‘Alles behoort aan julle’ – Die lewe van Céfas (Deel 6)

Paulus skryf aan die gemeente in Korinthe die volgende vermaning…

1Kor 3:21-23  Laat niemand dan op mense roem nie, want alles behoort aan julle;  22  of dit Paulus is of Apollos of Céfas of die wêreld of lewe of dood of teenswoordige of toekomstige dinge—alles behoort aan julle;  23  maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.

Ons het reeds gesels oor hoe die lewe van Paulus en Apollos aan die gemeente daar in Korinthe behoort het, en ook nou aan ons behoort, by die volgende skakels:

Die lewe van Paulus (Deel 1Deel 2Deel 3Deel 4Deel 5Deel 6Deel 7Deel 8)

Die lewe van Apollos

Paulus sê dat die lewe van Céfas ook aan al die lede in die kerk van Korinthe behoort, en ons leer ook uit die Skrifte dat dit wat neergeskryf was (insluitend dele van die lewe van Céfas) ook aan elkeen van ons behoort as ons glo dat ons leef van elke woord wat uit God se mond kom:

Mat 4:4  Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.

Dele van die lewe van Simon Petrus was vir ons neergeskryf in die Skrifte (in besonder die dele na sy roeping deur Jesus), sodat ons uit die lewe van Petrus kan leer wat in ons eie lewe aangaan “sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê“:

Rom 15:4  Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê.

Céfas is die Chaldese naam wat Jesus aan Simon gegee het toe Jesus vir Simon en sy broer Andréas geroep het om Hom te volg (Céfas beteken “klip” of “rots” in Aramees en word as Petrus vertaal in Afrikaans).

Joh 1:35-43  Die volgende dag het Johannes [die doper] weer daar gestaan en twee van sy dissipels;  36  en toe hy Jesus sien wandel, sê hy: Dáár is die Lam van God!  37  En die twee dissipels het hom dit hoor sê en Jesus gevolg.  38  En toe Jesus Hom omdraai en hulle sien volg, sê Hy vir hulle:  39  Wat soek julle? En hulle antwoord Hom: Rabbi—dit wil sê, as dit vertaal word, Meester—waar is U tuis?  40  Hy sê vir hulle: Kom kyk. Hulle het gegaan en gesien waar Hy tuis was en dié dag by Hom gebly. En dit was omtrent die tiende uur.  41  Andréas, die broer van Simon Petrus, was een van die twee wat dit van Johannes gehoor en Hom gevolg het.  42  Hy het eers sy eie broer Simon gekry en vir hom gesê: Ons het die Messías gevind—dit is, as dit vertaal word, die Christus.  43  En hy het hom na Jesus gelei. Toe kyk Jesus hom aan en sê: Jy is Simon, die seun van Jona; jy sal genoem word Céfas, wat vertaal word Petrus.

Simon Petrus was ‘n voorbeeld vir ons in dit wat hy reg gedoen het, maar veral ook waarin hy gefouteer het. God se soewereiniteit is inderdaad oor alles, en die goed en die kwaad kom alles uit God se hand, volgens die Skrifte…

Jes 45:5-7  Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie,  6  sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie;  7  wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.

Spr 16:4  Alles het die HERE gemaak vir sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.

God het alles van ons lewe in ons boek geskryf voor ons geboorte, dit sluit in alles wat ons reg doen en alles wat ons verkeerd doen.

Psa 139:16  U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.

Hierdie woorde van Dawid word nie deur almal aanvaar nie, want dit plaas God sentraal in al ons doen en late, en ons natuurlike mens kan dit nie aanvaar nie. Daarom moet God ons die geloof skenk om Sy Woord en werke in ons lewe te aanvaar:

Rom 10:17  Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

Efes 2:8  Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God.

Hier is ‘n paar skrifverwysings wat hierdie almagtigheid van God in die goed en die kwaad in hierdie skepping en in elke skepsel se lewe uitbeeld:

Jer 10:23  Ek weet, o HERE, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan ‘n man om te loop en sy voetstappe te rig nie.

Amo 3:6  Sal die basuin in die stad geblaas word en die bevolking nie skrik nie? Sal daar ‘n onheil in die stad voorval as die HERE dit nie bewerk het nie?

