Die valse leer van ‘n “wegraping”

Hierdie leerstelling is baie populêr by sommige in die afvallige Christendom en ek was self vir jare onder die beheer van hierdie leuengees. Ons weet dat alle geeste onder God se beheer is en dat ook alle leuengeeste deur God gestuur word om Sy doel te bereik:

Heb 12:9 Verder, ons het ons vaders na die vlees as kastyders gehad, en ons het vir hulle ontsag gehad; moet ons nie veel meer aan die Vader van die geeste onderworpe wees en lewe nie?

1Sa 16:14 Maar die Gees van die HERE het van Saul gewyk, en ‘n bose gees, deur die HERE gestuur, het hom verskrik.

1Kon 22:19-23 Verder sê hy: Daarom, hoor die woord van die HERE: Ek het die HERE sien sit op sy troon terwyl al die hemelse leërskare by Hom staan, aan sy regter— en aan sy linkerhand. 20 En die HERE het gesê: Wie sal Agab oorhaal, dat hy kan optrek en val by Ramot in Gílead? En die een het so gesê, en die ander weer so. 21 Toe kom die gees vorentoe en gaan voor die aangesig van die HERE staan en sê: Ek sal hom oorhaal. En die HERE vra hom: Waarmee? 22 En hy sê: Ek sal uitgaan en ‘n leuengees word in die mond van al sy profete. En Hy sê: Jy sal oorhaal, ja, jy sal ook oorwin; gaan uit en doen so. 23 En nou, kyk, die HERE het ‘n leuengees in die mond van al hierdie profete van u gegee, en die HERE het onheil oor u gespreek.

As God ‘n leuengees stuur, het niemand enige manier om dit te ontduik nie. Ons sal nie eens weet ons is onder ‘n dwaal nie, want die leuen lyk soos waarheid:

2Th 2:11-12 En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, 12 sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.

Hulle wat glo aan die sogenaamde “wegraping” kan nie die volgende woorde van Jesus sien nie – nog minder verstaan:

Mat 24:37-41 En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. 38 Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het, 39 en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. 40 Dan sal daar twee op die land wees; die een word aangeneem en die ander word verlaat. 41 Twee vroue sal by die meul maal; die een word aangeneem en die ander word verlaat.

Wie word aangeneem en wie word verlaat? Met ander woorde, wie word weggeneem en wie word op die aarde gelaat?  Jesus gee ons die leidraad…”net soos die dae van Noag”. Wie word op die aarde agtergelaat? Kyk wat sê Jesus:

Mat 5:5 Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe.

Wat? Die regverdiges sal die aarde beërwe? Ja! Dit is presies wat Dawid geïnspireer was deur God om te profeteer…

Psa 37:29 Die regverdiges sal die aarde besit….

Salomo was ook geïnspireer deur God om die volgende te skryf vir diegene wat dit kan glo:

Spr 10:30 Die regverdige sal vir ewig nie wankel nie, maar die goddelose sal in die land nie bly woon nie.

In die dae van Noag was die goddeloses weggeneem van die aarde…weggeraap deur die dood deurdat hulle omgekom het in die waters! Die agt wat regverdig verklaar was deur God, het na die globale vloed op die aarde gebly!

1Pe 3:20-21 [die goddeloses] wat eertyds ongehoorsaam  was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is; 21 waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete—deur die opstanding van Jesus Christus

Noag en sy familie was “DEUR” die oordeel van die waters GERED! Wel daar is dit vir almal om te lees -maar wie lees dit? Wie hoor of verstaan dit? Wie bewaar of pas die woorde toe?

Open 1:1-3 Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het, 2 wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus alles wat hy gesien het. 3 Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.

Hoor wat sê Johannes in die boek van Openbaring oor die regverdiges wat op die aarde sal regeer na die eerste opstanding uit die dode:

Open 20:4-6 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. 5 En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding. 6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.

