Die vleeslike denke of woorde van die natuurlike mens in ons sal altyd in stryd wees met die geestelike denke of woorde van Christus. Die stryd is ontbloot vir die eerste keer nadat Adam en Eva na die woorde van slang geluister het, eerder as na die woorde van God:
Gen 3:15-16 En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt. Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers.
Eva het die moeder geword van alles wat lewe (die goed en die kwaad) soos die fisiese skepping met alles daarin, deur Jesus na vore gebring was:
Gen 3:20 En die mens het sy vrou Eva genoem, omdat sy moeder geword het van alles wat lewe.
Spr 16:4 Alles het die HERE gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.
Jes 45:7 wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil (dit is dit wat onheilig of boos is) skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.
Lig teenoor duisternis…heilig teenoor onheilig…daar was hierdie teenoorgesteldes wat na vore gebring was van die begin af, vir God se doel. Dit alles wys ons die twee “generasies” wat deur die woorde “jou saad” (dit is die slang of die duiwel se kinders – kinders van die duisternis) en “haar saad” (dit is verwysend na die Kerk of kinders van die lig, naamlik Christus) uitgebeeld word:
Joh 8:43-44 Waarom ken julle my spraak nie? Omdat julle na my woord nie kan luister nie. Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan.
1Th 5:5 Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.
Die saad of nakomelinge van die vrou stel voor dit wat goed of heilig is, terwyl die saad of nakomelinge van die slang die kwaad of bose uitbeeld – dit wat onheilig is. Hierdie twee generasies sou in vyandskap leef van die begin af. Die saad van die slang word ook voorgestel deur die onkruid – dit is Satan se leuens en verdraaiings van God se woorde. Die saad van die vrou is die Woord van God – dit is die goeie saad van die koninkryk van God wat die geestelike wedergeboorte na vore bring:
Mat 13:24-25 ‘n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ‘n man wat goeie saad in sy land gesaai het; maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan.
Mat 1:20-21 Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees; en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.
Adam en Eva moes verder voortgaan om in God se beeld gevorm te word en was dus uit die tuin gestuur om die grond waaruit hulle geneem was, te gaan bewerk.
Gen 3:23-24 Toe stuur die HERE God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is. So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.
Hulle was uit die grond geneem en het nie geweet wat alles in die grond, dit is in hulleself, was nie. Hulle moes gaan leer en uitvind wat alles in hulle was want ook nasies was in hulle en hierdie nasies moes uiteindelik die hele aarde gaan bewoon en dit oorwin:
Hand 17:26-28 En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie; want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.
Geeneen uit die eerste Adam is ooit ver van God nie, want God bewerkstellig alles in almal se lewens. Almal is God se geslag, maar die eerste Adam moet deur ‘n doodsproses gaan om van die boom van die lewe, Jesus Christus, te eet:
Joh 12:24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.
Open 2:7 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is.
Open 22:14 Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.
Hierdie twee geslagte of nasies wat uit Eva na vore moes kom, word ook gesimboliseer deur Adam en Eva se eerste twee seuns, Kain en Abel:
Gen 4:1-2 En die mens het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en Kain gebaar en gesê: Ek het ‘n man verkry met die hulp van die HERE. Daarna het sy ook sy broer Abel gebaar. En Abel het ‘n skaapherder geword, en Kain ‘n landbouer.
Kain as die eersgeborene verteenwoordig die geslag wat nie goed doen nie – die “saad” of afstammelinge van die bose. Die bose kan nie God se Woord en Waarheid aanvaar nie:
Joh 8:43-45 Waarom ken julle my spraak nie? Omdat julle na my woord nie kan luister nie. Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan. Maar omdat Ek die waarheid spreek, glo julle My nie.
Die boosheid in Kain kon God nie tevrede stel nie, en demonstreer selfs jaloersheid teenoor hulle wat reg doen en Sy Woord en Waarheid ken:
Gen 4:3-7 En ná verloop van tyd het Kain van die vrugte van die land aan die HERE ‘n offer gebring. En Abel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring, naamlik van hulle vet. En die HERE het Abel en sy offer genadig aangesien, maar Kain en sy offer nie aangesien nie. Toe word Kain baie kwaad, en hy het sy hoof laat hang. En die HERE sê vir Kain: Waarom is jy kwaad, en waarom laat jy jou hoof hang? Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie—die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers.
Abel verteenwoordig die tweede geslag wat die geestelike geslag van God aandui – hulle wat doen wat Here sê:
1Kor 15:46-47 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike. Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.
Mat 7:24 Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.
Die eerste mens is die mens uit die aarde – vleeslik – en hierdie mens kan nie God behaag nie want sy gedagtes is vleeslik – hy bedink die dinge van die dood. Adam was dus nog nooit geestelik of perfek soos die afvalliges dit wil hê nie:
Rom 8:5-8 Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;
Die vlees is ‘n vyand van die gees:
Gal 5:17 want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.
Hulle wat vleeslik dink sal altyd hulle wat geestelik dink vervolg en doodmaak:
Gal 4:29 maar soos destyds hy wat na die vlees gebore is, hom wat na die Gees was, vervolg het, so is dit nou ook.
Die geslagte of koning van die aarde (die vleeslike denke van die natuurlike mens in ons) sal altyd saamstaan teen die Here en Sy Gesalfde – dit is alles deur God se hand en raad:
Hand 4:26-28 Die konings van die aarde het saamgestaan en die owerstes het saam vergader teen die Here en teen sy Gesalfde. Want waarlik, Herodes en Pontius Pilatus het saam met heidene en die volke van Israel vergader teen u heilige Kind Jesus wat U gesalf het, om alles te doen wat u hand en u raad vooruit bepaal het om plaas te vind.