Almal word gered deur genade, sonder verdienste en dit is ‘n geskenk (“gawe”) van God:
Efes 2:8-9Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.
Niemand kan ook na Jesus kom as die Vader hom/haar nie trek nie:
Joh 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
Die hele reddingsproses is ‘n genadeproses wat “uit God” kom, dit is deur Hom geïnisieer; die hele proses word “deur God” bewerkstellig, en almal sal uiteindelik “tot God” kom.
Efes 2:10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.
Rom 11:36 Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
1Kor 15:22-28 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; 23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. 24 Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. 25 Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. 26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. 27 Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. 28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
God gaan 100% suksesvol wees en ALMAL in Adam red en tot saligheid bring. Hierdie geloof is egter nie nou in almal nie. Die mens kan NIE op sy eie tot God kom NIE. Niemand kan God soek as God daardie begeerte nie in die mens plaas nie:
Rom 3:10-18 soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie. 11 Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie. 12 Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie. 13 Hulle keel is ‘n oop graf, met hul tonge pleeg hulle bedrog, die gif van adders is onder hulle lippe. 14 Hulle mond is vol vervloeking en bitterheid. 15 Haastig is hulle voete om bloed te vergiet. 16 Verwoesting en ellende is in hulle paaie, 17 en die weg van vrede ken hulle nie. 18 Daar is geen vrees van God voor hulle oë nie.
Die mens se vleeslike wil is TEEN God en dit wat Hy doen. Die vlees KAN en WIL God nie behaag nie!
Rom 8:5-8 Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. 6 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, 7 omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. 8 En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;
Dit is eintlik teen ons menslike wil dat God ons “trek” na Hom om gered te word. God het dit so beplan en doen ook tot vandag so omdat Hy nie Sy eer met ‘n vleeslike skepsel deel nie. Anders kan elkeen spog dat hy self, op sy eie gekies het om Jesus te volg:
Joh 15:16 Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.
Daar is sommige wat hierdie woorde kan glo – hulle is deur Hom UITVERKIES om dit te glo. Die getal wat uitverkies is in hierdie aardse eon om God se woorde oor Sy saligheidsplan te kan aanvaar en dit uit te leef, is egter baie baie baie min:
Mat 22:14 Want baie is geroep, maar min uitverkies.
Want “baie” bely dat hulle self besluit het om in Jesus se naam goeie werke te doen. Hulle sê openlik dat hulle self hulle “harte” vir Jesus gegee het! Verbeel jou. Ek self het hierdie woorde op ‘n tyd gepraat in my onkunde. Ons almal praat met groot woorde dat ons Jesus “aangeneem” het as ons persoonlike saligmaker. Ons is eerlik en opreg IN ONS BLINDHEID EN ONKUNDE! Dit is die tragedie. Ywer is goed, maar verkeerde ywer is die ywer “sonder kennis”!
Rom 10:2 Want ek getuig van hulle dat hulle ‘n ywer vir God het, maar sonder kennis.
In ons tyd van ywer “sonder kennis” is ons selfs baie getrou in ONS goeie dade en is nie skaam om dit openlik voor God en mens te bely en uit te stal nie. Ja ons word “geroep”, maar ons luister nie reg nie. Luister noukeurig wat God aan hierdie “baie” geroepenes sê:
Mat 7:22 Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? Mat 7:23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!
Luister weer wat die Here sê…“Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!” Dit is die mense wat BAIE GOEIE dinge GEDOEN het wat hierdie harde woord hoor. Ek het hierdie harde woorde van die Here PERSOONLIK gehoor en beleef! Het jy al hierdie woorde persoonlik gehoor? As jy nog nie hierdie woorde reeds beleef het nie, dan sal jy dit wel later hoor en beleef want…
Mat 4:4 Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
Ware redding kom van God en dit is Sy werk van begin tot einde. Hy het besluit wie in die eerste opstanding gaan wees en wie in die tweede opstanding gaan wees. ALMAL sal egter slegs DEUR VUUR gered word – dieselfde VUUR:
1Kor 3:13-15 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. 14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; 15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.
