Om Jesus te volg sal jou ‘n groot prys kos:
Luk 14:26-27 As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie. En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie.
Die koste moet behoorlik bereken word:
Luk 14:28-30 Want wie van julle wat ‘n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie? — sodat as hy die fondament gelê het en nie in staat is om dit te voltooi nie, almal wat dit sien, nie miskien met hom sal begin spot en sê: Hierdie man het begin bou en kon nie klaarkry nie.
Die prys is om vrede te maak met God:
Luk 14:31-32 Of watter koning wat optrek om teen ‘n ander koning slag te lewer, gaan nie eers sit en beraadslaag of hy in staat is om met tien duisend die een te ontmoet wat met twintig duisend teen hom kom nie? Anders stuur hy ‘n gesantskap as die ander een nog ver is, en vra vredesvoorwaardes.
Dit sal jou egter alles kos:
Luk 14:33 So kan dan ook niemand van julle wat nie afsien van al sy besittings, my dissipel wees nie.
Jy SAL verwerp word as jy Sy Woord bring:
Mat 10:14 En as iemand julle nie ontvang nie en na julle woorde nie luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af.
Jy SAL deur almal naaste aan jou GEHAAT word as jy aan Sy Woord getrou is:
Mat 10:22 En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
Jy SAL skelname genoem word:
Mat 10:24-25 ‘n Leerling is nie bo die meester nie en ‘n dienskneg ook nie bo sy heer nie. Dit is vir die leerling genoeg dat hy soos sy meester word en die dienskneg soos sy heer. As hulle die heer van die huis Beëlsebul genoem het, hoeveel te meer sy huisgenote!
Het Jesus Sy prys verander of verlaag? NEE!
Mat 10:34-40 Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader, en tussen ‘n dogter en haar moeder, en ‘n skoondogter en haar skoonmoeder. En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees. Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind. Wie julle ontvang, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.
Was Jesus ooit geintereseer in getalle om deel te wees van die eerste opstanding? NEE!
Mat 22:14 Want baie is geroep, maar min uitverkies.