Lees gerus Deel 1 wat ‘n agtergrond tot hierdie studiereeks verskaf.
Die sinfrase “baie is geroep, maar min uitverkies” kom in twee gedeeltes in die Nuwe Testament voor, waar Jesus ook twee gelykenisse vertel het, naamlik die gelykenis van die arbeiders in die wingerd in Mattheus 20 (verse 1 tot 16), en die gelykenis van die bruilofsfees in Mattheus 22 (verse 1 tot 14).
In Deel 2(A) van hierdie studiereeks was die fokus op die sentrale hooftema in al die gelykenisse van Jesus. In Deel 2(B) was die fokus op die doel van die gelykenisse van Jesus wat ons dan ook help om te sien waarom daar twee groepe is waarmee Jesus werk, die “baie” en die “min”.
In Deel 3 kyk ons na die oorspronklike Griekse woorde ‘klētos’ en ‘ekletos’ wat onderskeidelik vertaal word as “geroep” en “uitverkies” in Afrikaans in die volgende verse:
Mat 20:16 So sal die wat laaste is, eerste wees, en die wat eerste is, laaste; want baie is geroep [Grieks:‘klētos’ / Strong’s #G2822], maar min uitverkies [Grieks:‘ekletos’ / Strong’s #1588].
Mat 22:14 Want baie is geroep [Grieks:‘klētos’ / Strong’s #G2822], maar min uitverkies [Grieks:‘ekletos’ / Strong’s #1588].
In Deel 4 en Deel 5 kyk ons na die geestelike boodskap wat in die gelykenisse in Mattheus 20 en 22 onderskeidelik voorkom om ons te help om die frase “baie is geroep, maar min uitverkies” beter te verstaan, soos God wil.
Ten laaste wil ons ‘n paar voorbeelde in die Skrifte kortliks aanraak waar die beginsel van die “min” uitverkorenes uitgebeeld word. Ons kan ook deur hierdie voorbeelde sien hoe alles wat in die Skrifte neergeskryf is, help om ons roeping en uitverkiesing te verstaan en raak te sien in ons eie lewe.
Rom 15:4 Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê.
In Deel 6(A) kyk ons na Noag, sy uitverkiesing, die impak op sy gesin, en die totstandkoming van ‘n nuwe geslag.
In Deel 6(B) kyk ons na die voorbeeld van Abraham wat ook in die Skrifte gebruik word om die uitverkiesingsleer van Christus te verduidelik.
In Deel 6(C) kyk ons na die geslagslyn van Isak as die uitverkore seun van Abraham waar ons baie leer oor die aanneming van kinders van God in Jesus Christus.
In Deel 6(D) kyk ons kortliks na die lewe van Jakob, die uitverkore seun van Isak, en wat ons leer uit sy lewe t.o.v. sy verstandigheid en sy sterk begeerte vir die eersgeboortereg. Hierdie eersgeboortereg kry sy geestelike toepassing in die “min” uitverkorenes in Jesus Christus wat sterk begeer om deel te wees van die salige en heilige eerste “opstanding van die lewe”:
Joh 5:28-29 Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor 29 en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.
Hierdie opstanding van die lewe hou belangrike gevolge in vir die uitverkorenes in Christus sover dit hul eie lewens betref, maar ook in hul werk m.b.t. die redding van die hele geestelike en menslike skeppings.
1Kor 6:2-3 Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake? 3 Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?
In Deel 6(E1) bespreek ons die voorbeeld van Josef, en konsentreer eerste op sy kinderjare, wat weereens die uitverkiesing van die “min” belig, vir ons lering “op wie die eindes van die eeue gekom het”.
Rom 15:4 Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê.
1Kor 10:11 Maar al hierdie dinge het hulle [Israel van ouds] oorgekom as voorbeelde [tipes] en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.
In Deel 6(E2) kyk ons na Josef se tyd as slaaf en sy gevangenisskap in Egipte, wat vir ons help om ons eie tye van lyding en die baie verdrukkinge van die vlees te verstaan.
In Deel 6(E3) kyk ons na Josef se aanvanklike tyd as heerser oor Egipte. Jesus maak ons vry van ons aardsheid, deur ons denke te vernuwe om Sy geestelike dinge te kan sien.
In Deel 6(E4) sien ons hoe Josef die tyd van voorspoed en oorvloed in Egipte bestuur het, en dit help die uitverkorenes in Christus om te sien hoe Christus en Sy Woord ons stelselmatig bevry van ons eie sondige toestand wanneer ons nie meer diensknegte van sonde is nie, maar die diensknegte van die geregtigheid van Christus gemaak word.
