Welkom by hierdie webtuiste

Jesus IS die Redder van ALLE mense…’ELKEEN in sy eie orde…op die regte tyd’!

Dit is ‘n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word; want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad, omdat ons gehoop het op die lewende God wat ‘n behouder is van alle mense, insonderheid van die gelowiges.
1Ti 4:9-10

Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, wat Homself gegee het as ‘n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd.
1Ti 2:3-6

Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.
1Kor 15:22-28

Welkom aan hulle wat soek, klop en bid vir die Waarheid.

Mat 7:6-8 Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie. 7 Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. 8 Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.


My naam is George Larry Groenewald. Jy kan direk met my kontak maak by:

glgroenewald@gmail.com

Ek hoop ons kan lekker en ernstig gesels oor die Woord van God, in Afrikaans of Engels. Ek werk nie alleen in die akker van God nie – ek is deel van die een liggaam van Christus en glo in die verskeidenheid van genadegawes, bedieninge en werkinge van die gees van God binne hierdie een liggaam (1Kor 12:1-31; Efes 4:1-16):

1Kor 12:12 Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus.

Hier is skakels na webtuistes van ander broers in Christus wat die waarheid van God’s Woord verkondig. Besoek ook gerus hul webtuistes vir verdere indiepte studies:

www.iswasandwillbe.com (Mike Vinson)

http://anthocul.wordpress.com/ (Tony Cullen)

www.carrosdefuego.net (John McDowell)

As jy wil vinnig soek vir sleutelwoorde op hierdie webtuiste of hierdie webtuistes van my mede-leraars van die Waarheid, hier is die skakel.

Hierdie Afrikaanse webtuiste bestaan al sedert April 2010, en spruit uit vorige pogings sedert 1998 om ‘n webtuiste te skep waar net die waarheid van God, soos voorkom in Sy Woord, verkondig sal word. Ons is in ‘n groeiproses, en in die proses word heiligmaking die primêre fokus.

Joh 17:17 Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.

Indien jy ‘n vertaling van die studies en artikels wil hê (veral Engels), kan jy net regs kliek op jou muis, en die opsie vir vertaling sal beskikbaar wees. Ek neem egter nie verantwoordelikheid vir foutiewelike / verkeerde inhoud wat van internet vertalings verkry word nie. As daar iets onduidelik is, kan jy my direk kontak en ek sal verduidelik wat in die oorspronklike studie of artikel bedoel was, soos God wil:

Mat 18:15  En as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin;

Dankie vir hulle wat gereeld kom besoek, en kom help deur vrae te stel, en ook dit wat God aan jou openbaar te deel. Dankie ook vir die skrywes wat ek ontvang. Dit is ‘n voorreg bo duisende om te dien!

Mat 20:25-28  Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Julle weet dat die owerstes van die nasies oor hulle heers en die groot manne oor hulle gesag uitoefen;  26  maar só moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees.  27  En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees;  28  net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie.

Die orde en hiërargie in God se koninkryk is totaal verskillend van die orde en hiërargie wat ons in die wêreld kry:

2Kor 1:24 nie dat ons heers oor julle geloof nie, maar ons is medewerkers aan julle blydskap; want in die geloof staan julle vas.

Die webtuiste is oop vir almal, maar veral vir hulle wat deur God saamgebring word in die een gesindheid met die ware ‘sin van Christus’: 

1Kor 2:16 Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin [die denke en ware leer] van Christus.

Ek kan dit met groot nederigheid, maar ook met groot oortuiging sê dat hier word die EEN ware leer of ‘sin van Christus’ verkondig. Hierdie leer verkondig die Vader en die Seun wie die ware geestelike LEWE (die ‘ewige lewe’) NOU aan baie, baie MIN skenk:

2Jn 1:9 Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun.

Joh 17:3 En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.

Mat 22:14 Want baie is geroep, maar min uitverkies.

Hier word geen leerstelling van enige kerk-denominasie van menslike aard verkondig nie. Inteendeel, hier word alle valse leerstellings ontbloot en weerlê  deur die Skrifte, veral die valse leerstellings soos dit vandag voorkom in die afvallige Christendom in sy totaliteit!

Jes 54:17 Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê. Dit is die erfdeel van die knegte van die HERE en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die HERE.

Die ware knegte van die Here weet dat hulle geregtigheid kom van God, en daarom is hulle woorde ‘uit’ Hom alleenlik – ‘soos geskrywe’, so glo ons en praat ons:

1Kor 4:6 Hierdie dinge, broeders, het ek [Paulus] op myself en Apollos toegepas om julle ontwil, dat julle aan ons kan leer om nie te dink bo wat geskrywe is nie, sodat julle nie die een ter wille van die ander opgeblase sou wees teen ‘n derde nie.

