Die ware Sabbat

Jesus as “Seun” van God is “die Eersgeborene van die hele skepping” en Hy was “voor alle dinge”:

Kol 1:15-17 Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping; 16 want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. 17 En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.

Heb 1:5Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer? en weer: Ek sal vir Hom ‘n Vader wees, en Hy sal vir My ‘n Seun wees?

Maar Hy het ook as “Seun” van God in die wêreld gekom in fisiese vorm en God beveel dat alle skepsels hierdie Seun sal aanbid :

Luk 1:30-32 En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind. 31 En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem. 32 Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee…

Heb 1:6 -8 En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid. 7 En van die engele sê Hy wel: Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme; 8 maar van die Seun: U troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is ‘n regverdige septer.

Jesus was aangestel deur die Vader as Skeppergod en saam met die Vader het Jesus alles in hierdie skepping na vore gebring:

Gen 1:26 En God [Hebreeus: “ĕlôhı̂ym”] het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.

Die “ons” in die vers is tog duidelik die Vader en Sy Seun, Jesus Christus. Daar was meer as een persoon binne hierdie “ĕlôhı̂ym” wat die Adam (man en vrou) en alles in die fisiese skepping geskep het! Maar die taak om mens in die geestelike ewebeeld van God te maak is nog nie voltooid nie. God se werk word op die sewende dag, d.i. die Sabbatsdag, voltooi en dit is wat die fisiese Jode en almal wat die geestelike proses waarmee God besig is om mens in Sy ewebeeld te maak, net nie kan begryp nie:

Gen 2:2-3 En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het. 3 En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.

Joh 5:14-17 Daarna het Jesus hom [die man wat Hy op die Sabbatsdag genees het] in die tempel gekry en vir hom gesê: Kyk, jy het gesond geword; moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie. 15 Die man het gegaan en aan die Jode vertel dat dit Jesus was wat hom gesond gemaak het. 16 En hieroor het die Jode Jesus vervolg en probeer om Hom dood te maak, omdat Hy dit op die sabbat gedoen het. 17 En Jesus het hulle geantwoord: My Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook.

Die rus van God het niks te doen met moeg wees nie. God was nie moeg na die sesdae skepping nie! Dit is absurd om so te glo. Die rus van God het te doen met Sy geestelike werk om ons te maak in Sy geestelike beeld. Dit is op die “sewende dag” dat hierdie werk voltooi sal wees (daar is ook die geestelike betekenis van die nommer sewe in die hele Skrif):

Heb 4:10-11 want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne. 11 Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie.

Die sewende dag is die dag wanneer ons die openbaring van Jesus kry deur gehoorsaamheid aan Sy ware evangelie. Dan weet ons dat die Vader alles deur Jesus geskep en bewerkstellig, en dat Jesus ook almal, veral hulle in die eerste Adam, geestelik perfek sal maak:

Efes 2:4-10 Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, 5 ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered— 6 en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus, 7 sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus. 8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. 10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.

Daar is egter baie min mense in hierdie tydperk wat hierdie geloof ontvang. Maar in die “eeue wat kom” (dit is tyd vir die res van die skepping), sal Hy aan almal toon “die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus”:

1Kor 15:22-28 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; 23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. 24 Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. 25 Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. 26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. 27 Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. 28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.

Hierdie onderwerping VAN ALLES aan die Vader is wat die rus van God beteken. Dit is die ware Sabbat in Christus. Hierdie Sabbat word egter nou aan die min uitverkorenes gegee en slegs hulle kan nou daar ingaan – om saam met God en Sy Seun te werk:

1Kor 3:9 Want ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle.

Hierdie Sabbatsrus bly egter ‘n “verborgenheid” vir baie op hierdie tydstip:

Efes 3:1-4 Om hierdie rede is ek, Paulus, die gevangene van Christus Jesus vir julle wat heidene is— 2 as julle ten minste gehoor het van die bediening van die genade van God wat aan my verleen is vir julle, 3 dat Hy aan my deur ‘n openbaring bekend gemaak het die verborgenheid, soos ek tevore kortliks geskryf het; 4 waardeur julle, as julle dit lees, my insig in die verborgenheid van Christus kan verstaan.

Moses en die fisiese volk van Israel was as ‘n tipe van hierdie uitverkore leiers wat in Christus opgeneem word. Dit is waarom Moses, bloot as ‘n tipe, in die “ĕlôhı̂ym” opgeneem was:

Eks 7:1 En die HERE het aan Moses gesê: Kyk, Ek stel [Hebreeus: “nâthan” ] jou as ‘n god [Hebreeus: “ĕlôhı̂ym”] vir Farao, en jou broer Aäron sal jou profeet wees.

Farao en die Egiptenare beeld ons tyd van slawerny onder sonde wat getipeer word deur die sesdae skepping:

Exo 20:9 Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;

Op die sewende dag word ons vrygemaak van die werke van die vlees, insluitend ons selfregverdige werke om God se guns te probeer wen!

Eks 20:10-11 maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie—jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie. 11 Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.

Moses was opgeneem soos God se kinders in Christus opgeneem word om in die hemele te sit saam met Christus

Eks 7:1 En die HERE het aan Moses gesê: Kyk, Ek stel [Hebreeus: “nâthan” ] jou as ‘n god [Hebreeus: “ĕlôhı̂ym”] vir Farao, en jou broer Aäron sal jou profeet wees.

Efes 2:6 en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,

Hier is Dr Strong se beskrywing van die woord “nâthan”:

nâthan: A primitive root; to give, used with great latitude of application (put, make, etc.): – add, apply, appoint, ascribe, assign, X avenge, X be ([healed]), bestow, bring (forth, hither), cast, cause, charge, come, commit consider, count, + cry, deliver (up), direct, distribute do, X doubtless, X without fail, fasten, frame, X get, give (forth, over, up), grant, hang (up), X have, X indeed, lay (unto charge, up), (give) leave, lend, let (out), + lie, lift up, make, + O that, occupy, offer, ordain, pay, perform, place, pour, print, X pull, put (forth), recompense, render, requite, restore, send (out), set (forth), shew, shoot forth (up). + sing, + slander, strike, [sub-] mit, suffer, X surely, X take, thrust, trade, turn, utter, + weep, X willingly, + withdraw, + would (to) God, yield.

Moses was opgeneem in (bygevoeg by = “added to”) die “ĕlôhı̂ym” soos die seuns van God ook in Christus opgeneem word!!! Die ware seunS van God (meervoud) verkry heerskappy oor al die Farao’s en die Egiptenare  (verkry heerskappy oor sonde) in hul eie lewens deur Jesus Christus. Moses en die fisiese uitverkore volk van Israel was net SKADUWEES van die ware uitverkore volk van God in Christus, volgens die Skrifte:

1Kor 10:11 Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde [Grieks: “tupos” = tipes] en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.

God se seuns is nie meer onder heerskappy van sonde nie, maar het God se ware rus ingegaan:

Rom 6:12-18 Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. 13 En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God. 14 Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade. 15 Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie! 16 Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid? 17 Maar ons dank God dat julle wel diensknegte van die sonde was, maar van harte gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van die leer wat aan julle oorgelewer is, 18 en, vrygemaak van die sonde, het julle diensbaar geword aan die geregtigheid.

Vir God se seuns (en dogters) het die ware Sabbat niks te doen met ‘n fisiese dag van die week nie! Nee, dit is alles te doen om elke dag in die rus van God te werk:

Fil 2:12-13 Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing; 13 want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.

 

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.

Laat 'n boodskap

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s