Lees gerus Deel 1 wat ‘n agtergrond tot hierdie studiereeks verskaf.
Die sinfrase “baie is geroep, maar min uitverkies” kom in twee gedeeltes in die Nuwe Testament voor, waar Jesus ook twee gelykenisse vertel het, naamlik die gelykenis van die arbeiders in die wingerd in Mattheus 20 (verse 1 tot 16), en die gelykenis van die bruilofsfees in Mattheus 22 (verse 1 tot 14). In Deel 2(A) van hierdie studiereeks was die fokus op die sentrale hooftema in al die gelykenisse van Jesus, en in Deel 2(B) was die fokus op die doel van die gelykenisse van Jesus wat ons dan ook help om te sien waarom daar twee groepe is waarmee Jesus werk, die “baie” en die “min”. In Deel 3 kyk ons na die oorspronklike Griekse woorde ‘klētos’ en ‘ekletos’ wat onderskeidelik vertaal word as “geroep” en “uitverkies” in Afrikaans in die volgende verse:
Mat 20:16 So sal die wat laaste is, eerste wees, en die wat eerste is, laaste; want baie is geroep [Grieks:‘klētos’ / Strong’s #G2822], maar min uitverkies [Grieks:‘ekletos’ / Strong’s #1588].
Mat 22:14 Want baie is geroep [Grieks:‘klētos’ / Strong’s #G2822], maar min uitverkies [Grieks:‘ekletos’ / Strong’s #1588].
In Deel 4 en Deel 5 kyk ons na die geestelike boodskap wat in die gelykenisse in Mattheus 20 en 22 onderskeidelik voorkom om ons te help om die frase “baie is geroep, maar min uitverkies” beter te verstaan, soos God wil.
Ten laaste wil ons ‘n paar voorbeelde in die Skrifte kortliks aanraak waar die beginsel van die “min” uitverkorenes uitgebeeld word. Ons kan ook deur hierdie voorbeelde sien hoe alles wat in die Skrifte neergeskryf is, help om ons roeping en uitverkiesing te verstaan en raak te sien in ons eie lewe.
Rom 15:4 Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê.
In Deel 6(A) kyk ons na Noag, sy uitverkiesing, die impak op sy gesin, en die totstandkoming van ‘n nuwe geslag. In Deel 6(B) kyk ons na die voorbeeld van Abraham wat ook in die Skrifte gebruik word om die uitverkiesingsleer van Christus te verduidelik. Abraham se geskiedenis help ons om te sien hoe God uit al die volke op aarde na die vloed van Noag se dae, ‘n spesifieke persoon kies deur wie ‘n nuwe geslagslyn en afstammelinge in die beloofde land gevestig was. God het aan Abraham opdrag gegee om UIT sy land, UIT sy familie, en UIT sy vader se huis te gaan. Abraham moes trek uit Ur in Mesopotamië, en die Eufraatrivier oorsteek, en met sy gesin na ‘n onbekende land gaan. God het die betrokke beloofde land afgebaken vir Abraham en sy nageslag tussen die groot Eufraatrivier en die rivier van Egipte:
Gen 15:18 Op dié dag het die HERE met Abram ‘n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier.
Abraham het God geglo en God “het hom dit tot geregtigheid gereken”:
Gen 15:6 En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.
Die Skrifte verklaar egter in die Nuwe Testament dat Abraham en sy nageslag in Isak en in Isak se seun, Jakob, het almal gesterf in daardie geloof en dat hulle nie die beloftes ontvang het nie!
Heb 11:8-13 Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as ‘n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom. 9 Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon in die land van belofte soos in ‘n vreemde land en in tente gewoon met Isak en Jakob, die mede-erfgename van dieselfde belofte. 10 Want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God die boumeester en oprigter is. 11 Deur die geloof het Sara self ook krag ontvang om bevrug te word; en toe sy oor die leeftyd was, het sy gebaar, omdat sy Hom getrou geag het wat dit beloof het. 12 Daarom is daar ook gebore uit een vader, en dit ‘n verstorwene, kinders soos sterre van die hemel in menigte en soos die sand aan die strand van die see, wat ontelbaar is. 13 In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet, en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was.
