd sal baar.
Met hierdie openbaring maak God dit baie duidelik hoe Hy werk en waarin Hy belangstel. God plaas die geestelike dinge eerste, terwyl die mens die vlees eerste stel. Ons sal goed doen as ons ook die geestelike dinge van God eerste stel. Almal God se beloftes is “Ja en Amen” in gees, in Jesus Christus. Die geestelike beloftes in Christus is die belangrikste erfenis wat ons moet aankleef.
2Kor 1:20-22 Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons. 21 Maar Hy wat ons saam met julle bevestig in Christus en ons gesalf het, is God, 22 wat ons ook verseël het en die Gees as onderpand in ons harte gegee het.
Dit is juis op hierdie tyd in Abram se lewe nadat hy gehoor het wie sy ware erfgenaam gaan wees, dat God ook Abram en Sara se name verander.
Gen 17:1-8 Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees. 2 En Ek wil my verbond sluit tussen My en jou, en jou buitengewoon vermeerder. 3 Toe val Abram op sy aangesig, en God het met hom gespreek en gesê: 4 Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal die vader van ‘n menigte van nasies word. 5 Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou ‘n vader van ‘n menigte van nasies. 6 En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom. 7 En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou. 8 En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ‘n God wees.
Gen 17:15-16 Verder het God aan Abraham gesê: Sarai, jou vrou, moet jy nie Sarai noem nie, maar haar naam sal Sara wees. 16 En Ek sal haar seën en jou uit haar ook ‘n seun gee; ja, Ek sal haar seën, sodat sy tot nasies sal word; konings van volke sal uit haar voortkom.
Ons kry ‘n nuwe naam in Christus deur ons vlees en sy denke te verlaat. Ons moet Christus se denke en woorde in ons kry om Sy Naam te kry:
Open 2:17 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee ‘n wit keursteen, en op dié steen ‘n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.
Deur Isak was Abraham se geloof in God duidelik geopenbaar, deur die werke wat Abraham gedoen het:
Heb 11:17 Deur die geloof het Abraham, toe hy op die proef gestel is, Isak geoffer; ja, hy wat die beloftes ontvang het, het sy eniggeborene geoffer.
Jak 2:21-23 Is Abraham, ons vader, nie uit die werke geregverdig toe hy Isak, sy seun, op die altaar geoffer het nie? 22 Sien jy dat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke? 23 En die Skrif is vervul wat sê: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is ‘n vriend van God genoem.
Abraham is die voorbeeld van die geloof wat van Christus kom en in werke manifesteer. Hulle aan wie die geloof van Christus geskenk word tydens hierdie aardse “tydperk “eeu”, vertrou Christus en Sy werke in hulle, en Hy lei hulle tot die nuwe lewe in ‘n nuwe land in gees:
Open 3:12-13 Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam. 13 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.
Abraham het hierdie geloof van God reeds ontvang toe hy uit sy geboorteland uitgetrek het, maar daardie geloof moes gelouter word deur al die baie beproewinge in Abraham se lewe:
Heb 11:8 Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as ‘n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom.
Ons geloof sal deur baie verdrukkings en beproewinge gaan om te groei en sterker te word, soos Petrus ook geleer het:
1Pe 1:3-7 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, 4 sodat ons ‘n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons 5 wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd. 6 Daarin verheug julle jul, al word julle nou—as dit nodig is—’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge, 7 sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus.
Alhoewel Abraham alleen uitverkies was en stelselmatig uitgevind het hoe alleen die pad was, belowe God aan Abraham dat hy die Vader van ‘n groot nasie sal wees. God belowe Abraham dat sy kinders sal wees “soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is”:
Gen 22:14-17 En Abraham het dié plek genoem: Die HERE sal voorsien! Sodat vandag nog gesê word: Op die berg van die HERE sal dit voorsien word. 15 Toe roep die Engel van die HERE vir die tweede keer na Abraham van die hemel af 16 en sê: Ek sweer by Myself, spreek die HERE, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie, 17 dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem.
Geloof in Christus bring werke na vore. Daar is vrugte en daar is ‘n nageslag. Ons leer dit ook uit Abraham se lewe. Abraham word genoem ‘die Vader van die geloof’…
Rom 4:1-3 Wat sal ons dan sê, het Abraham, ons vader na die vlees, verkry? 2 Want as Abraham uit die werke geregverdig is, het hy iets om op te roem, maar nie teenoor God nie. 3 Want wat sê die Skrif? Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken.
