Diere in die Skrifte en hul geestelike betekenis [Mike Vinson]: Deel 8 – Die esel

[Hierdie is ‘n vertaling van ‘n reeks studies in Engels deur Mike Vinson getiteld “The Spiritual Significance of Animals In Scriptures” op die webtuiste  http://www.iswasandwilbe.com. Hier is die skakel na die klankopname van die orrspronklike studie: https://iswasandwillbe.s3.amazonaws.com/audio/Archived/mp3s/13_Animals_Ass.mp3: (red.) George Larry Groenewald]

Inleiding

Elke dier in die Skrif het ‘n aparte geestelike boodskap wat ons Here aan ons wil oordra. Alle diere in die Skrif word gebruik om óf die gedagte van die negatiewe óf die positiewe dierlike eienskappe van die mensdom geestelik oor te dra. Die Skrifte beskryf die mens ook as ‘n blote dier wat in die proses is om na die beeld van God se seun gemaak te word:

Pred 3:18  Ek het in my hart gesê: Ter wille van die mensekinders gebeur dit, dat God hulle kan beproef, en dat hulle kan insien dat hulle in hulleself vee [diere] is. 19  Want die lot van die mensekinders is ook die lot van die veediere: hulle het een en dieselfde lot; soos die een sterwe, so sterwe die ander, en hulle almal het dieselfde asem, en ‘n voorkeur van die mens bo die veediere is daar nie; want alles is tevergeefs. 20  Alles gaan na een plek toe; alles is uit die stof, en alles keer na die stof terug. 

Rom 8:29  Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders;

Sonder ‘n opstanding,  het ‘n mens geen voorkeur bo ‘n dier nie. Selfs die apostel Paulus deel ons mee dat as daar geen opstanding van die dooies is nie, dan is diegene wat “in Christus ontslaap het, verlore”.

1Kor 15:17-18  en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes;  18  dan is ook die wat in Christus ontslaap het, verlore.

So begin die mensdom sy bestaan ​​as ‘n blote dier, as ‘n gevaarlike wilde dier (Grieks: “thērion“):

Open 13:1  En ek het ‘n dier [Grieks: “thērion” = ‘n gevaarlike (giftige, wilde) dier]uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering.

Open 13:18  Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.

Later word die mensdom ‘n ‘zōon’ “in die middel van die troon en rondom die troon” van God.

Open 4:6-7  en voor die troon was daar ‘n see van glas soos kristal, en in die middel van die troon en rondom die troon vier lewende wesens [Grieks: “zōon“] vol oë van voor en van agter.  7  En die eerste lewende wese was soos ‘n leeu, en die tweede lewende wese was soos ‘n kalf, en die derde lewende wese het ‘n gesig gehad soos ‘n mens, en die vierde lewende wese was soos ‘n arend wat vlieg.

Van die 23 keer wat die woord ‘zōon’ in die Nuwe Testament voorkom, is 20 van daardie verwysings na hierdie vier diere in en rondom die troon van God. Van die ander drie verwys een na diere-offers en die ander twee verwys na God se teruggevalle volk.

Die mens is ‘n dier, en as sodanig het hy in hom al die kenmerke van al die diere van die Skrif. Daar is in die Skrif wilde diere en mak diere. Daar is eensame diere, en daar is diere wat in troppe lewe. Daar is diere wat wol en vleis verskaf om te eet, botter en melk, en daar is diere waarop mense kan ry en waarop mense swaar laste kan plaas, en dit gebruik om te ploeg en die grond te versorg en om groot maalklippe te draai. Al hierdie diere wys vir ons dat ons nog steeds vlees en bloed is, geskep op die sesde dag saam met alle diere, en as sodanig kan ons “nie die koninkryk van God beërwe nie”. Elke dier in die Skrif wys vir ons iets oor hoe God met ons werk en ons in Sy diens gebruik. En tog, selfs nadat ons hierdie vlees en bloed afgelê het, word ons nooit toegelaat om ons dierlike, aardse herkoms te vergeet nie.

1Kor 15:47-50  Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.  48  Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense.  49  En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.  50  Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.

