“Niemand het opgevaar in die hemel nie” behalwe die Christus!

Joh 3:13 En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.

Niemand? Is Jesus reg? Mense vra: “Wat van Henog, Elia, Moses? Is hulle nie in die hemel opgeneem nie?” Die boek van Hebreërs stem saam met Jesus dat al die geloofshelde (Abel, Henog, Noag, Abraham, Isak, Jakob, Sara) in die Ou Testament nie ‘die belofte verkry’ het nie:

Heb 11:39 En alhoewel hulle almal deur die geloof getuienis ontvang het, het hulle die belofte nie verkry nie,

Hulle het almal gesterf en is nou nog dood in die graf – ja Henog is ingesluit in ‘hulle almal’…..

Heb 11:13 In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet, en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was.

Wie was die grootste profeet en karakter in die Ou Testament tot op Jesus se geboorte in vlees? Jesus antwoord die vraag vir ons:

Mat 11:11 Voorwaar Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Johannes die Doper nie….

…maar is Johannes die doper in die koninkryk van die hemele? Jesus gaan verder in Mattheus 11 vers 11….

….maar die kleinste in die koninkryk van die hemele is groter as hy [Johannes].

Petrus stem ook saam aangaande ‘die belofte’ van ‘hierdie saligheid’ wat die profete van die Ou Testament nie ontvang het nie, insluitend Johannes die doper:

1Pe 1:10-13 Aangaande hierdie saligheid het die profete wat geprofeteer het oor die genade wat vir julle bestem is, ondersoek en nagevors, en hulle het nagespeur op watter of hoedanige tyd die Gees van Christus wat in hulle was, gewys het, toe Hy vooruit getuig het van die lyde wat oor Christus sou kom en die heerlikheid daarna. Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons dié dinge bedien het wat julle nou aangekondig is deur dié wat die evangelie aan julle verkondig het in die Heilige Gees wat van die hemel gestuur is—dinge waarin die engele begerig is om in te sien.

Niemand wat in vlees gekom het, het tot op hierdie oomblik ‘die belofte’ van onsterflikheid ontvang nie, behalwe een, Jesus Christus!

1Ti 6:14-16 dat jy die gebod onbevlek, onberispelik bewaar tot by die verskyning van onse Here Jesus Christus wat op sy eie tyd vertoon sal word deur die salige en enigste Heerser, die Koning van die konings en Here van die here, wat alleen onsterflikheid besit en ‘n ontoeganklike lig bewoon, wat geen mens gesien het of kan sien nie, aan wie toekom eer en ewige krag. Amen.

Terloop, Jesus sê Hy is in die hemel terwyl Hy in Johannes 3 met Nikodémus praat, voor Sy dood en opstanding! [lees die kort artikel oor “Wat en waar die hemel is” op hierdie webtuiste].

So waar het Henog heengegaan? Die skrywer van Hebreërs bied die volle verduideliking van Henog se lot:

Heb 11:5 Deur die geloof is Henog weggeneem [Grieks = “metatithēmi” wat “verplasing” beteken] om die dood nie te sien nie; en hy is nie gevind nie, omdat God hom weggeneem [Grieks = “metatithēmi”] het; want voor sy wegneming [Grieks = metathesis wat “transporteer” of “verplasing” beteken] het hy getuienis ontvang dat hy God behaag het.

‘n Verplasing van ‘n fisiese liggaam is heel bekend aan die Skrifte:

Hand 8:39-40 En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis. Maar Filippus is in Asdod gevind. En hy het die land deurgegaan en die evangelie verkondig in al die stede, totdat hy in Cesaréa gekom het.

Dat Henog se lewe in gevaar was is verseker as mens sien wat met almal gebeur wat God behaag. Ons word egter nie in die Skrifte gesê wie het probeer om Henog dood te maak nie, maar daar was nog nooit ‘n tekort aan vyande vir hulle wat met God ‘wandel nie’. God het Henog beskerm teen hulle wat hom wou doodmaak en hom ‘weggeneem’ uit die gebied waar die gevaar was. Daar staan nie ‘n woord in die teks dat Henog hemel toe gegaan het soos die valse leraars beweer nie. Hebreërs 11 vers 13 sê duidelik wat uiteindelik met Henog gebeur het:

Heb 11:5 Deur die geloof is Henog weggeneem om die dood nie te sien nie; en hy is nie gevind nie, omdat God hom weggeneem het; want voor sy wegneming het hy getuienis ontvang dat hy God behaag het.

Heb 11:13 In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet, en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was.

