[Hierdie is ‘n vertaling van ‘n reeks studies in Engels deur Mike Vinson getiteld “The Spiritual Significance of Animals In Scriptures” op die webtuiste http://www.iswasandwilbe.com. Hier is die skakel na die oorspronklike studie: https://www.iswasandwillbe.com/animals_horse/(red.) George Larry Groenewald]
Inleiding
Psa 147:10-11 Hy het geen welbehae in die krag van die perd, geen welgevalle in die bene van die man nie. 11 Die HERE het ‘n welgevalle in die wat Hom vrees, wat op sy goedertierenheid hoop.
Dit is die geestelike betekenis van die perd. Geestelik tipeer die ‘perd’ die krag van die mens, en ons Here het “geen welbehae in die bene van die man [mens] nie.” Kyk wat sê die Skrifte vir ons oor ons geestelike begeerte om ‘perde’ te hê:
Deu 17:14-17 As jy kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, en dit in besit neem en daarin woon en dan sê: Ek wil ‘n koning oor my aanstel soos al die nasies wat rondom my is, 15 dan moet jy sekerlik ‘n koning oor jou aanstel wat die HERE jou God sal verkies; uit die midde van jou broers moet jy ‘n koning oor jou aanstel; jy mag geen uitlander, wat jou broer nie is nie, oor jou aanstel nie. 16 Hy mag net nie vir hom baie perde aanskaf nie, en hy mag die volk nie na Egipte teruglei om baie perde aan te skaf nie, aangesien die HERE vir julle gesê het: Julle mag nooit meer teruggaan op hierdie pad nie. 17 Ook mag hy nie baie vroue aanskaf nie, dat sy hart nie afwyk nie; hy mag ook vir hom nie uitermate baie silwer en goud aanskaf nie.
Hierdie opdrag is soos “van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie…” Hierdie verse in Deuteronomium 17 is ‘n profesie – dit is woorde wat uit die mond van God uitgaan, waardeur ons sal lewe.
Mat 4:4 Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
Wat doen ons van nature? Ons hou daarvan om God se volk genoem te word, terwyl ons Sy Woorde ignoreer:
1Kon 10:26-29 Verder het Salomo strydwaens en perderuiters versamel, sodat hy veertien honderd waens en twaalf duisend perderuiters gehad het; en hy het dit in die stede vir die waens en by die koning in Jerusalem opgestel. 27 Verder het die koning die silwer in Jerusalem gemaak soos klippe en die seders gemaak soos wildevyebome wat in die Laeveld is, in menigte. 28 En die uitvoer van perde vir Salomo was uit Egipte en uit Kwé; handelaars van die koning het dit uit Kwé gaan haal teen koopprys. 29 En ‘n wa het uit Egipte opgekom, en dit is verkoop vir ses honderd sikkels silwer, en ‘n perd vir honderd en vyftig; en so is dit vir al die konings van die Hetiete en vir die konings van Aram deur hulle uitgevoer.
Perde word sonder uitsondering genoem in die konteks van oorlogvoering
Jer 6:23 Boog en lans hanteer hulle; hulle is wreed en sonder barmhartigheid; hulle stem bruis soos die see, en hulle ry op perde, gewapend soos ‘n man vir die oorlog, teen jou, o dogter van Sion!
Perde, in God se Woord, is kragtige dinge (denke / gedagtes) binne-in ons. Hulle word beide gebruik om ons vlees te vernietig en om ons gees te vernuwe en op te bou. Soos elke ander woord, het die ‘perd’ beide ‘n positiewe en ‘n negatiewe toepassing as ‘n tipe van God se Werk wat Hy in ons doen, soos ons sal sien.
Christus het ons perde gekoop
Christus het die prys vir die hele wêreld binne-in ons betaal, insluitend al ons perde. Ons kan dit soms vergeet, maar die feit is dat alles wat ons is of het, is eintlik net aan ons geleen.
