Welkom aan hulle wat soek, klop en bid vir die Waarheid.
Mat 7:6-8 Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie. 7 Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. 8 Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.
My naam is George Larry Groenewald. Jy kan direk met my kontak maak by:
glgroenewald@gmail.com
Ek hoop ons kan lekker en ernstig gesels oor die Woord van God, in Afrikaans of Engels.
Die webtuiste bestaan al sedert April 2010, en die lesersgetal styg elke jaar, soos die Here wil. Dankie vir hulle wat gereeld hierdie webtuiste besoek van alle dele van die wêreld.
God ken jou en Hy kry jou! Hy SAL jou RED!
- In 2010 was die webtuiste 896 keer besoek;
- In 2011 was die besoeke 1176;
- In 2012 het die besoeke gegroei tot 2032;
- In 2013 het die webtuiste 6789 besoeke gekry!!!
- In 2014 het ons besoeke tot 9494 gespring;
- In 2015 was “4windkoinonia” 14 292 keer besoek!
- In 2016 het dit weer verder gegroei na 22 005 besoeke.
- In 2017 was ons webtuiste 34 239 besoek.
- In 2018 het ons 57 747 besoeke gekry!
Prys God!
Dankie ook vir die skrywes wat ek ontvang. Dit is ‘n voorreg bo duisende om u te bedien!
Die webtuiste is oop vir almal, maar veral vir hulle wat deur God saamgebring word in die een gesindheid met die ware ‘sin van Christus’:
1Kor 2:16 Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin [die denke en ware leer] van Christus.
Ek kan dit met groot nederigheid, maar ook met groot oortuiging sê dat hier word die EEN ware leer of ‘sin van Christus’ verkondig. Hierdie leer verkondig die Vader en die Seun wie die ware geestelike LEWE (die ‘ewige lewe’) NOU aan baie, baie MIN skenk:
2Jn 1:9 Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun.
Joh 17:3 En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.
Mat 22:14 Want baie is geroep, maar min uitverkies.
Hier word geen leerstelling van enige kerk-denominasie van menslike aard verkondig nie. Inteendeel, hier word alle valse leerstellings ontbloot en weerlê deur die Skrifte, veral die valse leerstellings soos dit vandag voorkom in die afvallige Christendom in sy totaliteit!
Jes 54:17 Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê. Dit is die erfdeel van die knegte van die HERE en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die HERE.
Die ware knegte van die Here weet dat hulle geregtigheid kom van God, en daarom is hulle woorde ‘uit’ Hom alleenlik – ‘soos geskrywe’, so glo ons en praat ons:
1Kor 4:6 Hierdie dinge, broeders, het ek [Paulus] op myself en Apollos toegepas om julle ontwil, dat julle aan ons kan leer om nie te dink bo wat geskrywe is nie, sodat julle nie die een ter wille van die ander opgeblase sou wees teen ‘n derde nie.
2Kor 4:13 En omdat ons dieselfde Gees van die geloof het—soos geskrywe is: Ek het geglo, daarom het ek gespreek—glo ons ook, daarom spreek ons ook.
Ek verkondig net die Woord van God en die ‘gesonde leer’ wat MIN kan verdra!
2Ti 4:2-5 verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; 3 want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, 4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. 5 Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening.
Die webtuiste is spesiaal vir hulle wat moeg is vir die verdraaiings van God se Woord deur die natuurlike denke in die afvallige Christendom en al hulle baie groot en populêre organisasies:
Tit 1:10-11 Want daar is baie wat tugteloos is, wat onsin praat en verleiers is……. 11 hulle mond moet gestop word. Hulle keer hele huise onderstebo deur te leer wat nie betaam nie, ter wille van vuil wins.
Hier praat ons Bybelsake sonder enige vervalsings of die soeke na ‘vuil wins’!