Die esel

Joh 12:14-16  En Jesus het ‘n jong esel gevind en daarop gaan sit, soos geskrywe is:  15  Moenie vrees nie, dogter van Sion! Kyk, jou Koning kom en Hy sit op die vul van ‘n esel. 16 Dit het sy dissipels egter eers nie verstaan nie; maar nadat Jesus verheerlik is, toe het dit hulle bygeval dat hierdie dinge van Hom geskrywe was en dat hulle dit aan Hom gedoen het. 

Die woord “hulle” in die teksgedeelte verwys nie na iemand anders nie, maar na onsself. Ons is skuldig aan dit wat aan Jesus gedoen was toe Hy verwerp was deur Sy eie mense en oorgelewer was aan die Romeine wat Hom tereggestel het. Ons is die dier, ook hierdie esel, waarop Hy ry. :

Pred 3:18  Ek het in my hart gesê: Ter wille van die mensekinders gebeur dit, dat God hulle kan beproef, en dat hulle kan insien dat hulle in hulleself vee is.

Jesus kom eerste na ons in vlees, wat deur die jong esel voorgestel word warop Hy in Jerusalem inkom.

Joh 1:14  En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon

Gal 4:4  Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet.

Joh 12:14-16  En Jesus het ‘n jong esel gevind en daarop gaan sit, soos geskrywe is:  15  Moenie vrees nie, dogter van Sion! Kyk, jou Koning kom en Hy sit op die vul van ‘n esel.

Jesus se tweede koms is nou reeds in hulle openbaar wie Hom verwag. Sy tweede koms is in gees en Hy kom dan op ‘n wit perd, sterk en kragtig, die Oorwinnaar oor die vlees:

Open 6:1-2  En ek [Johannes, en elkeen aan wie Hy Hom nou openbaar in gees] het gesien toe die Lam een van die seëls oopmaak; en ek het een van die vier lewende wesens hoor sê, soos die geluid van ‘n donderslag: Kom kyk!  2  En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit perd. En hy wat daarop sit, het ‘n boog; en aan hom is ‘n kroon gegee, en hy het uitgegaan as ‘n oorwinnaar en om te oorwin.

Open 19:11  Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid.

Hierdie persoon op die wit perd is in albei gevalle Jesus Christus, en nie die antichris soos die afvallige Babilon dit wil hê in Openbaring 6 nie. Die hele boek van Openbaring is die Openbaring van Jesus Christus en Sy werke in ons lewe – vir hulle aan wie dit “gegee” word om te kan sien:

Open 1:1-3  Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het,  2  wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus alles wat hy gesien het.  3  Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.

Hy het eerste gekom in vlees en Homself aan Sy volk, die Jode, voorgestel, en hulle het Hom uiteindelik verwerp en Hom laat doodmaak. Selfs hulle wat aanvanklik in Hom geglo het, het later Hom verwerp en kon nie Sy woorde aanvaar nie, en wou Hom doodmaak:

Joh 8:30-40  Terwyl Hy hierdie dinge spreek, het baie in Hom geglo.  31  En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels.  32  En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.  33  Hulle antwoord Hom: Ons is die geslag van Abraham en het nog nooit vir iemand slawediens verrig nie; hoe sê U dan: Julle sal vry word?  34  Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, ‘n dienskneg van die sonde is.  35  En die dienskneg bly nie vir altyd in die huis nie; die seun bly vir altyd.  36  As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.  37  Ek weet dat julle die geslag van Abraham is; maar julle probeer om My om die lewe te bring, omdat my woord geen ingang in julle vind nie.  38  Ek spreek van wat Ek by my Vader gesien het, en julle doen ook wat julle by jul vader gesien het.  39  Hulle antwoord en sê vir Hom: Ons vader is Abraham. Jesus sê vir hulle: As julle die kinders van Abraham was, sou julle die werke van Abraham doen;  40  maar nou probeer julle om My om die lewe te bring, iemand wat aan julle die waarheid vertel het, wat Ek van God gehoor het. Dit het Abraham nie gedoen nie.

Christus het na Sy volk gekom op ‘n esel. Waarom?

Gen 49:10-11  Die septer sal van Juda nie wyk nie, nóg die veldheerstaf tussen sy voete uit totdat Silo kom; en aan Hom sal die volke gehoorsaam wees.  11  Hy maak sy jong esel vas aan die wingerdstok en die vul van sy eselin aan die edelste wynstok; Hy was sy kleed in wyn en sy gewaad in druiwebloed.