Niemand mis hierdie vuur nie! Ons werke SAL beproef word DEUR DIE VUUR. Ons aardse werke sal openbaar word en ons sal daarvan moet afstand doen. Dit is wat bedoel word met die aflegging van die vlees. Dit is wat die globale vloed in ons eie lewe bewerkstellig! Ons moet verlossing kry van ons aardse gevangenis van vleeslikheid in AL sy vorme!
1Pe 3:18-22 Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees; 19 in wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis, 20 wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is; 21 waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete—deur die opstanding van Jesus Christus 22 wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is.
Die aflegging van die vlees is ‘n pynlik proses want ons wil nie die vlees verloor nie! Ons word lief vir hierdie aardse skepsel en al sy aanhangsels. In ons geestelike blindheid wil ons al hierdie aardse dinge met ons saamsleep na ‘n sogenaamde ‘hiernamaals’. Mense deur die geskiedenis maak groot bohaai van begrafnisseremonies en die ‘reis’ na die ‘hiernamaals’! Dit is alles van geen waarde. God stel nie belang daarin nie en ons moet die emosionele en finansiële uitbuiting van al hierdie valse propaganda van vlees sien. Ons moet God bid om ons VANDAG te help om Sy stem te kan hoor:
Heb 3:12-15 Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie. 13 Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie. 14 Want ons het deelgenote van Christus geword, as ons net die begin van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou; 15 omdat daar gesê word: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering nie.
Fisiese Israel IS NIE God se ware uitverkorenes nie, maar slegs geestelike tipes – hulle wys aan God se ware uitverkores wat om te doen en waarna om na uit te kyk om versigtig en Godsvresend te wandel VANDAG:
1Kor 10:11 Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.
Fisiese Israel WOU NIE die vurige toetse in die woestyn beleef nie. Hulle wou ‘n kort pad hê en het dus aanhou kla en kla oor hul beproewinge wat God op hulle gebring het vir hul eie beswil. Dit is OOK slegs DEUR ” baie verdrukkinge” dat God se ware uitverkores in Sy koninkryk sal ingaan. Hoe duidelik is dit nie in die HELE Skrifte nie!
Hand 14:22 en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.
Ons beproewinge word nie verniet as ‘n vuurproses uitgewys nie!!!
1Pe 4:11-13 As iemand spreek, laat dit wees soos woorde van God; as iemand dien, laat dit wees soos uit die krag wat God verleen, sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en krag toekom tot in alle ewigheid. Amen. 12 Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie; 13 maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel.
Ja, daar is inderdaad vuur betrokke by redding. Jesus het belowe dat elkeen met vuur “gesout” sal word:
Mar 9:49 Want elkeen sal met vuur gesout word en elke offerande sal met sout gesout word.
En elkeen se werke sal getoets word deur God se GEESTELIKE vuur, en die vuur sal uitwys of die werke God s’n was (goud, silwer, kosbare stene), en of die werke ons s’n was (hout, hooi en stoppels). Deur hierdie proses word ons almal gered op die tyd soos deur God bepaal. Kom ons lees weer wat Paulus so mooi vir ons neergeskryf het sodat ons dit NIE kan vergeet nie….
1Kor 3:11-15 Want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus. 12 En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels— 13 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. 14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; 15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.
So, niemand word gered sonder om deur die vuur te gaan nie. Daar sal wel ‘n “geween en gekners van die tande” wees soos ons “skade ly” wanneer ons die ou mens (hout, hooi en stoppels) moet verloor:
Mat 8:12 Maar die kinders van die koninkryk sal uitgedryf word in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
Mat 13:49-50 So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei 50 en hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
Open 21:8 Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.
God se vuur is voorwaar ‘n verterende vuur!
Heb 12:29 Want onse God is ‘n verterende vuur.
Jer 5:14 Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare: Omdat julle hierdie woord spreek, kyk, Ek maak my woorde in jou mond ‘n vuur en hierdie volk hout, en dit sal hulle verteer.
Daar is die vuur wat God altyd gebruik om die hout, hooi en stoppels uit ons te brand. Ja dit is Sy Woord!!!
Jer 23:29 Is my woord nie só, soos ‘n vuur, spreek die HERE, en soos ‘n hamer wat ‘n rots vermorsel nie?