Rom 6:1-7 Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? 2 Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? 3 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? 4 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. 5 Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; 6 aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. 7 Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde.
Rom 6:15-18 Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie! 16 Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid? 17 Maar ons dank God dat julle wel diensknegte van die sonde was, maar van harte gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van die leer wat aan julle oorgelewer is, 18 en, vrygemaak van die sonde, het julle diensbaar geword aan die geregtigheid.
In Deel 6(E5) kyk ons na Josef as die tipe van Christus as die ‘Behouder van alle mense’:
Tit 2:11-15 Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn 12 en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe, 13 terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus, 14 wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself ‘n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke. 15 Spreek hierdie dinge en vermaan en bestraf in alle erns. Laat niemand jou verag nie.
Efes 2:4-10 Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, 5 ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered— 6 en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus, 7 sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus. 8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. 10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.
1Ti 2:3-6 Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, 4 wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. 5 Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, 6 wat Homself gegee het as ‘n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd.
1Ti 4:9-11 Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word; 10 want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad, omdat ons gehoop het op die lewende God wat ‘n behouder is van alle mense, insonderheid van die gelowiges. 11 Beveel en leer hierdie dinge.
Samevatting
God werk volgens Sy perfekte plan met hierdie tydelike skepping, en hierdie plan werk 100% van die begin af, en dit was nog nooit en kan ook nooit deur enige skepsel verander of van koers gebring word nie.
Jes 46:9-10 Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie; 10 wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen.
Job 42:2 Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie.
Daar is twee dimensies waarin God met hierdie plan werk – ‘n geestelike deel (die hemele) en ‘n fisiese deel (die aarde):
Gen 1:1 In die begin het God die hemel en die aarde geskape.
Die mens was geskep om binne albei hierdie dimensies te opereer:
Gen 2:7 En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.
Die mens is dus op ‘n “reis” van een vertrekpunt (aards) na ‘n eindpunt (geestelike) waar elke mens God se volmaaktheid sal deelagtig word. Die mens word dus eerstens deur ‘n tydelike deel geneem, voordat hy terugkeer na die aarde om op God se bestemde tyd weer opgeroep te word om die geestelike deel van sy reis te voltooi:
Gen 3:19 In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.
Pred 3:20 Alles gaan na een plek toe; alles is uit die stof, en alles keer na die stof terug.
Dan 12:2 En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.
1Kor 15:45-49 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees. 46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike. 47 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel. 48 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. 49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.
Soos Daniël 12 vers 2 hierbo ook aanwys, het God in Sy plan die mensdom in twee groepe verdeel wat deur die twee opstandings uit die dode duidelik is:
Dan 12:2 En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig [Hebreeus: “ôlâm” ] afgryslik.
Dan 12:2 (ABP+ Griekse Vertaling) AndG2532 manyG4183 of the onesG3588 sleepingG2518 inG1722 [2of earthG1093 1an embankment]G5560.1 shall awaken,G1825 theseG3778 untoG1519 [2lifeG2222 1eternal],G166 andG2532 these others G3778 untoG1519 scorning,G3680 andG2532 forG1519 [2shameG152 1eternal].G166 [Greek: “aiōnios“]
Die apostel Johannes stem saam met hierdie verdeling en met die twee opstandings waaraan alle mense sal deelhê:
Joh 5:28-29 Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor 29 en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.
Nie almal word insigte gegee in hierdie plan van God nie, en daarom is daar soveel verwarring onder mense en hul godsdienste. Selfs onder Christene met hulle verskillende kerkdenominasies is die onkunde oor God se plan duidelik sigbaar. God het Sy plan doelbewus weggesteek omdat Hy dit nou net aan die “min” openbaar vir wie Hy ‘n spesiale taak binne hierdie plan het:
Jes 45:15 Waarlik, U is ‘n God wat U verborge hou, die God van Israel, die Heiland.
Jes 55:8-9 Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die HERE. 9 Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.
Psa 13:2 Hoe lank, HERE, sal U my altyddeur vergeet? Hoe lank sal U vir my u aangesig verberg?
Psa 25:14 Samek. Die verborgenheid van die HERE is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak.
Amo 3:7 Want die Here HERE doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.
