INLEIDING:
Die Skrifte praat met een stem oor die onderwerp van “rekenskap gee” omdat elke mens rekenskap sal gee “in die oordeel”.
Psa 1:5 Daarom sal die goddelose nie bestaan in die oordeel en die sondaars in die vergadering van die regverdiges nie.
Mat 12:41 Die manne van Ninevé sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want hulle het hul op die prediking van Jona bekeer, en—meer as Jona is hier!
Mat 12:42 Die koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid van Salomo te hoor, en—meer as Salomo is hier!
Luk 10:14 Maar vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeel verdraagliker wees as vir julle.
Soos Moses aan Israel en haar leiers gesê het, so leer ons ook dat “die gereg is die saak van God”….
Deu 1:17 Julle mag in die gereg nie partydig wees nie; julle moet klein sowel as groot aanhoor; julle mag niemand ontsien nie, want die gereg is die saak van God….
Almal, in hemel en die op aarde, moet kennis neem dat al God se weë met Sy skepsels “strafgerigte” insluit:
Deu 32:1-4 Luister, o hemele, dat ek kan spreek, en laat die aarde hoor die woorde van my mond. 2 Laat my leer drup soos die reën, my woord vloei soos die dou, soos reëndruppels op die grasspruitjies en soos reënbuie op die plante. 3 Want die Naam van die HERE roep ek uit: Gee grootheid aan onse God! 4 Die Rots—volkome is sy werk; want al sy weë is strafgerigte; ‘n God van trou en sonder onreg; regverdig en reg is Hy.
Hier is ‘n paar Nuwe Testamentiese getuies wat vir ons duidelik sê dat ons almal op ons bepaalde tyd “rekenskap gee” aan God:
2Kor 5:10 Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.
Mat 12:36 Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag.
Rom_14:12 So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.
1Pe_4:5 Hulle sal rekenskap gee aan Hom wat gereed staan om die lewende en die dode te oordeel.
God maak dit baie duidelik dat Hy van elkeen rekenskap sal eis en Hy kondig dit baie duidelik aan dwardseur die Skrifte! Die oordeel van God is inderdaad die “lot” vir almal, en deur die oordeel kom die belangrike “lotsverandering”:
Eseg 7:10 Kyk, die dag, kyk, hy kom! Die lotsverandering het uitgegaan, die roede het gebloei, die trotsheid het uitgespruit.
Pred 9:2 Alles is gelyk vir almal: een en dieselfde lot is daar vir die regverdige en die goddelose, vir die goeie en die reine en die onreine, en vir hom wat offer en vir hom wat nie offer nie, die goeie ewe goed as die sondaar, vir hom wat sweer ewe goed as vir hom wat bang is vir ‘n eed.
Alhoewel elkeen op sy eie tyd, soos deur God bepaal, hierdie “lot” sal ervaar, is daar basies TWEE groepe wat afsonderlik geneem word deur hierdie oordeel. Die een groep gaan NOU tydens hul aardse lewe deur die oordeel. Hier gee Petrus vir ons die twee groepe:
1Pe 4:17 Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit [die oordeel] eers by ons [Petrus sê hy is INGESLUIT!!!!] begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?
Let op dat Petrus homself INSLUIT by hulle wat in hierdie lewe geoordeel word – die “huis van God”. Dit is die WARE kerk van God wat aan die WARE evangelie gehoorsaam is NADAT hulle eers daaraan ONGEHOORSAAM WAS. Hulle is dus die eerste groep wat geoordeel word en is uit die aard van die saak nie in die TWEEDE groep wat geoordeel sal word nie. Hulle het “oorgegaan uit die dood in die lewe” juis a.g.v. die oordeel!
Joh 5:24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
Efes 2:1-3 En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes 2 waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk, 3 onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.
Kyk mooi wat die “ewige evangelie” behels…
Open 14:6-7 En ek het ‘n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met ‘n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke. 7 En hy het met ‘n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.
Die “ewige evangelie” omsluit ‘n GROOT BOODSKAP – “Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van SY OORDEEL het gekom”. LET WEL: “….die uur van sy OORDEEL” is deel van die “ewige evangelie”. Die oordeel is dus iets GOED en dit is wat die mens van sonde in ons nie kan begryp nie!!!!
Kyk weer wat sê Jesaja oor die DOEL van God se oordeel – God doen ALLES met ‘n HEILIGE DOEL in gedagte:
Jes 26:9 Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.
