Het die mens ‘n “onsterflike siel”?

Die meeste godsdienste en filosofieë wil die bestaan van ‘n “onsterflike siel” promoveer. Baie in die afvallige Christendom glo in die leerstelling asof hul lewens letterlik daarvan afhang. Baie meer neem aan dat die leerstelling in die Bybel voorkom. Nee, dit kom nie in een teks in die Bybel voor nie want dit is a valse leerstelling!

Eseg 18:4 Kyk, al die siele is myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun—hulle is myne; die siel wat sondig, dié moet sterwe.

Die leer van ‘n “onsterflike siel” het sy oorsprong lank voor die ontstaan van godsdienste soos Judaisme, Christendom, Hindoeisme, Boedisme en Islam. Waar is die leerstelling die eerste keer genoem? Hier is dit:

Gen 3:4 Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie;

So dit is waar almal die leerstelling gekry het – uit die mond van die slang wat ook genoem word Satan:

Open 20:2 En hy het die draak gegryp die ou slang wat die duiwel en die Satan is en hy het hom gebind duisend jaar lank,

Net soos Adam en Eva het almal wie dit glo, dit in die woorde van die “ou” slang gekry, die duiwel, Satan, die groot verleier en bedrieër  tot vandag. Hy is nog net so listig en doen sy werk getrou aan sy naam:

1Pe 5:8 Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.

Wat sê die Skrifte oor hoe ‘n siel ontstaan?

Gen 2:7 En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.

Daar is dit. God het stof geneem, Sy asem daarin geblaas en die mens het ‘n lewende siel geword. Ons het nie ‘n siel gekry as een van ons subdele nie, maar ons IS ‘n siel (liggaam+asem=siel) en ons is sondig:

Eseg 18:20a Die siel wat sondig, dié moet sterwe

Ons is dus van ons skepping ‘n sterwende wese. Adam en Eva was nooit veronderstel om vir ewig te lewe nie – hulle is stoflike wesens!

Hier is ‘n paar getuies wat hierdie tydelikheid bevestig:

Psa 51:7 Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.

Eseg 18:4 Kyk, al die siele is myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun—hulle is myne; die siel wat sondig, dié moet sterwe.

Eseg 18:20 Die siel wat sondig, dié moet sterwe; die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie; die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees, en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees.

Mat 10:28 (Ou Vertaling) En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel [oorspronklike Grieks is “geena” – die vuur].

Mat 10:28 (Nuwe Vertaling) Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie. Nee, vrees Hom eerder wat sowel die liggaam as die siel in die hel kan laat vergaan.

Hand 2:27 (Ou Vertaling) Want U sal my siel nie aan die doderyk oorlaat of u Heilige oorgee om verderwing te sien nie.

Hand 2:27 (Nuwe Vertaling) want U sal my nie aan die doderyk oorlaat nie; U sal nie toelaat dat u troue dienaar vergaan nie.

Die getuies almal stem saam! ‘n Siel wat gemaak is van fisiese stof en asem sal sterf / vergaan / verderwe! Net ‘n geestelike blinde persoon sal met hierdie getuies wil stry.

As ons fisies sterf keer die liggaam terug na die aarde waar dit weer opgeneem word, en ons asem word uitgeblaas vir die laaste keer terug na die atmosfeer. Die fisiese asem is dus ‘n natuurlike gelykenis vir die gees wat “uitgeblaas” word en “terugkeer” na God:

Luk 23:46 En Jesus het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: Vader, in u hande gee Ek my gees oor! En toe Hy dit gesê het, blaas Hy die laaste asem uit.

Natuurlike “asem” beeld dus  die “gees” in die natuurlike mens uit:

Gen 2:7 En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.

Ons bestaan net sedert ons in stof gemaak was en natuurlike asem kon haal (suurstof). Ons was, soos Job, nie daar toe God hierdie skepping gevorm het nie:

Job 38:4 Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het.

Tog ken God ons nog voordat Hy vir ons eerste in ‘n fisiese liggaam met fisiese asem gemaak het. Dit is hierdie selfde kennis wat God sal gebruik om ons weer in ‘n geestelike liggaam te maak:

1Kor 15:46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.