Abraham en sy nageslag het wel die aardse deel van die beloftes ontvang, maar dit is baie duidelik uit die teks dat hulle na iets anders uitgesien het. Hulle het geweet dat die beloftes oor iets baie meer as ‘n plek op die aarde of oor fisiese dinge gaan. Vleeslike dinge kan nie die mens tevrede stel nie:
Mat 16:24-26 Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg. 25 Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind. 26 Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?
Die aardse tydelike dinge is nie God se ware seën nie. Luister na Stefanus se woorde voor die Joodse Raad oor Abraham en God se beloftes aan Abraham en aan sy nageslag:
Hand 7:1-5 Toe sê die hoëpriester: Is hierdie dinge dan so? 2 En hy [Stefanus] sê: Broeders en vaders, luister! Die God van die heerlikheid het verskyn aan ons vader Abraham toe hy in Mesopotámië was, voordat hy in Haran gewoon het, 3 en vir hom gesê: Trek uit jou land en uit jou familie, en kom na die land wat Ek jou sal wys. 4 Toe het hy getrek uit die land van die Chaldéërs en in Haran gaan woon; en ná die dood van sy vader het Hy hom daarvandaan laat verhuis na hierdie land waarin julle nou woon. 5 En Hy het hom geen erfdeel daarin gegee nie, selfs nie ‘n voetbreed nie, maar Hy het belowe om dit aan hom en sy nageslag ná hom as eiendom te gee, toe hy nog geen kind gehad het nie.
‘n Fisiese erfenis is nie God se ware belofte nie. God se ware erfenis en seën is opgesluit agter Sy geestelike dinge in Jesus Christus deur Sy Woord:
2Kor 1:19-22 Want die Seun van God, Jesus Christus, wat deur ons onder julle verkondig is, deur my en Silvánus en Timótheüs, was nie ja en nee nie, maar was ja in Hom. 20 Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons. 21 Maar Hy wat ons saam met julle bevestig in Christus en ons gesalf het, is God, 22 wat ons ook verseël het en die Gees as onderpand in ons harte gegee het.
Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
Abraham is die Ou Testament se voorbeeld van die geloof wat in Jesus Christus kom en wat betrekking het op die GEESTELIKE dinge wat deur Jesus bevestig word. Die verbond met Abraham, en God se beloftes daarin, was nooit gemik om net ‘n aardse wet te onderhou of om fisiese dinge te verkry nie. Dit was nie eens God se bedoeling om aan Abraham net ‘n deel van die aarde te gee nie. Luister na wat Paulus sê:
Rom 4:13 Want die belofte dat hy [Abraham] die erfgenaam van die wêreld sou wees, het nie aan Abraham of sy nageslag gekom deur die wet nie, maar deur die geregtigheid van die geloof.
Die hele wêreld is die erfdeel van God se uitverkorenes in Christus. Diegene wat in Christus uitverkies is, sal hierdie hele wêreld regeer, en selfs dit sal tot ‘n einde kom om selfs ‘n groter erfenis in te lei. Deur die geestelike oordeel van God deur die poel van vuur sal die hele wêreld van die mensdom gered word:
1Kor 6:2-3 Weet julle nie dat die heiliges [in Christus] die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake? 3 Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?
Jes 26:9 Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.
1Kor 3:13-15 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag [van oordeel] sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. 14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; 15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.
Die uitverkorenes in Christus sal eerstens die nuwe wêreldregering vorm wat binnekort op die aarde deur God openbaar sal word. Alles om ons wys dat God Sy kinders binnekort as Verlossers sal bekendmaak en hulle sal ‘n tydelike oplossing vir AL die probleme in die wêreld bring. Hulle sal inderdaad ORDE bring. Hierdie uitverkore kinders van God is diegene wat nou deur verwerping en lyding gaan vir die waarheid wat hulle glo en preek.
