Die Hebreeuse woord “ôlâm” en sy Griekse eweknie “aiōn”

[Hierdie artikel is oorspronklik in Afrikaans geskryf. Ek neem nie verantwoordelikheid vir foutiewelike / verkeerde inhoud wat van internet vertalings verkry word nie – Larry Groenewald]

Jesus was aangestel deur die Vader as die Koning van die tye (eeue / ôlâm / eons)! Hy was VOOR die skepping van die tye (die eons) reeds daar…

Miga 5:1 (OAV) En jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ‘n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid [Hebreeus: “ôlâm”].

Mic 5:2 (ABP) And you, Beth-lehem, of the house of Ephratah, are very few being  among thousands  of Judah; from out of  you to me shall come forth the one being for ruler of Israel; and his goings forth were from  the beginningfrom of days eon. (Strong’s #G165: Grieks: “aiōn”)

Mic 5:2 (CLV) Yet you, Bethlehem Ephrathah, Inferior to be among the mentors of Judah, From you shall One come forth for Me to become the Ruler in Israel; Yet His goings forth are from aforetime, from days eonian.

Jesus is die begin en die einde van God se werk in hierdie skepping – Hy is besig van die begin tot die einde – die “is”, die “was” en die “wat kom”:

Open 1:5-8  en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed  6  en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.  7  Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!  8  Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

Die Hebreeuse woord “ôlâm” en sy eweknie in Grieks “aiōn” is vir baie ‘n groot struikelblok om Jesus te ken. En so ook word Jesus se werk wat die Vader aan Hom toevertrou het, grootliks gemis deur diegene wat Hom of Sy Vader nie ken nie.

Mat 13:1-17  En op daardie dag het Jesus uit die huis uitgegaan en by die see gaan sit.  2  En groot menigtes het by Hom vergader, sodat Hy in ‘n skuit geklim en gaan sit het. En die hele skare het op die strand gestaan.  3  En Hy het baie dinge deur gelykenisse tot hulle gespreek en gesê: ‘n Saaier het uitgegaan om te saai;  4  en terwyl hy saai, val ‘n deel langs die pad, en die voëls het gekom en dit opgeëet.  5  En ‘n ander deel het op rotsagtige plekke geval waar daar nie baie grond was nie; en dadelik het dit opgekom, omdat daar geen diepte van grond was nie;  6  maar toe die son opgaan, is dit verskroei, en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog.  7  En ‘n ander deel het in die dorings geval, en die dorings het opgekom en dit verstik.  8  En ‘n ander deel het in die goeie grond geval en vrug opgelewer: die een honderd—, die ander sestig—, die ander dertigvoudig.  9  Wie ore het om te hoor, laat hom hoor!  10  En die dissipels het gekom en vir Hom gesê: Waarom spreek U tot hulle deur gelykenisse?  11  Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.  12  Want hy wat het, aan hom sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar hy wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.  13  Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie.  14  En aan hulle word die profesie van Jesaja vervul wat sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie.  15  Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.  16  Maar julle oë is gelukkig, omdat hulle sien; en julle ore, omdat hulle hoor.  17  Want, voorwaar Ek sê vir julle, baie profete en regverdiges het begeer om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie.

Jesus kom eerste na vore in die Ou Testament en word aan die fisiese Jode voorgestel as die “ôlâm” God. Hier is Dr James Strong se beskrywing van hierdie interessante Hebreeuse woord, “ôlâm” (Dr Strong het die woord genommer as H5769 afkomstig van die Hebreeuse stamwoord wat genommer is as H5956):

H5769

עֹלָם    עוֹלָם

‛ôlâm    ‛ôlâm

o-lawm’, o-lawm’

From H5956; properly concealed, that is, the vanishing point.

H5956

עָלַם

‛âlam

aw-lam’

A primitive root; to veil from sight, that is, conceal (literally or figuratively): –    X any ways, blind, dissembler, hide (self), secret (thing).

Die Hebreeuse woord “ôlâm” en sy stamwoord “âlam” dra met hulle die idee van iets wat weggesteek is. Dit is verberg van die menslike oë. Jesus Homself was verberg van die fisiese Jode tot vandag. Hulle kan nie sien wie die God van die “eeue” is nie wat met Abraham, die vader van die fisiese Joodse nasie, persoonlik gekommunikeer het. Hy was inderdaad VOOR Abraham – die “EK IS”!

Joh 8:52-58  Toe sê die Jode vir Hom: Nou weet ons dat U van die duiwel besete is. Abraham het gesterwe en die profete, en U sê: As iemand my woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie smaak nie.  53  Is U dan groter as ons vader Abraham wat gesterf het? En die profete het gesterwe. Vir wie gee U Uself uit?  54  Jesus antwoord: As Ek Myself verheerlik, is my heerlikheid niks nie. Dit is my Vader wat My verheerlik, van wie julle sê dat Hy julle God is.  55  En julle ken Hom nie, maar Ek ken Hom; en as Ek sê dat Ek Hom nie ken nie, sal Ek soos julle ‘n leuenaar wees. Maar Ek ken Hom en bewaar sy woord.  56  Abraham, julle vader, het hom verheug dat hy my dag sou sien; en hy het dit gesien en het hom verbly.  57  Toe sê die Jode vir Hom: U is nog nie vyftig jaar oud nie, en het U Abraham gesien?  58  Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek.