God sal nie een van Sy skepsels vergeet in die doderyk nie:

Psa 139:8 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!

Hy is almagtig om weer elkeen in ‘n geestelike “liggaam” te maak net soos Hy ons in ‘n vleeslike liggaam gemaak het. God sal elke siel weer oproep in die opstanding uit die dode. Sommiges sal opgewek word met hul ou natuurlike gedagtes nog steeds in stand in die tweede opstanding. Maar dan sal daardie ou siel vernietig word met vuur (die Woord van God). Die ou vleeslike gedagtes sal uitgebrand word en met nuwe gedagtes (die woorde van God) vervang word  om sodoende geestelike lewe te verkry – so word elke siel gered:

Jer 5:14 Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare: Omdat julle hierdie woord spreek, kyk, Ek maak my woorde in jou mond ‘n vuur en hierdie volk hout, en dit sal hulle verteer.

Mat 10:28 (Ou Vertaling) En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel [oorspronklike Grieks is “geena” – die vuur].

Jer 18:4 En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk—soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker—maar hy het daaruit weer ‘n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

4 Responses to Het die mens ‘n “onsterflike siel”?

  1. H____________ sê:

    Sou mens Psm. 49 lees, dan wil dit vir my voorkom of daar siele is, wat vir “ewig lewe” en dan is daar hulle, wat “ewig” in die doderyk, hulle self bevind.
    Ek dink ons is almal eers siele wat dood is totdat ons die asem van die lewe ontvang het.
    M.a.w. totdat ons, deur Sy woord, gevormeer word tot lewe na die gees en nie meer na die vlees nie.

    • Hallo H_________

      Dankie dat jy op my blog kom kuier het. Dit is goed om met jou te gesels.

      Jy maak die volgende opmerking oor Ps 49: “Sou mens Psm. 49 lees, dan wil dit vir my voorkom of daar siele is, wat vir “ewig lewe” en dan is daar hulle, wat “ewig” in die doderyk, hulle self bevind”.

      Kom ons kyk noukeurig na Psalm 49:

      Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. ‘n Psalm. Hoor dit, alle volke, luister, alle bewoners van die wêreld, geringes sowel as aansienlikes, tesame ryk en arm! My mond sal louter wysheid spreek, en die oordenking van my hart is net verstand. Ek sal my oor neig tot ‘n spreuk; ek sal my raaisel verklaar by die siter. Waarom sou ek vrees in dae van onheil, as die ongeregtigheid van my onderkruipers my omring—die wat vertrou op hulle vermoë en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom? Niemand kan ooit ‘n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie (want die losprys van hulle lewe is te kosbaar en vir ewig ontoereikend), dat hy vir ewig sou voortlewe, die vernietiging nie sou sien nie.

      [Die gedagte hier koppel aan die voorafgaande as ‘n kykie wat in die hart van die ‘onderkruipers’ is, wat vertrou en glo dat hulle (die ‘onderkruipers’) vir ewig sal lewe in weelde en nooit ‘n einde daaraan sal sien nie. Dit is ‘hul binneste gedagte’ wat in die volgende gedeelte (vers 12) beklemtoon word…]

      Want hy sien: wyse manne sterwe, die dwaas en die onverstandige kom tesame om en laat hulle vermoë aan ander na. Hulle binneste gedagte is: hul huise sal vir ewig wees, hul wonings van geslag tot geslag; hulle noem die lande na hul name.

      [Dit is die verwaandheid van die ‘onderkruipers’ se ‘binneste gedagtes’ wat elke dag (op TV veral) hulle met baie volgelinge omring ‘wat in hul woorde ‘n behae het’ en ‘in aansien is’]

      Maar die mens wat in aansien is, hou nie stand nie; hy is soos die diere wat vergaan. Dit is die weg van die wat op hulleself vertrou, en van hulle volgelinge wat in hul woorde ‘n behae het. Sela. Soos skape word hulle bestem vir die doderyk; die dood is hulle herder, en die opregtes heers oor hulle in die môre; en hulle gestalte is daar vir die doderyk om te verteer, sodat daarvoor geen woning meer is nie.