1Kron 29:14-16 Want wie is ek tog, en wat is my volk, dat ons in staat sou wees om sulke vrywillige gawes te skenk? Want dit kom alles van U, en uit u hand het ons dit aan U gegee. 15 Want ons is vreemdelinge en bywoners voor u aangesig soos al ons vaders; ons dae op die aarde is soos ‘n skaduwee, en daar is geen verwagting nie. 16 HERE onse God, hierdie ganse rykdom wat ons berei het om vir U, vir u heilige Naam, ‘n huis te bou—dit kom uit u hand en dit behoort alles aan U.
Hoe het dit gebeur?
Gen 47:16-17 En Josef antwoord: Gee julle vee, dan sal ek dit aan julle gee vir julle vee as die geld gedaan is. 17 Toe bring hulle hul vee na Josef, en Josef het aan hulle brood gegee vir die perde en die besitting aan kleinvee en beeste en vir die esels; en hy het hulle dié jaar versorg met brood vir die waarde van al hulle besittings aan vee.
Wat gebeur met ons perde as ons nie besef wie s’n hulle is nie?
Ons sal almal tot die besef en insigte gebring word om te sien dat ons krag nie ons s’n is nie. Die enigste manier om dit te besef is wanneer God ons van ons krag stroop.
Eks 9:1-6 Verder het die HERE met Moses gespreek: Gaan na Farao en sê vir hom: So spreek die HERE, die God van die Hebreërs: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien. 2 Want as jy weier om hulle te laat trek en hulle nog langer vashou, 3 kyk, dan sal die hand van die HERE wees teen jou vee wat in die veld is, teen die perde, teen die esels, teen die kamele, teen die beeste en teen die kleinvee met ‘n baie swaar pes. 4 En die HERE sal ‘n onderskeid maak tussen die vee van die Israeliete en die vee van die Egiptenaars, sodat niks sal doodgaan van alles wat aan die kinders van Israel behoort nie. 5 En die HERE het ‘n bepaalde tyd gestel en gesê: Môre sal die HERE dit doen in die land. 6 En die HERE het dit die volgende dag gedoen: al die vee van die Egiptenaars het doodgegaan. Maar van die vee van die kinders van Israel is nie een dood nie.
Eks 9:15-17 Want anders sou Ek my hand uitgestrek en jou en jou volk met die pes getref het, en jy sou van die aarde verdelg gewees het; 16 maar juis hierom het Ek jou nog laat bestaan, dat Ek jou my krag kan toon, en dat hulle my Naam op die hele aarde kan verkondig. 17 Versit jy jou nog teen my volk, dat jy hulle nie wil laat trek nie?
Dit is net wanneer God ons van ons menslike krag stroop, dat ons sterk kan word in Hom.
Deu 11:7 maar julle eie oë het gesien al die groot werke wat die HERE gedoen het.
Deu 11:4 en wat Hy gedoen het aan die leër van Egipte, aan sy perde en aan sy strydwaens waaroor Hy die waters van die Skelfsee laat aanstroom het toe hulle julle agtervolg het, sodat die HERE hulle omgebring het tot vandag toe;
God vernietig die krag van die vlees “skielik”
Jos 11:1-8 En toe Jabin, die koning van Hasor, dit hoor, het hy gestuur na Jobab, die koning van Madon, en na die koning van Simron en na die koning van Agsaf; 2 verder na die konings in die Noorde, in die gebergte en op die Vlakte suid van Kínnerot en in die Laeveld en op die hoëveld van Dor in die weste; 3 na die Kanaäniete in die ooste en in die weste en die Amoriete en Hetiete en Feresiete en Jebusiete op die gebergte en die Hewiete onderaan Hermon, in die land van Mispa. 4 Hulle het dan uitgetrek en al hulle leërs saam met hulle, ‘n volk talryk soos die sand wat aan die seestrand is in menigte, met ‘n groot getal perde en strydwaens; 5 en al hierdie konings het volgens afspraak byeengekom en saam laer opgeslaan by die waters van Merom, om met Israel oorlog te voer. 6 Toe sê die HERE vir Josua: Wees vir hulle nie bevrees nie; want môre omtrent sulke tyd sal Ek hulle, almal verslaan, aan Israel oorgee; hulle perde se hakskeensenings moet jy afsny en hulle waens met vuur verbrand. 7 En Josua met al die weerbare manskappe by hom het skielik op hulle afgekom by die waters van Merom en hulle oorval. 8 En die HERE het hulle in die hand van Israel gegee, sodat dié hulle verslaan en hulle agtervolg het tot by Groot-Sidon en tot by Mísrefot-Maim en tot by die laagte van Mispe teen die ooste; en hulle het hul verslaan totdat daar niemand van hulle was wat vrygeraak het nie.
