‘Alles behoort aan julle’ – Die lewe van Céfas (Deel 5)

Paulus skryf aan die gemeente in Korinthe die volgende vermaning toe daar mense is wie ander volgens vleeslike beginsels beoordeel het, en nie die geestelike dinge van God kon reg sien nie…

1Kor 3:21-23  Laat niemand dan op mense roem nie, want alles behoort aan julle;  22  of dit Paulus is of Apollos of Céfas of die wêreld of lewe of dood of teenswoordige of toekomstige dinge—alles behoort aan julle;  23  maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.

Ons het reeds gesels oor hoe die lewe van Paulus en Apollos aan ons behoort, by die volgende skakels:

Die lewe van Paulus (Deel 1Deel 2Deel 3Deel 4Deel 5Deel 6Deel 7Deel 8)

Die lewe van Apollos

Die gemeente in Korinthe moes ook almal leer van die lewe van Céfas, of te wel die apostel Simon Petrus. Ons elkeen moet hierdie les ook leer om nie te vergeet dat alles ook aan ons behoort in die sin dat ons deur al die dinge leef wat ons in ander se lewens sien, in besonder dit wat vir ons neergeskryf is in die Skrifte vir ons lering:

Rom 15:4  Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die Skrifte hoop kan hê.

Simon was een van Jesus se eerste apostles wie Jesus geroep het om Hom te volg. Jesus het Simon as Céfas aangespreek: 

Joh 1:35-43  Die volgende dag het Johannes [die Doper] weer daar gestaan en twee van sy dissipels;  36  en toe hy Jesus sien wandel, sê hy: Dáár is die Lam van God!  37  En die twee dissipels het hom dit hoor sê en Jesus gevolg.  38  En toe Jesus Hom omdraai en hulle sien volg, sê Hy vir hulle:  39  Wat soek julle? En hulle antwoord Hom: Rabbi—dit wil sê, as dit vertaal word, Meester—waar is U tuis?  40  Hy sê vir hulle: Kom kyk. Hulle het gegaan en gesien waar Hy tuis was en dié dag by Hom gebly. En dit was omtrent die tiende uur.  41  Andréas, die broer van Simon Petrus, was een van die twee wat dit van Johannes gehoor en Hom gevolg het.  42  Hy het eers sy eie broer Simon gekry en vir hom gesê: Ons het die Messías gevind—dit is, as dit vertaal word, die Christus. 43  En hy het hom na Jesus gelei. Toe kyk Jesus hom aan en sê: Jy is Simon, die seun van Jona; jy sal genoem word Céfas [Aramees vir “klip”], wat vertaal word Petrus [die oorspronklike Griekse woord is “Petros” wat ook as klip of rots vertaal word]. 

Simon moes ook deur ‘n proses geneem word waarin hy geestelik kon groei en tot volwassenheid kom om dan ook ander te help wat ook deur dieselfde proses sou gaan. Niemand is oornag geestelik volwasse nie, soos sommige valse leraars dit wil hê nie. Nee, ons leer ook van Jesus wie self moes groei en sterk geword in die Gees:

Luk 2:39-40  En toe hulle alles volbring het wat volgens die wet van die Here was, het hulle teruggegaan na Galiléa, na hulle stad Násaret.  40  En die Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid. En die genade van God was op Hom.

Luk 2:51-52  En Hy het saam met hulle gegaan en in Násaret gekom, en Hy was hulle onderdanig. En sy moeder het al hierdie dinge in haar hart bewaar.  52  En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mense.

Uit Simon Petrus se lewe leer ons ook hoe hierdie proses met tyd ontwikkel. Ons almal begin om Jesus in vlees te ken, voordat ons Hom leer ken in gees. Paulus het ook deur dieselfde leerproses gegaan en verduidelik dit as volg aan die einste gemeente in Koorinthe:

2Kor 5:16-17  Ons ken dus van nou af niemand meer na die vlees nie; en al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken ons Hom tóg nie meer so nie.  17  Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

Simon Petrus en sy elf ander mede-apostels het vir drie en half jaar baie naby en intiem met Jesus saam geleef en al die wonderlike dinge gesien wat Jesus in vlees gedoen het. Hulle kon nie anders as om te glo in hierdie man se buitengewone optredes nie, en het Jesus gesien as die Messias wat aan die Joodse volk beloof was, om hulle te bevry van alle aardse regerings en hulle as die regeerende volk van God op die hele aarde te vestig. Dit is wat Simon Petrus se rede ook waarom hy die volgende woorde geglo het, maar nie op daardie stadium die volle betekenis daarvan kon besef nie:

Mat 16:13-20  En toe Jesus in die streke van Cesaréa-Filippi kom, vra Hy sy dissipels en sê: Wie sê die mense dat Ek, die Seun van die mens, is?  14  En hulle antwoord: Sommige Johannes die Doper, en sommige Elía, en ander Jeremia of een van die profete.  15  Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek?  16  En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God.  17  Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is.  18  En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.  19  En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.  20  Daarop het Hy sy dissipels bevel gegee dat hulle vir niemand moes sê dat Hy Jesus die Christus is nie.

Die woorde “die Christus” beteken vir ons vandag iets heel anders as wat Simon Petrus en sy mede-apostels daardie tyd geglo het. Die term “Christus” kom van die Griekse “Christos” wat beteken die “Gesalfde Koning” wat deur God aan die Jode beloof was. Die titel “Gesalfde Koning” koppel aan die Hebreeuse konsep wat onder die woord “mâshı̂yach” sy betekenis vind, wat as Messias in Afrikaans vertaal word. Die koms van ‘n verlosser was reeds aan Moses gemaak en fisiese Israel wag op die vervulling van hierdie belofte aan Moses:

Deu 18:15  ‘n Profeet uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal die HERE jou God vir jou verwek; na Hom moet julle luister—

Hierdie profeet sou kom uit die bloedlyn van Dawid, volgens Esegiël:

Eseg 37:24-28  En my kneg Dawid sal koning oor hulle wees, en hulle sal almal een herder hê; en hulle sal in my verordeninge wandel en my insettinge onderhou en daarna handel.  25  En hulle sal woon in die land wat Ek aan my kneg Jakob gegee het, waar julle vaders in gewoon het; ja, húlle sal daarin woon, hulle kinders en hulle kindskinders tot in ewigheid; en my kneg Dawid sal hulle vors wees vir ewig.  26  En Ek sal ‘n verbond van vrede met hulle sluit, dit sal ‘n ewige verbond met hulle wees; en Ek sal hulle daar bring en hulle vermenigvuldig; en Ek sal my heiligdom in hulle midde vestig vir ewig.  27  En my tabernakel sal oor hulle wees, en Ek sal vir hulle ‘n God wees en hulle vir my ‘n volk wees.  28  En die nasies sal weet dat Ek die HERE is wat Israel heilig as my heiligdom vir ewig in hulle midde sal wees.

Jesaja noem verder dat hierdie profeet “die vredevors” sal wees wat reg en geregtigheid sal bring op die hele aarde. God sal hierdie spesiale profeet deur die volk van Israel bring en Hy sal vir die hele wêreld hoop en vrede bring:

Jes 9:1-7  Die volk wat in duisternis wandel, het ‘n groot lig gesien; die wat woon in die land van die doodskaduwee, oor hulle het ‘n lig geskyn.  2  U het die nasie vermenigvuldig, hulle vreugde groot gemaak; hulle is vrolik voor u aangesig soos iemand vrolik is in die oestyd, soos iemand juig as die buit verdeel word.  3  Want die juk wat op hulle gedruk het, en die stok wat hulle rug getref het, die roede van hulle drywer, het U verbreek soos op die dag van Mídian.  4  Want elke soldateskoen wat daar wegstap met gedreun, en die kleed wat in bloed gerol is, dien tot verbranding, ‘n prooi van die vuur.  5  Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors—  6  tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.  7  Die HERE stuur ‘n woord in Jakob, en dit val in Israel;

Jes 11:11-12  En in dié dag sal die Here weer vir die tweede keer sy hand uitstrek, om die oorblyfsel van sy volk los te koop wat sal oorbly uit Assirië en Egipte en Patros en Kus en Elam en Sínear en Hamat en uit die kuslande van die see;  12  en Hy sal ‘n banier ophef vir die nasies en bymekaar laat kom die seuns van Israel wat verdryf is, en versamel die dogters van Juda wat verstrooi is, uit die vier hoeke van die aarde.

Jes 28:16  daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek lê in Sion ‘n grondsteen, ‘n beproefde steen, ‘n kosbare hoeksteen wat vas gegrondves is; hy wat glo, sal nie haastig wees nie.