Maar die vuur sal nie vir ewig ons martel nie:
Spr 26:20a Deur gebrek aan hout [hout, hooi en stoppels – ons aardsheid] gaan die vuur dood…
Nou kan ons ook beter verstaan wat “genade” beteken. Almal word gered deur genade, deur VUUR, sonder verdienste en dit is ‘n geskenk (“gawe”) van God:
Efes 2:8-9 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.
Tit 2:11-12 Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn 12 en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe,
Heb 12:5-9 En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie; 6 want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem. 7 As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie? 8 Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie. 9 Verder, ons het ons vaders na die vlees as kastyders gehad, en ons het vir hulle ontsag gehad; moet ons nie veel meer aan die Vader van die geeste onderworpe wees en lewe nie?
Hallo Larry,Ek glo wel dat God almal wil red.Maar wat van die wat Sy genade gawe verwerp.En Hom haat.Wat Hom ontken.Wat ontken dat Jesus die enigste weg is.Want niemand kom na die Vader behalwe deur My.
Markus 9:49 verwys na die gelowiges wat kies om Jesus te volg.Dit kan ook gesien word as die smeltkroes.Waar ons gelouter word en gesuiwer word.
1 Kor 3:13 – 15 Verwys weereens na die louterings proses.
Dus wat jy beweer is dat almal gered gaan word.Al is daar nou ‘n groot klomp wat eers deur die vuur gered moet word.Ek wil net vir jou se dit is ‘n Roomskatolieke geloof.Want dit weerspreek die Bybel.Let op die volgende:
Mal 4:2 Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.
Mal 4:3 En julle sal die goddelose vertrap, want hulle sal soos stof wees onder julle voetsole op die dag wat Ek skep, sê die HERE van die leërskare.
Rev 20:9 En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind.
Let wel hulle is verslind en nie beproef nie.Hulle is vernietig.En sal dus nooi weer wees nie.
Die onderwerping sluit ook in die vernietiging van die Bose,die valse Profeet en hulle volgelinge en die doderyk.
Om aan Christus te behoort
Het u geweet- ʼn Gelowige persoon is nie noodwendig ʼn geredde persoon nie?
1Korinthiers 1,21-Want aangesien in die wysheid van God die wêreld (mense) deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo te red.
Vraag;
Waarom moet ons gered word, en waarvan?
Génesis3; Deur die ongehoorsaamheid en begeerlikheid van Adam en Eva in die Paradys het daar skeiding gekom tussen God en die mens. As gevolg hiervan het die mens ʼn sondige natuur geêrf en is gedoem om verlore te gaan.
Maar God het die mense wat Hy geskape het lief,(Johan3,16) en gee uit sy groot genade sy eniggebore Seun Jesus Christus, as offer om aan ʼn kruis te sterf sodat sy bloed daar gestort, tot vergewing van jou en my sondes kan dien.
1Timótheüs2,4-5 wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus.
———–
Daar is niks wat ons as mense kan bydra tot hierdie verlossingsdaad van God aan die mens nie.
Al wat van ons verwag word is om dit te glo en te aanvaar. Maar om dit te kan doen is dit noodsaaklik om die riglyne soos in die bybel vir ons uiteengesit noukeurig sou volg, en die Heilige Gees toelaat om ons in die volle waarheid te onderrig.
Die ewige lewe moet ons fokuspunt en einddoel wees.
———–
Nou ontstaan die vraag; is dit vir ʼn gelowige persoon moontlik om verseker te weet, hy of sy staan in die volkome geloof met God?
Volkome geloof kan in twee dele beskryf word:-Die een deel is om in algehele afhanklikheid en opregtheid in God te glo.
Die ander deel wat onlosmaaklik van die eerste deel is om ʼn volkome geloof te bewerkstellig, is om te ken in wie ons glo.
———–
Kom ons kyk na ʼn paar voorbeelde uit die Bybel.
Die verhaal van Korneliüs is veelseggend, Handelinge10; ons lees van hom dat sy wandel en handel voor God so opreg was dat sy gebede opgestyg het voor God. Sy een deel van die volkome geloof in God was in plek, maar die ander deel om te ken in wie hy glo het ontbreek.
Ons sien ʼn engel verskyn aan hom en sê hy moet vir Simon Petrus laat haal om hom te onderrig.