Die res van die aardse mensdom is in hierdie aardse tyd aan ongehoorsaamheid oorgegee en word later geoordeel. Daarom ken hulle NIE God se geregtigheid nie en stel ook nie eens daarin belang nie. Dit is nie hulle skuld nie. God bewerkstellig alles volgens die raad van Sy wil (Efes 1:11). God is in beheer van die verblinding in mense:
Joh 12:39-41 Daarom kon hulle nie glo nie, omdat Jesaja óók gesê het: 40 Hy het hulle oë verblind en hulle hart verhard, sodat hulle nie met die oë sou sien en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie. 41 Dit het Jesaja gesê toe hy Sy heerlikheid gesien en van Hom gespreek het.
Ons moet ook weet dat die eerste groep wat wel in God se geregtigheid belangstel en nou geoordeel word, het nie hulself uitverkies nie. Hulle is nie spesiaal in hulself nie. Om die waarheid te sê, God verkies hulle wie onedel en verag word deur die wêreld!!!
1Kor 1:26-29 Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; 27 maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; 28 en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, 29 sodat geen vlees voor Hom sou roem nie.
Die keuse vir die eerste oordeel berus uitsluitlik by God:
Joh 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
Joh 15:16 Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee.
Net soos ons nie self besluit hoe ons moet lyk nie, waar ons gebore moet word, wie ons familie moet wees nie, NET SO kies ons ook nie self wanneer die “lotsverandering” deur God se oordeel op ons kom nie. God kies alles in ons lewens om te gebeur op die tyd soos deur Hom bepaal (Efes 1:11):
Rom 11:33-36 o Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë! 34 Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees? 35 Of wie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word? 36 Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
Daniel beskryf ook die groot dag van rekenskap wanneer “die Oue van dae gaan sit” op Sy oordeelstroon en “die boeke…geopen” word, en dan ook spesifiek die twee groepe:
Dan 7:9-10 Ek het bly kyk totdat trone reggesit is en ‘n Oue van dae gaan sit het; sy kleed was wit soos sneeu en die hare van sy hoof soos skoon wol; sy troon was vuurvlamme, die wiele daarvan ‘n brandende vuur; 10 ‘n stroom van vuur het gevloei en voor Hom uit gegaan; duisend maal duisende het Hom gedien, en tien duisend maal tien duisende het voor Hom gestaan; die gereg het gaan sit, en die boeke is geopen.
Hier kom talle simbole voor en elkeen is belangrik om van kennis te neem. Daar is…
- God self en Hy word beskryf t.o.v. Sy wit kleed, Sy hare wat soos skoon wol lyk;
- Sy troon van vlamme. Die troon van God wat wiele het en wat ‘n brandende vuur is;
- ‘n Stroom van vuur wat vloei en voor God uitgegaan;
- Trone (let wel die meervoudsvorm);
- “duisend maal duisende” wat Hom dien;
- “tien duisend maal tien duisende” wat voor Hom staan.
In Deel 1 van hierdie reeks het ons kortliks gekyk na die eerste en belangrike komponent van God se oordeel wat hier deur Daniel aangeraak word, naamlik God SELF.
In deel 2 het ons gekyk na die troon van God wat van vlamme is.
In Deel 3 het ons gekyk na die “duisend maal duisende” wat God dien.
In Deel 4 gaan ons kyk na die “tien duisend maal tien duisende” en na die tyd van hul oordeel.
“TIEN DUISEND MAAL TIEN DUISENDE”:
Tien duisende maal tien duisende” is ‘n simboliese getal, maar dit sê ook vir ons dat diegene wat later geoordeel sal word BAIE meer is as die “duisend maal duisende” wat God op die tydstip dien. Daar is regtig baie min wat God in hierdie tyd kies en in wie Hy gehoorsaamheid bewerkstellig om Hom te dien:
Mat 22:14 Want baie is geroep, maar min uitverkies.
Die groep wat Hom dien word ook simbolies voorgestel met die getal “honderd vier en veertig duisend” omdat hulle reeds deur die bittere oordeel van God gekom het. Hulle word ook geestelik voorgestel deur baie ander simbole waaronder…
- hulle word saam met Christus geassosieer as die geestelike “berg Sion”;
- hulle word ook die “nuwe Jerusalem” genoem;
- hulle word ook as die “bruid” van Christus, die “tabernakel van God”, en die “troon” van God voorgestel, net om ‘n paar simbole te noem.