Abraham se geloof is ‘n tipe van die geloof van Christus, wat God aan ons skenk:
Efes 2:8-10 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. 10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.
Ons word net geregverdig deur die geloof van Christus:
Gal 3:6 Net soos Abraham in God geglo het, en dit is hom tot geregtigheid gereken.
Gal 3:26-29 Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; 27 want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee. 28 Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus. 29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.
Abraham se naam word dus in hierdie verband groot gemaak. Abraham se “naam” is die skadubeeld van Christus wie se “Naam” bo alle name geplaas is deur die Vader:
Fil 2:5-11 Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. 6 Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, 7 maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; 8 en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis. 9 Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is, 10 sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, 11 en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.
Christus se Naam is Sy leer wat in Sy Woord(e) is wat Hy van die Vader ontvang het:
Joh 17:6-8 Ek het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het u woord bewaar. 7 Nou weet hulle dat alles wat U My gegee het, van U kom. 8 Want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het.
Baie preek nie die ware leer van Christus nie, maar hulle kom met ‘n “ander Jesus” wat mense mislei agter leuens en bedrog aan:
Mat 24:3-5 En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld? 4 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. 5 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.
Paulus, en almal van ons wat oë gegee word om te sien, kan die valse “ander Jesus” uitken, want hy is volop en oral:
2Kor 11:3-4 Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus. 4 Want as iemand kom en ‘n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ‘n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ‘n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval.
As ons Christus se Woord ken, dan ken ons Sy leer, en ons ontvang niemand in ons geestelike huis wie nie hierdie leer van Christus bring nie:
Joh 10:1-3 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van ‘n ander kant af inklim, hy is ‘n dief en ‘n rower. 2 Maar hy wat by die deur ingaan, is ‘n herder van die skape. 3 Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit.
2Jn 1:9-11 Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun. 10 As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie. 11 Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke.
Dit bring ons by die derde aspek in God se beloftes aan Abraham:
Gen 12:3 En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.
Deur Abram se nageslag sal al die inwoners van die aarde, alle mense wat ooit in vlees gevorm was, geseën word:
Gen 22:18 En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het.
Soos reeds aangedui is dit duidelik dat hierdie belofte geensins op ‘n vleeslike geslag fokus nie, maar dat dit ‘n belofte is wat net in gees vervul sal word. Abraham se vleeslike afstammelinge, die nasie van Israel, is nie “soos die sterre van die hemel en soos die sand…aan die seestrand” nie. Paulus verduidelik aan die gelowiges in Galasië (en ook aan ons) wat verstaan moet word uit die woorde wat God aan Abraham gespreek het, en hoe God die belofte van ‘n “groot nasie” inderdaad sal vervul:
Gal 3:1-9 o, Onverstandige Galásiërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig? 2 Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof? 3 Is julle so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees? 4 Het julle verniet so baie gely? As dit maar verniet was! 5 Hy wat julle dan die Gees verleen en kragte onder julle werk, doen Hy dit uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof? 6 Net soos Abraham in God geglo het, en dit is hom tot geregtigheid gereken. 7 Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham. 8 En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word. 9 Sodat die wat uit die geloof is, geseën word saam met die gelowige Abraham.
Die woorde en beloftes aan Abraham was vervul in Christus, en almal wie in Hom glo en deel is van Sy een kerk, sal “uit geloof leef”. Dit is die wet van die gees van Christus wat al die beloftes aan Abraham tot hul volle gevolge vervul:
Gal 3:16-29 Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus. 17 Maar ek sê dít: die wet wat vier honderd en dertig jaar later gekom het, maak die verbond wat deur God in Christus vantevore bekragtig is, nie kragteloos om die belofte tot niet te maak nie. 18 Want as die erfenis uit die wet is, dan is dit nie meer uit die belofte nie. Maar God het dit aan Abraham deur ‘n belofte genadiglik geskenk. 19 Wat beteken die wet dan? Dit is bygevoeg weens die oortredinge, totdat die saad aan wie die belofte gedoen is, sou kom; en dit is deur engele beskik deur tussenkoms van ‘n middelaar. 20 En die middelaar is nie net vir een nie; maar God is een. 21 Is die wet dan teen die beloftes van God? Nee, stellig nie! Want as daar ‘n wet gegee was wat krag het om lewend te maak, dan sou die geregtigheid werklik uit die wet wees. 22 Maar die Skrif het alles ingesluit onder die sonde, sodat die belofte uit die geloof in Jesus Christus aan die gelowiges gegee kon word. 23 Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word. 24 Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof. 25 Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ‘n tugmeester nie. 26 Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; 27 want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee. 28 Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus. 29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.