Wanneer Petrus vir Kornelius en sy mense die boodskap bring dat God in sy groot genade en liefde dit vir alle mense moontlik maak om gered te word volgens Johannes3,16;-Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê, en 1Johannes5,20;-En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die ware God te ken, en ons is in die ware God, in sy Seun Jesus Christus,Hy is die ware God en die ewige lewe, Galásiérs3,26-29 Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; want julle almal wat in Christus gedoop is,het julle met Christus beklee. Daar is nie meer Jood of Griek nie,daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.
En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.
Nou word die ander deel vir ʼn volkome geloof in God vir hom geopenbaar, en word hy in die Naam van Jesus Christus gedoop ,en is sy geloof volkome.
——————
Nog ʼn treffende voorbeeld is die verhaal van Paulus; Ons lees hy was ʼn yweraar vir God, hy was opgevoed in die strengste Joodse geloof, hy was vas oortuig daarvan dat wat hy gedoen het,nl om die Christen geloof uit te delg reg was. Sy geloof in God was opreg, maar die deel om te ken in wie hy moet glo het ook by hom ontbreek. Ons sien op die pad na Damaskus het hy ʼn ontmoeting met God. Hy vra wie is U Here?, en die Here antwoord hom, Ek is Jesus wat jy vervolg. Nou kom die ander deel vir ʼn volkome geloof nl om te ken in wie hy moet glo in werking en sy geloof word volkome.
—————-
1Johannes3,2 Geliefdes, nou is ons kinders van God en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is.
Johannes14,6;Jesus antwoord hom. Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
Johannes10,9;Ek is die deur; as iemand deur my ingaan,sal hy gered word,en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.
Dit is baie belangrik indien ons aan Christus wil behoort om in die volkome geloof te wandel.
Ons lees in Efêsiérs4,4-5;Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping. Een Here, een geloof, een doop. (God maak die reëls, nie ons nie)
—————–
In die eerste plek moet ons die bybel, as die Woord van God onbetwisbaar erken en aanvaar. Ons lees in 11Timóteüs 3,16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. En ʼn gedeelte uit die Skrif wat pragtig daarmee aansluit vind ons in Spreuke30,5&6 Elke woord van God is gelouter, Hy is ʼn skild vir die wat by Hom skuil. Voeg by sy woorde niks by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as n leuenaar openbaar word nie. Ons vind ook ʼn vermaning in11Timóteüs 2,15 nl. Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ʼn werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.
————————-
Een Here;-Markus12,29 En Jesus antwoord hom. Die eerste van al die gebooie is; Hoor Israel, die Here,onse God is ʼn enige Here.
1Korinthiers12,3 Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ʼn vervloeking noem nie, en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.
Handelinge 9,5 En hy sê. Wie is U Here? En die Here antwoord. Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.
Filippense2,10&11 sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.
Johannes14,6 Jesus antwoord hom. Ek is die weg en die waarheid en die lewe, niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
Uit bogenoemde tekse is dit baie duidelik dat Jesus Christus die Here is.
—————–
Een Geloof;-Johannes 3,16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Johannes5,24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
Johannes6,40&47 En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe.
Johannes12,44&45 En Jesus het uitgeroep en gesê. Wie in My glo, glo nie in My nie, maar in Hom wat My gestuur het. En wie My aanskou, aanskou Hom wat My gestuur het.
Johannes10,30 Ek en die Vader is een.
1Johannes3,23 En dit is sy gebod, dat ons in die Naam van sy Seun, Jesus Christus, moet glo en mekaar liefhê soos Hy ons ʼn gebod gegee het.
1Johannes5,13 Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.
Johannes 3,18 Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.
1Johannes5,20 En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die waaragtige te ken; en ons is in die waaragtige, in sy Seun,Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe. My kinders, bewaar julleself van die afgode. Amen.
Uit bogenoemde skrifte is dit ook duidelik dat alleenlik deur die geloof in die Seun van God nl Jesus Christus ons die ewige lewe deelagtig kan word, en nie veroordeel hoef te word nie.
——————-
Een Doop;- Mattheus28,19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader, en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
Markus16,15&16 En Hy het vir hulle gesê. Gaan die hele wéreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word, maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.