Hierdie gesalfde leier se rol en werk word dan eerstens vertolk op die vleeslike vlak en so het die eerste Joodse volgelinge van Jesus Hom dan ook gesien. Hy sou dus volgens hierdie opvatting…

  • die twaalf stamme van Israel weer oprig en saambring onder hom;
  • die Jode in hul eie land vestig;
  • die tempel sal herbou;
  • ‘n era van wêreldwye universele vrede inlei;
  • die nuwe eon bring.

Simon Petrus en sy mede-apostels het dus ook aanvanklik vanuit hul joodse agtergrond uitgesien vir die verskyning van hierdie beloofde verlosser. Toe Jesus groot wonderwerke voor hul eie oë doen, het hulle begin glo dat Hy die beloofde Messias is, wat alles op hierdie aardse vlak sal uitsorteer vir die Jode. Petrus en sy mede-apostels, en ook hul families, het begin droom van hoë poste in die komende wêreldregering van hierdie Messias. Daar was selfs onderlinge mededinging wie die beste poste sou kry:

Mat 20:20-24  Toe kom die moeder van die seuns van Sebedéüs met haar seuns na Hom en buig voor Hom neer om iets van Hom te vra.  21  En Hy sê vir haar: Wat wil jy hê? Sy antwoord Hom: Sê dat hierdie twee seuns van my in u koninkryk mag sit, een aan u regter— en een aan u linkerhand.  22  Maar Jesus antwoord en sê: Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die beker drink wat Ek aanstons gaan drink, en gedoop word met die doop waarmee Ek gedoop word? Hulle sê vir Hom: Ons kan.  23  En Hy sê vir hulle: Dis waar, my beker sal julle drink en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word; maar om te sit aan my regter— en aan my linkerhand berus nie by My om te gee nie, maar is vir hulle vir wie dit deur my Vader berei is.  24  En toe die tien dit hoor, was hulle verontwaardig oor die twee broers.

Dit is baie duidelik uit soortgelyke gedeeltes in die Skrifte dat selfs die eerste volgelinge van Jesus vanuit ‘n vleeslike oortuiging na God en Sy werke in die mensdom gekyk het. Hulle vleeslike oortuigings het hulle verhoed om te sien waaroor Jesus se koninkryk eintlik sou gaan. Simon Petrus wou selfs nie een toelaat dat Jesus moes sterf nie, net nadat hy Jesus as die Christus bely het!

Mat 16:21-22  Van toe af het Jesus begin om sy dissipels te toon dat Hy na Jerusalem moes gaan en veel van die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly, en gedood en op die derde dag opgewek word.  22  Toe neem Petrus Hom opsy en begin Hom bestraf en sê: Mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom nie!  

Jesus moes vir Petrus bestraf omdat hy op daardie stadium geen geestelike insigte gehad het nie, en net sy eie selfsugtigheid weerspieël het, en homself deur sy vleeslike oortuigings laat lei het:

Mat 16:23  Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My ‘n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense.

Petrus was net soos ons almal wanneer ons deur ons eiegeregtigheid gelei word, en as ons onsself meer belangrik ag as ander mense. Hoor wat sê Petrus openlik voor almal oor sy eie getrouheid aan Jesus op geleentheid toe Jesus aan hulle verduidelik het dat hulle almal in Hom aanstoot sou neem:

Mat 26:31-33  Toe sê Jesus vir hulle: Julle sal almal in hierdie nag aanstoot neem aan My, want daar is geskrywe: Ek sal die herder slaan, en die skape van die kudde sal verstrooi word.  32  Maar nadat Ek opgestaan het, sal Ek voor julle uit na Galiléa gaan.  33  Daarop antwoord Petrus en sê vir Hom: Al sal almal ook aanstoot aan U neem, ek sal nooit aanstoot neem nie.

Petrus was nie skaam om homself te verhef nie. Ons almal sal inderdaad aanstoot neem aan Jesus want ons almal ken aanvanklik nie Jesus se ware leer nie. As ons die waarheid hoor, is dit te erg vir ons godsdienstige oortuigings. Jesus se ware leerstellings sluit in…

  • dat mens geen vrye wil het nie;
  • dat mens nooit perfek was nie;
  • dat daar geen drie-enige God is nie;
  • dat daar nie ‘n eweige helse vuur is nie;
  • dat Hy alle mense gaan reden geestelik perfek aan die Vader voorstel.

