‘Baie is geroep, maar min uitverkies’ – Deel 6(E2): Die uitverkiesing van Josef – sy tyd in Egipte in slawerny en gevangenisskap

Lees gerus Deel 1 wat ‘n agtergrond tot hierdie studiereeks verskaf.

Die sinfrase “baie is geroep, maar min uitverkies” kom in twee gedeeltes in die Nuwe Testament voor, waar Jesus ook twee gelykenisse vertel het, naamlik die gelykenis van die arbeiders in die wingerd in Mattheus 20 (verse 1 tot 16), en die gelykenis van die bruilofsfees in Mattheus 22 (verse 1 tot 14).

In Deel 2(A) van hierdie studiereeks was die fokus op die sentrale hooftema in al die gelykenisse van Jesus. In Deel 2(B) was die fokus op die doel van die gelykenisse van Jesus wat ons dan ook help om te sien waarom daar twee groepe is waarmee Jesus werk, die “baie” en die “min”.

In Deel 3 kyk ons na die oorspronklike Griekse woorde klētos en ekletos’ wat onderskeidelik vertaal word as “geroep” en “uitverkies” in Afrikaans in die volgende verse:

Mat 20:16  So sal die wat laaste is, eerste wees, en die wat eerste is, laaste; want baie is geroep [Grieks:klētos’ / Strong’s #G2822], maar min uitverkies [Grieks:‘ekletos’ / Strong’s #1588].

Mat 22:14  Want baie is geroep [Grieks:‘klētos’ / Strong’s #G2822], maar min uitverkies [Grieks:‘ekletos’ / Strong’s #1588].

In Deel 4 en Deel 5 kyk ons na die geestelike boodskap wat in die gelykenisse in Mattheus 20 en 22 onderskeidelik voorkom om ons te help om die frase “baie is geroep, maar min uitverkies” beter te verstaan, soos God wil.

Ten laaste wil ons ‘n paar voorbeelde in die Skrifte kortliks aanraak waar die beginsel van die “min” uitverkorenes uitgebeeld word. Ons kan ook deur hierdie voorbeelde sien hoe alles wat in die Skrifte neergeskryf is, help om ons roeping en uitverkiesing te verstaan en raak te sien in ons eie lewe.

Rom 15:4  Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê.

In Deel 6(A) kyk ons na Noag, sy uitverkiesing, die impak op sy gesin, en die totstandkoming van ‘n nuwe geslag.

In Deel 6(B) kyk ons na die voorbeeld van Abraham wat ook in die Skrifte gebruik word om die uitverkiesingsleer van Christus te verduidelik.

In Deel 6(C) kyk ons na die geslagslyn van Isak as die uitverkore seun van Abraham waar ons baie leer oor die aanneming van kinders van God in Jesus Christus.

In Deel 6(D) kyk ons kortliks na die lewe van Jakob, die uitverkore seun van Isak, en wat ons leer uit sy lewe t.o.v. sy verstandigheid en sy sterk begeerte vir die eersgeboortereg. Hierdie eersgeboortereg kry sy geestelike toepassing in die “min” uitverkorenes in Jesus Christus wat sterk begeer om deel te wees van die salige en heilige eerste “opstanding van die lewe”:

Joh 5:28-29  Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor  29  en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.

Hierdie opstanding van die lewe hou belangrike gevolge in vir die uitverkorenes in Christus sover dit hul eie lewens betref, maar ook in hul werk m.b.t. die redding van die hele geestelike en menslike skeppings.

1Kor 6:2-3  Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake?  3  Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?

In Deel 6(E1) bespreek ons die voorbeeld van Josef, en konsentreer eerste op sy kinderjare, wat weereens die uitverkiesing van die “min” belig, vir ons lering “op wie die eindes van die eeue gekom het”.

Rom 15:4  Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê.

1Kor 10:11  Maar al hierdie dinge het hulle [Israel van ouds] oorgekom as voorbeelde [tipes] en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.