Die evangelie wat verkondig moet word is saamgevat in Johannes 3,16 Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
———-
Nou moet ons egter op ʼn baie belangrike aspek van Jesus se opdrag let nl, Jesus sê, gaan en verkondig- vertel vir almal die goeie tyding dat hulle gered kan word.Hy sê nie gaan vra die wetenskaplikes-die wyses- die goddeloses-die redetwisters van ons tyd, wat hulle dink en hoe hulle oor hierdie aangeleentheid voel nie.”Nee”, Hy sê, vertel hulle net en maak seker hulle hoor en verstaan die boodskap,en beklemtoon die alternatief vir die wat nie wil glo nie, hulle sal veroordeel word.
Veroordeel kan beste verstaan word deur,( Vertoon sy of haar lewe, gedagtes, woorde, en dade.)
Matthéüs13,11 Toe antwoord Hy en sê vir hulle; Omdat dit aan julle(dissipels) gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie. Dit is die groot opdrag wat die Here Jesus Christus vir sy dissipels gegee het om uit te voer, net voor Hy opgevaar het na die hemel. Maar baie belangrik, nie uit hulle eie krag en verstand nie
———–.
Ons lees in Lukas24,45-49 Toe open Hy hulle verstand om die skrifte te verstaan. En Hy sê vir hulle. So is dit geskrywe,en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan, en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder. En julle is getuies van hierdie dinge. En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte.
Handelinge2,1-4 En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. En daar kom skielik uit die hemel ʼn geluid soos van ʼn geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
———————
Indien daar ooit iemand was wat volkome toegerus was om die evangelie van God te verkondig, dan was dit verseker Jesus se dissipels. Ons het gelees, Hy het hulle verstand gegee om die ware God te ken.Hy het hulle verstand geopen om die skrifte te verstaan, en hulle was met die Heilige Gees gedoop wat die Gees van die waarheid is, en nie kan lieg nie. En nou sien ons begin hulle die opdrag van Jesus uitvoer, nl om die evangelie te verkondig
Ons lees in Handelinge2,37 van die eerste bekeerdes.Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê. Wat moet ons doen broeders? En luister net wat sê Petrus gevul met die Heilige Gees vir hulle.
Handelinge 2,38 En Petrus sê vir hulle. Bekeer julle,(kom tot die geloof in Christus) en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
Verder lees ons in Handelinge8,12,16 Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop manne sowel as vroue.(16) want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus.
En nou kom Paulus in Handelinge19 en ons lees hy het in Efêse gekom en daar gelowiges gevind en hulle gevra. Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord. Met die doop van Johannes. Daar op sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat na hom kom, dit is in Christus Jesus. En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus.
In die mond van twee of drie getuies sal elke woord vas staan.(Petrus-Filippus-Paulus)
————
Een Here: Die Here Jesus Christus.
Een geloof: Die geloof in die Here Jesus Christus, om die ewige lewe te beêrwe.
Een Doop: Die doop in die Naam van die Here Jesus Christus, tot vergewing van ons sonde
—————————— Nou ontstaan die vraag; Het die doop; die besnydenis as teken van die verbond van God met Abraham vervang?
Antwoord;-Die besnydenis as uiterlike teken ( van God se verbond met Abraham en sy nageslag as erfgename) word vervang en vervolmaak deur die geloof in Christus Jesus.
Jy word nie ʼn kind van God deur jou te laat doop nie.(op welke metode ookal)
Simon die towenaar is die bewys hiervan. (Handeling8,9-24)
Jy word alleenlik ʼn kind van God deur die geloof in Christus Jesus.(Galásiérs3,26)
Waar pas die doop dan in?
Die doop in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, is deel van die proses om aan Christus te behoort.
————
(1)Glo;-Johannes3,16-Want so lief het God die Wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het,sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie,maar die ewige lewe kan hé.
(2)Aanneem;-Johannes 1,11-12-Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.
Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo.
(3)Bekering en doop;-Handelinge2,38-En Petrus sê vir hulle; Bekeer julle, (kom tot die geloof in Jesus Christus) en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
(4) Beklee;-Galásiérs3,27 want julle almal wat in Christus gedoop is het julle met Christus beklee.