Ons herhaal net weer Jesus se woorde of enigeen wat gesterf het hemel toe gegaan het – ook Henog:

Joh 3:13 En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.

En wat van Elia? Ten spyte van die dramatiese wyse waarop Elia vervoer is, het ons geen rede om te glo dat Elia opgeneem was na ‘n ander hemel behalwe die een waar die voëls in rondvlieg nie. Die feit dat Elia op ‘n ander plek voortgeleef het en nie die aarde verlaat het nie, word gewys toe hy ‘n brief later geskryf het aan Koning Joram wat die seun was van Jósafat, in wie se tyd Elia profeet was toe Elia ‘opgeneem was in die hemel’:

2Kro 21:12 Toe kom daar ‘n brief van die profeet Elía by hom aan om te sê: So spreek die HERE, die God van u vader Dawid: Omdat u in die weë van u vader Jósafat en in die weë van Asa, die koning van Juda, nie gewandel het nie,

Selfs die profete-seuns het die waarheid van ‘n fisiese “verplasing” deur die gees geken, en wou na Elia gaan soek, maar Elisa het dit verbied:

2Ki 2:15-16 En die profete-seuns wat in Jérigo was, het dit [Elia se opneem en verplasing] op ‘n afstand gesien en gesê: Die gees van Elía rus op Elísa! En hulle het hom tegemoetgekom en voor hom na die aarde gebuig en vir hom gesê: Kyk, hier is by u dienaars vyftig kragtige manne; laat hulle tog u heer gaan soek, of nie miskien die Gees van die HERE hom opgeneem en hom op een van die berge of in een van die dale gewerp het nie. Maar hy het beveel: Stuur hulle nie.

Ons weet dus nou dat Elia op ‘n ander plek op aarde voortgeleef het tot met sy dood (Heb 11:13). Die vervalle Christendom se teoloë en valse leraars beweer egter dat Elia die brief geskryf het voor sy “opneming” omdat so ‘n redenasie hulle valse leersteling van afgestorwenes wat “hemel toe gaan” bevredig! [Sien die kort artikel op hierdie webtuiste oor “Wat gebeur by die dood van ‘n mens”]. God het die afvallige teoloë en die valse leraars nie die geloof gegee om Jesus se woorde te aanvaar nie:

Joh 3:13 En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.

Elia is een van die profete wat nie ‘die belofte’ van ‘hierdie saligheid’ ontvang het nie:

Heb 11:13 In die geloof het hulle [Abel, Henog, Noag, Abraham, Sarah…(Heb 11:1-11)] almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet, en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was.

1Pe 1:10-13 Aangaande hierdie saligheid het die profete wat geprofeteer het oor die genade wat vir julle bestem is, ondersoek en nagevors, en hulle het nagespeur op watter of hoedanige tyd die Gees van Christus wat in hulle was, gewys het, toe Hy vooruit getuig het van die lyde wat oor Christus sou kom en die heerlikheid daarna. Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons dié dinge bedien het wat julle nou aangekondig is deur dié wat die evangelie aan julle verkondig het in die Heilige Gees wat van die hemel gestuur is—dinge waarin die engele begerig is om in te sien.

Wat van Moses en Elia wat op die berg van verheeerliking verskyn het? Kom ons kyk wat Jesus die verskyning noem:

Mat 17:9 En onderwyl hulle van die berg afklim, het Jesus hulle bevel gegee en gesê: Julle moet vir niemand iets van die gesig sê voordat die Seun van die mens uit die dode opgestaan het nie.

Jesus noem dit ‘n ‘gesig’ wat ‘n visoen is – ‘n tipe droom!

Dan 2:28 Maar daar is ‘n God in die hemel wat geheime kan openbaar en wat aan u, koning Nebukadnesar, wil bekend maak wat in die toekoms gaan gebeur. In u slaap het u ‘n droom, ‘n visioen gehad.

Dan 2:19 Toe is die geheim aan Daniël geopenbaar in ‘n nagtelike visioen en Daniël het die God van die hemel geprys.

Moses en Elia was dus nie letterlik daar nie en was slegs as geestelike simbole gebruik vir dit wat die Ou Testament (“die wet en die profete”) verteenwoordig. Die verheerliking was alles gedoen om Jesus as die vervulling van die Ou Testament se wet en profete te bevestig, en Hom as die Verheerlikte Verlosser bo almal uit te wys.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

1 Response to “Niemand het opgevaar in die hemel nie” behalwe die Christus!

  1. Terug pieng: Temas | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s