2Kor 4:13 En omdat ons dieselfde Gees van die geloof het—soos geskrywe is: Ek het geglo, daarom het ek gespreek—glo ons ook, daarom spreek ons ook.

Ek verkondig net die Woord van God en die ‘gesonde leer’ wat MIN kan verdra!

2Ti 4:2-5 verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; 3 want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, 4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. 5 Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening.

Die webtuiste is spesiaal vir hulle wat moeg is vir die verdraaiings van God se Woord deur die natuurlike denke in die afvallige Christendom en al hulle baie groot en populêre organisasies:

Tit 1:10-11 Want daar is baie wat tugteloos is, wat onsin praat en verleiers is……. 11 hulle mond moet gestop word. Hulle keer hele huise onderstebo deur te leer wat nie betaam nie, ter wille van vuil wins.

Hier praat ons Bybelsake sonder enige vervalsings of die soeke na ‘vuil wins’!

Enigeen wat egter met dwase strydvrae, vleeslike getwis en stryery oor die Woord (‘die wet’) kom, sal ‘na die eerste en tweede vermaning’ vermy word – soos ook deur die Skrif voorgeskryf – en geen verdere besprekings sal met so ‘n persoon gevoer word nie:

Tit 3:9-10 Maar vermy dwase strydvrae en geslagsregisters en twis en stryery oor die wet, want dit is nutteloos en doelloos. Aan ‘n man wat partyskap verwek, moet jy jou onttrek ná die eerste en tweede vermaning…

2Jn 1:9-11 Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun. 10 As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie. 11 Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke.

Jou kommentaar (positief of negatief) word egter verwelkom. Die webtuiste verander gedurig; so kom loer in wanneer jy tyd het.

Kom gesels hartlik saam!

[LET WEL: Ek publiseer nie alle korrespondensie nie]

Jou broer in Christus

Larry

Hier is ‘n paar onderwerpe wat reeds behandel is op hierdie webtuiste:

—————————————————————————————

Kliek hier en besoek  my YouTube-kanaal “Lewe in U Woord”

—————————————————————————————

Hier is ‘n skakel na uitstekende Bybel-sagteware:

e-Sword Home

————————————————————————————–

5 Responses to Welkom by hierdie webtuiste

  1. B_____________ sê:

    [LET WEL: Ek publiseer nie alle korrespondensie nie, maar hier is een van die skrywes wat ek ontvang het]:

    Ek groet u, my naam is B__________ en ek deel graag met u en die hele wêreld oor die vraag wat by gelowiges ontstaan wat Jesus Christus as hul Verlosser en Saligmaker aangeneem het.
    Groete,en hoor graag van u.

    Wat moet ons doen broeders?

    Die groot opdrag van Jesus Christus aan sy dissipels, en aan elkeen wat Hom aangeneem het en in Hom glo vandag nog, vind ons op twee plekke in die bybel aangeteken.
    Ons lees in Mattheüs28,19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
    En dan lees ons in Markus16,15@16 En Hy het vir hulle gesê. Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom, hy wat glo en hom laat doop sal gered word, maar hy wat nie glo nie sal veroordeel word.
    Die evangelie wat verkondig moet word en die belofte van God aan die mense is saamgevat in Johannes 3,16; Want so lief het God die wêreld (mense) gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom(Jesus) glo (hier volg die belofte) nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
    Galásiërs3,22 Maar die Skrif het alles ingesluit onder die sonde, sodat die belofte uit die geloof in Jesus Christus aan die gelowiges gegee kon word
    Galásiërs3,29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename..
    —————
    Nou moet ons egter op ʼn baie belangrike aspek van Jesus se opdrag let nl, Jesus sê, gaan en verkondig- vertel vir almal die goeie tyding dat hulle gered kan word. Hy(Jesus) sê nie gaan vra die wetenskaplikes-die wyses- die goddeloses-die redetwisters van ons tyd, wat hulle dink en hoe hulle oor hierdie aangeleentheid voel nie,”Nee”, Hy sê, vertel hulle net en maak seker hulle hoor en verstaan die boodskap, en beklemtoon die alternatief vir die wat nie wil glo nie, hulle sal veroordeel word.
    Veroordeel kan beste verstaan word deur,( Vertoon sy of haar lewe; gedagtes, woorde, en dade.)

    Die opdrag van Jesus aan sy volgelinge is twee-ledig.
    Die een deel van die opdrag is om die blye boodskap van verlossing en redding wat in Jesus Christus is, aan alle mense te verkondig.
    Die ander deel van die opdrag is om vir die mense wat die boodskap glo en aanneem te kan sê wat hulle nou te doen staan.