Silo is Jesus. Voordat Jesus gekom het, was die koninklike septer van Israel op die stam van Juda. Die Israeliete het ook dan die naam van “Juda” gedra in die vorm van “Jode”. Hierdie vleeslike Jode kon nie hul eie Koning herken nie, maar aan die ware geestelike “Jode” word koning Christus in hul harte openbaar:

Rom 2:28-29  Want nie hy is ‘n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie;  29  maar hy is ‘n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.

God se regeringsvorm deur Jesus Christus word uitgebeeld deur die wingerdstok en nie ‘n piramied-struktuur nie, soos die wêreldstelsels opereer nie. Die wêreld se leiers heers oor hul mense. Die wingerdstok is uniek in die manier dat alle takke uit die stam groei en almal direkte toegang tot die stam het.

Mat 20:25-28  Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Julle weet dat die owerstes van die nasies oor hulle heers en die groot manne oor hulle gesag uitoefen;  26  maar só moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees.  27  En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees;  28  net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie.

Christus is inderdaad die Hoof van die liggaam (Sy gemeente) en almal in Sy liggaam het direkte toegang tot die Hoof:

Kol 1:15-19  Hy [Christus] is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping;  16  want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.  17  En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.  18  En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.  19  Want dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon.

Christus “was sy kleed in wyn en sy gewaad in druiwebloed”, en almal wat Hom volg doen dieselfde:

Open 7:13-14  Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê: Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom?  14  En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.

Wat is die “druiwebloed”?

Mat 26:28  Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.

Alles wat in die Ou Testament met die volk Israel gebeur het, het alles gebeur om aan ons te vertel wat elkeen van ons sal deurgaan, as ons in Christus opgeneem word.

1Kor 10:11  Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.

1Pe 1:10-12  Aangaande hierdie saligheid het die profete wat geprofeteer het oor die genade wat vir julle bestem is, ondersoek en nagevors,  11  en hulle het nagespeur op watter of hoedanige tyd die Gees van Christus wat in hulle was, gewys het, toe Hy vooruit getuig het van die lyde wat oor Christus sou kom en die heerlikheid daarna.  12  Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons dié dinge bedien het wat julle nou aangekondig is deur dié wat die evangelie aan julle verkondig het in die Heilige Gees wat van die hemel gestuur is—dinge waarin die engele begerig is om in te sien.

Abraham is een van die “voorbeelde” (Grieks’ “tupos”) wat gebruik was in die Ou Testament, wat ons help om ons eie geestelike pad te verduidelik. Abraham is die eerste persoon in die Skifte wat met esels geassosieer word. Sy eerste seun (Ismael) by die slavin Hagar, was deur God as ‘n wilde-esel beskryf:

Gen 16:1-12  Maar Sarai, die vrou van Abram, het vir hom geen kinders gebaar nie; en sy het ‘n Egiptiese slavin gehad met die naam van Hagar.  2  En Sarai het vir Abram gesê: Jy weet, die HERE het my nie toegelaat om moeder te word nie. Gaan tog in by my slavin; miskien sal ek uit haar gebou word. En Abram het na Sarai geluister.  3  Toe neem Sarai, die vrou van Abram, Hagar, die Egiptiese, haar slavin—nadat Abram tien jaar in die land Kanaän gewoon het—en gee haar aan haar man Abram om sy vrou te wees.  4  En hy het by Hagar ingegaan, en sy het swanger geword. Maar toe sy sien dat sy swanger was, het haar meesteres veragtelik in haar oë geword.  5  En Sarai sê vir Abram: Die onreg my aangedoen, is op jou! Ek self het my slavin in jou skoot gegee, en nou dat sy sien dat sy swanger is, het ek veragtelik in haar oë geword. Laat die HERE oordeel tussen my en jou.  6  En Abram antwoord Sarai: Daar is jou slavin in jou hand—doen met haar soos dit goed is in jou oë. Toe het Sarai haar sleg behandel, en sy het van haar af weggevlug.  7  En die Engel van die HERE het haar by ‘n fontein in die woestyn gevind, by die fontein op pad na Sur,  8  en gevra: Hagar, slavin van Sarai, waar kom jy vandaan, en waar gaan jy heen? En sy antwoord: Ek vlug van my meesteres Sarai af weg.  9  Toe sê die Engel van die HERE vir haar: Gaan terug na jou meesteres en verneder jou onder haar hande.  10  Verder sê die Engel van die HERE vir haar: Ek sal jou nageslag grootliks vermeerder, sodat dit vanweë die menigte nie getel kan word nie.  11  Ook sê die Engel van die HERE vir haar: Kyk, jy is swanger en sal ‘n seun baar, en jy moet hom Ismael noem, want die HERE het jou in jou ellende verhoor.  12  En hy sal ‘n wilde-esel van ‘n mens wees: sy hand teen almal, en almal se hand teen hom! En hy sal teenoor al sy broers woon.