Abraham was dus net ‘n tipe van Christus, wat deur geloof nou werk in hulle wie Hy deur Sy evangelie roep en uitkies om later die rol van verlossers aan die hele wêreld sal vervul. Hierdie uitverkorenes in Christus sal selfs al die stamme van fisiese Israel en alle Jode “na die vlees” oordeel en tot saligheid bring:
Luk 22:24-30 En daar het ook twis onder hulle ontstaan oor wie van hulle die grootste geag moet wees. 25 En Hy het vir hulle gesê: Die konings van die nasies heers oor hulle, en die wat gesag voer oor hulle, word weldoeners genoem. 26 Maar so moet julle nie wees nie; maar die oudste onder julle moet word soos die jongste, en wie ‘n leier is, soos een wat dien. 27 Want wie is groter: die een wat aan tafel is, of die een wat dien? Is dit nie hy wat aan tafel is nie? Maar Ek is onder julle soos een wat dien. 28 En dit is julle wat altyddeur by My gebly het in my versoekinge. 29 En Ek beskik vir julle ‘n koninkryk soos my Vader dit vir My beskik het, 30 sodat julle kan eet en drink aan my tafel in my koninkryk en op trone sit om die twaalf stamme van Israel te oordeel.
Hulle wat Abraham as hul vader herken, sal weet dat Abraham na Jesus verwys wat aan hom verskyn het in die Ou Testament (Gen 12; Gen 15; Gen 17; Gen 18; Gen 22) as die Jehova, die “Ek is”:
Joh 8:56-58 Abraham, julle vader, het hom verheug dat hy my dag sou sien; en hy het dit gesien en het hom verbly. 57 Toe sê die Jode vir Hom: U is nog nie vyftig jaar oud nie, en het U Abraham gesien? 58 Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek.
Rom 4:6-12 Soos Dawid ook die mens salig spreek aan wie God geregtigheid toereken sonder werke: 7 Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is. 8 Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie. 9 Hierdie saligspreking dan, sien dit op die besnedenes of ook op die onbesnedenes? Want ons sê: Aan Abraham is die geloof tot geregtigheid gereken. 10 Hoe is dit dan toegereken toe hy besnede of onbesnede was? Nie as besnedene nie, maar as onbesnedene. 11 En hy het die teken van die besnydenis ontvang as ‘n seël van die geregtigheid van die geloof toe hy nog nie besny was nie; dat hy die vader sou wees van almal wat glo terwyl hulle onbesnede is, sodat ook aan hulle die geregtigheid toegereken sou word; 12 en ook ‘n vader van die besnydenis vir die wat nie alleen uit die besnydenis is nie, maar ook wandel in die voetstappe van die geloof van ons vader Abraham toe hy onbesnede was.
Hulle wat nie glo soos Abraham geglo het in Jehova nie, weet ook nie dat Jesus telke male aan Abraham verskyn het nie. Abraham het Jesus se woorde geglo. Hulle wat nie glo soos Abraham nie, luister na die leuenaar en hulle volg hulle vader, die duiwel:
Joh 8:39-47 Hulle antwoord en sê vir Hom: Ons vader is Abraham. Jesus sê vir hulle: As julle die kinders van Abraham was, sou julle die werke van Abraham doen; 40 maar nou probeer julle om My om die lewe te bring, iemand wat aan julle die waarheid vertel het, wat Ek van God gehoor het. Dit het Abraham nie gedoen nie. 41 Julle doen die werke van jul vader. Toe sê hulle vir Hom: Ons is nie uit ontug gebore nie; ons het een Vader, naamlik God. 42 En Jesus sê vir hulle: As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het uit God uitgegaan en gekom; want Ek het ook nie uit Myself gekom nie, maar Hy het My gestuur. 43 Waarom ken julle my spraak nie? Omdat julle na my woord nie kan luister nie. 44 Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan. 45 Maar omdat Ek die waarheid spreek, glo julle My nie. 46 Wie van julle oortuig My van sonde? En as Ek die waarheid spreek, waarom glo julle My nie? 47 Die wat uit God is, luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie.