Hierdie groep uitverkorenes sluit ook hulle in wat in Christus geglo het en gesterf het en dood is tot nou toe! Hulle was dood en sal uit die dode opstaan:

1Th 4:15-16 Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie. 16 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.

1Kor 15:52 in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.

Sonder ‘n opstanding uit die dode is almal eenvoudig verlore – dood! Luister mooi na Paulus se woorde:

1Kor 15:16-18 Want as die dode nie opgewek word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie; 17 en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes; 18 dan is ook die wat in Christus ontslaap het, verlore.

Hulle wat ontslaap het in Christus word in die eerste opstanding uit die dode opgewek en saam met die gelowiges wat dan nog lewe aangestel as konings en priesters op die aarde!

1Kor 6:2a Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? 

Hierdie uitverkorenes het nie hierdie heerskappy gekry omdat hulle beter is as die res nie. Nee, hulle word “uit genade…deur die geloof” gered, en nie uit hulself nie:

Efes 2:8-9 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.

Hierdie uitverkorenes is dus nie ‘vol van hulself’ nie, maar was eerste deur God se oordeel geneem en is nederig van hart en is gevul met die vrug van die gees van God:

1Pe 4:17 Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?

2Kor 10:1 En ek self, Paulus, bid julle by die sagmoedigheid en vriendelikheid van Christus, ek wat in julle teenwoordigheid wel nederig is onder julle, maar in my afwesigheid moedig teenoor julle—

Gal 5:22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.

Efes 4:1-2 Ek vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is, 2 met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra

Hulle het oorwinning ontvang oor hul vlees:

Rom 6:11-13 So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here. 12 Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. 13 En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.

Hierdie heerskappy is om bevry te word van die gees van die wêreld:

1Jn 2:16-17 Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld. 17 En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.

Die regverdiges in Christus sal wel op die fisiese aarde regeer vir die simboliese 100o jaar nadat hulle in die eerste opstanding (uit die dode) geestelike lewe ontvang het.  Hulle sal net soos Jesus opereer toe Hy uit die dode opgestaan het:

Luk 24:13-16 En twee van hulle was dieselfde dag op pad na ‘n dorp wat agt myl van Jerusalem af was, met die naam van Émmaüs. 14 En hulle was in gesprek met mekaar oor al hierdie dinge wat voorgeval het. 15 En terwyl hulle praat en mekaar ondervra, kom Jesus self nader en loop met hulle saam. 16 Maar hulle oë is weerhou, sodat hulle Hom nie kon herken nie.

Luk 24:30-31 En toe Hy met hulle aan tafel was, neem Hy die brood en dank; en Hy breek dit en gee dit aan hulle. 31 Toe is hulle oë geopen en hulle het Hom herken, en Hy het uit hulle gesig verdwyn.

Luk 24:33-36 Toe staan hulle in dieselfde uur op en gaan na Jerusalem terug en vind die elf en die wat saam met hulle bymekaar was, 34 wat sê: Die Here het waarlik opgestaan en het aan Simon verskyn. 35 Toe vertel hulle wat op die pad gebeur het en hoe Hy aan hulle bekend geword het by die breking van die brood. 36 En terwyl hulle hieroor praat, staan Jesus self in hul midde en sê vir hulle: Vrede vir julle!

Joh 20:26 En agt dae daarna was sy dissipels weer binne, en Thomas saam met hulle. En Jesus het gekom terwyl die deure gesluit was, en het in hul midde gestaan en gesê: Vrede vir julle!

1Kor 15:5-8 en dat Hy aan Céfas verskyn het; daarna aan die twaalf. 6 Daarna het Hy verskyn aan oor die vyf honderd broeders tegelyk, waarvan die meeste nou nog lewe, maar sommige al ontslaap het. 7 Daarna het Hy verskyn aan Jakobus; daarna aan al die apostels; 8 en laaste van almal het Hy verskyn ook aan my as die ontydig geborene.

Alle aardse koninkryke sal aan God gegee word en die uitverkorenes sal oor dit heers:

Open 11:15 En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.