Hy het Homself ook aan Moses voorgestel as die “EK IS”:

Eks 3:11-14  Maar Moses het tot God gespreek: Wie is ek, dat ek na Farao sou gaan en dat ek die kinders van Israel uit Egipte sou lei?  12  En Hy antwoord: Ek sal met jou wees, en dit sal vir jou ‘n teken wees dat Ek jou gestuur het: As jy die volk uit Egipte gelei het, sal julle op hierdie berg God dien.  13  Hierop het Moses tot God gespreek: Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die God van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam? —wat moet ek hulle antwoord?  14  En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur.

Hierdie Jode, net soos alle aardse mense, ken nie hierdie Jesus nie al het Hy hulle gevorm en al onderhou Hy hulle elke oomblik van hul eerste aardse lewe.

Jer 4:22  Want my volk is dwaas; My ken hulle nie; dwase kinders is hulle, en hulle is onverstandig; slim is hulle om kwaad te doen, maar om goed te doen, weet hulle nie.

Joh 1:10-11  Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.  11  Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.

Joh 8:19  Hulle sê toe vir Hom: Waar is u Vader? Jesus antwoord: Julle ken My nie en ook nie my Vader nie; as julle My geken het, sou julle ook my Vader geken het.

Die aardse mens ken nie Sy Skepper en Sy tye nie. Hulle ken ook nie Sy doel met die tye nie:

Pred 3:10-11  Ek het die taak gesien wat God aan die mensekinders gegee het om hulle daarmee te kwel.  11  Alles het Hy mooi [paslik] gemaak op sy tyd; ook het Hy die eeu [tydperke] in hulle hart gelê sonder dat die mens die werk wat God doen, van begin tot end, kan uitvind.

Die mens is total onbewus van die tye wat God bepaal het vir alles om te presies te gebeur soos Hy vooruit bepaal het, en dat Hy alles tot op hede 100% beheer!!!

Pred 3:1-8  Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ‘n tyd:  2  ‘n tyd om gebore te word en ‘n tyd om te sterwe, ‘n tyd om te plant en ‘n tyd om uit te roei wat geplant is,  3  ‘n tyd om dood te maak en ‘n tyd om gesond te maak, ‘n tyd om af te breek en ‘n tyd om op te bou,  4  ‘n tyd om te ween en ‘n tyd om te lag, ‘n tyd om te weeklaag en ‘n tyd om van vreugde rond te spring,  5  ‘n tyd om klippe weg te gooi en ‘n tyd om klippe bymekaar te maak, ‘n tyd om te omhels en ‘n tyd om ver te wees van omhelsing,  6  ‘n tyd om te soek en ‘n tyd om verlore te laat gaan, ‘n tyd om te bewaar en ‘n tyd om weg te gooi,  7  ‘n tyd om te skeur en ‘n tyd om aanmekaar te werk, ‘n tyd om te swyg en ‘n tyd om te spreek,  8  ‘n tyd om lief te hê en ‘n tyd om te haat, ‘n tyd vir oorlog en ‘n tyd vir vrede.

Jesus is die koning van alle tye en seisoene (die “ôlâms” / “aiōns”), en niks gebeur as Hy dit nie vooruitbepaal het nie!

Jes 46:9-10  Dink aan die dinge wat tevore was, van ouds af, dat Ek God is, en daar is geen ander nie; Ek is God, en daar is niemand soos Ek nie;  10  wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen.

Hy heers vir die twee hooftye en Hy sal almal in geestelike volmaaktheid aan die Vader voorstel. Hy sal Sy koninkryk oorhandig aan die Vader aan die einde van die tweede geestelike eeu. Dit wat Hy dus sal volbring in geestelike perfektheid sal nie eindig nie – die gees van die Vader sal alles in almal wees!

Luk 1:30-33  En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind.  31  En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.  32  Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee,  33  en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid [Grieks: “aion” = tydperk], en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.

1Kor 15:27-28  Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het.  28  En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.

Jesus inderdaad regeer oor alles nou (alles wat goed is en alles wat boos is), en stel ook aan wie Hy as regeerders op aardse wil hê (die goeies en die wat boos is):

Dan 4:17  Op ‘n besluit van die bodes berus die bevel, en ‘n woord van die heiliges is die saak, met die bedoeling dat die lewendes kan erken dat die Allerhoogste mag het oor die koningskap van die mens en dit gee aan wie Hy wil, en die nederige onder die mense daaroor aanstel.

Rom 13:1-2  Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel,  2  sodat hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; en die wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang.

Alhoewel Hy nou oor elke aspek van die aardse eeu regeer, sal Hy uiteindelike die geestelike of hemelse eeu na almal bring:

Heb 1:8  maar van die Seun: U troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is ‘n regverdige septer.

Joh 18:36-37  Jesus antwoord: My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar nou is my koninkryk nie van hier nie.  37  Pilatus sê toe vir Hom: Is U dan tog ‘n koning? Jesus antwoord: U sê dat Ek ‘n koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om vir die waarheid te getuig. Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem.

Efes 1:17-21  dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee,  18  verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is;  19  en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte  20  wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele,  21  bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.