      [dat ‘hulle gestalte…verteer’ en ‘daarvoor geen woning meer is nie’ beklemtoon juis die sterflikheid van ‘n ‘lewende siel’]

      Maar God sal my siel loskoop van die mag van die doderyk, want Hy sal my opneem. Sela. Wees nie bevrees as ‘n man ryk word, as die rykdom van sy huis groot word nie; want by sy dood sal hy van alles niks saamneem nie; sy heerlikheid sal nie neerdaal agter hom aan nie.

      [Ons kan regtig ‘niks saamneem nie’ veral nie ‘n ‘lewende siel’ nie]

      Al ag hy homself gelukkig in sy lewe—en prys hulle jou, omdat jy aan jouself goed doen—tog gaan sy siel na die geslag van sy vaders; tot in ewigheid sal hulle die lig nie sien nie. Die mens wat in aansien is en geen verstand het nie, is soos die diere wat vergaan. (Psa 49:1-20)

      Jou gedagte: “dan is daar hulle, wat “ewig” in die doderyk, hulle self bevind” wat sekerlik voortspruit uit die gedeelte ‘tot in ewigheid sal hulle die lig nie sien nie’ kan die volgende tekste dalk help oor van watter ‘lig’ hier gepraat word:

      Jes 38:11 Ek het gesê: Ek sal die HERE nie sien nie, die HERE, in die land van die lewendes; ek sal die mense nie meer aanskou onder die inwoners van die wêreld nie.

      Mat 22:13 Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

      Jy sal saamstem die Woord van God net een Waarheid is en dat almal in die ‘buitenste duisternis’ nooit weer die lig van die ‘inwoners van wêreld’ sal sien nie, maar wel God, die waaragtige Lig van die wêreld, weer sal sien, ‘klein en groot’, ‘elkeen’ :

      Joh 1:9 Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.

      1Jn 2:8 En tog skryf ek aan julle ‘n nuwe gebod wat waar is in Hom en in julle, want die duisternis gaan verby en die waaragtige lig skyn alreeds.

      Mat 4:16 die volk wat in duisternis sit, het ‘n groot lig gesien, en die wat sit in die land en skaduwee van die dood, vir hulle het ‘n lig opgegaan.

      Open 20:11 En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie.
      Open 20:12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.
      Open 20:13 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.
      Open 20:14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.
      Open 20:15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.

      Want elkeen se werke sal ‘aan die (waaragtige) lig’ kom:

      1Kor 3:13 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.
      1Kor 3:14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;

      Hy ‘sal skade ly’, maar ‘hyself gered sal word’:

      1Kor 3:15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

      Dan sê jy: “Ek dink ons is almal eers siele wat dood is totdat ons die asem van die lewe ontvang het.
      M.a.w. totdat ons, deur Sy woord, gevormeer word tot lewe na die gees en nie meer na die vlees nie”.

      Ek stem 100% saam met jou. ‘n Lewende siel is ‘n persoon wat aan ‘die nietigheid onderworpe ‘ vanaf geboorte, want stof is jy en ‘tot stof sal jy terugkeer’:

      Rom 8:20 Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het.

      Gen 3:19 In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.

      Ons sal almal deur Sy Woord, Jesus Christus, die Verlosser van alle mense weer “gevormeer word tot lewe na die gees en nie meer vlees nie”!

      Dankie vir die belangrike insette wat jy in my lewe doen deur hierdie woorde aan my voor te hou. Die Here seën jou en werk in jou om Sy wil te vervolmaak.

      Ek hoop ek was van nut vir jou.

      Jou broer in Christus

      Larry

  2. Terug pieng: Die eerste beginsels van die woorde en leer van Christus (Deel 5) | 4windkoinonia

  3. Terug pieng: Hoe word die dode opgewek, en met hoedanige liggaam kom hulle?  | 4windkoinonia

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s