God het egter Isak uitverkies, en dit was swaar vir Abraham dat sy “wilde esel” nie deel kon wees van God se uitverkorenes nie:

Gen 17:15-21  Verder het God aan Abraham gesê: Sarai, jou vrou, moet jy nie Sarai noem nie, maar haar naam sal Sara wees.  16  En Ek sal haar seën en jou uit haar ook ‘n seun gee; ja, Ek sal haar seën, sodat sy tot nasies sal word; konings van volke sal uit haar voortkom.  17  Toe val Abraham op sy aangesig, en hy lag en sê in sy hart: Kan daar vir een wat honderd jaar oud is, ‘n kind gebore word? Of kan Sara, wat negentig jaar oud is, baar?  18  En Abraham sê aan God: Ag, mag Ismael lewe voor u aangesig!  19  Toe antwoord God: Voorwaar, jou vrou Sara sal vir jou ‘n seun baar, en jy moet hom Isak noem; en Ek sal my verbond met hom oprig as ‘n ewige verbond vir sy nageslag ná hom.  20  Ook wat Ismael aangaan, het Ek jou verhoor. Kyk, Ek seën hom en maak hom vrugbaar en vermeerder hom buitengewoon. Twaalf vorste sal hy verwek, en Ek sal hom ‘n groot nasie maak.  21  Maar my verbond sal Ek oprig met Isak wat Sara vir jou anderjaar op hierdie tyd sal baar.

Ons eie “wilde esel” is ons vlees en dit kan nie God se geestelike koninkryk ingaan nie:

1Kor 15:50  Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.

Abraham word die vader van die geloof genoem, en hy beeld uit ons eerste ontmoeting met Christus, in vlees:

Heb 11:8-9  Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as ‘n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom.  9  Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon in die land van belofte soos in ‘n vreemde land en in tente gewoon met Isak en Jakob, die mede-erfgename van dieselfde belofte.

Abraham het met God gewandel. Ons begin ons geestelike reis deur te glo in Christus, maar ons moet “voortgaan” om te groei tot geestelike volwassenheid:

Heb 6:1  Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God,

Abraham het niks van perde geweet nie. Abraham het esels gehad wat sy goedere karwei het:

Gen 22:1-18  Ná hierdie dinge het God Abraham op die proef gestel en aan hom gesê: Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!  2  Toe sê Hy: Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die land Moría en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys.  3  Daarop het Abraham die môre vroeg klaargemaak en sy esel opgesaal en twee van sy dienaars en sy seun Isak saam met hom geneem; en hy het hout gekloof vir ‘n brandoffer en opgestaan en na die plek gegaan wat God hom aangewys het.  4  Op die derde dag toe slaan Abraham sy oë op en sien die plek van ver af.  5  En Abraham sê aan sy dienaars: Bly julle hier met die esel; ek en die seun wil daarheen gaan om te aanbid en dan na julle terugkom.  6  En Abraham het die hout vir die brandoffer geneem en dit op sy seun Isak gesit, en die vuur en die mes in sy hand geneem. So het hulle twee dan saam geloop.  7  Toe spreek Isak met sy vader Abraham en sê: My vader! En hy antwoord: Hier is ek, my seun! En hy sê: Hier is die vuur en die hout, maar waar is die lam vir ‘n brandoffer?  8  En Abraham antwoord: God sal vir Homself die lam vir ‘n brandoffer voorsien, my seun. So het hulle twee dan saam geloop.  9  Toe hulle kom op die plek wat God hom aangewys het, het Abraham daar die altaar gebou en die hout reggelê; daarna het hy sy seun Isak gebind en hom op die altaar bo-op die hout gesit.  10  Toe steek Abraham sy hand uit en neem die mes om sy seun te slag.  11  Maar die Engel van die HERE het na hom van die hemel af geroep en gesê: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!  12  En Hy sê: Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie.  13  En toe Abraham sy oë opslaan, sien hy meteens ‘n ram wat agter in die bos met sy horings vasgeraak het. En Abraham het gegaan en die ram geneem en dit as brandoffer in die plek van sy seun geoffer.  14  En Abraham het dié plek genoem: Die HERE sal voorsien! Sodat vandag nog gesê word: Op die berg van die HERE sal dit voorsien word.  15  Toe roep die Engel van die HERE vir die tweede keer na Abraham van die hemel af  16  en sê: Ek sweer by Myself, spreek die HERE, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie,  17  dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem.  18  En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het.