Jes 63:17  HERE, waarom laat U ons wegdwaal van u weë? Waarom verhard U ons hart, sodat ons U nie vrees nie? Keer terug ter wille van u knegte, die stamme van u erfdeel!

Joh 6:44  Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

Rom 9:10-21  En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader.  11  Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep  12  is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien.  13  Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat.  14  Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie!  15  Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.  16  So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is.  17  Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde.  18  So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.  19  Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan?  20  Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie?  21  Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?

Die natuurlike mens wat glo in ‘n “vrye” wil, haat hierdie woorde wat hierbo uit die Skrifte aangehaal word. Die natuurlike mens kan nie God se geestelike dinge verstaan of aanvaar nie:

1Kor 2:14  Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.

Simon Petrus moes ook hierdie totale soewereiniteit van God op die harde manier leer. Hy moes leer dat hy sy natuurlike denke moes verlaat en God se Woord glo ten spyte van die omstandighede romdom hom. Een gebeurtenis waar hierdie les in Petrus se lewe so mooi uitgebeeld word in die Skrifte is waar Jesus op die see geloop het:

Mat 14:22-33  En Jesus het dadelik sy dissipels gedwing om in die skuit te gaan en voor Hom uit te vaar na die oorkant, terwyl Hy die skare wegstuur.  23  En nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy op die berg om in die eensaamheid te bid. En toe dit aand geword het, was Hy daar alleen.  24  En die skuit was al in die middel van die see, geteister deur die golwe; want die wind was teen hulle.  25  Maar in die vierde nagwaak het Jesus na hulle gekom, al wandelende op die see.  26  En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle ontsteld en sê: Dit is ‘n spook! En hulle het geskreeu van vrees.  27  Maar Jesus het dadelik met hulle gespreek en gesê: Hou goeie moed, dit is Ek! Moenie vrees nie.  28  En Petrus antwoord Hom en sê: Here, as dit U is, beveel my om op die water na U te kom.  29  En Hy sê: Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jesus te gaan.  30  Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: Here, red my!  31  En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?  32  Daarop klim hulle in die skuit, en die wind het gaan lê.  33  Toe kom die wat in die skuit was, en val voor Hom neer en sê: Waarlik, U is die Seun van God!

Hierdie dissipels was gedwing deur Jesus om op die see te gaan en dit is daar in die nag waar hulle in die middel van die see deur golwe geteister was, terwyl dat daar ook ‘n wind was wat teen hulle was. Hulle skuit was hul veilige plek vir oorlweing. Hulle was in groot gevaar. Maar te midde van die storm en die wind het hulle die mees ongelooflike toneel sien afspeel voor hulle oë – Jesus het na hulle aangestap gekom op die water. Wat ‘n toneel! Mens kan verstaan waarom hulle geskreeu het van vrees. Jesus se Woord was egter van groot waarde…

Hou goeie moed, dit is Ek! Moenie vrees nie.

Dit was Simon Petrus wie eerste met geloof op hierdie woorde van Jesus gereageer het. Petrus was met geloof gevul en wou self op die water loop, as Jesus hom sou beveel. Jesus het toe die woord gespreek wat Petrus nodig gehad het. Petrus wou die Woord HOOR:

En Petrus antwoord Hom en sê: Here, as dit U is, beveel my om op die water na U te kom.

Jesus het toe die Woord gespreek…

Kom!

Hierdie eenvoudige woord van Jesus het Petrus met soveel geloof gevul dat hy die skynbare “veligheid” van sy boot verlaat het. God se Woord gee aan ons die geloof wat ons nodig het vir elke omstandigheid waarin ons mag wees.