God verberg Sy waarhede in die openbaar deur Sy Woord wat in die Bybel opgeteken is. Elke denominasie neem die Skrifte en vertolk en vertaal dit dan volgens die drekgode in hul harte. Israel van ouds word as voorbeeld geneem, en dieselfde gebeur vandag in menslike kerkdenominasies met hul leiers en hul eie “skrifgeleerdes” vir wie die Here self antwoord volgens die menigte van hul drekgode:
Eseg 14:1-9 Daarop het manne uit die oudstes van Israel na my gekom en voor my gaan sit. 2 Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: 3 Mensekind, hierdie manne het hulle drekgode in hulle hart opgeneem en die struikelblok tot hulle ongeregtigheid voor hulle aangesig neergesit—sou Ek My dan werklik deur hulle laat raadpleeg? 4 Daarom, spreek met hulle en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Elke man uit die huis van Israel wat sy drekgode in sy hart opneem en die struikelblok tot sy ongeregtigheid voor sy aangesig neersit en na die profeet toe kom—Ek, die HERE, sal hom daarvolgens, volgens die menigte van sy drekgode, antwoord gee; 5 sodat Ek die huis van Israel in hulle hart kan gryp, omdat hulle almal deur hul drekgode hul van My afgewend het. 6 Daarom, sê aan die huis van Israel: So spreek die Here HERE: Bekeer julle en wend julle af van julle drekgode en wend julle aangesig af van al julle gruwels. 7 Want elke man uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat in Israel vertoef, wat hom afsonder en My nie navolg nie en sy drekgode in sy hart opneem en die struikelblok tot sy ongeregtigheid voor sy aangesig neersit en na die profeet toe kom, dat dié My vir hom kan raadpleeg—hom sal Ek, die HERE, self antwoord gee. 8 Ek sal my aangesig rig teen dié man en hom tot ‘n teken en ‘n voorwerp van spot maak, en Ek sal hom uitroei uit die midde van my volk; en julle sal weet dat Ek die HERE is. 9 En as die profeet hom laat verlei om ‘n woord te spreek—Ek, die HERE, het dié profeet verlei, en Ek sal my hand teen hom uitstrek en hom verdelg uit die midde van my volk Israel.
Een belangrike woord wat die vertalers en skrifgeleerdes in die afvallige Christendom net nie reg kan vertaal nie, is die Hebreeuse woord “ôlâm” wat in vers 2 van Daniël 12 voorkom, en sy ooreenstemmende Griekse selfstandinge naamwoord “aiōn” (die byvoeglike naamwoord van die Griekse woord “aiōn” is “aiōnios”).
Dan 12:2 En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig [Hebreeus: “ôlâm” ] afgryslik.
Dan 12:2 (ABP+ Griekse Vertaling) AndG2532 manyG4183 of the onesG3588 sleepingG2518 inG1722 [2of earthG1093 1an embankment]G5560.1 shall awaken,G1825 theseG3778 untoG1519 [2lifeG2222 1eternal],G166 andG2532 these others G3778 untoG1519 scorning,G3680 andG2532 forG1519 [2shameG152 1eternal].G166 [Greek: “aiōnios“]
Die Hebreeuse woord “ôlâm ” en die Griekse woord “aiōn” beteken ‘n beperkte tydperk, en nie “ewigheid” soos die afvalliges wil glo nie. (lees gerus die studie by die volgende skakel: https://4windkoinonia.wordpress.com/2021/09/06/die-hebreeuse-woord-olam-en-sy-griekse-eweknie-aion/)
Pred 3:11 Alles het Hy mooi op sy tyd; ook het Hy die eeu [Hebreeus: “ôlâm“ – bepaalde tydperk / Grieks: “aiōn“ volgens Griekse Septuagint] in hulle hart gelê sonder dat die mens die werk wat God doen, van begin tot end, kan uitvind.
God se oordeel is nooit ‘n “ewige” oordeel nie, maar dit duur vir ‘n beperkte tyd. Daar is ‘n doel wat God met Sy oordeel bereik, soos die volgende Skrifte ook duidelik aan ons verduidelik, vir hulle wat die waarheid kan ontvang – hulle wat deur “die wet van vryheid” oordeel:
Jes 26:9 Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.
Jak 2:12-13 Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur die wet van vryheid geoordeel sal word. 13 Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel.
God se wet van vryheid in Christus oordeel alle mense, ook die “min” uitverkorenes wat in die eerste opstanding deel sal hê. Die res van die mensdom sal die tweede groep wees wat in die volgende opstanding deel sal hê om dan deur hul tydperk van oordeel te gaan (nie ‘n ewig veroordeling nie). Die oordeel van God is doelgerig, naamlik om aan mense God se geregtigheid te leer. Eerstens is die oordeel op God se uitverkorenes in hierdie lewe (God se huisgenote) wat nou die waarheid leer in God se Woord, en daarna kom dieselfde oordeel oor die res van die mensdom wat in hierdie lewe ongehoorsaam is aan die waarhede in God se Woord:
1Pe 4:17-19 Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is? 18 En as die regverdige nouliks gered word, waar sal die goddelose en die sondaar verskyn? 19 So laat dan ook die wat volgens die wil van God ly, hulle siele aan Hom as die getroue Skepper toevertrou met goeie dade.