Hierdie waarhede uit die Skrifte word deur ons natuurlike mens se godsdiensoortuigings as groot dwalings en onsin afgemaak. Ons “natuurlike mens” kan nie God se geestelike dinge verstaan nie, en ons natuurlike “mens van sonde” word doelbewus deur God se kragtige dwaling weggelei van die Waarheid:

1Kor 2:14  Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.

2Th 2:3-12  Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf  4  die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.  5  Onthou julle nie dat ek dit altyd vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie?  6  En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word.  7  Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is;  8  en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,  9  hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen  10  en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.  11  En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,  12  sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.

Net soos die natuurlike denke in Petrus op die geestelike dinge van God gereageer het, so doen ons eie “mens van sonde” wat nie wil sterf vir die vlees nie want ons glo nie dat ons vleesmens die “seun van verderf” is nie. Ons wil so graag glo dat die vlees vir ewig sal leef! Die vlees is inderdaad “die teëstander” van God se geestelike dinge!

Gal 5:17  want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.

Rom 8:5-8  Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.  6  Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,  7  omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.  8  En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;

Petrus het selfs die swaard opgeneem en sou een van die diensknegte van die hoëpriester, Malchus, se kop afgekap het as die man nie gebuk het nie – net Malchus se oor het in die slag gebly. Maar kyk net na Jesus se bestrawwing aan Simon:

Joh 18:1-11  Nadat Jesus dit gesê het, het Hy met sy dissipels oor die spruit Kedron gegaan waar daar ‘n tuin was, waarin Hy self gegaan het en sy dissipels.  2  En Judas, sy verraaier, het ook die plek geken, omdat Jesus daar dikwels met sy dissipels saamgekom het.  3  En Judas het die afdeling soldate en die dienaars van die owerpriesters en die Fariseërs geneem en daar gekom met fakkels en lampe en wapens.  4  En omdat Jesus alles geweet het wat oor Hom sou kom, het Hy uit die tuin gegaan en vir hulle gesê: Wie soek julle?  5  Hulle antwoord Hom: Jesus, die Nasaréner. Jesus sê vir hulle: Dit is Ek. En ook Judas, sy verraaier, het by hulle gestaan.  6  Toe Hy dan vir hulle sê: Dit is Ek, het hulle agteruitgegaan en op die grond geval.  7  Hy vra hulle toe weer: Wie soek julle? En hulle sê: Jesus, die Nasaréner.  8  Jesus antwoord: Ek het vir julle gesê dat dit Ek is. As julle My dan soek, laat hierdie manne weggaan—  9  sodat die woord vervul sou word wat Hy gespreek het: Uit die wat U My gegee het, het Ek niemand verloor nie.  10  En Simon Petrus wat ‘n swaard gehad het, het dit uitgetrek en die dienskneg van die hoëpriester geslaan en sy regteroor afgekap. En die naam van die dienskneg was Malchus.  11  Toe sê Jesus vir Petrus: Steek jou swaard in die skede. Die beker wat die Vader My gegee het, sal Ek dit dan nie drink nie?

Mat 26:51-56  En een van die wat saam met Jesus was, het meteens sy hand uitgesteek en sy swaard getrek; en hy het die dienskneg van die hoëpriester geslaan en sy oor afgekap.  52  Toe sê Jesus vir hom: Sit jou swaard in sy plek terug; want almal wat die swaard neem, sal deur die swaard vergaan.  53  Of dink jy dat Ek nie nou my Vader kan bid en Hy vir My meer as twaalf legioene van engele beskikbaar sal stel nie?  54  Hoe sou die Skrifte dan vervul word dat dit so moet gebeur?  55  In daardie uur het Jesus vir die skare gesê: Het julle soos teen ‘n rower uitgekom met swaarde en stokke om My gevange te neem? Dag vir dag het Ek by julle gesit en leer in die tempel, en julle het My nie gegryp nie.  56  Maar dit het alles gebeur, dat die Skrifte van die profete vervul sou word. Toe het al die dissipels Hom verlaat en gevlug.

Simon Petrus se ontnugtering was groot toe hy sien hoe Jesus eenvoudig oorgee aan Sy vyande. Petrus se drome van Jesus as die beloofde Messias was vernietig, en sy eie persoonlike ambisie van ‘n hoë posisie was skynbaar daarmee heen. Petrus het selfs ontken dat hy Jesus ooit geken het!

