Hoe werk die hart van ‘n “blymoedige gewer”?
2Kor 9:6-8 Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai. 7 Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief. 8 En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.
Die woorde “God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk” sê vir ons baie duidelik hoe die hartsoortuiging en alles wat die persoon het, deur God bepaal word!
Jer 10:23 Ek weet, o HERE, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan ‘n man om te loop en sy voetstappe te rig nie.
Spr 20:24 Die voetstappe van ‘n man hang van die HERE af: hoe sou ‘n mens dan sy weg verstaan?
As God dan inderdaad ons almal se aardse harte en alles in ons aardse lewens bepaal, soos die Skrifte oral bekendmaak, hoeveel te meer bepaal en bewerkstellig Hy ons almal se geestelike saligheid?
Fil 2:12-13 Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing; 13 want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.
As ons nie kan sien dat dit God is wat die eerste skuif maak in alles wat ons is en doen nie, dan is ons geestelik blind en geestelik doof, soos deur God bepaal vir almal in hierdie aardse Adam.
Rom 11:33-36 o Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë! 34 Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees? 35 Of wie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word? 36 Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
Eks 4:11 En die HERE antwoord hom: Wie het vir die mens die mond gemaak, of wie maak stom of doof, of siende of blind? Is dit nie Ek, die HERE, nie?
Dit is alles vir ons neergeskryf in die geskiedenis van Israel vir ons lering:
1Kor 10:11 Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.
Rom 11:8 Soos geskrywe is: God het hulle gegee ‘n gees van diepe slaap, oë om nie te sien nie en ore om nie te hoor nie, tot vandag toe.
As ons in ‘n geestelike slaap is, blind en doof, dan is ons geestelike stom en praat ons wat in ons harte is. Dan sal ons baie maklik val vir die leuens wat so populêr is, want alle menslike filosofieë en godsdienste het veral een ding in gemeen: hulle almal glo in die valse leer dat ‘n mens ‘n “vrye” wil het waarmee hy self besluit oor sy lewe. Hoe belaglik is die mens in sy aardse wysheid.
Jer 17:9 Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?
Jak 3:15 Dít is nie die wysheid wat van bo kom nie, maar is aards, natuurlik, duiwels;
Wie het dan nou besluit oor sy dag van geboorte, sy familie, sy plek van geboorte, sy familie se finansiële posisie en al die derglike dinge? God alleen bepaal alles in ons lewe! Hy weet waarom sommige in armoede en ander weer in rykdom moet leef. Hy besluit wat die posisie en lewensomstandighede van elkeen is:
Rom 9:20-21 Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? 21 Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?
As ons dus glo in ‘n sogenaame “vrye” wil, dan sal woorde soos “vrywillige gewer” of “freewill offerings” in sekere vertalings ons ondersteun in ons valse denke (ons “drekgode”). As ons in ons eie “drekgode” en hul leuens glo, dan antwoord God ons volgens daardie “drekgode” se leuens:
Eseg 14:2-4 Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: 3 Mensekind, hierdie manne het hulle drekgode in hulle hart opgeneem en die struikelblok tot hulle ongeregtigheid voor hulle aangesig neergesit—sou Ek My dan werklik deur hulle laat raadpleeg? 4 Daarom, spreek met hulle en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Elke man uit die huis van Israel wat sy drekgode in sy hart opneem en die struikelblok tot sy ongeregtigheid voor sy aangesig neersit en na die profeet toe kom—Ek, die HERE, sal hom daarvolgens, volgens die menigte van sy drekgode, antwoord gee.
Rom 1:24 Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid…
2Th 2:11 En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo…
Die woorde “vrywillige offers” (“freewill offerings” in sommige Engelse vertaling) was van die oorsponklike Hebreeuse woord “nedâbâh” vertaal. Hier is Dr James Strong se Hebreeuse woordeboek-betekenis van die woord “nedâbâh”:
H5071
נדבה
nedâbâh
ned-aw-baw’
From H5068; properly (abstractly) spontaneity, or (adjectively) spontaneous; also (concretely) a spontaneous or (by inference, in plural) abundant gift: – free (-will) offering, freely, plentiful, voluntary (-ily, offering), willing (-ly, offering).