Rom 8:18-23 Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie. 19 Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God. 20 Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het 21 in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God. 22 Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe. 23 En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam.
1Kor 6:2-3 Weet julle nie dat die heiliges [in Christus] die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake?
Open 20:4-6 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. 5 En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding. 6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
Hulle aan wie heerskappy op aarde gegee sal word se leer en evangelie staan teen die valse leer en valse evangelie wat deur die “baie” valse leraars en profete in Christendom verkondig word. Hierdie hele aarde en alles in hierdie skepping sal egter uiteindelik na hierdie “duisend jaar” regeringstyd vernietig word:
Open 20:7-10 En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word; 8 en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see. 9 En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind. 10 En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.
Deur die geestelike oordeel van God, deur die poel van vuur (die “min” uitverkorenes in Christus), sal die hele wêreld van die mensdom gered word:
1Kor 6:3 Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?
Jes 26:9 Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.
1Kor 3:13-15 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag [van oordeel] sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. 14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; 15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.
Open 20:11-15 En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. 12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. 13 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. 14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. 15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
Ons ken nie die toekoms of hoe hierdie dinge binnekort presies gaan uitspeel nie, maar ons leer belangrike lesse uit die lewens van die hoofkarakters en die verhale van die Ou Testament, veral die lewens van Abraham, Isak en Jakob. Al die dinge wat geskrywe was in die Ou Testament onder die verbonde wat God gemaak het in daardie “eeu”, het slegs volle betekenis in Christus en het direkte betrekking op die uitverkorenes in Christus in hierdie “eeu”. Dit is hulle wat UIT die vlees (die aardse “eeu”) geroep word:
1Kor 10:11 Maar al hierdie dinge het hulle [Israel van ouds] oorgekom as voorbeelde [tipes] en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue [Grieks: “aiōn” = tydperk = “eeu”] gekom het.
Rom 4:23-25 Maar dit is nie alleen om sy ontwil geskrywe dat dit hom toegereken is nie, 24 maar ook om ons ontwil aan wie dit toegereken sal word, ons wat glo in Hom wat Jesus, onse Here, uit die dode opgewek het, 25 wat oorgelewer is ter wille van ons misdade en opgewek is ter wille van ons regverdigmaking.
Abraham is ‘n geestelike tipe van Christus, maar deur Isak en later deur Jakob kry ons nog detail oor die geestelike erfenis van die nageslag van Christus. Abraham se seun, Isak, is dus ook nog ‘n geestelike skadubeeld waaruit ons baie lesse leer oor hierdie erfenis in Christus, soos ons in Deel 6(C) aangedui het. Isak was Abraham se seun van die geloof, en hy is ons voorbeeld van die vrug en werke van die geloof wat Christus in ons bewerkstellig. Die vrug wat ‘n mens vooortbring verwys na die kinders wat verwek word. Isak is ons voorbeeld (tipe ) van die geestelike kinders van God deur Jesus Christus.
Rom 8:14-23 Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. 15 Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! 16 Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; 17 en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word. 18 Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie. 19 Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God. 20 Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het 21 in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God. 22 Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe. 23 En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam.
Isak stel die geestelike wedergeboorte en die geestelike erfenis in geloof voor.
Heb 11:17-19 Deur die geloof het Abraham, toe hy op die proef gestel is, Isak geoffer; ja, hy wat die beloftes ontvang het, het sy eniggeborene geoffer, 18 aan wie gesê is: In Isak sal jou nageslag genoem word—want hy het gereken dat God mag het om selfs uit die dode op te wek; 19 daaruit het hy hom ook, om so te spreek, terug ontvang.
Ons geloof in Christus gee aan ons die sekerheid van die opstanding uit die dood. Deur te sterf vir ons vlees, ontvang ons die geestelike liggaam wat nooit sal vergaan nie, net soos Christus uit die dood opgewek was en onsterflikheid ontvang het (1Tim 6:13-16):
1Kor 15:19-23 As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense. 20 Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het. 21 Want aangesien die dood deur ‘n mens is, is die opstanding van die dode ook deur ‘n mens. 22 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; 23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.