Josef – Sy tyd in Egipte in slawerny en gevangenisskap

Josef was sewentien jaar oud toe hy as slaaf verkoop was deur sy broers, omdat hulle harte vol haat was teenoor Josef, en hy so goed as dood was vir hulle:

Gen 37:2-4  Dit is die geskiedenis van Jakob. Josef het as seun van sewentien jaar die kleinvee opgepas saam met sy broers—hy was nog jonk—met die seuns van Bilha en die seuns van Silpa, die vroue van sy vader. En Josef het die slegte gerug oor hulle na hulle vader oorgebring.  3  En Israel het Josef meer lief gehad as al sy seuns; want hy was vir hom ‘n seun van die ouderdom; en hy het vir hom ‘n lang rok met moue gemaak.  4  Toe sy broers sien dat hulle vader hom meer as al sy broers liefhet, het hulle hom gehaat en kon nie vriendelik met hom praat nie.

1Jn 3:15  Elkeen wat sy broeder haat, is ‘n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe as iets blywends in hom het nie.

Die broers het letterlik Josef se dood beplan:

Gen 37:18-20  En hulle het hom van ver af gesien. Maar voordat hy naby hulle kom, het hulle listig raad gehou teen hom om hom dood te maak.  19  En hulle het vir mekaar gesê: Daar kom daardie dromer aan!  20  Kom dan nou, laat ons hom doodmaak en in een van die putte gooi en sê: ‘n Wilde dier het hom opgeëet. Dan sal ons sien wat van sy drome word.

Hul gulsigheid het hulle egter oorreed om liewer voordeel te trek en ‘n wins te maak uit Josef, deur hom as slaaf te verkoop:

Gen 37:25-28  Daarna het hulle [die broers van Josef] gaan sit om brood te eet; en toe hulle hul oë opslaan, sien hulle meteens ‘n reisgeselskap Ismaeliete wat uit Gílead kom—hulle kamele gelaai met speserye en balsem en gom op pad om dit na Egipte af te bring.  26  Toe sê Juda aan sy broers: Watter voordeel is dit dat ons ons broer doodmaak en sy bloed verberg?  27  Kom, laat ons hom aan die Ismaeliete verkoop, maar laat ons hand nie teen hom wees nie, want hy is ons broer, ons vlees. En sy broers het na hom geluister.  28  En toe die Midianitiese koopmans verbykom, het hulle Josef uit die put uit opgetrek en uitgehaal en Josef aan die Ismaeliete verkoop vir twintig sikkels silwer. En húlle het Josef na Egipte gebring.

Josef moes deur nog baie verdrukkinge in Egipte gaan in die volgende dertien jaar van sy lewe in ‘n vreemde land. Hy moes eerste as slaaf werk vir een van die hofdienaars van die farao, naamlik Potifar. Maar die Here was met Josef en het hom guns gegee in Potifar se oë:

Gen 39:1-6  En Josef is afgebring na Egipte; en Pótifar, ‘n hofdienaar van Farao, die owerste van die lyfwag, ‘n Egiptiese man, het hom gekoop uit die hand van die Ismaeliete wat hom daarheen afgebring het.  2  En die HERE was met Josef, sodat hy ‘n voorspoedige man was; en hy het in die huis van sy heer, die Egiptenaar, gebly.  3  En toe sy heer sien dat die HERE met hom was, en dat die HERE alles wat hy doen, in sy hand voorspoedig maak,  4  het Josef guns in sy oë gevind en hom gedien; en hy het hom aangestel oor sy huis, en alles wat in sy besit was, aan hom oorgegee.  5  En vandat hy hom aangestel het oor sy huis en oor alles wat in sy besit was, het die HERE die huis van die Egiptenaar geseën ter wille van Josef; ja, die seën van die HERE was by alles wat syne was, in die huis en op die veld.  6  En hy het alles wat syne was, aan Josef oorgelaat, sodat hy met sy hulp van niks kennis geneem het nie as net van die brood wat hy geëet het. En Josef was skoon van gestalte en mooi van aansien.

Potifar se vrou wou Josef egter verlei, maar hy het sterk weerstand gebied teen haar verleidings deur die krag van God in hom.

