Skadu’s Teen die Muur

Musiek: Skadu’s Teen Die Muur

Skadu’s Teen die Muur
(Aangepas van die lied “Skadu’s teen die muur” van Koos du Plessis)

Hulle sê…Die donker kom van buite,
en syfer deur die ruite,
en ons gooi maar ‘n paar kole op die vuur.
En die tafel en die laaikas,
en alles wat eers vas was,
versmelt tot blote skadu’s teen die muur.

Ons drome van gister,
word somber en sinister,
want kyk, alles het ‘n vasgestelde uur.
Ons beplan toringblokke,
maar die slopers is betrokke,
en ons drome is bloot skadu’s teen die muur.

Hierdie aardse lewe is slegs skaduwees
Skaduwees van duisternis en dood.
Hierdie hemel en hierdie aarde sal alles vergaan,
Maar God’s woord sal bly staan.
Want hierdie lewe is ‘n skadu teen die muur.

Met orrelbeleiding kom die voorspel tot die skeiding,
maar dis alles reg,
die mens se liefde is ‘n vuur.
En van die vurige hofmaak
hoor ons later in die hofsaak,
want aardse liefde is ‘n skadu’s teen die muur.

In swart of wit getooi,
in ‘n stoet of in konvooi,
wonder elkeen hoe lank alles nog sal duur.
En ons leef holderstebolder,
want die kis wag op die solder,
en die lewe is ‘n skadu teen die muur.

Hierdie aardse lewe is slegs skaduwees
Skaduwees gevul met duisternis en dood,
Hierdie hemel en aarde sal alles vergaan
Maar God’s woord sal bly staan
Hierdie lewe is ‘n skadu teen die muur.
Hierdie lewe is ‘n skadu teen die muur.
Hierdie lewe is ‘n skadu teen die muur.

Musiek

Hierdie lewe is ‘n skadu teen die muur.
Die wêreld is ‘n skadu teen die muur.
‘n Verbygaande skadu teen die muur.

Jesus bring die lig,
Bring die lig uit die donkerte!
Jesus bring die lewe uit die dood!
Jesus is die Redder van alle mense!
Van almal wat in Adam sterf!

Jesus bring die lig,
Bring die lig uit die donkerte!
Jesus bring die lewe uit die dood!
Jesus is die Redder van alle mense!
Van almal wat in Adam sterf!

Die donker was maar altyd binne,
Ons leef eers in totale onkunde,
En ons gooi altyd die kole op ons vuur.
Maar die verlossing en die lig,
Kom deur God en sy insig,
Die ware lewe is Christus die Heer.

Jesus bring die lig,
Die lig uit die donkerte!
Jesus bring die lewe uit die dood!
Jesus is die Redder van alle mense!
Van almal wat in Adam sterf!

Jesus bring is die Lig in ons donkerte!
Jesus is die Lewe uit ons dood!
Jesus is die Redder van alle mense!
Van almal wat in Adam sterf!

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s