Enigeen wat egter met dwase strydvrae, vleeslike getwis en stryery oor die Woord (‘die wet’) kom, sal ‘na die eerste en tweede vermaning’ vermy word – soos ook deur die Skrif voorgeskryf – en geen verdere besprekings sal met so ‘n persoon gevoer word nie:
Tit 3:9-10 Maar vermy dwase strydvrae en geslagsregisters en twis en stryery oor die wet, want dit is nutteloos en doelloos. Aan ‘n man wat partyskap verwek, moet jy jou onttrek ná die eerste en tweede vermaning…
2Jn 1:9-11 Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun. 10 As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie. 11 Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke.
Jou kommentaar (positief of negatief) word egter verwelkom. Die webtuiste verander gedurig; so kom loer in wanneer jy tyd het en as jy is baie welkom om my ook privaat te kontak by: glgroenewald@gmail.com.
Ek werk nie alleen in die akker van God nie – ek is deel van die een liggaam van Christus en glo in die verskeidenheid van genadegawes, bedieninge en werkinge van die gees van God binne hierdie een liggaam (1Kor 12:1-31; Efes 4:1-16):
1Kor 12:12 Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus.
Hier is skakels na webtuistes van ander broers in Christus wat die waarheid van God’s Woord verkondig. Besoek ook gerus hul webtuistes vir verdere indiepte studies in Engels:
www.iswasandwillbe.com (Mike Vinson)
http://anthocul.wordpress.com/ (Tony Cullen)
As jy wil vinnig soek vir sleutelwoorde op die Afrikaanse webtuiste of die twee Engelse webtuistes, hier is die skakel.
Kom gesels hartlik saam!
[LET WEL: Ek publiseer nie alle korrespondensie nie]
Jou broer in Christus
Larry
Hier is ‘n paar onderwerpe wat reeds behandel is op hierdie webtuiste:
- Volgens die raad van Sy wil
- Die beginsels van geloof
- Die Waarheid oor die identiteit en rol van Satan
- Die valse leer van ‘n ewige hel
- God se redding kom alleenlik deur Sy vuur
- Het Jesus regtig meer van die hel gepraat as van die hemel?
- Het die mens ‘n onsterflike siel?
- Is God ‘n “drie-eenheid”?
- Die valse leer van ‘n wegraping
- Wat gebeur by die afsterwe van ‘n mens?
- Wat en waar is hemel?
- Is Henog, Elia, Moses, Johannes (die doper) in die hemel?
- God is Soewerein – “vrye” wil bestaan nie by skepsels nie!
- Die waarheid oor die antichris
- ‘n “Onvergeeflike sonde” is onskriftuurlik!
- Die ware Jode
- Die ware Sabbat
- God se doel met lyding
- Wat is vervalste en onvervalste melk?
- Hoe weet God voor die tyd wat mens gaan doen?
- Wat is ‘n “baba” in Christus
- Waarom maak God wette as Hy weet ons gaan dit breek?
- Die twee “Adams” waarmee God werk
- Hoe God die Skrifte ontsluit
- Die vyand van God is binne-in ons
- Ons ken Christus nie meer na die vlees nie
- Wee die valse herders wat die Vuur verhinder
- Is die “ewige helse vuur” regtig vir ewig?
- Wat is die verskil tussen die twee wette
- ‘n Klein Klompie
- God se werk word op die sewende dag voltooi
- Hoe leef almal van God se Woord?
- Selfs Jesus het gehoorsaamheid geleer deur lyding
- Wie is ‘hierdie geslag’ wat ALLES ervaar in Mattheus 24?
- Weet God regtig voor die tyd wat ons gaan besluit?