Die ware erfgename van God se geestelike dinge word in Christus opgeneem, en word eerste opgewek in die opstanding uit die dode, tydens die wederkoms van Jesus:
1Kor 15:22-23 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; 23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.
Die “kinders van die belofte” is die uitverkorenes in Christus:
Rom 9:7-8 Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word. 8 Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag.
Hulle wie in Christus uitverkies word, weet dit deur die geloof wat God skenk, en doen dan ook die werke wat deur die geloof van Christus voortgebring word:
1Pe 2:4-12 Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is; 5 en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus. 6 Daarom staan dit ook in die Skrif: Kyk, Ek lê in Sion ‘n uitverkore en kosbare hoeksteen, en die wat in Hom glo, sal nooit beskaam word nie. 7 Vir julle dan wat glo, is Hy kosbaar; maar vir die ongelowiges geld die woord: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword; en: ‘n Steen des aanstoots en ‘n rots van struikeling— 8 vir dié wat hulle daarteen stamp, omdat hulle aan die woord ongehoorsaam is, waarvoor hulle ook bestem is. 9 Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, 10 julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is. 11 Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel; 12 en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking.
In hierdie studie kyk ons kortliks na die lewe van Jakob, die uitverkore seun van Isak, en wat ons uit sy lewe kan leer met betrekking tot die uitverkiesingsleer van God in Jesus Christus.
Jakob
Isak se seun Jakob was deur God uitverkies nog voor sy geboorte, toe hy en sy tweelingbroer, Esau, nog in die moederskoot van hul ma, Rebekka, was voordat enigeen van hulle twee enige goed of kwaad gedoen het:
Rom 9:10-14 En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader. 11 Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep 12 is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien. 13 Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat. 14 Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie!
God kies mens VOORDAT ons gebore word. Ons uitverkiesing het dus niks te make met ons self nie. Alles wat in ons lewe gebeur was VOORUIT bepaal deur God:
Psa 139:16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.
Pred 3:1 Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ‘n tyd:
Mat 4:4 Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
Die konsep van ‘n tweeling in Rebekka help ons om te verstaan hoe maklik ons die twee dimensies waarin God met ons werk, die vlees en die gees, kan verwar. Abraham se twee aanvanklike seuns (Ismael, die kind van die vlees se idees, en Isak, die kind van die geloof in God se Woord) was jare uitmekaar gebore en daar was duidelike onderskeid. Maar hier by Isak se seuns is die onderskeid vir die menslike oog nie so duidelik nie. Die menslike hart is bedrieglik en die bedrog groei ook en word meer subtiel soos ons in groei tot volwassenheid.
Jer 17:9 Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?
Op ons eie het ons geen vermoë om vlees van gees te onderskei nie. God ken ons hart egter, en ons leer van Hom hoe ons moet versigtig wees vir ons eie vlees en die vleeslikheid van ander om ons:
Mat 10:16 Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe.
Ons grootste vyand is nie ver nie, of daar buite nie:
Mat 10:34-39 Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. 35 Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader, en tussen ‘n dogter en haar moeder, en ‘n skoondogter en haar skoonmoeder. 36 En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees. 37 Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. 38 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. 39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
Dit is wat Esau en Jakob as ‘n tweeling ook aan ons uitbeeld. Ons moet ons daarop toelê om te leer om reg te onderskei wat waarheid is, en wat leuens is:
2Ti 2:15-16 Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny. 16 Maar die onheilige, onsinnige praatjies moet jy vermy; want hulle sal al verder voortgaan in goddeloosheid,
God se keuse is God se keuse, en die mens kan nie inmeng in enige manier in hierdie uitverkiesing nie. Die mens kan ook niks bydra tot God se keuses nie. Die natuurlike mens kan nie God se werke en keuses verstaan nie. God se geestelike keuses is dwaasheid vir die natuurlike arrogante mens.
1Kor 2:14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.