Matthéüs22,11-12-En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ʼn bruilofskleed aan het nie. En hy sê vir hom; Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ʼn bruilofskleed aan?En hy kon geen woord sê nie.
(5)Wedergeboorte;- Johan3,5 Jesus antwoord; Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. Titus3,5- nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees.
—————
1Korinthiérs15,22-23; Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; maar elkeen in sy eie orde; as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms
Handelinge 4,12 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam (Jesus) onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.
Jeremia15,16 Ek het U woorde verslind toe hulle gekom het, hulle was vir my vreugde; ek was bly daaroor dat U Naam oor my uitgeroep is, Here almagtige God.
11Korinthiers2,14& Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus, en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei. Romeine16,16
Hallo B___
Eerstens baie dankie vir jou skrywe. Die talle Skrifverwysings in jou skrywe is ‘n groot aanmoediging vir my. Baie dankie daarvoor. Dit is voorwaar die Woord van God alleen wat ons bevry van ons eie sienings (“oorlegginge en gedagtes van die hart”) en valse leerstellings. Dit is hoe ons voor God oop en bloot staan (selfs nou) en dan ook besef met wie ons te doen het:
Heb 4:11-13 Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie. Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.
Jy raak ‘n hele aantal dinge aan waarop ek net kortliks wil reageer, as jy nie omgee nie. Kom ons begin by jou vrae aan die begin van jou skrywe. Jou eerste vraag is:
“Het u geweet- ʼn Gelowige persoon is nie noodwendig ʼn geredde persoon nie?”
Soos jy weet is daar baie gelowe en dan ook baie “gelowiges” binne elke geloof. Maar ek veronderstel dat jy van gelowiges binne die Christelike geloof praat. Volgens die Skrifte is geloof ‘n geskenk wat God gee aan diegene vir wie Hy besluit om dit te gee en op ‘n tyd soos deur Hom alleen bepaal:
Efes 2:8-9 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.
Joh 15:16 Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.
Wel daar het ons dit. God is in totale beheer van geloof en Hy alleen weet vir wie Hy hierdie geloof skenk om die vrugte te dra wat by die geloof pas. Soos jy tereg noem B____, is daar absoluut niks wat ons kan bydra in die reddingsproses nie. Laat my toe om jou pragtige woorde te kwoteer:
“Daar is niks wat ons as mense kan bydra tot hierdie verlossingsdaad van God aan die mens nie.
Al wat van ons verwag word is om dit te glo en te aanvaar. Maar om dit te kan doen is dit noodsaaklik om die riglyne soos in die bybel vir ons uiteengesit noukeurig sou volg, en die Heilige Gees toelaat om ons in die volle waarheid te onderrig. Die ewige lewe moet ons fokuspunt en einddoel wees.”
Ek stem 100% saam met jou. Die Bybel is ons enigste ware riglyn vir alles en dit is waar God vir ons Sy Woord opgesluit het. Jesus het so mooi gesê dat dit is Sy woord wat gees is en dit is Sy woord wat die lewe is:
Joh 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
Tog verwerp baie hierdie woorde omdat hulle net nie kan sien wat hier geskryf staan nie. Toe Hy hierdie woord die eerste keer genoem het, het baie van Sy dissipels Hom verlaat en Hom nie meer gevolg nie want hierdie woord skei mense:
Joh 6:64-66 Maar daar is sommige van julle wat nie glo nie. Want Jesus het van die begin af geweet wie hulle was wat nie glo nie, en wie hy was wat Hom sou verraai. En Hy sê: Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie. Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie.
Mat 10:34-35 Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader, en tussen ‘n dogter en haar moeder, en ‘n skoondogter en haar skoonmoeder.
Baie volg Hom net vir die fisiese dinge wat hulle van Hom kan kry, maar as dit kom by die geestelike dinge draai hulle om en verag Hom en ook Sy ware volgelinge sodat hierdie woorde in vervulling kan gaan, selfs in ons eie tyd:
Mat 22:14 Want baie is geroep, maar min uitverkies.
Gal 5:17 want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.
Ek sal later meer oor die vleeslike en geestelike Jesus sê, maar ek wil eers raak aan jou volgende vraag:
“Waarom moet ons gered word, en waarvan?”