Ons geloof word beproef en groei deur die vurige offers:

1Pe 1:3-9  Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode,  4  sodat ons ‘n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons  5  wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.  6  Daarin verheug julle jul, al word julle nou—as dit nodig is—’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge,  7  sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus;  8  vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap,  9  en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.

1Pe 4:12  Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie;

Isak was Abraham se seun van beproewing, en Isak is die geestelike tipe wat ons leer van die vurige proses van geestelike aanneming tot ware seuns van God:

Heb 12:1-8  Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê,  2  die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.  3  Want julle moet ag gee op Hom wat so ‘n teëspraak van die sondaars teen Hom verdra het, sodat julle in jul siele nie vermoeid word en verslap nie.  4  Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.  5  En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie;  6  want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem.  7  As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie?  8  Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie.

Gal 4:28  Maar ons, broeders, is soos Isak, kinders van die belofte.

Isak se seun was Jakob, wat ons geestelike tipe is hoe om diensbaar te wees in die huis van God.

Hos 12:13  En Jakob het gevlug na die veld van Aram, en Israel was diensbaar vir ‘n vrou as loon, en vir ‘n vrou het hy vee opgepas.

Dit is die pad van die esel in ons lewe. Dit alles begin by Abraham, maar dit gaan voort in die “hele inhoud” van God se Woord soos ons ook leer van die diensbaarheid van die esel in ons lewe:

Psa 119:160  Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.

2Pe 1:20  terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif ‘n saak van eie uitlegging is nie;

Jes 28:9-11  Vir wie wil hy dan kennis leer, en vir wie wil hy die openbaring verstaanbaar maak? Vir die wat van die melk gespeen, wat van die moederborste weggeneem is?  10  Want dit is gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie.  11  Ja, Hy sal deur lippe wat hakkel, en deur ‘n vreemde tong met hierdie volk spreek.

Ons is eerste diensbaar aan sonde, voordat ons diensbaar word aan God en Sy geregtigheid:

Rom 6:17-18  Maar ons dank God dat julle wel diensknegte van die sonde was, maar van harte gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van die leer wat aan julle oorgelewer is,  18  en, vrygemaak van die sonde, het julle diensbaar geword aan die geregtigheid.

Die esel is ‘n pakdier wat dinge kan dra en dit vervoer van een plek na ‘n ander. Die esel beeld uit ons tyd in die wêreld waar ons die juk van sonde dra saam met ons, dag in en dag uit. Ons dien die vlees en is vleeslik georiënteerd. Die eerste Adam was ook ‘n seun van God, maar in die vlees:

Luk 3:38  die seun van Enos, die seun van Set, die seun van Adam, die seun van God.