Soos ons kan sien is die stamwoord van “nedâbâh”, die Hebreeuse woord “nâdab”, soos ook aangedui deur Dr Strong (#H5068):
H5068
נדב
nâdab
naw-dab’
A primitive root; to impel; hence to volunteer (as a soldier), to present spontaneously: – offer freely, be (give, make, offer self) willing (-ly).
Die eerste betekenis wat Dr Strong aan hierdie woord koppel “nâdab” is die Engelse woord “impel” en dit beteken om aan te spoor. Dit is baie insiggewend want die Skrifte sal ook bepaal wie die aansporingswerk doen IN ons sodat ons iets vrywillig doen. Maar kom ons begin by “nedâbâh”. Hier is ‘n paar voorbeelde waar die woord “nedâbâh” gebruik word:
Lev 22:18
AOV Spreek met Aäron en sy seuns en met al die kinders van Israel en sê vir hulle: Enigeen uit die huis van Israel of uit die vreemdelinge in Israel wat sy offer bring volgens al hulle geloftes en al hulle vrywillige offers [Hebreeuse woord: “nedâbâh”] wat hulle aan die HERE as brandoffer bring.
KJV Speak unto Aaron, and to his sons, and unto all the children of Israel, and say unto them, Whatsoever he be of the house of Israel, or of the strangers in Israel, that will offer his oblation for all his vows, and for all his freewill offerings [Hebreeuse woord: “nedâbâh”], which they will offer unto the LORD for a burnt offering;
Hier is Psalm 119 vers 108 waar “nedâbâh” ook vertaal word as “voluntary offerings” en “freewill offerings”:
Psa 119:108
(Darby) Speak unto Aaron, and to his sons, and unto all the children of Israel, and say unto them, Whatever man of the house of Israel, or of the sojourners in Israel, that presenteth his offering for any of his vows, and for any of his voluntary offerings [Hebreeuse woord: “nedâbâh”], which they present to Jehovah as a burnt-offering,
(ISV) LORD, please accept my voluntary offerings [Hebreeuse woord: “nedâbâh”] of praise, and teach me your judgments.
KJV Accept, I beseech thee, the freewill offerings [Hebreeuse woord: “nedâbâh”] of my mouth, O LORD, and teach me thy judgments.
Nou kom ons by die Hebreeuse stamwoord van “nedâbâh”, naamlik “nâdab”. Hier is ‘n paar voorbeelde in die Skrifte waar die Hebreeuse woord “nâdab” gebruik word – kyk noukeurig wie die aansporing doen, en wie die eer kry vir die gewilligheid van die mense vir hul vrywillige gawes:
Rigt 5:1-3 Op dié dag het Debóra en Barak, die seun van Abinóam, gesing en gesê: 2 Omdat aanvoerders aangevoer het in Israel, omdat die volk hom gewillig [Hebreeuse woord: “nâdab”] getoon het—prys die HERE! 3 Hoor, o konings! Luister, o vorste! Ek, tot eer van die HERE wil ek sing, tot eer van die HERE, die God van Israel, wil ek psalmsing.
1Kro 29:13-14 En nou, onse God, ons loof U, en ons prys u heerlike Naam. 14 Want wie is ek [Dawid] tog, en wat is my volk, dat ons in staat sou wees om sulke vrywillige gawes [Hebreeuse woord: “nâdab”] te skenk? Want dit kom alles van U, en uit u hand het ons dit aan U gegee.
Lees weer Dawid se woorde:
“Want dit kom alles van U, en uit u hand het ons dit aan U gegee.”
Is “alles” regtig ALLES? Ja! Alles kom van God. Die Skrifte is orals eenstemmig vir die wat oë gegee is om te sien en ore om te hoor! Nie baie kry hierdie insigte in hierdie aardse eon nie:
Mat 13:10-16 En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U tot hulle [die “skare” / die mense massas] deur gelykenisse? 11 Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie. 12 Want hy wat het, aan hom sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar hy wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het. 13 Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie. 14 En aan hulle word die profesie van Jesaja vervul wat sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie. 15 Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie. 16 Maar julle oë is gelukkig, omdat hulle sien; en julle ore, omdat hulle hoor.
