Die vryheid in Christus werk TEEN die vleeslike begeertes

Ons vryheid in Christus moet gebruik word as ‘n vryheid TEEN ons vlees en sy begeertes eerder as ‘n vryheid om binne die vlees se welluste ‘n gevangene te bly:

Gal 5:13  Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as ‘n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.

Ja, die vlees is ‘n gevangenis  – al dink ons ons is vry en al glo ons in ‘n valse ‘vrye’ wil. Ons het ‘n wil, maar daardie wil is onder die beheer van ‘n Almagtige God. God bepaal die gang van alles in hierdie skepping, ook ons tyd in die vleeslike gevangenis. Soos alle gevangenisse, is die vlees en sy genietinge ook nie ‘n piekniek nie. Dit kos ‘n prys. En ons weet ook nie voor die tyd hoeveel dit ons regtig gaan kos nie. As ons wys is, dan kyk ons eers hoe ek uit die moeilikheid kan bly terwyl ek nog in hierdie vlees teenwoordig is.

Spr 22:3 ‘n Skrander mens sien die onheil en verberg hom, maar die eenvoudiges gaan verder en word gestraf.

Hoe verberg ons ons van die onheil?

Hier is ‘n geheim wat min mense ontdek het.

1Ko 10:31  Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.

Is alles wat ek doen in die vlees tot verheerliking van God? As ek God nie verheerlik in dit wat ek doen nie, dan gaan ek op die einde van die proses ‘n duur en pynlike prys betaal. Oordeel self in die dinge wat jy doen deur ‘n eenvoudige toets: kan ek ‘n gebed doen voor ek dit doen, en kan ek agterna vir God dankie sê. Indien die antwoord ‘nee’ is, dan weet ek wat ek doen is nie tot verheerliking van die Here nie. Wat ons ook nie weet in ons blindheid nie, is dat God alles weet en ons ook deur hierdie aardse prosesse belangrike lesse wil leer van onsself. Die verlore seun se pa het aan die seun alles gegee wat hy gevra het:

Luk 15:11-12  Hy het ook gesê: ‘n Man het twee seuns gehad.  12  En die jongste van hulle het vir sy vader gesê: Vader, gee my die deel van die eiendom wat my toekom. En hy [die vader] het die goed tussen hulle [die twee seuns] verdeel.

Ons hemelse Vader weet die einde van die saak voordat die begin nog aangebreek het:

Jes 46:9-10  Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie;  10  wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen;

Dit is God self wat alles laat gebeur volgens Sy raad:

Efs 1:11  in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil,

Dit is ook God wat ons laat afdwaal van Sy pad….

Jes 63:17  HERE, waarom laat U ons wegdwaal van u weë? Waarom verhard U ons hart, sodat ons U nie vrees nie? Keer terug ter wille van u knegte, die stamme van u erfdeel!

Jer 10:23  Ek weet, o HERE, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan ‘n man om te loop en sy voetstappe te rig nie.

Die pad van die verlore seun was aanvanklik vol genot en vreugde en hy kon nie vooruit sien die pyn en lyding wat net om die draai vir hom gewag het nie:

Luk 15:13-16  En nie baie dae daarna nie het die jongste seun alles bymekaargemaak en weggereis na ‘n ver land. En daar het hy sy eiendom verkwis deur losbandig te lewe.  14  En toe hy alles deurgebring het, kom daar ‘n swaar hongersnood in daardie land, en hy het begin gebrek ly.  15  Toe het hy hom by een van die burgers van daardie land gaan voeg. En dié het hom in sy veld gestuur om varke op te pas.  16  En hy het verlang om sy maag te vul met die peule wat die varke eet, en niemand het dit aan hom gegee nie.

As mens dink die leerprosesse is vinnig en gou verby, dan leer hierdie lewe ons dit is nie so nie. Nee, die lesse van die pyn van hierdie lewe is lank en dit sal ons ‘n prys kos.