Rom 10:17  Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

Dit is deur die prediking van die Woord dat ons geloof ontvang en gered word en die wêreld haat die prediking van die Woord want hulle verkies die stories en sogenaamde “feite” wat die wêreld se wyses opdis in pragtige argumente:

1Kor 1:21  Want aangesien in die wysheid van God die wêreld deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo, te red;

Vir baie mense is die Woord van God te eenvoudig en nie so vermaaklik soos dit wat die wêreld en hul mediabronne in volkleur en met oordonderende musiek en ritme verkondig. Om die Skrifte te lees en te memoriseer is net te veel gevra vir die mens wat alles op ‘n bord voorsien wil word. Mense wil vandag klaargemaakte kos koop en dan nog ook soms gevoer word lepel vir lepel want hulle is te lui om hul eie kos te maak en op te skep. Mense soek predikers wat hulle elke dag kan voer met goeie preke. Jesaja se vermanings is net so relevant vandag as destyds toe God die volk Israel deur hierdie profeet aangespreek het:

Jes 30:9-11  Want dit is ‘n wederstrewige volk, leuenagtige kinders, kinders wat die wet van die HERE nie wil hoor nie;  10  wat aan die sieners sê: Sien nie! en aan die profete: Profeteer vir ons nie wat reg is nie; spreek vleitaal vir ons, profeteer bedrieëry;  11  wyk af van die weg, buig af van die pad, laat die Heilige van Israel voor ons aangesig verdwyn!

Mense hou van predikers wat hulle voer, lepel vir lepel, lyn vir lyn, maar hulle kan nie sien wat die einde van so ‘n leerstyl is nie:

Jes 28:12-13  Hy wat aan hulle gesê het: Dit is die rus, gee rus aan die vermoeides, en dit is die verkwikking. Maar hulle wou nie luister nie.  13  Daarom sal die woord van die HERE vir hulle wees gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier ‘n bietjie, daar ‘n bietjie, sodat hulle kan heengaan en agteruit struikel en verbreek en verstrik en gevang word.

Die Woord kom dus op een van twee maniere na elkeen van ons – almal hoor, maar daar ontbreek iets en so noem Jesus wat ontbreek:

Mat 7:24-27  Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.  25  En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.  26  En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het.  27  En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot.

Simon Petrus het gedoen wat die Woord beveel het. Kom! Petrus het geloop op die Woord en die waters onder hom kon hom nie sink nie. Die Woord is sterker as die woeste waters, duisternis en teenwinde van hierdie wêreld, soos ons reeds aan die begin geleer word…

Gen 1:1-3  In die begin het God die hemel en die aarde geskape.  2  En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.  3  En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.

Die teks in Mattheius 14 verwys na die dissipels alleen in die skuit op die onstuimige waters.

Mat 14:22-24  En Jesus het dadelik sy dissipels gedwing om in die skuit te gaan en voor Hom uit te vaar na die oorkant, terwyl Hy die skare wegstuur.  23  En nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy op die berg om in die eensaamheid te bid. En toe dit aand geword het, was Hy daar alleen.  24  En die skuit was al in die middel van die see, geteister deur die golwe; want die wind was teen hulle.  

Waters in die Skrifte verwys op een vlak na die mens in sy aanvanklike natuurlike staat waarin ons eerste gebore word in duisternis…

Gen 1:1-2  In die begin het God die hemel en die aarde geskape.  2  En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.

Dit is nadat ons deur hierdie natuurlike staat gegaan het, dat die lig na ons gebring word deur God:

Gen 1:3-4  En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.  4  Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis;

Die hele proses is die proses waardeur ons almal gaan – vanaf die eerste Adam tot ons gevul sal word met die geestelike lig in Christus, die laaste Adam. Paulus beskryf die proses as volg:

1Kor 15:45-49  So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees.  46  Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.  47  Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.  48  Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense.  49  En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.

Jesus druk die hele proses as volg uit in gesprek met Nikodemus:

Joh 3:5  Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.

Die vlees kan dus nie in God se geestelike koninkryk ingaan nie, en dit beteken dat ons natuurlike mens en sy denke verlaat moet word, soos Petrus die skuit verlaat het:

1Kor 15:50  Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.

Petrus het sy skuit verlaat en dit is wat positief was van hom – ons moet ook leer om die skuit van ons natuurlike vleeslike denke en argumente te oorwin en op die waters (die vlees) te loop. Dit kan net gebeur op die Woord van Jesus. Petrus was deur hierdie gebeurtenis voorberei vir ‘n baie groter uitdaging wat later sou kom. Met die koms van die inwonende Jesus in gees, het Petrus ook begin besef dat dieselfde boodskap vir ander mense beskore was – vir hulle ook wat hy as onrein en verwerplik gesien het. Ons lees daarvan in Handelinge 10 waar Petrus die simboliese skuit van sy godsdienstige engheid moes verlaat:.