As ons enige idee sou hê dat al ons hartsoortuiginge en ons optredes ons idee is, dan weet ons nie wie God is en hoe Hy ALLES wat ons is en wat ons doen in Sy boek geskryf het VOORDAT ons geskep was. Dan val ons onder die “hulle” aan wie die openbaring van God se woord nie gegee is nie. In ons blindheid lees ons byvoorbeeld hierdie woorde van Dawid en sien glad nie wat dit sê nie:
Psa 139:1-16 Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid. HERE, U deurgrond en ken my. 2 U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte. 3 U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend. 4 Want daar is nog geen woord op my tong nie—of U, HERE, U ken dit geheel en al. 5 U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my. 6 Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie. 7 Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig? 8 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! 9 Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, 10 ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou. 11 En as ek sê: Mag tog net die duisternis my oorval en die lig nag wees tot my beskutting, 12 dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig. 13 Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef. 14 Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed. 15 My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde. 16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.
As ons dan nog steeds ons “vrywillige offers” aan die valse “vrye” wil koppel, dan sal ons maar voor God antwoord gee. O ja, elkeen sal antwoord gee vir elke ydele woord wat hy of sy praat, soos deur God bepaal:
Mat 12:35-37 Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn. 36 Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag. 37 Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.
God is inderdaad in beheer van alles…
Efes 1:11 in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil.
….en dit is waaroor die natuurlike aardse mens nie wil toegee nie:
1Kor 2:14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.
Maar op die bepaalde tyd open God ons oë om te kan sien dat Hy IN ons ALMAL werk om ALLES te dink en te doen “na Sy welbehae” – die goed en die kwaad – om ten einde laas almal tot Hom te bring.
Fil 2:12-13 Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing; 13 want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.
Spr 16:4 Alles het die HERE gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.
Gen 50:18-20 En sy broers [Josef se broers] het ook self gegaan en voor hom neergeval en gesê: Kyk, ons is u slawe. 19 Maar Josef het hulle geantwoord: Moenie bevrees wees nie; want is ek in die plek van God? 20 Want júlle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit [die kwaad] ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om ‘n groot volk in die lewe te hou.
1Kor 15:27-28 Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. 28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
Die hart van elke “blymoedige gewer” word deur God beheer om die waarheid van God se hart te ken.
2Kor 9:6-8 Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai. 7 Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief. 8 En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.
Bo alles en almal is God die “Blymoedige Gewer” wat nie spaarsamig gesaai het nie en aan elkeen “in Adam” Sy saligheid “in Christus” oorvloediglik sal gee!!!
1Kor 15:22-24
Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; maar elkeen in sy eie orde [die 3 opstandings uit die dode]
- as eersteling Christus,
- daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.
- Daarna kom die einde,
wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.
Kyk hoe mooi hoe word dieselfde waarheid oor die 3 opstandings uit die dode in die Ou Testament vertel aan ons – die drie oorvloedige oesfeeste van die Vader wat nie spaarsamig saai nie:
Eks 23:14-16 Drie maal in die jaar moet jy vir My ‘n fees hou. 15 Die fees van die ongesuurde brode moet jy hou [verbind met “as eersteling Christus“ in 1 Korinthiërs 15 hierbo]: sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet soos Ek jou beveel het, op die bepaalde tyd in die maand Abib, want daarin het jy uit Egipte uitgetrek—maar hulle mag nie met leë hande voor my aangesig verskyn nie; 16 verder die fees van die oes, van die eerstelinge van jou werk [verbind met “daarna die wat aan Christus behoort by sy koms”], van wat jy op die land saai; en ook die fees van die insameling aan die einde van die jaar as jy jou werk uit die land insamel [ verbind met “Daarna kom die einde” – die laaste groep mense].
Al hierdie opbrengstes is “ooreenkomstig die seën van die HERE jou God”.
Deu 16:16-17 Drie maal in die jaar moet al jou manne voor die aangesig van die HERE jou God verskyn op die plek wat Hy sal uitkies; op die fees van die ongesuurde brode en op die fees van die weke en op die huttefees; en hulle mag nie met leë hande voor die aangesig van die HERE verskyn nie; 17 elkeen volgens die gawe van sy hand ooreenkomstig die seën van die HERE jou God wat Hy jou gegee het.