‘n Gedaante van godsaligheid

Daar is ‘n rangorde in geestelike Babilon wat ons op ons eie tyd sal beleef en waaruit ons moet leer hoe die koninkryk van God NIE opereer nie. Jesus het dan juis die woorde gesê om aan ons te wys waarvoor ons moet uitkyk in ons eie lewens (Matt 4:4):

Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Julle weet dat die owerstes van die nasies oor hulle heers en die groot manne oor hulle gesag uitoefen; maar só moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees. En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees; net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie. Mat 20:25-28

Die wêreld en sy stelsel heers in geestelike Babilon, die afvallige kerk in al haar verskillende gewade, wat onder Jesus se Naam opereer:

En in dié dag sal sewe vroue [simbool van die hele valse kerk wat onder verskillende name opereer] een man [Jesus en Sy Naam] aangryp en sê: Ons eie brood [hul eie leerstellings] sal ons eet en ons eie kleed [hul eie geregtigheid] aantrek; laat net jou naam oor ons genoem word, neem ons smaadheid weg. Jes 4:1

“…..neem ons smaadheid weg” is hoe die valse Christusse in geestelike Babilon uitgeken word. Hulle wil nie verdrukking hê ter wille van Jesus se ware leer nie, daarom preek hulle die “ander evangelie” van ‘n “ander Jesus” wat maklik op die oor val want dit kom van ‘n “ander gees”:

Want as iemand kom en ‘n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ‘n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ‘n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval. 2Kor 11:4

Hulle glo in ‘n valse “prosperity gospel” en glo hulle moet nou al hul goue strate beleef. Wel ons weet wat die Woord sê ons moet doen met mense wat die soort leer verkondig:

Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun. As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie. Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke. 2Jn 1:9-11

Die ware Jesus leer ons om nie oor ander se geloof te heers nie:

nie dat ons heers oor julle geloof nie, maar ons is medewerkers aan julle blydskap; want in die geloof staan julle vas. 2Kor 1:24

Daar is orde in die koninkryk en so ook in die Kerk van Christus. God het wel “sommige” aangestel in leierskap wie die res bedien in nederigheid as diensknegte (om hul “voete te was”) om tot die eenheid van geloof te kom:

En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring; maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, uit wie die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate—die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde. Efes 4:11-16

Die bedieninge en funksies het niks te doen met titels of rangordes nie. Die bedieninge en funksies het alles te doen met die opbou van die hele liggaam van Christus en niemand staan bo die ander nie. Christus is tans alleen die Hoof en Sy ware Kerk weet dat Hy alleen BO staan:

En Hy [die Vader] het alle dinge onder sy [Jesus se] voete onderwerp en Hom [Jesus] as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul. Efes 1:22-23

Hy [Jesus] is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping; want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand. En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees. Kol 1:15-18

Daar is natuurlik die valse hoofde wat hulself hoër ag as die res van die liggaam en ook verering wil hê, en sodoende baie van hul prys beroof omdat hulle God se ware orde as niks beskou:

Laat niemand julle van jul prys beroof nie, al sou hy behae hê in nederigheid en verering van die engele en indring in wat hy nie gesien het nie, en sonder oorsaak opgeblase wees deur sy vleeslike gesindheid, en nie vashou aan die Hoof nie, uit wie die hele liggaam deur die gewrigte en verbindinge ondersteuning ontvang en saamgebind word en so met goddelike groei groot word. Kol 2:18-19

Die “verering van die engele” is die eer wat ons aan mense toeswaai wat ons as boodskappers self aanstel en hulle dan op ‘n valse troon plaas. Dit gebeur terwyl ons binne ‘n “vleeslike gesindheid” van nederigheid voor die mense optree in eerbetoning, maar agteraf lelike dinge van die sogenaamde leiers praat en dink. Mense wat hulle laat streel deur ‘n valse tong is onwys en nie die ware leiers van God se Kerk nie:

‘n Valse tong haat die wat hy verbrysel het, en ‘n gladde mond bewerk ondergang. Spr 26:28

Ons hou dus nie aan die ware Hoof vas nie en vereer engele as ons onsself besig hou met sulke valshede.  Ons moet eerlik en openlik wees en nie in valshede lewe nie:

‘n Valse weegskaal is vir die HERE ‘n gruwel, maar in ‘n volle gewig het Hy behae. Spr 11:1

Die orde van God word veral gesien in ons eie lewens in die manier hoe ons met die teenoorgestelde geslag optree. Sommige mans heers soos die owerstes van die wêreld oor hul vroue, net soos Jesus gesê het dit NIE moet wees nie…”Julle weet dat die owerstes van die nasies oor hulle heers en die groot manne oor hulle gesag uitoefen”:

Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is—sodat julle gebede nie verhinder mag word nie. 1Pe 3:7

Sommige vrouens glo egter weer dat hulle moet die leisels neem want hulle man is glo te swak. Maar dit is nie wat die orde wat God daar gestel het nie:

Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here. Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam. Efes 5:22-23

Net so moet julle, vroue, aan jul eie mans onderdanig wees, sodat, as sommige aan die woord ongehoorsaam is, hulle ook deur die wandel van die vroue sonder woorde gewin kan word as hulle jul reine, godvresende wandel aanskou het. Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie, maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ‘n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God. 1Pe 3:1-4

Hoe ons dus met mekaar omgaan, veral in die huwelik en in ons gesinne, weerspieël ons geestelike begrip van die verhouding van die Vader en die Seun:

Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus. 1Kor 11:3

As ons nie God en Sy Seun weerspieël in ons aardse verhoudings nie, ken ons nie die Vader en die Seun nie en Sy lewe is nie in ons nie:

En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het. Joh 17:3

Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun. 2Jn 1:9

Daar is ‘n meganiese weergawe wat deur baie mense nageboots word en ‘n vroomheid het wat vir niks skrik nie:

mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af. 2Ti 3:5

Dit is hulle wat voorgee dat Christus in hulle lewe is, maar dit is op die einde van die dag maar net deel van die groot dwaling wat eintlik neerkom op onegte hart met ‘n valse Jesus:

En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo. 2Th 2:11

Die toets is nie by die kennis van die Skrifte alleenlik nie, maar ook die dade in ons alledaagse lewe:

Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het. En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots. Mat 7:24-25

 

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s