Gen 39:7-16  Ná hierdie dinge het die vrou van sy heer haar oë na Josef opgeslaan en gesê: Kom hou gemeenskap met my.  8  Maar hy het geweier en aan die vrou van sy heer gesê: Kyk, deur my is dit dat my heer geen kennis neem van wat in die huis is nie; en alles wat syne is, het hy aan my oorgegee.  9  Hy is in hierdie huis nie groter as ek nie en het my niks onthou nie behalwe u, omdat u sy vrou is; hoe kan ek dan hierdie groot kwaad doen en sondig teen God?  10  En nadat sy met Josef dag ná dag gespreek het, en hy na haar nie wou luister om by haar te lê om met haar gemeenskap te hou nie,  11  kom hy eendag in die huis om sy werk te doen terwyl niemand van die huisgenote binne was nie.  12  Toe gryp sy hom aan sy kleed en sê: Kom hou gemeenskap met my. Maar hy het sy kleed in haar hand laat agterbly en gevlug en na buite geloop.  13  Toe sy dan sien dat hy sy kleed in haar hand laat bly en buitentoe gevlug het,  14  roep sy na haar huisgenote en sê aan hulle: Kyk, hy het vir ons ‘n Hebreeuse man hier gebring om met ons gek te skeer; hy het na my gekom om met my gemeenskap te hê, en ek het hard geskreeu;  15  en toe hy hoor dat ek my stem verhef en skreeu, het hy sy kleed by my laat agterbly en gevlug en na buite geloop.  16  En sy het sy kleed by haar neergelê totdat sy heer tuisgekom het.

Potifar se vrou se vals klagte teen Josef het Josef onskuldig in die tronk laat beland:

Gen 39:17-20  En sy het hom met dieselfde woorde aangespreek en gesê: Die Hebreeuse kneg wat jy vir ons hier gebring het, het na my gekom om met my gek te skeer;  18  en toe ek my stem verhef en skreeu, het hy sy kleed by my laat agterbly en na buite gevlug.  19  Toe sy heer die woorde hoor waarmee sy vrou hom aanspreek: So en so het jou kneg aan my gedoen—het hy baie kwaad geword;  20  en die heer van Josef het hom laat vang en hom in die gevangenis gesit op die plek waar die gevangenes van die koning opgesluit was; en hy was daar in die gevangenis.

God se uitverkorenes in Christus het nie maklike lewens nie, en die werklikheid van baie verdrukkinge en lyding is ‘n daaglikse ervaring in elke kind van God se lewe.

Hand 14:22  en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.

Open 15:8  En die tempel het vol rook geword uit die heerlikheid van God en uit sy krag, en niemand kon ingaan in die tempel voordat die sewe plae van die sewe engele voleindig was nie.

1Kor 15:31  Ek sterf dag vir dag, broeders, so waar as ek op julle roem in Christus Jesus, onse Here.

Die volgende tekste is ‘n paar voorbeelde wat baie duidelik verklaar wat die uitverkorenes in Christus moet ervaar om te kwalifiseer vir die eerste opstanding:

Rom 5:1-5  Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus;  2  deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God.  3  En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk,  4  en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop;  5  en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.

Rom 8:33-39  Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak.  34  Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.  35  Wie sal ons skei van die liefde van Christus? verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?  36  Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape.  37  Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.  38  Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge  39  of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.

Kol 1:24  Nou verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christus vir sy liggaam, wat die gemeente is;

2Ti 2:3-4  Ly dan verdrukking soos ‘n goeie krygsman van Jesus Christus.  4  Niemand wat ‘n krygsman is, wikkel hom in die werksaamhede van die lewensonderhoud nie, sodat hy die een kan behaag wat hom vir die diens gewerf het.

2Ti 3:12-13  En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.  13  Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word.

1Pe 4:12-14  Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie;  13  maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel.  14  As julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van die heerlikheid en van God op julle rus. Wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref, word Hy verheerlik.