Hoe “skielik” dink jy het Israel “op hulle afgekom”?
Jes 48:3 Die vorige dinge het Ek lankal verkondig, en uit my mond het dit uitgegaan, en Ek het dit laat hoor; skielik [Hebreeus: pith’ôm , oombliklik] het Ek dit volbring, en dit het gekom.
Hoe lank het dit ons Here geneem om hierdie hele skepping “skielik” tot stand te bring?
Eks 20:11 Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.
Die intellektuele ‘perde’ in ons harte en denke wat hierdie woorde ontken, sal vernietig word, en hul vernietiging sal nie langer neem as hul skepping nie. Dit sal “skielik” wees – dit sal onmiddellik wees, net soos Josua en Israel op die Kanaänitiese konings afgekom het en net soos God “die vorige dinge van die begin af” gespreek het en hulle was onmiddellik geskep. Christus sal net na ons kragtige vleeslike intellektuele ‘perde’ kyk en hulle vra, “Hoe kan ‘n interafhanklike skepping wat, volgens menslike oortuigings, duisende jare geneem het om te skep My verheerlik? Die dinge wat God doen het almal ‘n geestelike boodskap aan ons. Wat is die geestelike boodskap as mense die ses skeppingsdae in skeppingeeue verander? Die werk wat God doen is “‘n saak wat verkort is” (Rom 9:28).
Eks 20:11 Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.
Ons menslike intellek is maar een van die kragtige ‘perde’ wat aan die wil en die woorde van God onderwerp moet word. Alles in ons wat sy krag uit enigiets behalwe geloof in God se Woorde ontvang, is ons eie kragtige ‘perde’ wat almal vernietig sal word.
Jos 11:6 Toe sê die HERE vir Josua: Wees vir hulle nie bevrees nie; want môre omtrent sulke tyd sal Ek hulle, almal verslaan, aan Israel oorgee; hulle perde se hakskeensenings moet jy afsny en hulle waens met vuur verbrand.
Die perde moet geneutraliseer word, en hulle strydwaens moet verbrand word met die vuur wat die Waarheid van God se Woord is.
Jer 5:14 Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare: Omdat julle hierdie woord spreek, kyk, Ek maak my woorde in jou mond ‘n vuur en hierdie volk hout, en dit sal hulle verteer.
Open 11:3-5 En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend twee honderd en sestig dae lank sal profeteer. 4 Hulle is die twee olyfbome en die twee kandelaars wat voor die God van die aarde staan. 5 En as iemand hulle wil beskadig, gaan daar vuur uit hulle mond en verslind hulle vyande; en as iemand hulle wil beskadig, moet hy op dieselfde manier gedood word.
God se Woord, Christus, is die middelpunt van elke profesie in die Skrif. Christus is Sy woorde en Sy leerstellings is die kern van elke woord van God, insluitend die ‘perd’ in die Skrifte. Die wit, die vuurrooie, die swart en die vaal (groen) perde van Openbaring 6 is almal die groot kragte van God, wat die werk van Christus in die lewens van Sy skepping bewerkstellig.