Die natuurlike mens glo in ‘n “vrye” wil wat dan die mens die hef in die hand gee. Nee, NIKS hang van ‘n mens se wil af nie. God bepaal alles en Hy sal ons laat doen wat Hy ons wil laat doen.
Rom 9:15-16 Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. 16 So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is.
God alleen bepaal alles. Dit is nie Satan, of die regering nie, of die sogenaamde “alluminati” nie, of die mense wat maak en breek soos hulle wil nie. Die volgende Skrifte laat hoogmoedige wederstrewiges koud met frustrasie:
Rom 9:17-21 Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. 18 So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil. 19 Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan? 20 Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? 21 Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?
Spr 21:1 Die koning se hart is in die hand van die HERE soos waterstrome: Hy lei dit waarheen Hy wil.
Spr 16:4 Alles het die HERE gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.
Spr 20:24 Die voetstappe van ‘n man hang van die HERE af: hoe sou ‘n mens dan sy weg verstaan?
Jes 63:17 HERE, waarom laat U ons wegdwaal van u weë? Waarom verhard U ons hart, sodat ons U nie vrees nie? Keer terug ter wille van u knegte, die stamme van u erfdeel!
Daar is dit! God se wil is die enigste VRYE wil wat bestaan!!! God gebruik dan ook hierdie voorbeeld van Jakob as ‘n tipe van God se manier van ‘n keuse uitoefen. Jakob het nie sy uitverkiesing gekies nie, en net so kon Esau nie sy verwerping bewerkstellig nie. Kom ons lees weer wat gebeur het in Rebekka se baarmoeder toe sy hierdie tweeling verwag het:
Gen 25:19-28 En dit is die geskiedenis van Isak, die seun van Abraham: Abraham was die vader van Isak. 20 En Isak was veertig jaar oud toe hy Rebekka, die dogter van Bétuel, die Arameër uit Paddan-Aram, die suster van Laban, die Arameër, vir hom as vrou geneem het. 21 En Isak het die HERE gesmeek met die oog op sy vrou, want sy was onvrugbaar; en die HERE het hom verhoor, sodat sy vrou Rebekka swanger geword het. 22 En die kinders het teen mekaar gestoot binne-in haar. Toe sê sy: As dit so gaan, waarvoor leef ek dan? Daarop het sy gegaan om die HERE te raadpleeg. 23 En die HERE het haar geantwoord: Twee nasies is in jou skoot, en twee volke sal van mekaar gaan uit jou liggaam; en die een volk sal sterker wees as die ander volk; en die oudste sal die jongste dien. 24 En toe haar dae vervul is dat sy moes baar, was daar ‘n tweeling in haar skoot. 25 En die eerste is gebore—rooi, geheel en al soos ‘n mantel van hare. Daarom het hulle hom Esau genoem. 26 En daarna is sy broer gebore, terwyl sy hand die hakskeen van Esau vashou. Daarom het hulle hom Jakob genoem. En Isak was sestig jaar oud by hulle geboorte. 27 En die seuns het opgegroei: Esau het ‘n ervare jagter geword, ‘n man van die veld; maar Jakob was ‘n vredeliewende man wat in tente gewoon het. 28 En Isak het Esau liefgehad, want wildsvleis was na sy smaak; maar Rebekka het Jakob liefgehad.
Esau was die eerste een van die tweeling wat gebore was, en daarna het Jakob uitgekom “terwyl sy hand die hakskeen van Esau vashou”. Daarom het hulle hom Jakob genoem. Ons lees later in Jakob se lewe hoe hy vir Esau “pootjie” in sy strewe om die gesogde eerstegeboortereg te verkry. Esau verteenwoordig ons eerste geboorte in vlees, en Jakob verteenwoordig ons tweede geboorte in gees:
Joh 3:1-6 En daar was ‘n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, ‘n owerste van die Jode. 2 Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U ‘n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie. 3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. 4 Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? 5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. 6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
Die eerste mens van vlees kom eerste in ons lewe, en daarna kom die geestelike nuwe skepping. Die vlees kry nie toegang tot die geestelike koninkryk van God nie:
1Kor 15:45-50 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees. 46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike. 47 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel. 48 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. 49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra. 50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
Ons vleeslike mens dink egter dat hy die uitverkorene is, en die valse leer van die volmaaktheid van die eerste mens, Adam, help om mense in geestelike duisternis te hou oor God se plan met die mens. Mense dink dat die vlees sal voortbestaan en net ‘n geestelike metamorfose sal ondergaan. Nee, die vlees gaan TOTAAL uitgewis word en alles gaan TOTAAL NUUT gemaak word!