    Voorbeeld.
    In Handelinge2 lees ons hoe die apostels die Heilige Gees ontvang en die opdrag van Jesus om die evangelie aan alle mense te verkondig uitvoer.In vers37 lees ons die mense word diep in die hart deur Petrus se boodskap getref, hulle glo en verstaan dit maar besef terselfdertyd hulle moet iets doen maar weet nie reg wat nie. Ons lees hulle rig hul nood tot Petrus en die ander apostels en vra. Wat moet ons doen broeders? Hierdie vraag geld ook vir elke persoon 2000 jaar later wat Jesus Christus as sy of haar persoonlike saligmaker aangeneem het.
    Nou het Petrus gevul met die Heilige Gees die moed van sy oortuiging, geloof en kennis om vir hulle, en ook vir ons vandag te antwoord. Handelinge2,38;En Petrus sê vir hulle. Bekeer julle,(kom tot geloof in Christus) en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus (waarom in die Naam van Jesus) tot vergewing van sondes en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
    Handelinge 10,43; Aangaande Hom(Jesus) getuig al die profete dat elkeen wat in Hom(Jesus) glo, vergifnis van sonde deur sy Naam(Jesus) ontvang.
    Handelinge 19,5; En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus.

    Die Naam van Jesus Christus verteenwoordig (let wel nie vervang nie) sy bloed gestort aan die kruis vir ons sonde. Amen.

    Wat antwoord U vandag vir mense wat tot geloof in Jesus Christus kom en vra .Wat moet ons doen broeders?

  2. Larry sê:

    Hallo B________

    Dankie vir die vraag: “Wat moet ons doen broeders?”

    Ek lees jou antwoord en jy raak aan baie interesante dinge wat ons net meer moet belig uit die Skrifte. Sodra ‘n mens jou eie gevoel uitdruk en jou eie opinie gee, dan is maar net dit – ‘n opinie wat seker maar 2c werd is teenoor die waarheid wat in God se Woord geskryf staan, as mens eerlik is. Ons vraag bly maar net….”Wat sê die Woord”.

    Jesus is baie duidelik dat niemand kan na Hom toe kom as die Vader die persoon nie trek nie:

    Joh 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

    God beheer en bewerkstellig dus alles in hierdie skepping, ook elke persoon se voetstappe:

    Spr 20:24 Die voetstappe van ‘n man hang van die HERE af: hoe sou ‘n mens dan sy weg verstaan?

    Jer 10:23 Ek weet, o HERE, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan ‘n man om te loop en sy voetstappe te rig nie.

    As ons nou sê ons self kan iets op ons eie doen, dan weerspreek ons God se Woord want dit hang regtig nie af van enige mens om selfs sy eie voetstappe en handelinge te rig nie. Paulus en al die skrywers in die Bybel stem saam:

    Rom 9:16 So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is.

    So min as wat die afvalliges dit wil hoor of kan glo, God verhard harte en God versag ook harte. Niemand kan sy eie hart verhard of versag nie. Moses stem ook saam met hierdie waarheid:

    Eks 4:21 En die HERE sê vir Moses: Nou dat jy wegtrek om na Egipte terug te gaan, kyk dat jy al die wonders voor Farao doen wat Ek in jou mag gestel het. Maar Ék [dit is God] sal sy hart verhard, sodat hy die volk nie sal laat trek nie.

    Jesaja stem ook saam:

    Jes 63:17 HERE, waarom laat U ons wegdwaal van u weë? Waarom verhard U ons hart, sodat ons U nie vrees nie? Keer terug ter wille van u knegte, die stamme van u erfdeel!

    Nou hoeveel getuies het ons nodig om te glo dat God alleen mense trek en hulle wegwys op die tyd soos deur Hom alleen bepaal? Ons kan dit net glo as God ons die geloof gee want geloof is ook ‘n geskenk van God:

    Efes 2:8-9 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.

    Kan ek dus op die stadium aan jou vra B___, glo jy die Skrifte wat hier duidelik praat wat ons kan doen en wat ons nie kan doen nie? Ek sal wag op jou antwoord B___.

    In Christus
    Larry

  3. Larry sê:

    B______ skryf:

    Hallo Larry, ek antwoord graag op jou skrywe.

    Die vraag is, wat moet ons doen broeders? Hierdie vraag is 2000 jaar gelede gevra aan die Apostels van die Here Jesus Christus na aanleiding van hulle (Apostels) se verkondiging van die blye boodskap van redding wat deur Jesus moontlik is vir alle mense, ook nog vir ons vandag. Die antwoord word verskaf deur Apostel Petrus (wie se verstand geopen is om die Skrifte te verstaan – wie verstand gegee is om die ware God te ken- wie met die Heilige Gees gedoop is wat die Gees van die Waarheid is) En nie deur my nie, punt.Nou staan dit ons vry of ons die Skrif glo en of ons ons harte verhard om dit nie te glo nie
    Handelinge 2,38 En Petrus sé vir hulle; Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes,en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

    Groete.

