Die King James Vertaling gee ‘n pragtige woord in Engles vir die Hebreeuse woord “ob” wat in Afrikaans as “geeste van afgestorwenes” vertaal is. Die woord “familiar spirits” kan in Afrikaans as “familiêre geeste” vertaal word om beter uitdrukking te gee aan hierdie sterk geestelike verleiding wat baie mense mee besoek word.
God waarsku ons in Sy Woord om baie versigtig te wees vir hierdie tipe verleidende geeste en ook vir diegene wat saam met hulle “speel”:
Begeef julle nie tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie. Soek hulle nie om julle deur hulle te verontreinig nie. Ek is die HERE julle God. (Lev 19:31)
God ‘roei ‘n person uit’ wat met die geeste van afgestorwenes omgaan:
En as ‘n persoon hom begewe tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê om agter hulle aan te hoereer, sal Ek my aangesig teen dié persoon rig en hom uitroei onder sy volk uit. (Lev 20:6)
Die wat glo in en ‘n tuiste gee vir hierdie “familiêre” geeste, moet van ons verwyder word …
Ook het Josía die dodebesweerders en die waarsêers en die huisgode en die drekgode en al die verfoeisels wat in die land van Juda en in Jerusalem te sien was, uitgeroei, om die woorde van die wet te bevestig wat geskrywe is in die boek wat die priester Hilkía in die huis van die HERE gekry het. (2Konings 23:24)
Hoe weet ons wat ‘n “familiêre gees” is? Die woord “familiêr” is afkomstig van die woord “familie”, wat diegene insluit wat ons intiem ken en liefhet. Ons weet uit die Skrifte (die enigste betroubare bron oor alle sake van die lewe en die dood) wat die ware toestand van die dode is:
Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet. Hulle liefde sowel as hulle haat, ook hulle naywer, het lankal verdwyn, en hulle het vir ewig geen deel meer aan alles wat gebeur onder die son nie. (Prediker 9:5-6)
Daar is dit reguit uit die Woord van God. Hierdie Skrif word nie gekwoteer in enige van Christendom se denominasies wat glo in die leer van “die onsterflikheid van ‘n siel” nie. Die Skrifte sê egter dat alle siele wat sondig moet sterf :
Kyk, al die siele is myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun—hulle is myne; die siel wat sondig, dié moet sterwe.(Eseg 18:4)
Die siel wat sondig, dié moet sterwe; die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie; die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees, en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees.(Eze 18:20)
So daar staan dit ‘geskrywe’ – siele kan sterf en is dus nie “onsterflik” nie.
Alle dooie mense sal ‘n total anderse geestelike liggaam gegee word by die KOMENDE opstanding uit die dode, en tot dan slaap hulle (hulle rus in vrede!)
Want as die dode nie opgewek word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie; en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes; dan is ook die wat in Christus ontslaap het, verlore. As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense. Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het. (1Kor 15:16-20)
Al die afgesorwenes wat ons so lief gehad het op aarde, slaap NOU in God, en Hy het die mag om hulle weer te wakker in ‘n heel ander lewe by die komende opstanding UIT DIE DODE, net soos Hy hulle wakker geword het tot die fisiese lewe voorheen!
Die “familiêre geeste” doen hulself voor en “verskyn” as ons geliefdes (of ander afgestorwenes) en trek ons subtiel in hulle greep deur middel van kragtige agentskappe op aarde. Hulle saai dan sistematiese emosionele verwoesting in die lewens van hulle wat dit glo, en dit veroorsaak die meeste mense se ongelukkigheid.
Hierdie familiêre geeste is baie vernietigende kragte wat hulleself voordoen as engele van die lig. Hulle is kragtige drogbeelde wat die beheer van die gedagtes van die meeste mense vandag oorneem. Hulle verlaat niemand sonder ‘n massiewe geveg nie. Maar God se Woord is meer kragtig as hulle en dit is die enigste Waarheid wat die gevangenes vrymaak!