Jesus het na Sy vleeslike volk, Israel, gekom op ‘n esel, en hulle het Hom as koning gesien soos die profesie ook vir hulle aandui:

Mat 21:1-11  En toe hulle naby Jerusalem gekom en Bétfagé aan die Olyfberg bereik het, stuur Jesus twee dissipels uit en sê vir hulle:  2  Gaan na daardie dorp reg voor julle, en dadelik sal julle ‘n eselin vind wat vasgemaak is, en ‘n vul by haar. Maak haar los en bring hulle vir My.  3  En as iemand vir julle iets sê, moet julle antwoord: Die Here het hulle nodig; en dadelik sal hy hulle stuur.  4  En dit het alles gebeur, sodat vervul sou word die woord wat deur die profeet gespreek is:  5  Sê vir die dogter van Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe, sagmoedig, en Hy sit op ‘n esel, ja, ‘n jong esel, die vul van ‘n pakdier.  6  En die dissipels het gegaan en gedoen soos Jesus hulle beveel het;  7  hulle het die esel en die vul gebring en hulle klere daarop gelê, en Hy het daarop gaan sit.  8  En die grootste deel van die skare het hulle klere op die pad oopgegooi, en ander het takke van die bome afgekap en op die pad gestrooi.  9  En die skare wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: Hosanna vir die Seun van Dawid! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! Hosanna in die hoogste hemele!  10  En toe Hy in Jerusalem inkom, het die hele stad in opskudding geraak en gesê: Wie is hierdie man?  11  En die skare sê: Dit is Jesus, die profeet, van Násaret in Galiléa.

Maar dieselfse mense wat vir Hom gesing het “Hosanna vir die Seun van Dawid! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! Hosanna in die hoogste hemele!” het kort daarna ook geskree “kruisig Hom!”:

Mar 15:6-15  En op die fees was hy gewoond om een gevangene, die een wat hulle gevra het, vir hulle los te laat.  7  En daar was ‘n sekere Barábbas wat met mede-oproermakers in die gevangenis was; en hulle het in die opstand ‘n moord begaan.  8  En die skare het geskreeu en begin vra dat hy vir hulle sou doen soos altyd.  9  Toe antwoord Pilatus en sê vir hulle: Wil julle hê dat ek vir julle die Koning van die Jode moet loslaat?  10  Want hy het geweet dat die owerpriesters Hom uit nydigheid oorgelewer het.  11  Maar die owerpriesters het die skare aangehits dat hy liewer Barábbas vir hulle moes loslaat.  12  Toe antwoord Pilatus weer en sê vir hulle: Wat wil julle dan hê moet ek doen met Hom wat julle Koning van die Jode noem?  13  En hulle skreeu weer: Kruisig Hom!  14  Maar Pilatus sê vir hulle: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Hulle skreeu toe nog harder: Kruisig Hom!  15  En omdat Pilatus aan die skare hulle sin wou gee, het hy Barábbas vir hulle losgelaat; en nadat hy Jesus laat gésel het, het hy Hom oorgelewer om gekruisig te word.

Toe Jesus nie meer die vlees kon bevredig nie, het Sy volgelinge wat Hom in vlees gedien het, Hom verlaat en uiteindelik gedood. Toe Jesus Sy geestelike brood en drank aan hulle aanbied, was hulle nie bereid om Hom verder te volg nie. Ons gaan almal deur hierdie proses.

Joh 6:48-66  Ek is die brood van die lewe.  49  Julle vaders het die manna in die woestyn geëet en het gesterwe.  50  Dít is die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan eet en nie sterwe nie.  51  Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.  52  Die Jode het toe met mekaar gestry en gesê: Hoe kan Hy ons sy vlees gee om te eet?  53  En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie.  54  Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag.  55  Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank.  56  Wie my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom.  57  Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe.  58  Dít is die brood wat uit die hemel neergedaal het—nie soos julle vaders die manna geëet en gesterwe het nie; wie hierdie brood eet, sal tot in ewigheid lewe.  59  Hierdie dinge het Hy gesê in die sinagoge toe Hy in Kapérnaüm onderrig gegee het.  60  En baie van sy dissipels het gesê toe hulle dit hoor: Hierdie woord is hard, wie kan daarna luister?  61  En Jesus het in Homself geweet dat sy dissipels hieroor murmureer, en Hy sê vir hulle: Is dit julle tot ‘n aanstoot?  62  Hoe dan as julle die Seun van die mens daarheen sien opvaar waar Hy tevore was?  63  Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.  64  Maar daar is sommige van julle wat nie glo nie. Want Jesus het van die begin af geweet wie hulle was wat nie glo nie, en wie hy was wat Hom sou verraai.  65  En Hy sê: Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie.  66  Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie.