    Hallo B___

    Dankie dat jy teruggekom het na my toe. Ek waardeer dit.

    Jy het egter nie my een vraag beantwoord oor die Skrifte wat ek aan jou voorgehou het nie.

    “….glo jy die Skrifte wat hier duidelik praat wat ons kan doen en wat ons nie kan doen nie?”

    Handelinge 2 staan nie apart van die res van die Skrifte nie, veral nie die wat ek aan jou voorgehou het nie B___. Hoor net wat sê Dawid:

    Psa 119:160 Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.

    Ons kan dus nie Skrifte buite die konteks van “die hele inhoud” van die Woord hanteer nie B__. Dit is baie gevaarlik om so met God se Woord om te gaan. Hoor wat waarsku Jesus self:

    Open 22:18-19 Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. 19 En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.

    Jy sê:

    “Nou staan dit ons vry of ons die Skrif glo en of ons ons harte verhard om dit nie te glo nie” (my beklemtoning)

    Ek mag verkeerd wees, maar dit lyk nie of jy openlik teen die Skrifte praat wat ek aan jou voorgehou het. Help my asseblief. Kan mens regtig self “vrylik” kies om te glo en selfs ons eie harte te verhard as Jesus en die hele Skrif sê dat dit onmoontlik is?

    Joh 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

    Het Jesus die woorde gesê of het Hy nie, B____? Het Paulus gelieg toe hy gesê het dat geloof is ‘n gawe van God en nie ons s’n nie – ek dink jy moet maar weer baie versigtig kyk na die volgende woorde uit die Skrifte:

    Efes 2:8-9 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.

    Het Paulus en Moses gelieg toe hulle sê dat God alleen mense se harte verhard?

    Rom 9:17-18 Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. 18 So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.

    Eks 4:21 En die HERE sê vir Moses: Nou dat jy wegtrek om na Egipte terug te gaan, kyk dat jy al die wonders voor Farao doen wat Ek in jou mag gestel het. Maar Ék sal sy hart verhard, sodat hy die volk nie sal laat trek nie.

    Het ook Jesaja dit heeltemal gemis toe hy sê dat God ons harte verhard en ons van sy weg laat afwyk?

    Jes 63:17 HERE, waarom laat U ons wegdwaal van u weë? Waarom verhard U ons hart, sodat ons U nie vrees nie? Keer terug ter wille van u knegte, die stamme van u erfdeel!

    Het Jeremia hierdie volgende woorde uit sy duim gesuig B___?

    Jer 10:23 Ek weet, o HERE, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan ‘n man om te loop en sy voetstappe te rig nie.

    Al die woorde in die Skrifte is God se Woord B___. Jou ignorering van die Skrifte wat ek aan jou voorgehou het is dus teen God, en nie teen my nie. Ons kan hoeveel punte maak soos ons wil, maar kan ons God se “hele inhoud” van Sy Woord ignoreer omdat ons een gedeelte wil sien as apart van die res? Petrus [die einste Petrus wat in Handelinge 2 praat] waarsku ons dat geen teksgedeelte in die Skrifte op sy eie kan staan nie:

    2Pe 1:20 knowing this first, that no prophecy of scripture at all is becoming its own explanation.

    Paulus stem saam dat dit gevaarlik is om een gedeelte bo die res te verhef:

    2Kor 13:1 Dit is die derde keer dat ek na julle toe kom. In die mond van twee of drie getuies sal elke woord vasstaan.

    Petrus se woorde in Handeling 2:38, soos jy ook weer hier aanhaal, is die waarheid, maar kan nie buite die konteks van al die Skrifte geplaas word nie B___. Petrus het nooit geglo dat dit mense “vry staan” om op hul eie tot bekering te kom nie. Hy het ook nie geglo dat enige mens die vermoë het om hul eie harte te verhard nie. Petrus was immers ‘n apostel van Jesus Christus wat die hele Skrif as die waarheid aanvaar het, ook die tekste wat ek aan jou voorgehou het – dit is ook die waarheid. Ontken jy dit B___? Hoor asseblief Petrus se eie woorde wat deel is van die Woord van God tot ons om nie bedrog te spreek nie, maar al die woorde wat gespreek was in die Skrifte, vas te hou:

    1Pe 3:10 Want wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie.

    2Pe 3:2 sodat julle die woorde kan onthou wat deur die heilige profete tevore gespreek is, en die gebod van ons, apostels van die Here en Verlosser.

    In Christus
    Larry

  4. Dankie vir julle lering.

Lewer kommentaar