“Elkeen se werk” sal inderdaad deur die vuur van God, Sy Woord, geoordeel word tot redding van elke mens binne sy tyd van oordeel :
1Kor 3:13-15 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. 14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; 15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.
Dit is die doel waarom daar twee groepe in God se plan met die mensdom is – “die baie” en “die min“. God het in Sy soewereiniteit besluit dat dit die manier is waarop Hy met die mensdom gaan werk, en almal sal uiteindelik tot Sy geestelike volmaaktheid gebring word. Dit is ‘n lang en pynlike proses wat reeds in die tuin van Eden begin het, maar uiteindelik in die geestelike Tuin, Jesus Christus, voltooi sal word.
Joh 1:1-5 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. 2 Hy was in die begin by God. 3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. 4 In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. 5 En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.
Fil 2:3-11 Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. 4 Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n. 5 Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. 6 Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, 7 maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; 8 en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis. 9 Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is, 10 sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, 11 en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.
Ons gaan nie terugkeer na die aardse Eden nie, maar ons word op ‘n reis geneem wat sal eindig in geestelike volwassenheid in die geestelike Eden, die nuwe skepping wat deur Christus tot alle mense gebring sal word! Die reis is egter pynlik en die oordeel van God is ons almal se deel:
2Kor 5:10-17 Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad. 11 Omdat ons dan die vrees van die Here ken, probeer ons om die mense te oortuig; maar voor God is ons openbaar, en ek hoop om ook in julle gewetens openbaar te wees. 12 Want ons beveel ons nie weer by julle aan nie, maar ons gee julle aanleiding tot roem oor ons, sodat julle iets kan hê teenoor die wat hulle op die uiterlike beroem en nie op die hart nie. 13 Want as ons uitsinnig is, is dit tot eer van God; en as ons by ons verstand is, is dit om julle ontwil. 14 Want die liefde van Christus dring ons, 15 omdat ons van oordeel is, dat as een vir almal gesterf het, hulle dan almal gesterf het; en Hy het vir almal gesterwe, sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is. 16 Ons ken dus van nou af niemand meer na die vlees nie; en al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken ons Hom tóg nie meer so nie. 17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
Die oordeel van God sal ‘n volmaakte werk in elke mens verrig – elkeen in sy eie orde!
Joe 2:1-3 Blaas die basuin op Sion, en blaas alarm op my heilige berg! Laat al die inwoners van die land bewe, want die dag van die HERE kom, want hy is naby— 2 ‘n dag van duisternis en donkerheid, ‘n dag van wolke en wolkenag; soos die môreskemering, uitgesprei oor die berge, kom ‘n talryke en magtige volk, wat van oudsher sy gelyke nie gehad het nie en dit hierna ook nie sal hê tot in die jare van die verste geslagte nie. 3 Voor hom uit verteer ‘n vuur, en agter hom brand ‘n vlam; voor hom lyk die land soos die tuin van Eden, en agter hom is dit ‘n woeste wildernis; ook kan niks daaraan ontkom nie.
Die Hebreeuse werkwoord wat gebruik word in die volgende woorde “laat Ons mense maak”, is die woord “âśâh” wat in die onvoltooide vorm van die Hebreeuse Qual gebruik word in die volgende vers:
Gen 1:26 En God [Hebreeus: “ĕlôhı̂ym” = meervoud van “ĕlôahh”] het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.
Die “ons” is die Godheid, naamlik die “ĕlôhı̂ym” in sy meervoudsvorm van “ĕlôahh”, en dit wys aan ons ook die orde van daardie Godheid: eerste die Vader en dan die Seun, Jesus:
1Kor 8:6 tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.
Hierdie orde in die Godheid word weerspieël in die skepping van die Adam, wat bestaan uit man en vrou, soos die volgende verse ook aandui:
Gen 1:27 En God [Hebreeus: “ĕlôhı̂ym” = meervoud van “ĕlôahh”] het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.
Gen 5:1-2 Dit is die stamboom van Adam. Die dag toe God Adam geskape het, het Hy hom gemaak na die gelykenis van God [Hebreeus: “ĕlôhı̂ym” = meervoud van “ĕlôahh”] . 2 Man en vrou het Hy hulle geskape en hulle geseën en hulle mens [âdâm] genoem, die dag toe hulle geskape is.