Josef was ook ‘n voorbeeld van getrouheid, eerlikheid en hardwerkendheid. Selfs ten tye van sy tronkervaring het Josef sy drome steeds geglo en uitgeleef, en selfs ander se drome uitgelê.

Gen 40:1-23  Ná hierdie dinge het die skinker van die koning van Egipte en die bakker hulle misgaan jeens hulle heer, die koning van Egipte,  2  sodat Farao baie kwaad geword het vir sy twee hofdienaars, die voorman van die skinkers en die voorman van die bakkers.  3  En hy het hulle in bewaring gegee in die huis van die owerste van die lyfwag, in die gevangenis, die plek waar Josef gevange was.  4  En die owerste van die lyfwag het Josef by hulle aangestel om hulle te bedien. En hulle was ‘n tyd lank in bewaring.  5  En hulle het altwee ‘n droom gehad, elkeen sy droom, in dieselfde nag, elkeen ‘n droom met besondere betekenis, die skinker en die bakker van die koning van Egipte, wat in die gevangenis gevange gesit het.  6  En Josef het die volgende môre by hulle gekom en gesien dat hulle ontstemd was.  7  Toe vra hy die hofdienaars van Farao wat by hom in bewaring was in die huis van sy heer, en sê: Waarom lyk julle aangesig vandag so droewig?  8  En hulle antwoord hom: Ons het ‘n droom gehad, en daar is niemand wat dit kan uitlê nie. En Josef vra hulle: Is uitlegging nie ‘n saak van God nie? Vertel my tog.  9  Toe vertel die voorman van die skinkers aan Josef sy droom en sê vir hom: In my droom was daar ‘n wingerdstok voor my,  10  en aan die wingerdstok was drie ranke; en skaars het hy gebot of sy bloeisel was uit, sy trosse het ryp druiwe geword.  11  En die beker van Farao was in my hand. En ek het die druiwe geneem en dit in die beker van Farao uitgedruk en die beker in die hand van Farao gegee.  12  Toe sê Josef vir hom: Dit is die uitlegging daarvan: die drie ranke is drie dae.  13  Binne drie dae sal Farao jou hoof verhef—jou in jou rang herstel; en jy sal die beker van Farao in sy hand gee net soos vroeër toe jy sy skinker was.  14  Hou my tog net in gedagte as dit met jou goed gaan, en bewys my tog ‘n guns en maak melding van my by Farao en bring my uit hierdie huis uit;  15  want ek is gesteel, ja gesteel, uit die land van die Hebreërs, en ek het hier ook niks gedoen dat hulle my in die gevangenis gesit het nie.  16  Toe die voorman van die bakkers sien dat hy ‘n gunstige uitlegging gegee het, sê hy aan Josef: Ook in my droom—toe was daar drie mandjies met witbrood op my hoof,  17  en in die boonste mandjie was allerhande eetware vir Farao deur bakkers klaargemaak, en die voëls het dit uit die mandjie bo-op my hoof weggepik.  18  Toe antwoord Josef en sê: Dit is die uitlegging daarvan—die drie mandjies is drie dae.  19  Binne drie dae sal Farao jou hoof bo-oor jou verhef—hy sal jou aan ‘n paal ophang, en die voëls sal jou vlees van jou af wegpik.  20  En op die derde dag, die verjaarsdag van Farao, het hy ‘n maaltyd vir al sy dienaars berei en die hoof van die voorman van die skinkers en die hoof van die voorman van die bakkers te midde van sy dienaars verhef—  21  hy het die voorman van die skinkers herstel in sy skinkersamp, sodat hy die beker in die hand van Farao kon gee,  22  maar die voorman van die bakkers het hy opgehang soos Josef dit aan hulle uitgelê het.  23  En die voorman van die skinkers het nie aan Josef gedink nie, maar hom vergeet.

Josef het deur alles vasgeglo in sy drome en het God verheerlik wat alles in sy lewe bewerkstellig het. Die uitverkorene in Christus ontvang dieselfde gees van Christus wat hul aanmoedig om te volhard en te glo in God se beloftes.