Open 6:1-8 En ek het gesien toe die Lam een van die seëls oopmaak; en ek het een van die vier lewende wesens hoor sê, soos die geluid van ‘n donderslag: Kom kyk! 2 En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit perd. En hy wat daarop sit, het ‘n boog; en aan hom is ‘n kroon gegee, en hy het uitgegaan as ‘n oorwinnaar en om te oorwin. 3 En toe Hy die tweede seël oopgemaak het, hoor ek die tweede lewende wese sê: Kom kyk! 4 En ‘n ander perd, ‘n vuurrooie, het uitgekom, en aan hom wat daarop sit, is dit gegee om die vrede van die aarde af weg te neem en dat hulle mekaar sou doodmaak; en ‘n groot swaard is aan hom gegee. 5 En toe Hy die derde seël oopgemaak het, hoor ek die derde lewende wese sê: Kom kyk! En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n swart perd; en hy wat daarop sit, het ‘n skaal in sy hand. 6 En ek het ‘n stem tussen die vier lewende wesens hoor sê: ‘n Rantsoen koring vir ‘n penning en drie rantsoene gars vir ‘n penning; en moenie die olie en die wyn beskadig nie. 7 En toe Hy die vierde seël oopgemaak het, hoor ek die stem van die vierde lewende wese sê: Kom kyk! 8 En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n vaal perd. En hy wat daarop sit, sy naam is die dood, en die doderyk het hom gevolg. En aan hulle is mag gegee oor die vierde deel van die aarde om dood te maak met swaard en hongersnood en pes en deur die wilde diere van die aarde.
Dit verg ‘n baie kragtige skepsel om die punt te maak wat gemaak word van die kragte wat werksaam is in ons lewens. Sonder hierdie kragtige wesens van oorlogvoering sou die oorlog nie gevoer word nie. Maar deur hierdie vier kragtige wesens word ons hele lewe van dood na lewe verander.
Job 39:18-25 en vergeet dat ‘n voet dit kan stukkend druk en die wilde diere van die veld dit kan vertrap. 19 Hard behandel sy haar kleintjies asof dit nie hare is nie; is haar moeite tevergeefs—sy is nie bekommerd nie. 20 Want God het haar die wysheid ontsê en haar geen deel gegee aan die verstand nie. 21 Wanneer sy haarself in die hoogte klap, lag sy oor die perd en sy ruiter. 22 Gee jy aan die perd sterkte? Beklee jy sy nek met maanhare? 23 Laat jy hom spring soos die sprinkaan? Sy trotse gesnuif is ‘n verskrikking. 24 Hy grawe in die laagte en is vrolik in sy krag; hy trek uit, die stryd tegemoet. 25 Hy lag oor die vrees en word nie verskrik nie en draai nie om vir die swaard nie.
God gebruik vier perde om ons voor te berei om die drie ellendes (“wee, wee, wee” – Open 8:13) van Sy oordeel te ontvang
Dit is nie wilde diere nie. Hierdie is vier perde. Dit is alles Christus wat in ons bewerkstellig. Dit is Christus wat op ‘n wit perd kom om te oorwin, en Hy sal oorwin.
1Kor 15:22 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;
1Ti 4:10 want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad, omdat ons gehoop het op die lewende God wat ‘n behouder is van alle mense, insonderheid van die gelowiges.
1Jn 2:2 En Hy is ‘n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.