- Die doel van die sonde in ons lewens
—————————————————————————————
Kliek hier en besoek my YouTube-kanaal “Lewe in U Woord”
—————————————————————————————
Hier is ‘n skakel na uitstekende Bybel-sagteware:
Vandag se top artikels volgens besoeke
Meta:
Alle artikels:
- Lees eers hier (847)
Argiewe volgens maande:
- Mei 2023 (4)
- April 2023 (4)
- Maart 2023 (5)
- Februarie 2023 (4)
- Januarie 2023 (4)
- Desember 2022 (5)
- November 2022 (5)
- Oktober 2022 (5)
- September 2022 (5)
- Augustus 2022 (7)
- Julie 2022 (4)
- Junie 2022 (5)
- Mei 2022 (4)
- April 2022 (5)
- Maart 2022 (4)
- Februarie 2022 (4)
- Januarie 2022 (5)
- Desember 2021 (5)
- November 2021 (9)
- Oktober 2021 (6)
- September 2021 (5)
- Augustus 2021 (5)
- Julie 2021 (5)
- Junie 2021 (5)
- Mei 2021 (5)
- April 2021 (5)
- Maart 2021 (5)
- Februarie 2021 (7)
- Januarie 2021 (6)
- Desember 2020 (6)
- November 2020 (9)
- Oktober 2020 (8)
- September 2020 (9)
- Augustus 2020 (8)
- Julie 2020 (11)
- Junie 2020 (9)
- Mei 2020 (8)
- April 2020 (8)
- Maart 2020 (9)
- Februarie 2020 (8)
- Januarie 2020 (8)
- Desember 2019 (9)
- November 2019 (9)
- Oktober 2019 (7)
- September 2019 (8)
- Augustus 2019 (8)
- Julie 2019 (8)
- Junie 2019 (8)
- Mei 2019 (8)
- April 2019 (8)
- Maart 2019 (8)
- Februarie 2019 (9)
- Januarie 2019 (8)
- Desember 2018 (8)
- November 2018 (10)
- Oktober 2018 (9)
- September 2018 (10)
- Augustus 2018 (9)
- Julie 2018 (8)
- Junie 2018 (8)
- Mei 2018 (7)
- April 2018 (7)
- Maart 2018 (10)
- Februarie 2018 (8)
- Januarie 2018 (9)
- Desember 2017 (11)
- November 2017 (8)
- Oktober 2017 (10)
- September 2017 (8)
- Augustus 2017 (9)
- Julie 2017 (8)
- Junie 2017 (9)
- Mei 2017 (7)
- April 2017 (10)
- Maart 2017 (8)
- Februarie 2017 (6)
- Januarie 2017 (8)
- Desember 2016 (8)
- November 2016 (9)
- Oktober 2016 (12)
- September 2016 (9)
- Augustus 2016 (10)
- Julie 2016 (7)
- Junie 2016 (5)
- Mei 2016 (8)
- April 2016 (11)
- Maart 2016 (7)
- Februarie 2016 (6)
- Januarie 2016 (8)
- Desember 2015 (6)
- Oktober 2015 (2)
- September 2015 (3)
- Augustus 2015 (1)
- Julie 2015 (2)
- Junie 2015 (2)
- Mei 2015 (3)
- April 2015 (7)
- Maart 2015 (5)
- Februarie 2015 (5)
- Januarie 2015 (13)
- Desember 2014 (1)
- November 2014 (1)
- Oktober 2014 (1)
- September 2014 (1)
- Augustus 2014 (2)
- Julie 2014 (2)
- Junie 2014 (1)
- Mei 2014 (4)
- April 2014 (1)
- Maart 2014 (1)
- Februarie 2014 (3)
- Januarie 2014 (4)
- Desember 2013 (3)
- November 2013 (4)
- Oktober 2013 (4)
- September 2013 (3)
- Augustus 2013 (1)
- Julie 2013 (2)
- Junie 2013 (3)
- Mei 2013 (4)
- April 2013 (3)
- Maart 2013 (3)
- Februarie 2013 (11)
- Januarie 2013 (11)
- Desember 2012 (4)
- November 2012 (9)
- Augustus 2012 (1)
- April 2012 (1)
- Februarie 2012 (1)
- Januarie 2012 (1)
- Desember 2011 (2)
- November 2011 (1)
- Oktober 2011 (4)
- September 2011 (10)
- Junie 2011 (2)
- Maart 2011 (2)
- Februarie 2011 (2)
- Januarie 2011 (2)
- Oktober 2010 (3)
- Junie 2010 (5)
- Mei 2010 (17)
- April 2010 (6)
-
Join 120 other subscribers