God weet ALLES voor die tyd en bewerkstellig ALLES!

God is regtig ALMAGTIG – Hy weet ALLES voor die tyd en bewerkstellig ALLES!

Meeste Godvresende mense sal erken dat God wel voorafkennis het van alle dinge en gebeure —-voor dit plaasvind:

Jes 46:9-10 Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie; 10 wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen.

Maar min kan aanvaar dat God ook intens betrokke is by alles (die goed en die kwaad) wat in hierdie skepping NOU aan die gang is en ook vanaf die begin af. Die Here “bewerk” alles! En Hy weet alles vooruit!

Heb 4:13 En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.

Amo 3:6  Sal die basuin in die stad geblaas word en die bevolking nie skrik nie? Sal daar ‘n onheil in die stad voorval as die HERE dit nie bewerk het nie?

Nog minder mense kan aanvaar dat God wel alles geweet het wat Adam en Eva sou doen voordat Hy hulle geskep het. God het inderwaarheid alles so opgestel om te gebeur presies volgens Sy plan. Ja, die slang in die tuin van Eden het nie net op sy eie daar opgedaag en Adam en Eva  versoek nie – so op sy eie  nogal. Soos die boek van Job ook uitwys, is dit God wat hierdie “ou slang”, Satan, in alles die presiese opdragte gee om uit te voer:

Job 1:12  Daarop sê die HERE aan die Satan: Kyk, alles wat hy het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie. En die Satan het weggegaan van die aangesig van die HERE.

God het Satan presies aangedui wat hy kon doen en wat hy nie kon doen nie. Baie dink en word valslik geleer dat hierdie ou slang, Satan, self boosheid uitgedink het. Hulle vereer hierdie skepsel met die skepping van die kwaad of die boosheid, terwyl God alleenlik skepper van alles is, ook die kwaad:

Jes 45:7  wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil [Hebreeus: “ra” = boosheid] skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.

Gen 2:9  En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad [Hebreeus: “ra” = boosheid].

Alle goddeloosheid in alle skepsels is geskep vir God se doel:

Spr 16:4  Alles het die HERE gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.

God weet alles wat jy dink en wat jy gaan doen:

Psa 139:1-5  Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid. HERE, U deurgrond en ken my.  2  U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte.  3  U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend.  4  Want daar is nog geen woord op my tong nie—of U, HERE, U ken dit geheel en al.  5  U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my.

Alles in ons lewens was reeds bepaal voor ons geboorte, selfs elke dag se gebeure is haarfyn beplan en word haarfyn gedoen op God se instruksies:

Psa 139:16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.

“…dae dat alles bepaal WAS…” is baie harde woorde en onmoontlik vir die natuurlike mens om te aanvaar. Net God skenk ons die geloof om daardie woorde te kan aanvaar. God ‘werk alles’ volgens Sy plan en doel!

Efes 1:11 in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil.

Oor die almag van God is die natuurlike mens baie ongelukkig want hy glo dit is hy wat sy eie lewe reël en wil dan ook daarin vereer word. Die mens se soeke na erkenning is een van die grootste euwels wat ons elke dag in ons eie lewens sien – as ons dit kan sien. Die mens is so oor homself dat hy selfs sy sonde verhef bo God se vergifnis. Die mens kan nie glo dat God die grootste sondaar kan red nie – en Hy GAAN. Ons natuurlike mens kan nie aanvaar dat alles “uit” God is, dat alles “deur” God kom, en dat alles ook weer “tot” God kom nie:

Rom 11:36 Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

Hierdie natuurlike mens in ons is God se vyand want hy kan nie God herken of erken in al hierdie dinge nie. Slegs deur God se gees in ons kan ons hierdie mens van sonde in ons gesien word en ook dan tot niet maak – hy word nie verniet “die seun van die verderf” genoem nie, Hy was nooit gemaak om vir ewig te lewe nie:

2Th 2:3-8  Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf  4  die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.  5  Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie?  6  En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word.  7  Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;  8  en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak.

“die mens” = “die seun van verderf” = “die teenstander” van God = “die verborgenheid” (MIN kan dit raaksien) = “die ongeregtige”

Jesus se koms IN ons is deur Sy Woord, die asem van sy mond. Hierdie asem is Sy gees wat ons lewendig maak en verlos van die asem van vleeslike lewe:

 Joh 6:63  Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.

 Gen 2:7 En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

2 Responses to God weet ALLES voor die tyd en bewerkstellig ALLES!

  1. D______________ skryf: sê:

    Loof die Here dat dit Hy alleen is wat alles bewerk! Dankie Here vir my oe en ore wat deur U oopgemaak is om die mens van verderf in myself en my geliefdes te kan sien en bowenal dat U dit afbreek in almal volgens hul eie orde! U goedheid en guns sal my volg tot in lengte van dae! U liefde ken geen einde nie! Prys U Naam Vader wat in Christus alles met Uself versoen. Ek het U lief Here omdat U my eerste liefgehad het! Dankie vir U lering deur Larry. Ek bid vir U voorsiening in al sy en Lyndell se behoeftes deur U rykdom in Christus.

  2. Larry sê:

    Alle prys aan ons Here Jesus en Sy Vader, ons Vader! Alles is van God en ons dank Hom saam met jou. Baie dankie vir die gebede vir ons ook Desre. Ons waardeer jou.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s