Open 6:1-17 En ek het gesien toe die Lam een van die seëls oopmaak; en ek het een van die vier lewende wesens hoor sê, soos die geluid van ‘n donderslag: Kom kyk! 2 En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit perd. En hy wat daarop sit, het ‘n boog; en aan hom is ‘n kroon gegee, en hy het uitgegaan as ‘n oorwinnaar en om te oorwin. 3 En toe Hy die tweede seël oopgemaak het, hoor ek die tweede lewende wese sê: Kom kyk! 4 En ‘n ander perd, ‘n vuurrooie, het uitgekom, en aan hom wat daarop sit, is dit gegee om die vrede van die aarde af weg te neem en dat hulle mekaar sou doodmaak; en ‘n groot swaard is aan hom gegee. 5 En toe Hy die derde seël oopgemaak het, hoor ek die derde lewende wese sê: Kom kyk! En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n swart perd; en hy wat daarop sit, het ‘n skaal in sy hand. 6 En ek het ‘n stem tussen die vier lewende wesens hoor sê: ‘n Rantsoen koring vir ‘n penning en drie rantsoene gars vir ‘n penning; en moenie die olie en die wyn beskadig nie. 7 En toe Hy die vierde seël oopgemaak het, hoor ek die stem van die vierde lewende wese sê: Kom kyk! 8 En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n vaal perd. En hy wat daarop sit, sy naam is die dood, en die doderyk het hom gevolg. En aan hulle is mag gegee oor die vierde deel van die aarde om dood te maak met swaard en hongersnood en pes en deur die wilde diere van die aarde. 9 En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het. 10 En hulle het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie? 11 En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog ‘n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees. 12 En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was ‘n groot aardbewing; en die son het swart geword soos ‘n harige sak, en die maan het geword soos bloed; 13 en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval; 14 en die hemel het weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit; 15 en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge, 16 en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam; 17 want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?
Kom ons ontleed wie hierdie vier perde is. Onthou dat perde nie wilde diere is nie, maar hulle word gebruik om oorlog mee te voer.
1) Die ruiter op die wit perd is Christus wat na ons toe kom en ons lewens oorwin.
Open 19:11 Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid.
Open 6:2 En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit perd. En hy wat daarop sit, het ‘n boog; en aan hom is ‘n kroon gegee, en hy het uitgegaan as ‘n oorwinnaar en om te oorwin.
2) Christus is ook die ruiter van die vuurrooi perd. Christus sê vir ons duidelik dat dit Hy is wat gekom het om vrede van die aarde af weg te neem.
Mat 10:34 Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.
Open 6:4 En ‘n ander perd, ‘n vuurrooie, het uitgekom, en aan hom wat daarop sit, is dit gegee om die vrede van die aarde af weg te neem en dat hulle mekaar sou doodmaak; en ‘n groot swaard is aan hom gegee.
3) Christus is inderdaad ook die ruiter op die swart perd. Hy sê vir ons dat die maagde in die koninkryk olie in hulle lampe het, dat Hy die brood van die lewe is, die wyn is Sy bloed, en Hy sê vir ons dat die dag sal kom wanneer ons Hom sal wil sien en hom nie sal kan vind nie.
Mat 25:1-4 Dan sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet. 2 En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas. 3 En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie. 4 Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem.
Joh 6:33-35 Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee. 34 Toe sê hulle vir Hom: Here, gee ons altyd hierdie brood. 35 En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.
Joh 6:51 Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.
Luk 15:14 En toe hy alles deurgebring het, kom daar ‘n swaar hongersnood in daardie land, en hy het begin gebrek ly.
Open 6:5-6 En toe Hy die derde seël oopgemaak het, hoor ek die derde lewende wese sê: Kom kyk! En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n swart perd; en hy wat daarop sit, het ‘n skaal in sy hand. 6 En ek het ‘n stem tussen die vier lewende wesens hoor sê: ‘n Rantsoen koring vir ‘n penning en drie rantsoene gars vir ‘n penning; en moenie die olie en die wyn beskadig nie.