2Kor 1:20-22  Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom [Christus] is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons.  21  Maar Hy wat ons saam met julle bevestig in Christus en ons gesalf het, is God,  22  wat ons ook verseël het en die Gees as onderpand in ons harte gegee het.

Soos Christus getrou is aan die Vader, so word die uitverkorenes in Christus ook getrou gehou aan die woorde en beloftes van die Vader, ten spyte van al die pyn en lyding:

Heb 5:7-9  Hy [Christus]wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hóm geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs—  8  Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het;  9  en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, ‘n bewerker van ewige saligheid geword.

God het toe een aand ‘n droom gegee aan die destydse Farao van Egipte wat hom baie ontstel het:

Gen 41:1-8  Ná verloop van twee volle jare het Farao gedroom dat hy by die Nyl staan;  2  en kyk, daar kom sewe koeie uit die Nyl uit op wat mooi van aansien en vet van vleis was, en hulle het gaan wei in die rietgras.  3  En kyk, ná hulle kom daar nog sewe koeie uit die Nyl uit op wat lelik van aansien en maer van vleis was, en hulle het by die ander koeie op die wal van die Nyl gaan staan.  4  En die koeie wat lelik van aansien en maer van vleis was, het die sewe koeie wat mooi van aansien en vet was, opgeëet. Toe het Farao wakker geword.  5  En hy het weer aan die slaap geraak en nog ‘n keer gedroom; en kyk, sewe vet en mooi are skiet op aan een steel;  6  en ná hulle spruit daar sewe are uit wat maer en deur die oostewind verskroei was;  7  en die maer are het die sewe vet en vol are verslind. Toe het Farao wakker geword en kyk, dit was ‘n droom!  8  Dié môre was sy gees onrustig, en hy het al die towenaars en al die wyse manne van Egipte laat roep; en Farao het aan hulle sy droom vertel, maar niemand kon dit aan Farao uitlê nie.

Die leiers van die wêreld doen wat God aan hulle voorhou, sonder dat hulle daarvan weet. Die Skrifte verklaar dat God elke leier en koning aanstel, en dat Hy alles beheer wat in hulle gedagtes kom en in hul werke manifesteer. soos God met elke mens doen:

Dan 4:17  Op ‘n besluit van die bodes berus die bevel, en ‘n woord van die heiliges is die saak, met die bedoeling dat die lewendes kan erken dat die Allerhoogste mag het oor die koningskap van die mens en dit gee aan wie Hy wil, en die nederige onder die mense daaroor aanstel.

Spr 21:1  Die koning se hart is in die hand van die HERE soos waterstrome: Hy lei dit waarheen Hy wil.

Jer 10:23  Ek weet, o HERE, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan ‘n man om te loop en sy voetstappe te rig nie.

Rom 9:16-18  So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is.  17  Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde.  18  So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.

1Sa 16:14-15  Maar die Gees van die HERE het van Saul [die eerste koning van Israel] gewyk, en ‘n bose gees, deur die HERE gestuur, het hom verskrik.  15  Toe sê die dienaars van Saul vir hom: Kyk tog, ‘n bose gees van God verskrik u:

1Kon 22:13-23  Toe sê die boodskapper wat gegaan het om Miga te roep, vir hom dít: Kyk tog, die woorde van die profete is uit een mond goed vir die koning: laat jou woord tog wees soos die woord van een van hulle, en spreek goeie dinge.  14  Maar Miga sê: So waar as die HERE leef, voorwaar, wat die HERE vir my sê, dit sal ek spreek!  15  Toe hy by die koning kom, sê die koning vir hom: Miga, sal ons na Ramot in Gílead trek om te veg, of sal ons dit laat staan? En hy antwoord hom: Trek op, en u sal voorspoedig wees, en die HERE sal dit in die hand van die koning gee.  16  En die koning sê vir hom: Hoeveel maal moet ek jou besweer dat jy niks as die waarheid in die Naam van die HERE tot my moet spreek nie?  17  Daarop antwoord hy: Ek het die hele Israel gesien, verstrooid op die berge soos skape wat geen wagter het nie. En die HERE het gesê: Hulle het geen heer nie; laat hulle elkeen in vrede teruggaan na sy huis.  18  Toe sê die koning van Israel vir Jósafat: Het ek u nie gesê nie—hy profeteer oor my niks goeds nie, maar onheil?  19  Verder sê hy: Daarom, hoor die woord van die HERE: Ek het die HERE sien sit op sy troon terwyl al die hemelse leërskare by Hom staan, aan sy regter— en aan sy linkerhand.  20  En die HERE het gesê: Wie sal Agab oorhaal, dat hy kan optrek en val by Ramot in Gílead? En die een het so gesê, en die ander weer so.  21  Toe kom die gees vorentoe en gaan voor die aangesig van die HERE staan en sê: Ek sal hom oorhaal. En die HERE vra hom: Waarmee?  22  En hy sê: Ek sal uitgaan en ‘n leuengees word in die mond van al sy profete. En Hy sê: Jy sal oorhaal, ja, jy sal ook oorwin; gaan uit en doen so.  23  En nou, kyk, die HERE het ‘n leuengees in die mond van al hierdie profete van u gegee, en die HERE het onheil oor u gespreek.

God skep die goed en die kwaad, en Hy stuur die geeste wat elke mens (hul leiers ingesluit) goed of kwaad laat doen, soos God dit wil hê vir Sy doeleindes:

Jes 45:5-7  Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie,  6  sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie;  7  wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.

Jes 63:17  HERE, waarom laat U ons wegdwaal van u weë? Waarom verhard U ons hart, sodat ons U nie vrees nie? Keer terug ter wille van u knegte, die stamme van u erfdeel!

Spr 16:4  Alles het die HERE gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.

Die besluite van die leiers van die wêreld is vol van die misleidings van hul eie “towenaars en al die wyse manne”. Maar daar kom ‘n dag wanneer hierdie raadgewers stom gelaat sal word en hul raad nie meer sin maak nie. Dan tree God se ware leiers na vore, soos ons in Genesis 41 lees. God het die herinnering van Josef by die voorman van die skinkers opgebring:

Gen 41:9-13  Toe het die voorman van die skinkers met Farao gespreek en gesê: Ek moet vandag my sondes in gedagtenis bring.  10  Farao was baie kwaad vir sy dienaars en het my in bewaring gegee in die huis van die owerste van die lyfwag, my en die voorman van die bakkers.  11  En ons het in dieselfde nag ‘n droom gehad, ek en hy; ons het gedroom, elkeen ‘n droom met besondere betekenis.  12  En daar was by ons ‘n Hebreeuse jongman, ‘n kneg van die owerste van die lyfwag—aan hom het ons dit vertel, en hy het ons drome vir ons uitgelê; aan elkeen het hy die uitlegging volgens sy droom gegee.  13  En soos hy ons dit uitgelê het, so het dit gebeur—my het hy in my rang herstel, maar hom opgehang.

Die tronk was toe die regte plek waar Josef moes wees, volgens die tyd en plek van God se besluit. Dit was in die tronk waar Josef hierdie voorman van die farao moes ontmoet. Hierdie voorman het die farao ingelig van Josef se gawe om drome uit te lê. Die farao het geen ander keuse gehad as om met God se uitverkorene gesprek te voer nie. Josef het aan sy God al die eer gebring, en dit openlik bely voor die farao.

Gen 41:14-16  Toe laat Farao Josef roep, en hulle het hom gou uit die gevangenis uitgehaal, en hy het hom geskeer en ander klere aangetrek; en hy het by Farao gekom.  15  Toe sê Farao vir Josef: Ek het ‘n droom gehad, en daar is niemand wat dit kan uitlê nie; maar ek het van jou hoor verklaar dat jy ‘n droom net hoef te hoor om dit uit te lê.  16  En Josef het Farao geantwoord en gesê: Niks vir my nie! God sal Farao ‘n gunstige antwoord gee.