Hier is die antwoord volgens die Woord van God:
1Kor 15:3 Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte;
Luk 11:4 en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat aan ons skuldig is; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose.
Gal 1:4 wat Homself gegee het vir ons sondes, sodat Hy ons kan uitred uit die teenwoordige bose wêreld, volgens die wil van onse God en Vader,
Heb 1:3 Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte,
1Pe 2:24 wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.
Rom 6:6 aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.
Ons is in die proses om gered te word van “ons sondes” – van die “liggaam van die sonde”. Die valse leraars sê dat ons van ‘n ewige hel gered moet word, maar ek kan nie so ‘n teks in die hele Skrifte sien dat Jesus ons van so iets kom red nie. Almal sal egter wel die vuur MOET ervaar om gered te word – Jesus het self so gesê!
Mar 9:49 Want elkeen sal met vuur gesout word en elke offerande sal met sout gesout word.
1Kor 3:13-15 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.
Volgens Jesus (en Paulus) is niemand uitgesluit nie. God het net EEN vuur waarmee elkeen “gesout” sal word:
Jer 5:14 Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare: Omdat julle hierdie woord spreek, kyk, Ek maak my woorde in jou mond ‘n vuur en hierdie volk hout, en dit sal hulle verteer.
Jer 23:29 Is my woord nie só, soos ‘n vuur, spreek die HERE, en soos ‘n hamer wat ‘n rots vermorsel nie?
Heb 12:29 Want onse God is ‘n verterende vuur.
Ons sonde of sondige toestand is ons grootste probleem en niemand is, volgens my kennis, in hierdie lewe reeds volkome vry van hierdie sondige toestand nie. Anders het Johannes gelieg toe hy hierdie woorde onder die inspirasie van God se gees geskryf het:
1Jn 1:8-10 As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot ‘n leuenaar en is sy woord nie in ons nie.
1Jn 2:1-2 My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het ‘n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige. En Hy is ‘n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.
Jy sal saamstem B____, Johannes en God lieg nie, maar “elke mens” wel -elkeen wat teen “hierdie woorde” gaan:
Rom 3:4 Nee, stellig nie! Maar God moet waaragtig wees en elke mens leuenagtig, soos geskrywe is: Sodat U geregverdig kan word in u woorde en oorwin as U gerig hou.
Sover ek sien is die woord “sal” altyd voor die woord “red” (of dan “gered”) in die Woord van God:
Mat 10:22 En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
Mat 24:13 Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
Mar 13:13 En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
Mar 16:16 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.
Luk 8:50 Maar toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom en sê: Moenie vrees nie. Glo net, en sy sal gered word.
Hand 2:21 En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
Hand 16:31 Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.
Rom 9:27 En Jesaja roep oor Israel uit: Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, net die oorblyfsel sal gered word;
Rom 10:13 Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
1Ti 2:15 Maar sy sal gered word deur kinders te baar, as hulle bly in geloof en liefde en heiligmaking, met ingetoënheid.
Ek het nie daardie woorde geskryf nie – ek kwoteer slegs wat “geskrywe” is want God maan ons om nie eens te dink bo of buite wat “geskrywe” is nie:
1Kor 4:6 Hierdie dinge, broeders, het ek op myself en Apollos toegepas om julle ontwil, dat julle aan ons kan leer om nie te dink bo wat geskrywe is nie, sodat julle nie die een ter wille van die ander opgeblase sou wees teen ‘n derde nie.
Kan ons God ken? Wel ek laat weer die Skrifte antwoord want my eie mening is niks werd nie:
Gal 4:8-9 Maar destyds, toe julle God nie geken het nie, het julle dié gedien wat van nature geen gode is nie; maar nou dat julle God ken, of liewer deur God geken is, hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien?
1Kor 8:3 Maar as iemand God liefhet, dié word deur Hom geken.
Rom 8:29 Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders;
Ons kan God net ken tot die mate wat Hy Homself aan ‘n persoon openbaar. Dit is dus onmoonlik vir enige “vlees en bloed” mens om die geestelike koninkryk van God in te gaan en nog minder om God werklik ten volle ken nie in hierdie lewe. Ons leer nog van God en selfs Paulus het dit teen die einde van sy lewe nog steeds bely:
1Kor 15:50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
1Kor 1:29 sodat geen vlees voor Hom sou roem nie.