Hand 10:1-16  En daar was in Cesaréa ‘n man met die naam van Cornelius, ‘n hoofman oor honderd van die sogenaamde Italiaanse leërafdeling.  2  Hy met sy hele huis was vroom en godvresend en het baie aalmoese aan die volk gegee en was altyddeur in die gebed tot God.  3  Hy het duidelik in ‘n gesig omtrent die negende uur van die dag ‘n engel van God na hom sien inkom en vir hom sê: Cornelius!  4  En hy het die oë op hom gehou en vol vrees gesê: Wat is dit, my heer? Toe antwoord hy hom: Jou gebede en jou aalmoese het voor God in gedagtenis gekom.  5  Stuur dan nou manne na Joppe en laat vir Simon haal wat ook Petrus genoem word.  6  Hy is tuis by ‘n sekere Simon, ‘n leerlooier, wie se huis by die see is. Hy sal jou sê wat jy moet doen.  7  En toe die engel wat met Cornelius gespreek het, weg was, roep hy twee van sy huisbediendes en ‘n vroom soldaat van die wat altyd by hom was,  8  en vertel hulle alles en stuur hulle na Joppe.  9  En die volgende dag, terwyl hulle op pad was en naby die stad kom, het Petrus omtrent die sesde uur op die dak geklim om te bid;  10  en hy het baie honger geword en wou eet; en terwyl hulle besig was om klaar te maak, het daar ‘n verrukking van sinne oor hom gekom:  11  hy sien die hemel geopend en ‘n voorwerp soos ‘n groot laken na hom afdaal, wat aan die vier hoeke vasgebind is en op die aarde neergelaat word.  12  Daarin was al die viervoetige diere van die aarde en die wilde en kruipende diere en die voëls van die hemel.  13  Toe kom daar ‘n stem na hom: Staan op, Petrus, slag en eet!  14  En Petrus sê: Nooit nie, Here, want ek het nooit iets onheiligs of onreins geëet nie.  15  En weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.  16  En dit het drie maal gebeur, en die voorwerp is weer in die hemel opgeneem.

Petrus het geleer dat God geen aannemer van die persoon (groep / nasie / volk) is nie, en dat God se saligheidsplan almal insluit. God gaan almal red, maar daar is ‘n orde:

Hand 10:34-48  En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie,  35  maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.  36  Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus—Hy is die Here van almal.  37  Julle weet van die saak wat deur die hele Judéa gebeur het en van Galiléa af begin het, ná die doop wat Johannes gepreek het,  38  met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was.  39  En ons is getuies van alles wat Hy gedoen het in die Joodse land en in Jerusalem. En hulle het Hom omgebring deur Hom aan ‘n kruishout op te hang.  40  Hom het God op die derde dag opgewek en beskik dat Hy sou verskyn  41  nie aan die hele volk nie, maar aan getuies wat deur God vantevore verkies was, aan ons wat met Hom saam geëet en gedrink het nadat Hy uit die dode opgestaan het.  42  En Hy het ons bevel gegee om aan die volk te verkondig en met krag te betuig dat dit Hy is wat deur God bestem is as Regter van lewende en dode.  43  Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang.  44  En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het.  45  En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is.  46  Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak. Toe het Petrus begin spreek:  47  Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie?  48  En hy het beveel dat hulle gedoop moet word in die Naam van die Here. Toe het hulle hom gevra om nog ‘n paar dae te bly.

Petrus moes sy eie skuit van vleeslike vooroordele verlaat en besef dat God inderdaad Jesus aangestel het as die “Behouder (Redder) van alle mense…op die regte tyd”! God begin eerste (“insonderheid”) by Sy uitverkorenes in Christus, maar eindig die proses by “alle mense”:

1Ti 2:3-6  Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser,  4  wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.  5  Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus,  6  wat Homself gegee het as ‘n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd.

1Ti 4:9-10  Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word;  10  want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad, omdat ons gehoop het op die lewende God wat ‘n behouder is van alle mense, insonderheid van die gelowiges.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.