Die “âdâm” is TWEE, net soos die Godheid wat hierdie skepping na vore gebring het TWEE is.
Joh 1:1-2 In die begin was die Woord [Jesus Christus], en die Woord was by God [Die Vader], en die Woord was God. 2 Hy was in die begin by God.
Die Vader het alles aan die Seun gegee om hierdie skepping na vore te bring. Net so is die man eerste geskep en die vrou UIT hom, en alle mense kom dan DEUR die vrou. Daarom was haar naam Eva:
Gen 3:20 En die mens het sy vrou Eva genoem, omdat sy moeder geword het van alles wat lewe.
Die man gee, en die vrou ontvang en baar. So gee die Vader, en die Seun ontvang en bring die skepping na vore:
1Kor 11:3 Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus.
Efes 5:22-32 Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here. 23 Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam. 24 Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees. 25 Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het 26 om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord, 27 sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees. 28 So behoort die mans hulle eie vroue lief te hê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief; 29 want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente. 30 Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene. 31 Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef en hulle twee sal een vlees word. 32 Hierdie verborgenheid is groot, maar ek sê dit met die oog op Christus en die gemeente.
God het hierdie orde van gee en ontvang voortgesit in die twee groepe waarin Hy die mensdom verdeel het. Die “min” wat Hy uitverkies het, is die klein gemeente van Christus wat in hierdie lewe ontvang van Hom. Hy skenk aan hulle Sy geloof om die geestelike insigte en waarheid te kan hanteer.
Efes 1:3-14 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus, 4 soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, 5 deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil, 6 tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde. 7 In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade, 8 wat Hy oorvloedig aan ons bewys het in alle wysheid en verstand, 9 deurdat Hy aan ons die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het, 10 om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig— 11 in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil, 12 sodat ons kan wees tot lof van sy heerlikheid, ons wat reeds tevore op Christus gehoop het, 13 in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte, 14 wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid.
Efes 2:1-10 En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes 2 waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk, 3 onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander. 4 Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, 5 ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered— 6 en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus, 7 sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus. 8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. 10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.
Daar staan dit oop en duidelik vir hulle wie dit kan ontvang. Hierdie klein groepie uitverkorenes het ‘n taak wat op hulle wag na hul tydperk van voorbereiding:
Efes 1:9-11 deurdat Hy aan ons die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het, 10 om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig— 11 in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil,
Almal sal in Christus verenig word. Eerste word die uitverkorenes hul erfdeel gegee, en daarna word die res van die mensdom tot geestelike volmaaktheid gebring. Die hele plan van God word dwarsdeur die hele Ou Testament oor en oor voorgestel en uitgebeeld deur verskeie groepe en karakters. Hulle word slegs gebruik as tipes om aan die uitverkorens in Christus hul eie geestelike reis te verduidelik. So byvoorbeeld was die volk van Israel gebruik as ‘n tipe van die uitverkorenes in Christus.
1Kor 10:11 Maar al hierdie dinge het hulle [Israel] oorgekom as voorbeelde [Grieks: “tupos”] en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.
Fisiese Israel, hulle wie ‘n Jood “in die openbaar in die vlees is”, is nie die ware uitverkorenes nie want die ware uitverkorenes is hulle wie in Christus glo en in Hom opgeneem word in gees en denke. Die fisiese Jode in vlees verwerp Jesus Christus en Sy geestelike koninkryk en leer, tot vandag!
1Kor 2:14-16 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word. 15 Maar die geestelike mens beoordeel wel alle dinge; self egter word hy deur niemand beoordeel nie. 16 Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus.
“Groot” is die voordeel en nut van hulle wie “‘n Jood [is] in die verborgene…in die gees”, want hulle is die heiliges van Christus wie God sal gebruik om die wêreld te regeer tydens die duisendjaar tydperk op aarde (“die wêreld sal oordeel”), en beoordeelaars oor die geeste van almal (“die engele”) in die poel van vuur!!!
Rom 2:28-29 – Rom 3:1-2 Want nie hy is ‘n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie; 29 maar hy is ‘n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God. Wat is dan die voordeel van die [geestelike] Jood? Of wat is die nut van die [geestelike] besnydenis? 2 Groot, in alle opsigte: ten eerste tog seker dat aan hulle die woorde van God toevertrou is.
1Kor 6:2-3 Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake? 3 Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?
Open 20:1-6 En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ‘n groot ketting in sy hand. 2 En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank, 3 en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word. 4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. 5 En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding. 6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
Open 20:11-15 En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. 12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. 13 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. 14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. 15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
1Kor 3:13-15 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. 14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; 15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.