2Kor 5:15-17 omdat ons van oordeel is, dat as een vir almal gesterf het, hulle dan almal gesterf het; en Hy het vir almal gesterwe, sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is. 16 Ons ken dus van nou af niemand meer na die vlees nie; en al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken ons Hom tóg nie meer so nie. 17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
Open 21:1-5 En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie. 2 En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is. 3 En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. 4 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan. 5 En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.
In Christus kom die nuwe lewe in gees. Hierdie lewe word eerste gegee vir die uitverkorenes omdat daar spesiale take vir hulle uitgesit was. Hulle is die eerste groep wat geestelike lewe gegee sal word. Daarna sal dieselfde lewe ook aan die res van die mensdom gegee word. Die vleeslikheid van elke mens sal vernietig word DEUR DIE OORDEEL van God. Die vlees sal inderdaad GROOT SKADE LY…
1Kor 3:13-15 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. 14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; 15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.
Mense is verwar as hulle hoor dat die eerstegeboortereg nie aan die vlees behoort nie. Die eerstegeboortereg behoort aan Jesus Christus, wat wel die eerste van God se skepping is.l Hy was voor alles en deur Hom het alles ontstaan, ook die fisiese / vleeslike skepping:
Kol 1:15-20 Hy [Christus] is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping; 16 want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. 17 En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand. 18 En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees. 19 Want dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon 20 en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis—ek sê deur Hom—die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele.
Open 3:14 En skryf aan die engel van die gemeente van die Laodicense: Dít sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God:
Joh 1:1-3 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 2 Hy was in die begin by God. 3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
God het Jakob ‘n sterk begeerte gegee om die eersgeboortereg te bekom. Jakob het dus net geneem wat die Eersgeborene, Christus, aan hom gegee het. God het Esau se hart laat afdwaal agter die aardse dinge van “die veld” (Esau was ‘n “man van die veld” en dit is die wêreld se saailand = Gen 25:27; Matt 13:38). God het aan Esau begeertes gegee vir die tydelike dinge en die genot van die aardse lewe.
Gen 25:29-34 En Jakob het ‘n kooksel klaargemaak en Esau het moeg uit die veld gekom. 30 Toe sê Esau vir Jakob: Laat my tog sluk van die rooigoed daar, want ek is moeg. Daarom het hulle hom Edom genoem. 31 En Jakob antwoord: Verkoop eers jou eersgeboortereg aan my. 32 En Esau sê: Kyk, ek gaan sterwe, en wat baat die eersgeboortereg my dan? 33 Toe antwoord Jakob: Sweer eers vir my. En hy het vir hom gesweer en sy eersgeboortereg aan Jakob verkoop. 34 En Jakob het aan Esau brood en die kooksel lensies gegee; en hy het geëet en gedrink en opgestaan en weggegaan. So het Esau dan sy eersgeboortereg verag.
Christus plaas in Sy uitverkorenes ‘n baie sterk begeerte om in daardie uitverkore groep te wees, en hulle word dan deel van die salige en heilige eerste opstanding, volgens God se wil:
Open 20:4-6 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. 5 En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding. 6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
Die EERSTE opstanding word ook die “opstanding tot die lewe” genoem waaraan die eerste groep deelneem, en die tweede groep sal in die oordeel van die poel van vuur opkom uit die dood:
Joh 5:28-29 Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor 29 en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.
