God se krag word in swakheid volbring!

Ons as mens was doelbewus geskep uit die stof van die aarde.

Gén 2:7  En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.

God het ‘n belangrike doel waarom Hy ons eerste van stof maak en nie in gees gemaak het nie:

Mat 26:41  Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.

Vlees is van nature swak, en ons almal sukkel met dieselfde dinge in die vlees, selfs Jesus moes deur dieselfde versoekings worstel:

Heb 2:14-18  Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel—  15  en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was.  16  Want waarlik, Hy bekommer Hom nie oor die engele nie, maar oor die geslag van Abraham bekommer Hy Hom.  17  Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ‘n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen.  18  Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word.

Jesus het in vlees gekom om ons te wys hoe ons almal deur ‘n pynlike aardse proses moet gaan om soos God te word, selfs om gehoorsaam te kan wees aan God se opdragte:

Heb 5:7-8  Hy wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hóm geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs—  8  Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het;

Ja, die vlees is nie perfek nie! Die vlees is swak! Adam en Eva was NIE perfek nie en het NIE ‘n ewige plek in God se geestelike koninkryk gehad nie!

1Kor 15:50  Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.

Adam en Eva was ongehoorsaam aan God se opdragte omdat hulle in swak vlees was. Jesus het ook in vlees gekom, maar het die gees van God in volheid gehad en het nie gefaal soos Adam en Eva nie!

Kol 1:19  Want dit het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon.

Kol 2:9  Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik;

Ons moet deur die swak vlees en baie beproewinge gaan om in die geestelike koninkryk van God in te kan gaan, naamlik die laaste Adam, Jesus Christus, wat NOU in gees is en ons help om te oorwin:

Hnd 14:22  en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.

1Kor 15:45-50  So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees.  46  Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.  47  Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.  48  Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense.  49  En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.  50  Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.

Paulus het die geheim ontdek om in sy swakheid te roem, en sodoende het God Sy geestelike krag stelselmatig in hom ontsluit!

2Kor 12:5-10  …oor myself sal ek nie roem nie, behalwe in my swakhede.  6  Want as ek sou wil roem, sou ek nie ‘n dwaas wees nie, want ek sou die waarheid praat; maar ek laat dit ná, sodat niemand my hoër mag skat as wat hy van my sien of wat hy van my hoor nie.  7  En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my ‘n doring in die vlees gegee, ‘n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie.  8  Hieroor het ek die Here drie maal gebid, dat hy van my sou wyk.  9  En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.  10  Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.

Ons kweek dus die gewoonte aan om die sterkte van die Here te bely, alhoewel ons daagliks lewe in ‘n swak liggaam met soveel foute en tekortkominge!

Jes 30:15  Want so sê die Here HERE, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag…

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s