Fil 3:10-13 sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word [dit is ‘n proses!], of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik. Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus gegryp is. Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie.
Paulus verklaar ook duidelik dat hy in sy aardse bestaan net “ten dele” ken alhoewel God hom en alles ten volle ken:
1Kor 13:12 Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.
Daar is ook diegene wat Jesus net ken “na die vlees” in ‘n fisiese gedaante (die wat soos ‘n mens s’n lyk), maar Paulus noem dit as ‘n “ander Jesus” met ‘n “ander gees” en ‘n “ander evangelie”. Ek kyk dus nie neer op hulle wat Jesus so ken nie, want hulle is opregte en eerlike dierbare mense. Maar hul ywer is sonder kennis, volgens die Skrifte. Net soos die fisiese Jode God ken, so ken baie mense (wat hulself as Christene klassifiseer) Jesus ook na die vlees:
Rom 10:2 Want ek getuig van hulle dat hulle ‘n ywer vir God het, maar sonder kennis.
2Kor 5:16 Ons ken dus van nou af niemand meer na die vlees nie; en al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken ons Hom tóg nie meer so nie.
2Kor 11:4 Want as iemand kom en ‘n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ‘n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ‘n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval.
Ons almal begin om Jesus “na die vlees” te ken, maar ons moet besef dat dit nie die geestelike Jesus is nie. Net die opgewekte geestelike Jesus kan ons red! Baie dien God met gevoelens en glo die gees van God bestaan in emosionele gewaarwordinge wat ook die vyf menslike sintuie moet bevredig. Diegene wat die “ander Jesus” of die Jesus “na die vlees” met groot ywer preek is juis hulle waarteen Jesus ons gewaarsku het. Hulle is juis die “baie” waarvan die Skrifte praat. Hulle is oortuigend omdat hul “ander evangelie” mense met vrees vul om getalle by hulle te kry en “handel dryf met die woord van God”. Hulle dink en preek selfs dat hulle eie geloof hulle gaan red!!!
Mat 24:4-5 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie. Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.
1Jn 4:1 Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.
2Kor 2:17 Want ons is nie soos baie wat handel dryf met die woord van God nie; maar as opregtheid, maar as uit God, in die teenwoordigheid van God, spreek ons in Christus.
Die ware Jesus en die ware gees verkondig die enigste ware evangelie wat verklaar dat God Jesus gestuur het om almal te red en Jesus gaan dit 100% regkry. Hy het immers vir die sondes “van die hele wêreld” gesterf:
1Ti 2:3-4 Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.
1Ti 4:9-10 Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word; want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad, omdat ons gehoop het op die lewende God wat ‘n Behouder [die Redder] is van alle mense, insonderheid van die gelowiges.
1Kor 15:21-22 Want aangesien die dood deur ‘n mens [dit is die eerste Adam] is, is die opstanding van die dode ook deur ‘n mens [die laaste Adam naamlik Christus]. Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;
Daar staan dit “geskrywe” vir hulle [“insonderheid van die gelowiges”] wat die geloof geskenk is om dit kan ontvang, B____. Dit hang geensins van die mens se wil af of hy gered gaan word nie – God gaan hom red, “maar elkeen in sy eie orde”:
Rom 9:16 So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is.
1Kor 15:23-28 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. Daarna kom die einde [dit is “die res” volgens die oorspronklike Grieks], wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
“…sodat God alles in almal kan wees” is harde woorde wat “baie” mense van die ware Jesus laat wegdraai! Almal gaan egter Jesus as Heer eer, en niemand kan Jesus as Heer erken as hy nie die gees van God het nie!!!
Fil 2:9-11 Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.
1Kor 12:3 Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ‘n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.
Wel om hierdie woorde te glo is vir baie nie tans beskore nie, maar hulle sal dit wel kan doen op ‘n latere stadium. Al die voorbeelde wat jy opgenoem het in jou skrywe B____ getuig saam met al hierdie waarhede. Dankie weereens vir jou skrywe en laat maar weet as daar iets is wat onduidelik was.
Jou broer in Christus
Larry