Om God se wil te doen, bring bevryding van, en heerskappy oor die aarde en al sy dinge. Bevryding van die aarde en al sy verleidelikhede kom egter slegs deur God se oordeel:

Jes 26:9 Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.

Gaan hierdie uitverkorenes deur “groot verdrukking”? O ja! God se uitverkore kinders gaan inderdaad deur “baie verdrukkinge”: 

Hand  14:22  en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.

1Pe 4:12  Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie.

Let op wie is diegene wat die “groot verdrukking” eerste ervaar. Ek haal eers aan Jesus se woorde aan Sy dissipels in Mattheus 24:

Mat 24:3  En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld? 

Mat 24:21  Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. 

Mat 24:9  Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgeeen julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam. 

Mat 24:13  Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. 

Mat 24:22  En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenessal daardie dae verkort word. 

Mat 24:25  Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê.  

Mat 24:33  So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur.  

Mat 24:34  Voorwaar Ek sê vir jullehierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie. 

Hoor Paulus se woorde….

2Kor 2:4  Want uit groot verdrukking en benoudheid van hart het ek aan julle geskrywe, onder baie trane, nie dat julle bedroef mag word nie, maar dat julle mag weet van die liefde wat ek oorvloedig vir julle het. 

Van wie word hier in die volgende vers gepraat? (ek gebruik ‘n paar vertalings om hierdie waarheid te beklemtoon):

Open 7:14  En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam. 

Rev 7:14 GNB  “I don’t know, sir. You do,” I answered. He said to me,“These are the people who have come safely through the terrible persecution. They have washed their robes and made them white with the blood of the Lamb. 

Rev 7:14 WNT  “My lord, you know,” I replied. “They are those,” he said, “who have just passed through the great distress, and have washed their robes and made them white in the blood of the Lamb. 

Rev 7:14 CEV  “Sir,” I answered, “you must know.” Then he told me: “These are the ones who have gone through the great suffering. They have washed their robes in the blood of the Lamb and have made them white. 

Dit is die uitverkorenes van God wat hier na verwys word wie DEUR die “groot vedrukking” gekom het want hulle klere was gewas en hul klere was wit gemaak in die bloed van die Lam. Kan mens al die woorde in die Skrifte lees en steeds vashou aan die valse leer van ‘n wegraping?  Net as mens onder die beheer is van die leuengees wat deur God gestuur is sal die waarheid verwerp word. God neem volle verantwoordelikheid want Hy gaan almal se oë oopmaak vir die waarheid op die tyd soos deur Hom bepaal. Niemand kan die tempel van God ingaan – die tempel is skriftuurlike verwysing na die koninkryk van God – alvorens hy of sy deur al die sewe plae van God gegaan het nie. Die sewe plae verwoes alle vlees – die eerste Adam in ons almal!

1Kor 15:45-50 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees. 46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike. 47 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel. 48 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. 49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra. 50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.

Ons ou tempel moet ten volle afgebreek word voor die nuwe tempel gevestig kan word (lees gerus Mattheus 24 in die verband, en sien alles wat geskryf is as INNERLIK – anders moet jy wag en dit eers later sien, soos God wil).

Luk 17:20-21 En toe Hy deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van God kom nie met sigbare [uiterlike] tekens nie. 21 En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle.

Mat 4:4 Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.

Ek roep nog ‘n betroubare getuie in om hierdie afbreekproses van ons ou tempel en die opbouproses van die nuwe tempel op te som – die apostel Johannes:

Open 15:8  En die tempel het vol rook geword uit die heerlikheid van God en uit sy krag, en niemand kon ingaan in die tempel voordat die sewe plae van die sewe engele voleindig was nie.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

2 Responses to Die valse leer van ‘n “wegraping”

  1. Terug pieng: Temas | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord

  2. Terug pieng: Jesus se wederkoms (met spesiale verwysings na gedeeltes uit Mattheus 24 en 25, en Lukas 17 en 21): Deel 6 – Die onvoorspelbare dinge van God | 4windkoinonia

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s