4) Christus ry ook die vierde ‘vaal’ (groen) perd. Christus vernietig die duiwel deur die dood, en sê vir ons dat alle mag aan Hom gegee is in die hemel en op aarde:
Heb 2:9-14 maar ons sien Hom, naamlik Jesus, wat vir ‘n kort tydjie minder as die engele gemaak is, vanweë die lyde van die dood met heerlikheid en eer gekroon, sodat Hy deur die genade van God vir elkeen die dood sou smaak. 10 Want dit het Hom betaam, ter wille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring, om die bewerker van hulle saligheid deur lyde te volmaak. 11 Want Hy wat heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, is almal uit Een; om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hulle broeders te noem nie, 12 wanneer Hy sê: Ek sal u Naam aan my broeders verkondig, in die midde van die gemeente sal Ek U prys; 13 en verder: Ek sal my vertroue op Hom stel; en verder: Hier is Ek en die kinders wat God My gegee het. 14 Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel—
Mat 28:18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. [Wat word hierdie vaal perd se ruiter gegee? Hy word mag gegee oor ‘n vierde deel van die aarde en oor wilde diere]
Open 6:7-8 En toe Hy die vierde seël oopgemaak het, hoor ek die stem van die vierde lewende wese sê: Kom kyk! 8 En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n vaal [Hebreeus: “chlōros” = groen: dieselfde Griekse woord word gebruik in Mar 6:39; Open 8:7; Open 9:4 waar dit oorwegend as “groen” vertaal word] perd. En hy wat daarop sit, sy naam is die dood, en die doderyk het hom gevolg. En aan hulle is mag gegee oor die vierde deel van die aarde om dood te maak met swaard en hongersnood en pes en deur die wilde diere van die aarde.
“Sy naam is die dood…en…is mag gegee…om dood te maak met die swaard…”
Wat word ons van Christus vertel? “Aan My is gegee alle mag [selfs die mag oor die dood] …sodat Hy deur die genade van God vir elkeen die dood sou smaak… sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel.”
Joh 12:24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.
Perde is kragtige diere binne-in elkeen van ons. Ons is almal trots op ons perde wanneer ons die ruiter is. Maar Christus het geen behae in ons as die ruiter van ons perde nie.
Daar is vier perde in die Skrif wat deur Christus gebruik word om die openbaring van Jesus Christus vir ons oop te maak. Hierdie vier perde word deur Christus gery om oorlog in ons te voer. Christus ry op die wit, rooi, swart en vaal (groen) perde terwyl Hy oorlog voer teen die magte en owerhede in ons hemele. Onthou dat hierdie hele visioen binne die hemele IN ONS plaasvind:
Open 4:1 Ná hierdie dinge het ek gesien kyk, ‘n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat ek soos ‘n basuin met my hoor spreek het, het gesê: Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur.
Dit is slegs deur Christus wat regdeur ons lewens op die wit perd ry dat ons vlees en sonde oorwin word. Dit is Christus wat vrede van ons ‘aarde’ kom wegneem as die ruiter op die rooi perd. Ons verkwis ons erfenis, en kort brood en olie terwyl Christus op ‘n swart perd deur ons lewens ry. Uiteindelik sal ons “sterf…dag vir dag” terwyl Christus Sy vaal (groen) perd deur ons lewens ry. Sodoende word Hy mag gegee oor die wilde diere in ons vlees.
Dit is alles die opening van die eerste vier seëls van die boek van “die openbaring van Jesus Christus,” en eers nadat hierdie vier perde deur ons lewens gery het, word ons dan voorberei vir die oordeel wat gevind kan word in die oordele wat agter die laaste drie seëls van hierdie boek gevind word.
Open 6:9-17 En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het. 10 En hulle het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie? 11 En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog ‘n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees. 12 En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was ‘n groot aardbewing; en die son het swart geword soos ‘n harige sak, en die maan het geword soos bloed; 13 en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval; 14 en die hemel het weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit; 15 en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge, 16 en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam; 17 want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?
Die sewe basuin-oordele is die sewende seël en die sewende basuin is die sewe plae. Die sewe basuine en die sewe plae word almal gevind in die sewende seël van hierdie openbaring van Jesus Christus. Dit is Christus in ons, wat kom in ons as die vier ruiters wat ons voorberei vir die oordeel wat volg.
1Kor 3:21-23 Laat niemand dan op mense roem nie, want alles behoort aan julle; 22 of dit Paulus is of Apollos of Céfas of die wêreld of lewe of dood of teenswoordige of toekomstige dinge—alles behoort aan julle; 23 maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.