Christus is die vervulling van die groot leier van God wat ‘n groot nasie na vore sal bring, want deur Christus sal die hele mensdom uiteindelik gered (geseën) word, elke mens in sy eie orde:
1Kor 15:22-28 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; 23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. 24 Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. 25 Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. 26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. 27 Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. 28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
God het Abraham se fisiese nageslag, die volk van Israel gebruik in die Ou Testament, waaruit die Saligmaker in vlees gebore was:
Joh 4:19-22 Die [Samaritaanse] vrou sê vir Hom: Here, ek sien dat U ‘n profeet is. 20 Ons vaders het op hierdie berg aanbid, en julle sê dat die plek waar ons behoort te aanbid, in Jerusalem is. 21 Jesus sê vir haar: Vrou, glo My, daar kom ‘n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal aanbid nie. 22 Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode.
Daar is egter die ware Jode wat God in gees en waarheid aanbid, deur die ware geestelike Messías:
Joh 4:23-26 Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. 24 God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid. 25 Die vrou sê vir Hom: Ek weet dat die Messías kom, Hy wat Christus genoem word. Wanneer Hy kom, sal Hy ons alles verkondig. 26 Jesus sê vir haar: Dit is Ek wat met jou spreek!
Hierdie geestelike Jode is die kerk in Christus (die Jode volgens die innerlike besnydenis in gees), waardeur die seën, dit is die saligheid in gees, na alle mens sal kom:
Rom 2:28-29 Want nie hy is ‘n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie; 29 maar hy is ‘n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God. Rom 3:1-2 Wat is dan die voordeel van die Jood? Of wat is die nut van die besnydenis? 2 Groot, in alle opsigte: ten eerste tog seker dat aan hulle die woorde van God toevertrou is.
Die val van die vlees is die oprigting van die geestelike dinge van God. Die val is dus nie die einde van die pad nie, maar die begin van ‘n nuwe skepping in Christus. Dit is “deur hulle val” (die fisiese nageslag van Abraham) dat die saligheid tot die heidinne (die hele wêreld) gekom het:
Rom 11:6-12 En as dit deur genade is, dan is dit nie meer uit die werke nie; anders is die genade geen genade meer nie. En as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie; anders is die werk geen werk meer nie. 7 Wat dan? Wat Israel soek, dit het hy nie verkry nie; maar die uitverkorenes het dit verkry en die ander is verhard. 8 Soos geskrywe is: God het hulle gegee ‘n gees van diepe slaap, oë om nie te sien nie en ore om nie te hoor nie, tot vandag toe. 9 En Dawid sê: Laat hulle tafel vir hulle wees ‘n vangnet en ‘n strik en ‘n struikelblok en ‘n vergelding. 10 Laat hulle oë duister word om nie te sien nie, en buig hulle rug vir altyd krom. 11 Ek vra dan: Het hulle miskien gestruikel om te val? Nee, stellig nie! Maar deur hulle val het die saligheid tot die heidene gekom om hulle jaloers te maak. 12 En as hulle val die rykdom van die wêreld is en hulle tekort die rykdom van die heidene, hoeveel te meer sal hulle volheid dit nie wees nie!
Niemand “val” vir ewig nie, en God se oordeel hou ook nie vir ewig aan nie.
2Sa 14:14 Want ons moet eenmaal sterwe en soos water wees wat uitgegooi word op die grond, wat ‘n mens nie weer kan versamel nie; en God neem die lewe nie weg nie, maar Hy koester gedagtes om ‘n verstotene nie van Hom af te stoot nie.
Jak 2:13 Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel.
God gaan aan alle mense barmhartigheid bewys na die tyd van oordeel vir elkeen voltooi is, ook aan die fisiese Jode en al die heidinne red deur Christus en Sy uitverkorenes:
Rom 11:25-36 Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het; 26 en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend; 27 en dit is van my kant die verbond met hulle as Ek hulle sondes wegneem. 28 Wat die evangelie betref, is hulle wel vyande ter wille van julle; maar wat die uitverkiesing betref, bemindes ter wille van die vaders. 29 Want die genadegawes en die roeping van God is onberoulik. 30 Want soos julle ook vroeër aan God ongehoorsaam was, maar nou barmhartigheid ontvang het deur hulle ongehoorsaamheid, 31 so het hulle ook nou ongehoorsaam geword deur die barmhartigheid aan julle, sodat hulle ook barmhartigheid kan ontvang. 32 Want God het hulle almal in die ongehoorsaamheid ingesluit om vir almal barmhartig te kan wees. 33 o Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë! 34 Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees? 35 Of wie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word? 36 Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.