Moses is nog ‘n voorbeeld wat van esels gebruik gemaak het met sy terugkeer na Egipte:

Eks 4:18-20  Toe gaan Moses weg en kom by sy skoonvader Jetro terug, en hy sê vir hom: Laat my tog trek en na my broers teruggaan wat in Egipte is, om te sien of hulle nog lewe. En Jetro sê vir Moses: Gaan in vrede.  19  Ook het die HERE vir Moses in Mídian gesê: Gaan heen, keer terug na Egipte; want al die manne wat jou lewe gesoek het, is dood.  20  Moses neem toe sy vrou en sy seuns en laat hulle op ‘n esel ry, terug na Egipteland. Moses het ook die staf van God in sy hand geneem.

Die eersteling van ‘n esel moes met ‘n lam loskoop word, onder die Wet van Moses:

Eks 13:13  Maar elke eersteling van ‘n esel moet jy met ‘n lam loskoop. En as jy dit nie loskoop nie, moet jy sy nek breek. Maar al die eersgeborenes van mense onder jou seuns moet jy loskoop.

Alles word vir God se doeleindes gebruik, en ander doeleindes sal nooit God se goedkeuring wegdra nie.

Spr 16:4  Alles het die HERE gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.

Bíleam en sy esel wys weer vir ons dat God deur enige skepsel kan werk om Sy doeleindes te verwesenlik:

Num 22:21-35  Toe maak Bíleam die môre klaar en saal sy eselin op, en hy het weggetrek saam met die vorste van Moab. Maar die toorn van God het ontvlam, omdat hy weggetrek het; en die Engel van die HERE het gaan staan in die pad as sy teëparty, terwyl hy op sy esel ry en sy twee dienaars by hom was.  23  En die esel het die Engel van die HERE in die pad sien staan, met sy ontblote swaard in sy hand; daarom het die esel uit die pad uitgedraai en die veld ingeloop. Maar Bíleam het die esel geslaan om haar na die pad te stuur.  24  Daarop gaan die Engel van die HERE in ‘n hol pad tussen die wingerde staan—’n muur duskant en ‘n muur anderkant.  25  En toe die esel die Engel van die HERE sien, druk sy haarself teen die muur en druk ook Bíleam se voet teen die muur; daarom het hy haar weer geslaan.  26  En die Engel van die HERE het weer verder gegaan en bly staan op ‘n nou plek waar geen pad was om regs of links uit te draai nie.  27  Toe die esel die Engel van die HERE sien, gaan sy onder Bíleam lê. Daarop het Bíleam baie kwaad geword en die esel met ‘n stok geslaan.  28  Maar die HERE het die bek van die esel geopen, en sy sê vir Bíleam: Wat het ek jou gedoen, dat jy my nou al drie maal geslaan het?  29  Daarop antwoord Bíleam die esel: Omdat jy die spot met my drywe. Was daar net ‘n swaard in my hand—dan het ek jou sekerlik doodgeslaan.  30  En die esel sê vir Bíleam: Is ek nie jou esel waar jy jou lewe lank op gery het tot vandag toe nie? Was dit ooit my gewoonte om so met jou te doen? En hy antwoord: Nee.  31  Toe open die HERE die oë van Bíleam, sodat hy die Engel van die HERE in die pad sien staan met sy ontblote swaard in sy hand, en hy het gebuig en op sy aangesig neergeval.  32  En die Engel van die HERE vra hom: Waarom het jy jou esel nou al drie maal geslaan? Kyk, Ek self het uitgegaan as ‘n teëparty, want jou weg loop gevaarlik steil in my oog!  33  Maar die esel het My gesien en nou al drie maal voor My uitgedraai. As sy nie voor My uitgedraai het nie—dan het Ek jou alte seker gedood en haar laat lewe.  34  Toe antwoord Bíleam die Engel van die HERE: Ek het gesondig, want ek het nie geweet dat U teenoor my in die pad gestaan het nie. Maar nou, as dit verkeerd is in u oë, sal ek teruggaan.  35  En die Engel van die HERE sê vir Bíleam: Gaan saam met die manne, maar net die woord wat Ek jou sê, dit moet jy spreek. So het Bíleam dan met die vorste van Balak saamgegaan.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.