Die idees in die Skrifgedeelte wat eerste mens se aandag trek is dat Josef “uit die gevangenis kom”, en dat hy “geskeer” het, en “ander klere aangetrek” het. Dit alles sinspeel op die eerste opstanding uit die dood waaraan die uitverkorenes deelneem. Hierdie uitverkorenes in Christus kom uit die gevangenis van sonde (hulle het die dood en die vlees oorwin), en hul denke is vernuwe (in die gees van Christus) om die geregtigheid van Christus te vertoon. Jesus maak ons vry van ons aardsheid, deur ons denke te vernuwe om Sy geestelike dinge te kan sien:

Luk 4:16-19  Toe kom Hy in Násaret waar Hy opgevoed was; en soos Hy gewoond was, gaan Hy op die sabbatdag in die sinagoge en staan op om te lees.  17  En die boek van die profeet Jesaja is aan Hom oorhandig; en toe Hy die boek oopmaak, kry Hy die plek waar geskrywe is:  18  Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees;  19  om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.

1Kor 2:15-16  Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie.  16  Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin (denke) van Christus.

Die farao het sy droom aan Josef bekend gemaak:

Gen 41:17-24  Toe sê Farao vir Josef: Kyk, ek het in my droom gestaan op die wal van die Nyl,  18  en sewe koeie het uit die Nyl uit opgekom wat vet van vleis en mooi van uiterlik was, en hulle het gaan wei in die rietgras.  19  En kyk, ná hulle kom daar nog sewe koeie op, skraal en baie lelik van uiterlik en maer van vleis; ek het soos hulle so lelik in die ganse Egipteland nie gesien nie.  20  En die maer en lelike koeie het die sewe eerste vet koeie opgeëet:  21  dié het in hulle maag ingegaan, maar ‘n mens kon nie merk dat hulle in hul maag ingegaan het nie; want hulle aansien was lelik soos in die begin. Toe het ek wakker geword.  22  Daarna het ek in my droom gesien, en kyk, sewe vol en mooi are skiet op aan een steel.  23  En ná hulle spruit daar sewe are uit wat dor, maer en deur die oostewind verskroei was;  24  en die sewe maer are het die sewe mooi are verslind. En ek het dit aan die towenaars meegedeel, maar niemand kon my inligting gee nie.

Josef het God se plan met Egipte en met die wêreld duidelik gemaak deur die uitlegging van die farao se droom:

Gen 41:25-36  Toe sê Josef vir Farao: Die droom van Farao is een en dieselfde. Wat God van plan is om te doen, het Hy aan Farao te kenne gegee.  26  Die sewe mooi koeie is sewe jare; en die sewe mooi are is sewe jare; die droom is een en dieselfde.  27  En die sewe maer en lelike koeie wat ná hulle opgekom het, is sewe jare; en die sewe maer, deur die oostewind verskroeide are sal sewe jare van hongersnood wees.  28  Dit is die woord wat ek tot Farao gespreek het: wat God van plan is om te doen, het Hy Farao laat sien.  29  Kyk, daar kom sewe jare van groot oorvloed in die hele Egipteland;  30  maar daarna sal sewe jare van hongersnood aanbreek, en al die oorvloed sal in Egipteland vergeet word, en die hongersnood sal die land verteer.  31  En van die oorvloed sal in die land niks gemerk word weens dié hongersnood wat daarna sal wees nie; want dit sal baie swaar wees.  32  En wat dit betref dat die droom twee maal vir Farao herhaal is—dit is omdat die saak deur God vas besluit is en God dit gou sal doen.  33  Laat Farao dan nou uitkyk na ‘n verstandige en wyse man en hom aanstel oor Egipteland.  34  Farao moet so maak en opsigters oor die land aanstel en in die sewe jare van oorvloed die vyfde deel hef van die opbrings van Egipteland.  35  En hulle moet al die voedsel van hierdie goeie jare wat kom, versamel en onder leiding van Farao koring ophoop as voedsel in die stede en dit wegbêre.  36  So sal dan die voedsel ‘n voorraad wees vir die land vir die sewe jare van hongersnood wat in Egipteland sal kom, sodat die land nie deur die hongersnood te gronde gaan nie.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.