Daar is nie ‘n goedkoop kortpad nie, wat deesdae om elke hoek en draai verkondig word nie.

Die storie van die verlore seun gee nie vir ons die tydperk wat hierdie seun weg van die vader se huis was nie. Maar ons weet dat tragedies soos ‘n hongersnood nie ‘n maand of ‘n jaar oor lande en plekke heers nie. Dit duur ‘n baie lang tyd. Verder dui die woorde “swaar hongersnood” vir ons aan dat hierdie hongersnood nie normaal was nie. Ons weet ook nie hoe lank hierdie seun na die varke moes omsien nie. Hy moes inderdaad tyd kry om te besin:

Luk 15:17-19  Maar hy het tot homself gekom en gesê: Hoe baie huurlinge van my vader het oorvloed van brood, en ek vergaan van honger!  18  Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom sê: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u,  19  en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie; maak my soos een van u huurlinge.

Daar is die woorde wat ons almal op een of ander tyd moet beleef: “hy het tot homself gekom”. Om jouself te ontmoet is seker ‘n baie snaakse stelling. Maar ongelukkig ken ons nie onsself nie. Ons leef meeste van ons tyd ‘n lewe wat deur ander mense se opinies bepaal word. Ons wil mense tevrede stel en ‘n beeld ophou wat ons vervreem van onsself. Om ’tot onsself te kom’ is een van die grootste skokke in mens se lewe. Dit is wat die openbaring van Jesus in ons lewe bring. Ons eie boek word geopen. As ons ’tot onsself kom’ dan wys God ons ons eie boek soos Hy dit geskryf het voor ons geboorte:

Psa 139:16  U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.

Ons sien eers Jesus se werke in vlees en dan wys Hy vir ons wat agter die skerms opgestel was deur Homself om te gebeur op die regte tyd. Dit is wat die wederkoms van Jesus beteken – hy ontbloot die ou mens in ons deur Sy regverdige oordeel. Hier word dit baie mooi verduidelik wat ons deurgaan in hierdie openbaringsproses, en wat die einde van die ou mens is:

2Ts 2:1-8  Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom,  2  om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie—deur gees of deur woord of deur brief wat van ons afkomstig sou wees—asof die dag van Christus al daar is.  3  Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf  4  die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.  5  Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie?  6  En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word.  7  Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;  8  en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,

Die oordeel van God is die beste ding wat mens kan ervaar, want dit bring die nuwe mens voort. Die nuwe mens is vry van die aardse bande. Die nuwe mens is vry van die aardse tronke. Maar hierdie bevrydingsproses is die donkerste dag vir die vlees. Dit is wat die pinksterfees as deel van in die Ou Testamentiese oestye vir ons uitbeeld. Dit is wanneer God se gees ons ou aardse lewe omkeer en ons ’tot onsself kom’:

Hnd 2:1-4  En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar.  2  En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.  3  Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.

Hnd 2:14-21  Maar Petrus het opgestaan met die elf en sy stem verhef en hulle toegespreek: Joodse manne en almal wat in Jerusalem woon, dit moet julle weet, en luister na my woorde.  15  Hierdie mense is tog nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar die derde uur in die môre.  16  Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is:  17  En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.  18  En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in dié dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer.  19  En Ek sal wonders gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde, bloed en vuur en rookdamp.  20  Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.  21  En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

Dit is slegs deur hierdie wedergeboorteproses in ons eie lewe dat ons die ware vryheid in Christus gebruik om TEEN die vleeslike begeertes te staan. Dit is hoe ons mekaar kan dien deur God se ware liefde en lewe in ons:

Gal 5:13  Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as ‘n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.

1Jo 5:1-4 Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore; en elkeen wat die Vader liefhet, het ook die een lief wat uit Hom gebore is. 2 Hieraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet en sy gebooie bewaar. 3 Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie. 4 Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.

 

 

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s