Obe 1:21 Dan sal daar verlossers die berg Sion opgaan om die gebergte van Esau te oordeel, en die koninkryk sal aan die HERE toebehoort.
Open 14:1 En ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom honderd vier en veertig duisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe.
Open 21:1-6 En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie. 2 En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is. 3 En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. 4 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan. 5 En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar. 6 En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet.
Hierdie groep word onderskei van die res van die skepping wat later geoordeel word. Die res van die mensdom word ook deur baie simbole beskryf in die Skrifte. Een van die simbole is die “groot menigte wat niemand kon tel nie”.
Open 7:9-10 Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande; 10 en hulle het met ‘n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam!
Let mooi wat die uiteinde is van God se oordeel oor hierdie ontelbare massa van “alle nasies en stamme en volke en tale”. Kyk ook wat doen hulle. Hierdie mense was gekleed in wit klere en hulle het aan God en aan Christus heil toegeswaai! Kyk hoe beskryf die apostel Paulus dieselfde geleentheid in sy brief aan die kerk in destydse Filippi:
Fil 2:9-11 Daarom het God Hom [Jesus Christus] ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is, 10 sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, 11 en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.
“NIEMAND” kan aan die Vader en Christus die lof en heil toeswaai en in wit klere gekleed wees as hulle nie geheilig is en die “lewendmakende gees” van God in hulle het nie:
1Kor 12:3 Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ‘n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.
Jesus is INDERDAAD die “behouder”, dit is die REDDER, van alle mense – ja ook die “groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale”.
1Ti 4:9-11 Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word; 10 want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad, omdat ons gehoop het op die lewende God wat ‘n behouder is van alle mense, insonderheid van die gelowiges. 11 Beveel en leer hierdie dinge.
Hier word die twee groepe weer genoem deur Paulus! Die woorde dat Jesus die Redder is “insonderheid van die gelowiges” gee aan ons die insig van die eerste oordeel wat NOU op die eerste groep, “die gelowiges”, is. Ons word gered DEUR die oordeel! Net so word die res van die mensdom later geoordeel om ook deel te kan kry aan God se “lewendmakende gees” van God:
1Kor 15:45-49 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees. 46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike. 47 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel. 48 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. 49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.
Petrus se woorde is baie duidelik dat die “huis van God” eerste geoordeel word en gered word. Daarna is dit die beurt vir die res van die mensdom om geoordeel te word wat ook die antwoord op Petrus se belangrike vraag is….
1Pe 4:17 Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?
Ons ALMAL is eers ongehoorsaam aan God se evangelie VOORDAT ons GETREK word om gehoorsaam te word aan Jesus. Dit is ALLES GOD SE WERK IN CHRISTUS EN NIKS van onsself nie:
Efes 2:8-10 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. 10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.
Efes 2:1-3 En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes 2 waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk, 3 onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.
Deur God se OORDEEL word ons almal geregverdig (ons kry die simboliese “wit” klere):
Jes 26:9 Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.
GOD IS REGVERDIG! As God aan die eerste groep saligheid skenk sonder verdienste, dan sal Hy ook aan die tweede groep DIESELFDE doen. Elkeen word geregverdig – dit is simbolies voorgestel deur “wit klere”, want hulle ALMAL is UIT HOM gebore!!!
1Jn 2:29 As julle weet dat Hy regverdig is, dan weet julle dat elkeen wat die geregtigheid doen, uit Hom gebore is.
Open 19:8 En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.
Open 19:14 En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.
“Wit klere” kom deur God se VUUR oordeel:
1Kor 3:13-15 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. 14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; 15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.
Jesus, Johannes, Paulus en almal wat die Waarheid liefhet, stem saam oor hierdie vurige oordeel wat elkeen sal ervaar om hul “wit klere” te kan kry:
Mar 9:49 Want elkeen sal met vuur gesout word en elke offerande sal met sout gesout word.
Open 20:11-15 En ek [Johannes] het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. 12 En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. 13 En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. 14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. 15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
God se gees sal VOORWAAR in “almal in Adam” wees deur Sy Vuur – elkeen kom egter “in sy eie orde” soos deur God alleen bepaal word:
1Kor 15:22-28 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; 23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. 24 Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. 25 Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. 26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. 27 Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. 28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
[Advertensies op die webblad word geplaas deur WordPress]
Terug pieng: Rekenskap gee (Deel 3) | "Is en Wat Was en Wat Kom" – die onbekende karakter van Jesus Christus en Sy Woord