Mat 26:69-75  En Petrus het buitekant gesit in die binneplaas van die paleis, en ‘n sekere diensmeisie het na hom gekom en gesê: Jy was ook by Jesus, die Galiléër!  70  Maar hy het dit voor almal ontken en gesê: Ek weet nie wat jy sê nie.  71  En terwyl hy uitgaan na die poort toe, sien ‘n ander diensmeisie hom en sê aan die wat daar was: Hierdie een was ook by Jesus, die Nasaréner.  72  En met ‘n eed ontken hy dit weer: Ek ken die man nie.  73  Maar ‘n bietjie later kom die wat daar staan, en sê vir Petrus: Waarlik, jy is ook een van hulle, want ook jou spraak maak jou bekend.  74  Toe begin hy homself te verwens en te sweer: Ek ken die man nie.  75  En dadelik het die haan gekraai, en Petrus het die woord van Jesus onthou wat Hy vir hom gesê het: Voor die haan kraai, sal jy My drie maal verloën. En hy het buitentoe gegaan en bitterlik geween.

Ons is almal soos Simon Petrus. Ons leer eers Jesus ken volgens ons vleeslike oortuigings en ons volg Hom vir aardse brode en aardse vissies. Maar as ons die ware Jesus ontmoet, die Jesus in gees, dan val ons soos ‘n dooie voor Sy voete, soos die apostel Johannes ook moes ervaar:

Open 1:10-18  Ek [Johannes] was in die Gees op die dag van die Here, en ek het agter my ‘n groot stem gehoor, soos van ‘n basuin, wat sê:  11  Ek is die Alfa en die Oméga, die eerste en die laaste, en skryf wat jy sien in ‘n boek en stuur dit na die sewe gemeentes wat in Asië is: na Éfese en Smirna en Pérgamus en Thiatíre en Sardis en Filadelfía en Laodicéa.  12  Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars,  13  en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens met ‘n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met ‘n goue gordel.  14  Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos ‘n vuurvlam,  15  en sy voete soos blink koper wat gloei soos in ‘n oond, en sy stem soos die stem van baie waters.  16  En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en ‘n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag.  17  En toe ek Hom sien, val ek soos ‘n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste  18  en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.

Jesus in die vlees is nie die Jesus wat ons in die gees ontmoet nie. Jesus sorg vir ons in ons tyd in die vlees, maar daar wag iets baie beters in die gees. Jesus het ook aan Petrus belowe dat Hy na hom sal omsien in ons aardse tyd en ook wanneer Hy ons sal opwek uit die dode en aan ons Sy nuwe geestelike lewe gee. Die volgende woord van Jesus aan Petrus is baie vertroostend, ook vir ons. Petrus was belowe dat daar kom ‘n tyd waar hy “bekeerd” sal word, en dan sal Hy alles beter verstaan. Hierdie belofte is ook vir ons:

Luk 22:31-32  En die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif.  32  Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk.

Ons almal gaan deur dieselfde proses as Simon Petrus. Ons aanvanklike idees van Jesus is aards, maar ons aardse siening sal tot ‘n groot val kom, en ons sal, soos Petrus, bitterlik ween as God aan ons wys die ware stand van ons hart. Ons geloof is aanvanklik gebaseer op fisiese aarde dinge en daardie rots was al die tyd net sand:

Mat 7:21-27  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.  22  Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?  23  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!  24  Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.  25  En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.  26  En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het.  27  En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot.

Selfs na Jesus se opstanding uit die dood, het Simon Petrus nog die vlees aangehang, en teruggekeer na die see (die see is ‘n geestelike simbool vir alles wat in die vlees is). Maar gou vind ons uit dat daar niks meer is wat ons kan bekoor nie:

Joh 21:1-14  Na hierdie dinge het Jesus weer aan sy dissipels verskyn by die see van Tibérias, en Hy het só verskyn:  2  Daar was bymekaar Simon Petrus en Thomas wat Dídimus genoem word, en Natánael van Kana in Galiléa en die seuns van Sebedéüs en twee ander van sy dissipels.  3  Simon Petrus sê vir hulle: Ek gaan visvang. Hulle sê vir hom: Ons gaan ook saam met jou. En hulle het uitgegaan en dadelik in die skuit geklim, en in daardie nag het hulle niks gevang nie.  4  En toe dit al dag geword het, staan Jesus op die strand; maar die dissipels het nie geweet dat dit Jesus was nie.  5  En Jesus sê vir hulle: My kinders, het julle nie iets om te eet nie? Hulle antwoord Hom: Nee.  6  En Hy sê vir hulle: Gooi die net aan die regterkant van die skuit, en julle sal kry. Hulle het toe gegooi en deur die menigte van visse was hulle nie meer in staat om dit te trek nie.  7  Daarop sê die dissipel—die een vir wie Jesus liefgehad het—aan Petrus: Dit is die Here! En toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, gord hy sy bo-kleed om—want hy was naak—en werp homself in die see.  8  Maar die ander dissipels het met die skuitjie gekom en die net met die visse gesleep; want hulle was nie ver van die land nie, maar omtrent twee honderd el.  9  En toe hulle geland het, sien hulle ‘n koolvuur op die grond en vis daarop lê, en brood.  10  Jesus sê vir hulle: Bring van die visse wat julle nou gevang het.  11  Simon Petrus het in die skuit geklim en die net op die land getrek, vol groot visse, honderd drie en vyftig in getal; en alhoewel daar so baie was, het die net nie geskeur nie.  12  Jesus sê vir hulle: Kom eet! En niemand van die dissipels het gewaag om Hom te vra: Wie is U nie? omdat hulle wis dat dit die Here was.  13  En Jesus het gekom en die brood geneem en dit aan hulle gegee, en so ook die vis.  14  Dit was al die derde keer dat Jesus aan sy dissipels verskyn het nadat Hy opgestaan het uit die dode.

Ons groei tot geestelike volwassenheid in Christus word uitgebeeld ook deur die drie keer dat Jesus vir Simon vra of hy Jesus werklik lief het (lees gerus die studie oor die getal drie en ons groeiproses in gees):

Joh 21:15-19  Toe hulle dan klaar was met die môre-ete, vra Jesus vir Simon Petrus: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief, meer as hulle hier? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Laat my lammers wei.  16  Hy vra hom weer die tweede maal: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Pas my skape op.  17  Hy vra hom die derde maal: Simon, seun van Jona, het jy My lief? Petrus het bedroef geword, omdat Hy hom die derde maal vra: Het jy My lief? En hy antwoord Hom: Here, U weet alles, U weet dat ek U liefhet. Jesus sê vir hom: Laat my skape wei.  18  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, toe jy jonger was, het jy jouself gegord en rondgegaan waar jy wou; maar wanneer jy oud geword het, sal jy jou hande uitsteek, en ‘n ander een sal jou gord en bring waar jy nie wil wees nie.  19  En dit het Hy gesê om aan te dui deur hoedanige dood hy God sou verheerlik; en toe Hy dit gespreek het, sê Hy vir hom: Volg My.

Die koms van die gees van God op daardie beroemde pinksterdag, soos opgeteken vir ons in Handelinge 2, het Simon Petrus vir die eerste keer begin besef wat die groeiproses in Christus behels en so druk hy dit uit vir ons…

Hand 2:14-21  Maar Petrus het opgestaan met die elf en sy stem verhef en hulle toegespreek: Joodse manne en almal wat in Jerusalem woon, dit moet julle weet, en luister na my woorde.  15  Hierdie mense is tog nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar die derde uur in die môre.  16  Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is:  17  En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.  18  En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in dié dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer.  19  En Ek sal wonders gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde, bloed en vuur en rookdamp.  20  Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.  21  En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

God sal “wonders gee bo in die hemel, en tekens onder op die aarde, bloed en vuur en rookdamp.  Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.  En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word”. Petrus moes deur ‘n lang proses van oordeel gaan wat etlike jare sou duur om sy eie vleesmens se doel en tydelikheid te verstaan. Hier is dieselfde Petrus se woorde baie jare later toe hy beter verstaan het die diepte van die woorde wat vir ons in Handelinge 2 neergeskryf was:

1Pe 4:12-19  Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie;  13  maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel.  14  As julle beledig word oor die Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van die heerlikheid en van God op julle rus. Wat hulle betref, word Hy wel gelaster; maar wat julle betref, word Hy verheerlik.  15  Want niemand van julle moet ly as moordenaar of dief of kwaaddoener of as een wat hom met die sake van ‘n ander bemoei nie.  16  Maar wanneer iemand as ‘n Christen ly, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik in hierdie opsig.  17  Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?  18  En as die regverdige nouliks gered word, waar sal die goddelose en die sondaar verskyn?  19  So laat dan ook die wat volgens die wil van God ly, hulle siele aan Hom as die getroue Skepper toevertrou met goeie dade.

About 4windkoinonia

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. (1Kor 1:26-29)
This entry was posted in Lees eers hier. Bookmark the permalink.