Die uitverkorenes het geen behae om deel te wees in die “tweede dood” nie, en volgens God se werke in hul lewe sal hulle ook dan nie skade ly in die “tweede dood” oordeel nie. Die “tweede dood” het dus “geen mag” oor die uitverkorenes nie:
Open 20:6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
Open 2:11 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.
Die res van die mensdom wat opgewek word tydens die “wit troon” oordeel sal wel “skade ly” in die oordeel van die poel van vuur wat ook tot hul redding lei:
Open 20:14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.
Open 21:8 Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.
1Kor 3:15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.
Jakob wou die eergeboortereg ten alle koste hê. Die uitverkorens in Christus wil ten alle koste die geestelike erfenis van Christus behaal. Jakob word soms beskuldig van slinksheid, en ons weet dat God glad nie sonde aanmoedig nie. Nog minder sal God iemand prys wat slinks optree. In die volgende gelykenis moedig Jesus ook nie slinksheid en oneerlikheid aan nie, maar eerder die verstandigheid van die oneerlike bestuurder:
Luk 16:1-13 En Hy het ook aan sy dissipels gesê: Daar was ‘n ryk man wat ‘n bestuurder gehad het; en hy is by hom aangeklaag as een wat sy besittings verkwis. 2 En hy het hom geroep en vir hom gesê: Wat is dit wat ek van jou hoor? Gee verslag van jou bestuur van sake; want jy sal nie meer bestuurder kan wees nie. 3 Toe sê die bestuurder by homself: Wat sal ek doen? Want my heer neem die bestuurderskap van my weg. Spit kan ek nie; om te bedel, skaam ek my. 4 Ek weet wat ek sal doen, sodat wanneer ek van die bestuurderskap afgesit is, hulle my in hulle huise kan ontvang. 5 Toe roep hy die skuldenaars van sy heer, een vir een, en sê vir die eerste: Hoeveel skuld jy aan my heer? 6 En hy antwoord: honderd vat olie. En hy sê vir hom: Neem jou skuldbewys, gaan sit en skryf gou vyftig. 7 Daarna sê hy vir ‘n ander een: En jy, hoeveel skuld jy? En hy antwoord: honderd mud koring. Toe sê hy vir hom: Neem jou skuldbewys en skryf tagtig. 8 En die heer het die onregverdige bestuurder geprys, omdat hy verstandig gehandel het; want die kinders van hierdie wêreld is verstandiger teenoor hulle geslag as die kinders van die lig. 9 En Ek sê vir julle: Maak vir julle vriende deur die onregverdige Mammon, sodat wanneer julle die lewe verlaat, hulle jul in die ewige tente kan ontvang. 10 Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig. 11 As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal julle die ware goed toevertrou? 12 En as julle nie getrou was in ‘n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee? 13 Geen huiskneg kan twee here dien nie; want hy sal òf die een haat en die ander een liefhê, òf die een aanhang en die ander een verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie.
Hierdie onregverdige bestuurder was geprys vir sy verstandigheid. Ons moet verstandig optree, nie oneerlik nie. Jakob het verstandig opgetree en aan Esau ‘n aanbod gemaak wat Esau kon weier. Esau het egter onverstandig opgetree. In Jakob sien ons iets baie belangrik wat inherent in elke uitverkorene in Christus is, naamlik verstandigheid. Die uitverkorenes in Christus is verstandig en plaas baie meer waarde op die geestelike en ewige dinge as op aardse tydelike dinge. Hulle is versigtig en opreg in hul strewe vir die geestelike eersgeboortereg, dit is die eerste opstanding::
Mat 10:16 Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe.
Die uitverkorenes in Christus bewaar die Woord en beloftes van God soos niks anders wat bewaar moet word nie:
Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
1Pe 1:3-5 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, 4 sodat ons ‘n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons 5 wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.
1Pe 1:23-25 want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly. 24 Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos ‘n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af, 25 maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is.
2Kor 1:20-22 Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons. 21 Maar Hy wat ons saam met julle bevestig in Christus en ons gesalf het, is God, 22 wat ons ook verseël het en die Gees as onderpand in ons harte gegee het.